Wonder jy ook nog waar jy Maandag jou kruisie gaan trek?
En is dit net my saak, maar is dit?
In 'n land soos ons sin is daar soveel plekke waar jy dit kan trek, maar eintlik is daar net een van twee...
Een wat God verheerlik en Sy koningkryk soek en een wat nie.
As ons al die partye wat staan vir die verkiesing indeel in dié twee kategorië, weet ek verseker waar my keuse van party ingedeel is tussen die twee opsies.
Het ek deeglik my huiswerk gedoen?
Daar is ook 'n verskil in reg praat en reg doen?
Baie sê die regte goed om kiesers te trek maar doen iets anders.
Die Woord leer verder "Aan hul vrugte(dade) sal julle hulle ken"
WOORDE WEK MAAR VOORBEELDE STREK.
Wie het voor parlement en howe geveg vir minderheidsgroepe, teen aborsie, vryheid van keuse, kerkdeure om oop te maak, om God te bly erken in die grondwet, ouers se regte ens.
MAAR,kan ons dalk verder redeneer dis politiek nie godsdiens, dis waar ons verkeerd is, vir die kind van God is Jesus nêrens NIE deel van Sy of haar lewe nie, veral nie waar ek my kruisie trek nie.
In ons diens Sondag vertel Pastoor Gerhard van Zyl ons van Maria van Betanie.
_______________________________________________
Wat tref is waar jy ALTYD vir Maria gekry het?
BY JESUS SE VOETE
________________________
Dis ook daar waar jy altyd Dawid (die man na God se hart) gevind het.
ALTYD besig om by God sy Vader raad te vra.
Die koning van 'n land, die hoof figuur in die politiek doen niks as hy nie eers by God drie-enig se voete was nie.
Kan óns bekostig om dit nie te doen nie?
Saul het nie en waar het hy opgeeindig?
Bid ons en vra ons virb die Here waar ons, ons kruisie moet trek of laat ons wat ons om ons sien en hoor ons keuse bepaal.
As ons op die storm fokus gaan ons verkeerd kies. Moenie dat vrees jou keuse bepaal nie, laat eerder toe dat geloof en vertroue doen.
Twaalf verspieders is in die Beloofde land ingestuur 10 het hul kruisie deur vrees getrek en net twee deur geloof in God hul Vader.
Twee se keuse sou hul in die Beloofde land laat opeindig het want dis immers waarheen die Here met hul oppad was maar tien se vrees kruisies, eie insig kruisies het hul 40 jaar langer in die woestyn laat vertoef.
Die Woord sê ...
"But first and most importantly seek (aim at, strive after) His kingdom and His righteousness [His way of doing and being right—the attitude and character of God], and all these things will be given to you also."
Matthew 6:33 AMP
As ek my kruisie trek agter iemand wat Hom eerste stel, stel ek Hóm ook eerste en dan sal Hy aan ons dit wat nodig is bygee.
Dis groot in die nuus van VOOR WIE BUIG JY DIE KNIE, maar jou kruisie trek is net dieselfde.
GEEN LIGTE SAAK NIE
Jy sê daarmee dat jy saam met alles waarvoor hierdie party staan stem.
Die wêreld sê trek jou kruisie by 'n klein party en jy vermors 'n stem.
Dis 'n leuen...
Jesus kon nog altyd met BIETJIE BAIE DOEN.
Dink aan die 5 broodjies en 2 vissies wat 'n menigte gevoed het, aan Gideon met sy 300 man.
Maar Gideon soos Dawid was in gesprek met God...nie net in die kerk en kerk dinge nie maar ons sien op die oorlogsveld, in die politiek, in die werksplek.
"Toe sê die Here vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos. (Kyk ons ook dalk na getalle en menslike vermoëns om ons manskappe(politieke party) te kies?)
Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai ( ook die tien uit die twaalf verspieders was bang en het gebewe en moes as gevolg daarvan terugdraai woestyn toe) van die gebergte van Gílead af.
