WAT SOEK JULLE .... ?"



                                                  


Jesus gee die OPDRAG in Matt 28...
"Gaan dan heen, MAAK DISSIPELS van al die nasies, en DOOP hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en LEER hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het(GEHOORSAAMHEID)" MATTHÉÜS 28:19 AFR53

Jesus is ook die voorbeeld
In Joh 4 en Hebr 5 sien ons dat Hy deur Sy dissipels en self in Sy eie lewe op aarde reeds die voorbeeld gestel het...

" TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer DISSIPELS MAAK en DOOP as Johannes —alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels"
JOHANNES 4:1 AFR53

" Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, GELEER wat GEHOORSAAMHEID is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword"
HEBREËRS 5:8‭-‬9 AFR83

Jesus sê "VOLG My"...staan op, kom agter My aan, trap waar ek trap, gaan waar Ek gaan en doen wat Ek doen
"Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: VOLG MY."
JOHANNES 1:44 AFR53

Hy sê nie bewonder My nie.
Doen soos ek gedoen het en steeds doen...moet My nie net op die paviljoen op 'n afstan sit en bewonder nie.

"Jesus wants a Follower not a Fan!!" Kyle Idleman


Om die verskil te ken moet ons die vraag vra en eerlik beantwoord
"Hoekom volg ek Hom, wat soek ek uit dit?"

Jesus vra ook hierdie vraag vir die 2 dissipels wat Hom begin volg het.
"en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!  En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus GEVOLG.  En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:
WAT SOEK JULLE .... ?"
JOHANNES 1:36‭-‬39 AFR53

Jesus vra daardie vraag vir elkeen wat Hom begin volg.


Maw wat is jul rede hoekom julle My volg?
As dit is oor wat ek daaruit kan kry gaan ek omdraai en weggaan as ek dit nie kry nie, of as dit te moeilik raak.
In die gelykenis van die saad het die tweede en die derde saad wat opgekom het nie deurgedruk en volhard nie want hul rede hoekom hul Hom gevolg het was selfgesentreerd, wat hulle daaruit kon kry. 

Die tweede het Hom verlaat toe dit moeilik raak, die derde het Hom net gebruik soos 'n spaarwiel as hul tyd kry of Hom nodig het.
Die vierde een het volhard en uiteindelik vrug gedra.

As jy 'n verhouding het waar jou geliefde jou net dan en wan opsoek of nou en dan jou hand vat, maar los wanneer hulle nie meer lus het of jou nie meer nodig het nie sal dit vir jou wys dat daardie persoon jou nie regtig liefhet nie. 
Ek dink dis hoe Jesus se hart ook breek as ons Sy hand vat en los soos dit ons pas.
Bewonderaars (Fans) volg Hom net oor wat hulle daaruit kan kry, soos hulle tyd het en Hom nodig het. Hulle los ook Sy hand en maak of hul Hom nie ken as hulle in omstandighede is of saam mense is waar Hy nie gedien word nie. Dan skaam hulle hul om in die openbaar te erken dat hulle in 'n verhouding staan met Hom. Hulle dien hom in die geheim in hul binnekamer. 

Volgelinge (Followers) volhard, skaam hul nie om openlik hul liefde vir Hom te wys deur hul gehoorsaamheid aan Sy Woord nie en dat hul Hom dien nie. 

Fans bly nie... 
"Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?”  Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.”  Hieroor het baie van sy dissipels(FANS) omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. (FANS)
Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?”  Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.(FOLLOWERS) 
JOHANNES 6:60‭, ‬65‭-‬69 AFR83

_____________________________________

Fans het omgedraai, weggegaan...
Followers het gebly.
_____________________________________

Maar die feit dat jy bly waarborg nog nie dat jy wel 'n Follower is nie

"..... Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!  En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; 
WANT hy sou Hom VERRAAI, hy wat een van die twaalf was.
JOHANNES 6:68‭-‬71 AFR53

Jesus weet dat party net glo totdat dit hulle nie meer pas nie... 

" Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is."
JOHANNES 2:23‭-‬25 AFR83


Later sou hierdie selfde mense Hom kruisig wat nou so agter Hom aanloop oor die wondertekens wat Hy doen vir hulle.


Wat sal ek Hom antwoord as Hy my dit nou sou vra hoekom ek Hom volg?

 Is dit oor wat ek hoop ék daaruit gaan kry of gaan dit oor Hom.
Volg ek Hom ten spyte van of is dit  "when the going gets tough, the Tough gets going"

Baie spandeer nou tyd by die Here en roep na Hom in hulle nood in hierdie tyd waar die hele wêreld onderstebo is op alle gebiede, en dis kosbaar, en kan ons nie genoeg dankie sê daarvoor nie,
maar wie gaan bly en wie gaan ry as alles verby is....

Dis nou die tyd om my eie hart te ondersoek en vir myself dit uit te maak:
HOEKOM VOLG ÈK HOM?
Of dalk 'n besluit te neem om Hom werklik te volg


"Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; 
maar ek en my huis, ons sal die Here dien."
JOSUA 24:15 AFR53




(Kosbare boek om te lees:  NOT A FAN van Kyle Idleman)

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”