Onthou julle die Woord van die Here aan my 'n hele ruk gelede?
My man sê altyd mense kan baie wonderwerke en goddelike ingrype wegredeneer, maar hul kan nie God ons Vader se "TIMING" weg redeneer nie.
Onthou julle die Woord van die Here so ruk terug aan my?
Ek was oppad werk toe en het geluister op die radio na die nuus en hulle het berig oor die binne gevegte in die regering op daardie stadium (Zuma was nog president) en wat dit aan ons land doen.
Ek was omgekrap en het gebid, Here menslik gesproke is daar nie hoop vir ons land nie maar ek weet U het gesê ons moet glo BUT GOD!
JA DAAR IS REUSE MAAR DIE HERE KAN!!
Ek moet erken daardie oggend was dit moeilik. Die volgende vers kom toe op daardie oomblik in my gedagtes op.
"En as ’n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie; en as ’n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;"
MARKUS 3:24-25 AFR53
Sjoe het ek gedink, is dit nie presies waarna ek nou sit en luister het nie. Is hierdie Woord van die Here dat Hy dus ons gebede vir ons land hoor en besig is om die vyand binne in hulself te verdeel.
Maar soos mens maar is begin ek soos ek verder ry wonder of dit my eie gedagtes was of was dit regtig die Here se antwoord aan my in daardie oomblik van desperate bebed.
Te vroeg by die werk wag ek dat hulle moet kom oopsluit en kyk ek gou my boodskappe deur. Ek sien toe dat my vriendin vir my 'n video aangestuur het. Op die stadium is die Woord nie meer so vars in my gedagtes wat ek so oomblik tevore gekry het nie. Dus was ek nie te wagte om weer bevestiging te kry nie.
Die video gaan toe oor leeus wat 'n buffel platgetrek het maar toe onder mekaar begin baklei. Die buffel lê plat en lyk dit op die oog af klaar praat met hom.
Later baklei die leeus egter so onder mekaar dat die buffel dit regkry, alhoewel gewond, om op te staan en weg te stap met die leeus se gebaklei in die agtergrond steeds hoorbaar en dan maak die persoon wat die video gedeel het ook daarvan melding dat dit is soos wanneer die Here die vyand binne hulself verdeel en hul so tot 'n val bring.
Sjoe weereens die boodskap. Ek besef toe net die was nie my eie gedagtes, hier te toeval om toeval te wees bevestig die Here die verse wat by my opgekom net netnou weereens.
Wow Here, U doen al kan ons nog nie sien wat U doen nie.
Tog was dit nie al. Dit was die Woensdagoggend.
Daardie Saterdagoggend in beeld lees ek toevallig die oggend Stefan Joubert se dagstukkie raak.
Groot was my verbasing dat ook hy dieselfde boodskap by die Here gekry het oor die gebeure in die land en om alles te kroon ook dieselfde video van melding maak.
Julle kan die video hier gaan kyk
https://www.facebook.com/gaanVertel.goTell/videos/1992930117590262/
Dus was dit nou die derde keer in paar dae wat ek dieselfde Woord kry, ek weet toe die Here het dit nou meer as een keer kom bevestig.
Ek was opgewonde dankbaar. Die Here is besig om in te gryp, al kan ons nog nie sien nie.
Hy hoor ons gebede maar Sy tyd nie op ons sin, Sy manier nie ons sin.
Kort daarna is Zuma onttroon en die hele staatskaping oopgevlek.
Mense sê toe dit gaan erger nou wat help bid(dit was wat gesê is na ons in Bloemfontein saam met oor 'n miljoen gelowiges in ons land voor die Here letterlik op ons knieë was vir ons land)
Ons het egter bly glo. Die wurms was nog altyd daar, nou kom dit net al meer in die lig.
Iets wat in die lig kom kan genees word. Die Here is besig ons moet net bly bid, glo en vertrou. Bly sê ja ons weet dit gaan so en so, BUT GOD!!!
BY HOM IS NIKS ONMOONTLIK NIE!!
