In wanhoop, roep ons na U ...



In wanhoop, roep ons na U
( op die vooraand van die "Lockdown" in SA vir die Carona virus )

"Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid. 
Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. 
 Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U
Bring my op 'n ROTS waar ek veilig sal wees.  
U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
  Laat my by U 'n blywende tuiste vind.
Laat my skuil onder u vleuels. Sela  
U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.  Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek.  Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar!  
Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.”
PSALMS 61:1‭-‬9 AFR83
______________________________________

 Ons troos in die tyd is HY IS BY ONS!!!
________________________________________

buite bereik van die vyand.
Laat my dink aan my droom en die Here se boodskap oor die slange,
"Gee pad uit sy pad" wat ek vroeër die maand oor geskryf het.

https://gaanvertelgotell.blogspot.com/2020/03/gee-pad-uit-sy-pad.html?m=1

Ons kan hierdie virus net oorkom deur buite sy bereik te bly. 
In afsondering te gaan…die Woord sê dis hoe ons ook moet bid in Matt 6…gaan in jou binnekamer sluit die deur en bid. Net by die Here is ons buite die vyand se bereik ons moet na Hom toe vlug in Woord en gebed.

Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.  “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.  

“So moet julle bid:
 “Ons Vader wat in die hemel is,
 laat u Naam geheilig word;
  laat u koninkryk kom;
 laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.  
Gee ons vandag ons daaglikse brood;  
en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;  en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.  

As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. MAAR as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”
MATTEUS 6:5‭-‬15 AFR83

Dis nou tyd dat ons innerlik ondersoek doen en mekaar vergewe soos Jesus ons vergewe het. Genade gee soos ons genade ontvang het, onverdiend.
Ander se belange bo ons eie plaas(Fil 2), God se koningkryk te soek ( Matt 6 ) en nie ons eie. 

Ons skuil by Hom
As ons bang word plaas ons, ons vertroue in Hom deur gebed en deur die Woord te doen.

"Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die ROTS gebou het.  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit NIE doen NIE, sal vergelyk word met ’n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot."
MATTHÉÜS 7:24‭-‬27 AFR53


Ons bid tot God ons Vader vir alles en vir almal.

MAAR ons mag nie SAAM met alle ANDER gelowe bid nie.
 DAAR IS NET EEN WARE GOD, deur saam ander gelowe te bid weerspreek ons dit.

"Wat nou betref die eet van vleis wat aan 'n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een. En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat “God” en baie wat “Here” genoem word, is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe."
1 KORINTIËRS 8:4‭-‬6 AFR83

Elia het nie saam die ander gebid nie, maar na hulle, alleen tot die ware God. Al hul gebede het niks gehelp, maar toe Elia tot die ware God bid het daar vuur uit die hemel gekom en God alleen het die eer gekry.

"Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja honderd geneem en hulle vyftig-vyftig in grotte weggesteek en hulle van kos en water voorsien......

 Toe gaan Obadja na Agab toe en vertel hom, en Agab het na Elia toe gekom. Net toe Agab hom sien, sê Agab vir hom: “Is dit jy, jy wat die dood oor Israel bring?”  
Hy antwoord: “Dis nie ek wat die dood oor Israel bring nie, maar jy en jou familie. Julle het die gebooie van die Here verontagsaam en die Baäls (afgode)gedien. 
Roep vir my die hele Israel bymekaar op Karmelberg. Die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd van Asjera wat van Isebel se tafel af eet, moet ook daar wees.”  Toe stuur Agab die boodskap aan al die Israeliete; hy het ook die profete op Karmelberg laat bymekaarkom.  

Elia het voor die hele volk gaan staan en gesê: 
“Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? 
As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm.” 

Die volk het hom nie 'n woord geantwoord nie.  Toe sê Elia vir die volk: “Ek alleen het oorgebly as profeet van die Here, maar daar is vier honderd en vyftig profete van Baäl. Bring nou vir ons twee bulle. Hulle kan vir hulle een bul kies en hom opsny en op die hout uitlê. Maar hulle moet dit nie aan die brand steek nie. Ek sal dieselfde doen met die ander bul. Ek sal hom op die hout uitlê, maar dit ook nie aan die brand steek nie. Dan moet julle tot julle god bid, en ek sal tot die Here bid. Hy wat met vuur antwoord, is God.” 

Die hele volk het geantwoord: “Dis goed so.”  Toe sê Elia vir die profete van Baäl: “Kies 'n bul en maak julle hom eerste gereed, want julle is die meeste. Bid dan tot julle god. Maar julle mag nie die vuur aansteek nie.”  Hulle neem toe die bul wat hy hulle laat kies het en maak hom gereed. 
Hulle bid toe tot Baäl en roep van die môre af tot die middag toe
“Baäl, antwoord ons!” Daar was nie 'n geluid van hom af nie. Niemand het geantwoord nie, hoe hulle ook al vir Baäl gedans het by die altaar wat hulle gemaak het. 

 Teen die middag het Elia hulle begin spot: “Roep harder! Hy is mos 'n god! Miskien is hy diep in gedagte of gou bietjie uit, of op reis, of dalk slaap hy en moet hy eers wakker word!”  (ons Vader slaap nie of sluimer nie)

Toe roep hulle nog harder; en soos altyd kerf hulle hulle stukkend met swaarde en spiese dat die bloed oor hulle loop. Tot die namiddag het hulle aangehou te kere gaan, en teen laatmiddag, die tyd vir die aandoffer, was daar nog geen geluid nie. Niemand het geantwoord nie, daar was geen reaksie nie.
  Toe sê Elia vir die hele volk: “Kom staan hier by my,” en hulle het almal by hom gaan staan. Toe het hy die stukkende altaar van die Here weer reggemaak.  Hy het twaalf klippe gevat, net soveel as die stamme van die nageslag van Jakob vir wie die Here gesê het: “Jou naam sal Israel wees.” Met die klippe het hy die altaar van die Here reggemaak en 'n behoorlike sloot daar rondom gegrawe.  Toe sit hy die hout reg, sny die bul stukkend en lê dit uit op die hout.  Toe beveel hy: “Maak vier kruike vol water en gooi dit uit op die brandoffer en op die hout.” Daarna sê hy: “Doen dit weer,” en hulle het dit nog 'n keer gedoen. Toe sê hy: “Doen dit 'n derde keer,” en hulle het weer so gemaak.  
Toe stroom die water oor die hele altaar, en selfs die sloot rondom het vol geword.  (MENSLIK GESPROKE NOU ONMOONTLIK)
Teen die tyd van die aandoffer het die profeet Elia vorentoe gekom en GEBID: “Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit tog vandag bekend word dat U God is in Israel, en dat ek u dienaar is wat op u bevel al hierdie dinge doen. Antwoord my, Here, antwoord my tog dat hierdie volk kan besef dat U, Here, God is, en dat dit U is wat hulle harte weer tot U bekeer.”  
Toe kom daar vuur van die Here af en dit verbrand die offer, die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgelek.  Toe die hele volk dit sien, het hulle op hulle knieë geval en uitgeroep: 
“Die Here is God! Die Here is God!”  
Hierop sê Elia vir hulle: “Gryp die profete van Baäl! Nie een van hulle mag wegkom nie.” Toe die volk hulle gegryp het, het Elia die profete laat afbring na Kisonspruit toe en daar het hy hulle doodgemaak.  

1 KONINGS 18 AFR83


Ons Fokus nou op Hom en nie op die storm:
deur tyd in gebed en Woord deur te bring ALLEEN, maar ook saam as GESINNE.

Ons vind alleen ons krag in Hom


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”