Met KRAG wat ek waar kry?



Met KRAG wat ek waar kry?

Maar Gideon sê: "Ekskuus, Meneer, waarmee"?

Gideon het reeds gehad wat hy nodig het, maar dit nie geweet...


Almal wil 'n wonderwerk hê, maar niemand wil in 'n situasie wees waar hul een nodig het nie.

In die ONMOONTLIKE, totaal in die minderheid situasies sien ons hoe God met bietjie baie meer kan doen as wat die wêreld met hul baie kan doen.


Daarna het 'n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in 'n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete. 

Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: 
DIE HERE IS BY JOU, dapper man!”  

MAAR Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die Here ons in die steek gelaat: Hy het ons oorgegee in die mag van die Midianiete.” (VREES laat Gideon twyfel)


 Toe het die Here na Gideon toe gedraai en vir hom gesê:
 “Gaan met die KRAG wat jy het en gaan red die Israeliete uit die mag van die Midianiete! Toe, EK STUUR JOU!”
  MAAR Gideon sê vir Hom: “Ekskuus, Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.” 

 Die Here het hom geantwoord: “EK IS BY JOU, en jy sal die Midianiete verslaan asof hulle nie meer as een is nie.” 
Rigter 6:11…

"And the Angel of the Lord appeared to him and said to him, 
The Lord is with you, O brave man.
 BUT Gideon said to him, “Please my Lord, if the Lord is with us, then why has all this happened to us? And where are all His wondrous works which our fathers told us about when they said, ‘Did not the Lord bring us up from Egypt?’ But now the Lord has abandoned us and put us into the hand of Midian.” 
The Lord turned to him and said, 
Go in this strength of yours and save Israel from the hand of Midian. Have I not sent you?” 
BUT Gideon said to Him, “Please Lord, how am I to rescue Israel? Behold, my family is the least [significant] in Manasseh, and I am the youngest (smallest) in my father’s house.” 
The Lord answered him,
I will certainly be with you, and you will strike down the Midianites as [if they were only] one man.”
JUDGES 6:12‭-‬16 AMP‬‬

Hoe God ons sien en hoe ons onsself sien verskil baie keer hemels breed.
Hoeveel kere in ons eie lewe sit ons 'n MAAR na wat God van ons sê en van ons vra..

God kies Moses MAAR Moses het vir die Here vertel hoe hy nie sal kan doen wat die Here van hom vra nie want miskien weet die Here nie wie Hy hier vra nie, hy wat nie goed kan praat ens...nee Here stuur eerder vir Aäron.

Gideon doen hier amper dieselfde. God noem hom DAPPER MAN, MAAR Gideon begin vir God ook te vertel hoe Hy dit seker mis moet hê want hy van alle mense, die minste van die armste stam. Nee die Here maak hier verseker 'n fout, volgens Gideon...

Maar God maak nie foute nie, Hy kyk anders na mense as wat die wêreld kyk en selfs ons self na onsself kyk.
Hy kies ook vir Dawid die minste in sy familie om koning te word

"MAAR Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie
Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. 
Die mens kyk na die UITERLIKE, 
maar die Here na die INNERLIKE.”
1 SAMUEL 16:7 AFR83

_________________________________________________________________________________

Moet dus nie 'n MAAR sit na wat God van jou en vir jou sê nie,
 glo Hom en vertrou Hom
_________________________________________________________________________________

God sê vir Gideon dat hy REEDS DIE KRAG HET wat nodig is om Sy volk te red.
 “Gaan met die KRAG wat jy het en gaan red die Israeliete..."


Gideon weet nie waarvan die Here praat nie .....

God praat nie van Gideon se krag nie, 
maar van Sy eie en vir Hom is niks onmoontlik nie.

Twee maal sê die Here vir Hom dat HY BY HOM IS en dus die krag is wat hy REEDS BESIT omdat hy in God glo en Hom vertrou. Die tweede keer verseker Hy hom weereens dat Hy by hom sal wees.

“DIE HERE IS BY JOU, dapper man!”  (v12)

"Toe, EK STUUR JOU!” (v14)

“I will certainly be with you..." (v16)

Maar dis asof Gideon daardie sinne mis, dit nie eens hoor nie, want
hy fokus meer op sy VRESE (dit wat hy sien) as op God se woorde.

_________________________________________________________________________________

Dis Satan se ou triek, hy laat ons so fokus op die oormag teen ons
en laat ons VREES  dat ons God se Woorde en beloftes mis of vergeet.
_________________________________________________________________________________


Ook toe die koning Elisa gevange wou laat neem gebruik die vyand 'n groot army, duisende teen een om vrees in te boesem, en Elisa se dienskneg raak angsbevange, maar Elisa fokus meer op God en sy Woord as op die oormag teen hom. God open hul oë om die army wat vir hulle is te sien

Die Vyand hou daarvan om ons te laat vergeet dat
die wat by ons is meer is as hulle wat hulle teen ons is.

