MET MY GOD



Met my God

"In Him was life [and the power to bestow life], 
and the life was the Light of men. 
The Light shines on in the DARKNESS, 
and the DARKNESS did not 
UNDERSTAND it
 or OVERPOWER it
 or APPROPRIATE it
 or ABSORB it
 [and is unreceptive to it]."
John 1:4‭-‬5 AMP


In Hom was daar lewe,
 en dié lewe was die LIG vir die mense. 
Die LIG skyn in die duisternis, 
die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
JOHANNES 1:4‭-‬5 AFR83
________________________

Die Here gee vir my oudste seun Jaco 'n droom hierdie week wat hom erg onstel het. 
Hy het net geweet hierdie is nie 'n gewone droom nie.

Hy droom dat ons buite agter ons huis staan en toe hoor ons ‘n geskreeu en skielik vlieg 'n klomp swart flermuise met swart rook om hul op ons af. Hulle het op die gras kom sit en het onaardse geluide gemaak, ons het baie bang geword en toe besef hy dis demone waarna hy toe erg begin bid!!
Die volgende oomblik kom daar ‘n verblindende wit LIG  af uit die hemel amper soos ‘n weerligstraal en laat al die vlermuise (demone) wegvlug en verdwyn
____________________

Sjoe te toevallig het ek dieselfde oggend na sy droom terwyl hy nog geslaap het die boodskap geskryf wat ek by die Here gekry het oor lig en duisternis waarvan hierdie nou deel twee is.
Toe hy my later die oggend sy droom vertel het ek net geweet dat die boodskap wat ek besig was om te skryf met sy droom hande vat, te toevallig om toeval te wees. 

My vorige skrywe "Hoe donker is dit regtig" (deel een)

https://gaanvertelgotell.blogspot.com/2020/07/hoe-donker-is-dit-regtig-dalk-stikdonker.html

Dit het ons as gesin ongelooflik bemoedig en hoop ek dit sal dieselfde vir julle beteken.
In Kort...
Die boodskap wat die Here ons die afgelope tyd gee en ook weer bevestig het met die droom is...
Die vyand val ons erg aan, maar as ons tot die Here bly roep in GEBED dan kom Hy vir ons veg.
Sy lig verdryf die duisternis.

Die Here gee hierdie Woord vir baie van Sy kinders in hierdie tyd, ek hoor dit oral as mense getuig.

Soos die getuienis van ons hoofregter Justice Mogoeng Mogoeng , kortlike, wat vertel die Here het vir hom een oggend in sy stiltetyd gewys dat Sy kinders besig is om HOOP te verloor in hierdie donker dae oor wat hul om hul sien en dit veroorsaak 'n kortsluiting in hul geloof. 
Onthou "geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."
HEBREËRS 11:1 AFR53
As ons HOOP verloor het geloof geen fondasie waarop dit kan aktiveer en handel nie. Daarom kan ons nie ons geloof gebruik nie, want ons het nie hoop nie, en die rede waarom ons nie hoop het nie is omdat ons nie "profetic educated, profetic alighned and profetic glued in", dus moet ons, ons stem(voice) gebruik in die land om ons leiers ens verantwoordbaar te hou ten opsigte van God se WOORD en nie toelaat dat ons verdeeld is en dus nie aan mekaar verbonde is nie agv wat om ons gebeur. 
 Dit is omdat ons die Woord nie ken en gebruik/doen. Ons fokus op wat ons sien en nie op HOM in Woord en in gebed nie. 
Die Heilige Gees sê vir hom om Sy kinders te herinner dat ons koningkryks materiaal is.
Ons moenie praat soos die wêreld nie en ook nie kyk soos die wêreld nie maar soos Hy.
Hy sê verder vir hom dit is tyd om te begin opstaan in gebed en koningkrykstaal begin praat (geloof, vertroue en nie vrees) en om bonatuurlik tafels om te keer teen die vyand want ons is Sy verteenwoordigers op hierdie aarde. As hulle praat vanuit My standpunt, vanuit My Woord, vanuit My outoriteit stel hulle My in staat om te beweeg en op te tree.
Ons mag nie die taal van die duisternis praat nie DIT IS TYD (IT IS TIME) om op te staan en die taal van God se koningkryk te praat in die duisternis/donkerte.

