Om goed te doen of nie goed te doen, dis die vraag.





 Om goed te doen of nie goed te doen dis die vraag.

 Dit het nogal so klankie van Shakespear daarin…"to be or not to be that’s the question"


Dit mag dalk na ‘n dom vraag klink, of ons kan dink daar is ‘n maklike antwoord...

Wel GOEDDOEN is toe moeilker as wat ek ooit kon droom.


Ek dink baie sal dalk hiermee hul kan vereenselwig.

 Jy wou GOEDDOEN, maar toe loop alles skeef en word 'n gemors. 

Jy wou GOEDDOEN maar toe neem hul dit verkeerd op of dit kom verkeerd oor.

 Jy wou GOEDDOEN maar hul wou privaatheid hê. Toe besluit jy 'n volgende keer om iemand se privaatheid te respekteer toe neem húl dit weer op jy gee nie om, want hul wou hê jy moes opdaag.

Jy wou GOEDDOEN maar hul het klaar besluit hul weet wat jou motief is en word jou GOEDDOEN met agterdog beheen of selfs van die hand gewys.

Jy wou GOEDDOEN maar omdat jy nog nie in hul skoene was mag jy nie saam loop.

GOEDDOEN voel later soos om op eiers te loop, VERSIGTIG ipv met oorgawe, dit voel dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie iewers gaan jy 'n eier stukkend trap.


 Jy wou regtig net GOEDDOEN maar deesdae voel dit of ophou probeer GOEDDOEN dalk die beter pad is na GOEDDOEN. 

Ontrek, uit die pad staan, liewer niks probeer sê al was dit om te probeer troos.

Ons raak moeg om goed te doen en seerkry in ruil daarvoor te kry



"Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra."

PSALMS 126:5‭-‬6 AFR83

Voel dit soms vir jou ook of jou goeie bedoelings, jou GOEDDOEN oral in jou gesig ontplof?

Dan begin ons die vyand se leuen glo dat om nie GOED TE DOEN dalk die beste vorm van GOEDDOEN is...Jy begin dink, hou jou net daaruit en bly stil. 

Daardie handjie bysit, daardie oor om te luister en daardie woord van waarsku, bemoediging en medelye word so verhinder.

GOEDDOEN is meestal ook 'n eensydige aksie...GEE in hoofletters sonder 'n terugontvang.

'n OOR EN OOR DOEN wat die gewer nie net fissies moeg maak nie maar veral ook innerlik.

En net as jy begin dink dat ophou probeer GOEDDOEN die aangewese ding is om te doen en wat jy eerder vir veiligheidsredes sal kies dan kom sê die Woord

______________________________________________________________________

Wat julle betref, broers: Moenie moeg word om goed te doen nie.”

2 TESSALONISENSE 3:13 AFR83

_______________________________________________________________________




Vir die kind van God is OPHOU GOEDDOEN nie God se wil.

Ons sien dus dat God deur Sy Woord ons herhaaldelik aanmoedig om goed te doen. 


Wie wil dus hê ons moet ophou?

...  dis die vyand wat al jou GOEDBEDOELDE pogings in die wiele probeer ry en laat jou voel dat jy herhaaldelik misluk maar met God in beheer het als tog as jy terug kyk TEN GOEDE meegewerk. Was daar weereens 'n BUT GOD.


DAAROM, moenie moeg word om goed te doen nie want, deur ons verander God die wêreld



MET MY BIETJIES GOEDDOEN DOEN JESUS BAIE


"Let us not grow weary or become discouraged in DOING GOOD,

for at the proper time we will reap, if we do not give in. 

So then, while we [as individual believers] have the opportunity, let us DO GOOD to all people [not only being helpful, but also doing that which promotes their spiritual well-being], and especially [be a blessing] to those of the household of faith (born-again believers).”  Galatians 6:9‭-‬10 AMP‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Google verduidelik dit so...

To grow weary = to become tired or sick of something.

Become discouraged is to deprive of courage or confidence : dishearten was discouraged by repeated failureIf someone or something discourages you, they cause you to lose your enthusiasm about your actions.


HOEKOM moet ek nie moeg word nie?

