Waar tref jou KLIPPE?
Gooi ons Satan se leuen met KLIPPE of God se waarheid?
Deur die eeue sien ons hoe God se waarheid met klippe gegooi word.
Verseker word die meeste klippe gemik op die Evangelie, die goeie nuus
Stefanus word in Handelinge 7 met KLIPPE doodgegooi net nadat hy aan hulle die waarheid verkondig het. Hulle kies om die leuen te glo en probeer die waarheid stil maak.
Stefanus vol van die Heilige Gees, dus vol van die Waarheid het in daardie oomblikke die hemel voor hom geopen gesien.
"Toe die lede van die Joodse Raad dit hoor, het hulle van woede op hulle tande gekners. Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan."
HANDELINGE 7:54-55 AFR83
Om vol te kan wees van iets beteken jy moes eers heeltemal leeg wees.
"Hy moet meer word, maar ek minder."
JOHANNES 3:30 AFR53
Hoe voller ek van Hom is hoe minder is daar plek vir die leuen.
Oor die geskiedenis heen sien ons hoe die klippe reën op die ware gelowiges.
Die Franse Hugenote het onder andere na die Kaap gevlug weens die vervolging van hul geloof deur die Rooms katolieke kerk in Frankryk. In 1562 is honderde Protestante in 'n massamoord in die kerk in Vassy om die lewe gebring.
Ook later in Augustus 1572 in Parys alleen 5000 Protestante vermoor.
Die hartseer hier is soos met ook Stefanus se geval het die moordenaars satan se leuen geglo en gedink hul doen God 'n guns.
Volgens die boek "Pioniers van ons geloof" het die Spaanse ambassadeur aan Rome terugrapporteer met die woorde:
"Op die oomblik, terwyl ek skryf, word almal doodgemaak... nie eers kinders word ontsien nie. Mag dit God seën"
Selfs Paulus toe hy nog Saulus was het gedink hy doen God 'n guns om die Christene te vervolg.
“Al die Jode ken my geskiedenis van jongs af. Van die begin af het ek tussen my volk en in Jerusalem gewoon. Hulle ken my al lankal en kan getuig, as hulle wil, dat ek my hele lewe lank lid was van die Fariseërs, die strengste party van ons godsdiens....
“Ek het self gedink dat ek alles in my vermoë moes doen teen die Naam van Jesus van Nasaret. Dit het ek toe ook in Jerusalem gedoen. Met die magtiging van die priesterhoofde het ek baie van die gelowiges in tronke gestop, en as hulle die doodstraf opgelê word, het ek daarmee saamgestem. Dikwels het ek hulle in al die sinagoges laat straf om hulle te dwing om hulle geloof af te sweer. Ek het hulle so gehaat dat ek hulle selfs in die buitelandse stede vervolg het.
HANDELINGE 26:4-5, 9-11 AFR83
Vandag nog onder die masker van godsdiens en dogma word ware gelowiges vervolg.
Baie dien meer hul kerk denominasie as wat hul die God van die Bybel dien en besef dit nie.
Jesus het in elke volk, nasie en taal kinders en is dit van geen belang vir Hom in watter kerk hulle is nie. 'n Chinees, 'n Arabier, 'n Mosambieker, 'n Suid-Afrikaner of van watter volk of taal is een in JESUS alleen en nie omdat hul aan dieselfde kerk behoort nie. Die Here gaan nie vir jou eendag vra in watter kerk jy was nie, maar of jy Hóm geken het.
Iemand het dit op Radio Kansel so mooi gestel. Honderd klaviere kan net in harmonie speel as dieslefde stemintrument op al honderd gebruik is, maar gebruik nou vir elke klavier sy eie steminstrument dan is dit chaos.
So ook met die Christelike geloof, ons is eensgesind, in harmonie met ander gelowiges oor die wêreld as ons net die Bybel as enigste "steminstrument" vir ons geloof gebruik, sodra ons elke kerk se eie "boekie" (dogma) bysit ontstaan verdeeldheid.
