Ons storie is Sy storie - ( deel 1) EK SLAAN VIR JULLE 'N PEN IN
EK SLAAN VIR JULLE 'N PEN IN
Elkeen van ons het 'n STORIE en daardie storie vorm deel van die wêreld se storie wat ons die GESKIEDENIS noem.
Kirk Cameron het in een van sy 100 Day Campfire Revival video's op Faceboek gesê dat die geskiedenis word in die engelse woord HISTORY presies omskrywe...
History - HIS(s)TORY (all of it is His story)
Alhoewel die grootste geskiedenisboek in die wêreld steeds die Bybel bly omdat dit Sy storie is, val alle ander geskiedenisboeke wat al ooit geskryf is ook onder Sy storie (HIS(s)TORY) ook jou en my geskiedenis wat ons verlede, hede en toekoms omvat.
Kirk sê verder: "Our story is part of HISTORY and therefore HIS STORY become our story. God is a part of it to triumph over error.
God is in the midst of my family's story triumphing over error and evil. He is in our personal story, our national story and our international story triumphing over error and evil."
Ons kan dus verseker weet.
"Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar."
2 TESSALONISENSE 3:3 AFR83
___________________________________________________________________________________________
Daarom kan ons met sekerheid sê HY IS ALTYD IN BEHEER!
"HISTORY is about VICTORY over evil and error!!"
___________________________________________________________________________________________
So rukkie terug wys die Here vir my hoe belangrik dit is om te bid, maar veral om vir ons nageslag te bid, ons kinders, kleinkinders en ons nageslagte wat sal volg OM GELOOF TE BEHOU want dit gaan vorentoe net moeiliker word in hierdie gebroke wêreld soos wat die eindtyd in vervulling gaan.
Die Here wys vir my dat ek nou reeds al vir my toekomstige kleinkinders moet bid en nie moet wag tot hulle eers daar is nie, dalk leef ons nie so lank nie.
“Therefore, you shall impress these words of mine on your heart and on your soul, and tie them as a sign on your hand, and they shall be as bands (frontals, frontlets) on your forehead.
You shall teach them [diligently] to your children [impressing God’s precepts on their minds and penetrating their hearts with HIS TRUTHS], speaking of them when you sit in your house and when you walk along the road and when you lie down and when you rise up.
You shall write them on the doorposts of your house and on your gates, so that your days and the days of your children may be multiplied in the land which the Lord swore to your fathers to give them, as long as the heavens are above the earth.
Deuteronomy 11:18-21 AMP
Ons taak is om ons kinders by Jesus se voete groot te maak en ons moet, om vir hulle te bid, as een van ons grootste opdragte beskou.
Die leuen was nog nooit so goed gekamofleer soos juis nou nie, en dit gaan net erger word en groot verwarring tot gevolg hê.
"wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees."
I JOHANNES 1:3-4 AFR53
Ons wil GETUIG oor wat ons self beleef, geleer en ontvang het
Aan elke kind van my, ook elke kind wat ons met verloop van tyd sal bykry(skoonkinders) uit die Here se hand, ja ons het elkeen van julle van Hom af gebid en elke kosbare kleinkind en agterkleinkinders se kinders uit die Here se kosbare hand in die toekoms wil ek hierdie skrywe opdra. Dis julle wat die Here op my hart gelê het toe ek tot die oortuiging gekom het ek moet Sý storie in ons storie aan julle skryf tot versterking van julle geloof maar allereers tot eer van Sy naam en in diepe dankbaarheid vir Sy teenwoordigheid in ons lewens van elke genade tree.
Ek bid dat ons storie ons nageslag en almal anders wat dit hoor sal bemoedig en versterk sodat dit deel van hul "survival guide" kan word. Nooit in die plek van hul Bybels nie, maar tot getuienis daarvan.
Ek bid dat as die Heilige Gees nie saam skryf nie ek nie 'n woord op papier sal sit nie want mens sal dink dis maklik om jou eie storie te skryf maar dis uiters moeilik.
Dis baie persoonlik om mee te begin, maar my hart is dat dit nie grotendeels as ons storie sal oorkom nie, maar as Sý storie. Ek bid dat mense Hóm sal sien daarin en nie ons want vir óns is Hy die hoofkarakter in ons storie en nie ons nie. Hy is die rede dat ek dit skryf.