Die Here het my die afgelope tyd aan Sy Woord daardie tyd herinner met als wat nou in die land gebeur en nou sien ek ook Isak Burger het daarvan onthou. Dit maak my van vooraf opgewonde, die Here doen wat ons nie kan sien.
Hoekom sal Hy ook ons alby nou juis weer daaraan herinner, ek glo ons is nie die enigstes nie.
__________________________________________________________________________________________
Dis wat Isak burger nou geplaas het...
BEELD - 19 MEI
UITKOMS VIR DIE RES AS ROOFDIERE ONDERLING VEG
’n Jaar of wat gelede, het ek in hierdie rubriek vertel van 'n aangrypende natuur-video (wat steeds op YouTube te sien is) waar vyf leeus 'n buffel platgetrek het. Die buffel was al erg beseer toe die leeus onderling met mekaar begin baklei en die buffel in die proses kans kry om op die been te kom en te ontsnap.
Dit laat my dink aan 'n soort ingryping van God wat 'n paar keer in die Bybel vermeld word, naamlik dat Hy verwarring onder die vyande van Sy volk gebring het en hulle mekaar sélf in die proses uitgewis het sonder dat Israel veel hoef te gedoen het.
Die bekendste geval is seker dié van Gideon met sy 300 manne teen die menigte Midianiete en waar ons lees dat "die Here die swaard van die een teen die ander gerig het". (Rigt. 7:22)
2 Kron. 20:22+23 vertel hoe die Here vir 'n oormag vyande wat op Jerusalem toegesak het, 'n "hinderlaag opgestel" het en hoedat hulle "mekaar in die verderf gehelp" het.
Hierdie natuur-beeld en Bybelse verhale het nou baie aktueel en toepaslik in Suid-Afrika geword.
Die Here het ongewone maniere om met Sy vyande te deel. En ja, God het inderdaad vyande. Veral mense wat leuens, valsheid, korrupsie en bedrog eerder as die waarheid kies, posisioneer hulleself as vyande van God. Dis nog meer die geval as armes weens hierdie booshede die slagoffers is.
God is die hoogste uitdrukking van waarheid. Trouens, Hy word "Waarheid" genoem. Waarheid word aan Hom gemeet. Hy is die definisie van waarheid. God kan nie geassosieer word met leuenagtigheid, korrupsie en bedrog nie.
Die afgelope paar weke het politieke slinkshede, intriges, bedrog, valsheid, sameswerings, korrupsie en leuens soos ’n bose sweer oopgebars. Politici en burgerlike dienaars (civil servants) wat hiermee besig is, posisioneer hulle in werklikheid as vyande van God.
Terwyl organisasies uit die burgerlike samelewing hard probeer om korrupsie en bedrog in ons land te ontmasker en te beveg, is meer Christene as ooit tevore ook diep onder die indruk van die rol wat hulle kán en behóórt te speel.
Dienslewering aan die burgers van die land het temidde van hierdie skandelike politieke gevegte feitlik tot stilstand gekom. Is hierdie chaos, verwarring en tussengevegte onder mense wat waarheid en geregtigheid op die altaar van hulle selfsugtige mag- en geldsug geoffer het, dalk die manier hoe die Heerser van die heelal met diesulkes afreken?
As magsugtige politieke roofdiere onder mekaar begin veg, is daar dalk hoop dat ons gekweste land kan ontkom en oorleef. Dalk aanskou ons ook nog soos Israel van ouds dat 'n Godgestuurde verwarring in ’n korrupte, mislukte regering 'n hoopvolle toekoms vir Suid-Afrika inhou!
(Isak Burger is ’n voormalige kerkleier en skrywer.)
_________________________________________________________________________________________
Korrupsie, diefstal, onreg, moord ens gaan nie by die Here verby nie.
HY SIEN WAT HULLE DOEN, MAAR WAT DOEN ONS?
Het ons begin sê o wel wat help dit om te bid, "what will be will be"
Niemand kan hierdie land meer red ons gaan 'n tweede Zimbabwe word.
Hier is nie hoop nie.