Dogma is dalk iets waarmee jy groot geword het en dan dog jy ma dis reg.
In die boek "Heavenly man" vertel die gelowige Brother Young oor hul vervolging in China dat toe hul as vervolgde kerk net die Bybel gehad het was hulle eensgesind maar toe begin die westerse lande nie net Bybels insmokkel nie, maar ook ander litteratuur en onmiddelik was hul verdeeld afhangende van watter jy ontvang het.
As die vervolgers oor die eeue dalk net die moeite sou doen om eerder vir God self te raadpleeg in Sy Woord eerder as hul kerklike voorskrifte was daar nie soveel bloed vergieting nie.
Ons probleem is ons gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis. Daarom glo ons makliker die leuen as die waarheid.
Makliker om net vinnig by die kerk of dagstukkie boek 'n boodskap te kry eerder as om self in diepte die Bybel te lees en bestudeer. Lees om te verstaan, hoor om dit te kan doen.
Ons Bybels lê baie keer dik onder die stof omdat ons dink ons ken dit. Maar die Bybel is nie daar om van kennis te neem nie, maar om elke dag jou lewe te deurspoel, rigting te wys, verandering te weeg te bring ens.
LAAT DIE KLIPPE MAAR REËN...
"Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.
In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”
God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die WAARHEID deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring."
ROMEINE 1:16-19 AFR83
Die WAARHEID is in elkeen se bereik.
As ons oor die die WAARHEID gaan stil bly gaan daardie einste KLIPPE dit uitroep
"Jesus het gereageer: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!”
LUKAS 19:40 NLV
Hoekom, want mense gaan verlore as ons stilbly.
Jy gaan met klippe gegooi word, dis 'n gegewe, maar ons het 'n keuse "are we going to love them with the truth?"
***
Nog 'n leuen van Satan is dat dinge en tye verander en ons moet daarby aanpas.
Die waarheid?
"Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid."
HEBREËRS 13:8 AFR53
Wat toe sonde was is steeds sonde.
Die wêreld dryf erg die kwessie oor alle "gender topic's" deesdae, op alle gebiede. Durf jy iets daaroor sê word jy gestenig (met klippe gegooi)
"oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer — hulle wat die WAARHEID van God VERRUIL het vir die LEUEN en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen."
ROMEINE 1:24-25 AFR53
GOD SE GENADE IS VERNIET MAAR DIT IS NIE GOEDKOOP NIE
"VLUG vir die hoerery. Enige sonde wat ’n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort."
I KORINTHIËRS 6:18-20 AFR53
Ja Jesus het die sondaar lief maar Hy haat sonde.
Hy vergewe 'n berouvolle hart, Hy het vir die vrou wat op heterdaad betrap is gesê
Joh 8:10 " En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? Joh 8:11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie.
(MAAR)Gaan heen en sondig nie meer nie."
Vir 'n ander het Hy gesê,
Joh 5:14 "Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; (MAAR)moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie."
Jesus het juis gekom om sondaars te red maar Hy verdra nie opsetlike sonde nie en gaan dit ook nie oorsien nie.
Genade is onderdiend, maar dit los jou nie onveranderd nie.
Anders moet jouself afvra:"If not why not?"
WANT
"Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."
II KORINTHIËRS 5:17 AFR53
Saam met ware wedergeboorte kom altyd verandering, want die hart van klip word veruil vir 'n hart van vlees waarop God se wet geskryf staan.
"En Ek sal hulle een hart gee, en ’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen;
en hulle sal vir my ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees."
ESÉGIËL 11:19-20 AFR53
***
Die volgende waarheid teenoor Satan se leuen: Satan sê, dis onmoontlik, God sê, is iets vir Mý onmoontlik?
Honger leeus, vuur sewe maal warmer, Rooi see, BLOEDRIVIER.... ons land se situasie, die carona virus...FEITE
MAAR
" Moet oor niks bekommerd wees nie, maar BID OOR ALLES.