Ek hoop vir daardie stukkie getuienis wat dalk net vandag iemand weer hoop kan gee soos ons self deur die Woord hoop gekry het.
Jesus is daardie hoop want Hy is ons enigste hoop. Hy het self gesê...
"Jesus said to him, “ I am the [only] Way [to God] and the [real] Truth and the [real] Life; no one comes to the Father but through Me."
John 14:6 AMP
Hy het vir ons gesê dat al hierdie goed met ons gebeur het sodat ons ander kan bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee Hy ons bemoedig het en die eer Hom toekom.
"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,"
2 KORINTIËRS 1:3-4 AFR83
Ons storie sou soveel anders verloop het as dit nie vir Jesus was nie, nie net alleen vir die ewigheid nie maar ook vir die hier en nou. Ons sou nooit van "Fan" na "Follower" beweeg het nie, én ons sou nie hier gewees het om ons storie te kon vertel nie.
Ons storie is Sy storie van onverdiende genade.
'n Storie met BUT GOD regoor dit geskryf.
Sy Woord is van die begin af ook 'n BUT GOD storie, een van God se onvoorwaardelike liefde en ingrype in 'n gevalle wêreld en sondaars se lewe.
Dis moeilik om alles te vertel want daar is soveel genade, soveel ingrype soveel voorsiening ook in die kleinste behoeftes van ons lewe.
Die Here het groot wonderwerke in ons gesin se lewe gedoen op veral mediese gebied, maar ek het al so baie gesê dat die wonderwerke op finansiële gebied baie naby kom. Ons kan getuig van goddelike genesing en van hoe die meel nie opraak, hoe te toevallig om toeval te wees ons onverwagte inkomste kry of uitgawes van ons weggehou word.
__________________________________________________________________________________________
My man sê altyd mense kan baie van die wonderwerke wat ons uit God se hand ontvang het weg probeer redeneer met baie redes, maar hulle kan nie God ons Vader se "TIMING" Sy tydsberekening wegredeneer nie.
___________________________________________________________________________________________
Sy tydsberekening "TIMING" is die bewys dat ons met sekerheid kan sê: "That was U Lord!"
Hy kan vir die wêreld soos met Laserus vier dae te laat voorkom, maar hy is altyd steeds betyds. Sy ingrype, beskerming en voorsiening is altyd presies betyds, nie 'n minuut te vroeg nie en nie 'n minuut te laat nie.
As ons op ons storie terugkyk kan ons ook sê soos 'n boer op Megaboere vir die aanbieder gesê het toe sy vra na aanleiding van die erge droogte tans wat sal hy sê hoe sien hy die toekoms. Hy het min of meer die volgende gesê...wel ek kan dit vir jou sê as die Here ons nie gaan help nie sal dit die eerste keer wees. Ook hy het op God se perfekte "timing" vertrou.
________________________________________________________________________________________
Ons het ook nog nie 'n hoofstuk in ons storie waar Hy nie teenwoordig was of ons nie gehelp het nie. Elke hoofstuk kon ons afsluit as 'n HOOPstuk.
_________________________________________________________________________________________
As ons terugkyk op ons storie(History) dan onthou jy die vrees en benoude oomblikke maar net tot ondersteuning van die "But God" oomblikke. Menslik sal jy nooit weer daardeur wil gaan nie, maar as dit sou meen dat jy dan daarmee saam die "But God " oomblikke ook moet terug gee sal ons dit nooit wil doen nie. Dan sal ons elke keer weer by die punt kom van U wil Here nie ons sin. Nou kan ons al terugkyk en sê dankie Here vir daardie tye van eenry voetspore.
Van ons kosbaarste skatte in ons geestelike groei en nader kom aan die Here het ons juis in daardie donkerste dieptes ontdek.
Skatte wat ons in vandag se aanslae steeds dra.
Amper soos 'n myner wat nodig het om soms baie diep in 'n donker skag af te sak om by die goud en diamante uit te kom. Met net sy kopliggie by hom. Wel dis daar in daardie diepste donker oomblikke wat jy dankbaar raak vir daardie liggie(God se Woord) in jou lewe, jy begin die waarde daarvan besef en jy sien hoe duisternis voor dit nie stand hou nie.