“…Moenie nalaat om GOED TE DOEN en mededeelsaam te wees nie, WANT dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

HEBREËRS 13:16 AFR83

Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in GOEDDOEN VOLHARD en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe;

ROMEINE 2:6‭-‬7 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


As GOEDDOEN maklik was sou hierdie skrif in Romeine ons nie aangemoedig het om TE VOLHARD IN GOEDDOEN nie.

___________________________________________________________________________________________

GOEDDOEN is toe nie maklik nie GOED DOEN is ‘n gehoorsame VOLHARDENDE aksie.

____________________________________________________________________________________________


Wat sal my gehoorsaamheid om goed te bly doen ten spyte van tot gevolg hê?

"Gedra julle altyd GOED onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.....

 Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder  uit onkunde praat.

1 PETRUS 2:12‭, ‬15 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


Nie altyd maklik om te doen wat die Here van mens vra nie maar altyd die moeite werd. Mens moenie deur jou gevoel gelei word nie maar deur gehoorsaamheid. Eish....


Ons het die Here egter hierin as voorbeeld vir ons

“ Julle het immers ondervind dat die Here goed is.”

1 PETRUS 2:3 AFR83


DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met VOLHARDING die wedloop loop wat voor ons lê,  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.  Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie."

HEBREËRS 12:1‭-‬3 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

"Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie."

HEBREËRS 12:3 AFR83


God is good all the time, and all the time God is good !!



"Sy goedertierenheid is tot in ewigheid"

PSALMS 100:5 AFR53


Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.”

PSALMS 136:1-12 AFR53


LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

 Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid — Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.”

“LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! 

Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

Laat die wat die Here vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!”

PSALMS 118:1‭-‬4 AFR53

“En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die Here sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die Here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die Here 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.”

II KRONIEKE 20:21‭-‬22 AFR53


God bly getrou!

1HALLELUJA! Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.”

PSALMS 106

_______________________________________________________________________________________________

Sy goedertierenheid is tot in ewigheid. 

Dus is Hy vir ons tot voorbeeld hierin dat Hy nooit iewers gaan ophou goed wees nie.

___________________________________________________________________________________


God is nooit NIE goed NIE.




Hy kies nie aan wie Hy wil goed doen nie…

Joh 3 : 16 “want so lief het Hy die wêreld gehad…” 

Wie kan hierdie oortref? Toe ons nog sondaars was het Hy reeds vir ons gesterf"





Hy doen goed aan die goeie en die slegte…

"Dan leef julle regtig soos kinders van God. Want Hy doen goeie dinge vir almal. Hy laat die son skyn oor goeie mense en oor slegte mense. Hy laat dit ook reën oor goeie mense se grond en oor slegte mense se grond."

Matteus 5:45 DB


Maar met watter gesindheid doen ek wat ek doen?



Omdat daar te min is wat wil GOEDDOEN soos God dit van ons verwag word goeddoen in ons samelewing met agterdog beëen. 

Die wêreld het altyd 'n plan met hul GOEDDOEN.  Altyd met die oog om iets in ruil te kry.

Goedheid gaan saam met gesindheid...wat is mý gesindheid/motief agter my goed wees. As dit is omdat ek God gehoorsaam wil wees gaan ek nie so maklik ophou as wat ek dit dalk doen om iets terug te kry of om gesien te word en dit gebeur nie of as ek seerkry in ruil kry nie.

Gesindheid agter goedheid moet wees:

"En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom."

KOLOSSENSE 3:16‭-‬17 AFR5

Liefde moet my motief wees, liefde tot God en liefde tot my naaste.

"En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,"

I KORINTHIËRS 13:3‭-‬5 AFR53

"Love endures with patience and serenity, LOVE IS KIND and thoughtful, and is not jealous or envious; love does not brag and is not proud or arrogant."

1 Corinthians 13:4 AMP

LIEFDE omvat dus wat GOEDDOEN is.

Jy kan nog GOEDDOEN sonder liefde, maar ons kan nie Liefhê sonder GOEDDOEN nie.

Liefde doen goed aan ander,  ware GOEDDOEN begin met liefde.

Om goed te doen is 'n besluit om God te gehoorsaam al kos dit my, dit het Hom alles gekos....

