Ons storie is Sy storie - ( deel 1) EK SLAAN VIR JULLE 'N PEN IN
Ons storie is Sy storie - ( deel 1) EK SLAAN VIR JULLE 'N PEN IN Elkeen van ons het 'n STORIE en daardie storie vorm deel van die wêreld se storie wat ons die GESKIEDENIS noem. Kirk Cameron het in een van sy 100 Day Campfire Revival video's op Faceboek gesê dat die geskiedenis word in die engelse woord HISTORY presies omskrywe... History - HIS(s)TORY (all of it is His story) Alhoewel die grootste geskiedenisboek in die wêreld steeds die Bybel bly omdat dit Sy storie is, val alle ander geskiedenisboeke wat al ooit geskryf is ook onder Sy storie (HIS(s)TORY) ook jou en my geskiedenis wat ons verlede, hede en toekoms omvat. Kirk sê verder: " Our story is part of HISTORY and therefore HIS STORY become our story. God is a part of it to triumph over error . God is in the midst of my family's story triumphing over error and evil. He is in our personal story, our national story and our international story triumphing over error and evil." Ons kan dus verseker weet...