Daarom het dit my so lank gevat voordat ek ons strorie op papier kon sit. Ek is bang ek kom nie oor in my vertel daarvan, van hoe Groot ons God is nie, ek is bang dit gaan meer inhou van waardeur ons is as wat ons daaruit ontvang het uit Jesus se hand.
Ek besef ook egter meer en meer dat die Here wil hê ek moet gaan getuig, ek kan nie stil bly nie want stilswye bring Hom nie eer nie.
Ja ek het al baie GAAN VERTEL, maar eendag gaan ek nie meer hier wees om te kan vertel en dan bid ek dat hierdie skrywe my nageslag sal HOOP gee, motiveer en bewys wees vir hulle van hoe dit die moeite werd is om ons Here Jesus te dien TEN SPYTE VAN EN NIE OMDAT.
Hoe Hy alleen genoeg is.
Ongelukkig moet mens al die detail gee om die waarde van die stukkie geestelike goud te kan beklemtoon. Ek bid dus dat die Here die PEN sal oorvat en dit sal skryf soos wat dit was, soos dit gebeur het, soos ons dit uit Sy hand ervaar het en hoe ons terugkyk en by die punt kon kom om Hom te dank dat Hy nie hierdie tye van ons weggehou het nie.
Ja so baie wil ons steeds nog bid soos Jesus, Vader laat hierdie beker by ons verby gaan, vir geen mens is dit maklik nie en bestaan daar nie iets soos dat die Here weet vir wie Hy dit moet gee nie. Niemand is geestelike reuse nie, hoe erger en hoe meer die vuurpyle op ons afreën eerder hoe meer besef ons ons nietigheid en afhanklikheid van Hom. Hoe broser word mens. Selfs GELOOF BEHOU kan jy nie sonder Hom nie, al wat jy kan is om te kies om in Hom te bly.
"Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; WANT sonder My kan julle niks doen nie."
JOHANNES 15:4-5 AFR53
Selfs in ons "versuip oomblikke" gryp Jesus ons.
Dis dus nie hoe goed ons glo nie maar in Wie ons glo.
Hy kan selfs waar ons val ons optel en dit omsit in 'n getuie.
"He triumph over error and evil" Kirk Cameron
Verskoon as ek gedagtes wat ons by die Here geleer het dalk soms gaan herhaal, ek gaan probeer vertel soos ons dit by Hom gehoor en beleef het. Met verloop van tyd het ons ook daardeur geleer dat die Here dit deur herhaling so kom vasmaak in ons lewe, of ander kere ons soms weer kom herinner sodat ons ook die nuwe berg voor ons daarmee kan klim.
Ek het onlangs 'n kosbare preek geluister van 'n prediker Daniël Gouws wat 'n vriendin vir my aangestuur het. Hy verduidelik dat as ons op God se REGUIT NOU PAD wil bly GELOOF BEHOU en nie wil beland op 'n syspoor nie dan moet ons FOKUS op Sy spoor en om dit te kan doen moet ons soos wanneer jy 'n gekweste bok volg elke keer as ons daai bloedspoor gewaar 'n merker/pen daar plaas.
MAAK VIR JOU MERKERS, SKRYF NEER, GEBRUIK OF DOEN ENIGE IETS WAT JOU DIE VORIGE BLOEDSPOOR KAN HELP ONTHOU.
Vir ons gesin skryf ek dit neer as getuienis soos hier die geval, of op 'n plankie in my tuin of 'n swart bordjie in my huis sodat ons dit weer kan lees en ONTHOU, sodat ons nooit Sy goedheid sal vergeet.
Hy sê as ons dan iewers soos met die bok, op môre se vrees om nie die bok te kan kry of gister se verwyt van, het ek maar beter gemik, begin fokus en so spoor verloor daardie merkers ons weer sal help om terug te gaan na ons laaste merker om so weer die regte spoor te kan vind.