VRA alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook DANK vir alles wat Hy doen. En GOD SE VREDE, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die WAG HOU omdat julle aan Christus Jesus verbonde is."FILIPPENSE 4:6-7 NLV
"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."
FILIPPENSE 4:6-7 AFR83
"Do not be ANXIOUS or WORRIED about ANYTHING,
BUT in EVERYTHING [every circumstance and situation]
by PRAYER and PETITION/ SUPPLICATION
with THANKSGIVING,
continue to make your [SPECIFIC] REQUEST known to God.
And the PEACE OF GOD [that peace which reassures the heart, that peace] which transcends all understanding,
[that peace which] STANDS GUARD over your hearts and your MINDS in Christ Jesus [is yours]."
Philippians 4:6-7 AMP
SY VREDE HOU WAG OOR ONS GEDAGTES AS ONS IN HOM ONS VERTROUE PLAAS
- die PROBLEEM(worry, vrees, angs)
- VOORSKRIF tot genesing
Werp al jou bekommernis op Hom (1Petr 5:7)
Begin jou gebed met LOFPRYSING soos Jesus ons in die Onse Vader geleer het.
* bid oor alles,
* Bid spesifiek (vertel Hom)
in nederige, aanhoudende emosionele smeking
* dank Hom (DINK aan nou en aan die verlede, VERTROU Hom vir die toekoms)
- en die BELOFTE is dat God se vrede wat alle verstand te bowe gaan
(wat dus nie sin maak nie) die WAG SAL HOU oor jou denke.
Jy sal vrede ervaar ten spyte van die situasie.
Jesaja onderskryf ook die belofte
"You will keep him in PERFECT PEACE, Whose mind is stayed on You, Because he TRUSTS in You."
Isaiah 26:3 NKJV
Max Lucado het al die gebede in die Bybel bestudeer en het die volgende gemeenskaplike faktore waargeneem. Hy noem dit sy riglyne vir gebed, sy "pocket prayer"
Lord you are good
Lord I nead help
Lord they nead help
Thankyou
Amen
Dus onder elkeen van hierdie punte in Sy "pocket prayer" vul hy sy eie omstandighede in.
Baie dieselfde trant van die voorskrif wat ons ontvang het in Fillepense 4
DANIEL is vir ons 'n groot voorbeeld hierin, hy verkry en beleef dan ook die belofte van vrede wat alle verstand te bowe gaan ten spyte van.
"Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is(toe hy vrees), het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys(lofprysing), te aanbid(oor alles en vir homself en ander) en te dank."
DANIËL 6:11 AFR83
Die volk Israel is egter vir ons die teenoorgestelde voorbeeld
Moses stuur 12 verspieders uit na die beloofde land. 10 kom terug met 'n slegte boodskap van reuse en wat sê ons kan nie, net 2 sê ons kan want God kan.
Let op hoe die Duiwel altyd kom met die meerderheid, oorweldigende feite.
Die gevolg....Die volk VREES
Die Here antwoord hul in Num 14: 11
"Die Here het vir Moses gesê: “Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? Hoe lank sal hulle weier om op My te vertrou ten spyte van al die wonders wat Ek onder hulle gedoen het? Ek gaan hulle tref met die pes en hulle uitroei, en dan sal Ek jou 'n volk maak, groter en sterker as hulle!”
NUMERI 14:11-12 AFR83
Die Here word kwaad vir die volk.
Die Here wys my toe om weer die hele gedeelte te gaan lees, nie net die vers nie.
Toe die slegte boodskap die volk se ore bereik kom daar vrees gedagtes by hul op.
Dan sien ons hoe God die volk deur Kaleb en Joshua hul van die WAARHEID voorsien word en hulle by hul pleit om nie die LEUEN van die Satan te glo nie maar eerder God se waarheid.
"Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie.
DIE HERE IS BY ONS.
Moenie vir hulle bang wees nie!”
NUMERI 14:9 AFR83
Nou het die volk die vyand se leuen gedagte aan die een kant maar ook die gedagtes van God se waarheid aan die anderkant.