Die Heilige Gees gee vir hom die Skrif in GENESIS 3:13-19
 Dit is in die tyd geskryf toe Adam en Eva teen God gesondig het en ongehoorsaam was aan Hom. 
Die Here herinner hom daaraan dat Hy reeds in Genesis gesê het daar sal vyandskap wees tussen die vyand(bose) en God se nasaat (Jesus) en daarmee saam ook ons Sy kinders, dat die vyand ons sal aan die hakseen byt (dis die rede hoekom alles met ons gebeur in die wêreld, al die aanslae, vervolging en beproewinge) MAAR(BUT GOD) God vermorsel sy kop deur Jesus aan die kruis en deur Hom kan ons sy kop vermorsel.
 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug.
 Sy boodskap sluit af met dat die Heilige Gees vir hom sê, sê vir My kinders dat HUL MOET GAAN VIR DIE SLANG SE KOP as ons die duisternis wil oorwin en neutraliseer of uit die weg ruim. Konsentreer op die kop van die slang. Ek is gereed om op te tree deur my mense wat my verteenwoordigers is in hierdie wêreld en hierdie oënskynlike donkerte.
"Go for the head, Go for the head, concentrate on the head, tell My people do not fear, do not panic, go for the head and the enemy shall be dislocated, go for the head the enemy shall be neutralized, Go for the head, the enemy shall be destroyed, Go for the head and the enemy shall fall down before your feat . " 
Die Here sê hy kan sien wat hierdie Corona virus doen en die vrees wat dit veroorsaak maar dis die taal van die wêreld, ons moet nie saampraat nie of omvorm word om te word soos die wêreld nie, maar begin om dit teen te praat met die taal van die koninkryk van God. (Counteract against it, in order to reduce its force or neutralise it)

Begin om God se Woord te spreek, sê die kop van die slang is vermorsel onder ons voete in Jesus se Naam, dus deur Hom wat in ons is. 
Die HERE sal bonatuurlik intree op maniere wat ons ons nie eers kan indink nie. 

God is op die troon!!
Hy weet wat Hy doen, HY IS BY ONS
HY IS IN BEHEER!!

DIe duiwel is 'n leuenaar


 _________________________________________________________________________________________________

"En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,  aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen."
EFÉSIËRS 3:20‭-‬21 AFR53

_________________________________________________________________________________________________



Die probleem is ons is eie koningkryk gefokus en nie God se koningkryk gefokus nie.

"want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie."
FILIPPENSE 2:21 AFR53

"Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.  MAAR soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."
MATTHÉÜS 6:31‭-‬33 AFR53

Dawid het ook gegaan en die Goliat in sy lewe en in die van sy volk/ sy land se mense se kop afgekap. 

Hoe kap ons sy kop af?
Woord en gebed
Dus laat ons begin koningkrykstaal(Woord) praat en bid sonder ophou!!!


 Ek lees ook raak dat Daniel Langner van die Voortrekking beweging die volgende skryf en dit wat ons glo en regop hou so raak opsom.

"Geloof is nie vir ons Voortrekkers ’n vae, abstrakte begrip of sentimentele aanhaling op Pinterest waarmee ons mekaar wil moed inpraat in moeilike tye nie. Geloof is vir ons Voortrekkers die vaste oortuiging dat God vir ons deur Jesus baie lief is en dat God Sy Woord sal hou. Ons weet God se beloftes is waar en sal gebeur, al sien ons dit nie dadelik nie. Hoekom? Want die Bybel sê so.

Geloof beteken nie vir ons dat ons antwoorde op alle vrae het nie. Wanneer gelowiges die Bybel lees wys God vir ons die regte pad en verseker ons dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie. Geloof is vir ons soos ’n kompas. Ons sing mos in die “Hou Koers lied” dat ons koershou met “geloof se klein kompas”. Met die geloofskompas in ons hand en hart reis ons saam MET GOD. As gelowiges, maar ook as organisasie.