Môre se vrees en gister se verwyte en hartseer kan ook ons fokus steel en ons laat verdwaal. Die Heilige Gees help ons dan om weer daardie bloedspoor wat Jesus vir ons gelos het op te spoor en verder Hom te kan volg. Soms is daai spoor nie so maklik sigbaar nie en moet ons SOEK, maar die Woord sê wie soek sal vind. Hy help ons ook daarmee.
"Bid, en vir julle sal gegee word; SOEK, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee; en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!"
MATTHÉÜS 7:7-11 AFR53
Hy sê verder in sy preek dat ons soms so besig raak met 'n syspoor dat ons nie besef ons is nie meer op Sy Spoor nie. Vyand kry ons gedagtes besig met sê nou maar, wat as, ag het ek maar, tradisies en baie einas.
Soms is daar lank stap voor die spoorsnyer weer vir jou bloed wys en dan is dit in jou geloofspad die tyd wat jy jou Spoorsnyer moet vertrou wat saam jou stap, geloof behou.
Spoorsny vra jy moet opnuut fokus op die hier en nou, fyn kyk, om jou waarneem, behoorlik fyn luister.
Spoorsnyers SOEK gefokus.
Hy vergelyk dit ook met iemand wat 'n styl krans begin uitklim met die tou om sy lyf en soos wat hy vorder slaan hy PENNE in om hom te ANKER. Sou sy voet dan iewers gly, sou daar skielik 'n rukwind opkom sal hy net terugval tot by die laaste pen wat hy ingeslaan het en nie tot heel onder nie. So is dit in die geestelike lewe ook, as ons die penne inslaan sal ons net terugval tot by ons laaste pen en nie heeltemal uit die geloof val nie.
Jou eie penne kan niemand van jou wegvat nie, daardie eie oomblikke by Jesus in jou nood en in jou binnekamer.
Netso met Sy spoor, daar by Sy inspraak in my lewe moet ek ONTHOU penne daar inslaan. Net soos daardie bergklimmer 'n pen inslaan om homself te ANKER gaan ek probeer om nie net vir onsself nie maar ook vir ons nageslag penne in te slaan met die spreekwoordelike pen op papier, waarop hulle kan terugval as die lewe hulle laat balans verloor en hulle uit die geloof wil val.
In ons eie volk se gskiedenis het óns so 'n pen diep ingeslaan waarop baie van ons al moes terugval as dit donker om ons lyk. Die pen by bloedrivier 16 Desember.
Die pen van "Hy het ons gebede verhoor en vir Hom is niks onmoontlik". Dit was ook ons oupas en oumas se hart dat ons jaarliks daardie pen sal herdenk/ONTHOU tot God se eer maar ook tot versterking van òns eie geloof.
Pas op selfs godsdiens kan mens onbewustelik op 'n syspoor plaas. Menslike gebruike en tradisies. Toets dit altyd self aan die Bybel soos ek later self uit dure ondervinding sou moes leer.
"Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is,"
1 TESSALONISENSE 5:19-21 AFR83
Laat die Gees jou lei in God se waarheid.
Ons moet Jesus alleen volg.
"For [as a believer] you have been called for this purpose, since Christ suffered for you, leaving you an example, so that you may FOLLOW IN HIS FOOTSTEPS."
1 Peter 2:21 AMP
Hy het vir ons 'n bloedspoor gelos sodat ons in Sy voetspore kan volg.
In daardie VOLG het Hy vir ons 'n opgeleide Spoorsnyer gestuur om ons te help in ons soeke na die waarheid en Sy spoor, SY REGUIT PAD.
"But I tell you the truth, it is to your advantage that I go away; for if I do not go away, the Helper (Comforter, Advocate, Intercessor—Counselor, Strengthener, Standby) will not come to you; but if I go, I will send Him (the Holy Spirit) to you [to be in close fellowship with you].
And He, when He comes, will convict the world about [the guilt of] sin [and the need for a Savior], and about righteousness, and about judgment: about sin [and the true nature of it], because they do not believe in Me [and My message]; about righteousness [personal integrity and godly character], because I am going to My Father and you will no longer see Me; about judgment [the certainty of it], because the ruler of this world (Satan) has been judged and condemned. “I have many more things to say to you, but you cannot bear [to hear] them now. But when He, the Spirit of Truth, comes, He will guide you into all the truth [full and complete truth].
