Moenie jou gebedshande laat sak nie... ONS MOET NOU EERS ERG BID
Moenie jou gebedshande laat sak nie... ONS MOET NOU EERS ERG BID Gisteraand vertel iemand my dat hul dokter hul vertel het dat hy baie met gesprekke te doen het rondom die corona virus en dat die HULLE NIE WEET HOE IS DIT MOONTLIK dat Suid Afrika se getalle nie so erg is as wat hul voorspel het nie. Met alles basies teen ons wat hierdie virus betref het hul verwag dat Suid Afrika en Afrika die hardste getref gaan word in die wêreld deur die virus maar dit het nie gebeur en begin hul dink ons het beter immuniteit teen die virus of iets. Hul kan dit nie verklaar nie. Dit het my herinner aan die die dag toe ons net voor lockdown afgesluit het in gebed in ons bybelstudie groepie en terwyl ek bid het die volgende woorde uit my mond gekom, woorde wat mý verras het want ek het net geweet hierdie is nie my woorde nie en dit het my opgewonde gemaak want ek het toe besef ons verwag die ergste, maar ons kan bid daarteen, ons kan die onvermydelike weg bid. ______________...