Onthou my asb as ek dalk vergeet
Kom ons hou mekaar se arms op Jesus het ons lief met 'n onbegryplike liefde want ons verdien niks daarvan. Hy gee vir ons onsettend om, selfs die hare op ons kop is getel. Niks wat ons aangaan is Hy nie van bewus nie. Ons is by dag 6 van "lockdown" vir die Carona virus in Suid -Afrika en is dit vir my kosbaar hoe ons as medegelowiges van ons Here Jesus Christus mekaar in hierdie tyd dra en bemoedig. As ek die boodskappe so lees sien ek hoe die Here vir elkeen van ons individueel omgee en boodskappe(Woord) in ons stilte tyd gee wat ons persoonlik deurdra in ons persoonlike omstandighede, maar daar is ook soveel boodskappe wat hande vat en te toeval is dat al God se kinders dieselfde by die Here hoor. _______________________________________________________________________________ Dit bevestig vir my ons is nie alleen, Hy is by ons. Dit maak my opgewonde en diep dankbaar vir 'n Vaderhart wat tot ons nader wanneer ons in groot nood en benoudheid tot Hom ...