For He will not speak on His own initiative, but He will speak whatever He hears [from the Father—the message regarding the Son], and He will disclose to you what is to come [in the future]. He will glorify and honor Me, because He (the Holy Spirit) will take from what is Mine and will disclose it to you. All things that the Father has are Mine. Because of this I said that He [the Spirit] will take from what is Mine and will reveal it to you."
John 16:7-15 AMP
Bekeer julle(van die syspore), bly op die weg van die Here
“Repent [change your inner self—your old way of thinking, regret past sins, live your life in a way that proves repentance; seek God’s purpose for your life], for the kingdom of heaven is at hand.” This is the one who was mentioned by the prophet Isaiah when he said, “The voice of one shouting in the wilderness, ‘Prepare the road for the Lord, Make His highways straight (level, direct)!’ ”
Matthew 3:2-3 AMP
As jy die spoor verloor het, jou gedagtes jou aandag afgetrek het, jou blind gemaak het gaan terug op jou spoor na jou laaste pen wat jy ingeslaan het of wat iemand anders dalk namens jou ingeslaan het(die Spoorsnyer wat jou kom herinner en weer wys).
Wat beteken dit dan as jy weer daardie pen kry waar jy laas die bloed gemerk het?
Dit dien as BEWYS vir jou dat jy weer of nog op die regte spoor is, Jy is nie op 'n syspoor nie jy is op SY SPOOR.
Die belangrikste bloedspoor in jou lewe is toe Jesus se bloed vir jou en my aan die kruis gevloei het. As jy daardie pen diep ingeslaan het in jou lewe vir jouself, nie net meer aan Jesus glo nie maar in Jesus glo is jy vir ewig geanker. Die Duiwel kan daar die bloedspoor nooit ooit uitwis nie.
Die penne wat ons ingeslaan het op ons geloofspad is GELOOFSPENNE van ons storie wat vertel dat ons onteenseglik weet dat God hier by elke pen by ons was.
“Place for yourself road signs [toward Canaan], Make for yourself guideposts; Turn your thought and attention to the highway(fokus), To the way by which you went [into exile]. Retrace your steps, O virgin of Israel, Return to these your cities.
Jeremiah 31:21 AMP
Bloedspoor oomblikke is daar waar jy weet dat jy weet hierdie was die Here, daai gedagte, daai ingrype, daai Woord, daai wonderwerk.
Wanneer jy bloed vind moet jy 'n hoop klippe pak/ 'n PEN INSLAAN (soos Israel so baie die opdrag gekry het sodat hul nageslag kan ONTHOU WAT DIE HERE VIR HUL GEDOEN HET EN WIE HY IS)
Jy weet dat jy hierdie oomblik moet VASMAAK, moet ONTHOU.
Die "BUT GOD" oomblikke, die BLOEDSPOOR OOMBLIKKE
Job het gesê hy het altyd van God gehoor maar nou ken hy hom, Job het dus toe vir hómself 'n pen ingeslaan. Slaan julle eie penne in, merk die bloedspoor in julle eie lewe.
***
In begin Februarie 1998 word 'n geloofspen vir ons ingeslaan.
Ons seuntjie Jaco word baie baie siek. Hy was 'n baba van om en by sewe en 'n half maande oud.
Hy het die Vrydag begin met hoë koors, daardie aand het ons niks geslaap met 'n baie siek kind. Die volgende oggend het ons hom dokter toe gevat waar hy met mangelontstekimg gediagnoseer is. Iets wat ons baie goed geken het want ons oudste kind het baie daarmee gesukkel en was juis vir daardie volgende Woensdag geboek om haar mangels te laat uithaal.
Op dokter se aanbeveling moes sy eers vier word voordat ons dit kon laat doen omdat sy baie allergies is en as mens dit te vroeg doen kan sy met asma sukkel. Dus was dit al 'n lang pad tot hier, maar Jaco was vir ons sieker as wat ons aan gewoond was. Sy koors het net nooit gebreek nie.
