Mý plan teenoor God se plan
Mý plan teenoor God se plan
Wat ek sou dink moet gebeur is nie altyd wat God weet moet gebeur nie.
"My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het."
JESAJA 55:8-11 AFR83
Jesus se kruispad was nie Petrus se plan nie, maar dit was God se plan.
Petrus se plan probeer Een persoon red.
God se plan sterf Een persoon sodat baie gered kan word.
Josef moes deur sy broers in 'n put gegooi word, as slaaf verkoop word, valslik beskuldig word, in die tronk beland sodat hy onder koning kon word in' n vreemde land en so baie red van hongersnood...ook sy eie familie waaruit ons Messias Jesus gebore is. Die Jesus wat moes sterf, begrawe is en weer opgestaan het sodat ons ewig kan leef!
Daniel móés leeukuil toe. Ons sou Daniel wou probeer red en so een persoon red. Maar God se plan red 'n heidense nasie want van toe af moes hulle die enigste ware God aanbid.
In God se plan word Hy aan die wêreld sigbaar en word Hy vereer.
As ons menslik dink kan ons in God se pad wees en selfs Sy plan probeer verhoed, maar as ons Hom toelaat om Sy wil te laat geskied staan ons altyd verstom.
Ons gedagtes en planne is korttermyn gerig, hier en nou. Sy gedagtes en weg is langtermyn gerig, dit fokus op die ewige...die vir altyd!!
Soms moet die kind van God hier deur moeilike tye gaan om ons voor te berei vir die ewige...gelouter soos silwer in die oopvlam.
En soms moet die kind van God deur die vuur gaan sodat ander God te kan sien.
Daniel se vriende in die 7x warmer oond laat 'n goddelose koning uitroep...
"Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning! Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar 'n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van 'n godeseun."
DANIËL 3:24-25 AFR53
" Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here , gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee."
JEREMIA 29:11 AFR53
Vertrou is om God se plan bo jou eie te plaas.
Nie maklik nie, maar moontlik
Sy plan gee aan my die weg na die ewige lewe, my plan kan my of ander soms die ewige lewe kos.
Ons hoef nie te verstaan nie,
ons kan net Sy hart vertrou.
Hoe beter ons Hom ken hoe makliker kan ons God se plan vertrou...
Gee oor, rus in Hom en die wete dat Hy ons liefhet met 'n liefde wat ons nooit sal kan begryp.
Daarom kan en moet ons bid:
NIE MY WIL NIE HERE,
MAAR U WIL GESKIED
Comments
Post a Comment