Hulle moet nou KIES wie hul gaan glo en ons sien dan hul verkeerd kies.
Dus ipv om dadelik hierdie gedagtes gevange te neem en daaroor te gaan bid besluit hul klaar om dit te glo.
Ipv om die leuen met klippe te gooi,
wil hul God se waarheid met klippe gooi.
"Maar die hele vergadering het gedreig om vir Josua en Kaleb met KLIPPE dood te gooi. Toe het die magtige teenwoordigheid van die Here by die tent van ontmoeting vir al die Israeliete sigbaar geword."
NUMERI 14:10 AFR83
Met Hom aan ons kant is ons altyd in die meerderheid.
Jesus het ook gevrees en het bloed gesweet en Hy het geen sonde gedoen.
Dus kan ons nie help om soms te vrees nie, maar wat ons met ons vrees maak is wat belangrik is.
Daniel het ook en koning Hiskia het ook toe al die volke hom aangeval het. Hy het biddend hul dreigbriewe voor God se voete gaan oopsprei. Daar opgestaan en God begin loof en dank deur die lofprysers heel voor aan die gevegslinnie te plaas
"Nadat Hiskia die brief van die boodskappers ontvang en gelees het, gaan hy op na die Here se tempel toe en sprei dit oop voor die Here. Toe Bid hy...."
2 KONINGS 19:14 NLV
Dalk moet ons ook vir 'n slag die koerant berigte voor God se voete gaan oopsprei en daaroor bid.
Dawid se verhale oor sy lewe sien ons dieselfde.
Hy is ook groter as my reuse probleem.
Wat het hulle almal in gemeen?
Hulle bid BAIE, oral en altyd oor alles maar veral die dag as hul vrees het hul gaan bid .
Satan kry dit soms reg om ons aandag af te trek deur leuens, verkeerde gedagtes, te besig wees, aanslae, hy trek ook ons aandag af van Jesus se oorwinning aan die kruis. Hy vestig dan ons aandag op ons eie krag, eie tekortkominge, ons sonde, swakhede en vererger selfs soms ons probleme en lyding soos met die vuuroond van Daniel se vriende.
Elia beland onder 'n besembos want hy het op daardie oomblik vreesgedagtes ervaar.
"Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat."
1 KONINGS 19:3 AFR83
Maar God los hom nie daar, hy stuur sy engel om hom WAKKER TE skud
(wees wakker en waaksaam) kos (brood van die lewe en lewende water)te gee en te bring op 'n plek waar Hy sy waarheid aan hom kon openbaar.
Elia glo God se waarheid en kon weer kragtig aangaan met sy roeping.
Dis nie hoe ons begin nie, dis hoe ons eindig.
Watter gedagtes hou jou gevange?
Stop en dink waar het daardie gedagte vandaan gekom en waarheen lei dit?
Ons weet wie sit daar agter maar wat wil hy hierdeur bereik?
Vervang jou vrees en angs met gebed, BID DAAROOR.
Besluit wat jy jouself gaan toelaat om verder oor te dink
"Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle GEDAGTES rig.
En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle DOEN. En God wat vrede gee, sal by julle wees."
FILIPPENSE 4:8-9 AFR83
"Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,"
KOLOSSENSE 3:2 AFR83
"For as he thinks in his heart, so is he ..."
Proverbs 23:7 AMP
KIES WAAROOR JY DINK
==================================================
DOEN DIE WOORD, MOET DIT NIE NET AANHOOR NIE.
==================================================
Jy kan die beste medesyne in jou hande hê, maar as jy dit nie volgens die geneesheer se VOORSKRIF drink nie, en doen nie, gaan dit jóú niks baat nie.
Wíl jy gesond word?
Vertrou dan die Geneesheer se voorskrifte en begin Sy Woord DOEN soos Hy dit hier aan ons gee.
"hulle wat die WAARHEID van God VERRUIL het vir die LEUEN en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen."
ROMEINE 1:24-25 AFR5
Comments
Post a Comment