"Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!"


                    As ek maar net so kon glo Here...


Jesus sê ons moet glo soos 'n kind
...want 'n kind glo(vertrou) ERG.

 Ons wil so graag erg glo, maar ons besef terdeë hoe ver ons tekort skied en dan voel ons so sleg daaroor. As ons maar net geloof so groot soos 'n mosterdsaad gehad het sou ons berge kon versit, maar omdat ons so maklik vrees en twyfel maak ons ongeloof of klein geloof eerder berge van molshope en maak ons min tot geen impak. (MATTHÉÜS 17:19 -20 )




 Ai wat sou ons nie gee om wel daardie geloof te kon hê nie.


Ons Geloof word heeltyd of GETOETS of AANGEVAL. Ons geloof het 'n groot vyand, die Satan. Hy wil ons heeltyd so ver kry om te twyfel en te laat ophou glo. Hy maak die golwe en wind so erg dat ons voor ons, ons kan kry fokus verloor en sink ten spyte van al ons voorneme om op die water te wou loop.

Maar net soos Petrus in geloof begin het eindig ook hý in die besef dat sy geloof nie sterk genoeg is nie.
 Hy roep dan na Jesus om Hom te help.




Ek dink baie van ons wil die laaste tyd heeltyd vir die Here sê "ek is moeg Here, moeg van al die stryd om fokus te behou en nie te verdrink nie."

 Ons lees telkemale in die Woord hoe Jesus vir iemand sê jou geloof het jou gered en dan kom die gedagte by jou op, as ek maar net daardie geloof kon gehad het.

"En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered."  (Die 10 melaatse)
LUKAS 17:19 AFR53

"En daar het ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak.  Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.  En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af."
MATTHÉÜS 9:20‭-‬22 AFR53

Hoe graag sal ek daardie woorde wil hoor:
"Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered."




Dis nie dat ons nie glo nie, dis net dat ons besef dat ons geloof soms te min
is en ons in daardie tye ipv fokus op die Here toelaat dat die golwe en wind ons aandag in beslag neem en ons voel of ons wil verdrink.  Dis dan wat jy besef jy kan nie uit jou eie geloof behou nie, en jy besef, ook daarvoor het jy Jesus so nodig om jou geloof te versterk.
DIS JUIS DAN WANNEER ONS MOET BID SONDER OPHOU!!

_______________________________________________________________________________

Dit het my getref dat die man met die siek kind in die volgende gedeelte in dieselfde sin GELOOF en ONGELOOF uitroep én dat ek daarmee kon identifiseer.
_______________________________________________________________________________

"En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat ’n stomme gees het, na U gebring;  en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie. (Weens hul klein geloof/ongeloof kon hul geen impak maak nie)
 Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.
  En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.  Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;  en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons. (Hier spreek die pa reeds twyfel uit met "as U kan")

En Jesus sê vir hom:
Wat dit betrefAS JY KAN GLO, 
alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê:

Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!  

En toe Jesus sien dat ’n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.  En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos ’n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.  (Wanneer Jesus ingryp kan iets vir die blote oog soms dan op sy ergste lyk, hy is dood, punt. Maar Jesus sit juis dan 'n komma dis net voor die wonderwerk gebeur, geen menlike ingrype kan meer help nie, dis onbetwisbare Goddelike ingrype. Ons moet nie op daai doodstyding oomblik ons geloof verloor nie, bly bid, bly glo en vertrou, wat ons eie situasie betref maar ook van ons land)

(BUT GOD)Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.  En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? 
En Jesus antwoord hulle: Deur julle ONGELOOF; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
MARKUS 9:17‭-‬30 AFR53




Hierdie man sê twee stellings wat lynreg teenoor mekaar staan in een sin.

Ek glo en ek glo nie...

Geloof en ongeloof gelyktydig, hoe is dit moontlik?

 Hierdie man wil regtig glo(soos ook ek en jy), dis sy begeerte om te kan glo maar besef ook in Sy menslikheid dat hy daarmee sukkel.
Ons kan nie ons onvermoë om erg te glo as verskoning gebruik nie, ipv om verskoning daarvoor te maak vra hy Jesus in trane hulp waar hy self faal en vir waar hy te kort skiet om sy ongeloof tegemoet te kom.
Die Here kyk dus na ons harte. 'n Opregte hart wat regtig wil, en nie hoe goed óns dit regkry nie.