Toe het daar van die manskappe twee-en-twintigduisend OMGEDRAAI, en tienduisend het oorgebly.
Daarop sê die Here vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan — dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie — dié mag nie gaan nie. Hy bring toe die manskappe af na die water; en die Here sê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos ’n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.
En die aantal van die water gelek het met hul hand na hul mond toe, was driehonderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.
Toe sê die Here vir Gídeon: Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.
Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die driehonderd man het hy agtergehou, TERWYL die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.
En daardie nag het die Here vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, WANT Ek gee dit in jou hand. En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek.
Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was. En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte.
En toe Gídeon aankom(te toevallig om toevallig te wees), vertel ’n man aan ’n ander juis ’n droom en sê: Kyk, ek het ’n droom gehad: Daar rol ’n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar! En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee. Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die Here gee die laer van die Midianiete in julle hand.
En hy het die driehonderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak (kan ons dit vir ander sê?).
En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die Here en vir Gídeon! Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.
Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die Here en van Gídeon! En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug. En toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het die Here die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
RIGTERS 7:2-22 AFR53
THAT'S OUR GOD AT WORK
Die Here verdeel hul onder hulself, die een teen die ander, ook het dieselfde gebeur toe koning HISKIA die briewe van die menigte vyand wat teen hom opgetrek het aan die Here gaan voorlê het. Weer 'n koning (leier van 'n land) in 'n oorlog, nood situasie.
Toe hy oor die buld kom om sy vyand te ontmoet in oorlog het hulle mekaar aangeval.
GIDEON het God GEVRA en Hom GEGLO, VERTROU en GEHOORSAAM en hulle ontvang 'n WONDERWERK.
300 teen 'n menigte!!
God self veg vir hulle.
Met God aan ons kant is ons altyd in die meerderheid.
Ook moes ELISA bid dat sy dienskneg se oë geopen word dat hy kon sien dat die menigte by hulle ver die menigte voor hom wat hy kon sien oortref het.
LAAT ONS OOK, DIT WAT ONS SIEN, DIT OORSKADU VAN WAT ONS WEET EN GLO VAN ONS HEMELSE VADER?
MAAK ONS MENSLIKE PLANNE EN SOEK MENSLIKE HULP BY DIE MENIGTES.
Staan ongeloof, vrees en ongehoorsaamheid dalk tussen ons en 'n wonderwerk in ons land?
"If I shut up the heavens so that no rain falls, or if I command locusts to devour the land, or if I send pestilence and plague among My people, and My people, who are called by My Name, humble themselves, and PRAY and SEEK (crave, require as a necessity) My face and turn from their wicked ways, then I will hear [them] from heaven, and forgive their sin and heal their land. Now My eyes will be open and My ears attentive to prayer offered in this place."
2 Chronicles 7:13-15 AMP
Miskien het ons tyd nodig om by Jesus se voete weer deur te bring sodat ons sal kan onthou.
MARIA vind ons drie keer by Sy voete.
Toe haar sussie haar verwyt omdat sy by sy voete sit en nie gehelp het nie(ons hoor ook baie ons kan nie als reg bid nie), die volgende keer toe sy by Jesus se voete neerval toe haar boetie Laserus sterf (in haar wanhoop, nood, hartseer, vrees, feite voor haar) en die laaste keer toe sy peperduur olie op sy voete uitgooi en dit met haar hare afdroog.
In sy preek wys Gerhard ons daarop dat dit amper 'n jaar se loon werd was. Sy het aardse skatte gering geskat en wat mense dalk sou sê geignoreer.
Jesus was vir haar kosbaarder as enige iets anders. Judas daarteenoor het die aardse somme gemaak en kapsie gemaak teen haar, en toe later Jesus vir 'n paar weke se loon Jesus verloën.