"want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het SODAT elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" Joh 3:16

Jou stemtoon, jou kyk in jou oë verraai baie jou gesindheid agter jou daad aan die ander persoon. Maar ons kan dit soms goed fake, maar Jesus sien in ons hart en dan beteken al my goedheid niks in Sy oë.

Jou vermoë en jou middele kan daar wees om goed te doen, en dit raak die persoon dalk fissies aan, maar gesindheid tref die ander persoon se hart en bring hul na Jesus.

Ek gaan nie uit myself kan goed wees nie as ek Hom nie voor oë hou nie. Hy wat ten spyte van steeds goed was en goed gedoen het.

Hoe hou ek Hom voor oë?

...tyd in Woord en gebed

...en gehoorsaam wees aan die Heilige Gees se leiding


___________________________________________________________________________________________

As ek eers God se plan en doel met GOEDDOEN verstaan oorheers dit my gevoel en MOET ek nie meer GOEDDOEN nie maar WIL ek GOEDDOEN.

___________________________________________________________________________________________

God se goedheid bereik mense se harte.

"God is ryk in GOEDHEID, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?"

ROMEINE 2:4 AFR83

As God se kind gebruik Hy my goeie dade, my GOEDDOEN om ander te bereik. Is ek die intrument wat hul nader aan Hom trek en hulle hul bekeer. 

GOEDDOEN sal teenkanting kry, want so het die vyand baie hulp waarvoor iemand al gebid het in die wiele gery. Dus moenie dat dit jou stop nie!!!

As Jesus nie onderskeid gemaak het aan wie Hy GOEDDOEN nie mag ek ook nie. Onverdiende GOEDDOEN kan baie keer iemand harder tref as die beste preek.

Goeddoen is net liefde in aksie.

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"

JEREMIA 29:11 AFR83


GOEDDOEN is vrug dra en daarmee verheerlik ons die Here

"My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.” “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly."

JOHANNES 15:8‭-‬10 AFR83


GOEDHEID is 'n karaktereienskap van 'n kind van God

GOEDHEID is 'n vrug van die Gees


"Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, GOEDHEID, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

GALÁSIËRS 5:13‭-‬14‭, ‬22‭-‬26 AFR53


Goeddoen is nie 'n opsie dis n opdrag

"Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag."

I PETRUS 3:11 AFR53


"Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid."

KOLOSSENSE 3:9‭-‬10‭, ‬12 AFR53


Op die einde gaan die Here vir ons sê ek was siek en jy het my nie besoek nie, in die tronk…


"EN wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. 

Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.

 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? 

En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit GEDOEN het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. 

Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ’n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. 

Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? 

Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe."

MATTHÉÜS 25:31‭-‬46 AFR53


Ek het dalk die vermoë of die middele waarvoor iemand bid.




Volhard, DOEN GOED tydig en ontydig. Moenie dat ander se reaksie jou GOEDDOEN laat opdroog nie. 

Ons ondankbaarheid het nie Jesus se GOEDHEID laat ophou nie. Ons sonde nog minder. 

"As jou vyand honger is, moet jy hom iets gee om te eet. As hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed. Jy sal buitendien kole ophoop op jou vyand se kop en hom vuurrooi maak van skaamte."

SPREUKE 25:21‭-‬22 NLV


Die Here sê ek weet wat ander doen, maar wat doen jy?

Moenie jý moeg word om goed te doen nie!


"So is dit ook met GOEIE DADE: almal kan dit sien. En dié wat nie sigbaar is nie, kan nie verborge gehou word nie."

1 TIMOTEUS 5:25 AFR83



"Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle GOED DOEN as wanneer julle kwaad doen. Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;"
I PETRUS 3:17‭-‬18 AFR53



Ons goeie dade maak Jesus sigbaar aan ander en bring hulle tot God




As gevolg van Sy onverdiende goedheid teenoor mý hoe kan ek dan moeg word om goed te doen, wat nog te sê ophou?

"Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie
WANT as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan ALMAL goed doen, veral aan ons medegelowiges."
GALASIËRS 6:9‭-‬10 AFR83

Solank jy jou eie hart toets en jou motief agter jou goeddoen reg is doen dit dan asof vir die Here ten spyte van.




Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”