Dus het ons opgehou bid, opgehou vertrou??
Staan óns skuldig aan biddeloosheid en ongeloof?
"When I shut up heaven and there is no rain, or command the locusts to devour the land, or send pestilence among My people, if My people who are called by My name will humble themselves, and pray and seek My face, and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven, and will forgive their sin and heal their land. Now My eyes will be open and My ears attentive to prayer made in this place."
II Chronicles 7:13-15 NKJV
Wag!!!
Voordat jy die mooi vers uitdeel en aanstuur kom ons lees dit net weer. Die keer vir jouself.
"As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,
en MY VOLK, oor wie my Naam uitgeroep is,
HULLE verootmoedig
en BID
en my aangesig soek
en HULLE bekeer van HUL verkeerde weë,
DAN sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land GENEES.
NOU sal my oë oop wees en my ore luister na die GEBED van hierdie plek."
II KRONIEKE 7:13-15 AFR53
Grootste wonderwerke gebeur wanneer daar menslik gesproke geen hoop meer is nie, wees eerlik sou ons gedink het daardie buffel sal weer daar kan opstaan?
BUT GOD!!
So kan ons land ook weer herstel en Jesus koning wees en verheerlik word.
Ons kan na die feite op die tafel kyk en soos Sara in o s mou lag, ons glo maar regtig. Ons "lag" weerspieël ons kritiese ongeloof want ons weet mos wat is moontlik en wat nie. Regtig kan iemand van 100jaar 'n kind hê. Ja hulle kan as GOD so gesê het.
"Toe vra die Here vir Abraham: “Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik 'n kind in die wêreld bring noudat ek oud is? Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara 'n seun hê.” Sara het geskrik en toe 'n leuen vertel. “Ek het nie gelag nie,” het sy gesê. Maar die Here het gesê: “Nee, jy het gelag.”
GENESIS 18:13-15 AFR83
Ons gaan kerk toe, ons lees die Bybel en ons bid, maar as die Here vra ons moet in Sy beloftes aan ons glo en op Hom alleen vertrou, ten spyte van geloof hê dan lag ons, al is dit net effens binne want regtig...
God sien dit, Hy wat binne harte kyk.
Is dit dalk waarvan ons, óns moet bekeer soos hierdie vers hierbo sê? Luister maar na ons gesels langs die braaivleisvure, ons lag vir God se belofte dat NIKS VIR HOM ONMOONTLIK IS nie. Hy het dit ook vir Maria gesê...ook haar baba Jesus was 'n wonderwerk. Menslik nog meer onmoontlik en tog...
En later sal ons sien Sara se twyfel en "bietjie" ongeloof agv die feite voor haar oë maak dat sy haar eie planne maak en Ismael word gebore.
Hoeveel Ismael planne gaan ons maak terwyl ons veronderstel is im te wag op die Here se plan.
Abraham het God se belofte geglo maar is deur haar die doemprofeet oorgehaal om saam te gaan met haar Ismael plan. Hoeveel onnodige hartseer het dit nie in hul lewe gebring nie.
Maar dit was nie God se plan en daarom stuur hy haar plan weg om plek te maak vir Sy plan Isak.
Die Here beloof as ins wegdraai van ons Ismael planne, op Hom alleen vertrou, tot Hom roep sal Hybons gebede hoor, verhoor en ons land genees.
Gaan ons verder lag soos Sara of gaan ons die geloof van Abraham openbaar wat deel behoort te wees van wedergebore kinders van God.
Omstandighede bepaal nie ons optrede nie, dit openbaar net ons harte.
Ja daar is "reuse" struikelblokke BUT GOD!!
Abraham het geglo al het hy nog nie gesien nie.
As teken van die belofte waarin hy geglo het is hy besny.
Dit was soos om amen te sê op God se belofte aan hom.
Sê ons amen op God se beloftes of lag ons in ons mou?
Die boodskap wat ek destyds geskryf het 18 Oktober 2017...
God se timing nie ons sin.
Noag het 120 jaar gewag vir God se perfekte tyd
Comments
Post a Comment