Maria verloor/gee plus minus 300 stukke silwer muntstukke weg en kry vir Jesus, Judas KRY 30 stukke silwer muntstukke en verloor Jesus.
Sy was bereid om 10x meer prys te gee as wat hy ontvang het.
__________________________________________
Is ons besig om muntstukke te tel en Jesus te verloën met ons kruisie?
__________________________________________
Of vertoef ons by Sy voete, vul ons vertrekke met Sy geur, neem ons soos Maria die reuk van die kosbare olie in haar hare saamgeneem het oral oral saam haar lank daarna, waar ons gaan na ons tyd by Hom, of ruik ons meer na die wêreld. Maak ons die verskil wat nodig is.
Vir sommige is dit 'n doodsreuk, dis ok, laat óns net vir Jesus VOLG!
WATSE REUK LAAT ONS NA AS ONS DIE VERTREK VERLAAT?
HOE RUIK MÝ HUIS, kan ek regtig soos Joshua nog sê "wat my en my huis betref ons dien die Here"
Wat my en my politieke party betref ons dien die Here, wat my en my volk betref ons dien die Here.
Gerhard sê verder: " Die koste van ware aanbidding sal net vir jou duur wees as jy nog nie die waarde van JESUS ontdek het nie"
Maria het uit haar dankbaarheid en liefde oordagdig gegee, alles, nie net bietjie, maak nie saak wie kyk of wat wie sê nie.
Jesus was vir Maria soveel meer werd as die aardse rykdom, aardse goed en voorspoed.
Hoe groot is daardie goed se invloed op waar ek my kruisie trek?
Is 30 silwermuntstukke dalk iets om mee rekening te hou?
Judas protesteer hardop, kon dit nie eerder vir die armes gebruik word nie, maar die bybel sê wat regtig in Judas se hart was, wat sy MOTIEF was en dit was nie bekommernis oor die armes nie...dit was eerder 'n geval van "me, myself and I" wat kon voordeel trek hieruit.
Later lewer Judas dan die vrug wat by sy motief pas toe Hy Jesus met 'n soen verraai.
Besef ons NIEMAND verdedig haar nie, dalk stem hul saam met Judas, dis nou oor die armes.
Laserus wat self genade ontvang het en uit die dood opgewek is sit daar met sy mond vol tande, sou sy dankbaarheid hom nie dalk Maria se optrede laat verstaan het en iets laat sê het nie (hoeveel van ons het nie die afgelope tyd veral soveel genade ontvang nie, ja selfs van die dood bewaar dalk en ons bly stil)
Die dissipels het so baie wonderwerke beleef, sekerlik het Jesus ook groot indruk op hulle lewens gemaak, maar hul raak nie betrokke. Martha het ook soos Maria haar broer teruggekry maar die keer sê sy niks.
Stilbly is nie 'n opsie nie!!
Wegbly by die stembus ook nie.
Bly ons ook stil as ons moes gepraat/gestem het?
As ek nie stem, stem ek swyend saam met die wenparty.
Vir 'n oomblik koop hulle in op die leuen van die vyand oor die armes, want hul laat hul lei deur die woorde en nie die motief agter die woorde nie.
Dan oordeel mens verkeerd, woorde kan soms oë verblindery wees, om te beindruk, mense tevrede te stel soos duidelik die geval met Judas ook. Hy was net bekommerd oor sy eie beursie.
"Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai: Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie? En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het."
JOHANNES 12:4-6 AFR53
Maar wat sal die mense sê?
Maria het nie omgegee nie en Dawid, Daniel en sy vriende ook nie.
Maar (BUT GOD) Jesus verdedig haar.
Jesus kom tot ons redding as ons Hom nie voor mense verloën nie. Nie kompromië aangaan vir voorspoed vir die hier en nou nie.
"Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie."
JOHANNES 12:7-8 AFR53
JESUS TREE IN VIR MARIA NIE NET HIER VOOR DIE MENSE NIE, MAAR OOK IN DIE HEMEL.
"Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel. Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies. “As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader. Maar as julle My verloën voor die mense, sal Ek julle ook verloën voor my hemelse Vader.”
MATTEUS 10:30-33 NLV
"Moenie toelaat dat die vrees van mense jou verhoed om God waarlik te aanbid nie, (ware aanbidding op alle tereine van jou lewe) Jesus staan gereed om jou te verdedig" pastoor Gerhard.
Daardie selfde oë van Jesus wat vir Petrus gekyk het toe Hy Hom verloën het, met diepe hartseer in, het nou vir Maria gekyk, maar ek dink, die keer met soveel liefde en trots oor haar liefde en dankbaarheid vir Hom wat sy in gehoorsaamheid laat dade word het.
'n Welgedaan my kind KYK wat ons, ons nie regtig kan voorstel nie.
Ons kry vir Maria, Dawid, Daniel, sy vriende by Jesus se voete veral in belangrike besluite, waar kry ander my?
Vorm ek my opinie deur almal om my, die media of by Jesus se voete.
Tyd by Jesus se voete in Sy teenwoordigheid dra 'n geur uit na buite wat anders is, dis die lig en sout vir die wêreld is, wat duisternis verdryf en bederf keer.
Ek het dus 'n groot verantwoordelikheid met hierdie verkiesing, daar waar ek my kruisie trek sê ek HIERMEE GAAN EK MY VOOR DIE HERE vereenselwig.
Die Woord sê ons moet alles wat ons doen, doen asof vir die Here - ook jou stem/kruisie laat tel vir die Here.
Moenie na gewildheid of getalle kyk nie kyk na Hom en bid vir wysheid om binne Sy wil my kruisie te trek.
Ek herinner weereens Hy het nog altyd met 'n bietjie baie gedoen.
Daardie een stem teen die menigte duisternis is soos 'n kersvlam in 'n donker saal, stem vir die duisternis of bly stil en staan dit nie teë en ons versterk dit.
Stem en gehoorsaam God se wil en ons sien WONDERWERKE gebeur.
Al is jy die enigste een aan God se kant is jy steeds in die meerderheid.
Elisa en sy dienskneg was net 2 aan God se kant en God ons Vader se menigte engele was aan hulle kant en reeds gereed en teenwoordig in hul situasie.
HY IS EN BLY ALTYD IN BEHEER
Maak seker waarvoor die party staan waar jy jou kruisie wil trek, gaan maak biddend seker moenie dink jy weet nie. Dit kan verander het oor jare.
Ons trek daardie kruisie in die geheim voor mense, maar oop en bloot voor God ons Vader.
Eer my keuse Hom?
Dien dit my alleen of ook my naaste?
Maria was in God se wil - Jesus was aan haar kant en is haar daad in God se Woord opgeteken, so ook Dawid, Gideon en die res.
Ons kan nie Jesus vertrou vir ons redding maar Hom dan uitsluit en nie vertrou op elke ander terein van ons lewe nie.
As ons met ons eie kopkennis planne maak is dit gewoonlik eie wil, eie agenda.
As ons biddend besluite maak kry ons wysheid van Bo.
Ons moet dus die week besluit of ons deel gaan wees van die vlammetjie van hoop. Dra my kruisie by tot die lig, het ek my party al sien lig WEES, of praat hul dalk net soos die geleentheid dit vereis.
Gaan hulle dalk kompromië aan met wat God in sy Woord uitdruklik verbied net om getalle te kan kry of gehoorsaam hul die Woord al kos dit hulle.
Gideon het God geglo, vertrou en gehoorsaam al het dit hom manne vir die oorlog gekos en menslik gesproke moontlik die oorlog.
MAAR (BUT GOD)
Ons sien 'n WONDERWERK gebeur.
Hulle wen die oorlog met net 300 man.
Comments
Post a Comment