Die Here vra vir Gideon is dit dan nie Hy wat hom stuur nie, dat dit Sý plan is,
sê dit nie klaar alles vir hom nie?


Na elke MAAR sien ons dat God hom elke keer geduldig antwoord want:

“Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.”
PSALMS 103:14 AFR83

Net soos Petrus seker gemaak het dis Jesus wat vir hom sê om te kom en op die water te loop, netso maak Gideon ook eers seker dis regtig die Here wat met hom praat. En toe hul seker is toe gehoorsaam hulle.

Soms hardloop ons agter ‘n plan aan wat vir ons goed lyk maar ons het nie eers daaroor gaan bid en vir die Here gevra of dit Hy is wat sê "KOM" nie.
 Die duiwel doen homself voor as die engel van die lig, Pas op!!

Weet ons dat ons hierdie KRAG ook as kinders van God in onsself het?

In Efessiers praat Paulus ook van hierdie KRAG wat ons in ons het…
“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, MAGTIG is om ONEINDIG MEER te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”
EFESIËRS 3:20‭-‬21 AFR83‬‬

Dis hierdie krag waarvan God weet reeds in Gideon is en wat oneindig meer kan doen as waaraan ons kan dink of voor kan bid.

Ook in Korintiërs lees ons van God se KRAG in ons Sy kinders
“God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.  Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die KRAG wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
2 KORINTIËRS 4:6‭-‬7 AFR83‬
_______________________________________________________________________

Gideon (en ons) is reg ons kan nie, MAAR GOD KAN!!
Hy werk in ons en deur ons.
Die eer kom Hom toe
__________________________________________________________


Jesus, IMMANUEL wat beteken GOD MET ONS
Hy belowe oor en oor HY IS BY ONS, Hy sal ons nooit verlaat,of in die steek laat.

"leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 
En ONTHOU: 
EK IS BY JULLE 
al die dae tot die voleinding van die wêreld.
MATTEUS 28:20 AFR83

Ons krag lê in Hom wat altyd by ons is.

Dawid het ook nie Goliat uit eie krag aangedurf nie...
"Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het."
1 SAMUEL 17:45 AFR83

Goliat 'n reus gewapen tot die tande toe teenoor Dawid se eenvoudige wapens, MAAR God is by hom

Ons moenie ons oé net fokus op die wonderwerk waarvoor ons hoop en bid nie, sien elke klein wonderwerk oppad ook raak. Skryf dit neer.





Satan wil ons laat fokus op ons eie krag en eie vermoë.

So baie keer sal jy dan ook op sosiale media boodskappe lees van "self empowerment "
 Jy kan, jy moet net in jouself glo, of soms sal hy selfs dit met 'n Christelike sousie bedien...God sal nie vir jou gee wat jy nie kan hanteer nie, of God sal nie vir jou 'n lewe gee wat jou krag oorskrei nie...
Klink bekend?

Teenoor God se waarheid:

"Ek is tot alles in staat deur Christus wat my KRAG gee."
FILIPPENSE 4:13 AFR53

Die Satan doen hom voor as 'n engel van die lig, passop!!

Dink wat jy lees op sodiale media, meet dit ALTYD aan God se Woord VOOR jy dit vir jou vat, jou eie maak.

"Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood."
SPREUKE 14:12 AFR83

"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; ..."
HOSÉA 4:6 AFR53

"Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, 
OMDAT julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die KRAG van God nie."
MATTHÉÜS 22:29 AFR53

Ons hoor so baie iemand sê: "EK HET NIE DIE KRAG HIERVOOR NIE"

"Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg
My KRAG kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” 
Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus,
 want as ek swak is, is ek sterk.
2 KORINTIËRS 12:9‭-‬10 AFR83

"So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word.
JULLE KRAG LÊ IN STIL WEES EN VERTROUE HÊ. 
Maar dit wou julle nie;
julle het gesê: “Nee, ONS sal op perde wegjaag, ONS sal vinnige perde ry.” Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees."
JESAJA 30:16 AFR83

Kies ons dus om op God alleen te vertrou en op Sý krag,
of op eie krag (ons eie perde)?

God neem Gideon van om op sy eie krag te vertrou tot op 'n plek om op God sin ALLEEN te vertrou...
4 teen 1 word 450 teen 1

"Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig, en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlug totdat die paar wat van julle oorbly, soos 'n eensame vlagpaal op 'n berg, soos 'n enkele vaandel op 'n heuwel sal wees."
JESAJA 30:15 -17 AFR83


As ek op God vertrou is ek SAAM MET HOM altyd in die meerderheid al is dit net ek en Hy, die Bybel is vol voorbeelde van min met God by hulle wat duisende teen hulle verslaan, maar as ek op myself vertrou kan my duisende moet vlug voor een van die vyand.