Saterdag aand sit ek en pappa weerskante van hom op die bed en spons hom af om sy koors te beheer, as die een moeg raak neem die ander een oor. Ons hou met moeite sy koors dat dit nie oor 39,5 gaan nie. As ons ophou begin sy beentjies ruk en wil hy koorsstuipe kry ten spyte van al die koorsmedikasie.
Ons bid baie in die tyd.
Sondag bel ek weer vir dokter maar hy verseker ons dis net mangels en dat kinders soms baie siek kan word daaraan, ons moet net die antibiotika kans gee om te werk. Ons bly bekommerd, maar dis waar ons moet dalk net kans gee.
Sondag aand gaan ons weer so deur. Maandag oggend is ek terug by die dokter, maar kry net nog koorsgoed, setpille ens by. Ons doen alles wat ons kan maar teen Maandag laatmiddag breek die koors steeds nie.
Iets binne my begin vir my sê ons moet hulp kry hy gaan in ons hande iets oorkom.
Later as ek terugkyk besef ek dit was die Heilige Gees wat my onrustig gemaak het. Ek bel weer die dokter en vra dat hulle hom asb moet opneem want ons sien nie kans vir nog so nag van angs nie. Die dokter laat hom op my versoek opneem maar met ons aankoms kan ek aan die suster se houding sien dat almal dink ons oorreageer.
Maandag nag is dit ek en die suster wat nie een oomblik van sy bed kan padgee nie, nog 'n nag van geen slaap. Ek vra vir dokter of ons nie maar liewer sussie se mangeloperasie van Woensdag moet uitstel, maar hy is steeds oortuig dat Jaco net mangelontsteking het en dit nie nodig sal wees nie. Dinsdag nag selfde storie. Woensdag oggend baie vroeg word Hezélle ingeboek in die hospitaal. Sy op die een bed Boeta in die kot langs haar. Ons wag dat sy moet ingaan teater toe, sy is eerste op die lys.
Ek sal nooit suster Botha vergeet nie, ek glo sy was 'n intrument in Jesus se hand daardie Woensdag oggend. Toe sy van nagdiens afgaan het sy ons gegroet en het sy in die gang afgestap, oomblikke later verskyn sy weer in die deur en sê vir die dagpersoneel om vir dokter te sê om vandag nog plan te maak met Jaco want as hy haar weer vannaand met so 'n siek kind los bel sy hom elke halfuur wakker.
Die teaterpersoneel het intussen vir Zel kom haal.
Dokter het Zel se mangel operasie voltooi en na die tyd na ons toe gekom. Hy het toe intussen gereël met 'n pediater in Zuid-Afrikaans dr de Wit om ons te verwag en het ons oorgeplaas. Dokter het gesê ons moet nie tyd verspeel nie, ons moes homself neem.
Ons het als vinnig ingepak en terwyl sussie nog in teater was vertrek. Oupa Jan en ouma Hes het agtergebly by haar. Ek het my hart uitgehuil toe ons met Jaco in ons arms uit daardie hospitaal stap. Ons kon aan Jaco sien dat ons moet jaag maar hoe los 'n mamma en pappa hart een van jou kinders agter in 'n hospitaal, steeds nog in teater en jy weet nog nie of sy "ok" is nie. Diep dankbaar tot vandag vir ouers aan alby kante, ma Elsa en pa Apie wat ons arms elke keer kom meer maak het in sulke tye. Voorsiening en 'n gawe uit die Here se hand.
My boetie Christo het jare later gesê dat toe hy vir Jaco daar in die hospitaal gesien het voordat hy oorgeplaas is, en ons met hom weggery het, hy gevrees het dat hy hom nie weer lewendig sal sien nie. Hy was bitter siek.
My skoonma, ma Elsa het saam met ons gery Pretoria toe. Oppad moes ons die lugverkoeler op Jaco stel om te keer dat hy nie koorsstuipe kry nie. Ek weet dit klink verkeerd maar ons moes tussen twee slegte goed kies. Koorsstuipe was nie 'n opsie nie.
By die hospitaal aangekom was die dokter se spreekkamer op die onderstevloer geleë net onder die kindersaal. Toe ek met ons baba instap het die ontvangsdame dadelik na my gestap en met haar oë vasgenaal op Jaco het sy sommer hardop die dokter geroep.