Die pa hoef nie reg te geglo het nie,
hy moes net regtig wou
en Jesus verhoor Sy gebed en genees sy seun.

Nie hy of Petrus (en ook nie ek of jy) kan op ons bietjie geloof staat maak nie, ons almal het die Here nodig om deur sy Gees ons geloof te verterk.

Ek dink menige gelowige kinders van die Here gaan hier eerlik wees en erken dat hul besef hul geloof is te klein en begeer om meer te hê.

Ook die apostels was nie geestelike reuse nie ook hulle het dit begeer om meer geloof te kan hê en besef hul skiet ver te kort.

"Toe het die apostels aan die Here gesê: GEE ONS MEER GELOOF. 
 En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees."
LUKAS 17:5‭-‬6 AFR53

'n Kind van God is nie skielik 'n geestelike reus wat perfek glo nie, inteendeel, hoe nader ons aan God ons Vader leef hoe meer besef ons, ons afhanklikheid van Hom ook wat dit betref om te kan glo maar dit wek ook die begeerte om meer te kan glo.




Ons sien hier doodgewone mense wat DESPERAAT BID vanuit hul onvolmaaktheid en God hul steeds hoor en intree. Ek kan hiermee vereenselwig, ons het ook al wonderwerke beleef na desperate gebed.

As ons oor die gelowiges in die Bybel se lewens lees dan kan ons nie anders as om te begeer om ook so te kan glo nie, maar ons besef ook niemand van hulle was volmaak nie.

"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, 
om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
 Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. 
Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.
Omdat ABEL geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.
Omdat HENOG geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nêrens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou.

As 'n mens nie GLO nie, is dit onmoontlik om te DOEN wat God wil. 
(te gehoorsaam)
Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan 
en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.  

Omdat NOAG geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom.

 Omdat ABRAHAM geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.  Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.

Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. 
(DIT HET NIE VIR HUL ALLEEN GEGAAN OOR HIER EN NOU NIE)
Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.

 Omdat ABRAHAM geglo het, het hy, toe hy op die proef gestel is, Isak as offer afgestaan. Ja, hy wat die belofte ontvang het en aan wie gesê is: “Uit Isak sal jou nageslag gebore word,” het gereed gestaan om sy enigste seun te offer. Hy was daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek, waaruit Abraham vir Isak ook, om dit so te stel, terug ontvang het.
Omdat ISAK geglo het, het hy Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms. (HET TOEKOMSVERWAGTING GEHAD)
 Omdat JAKOB geglo het, het hy op sy sterfbed albei die seuns van Josef geseën en tot God gebid terwyl hy op die knop van sy kierie leun.(HET TOEKOMSVERWAGTING GEHAD)
Omdat JOSEF geglo het, het hy kort voor sy dood melding gemaak van die uittog van die Israeliete en opdrag gegee in verband met sy liggaam.(HET TOEKOMSVERWAGTING GEHAD)
Omdat die OUERS VAN MOSES geglo het, het hulle hom na sy geboorte drie maande lank weggesteek toe hulle sien dat hy 'n mooi kindjie is. Hulle was nie bang vir die bevel van die koning nie.
Omdat MOSES geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. Hy het verkies (KEUSE GEMAAK) om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê. Die smaad ter wille van die Christus het hy 'n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het.  Omdat hy geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede van die koning bang was. 
Hy het VOLHARD soos iemand wat die onsienlike God sien. 
Omdat hy geglo het, het hy die pasga ingestel en die bloed aan die deurkosyne laat smeer sodat die engel van die dood nie die eersgeborenes van Israel sou tref nie.(GEHOORSAAM GEWEES)
 Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het.(GEHOORSAAM GEWEES)
Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het.(GEHOORSAAM GEWEES)
Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie.(GEHOORSAAM GEWEES)
 En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete.
Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood.

Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot 'n beter lewe deelagtig word. Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. (HULLE HIER EN NOU WAS SLEG) Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe.  En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie."
HEBREËRS 11:1‭-‬40 AFR83

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die EGTHEID VAN julle GELOOF GETOETS kan word.
Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. 
Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, SODAT dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 
Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. 
Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die EINDDOEL VAN JULLE GELOOF is.
En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.
1 PETRUS 1:6‭-‬9 AFR83

Ons moenie glo om te ontvang nie, dus net glo vir die hier en nou nie want dan is ons net "fans" en nie "followers" nie.