Elisa en sy dienskneg…
God open hul oë om die duisende vir hulle te sien
Koning Hiskia wat bedreig word met ‘n oormag teen hom…
God veg vir hulle en toe hul oor die bult kom het die vyand klaar verslaan daar gelê.
In ons eie geskiedenis ‘n klompie gelowiges wat God vertrou het teen ‘n magdom teen hulle by Bloedrivier.

Maar eerstens moes Gideon op God alleen vertrou en die ander oproep om hom hierin te volg. Die Here vra van hom om eerstens die altaar van die ander afgode waarop hul vertrou het af te breek.

Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Vat 'n groot bul, die sewe jaar oud bul van jou pa, sy tweede bul, breek jou pa se altaar vir Baäl af en kap die gewyde paal daar langsaan af. Bou dan 'n netjiese altaar vir die Here jou God bo-op daardie versterkte plek en vat die bul en offer dit as brandoffer. Jy moet die hout gebruik van die gewyde paal wat jy afgekap het.”
RIGTERS 6:25‭-‬26 AFR83‬‬‬

Wat in ons eie lewe vertrou ons dalk nog op?
Vra die Here jou dalk om op die water na Hom te kom maar soos die res van die dissipels vertrou jy nog op die boot, of dalk klim jy uit maar jou een hand is nog op die boot.
 Om OP DIE WATER TE LOOP behels meer as wat ons aanvangklik dink en  is moeiliker as wat ons dink, dit het ook Petrus spoedig besef.

Dis nie net die besluit neem om te gehoorsaam en te doen nie, dus jou voete oor die rand van die boot sit en dan te trap op die water nie.
Ongelukkig is dit  nie waar dit ophou nie, jy is nie geroep om op die water te staan nie, maar om te KOM. Hom te volg. Daarop te loop.

Jesus wil hê ons moet op Hom fokus.
Dus is dit elke keer weer 'n tree wat jy moet gee op water onder jou, en elke keer wat jy 'n tree in geloof gee raak dit al verder van die "boot" waarop jy altyd vertrou het.
Die Here raak dus eers van die afgode ontslae waarop ons altyd buiten Hom vertrou het en dan maak die Here jou middele minder.

TOTAAL AFHANKLIK VAN HOM BETEKEN TOTAAL AFHANKLIK!!

Die Here het vir Gideon gesê: “Ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie. Israel sal teenoor My spog en sê: ‘Ek het myself gered.’
RIGTERS 7:2 AFR83

 As ons genoeg middele het om onsself te red sal ons nie besef dat daardie middele ook maar van God was nie en dink ons, ons het onsself gered. Eie krag nie God sin.

Die Here doen dinge net anders as wat die wêreld doen.
Die wêreld vertrou op getalle, middele (afgode) ens.


Reeds was die oormag teen Israel 4 teen 1 maar die Here laat Gideon sy manne nóg uitdun na net 300 man,  nou is dit 450 teen 1
EN TOE SÊ GOD: "NOU IS JY GEREED..."

EISH!!!!

"The Lord God is my STRENGTH [my source of courage, my invincible army]; He has made my feet [steady and sure] like hinds’ feet And makes me walk [forward with spiritual confidence] on my high places [of challenge and responsibility]. For the choir director, on my stringed instruments."
HABAKKUK 3:19 AMP


" Maar die Here het my bygestaan en my KRAG gegee... "
II TIMÓTHEÜS 4:17 AFR53

I look up to the mountains

Does my STRENGTH come from the mountains?

No, 

my strength comes from God

Who made heaven, and earth, 

and the mountains

When confusion's my companion
And despair holds me for ransom
I will feel no fear
I know that You are near
When I'm caught deep in the valley
With chaos for my company
I'll find my comfort here
'Cause I know that You are near
My help comes from You
You're right here, pulling me through
You carry my weakness, my sickness, my brokenness all on Your shoulders
Your shoulders
My help comes from You
You are my rest, my rescue
I don't have to see to believe that You're lifting me up on Your shoulders
Your shoulders
You mend what once was shattered
And You turn my tears to laughter
Your forgiveness is my fortress
Oh Your mercy is relentless
My help comes from You
You're right here, pulling me through
You carry my weakness, my sickness, my brokenness all on Your shoulders
Your shoulders
My help comes from You
You are my rest, my rescue
I don't have to see to believe that You're lifting me up on Your shoulders
Your shoulders
My help is from You
Don't have to see it to believe it
My help is from you
Don't have to see it, 'cause I know, 'cause I know it's true......

SHOULDERS (For King and country)

https://youtu.be/TfiYWaeAcRw



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”