Waar tref jou KLIPPE?
Gooi ons Satan se leuen met KLIPPE of God se waarheid? Deur die eeue sien ons hoe God se waarheid met klippe gegooi word. Verseker word die meeste klippe gemik op die Evangelie, die goeie nuus Stefanus word in Handelinge 7 met KLIPPE doodgegooi net nadat hy aan hulle die waarheid verkondig het. Hulle kies om die leuen te glo en probeer die waarheid stil maak. Stefanus vol van die Heilige Gees, dus vol van die Waarheid het in daardie oomblikke die hemel voor hom geopen gesien. " Toe die lede van die Joodse Raad dit hoor, het hulle van woede op hulle tande gekners. Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees , het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan." HANDELINGE 7:54-55 AFR83 Om vol te kan wees van iets beteken jy moes eers heeltemal leeg wees. "Hy moet meer word, maar ek minder." JOHANNES 3:30 AFR53 Hoe voller ek van Hom is hoe minder is daar plek vir die leuen. Oor die geskiedenis heen sien ons hoe die...