As ons fokus is om aardse goud bymekaar te maak gaan ons die hemelse goud mis. 

Die Here self kom versterk ons geloof, ons fokus moet wees om Sý koninkryk te laat kom en nie ons eie, dan sal ons die "bigger picture" sien ook wat ons land se situasie betref.

Geloof is 'n keuse.

 Satan veg hard sodat ons nie sal glo of sal op hou glo, want as ons nie glo nie, sal ons nie gehoorsaam nie, sal almal in die boot bly sit en hy kry dit met baie reg, baie atiëste het dan ook voorheen wel geglo.
(But God) Maar God veg nog harder terug dat ons Hom wel sal glo en vertrou.



Ons moet egter nie te bang wees om in die eerste plek uit die boot te klim nie omdat jy weet jy het nie eers geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie nie. Ons moet net wil glo, gehoorsaam doen en Jesus gryp dan ons hand en doen die res. Hy het dit vir Petrus bedoen en ook vir Thomas wat se geloof begin wankel het.
 Ons word nie in geloof in gedwing nie, ons het 'n KEUSE alhoewel Hy ons daarmee help as ons die eerste tree gee.

***

VREES ondermyn GELOOF, vrees laat ons in die boot bly sit.
TWYFEL bevraagteken God se almag en beloftes.

***


Nou verstaan ons ook meer die motief agter Satan se plan om ons bang te maak en te wil laat twyfel.
_________________________________________________________________________________

Omdat hulle geglo het....

Is telkemale die vertrek punt van hul optrede (gehoorsaam doen) én die rede hoekom hul ook dan ontvang(beloftes) het.

TWYFEL en VREES wil geloof stop 
want op GELOOF volg dan DOEN/ GEHOORSAAMHEID ten spyte van
en op hierdie gehoorsaamheid volg IMPAK en verskil maak op die wêreld
èn die verkryging van God se BELOFTES, 
soms hier, soms eers in die hemel die EINDDOEL van ons GELOOF 

_________________________________________________________________________________


Jesus sê vir Maria by Laserus se graf
Jesus sê toe vir haar:
 “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo,
 sal jy die openbaring van die 
wonderbaarlike mag van God sien nie?”
JOHANNES 11:40 AFR83

Petrus doen die onmoontlike en loop op die water toe hy glo maar sink toe hy twyfel maar Jesus skryf hom nie af nie hy gryp hom.
"Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
MATTEUS 14:31 AFR83


 ONGELOOF kan dan ook soms die rede wees hoekom ons nie ontvang. 

"Jesus het daarvandaan weggegaan. Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en sy dissipels was saam met Hom. En toe die sabbatdag aanbreek, het Hy die mense in die sinagoge begin leer. Baie het na Hom geluister en is deur sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gesê: “Waar kom hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind? Is hy dan nie 'n timmerman, 'n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?” 
Die mense wou niks van Hom weet nie. (het 'n keuse gemaak)
Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.”  
HY KON DAAR GEEN ENKELE WONDERWERK DOEN NIE, behalwe dat Hy sy hande op 'n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het
Hy was verbaas oor die ONGELOOF van die mense. 
Daarna het Hy by die dorpies in die omtrek rondgegaan en die mense daar geleer."
MARKUS 6:1‭-‬6 AFR83




***

Ds Hannes Burger van die NG kerk kuilrivier skryf hierdie kosbare gedeelte:

"Het jy al ooit daaroor gedink? Gewonder wat hier gebeur het, wat Nasaret se mense se oë en ore gesluit het vir die feit dat die Seun van God in hulle midde was? Hoe kon hulle die grootste wonder van almal miskyk, hierdie Emmanuel-oomblik, God by ons. En hulle kom dit sowaar nie eens agter nie?
Goed, jy sou seker kon sê dis die werk van die duiwel. Satan het hulle harte verhard en hulle ore toegedruk, sodat hulle niks kon hoor van wat Jesus sê nie. En iets daarvan sou sekerlik waar wees ook. Maar ons is mense en nie marionette nie. Want saam met Satan was Die Gees van God tog ook daar werksaam, en Hy sou dit tog sekerlik vir hulle moontlik gemaak om ‘n KEUSE te maak – as hulle wou. Maar die punt is: hulle wou nie.
En nou kan ons hulle seker vanoggend net veroordeel en wegdraai en aangaan met ons lewens. Maar dis nie hoekom die verhaal in die Bybel staan nie. Ons kan nie so maklik net die verhaal agterlaat nie. Ons moet eerder onsself vanoggend vra: Hoekom het dit gebeur? 
Wat sit daaragter dat die mense van Nasaret die fatale fout van hulle lewe gemaak het? Dan kan ons dalk daaruit leer, sodat ons dit nie herhaal nie! En dis op dié punt wat die verhaal ‘n bietjie ongemaklik raak...
Jy sien, die mense van Nasaret kon nie vir Jesus sien vir Wie Hy regtig is nie –hulle was net doodeenvoudig te gewoond aan Hom. Hulle het Hom van kleins af gesien. As’t ware saam met Hom grootgeraak. HULLE WAS VIR JESUS GEWOOND... 
(ek besef hier hoe waar ding ds Hannes skryf, dit gebeur ook met ons rondom die Woord. Sommige skrif ken ons al so goed en is ons so gewoord daaraan dat ons nie meer dit werklik inneem en maak dit nie meer impak op ons lewe. ONS HET GEWOOND GERAAK DAARAAN. Ons vergeet ook Jesus ís die Woord)
Ds Hannes vervolg dan verder. 
Maar dis nou presies wat my bang maak aan Markus 6. Want ek en jy is ook vir Jesus gewoond. Ons hoor al oor Hom van moedersknie af. In die kinderkrans en die sondagskool het ons destyds Hom leer ken, en vandat ons ons eie Bybels het, kon ons daagliks van Hom leer. Ek wil nie eens weet hoeveel eredienste jy al oor die jare bygewoon het nie, na hoeveel preke jy al geluister het nie. En al was Jesus dalk nie persoonlik op die kansel nie, was Hy tog deur die Heilige Gees teenwoordig en kon Hy deur ‘n swakke, gebroke mens met jou praat. Wat op sigself ‘n wonderwerk is.
En so loop ek en jy elke Sondag presies dieselfde risiko as die mense van Nasaret. Tot watter mate is jy vir Jesus gewoond? Tot watter mate maak die feit dat ek Jesus so goed ken, dat ek hom dalk nie meer regtig altyd kan sien vir Wie Hy werklik is nie. Dat ek hom dalk net in die proses so klein maak, asof hy maar net die outjie van langsaan is wat ek al soveel jare ken, terwyl Hy die Here is. Terwyl Hy net wag dat ek Hom kans gee om sy almag in my lewe los te laat en gróót dinge in my lewe te doen. Wie sê nie die Here is gretig om iets te doen in De Eike wat mense se ore laat tuit, maar net soos die mense van Nasaret is ons eintlik heel rustig en doodtevrede met die Jesus wat ons dink ons ken, wat eintlik die minimum steurnis veroorsaak in ons lewe, en met wie ons eintlik uiters gemaklik is... Wat eintlik die minimum verrassings in ons lewe oplewer.
Ek weet nie van jou nie, maar dit maak my verskriklik bang. Ek is bang ek staan eendag voor die troon van God en die Here sê vir my: Ai Hannes, as jy net die vaagste idee gehad het wat ek alles in jou lewe en deur jou lewe vir ander wou doen, maar jy het my nooit regtig kans gegee nie. Jy het My nooit kans gegee om regtig God te wees in jou lewe nie. Jy was die hele tyd so seker jy ken My deur en deur. En so het dit alles by jou verbygegaan...
(Hy sluit dan ook sy skrywe af met)
Maar dan bly die vraag waarmee ons begin het, nog altyd staan: Wat verwag jy regtig van die Here? Of het jy Hom ook al gewoond geraak dat jy nie meer regtig veel verwag nie? Hoe lyk die Jesus wat jy dien? Redeneer jy nie baie soos die mense van Nasaret as jy oor die kerk begin dink, en begin vra watter verskil die Here in Suid-Afrika kan maak nie?
As daar iets gaan gebeur, gaan dit wees omdat ons vergeet van ons gemaklike idees oor Jesus. En onsself in sy diens en tot sy beskikking stel, om wondere deur ons te begin doen. Dis hoog tyd dat die satan soos ‘n weerligstraal val daar by jou werkplek, in jou buurt, in jou vriendekring. Die vraag is net: is jy reg daarvoor?"