Hy het dadelik uitgekom en ons sommer in die ontvangs ontmoet. Hy het Jac net een kyk gegee en gesê ons moet met hom op hardloop na die kindersaal, hy sal volg. Ons het die trappe sommer twee-twee opgehardloop en die kindersaal se deure oopgestoot. In die gang het drie susters ons tegemoet gehardloop en Jaco uit ons arms gevat en met hom verder die gang af gehardloop in 'n kamertjie in en die deur toegemaak...
Ons is toe na 'n kamer geneem waar ons moes wag. Ons was rasend. Los ons eerder by ons kind dat ons hom kan troos en kan sien wat aangaan...
Ek, Kobus en my skoonma kon nou net wag en bid.
'n Rukkie later het die dokter uitgekom na ons toe om met ons te praat. Hy het gesê hy kry min sulke siek kinders en dat Jaco nie goed lyk nie. Hy was nog besig om met ons te praat toe kom die suster na hom gehardloop en hul verdwyn weer saam in die kamertjie in waar Jaco is. Toe hy weer te voorskyn kom kon ons sien daar is groot fout. Hy het ons toe kom vertel dat Jaco inwendig aan die bloei gegaan het. Hy sê toe hulle sy doek afhaal het die bloed uitgeloop en ons moet dit te wagte wees dat die bloed by sy ogies, mond en oortjies kan uitloop. (Die Here het ons dit gespaar).
Hy het ons voorberei dat Jaco moontlik dit nie kan maak nie.
Suster het kom vra waar hul sy drip ingesit het in die ander hospitaal, maar hy het nie ingehad nie. Sy het geskok gereageer en weer in die kamertjie in verdwyn. Hulle het hom toe opgekoppel aan hartmonitors ens en baie gesukkel om sy drip in te kry. Hulle moes toe dit in sy koppie insit want sy are het platgeval. Hul het ook vir hom 'n lumber punch gegee. Deur die loop van sy hospitalisasie is daar ook vreeslik baie bloed getrek kort-kort.
Rukkie later het hulle hom ingestoot by die kamertjie waar ons gewag het. Ons word toe onder isolasie geplaas want dokter vermoed toe sterk dat hy dalk Kongokoors kon hê.
Ook die personeel wat in die ander hospitaal met hom in aanraking was is op gereedheid geplaas om self ook in isolasie te gaan afhangende van die bloeduitslae.
Later sou die bloeduitslae wys dat dit 'n boetie van die Kongokoors is, maar ons het nooit die naam gehoor nie. Vir ons was dit 'n virus punt.
Ons het vir hom die rooi karaktertjie van Sesami street die tv program gekoop, hy het dit as speelding in die hospitaal by hom gehad en die is toe gedoop VIRUS. Later was dit tot hy al baie groot was sy slaapmaatjie. Virus lê ons na aan die hart en word soos goud gebêre. Hy herinner ons aan hoe goed die Here vir ons was.
Op hierdie foto is die drip al geskuif, ons kon darem al met hom in die kamer begin rondbeweeg.
My ma het later gesê Jac of soos hy op daardie stadium in die hospitaal bekend was BOETA het op GEBED GELÊ EN NIE 'n BED.
'n NOTA uit Jaco se album
So baie mense het vir hom en ons gebid, in sulke tye kan mens nie beskryf hoe kosbaar dit is nie. Elke boodskap wat ons gekry het, het ons bemoedig en deurgedra. Sulke tye besef jy hoeveel ander se omgee en gebede vir jou beteken. Daardie mense lê ingegrafeer in jou hart en gedagtes, jou herinneringe van daardie tyd. Ek dink nie mense besef dat die kleinste gebaar van omgee, daar wees vir die persoon daar in die hospitaal, vir daardie mense groot is nie.
Die dokter het kort kort sommer net by ons deur kom staan en 'n rukkie vir die monitors gestaan en kyk. Hy het vir ons gesê hy as dokter kan net sy bes doen, maar dat ons moet bid want Jesus is die groot Geneesheer. Ek het daardie dag besef dat ek nie die beste dokter nodig het menslikgesproke nie, maar 'n BIDDENDE DOKTER. Ook die dokter en die personeel van die ander hospitaal het saam gebid en kort kort boodskappe gestuur.