Die fakkel(LIG) in ons Voortrekkerwapen is ’n simbool van geloof.
Ons weet niks en niemand kan die lig van geloof blus nie. Die Heilige Gees skenk geloof en blaas die geloofsvlammetjie aan totdat dit helder brand.  Dit is juis die lig van die fakkelvlam wat Die Voortrekkers in 2020 saam met gelowiges regoor Suid-Afrika en Namibië wil bevestig."



Agv ons voorouers se geloof, vertroue en verhouding met Jesus, hulle gebede vir ons hul nageslag het God ons op Sy hart en wil ons laat terugdraai na Hom.

"Dit is Hy wat aan sy koning GROOT OORWINNING gee trou aan sy gesalfde betoon, aan Dawid EN SY NAGESLAG VIR ALTYD!"
PSALMS 18:1‭-‬45‭, ‬47‭-‬51 AFR83‬‬‬‬‬‬

 Ons land se oplossing lê by God se kinders wat moet wegdraai van hul verkeerde lewe, van lou wees, biddeloosheid, op afgode vertrou ipv op ons God alleen en begin in gehoorsaamheid optree, die Woord weer glo en doen.

"As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,  (if My people) en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en BID en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land geneesNou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek."
II KRONIEKE 7:13‭-‬15 AFR53


Donker is net donker as daar geen lig is nie, een enkele kersliggie maak dat dit nie meer so donker is nie.

Selfs die kleinste kersliggie kan 'n hele klomp duisternis verdryf.
Een versie uit die Woord...
Een kind van God wat Sy lig deur hom of haar laat skyn na ander...
EEN OPREGTE GEBED...
Een uitroep: "Here help!"
Een opstaan vir God se koningkryk.
Een opstaan teen die koningkryk van die duisternis.


Eisnstein het bewys dat daar niks is wat vinniger as lig beweeg nie, dus kan ons ook verseker weet as ons die Woord opneem en bid is God se LIG onmiddelik daar en tot ons beskikking.

Oom Angus Buchan sê van dié LIG
 " It is a lamp unto my feet.
It gives DIRECTION ánd PROTECTION"

"Om hierdie rede word ons nie moedeloos (en gee op) nie. 
Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe (ons geloof word gelouter en versterk). Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en GAAN VERBY (This too shall pass), maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
Ons OOG is nie op die sigbare dinge gerig nie
maar op die onsigbare; 
want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig"
2 KORINTIËRS 4:16‭-‬18 AFR83




Ja vir die blote oog lyk dit of dinge net erger word, maar innerlik word ons verander, vernuwe, versterk, groei ons geestelik...kom ons weer terug na God, kom ons weer nader aan Hom.

Laat my dink aan die lied van Fanny Crosby in die laat 1800 se woorde
 "Take the world, BUT GIVE ME JESUS"




Verseker in hierdie tyd kan ons sê, elke huis het 'n storie...
 MAAR elke storie het ook sy GETUIENIS 
(die  "BUT GOD" kant van die storie)

***

Ek word nou een aand wakker en vra:
" Here hoe gaan ons deur hierdie tyd kom?
Hoe gaan ek OORWINNING kry?
Hoe doen ek hierdie Here?
____________________

Sy antwoord was:
 "MET MY GOD"
_____________________

In Woord en gebed
Loop ek 'n bende storm, is geen stadsmuur vir my te hoog nie.
Niks en niemand kan my uit Sy hand ruk nie, ek is in Sy handpalms gegraveer.
 Ek is Syne
Hy is altyd by my, Hy kom veg vir en saam my.
Sy Lig laat die bose spaander.



WOW Hy gee toe vir my psalm 18 en wys my daarop hoe Hy oor ons Sy kinders voel en hoe hewig ontstel Hy word as ons aangeval word en ons in ons nood tot Hom roep...

Psalm 18 is kosbaar...een van daardie psalms wat jy feitlik elke woord wil highlight om nie te vergeet.

"Vir die koorleier. 'n Lied van Dawid, die dienaar van die Here.
 Hy het dié woorde tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul. 

 Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte. 
 (My krag om aan te hou en volhard kom van Hom)

Die Here is my ROTSmy SKUILPLEK en my REDDERmy Godmy ROTS, by wie ek skuil, my SKILD en sterk VERLOSSERmy veilige vesting. 
 (Dawid sê elke keer my rots, my God my… my … my. Dus is dit vir hom as persoon en nie net in die algemeen. Kan jy al sê mý God, mý Vader...het jy Hom al aangeneem as jóú Verlosser, het jy al Sy kind geword?)

Onder bespotting roep ek na die Here, dan word ek van my vyande verlos.  Bande van die dood het my omsluit, strome van onheil het my verskrik.  Bande van die doderyk het my vasgetrek, strikke van die dood het my bedreig
( Dawid het ook erge goed deurgemaak wat ook hom bang gemaak en laat vrees het)

In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na  
In sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my
 (Die Here hoor ons as ons bid en Hy reageer heftig op ons gebede want ons is Sy kinders en Hy is lief vir ons, onverdien en onverstaanbaar lief.)



Die aarde het geskud en gebewe, die fondamente van die berge het getril en geskud, WANT Hy was vertoorn.  Rook het uit sy neus getrek, vuur uit sy mond het alles verteer, gloeiende kole uit sy binneste.  Hy het die hemel afgebuig en afgekom, onder sy voete was duisternis.
 (Hy verbrysel die donker onder Sy voete)

Hy het op 'n gerub geklim en gevlieg; op die vleuels van die wind het Hy nadergesweef
(Hy kom na ons toe, is by ons en veg vir ons).

 Hy het Hom in donkerte gehul, donker waters en wolkemassas was sy bedekking.

(Die droom van die helder ligstraal wat op die "vlermuis demone" afgekom het en hul laat vlug het toe hy in sy vrees GEBID het) 
Uit die gloed voor Hom het wolke getrek, hael en weerligstrale.  Die Here het dit uit die hemel laat dreun, die Allerhoogste het sy stem laat hoor in hael en weerligstrale.  Hy het sy pyle afgeskiet en die vyand uitmekaar gejaag, hulle met 'n menigte weerligstrale op loop gejaag.  Die seebodem het sigbaar geword, die fondamente van die aarde is blootgelê deurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn.
(Die Here is woedend oor wat met Sy kind gebeur)

  Van bo af het Hy 
my uit geweldige waters uitgelig. 

 Hy het my gered van my vyand wat sterk was, van my haters toe hulle vir my te magtig was.(bo my eie kragte, kon nie meer nie)

Die dag toe hulle my aangeval het(aan die hakskeen byt), was my ondergang naby,
(BUT GOD)maar die Here het my daarvan bewaar. 
 Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered omdat Hy my liefhet.  

Die Here het aan my reg laat geskied, Hy het my onskuld aanvaar,  WANT ek het die wil van die Here gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie;  ek het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie.  Ek was opreg voor Hom, ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid.  Die Here het aan my reg laat geskied, WANT ek was onskuldig in sy oë. 
 U betoon U getrou teenoor die getroue, opreg teenoor die opregte,  rein teenoor die reine, MAAR U verwerp die huigelaar. 
U red die verdrukte volk, 
U verneder die trotses. 

 U, Here, laat my lamp helder skyn; 
my God gee lig as dit donker is om my.  
Met U hulp loop ek 'n oormag storm, MET MY GOD by my 
(my antwoord in die nag)
is geen stadsmuur vir my te hoog nie.  

Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer.
 Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. 

 Waarlik, wie anders as die Here is God? 


 GOD OMGORD my met KRAG;
 Hy maak my pad voorspoedig.
  Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan
(Moeilike onbegaanbare plekke wat my bang maak, op die water loop plekke, plekke waar ek kan gly en val).

Hy leer my hande om oorlog te maak
(geestelike oorlog, om Sy wapenrusting aan te trek en hoe om dit te gebruik),

my arms om selfs die stramste boog te span
(deur al die beproewinge oefen dit my om sterker te word).




Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, U REGTERHAND (beskerm, hou regop, tel my op, lei my, bekratig my) het my ondersteun, deur u hulp het ek sterk geword. 

 U het my ruim vastrapplek gegee, my enkels het nie geswik nie.  
Ek het my vyande agtervolg en ingehaal,
(Hy het gaan veg teen die vyand en nie self gevlug nie, dit "geface" en oorwin) 

ek het nie omgedraai voordat hulle UITGEWIS was nie. 
 Ja, ek het hulle VERPLETTER, sodat hulle nie weer kon opstaan nie. 
Hulle het voor my voete GESNEUWEL.

  U het my teëstanders voor my LAAT SWIG.  
U het my vyande voor my LAAT VLUG en ek kon my haters UITWIS

 Hulle roep om hulp en daar is niemand wat help nie; hulle roep selfs na die Here, maar Hy antwoord hulle nie. 
 Ek maak hulle fyn soos stof in die wind, ek laat hulle wegspat soos modder in die strate, ja, ek VERMORSEL hulle. 
(Dawid het standpunt ingeneem teenoor sy vyande van genoeg is genoeg, nie meer vrees en vlug nie, hy het ook soos ons reeds gesê het met Goliat seker gemaak hy is dood, hy het hom nie net met die klip laat val nie, maar ook sy kop gaan afkap. Maak dus klaar met die Goliats in jou lewe, staan hul teë en oorwin hulle saam met die Here...ook hier het Dawid gesê...ek kom MET MY GOD)

 U het my gered van opstandige mense, my as hoof van vreemde nasies aangestel. 'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.  Wie ook al van my verneem, gehoorsaam my. Vreemde volke kruip voor my.

(LOFPRYS DIE HERE VIR WAT HY VIR MY DOEN en gedoen het ...onthou 
Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het.  

Dit is God wat my die OORWINNING gee,
wat volke aan my onderwerp.  Hy red my van my vyande.

Ja, U stel my buite bereik van my teëstanders
(BLY UIT SATAN SE PAD deur NIE sy LEUENS te glo EN God se WAPENRUSTING AAN te TREK),

U bevry my van geweldenaars. 
 Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here, tot eer van u Naam 'n LOFPSALM sing!

  Dit is Hy wat aan sy koning GROOT OORWINNING gee trou aan sy gesalfde betoon, aan Dawid en sy nageslag vir altyd!
PSALMS 18:1‭-‬45‭, ‬47‭-‬51 AFR83‬‬‬‬‬‬

__________________________________________________

HOE GAAN ONS WEN(oorwin) HERE?

MET MY GOD
___________________________________________________

Die sanggroep ONBESKAAM se lied MET MY GOD se woorde som psalm 18 se boodskap ook mooi op




Psalm 18 is se boodskap is so kosbaar dat dit in totaal in 2 Sam 22 herhaal word in die Bybel
Mens herhaal jouself as jy iets wil benadruk

"U, Here, laat my lamp helder skyn; 
my God gee lig as dit donker is om my.  
Met u hulp loop ek 'n oormag storm, 
met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie."
2 SAMUEL 22:29‭-‬30 AFR83




Ek gaan veg, maar nie alleen. Ek gaan deur Hom wat my krag gee en by my is oorwinning kry…moed opgee is nie ‘n opsie wat nog te sê oorgee.

 DANKIE JESUS…BUT GOD!!!


"Want U laat my lamp skyn; 
DIE HERE MY GOD LAAT MY DUISTERNIS OPKLAAR.  
Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.  Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.  Want wie is God buiten die Here , en wie is 'n ROTS behalwe onse God?
PSALMS 18:29‭ AFR53


Die vyand val ons erg aan, 
maar as ons tot die Here roep in gebed dan kom Hy vir ons veg, 
Sy lig verslaan die duisternis. 
"The God of angel army's are ALWAYS by my side"!!



MET MY GOD...



"Hy leer my 
my arms om selfs die stramste boog te span"
Psalm 18


Comments

Popular posts from this blog

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Wat God se kinders nou moet weet tydens die Corona "lockdown"