***

Is ons reg vir wat Jesus deur ons wil doen in hierdie land, het ons Hom dalk so gewoond geraak dat ons vergeet het wie Hy is en wat Hy kan doen. Glo ons nog werklik dat Hy kan. Glo ons nog enigsins...



"My liewe vriende, kom ek sê vir julle wat julle moet doen om op die regte pad te bly: Sorg dat julle geloof dag na dag sterker word. Bou julle hele lewe op God. Laat toe dat die Gees kragtig deur julle werk WANNEER JULLE BID. Laat God se liefde julle lewe omring soos ’n sterk muur. Plaas al julle HOOP op die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. 
Hy gee so baie vir julle om dat Hy vir julle die ewige lewe sal gee. Gee om vir mense wie se geloof nog swak is. Help hulle sodat hulle geloof sterker kan word, al verdien hulle dit nie. Diegene wat op sleeptou geneem word deur hierdie mense se doen en late moet julle uit die vuur ruk voordat dit te laat is. En aan ander mense wat verkeerd doen, moet julle die nodige liefde bewys. Doen dit versigtig, maar hou aan, ook al verdien hulle dit nie. Julle moet egter niks te doen hê met al die verskriklike dinge wat hulle aanvang nie. Ons dien ’n wonderlike God. Hy is baie sterk. Hy kan sorg dat julle nooit in die sonde val nie. Hy kan julle beskerm sodat julle veilig by Hom in sy nuwe wêreld aankom, vol vreugde en met lofliedere in julle hart sodat julle sy grootheid vir altyd kan beleef. Aan die enigste ware God, ons Redder deur Jesus Christus, ons Here, behoort al die hemelse glorie en koningskap, die krag en die mag van altyd af, maar ook vandag en môre - ja, tot in die verste ewigheid. Vir seker! Amen."
Judas 1:20‭-‬25 DB



Koop ons die tyd en geleenthede uit om aan ander goed te doen en naaste liefde te betoon al verdien hulle dit nie en hul so na Jesus te lei.
Vir baie gaan dit oor my eie gerief en koningkryk wat floreer of skade kry.
 Is ek bekommerd oor ander of net oor myself?
Is ek bekommerd oor ander se veiligheid, behoeftes en bowenal hul saligheid?
INDIEN NIE, HOEKOM NIE?
Het ons dalk al onsself die vraag afgevra soos Mordegaai vir koningin Ester gesê het, is ons nie dalk in Suid-Afrika juis vir 'n tyd soos hierdie om Jesus se hande en voete te wees nie?

MAAR DAN MOET ONS GLO!!




Ek is seker ons voel egter ook vandag om in trane uit te roep tot ons Here

"Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!"


"Oh what I would do to have                                                                         The kind of faith it takes                                                                                  To climb out of this boat I'm in

Onto the crashing waves 
To step out of my comfort zone
Into the realm of the unknown where Jesus is
And He's holding out His hand

But the waves are calling out my name                                                    And they laugh at me                                                                         Reminding me of all the times                                                                   I've tried before and failed                                                                           The waves they keep on telling me                                                                   Time and time again.                                                                                       "Boy, you'll never win!"                                                                               "You'll never win!"

But the voice of truth tells me a different story

The voice of truth says, "Do not be afraid!"
The voice of truth says, "This is for My glory"
Out of all the voices calling out to me

I will CHOOSE to LISTEN and BELIEVE                                                                the voice of truth"


As ons, ons geloof wil versterk moet ons tyd met die Woord spandeer.

"Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”
ROMEINE 10:14‭-‬15 AFR83

Voice of truth - Casting Crowns



Mag ons ook eendag deur die genade van die Here kan sê:

"Ek het die goeie stryd gestry; 
ek het die wedloop voleindig; 
ek het die geloof  behou."
II TIMÓTHEÜS 4:7 AFR53


"DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lêdie OOG GEVESTIG OP JESUS, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."
HEBREËRS 12:1‭-‬2 AFR53


Kyk gerus die kosbare video


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”