Dankie Here vir 'n manne en vroue van God wat U oor ons pad gestuur het wat saam met ons gebid het.
Skrif wat ek in sy album geplak het wat ons in daardie tyd gekry het.
Jaco se magie het erg uitgesit, sy milt en lewer was vergroot. Ek het hom nog geborsvoed maar teen die tyd was hy so swak en moes ek uitmelk, hy was net te swak om te suig. Die suster het gesê hul is so dankbaar vir die mamma melk aangesien dit hom teenliggaampies gee wat kan help veg. Dit was dan ook genade wat te toevallig saamgewerk het.
Een keer het die dokter weer by die deur kom staan en die hartmonitor het soos al 'n keer of twee tevore iets soos 'n "pause" gemaak, amper asof die hartjie opgehou klop het vir 'n oomblik, maar dan piep hy weer. Dokter het my gevra of dit al voorheen gebeur het en ek het geantwoord ja. Hy het diep asem ingetrek. Later sou hy vir ons sê dat hy enige oomblik verwag het dat Jaco kon sterf aangesien as 'n baba se hartjie dit doen, kan hy heeltemal gaan staan en dan kry jy hom nie weer aan die gang nie. Ook maar soms goed dat mens nie altyd alles weet op daardie oomblik nie. Ook die susters het later vir ons vertel dat hulle op hierdie stadium ons nie meer in die oë kon kyk nie want hulle het geweet hy kan enige oomblik sterf maar dat ons nog gehoop het. Ons het egter met alles in ons na die Here uitgeroep om ons genadig te wees. Ons hoop was op Hom vir genesing.
Oral het almal gebid!!
Jaco het later ook 'n uitslag gekry wat oor sy hele lyfie gelyk het soos maelvleis. 'n Vriendin wat ek jare later sou ontmoet het vir my gesê in al haar jare as kindersaal suster het sy nog net 'n paar baba's gekry wat hierdie simptome gehad het en dat dit die liggaampie se stadiums is voordat 'n baba sterf. Die volgende stadiums waarin Jaco sou gaan was koma en dan dood. Ek het nie kennis hiervan nie en praat uit haar mond, maar sy het ook bygesê dat al daardie kinderstjies wel gesterf het wat sy verpleeg het.
Haar woorde was toe aan my:
"Gaan elke dag op jou knieë en sê dankie dat jou kind leef want hy moes nie meer hier gewees het nie, die Here het vir julle hom teruggegee"
Dis ook die rede hoekom ek gelei gevoel het om ons genade stories te skryf want ons mag nooit ooit vergeet hoe goed die Here vir ons was en is. Hierdie was ook net een van die penne wat ons moes inslaan op ons geloofspad. Dit is opgeskryf in my joernale maar ek wil dit deel sodat ander Hom kan leer ken nie net vir wat Hy vir ons doen nie maar vir wie Hy is.
Awesome God!
Dit was ook hier waar ek die eerste keer die benaming Awesome God leer ken het, geen afrikaanse woord kon vir my dit beter stel nie. Ons het die Here leer ken as die God van wonders vir wie niks onmoontlik is nie.
Kosbare dagstukkies met Woord wat ons deurgedra het in daardie tyd wat ek in sy album geplak het.
Later sou ons eers die woorde van hierdie laaste sin wat ek toe onderstreep het werklik verstaan. Ons was gelowig, het aan Jesus geglo, godsdienstig maar die Here was besig om ons in 'n nuwe tydperk met ons verhouding met Hom in te lui. Hy sou ons vat van Fans na Followers, maar ons moes Hóm eers self leer ken.
Hy vat ons nie altyd om iets nie maar Hy vat ons daardeur.
Die Israeliete het God voor hulle woestyn geken as Ek is...
Ná die woestyn as Ek is...
Die God van wonders, die God wat kan genees, die God wat beskerm, lei, voorsien ens. Dus het hulle Hom soveel beter leer ken in die woestyn, het hulle geleer om op Hom te vertrou vir alles. Het hulle niks gehad behalwe Hom. Ons het in ons woestyn dieselfde beleef. Ons het ook net Hom gehad, die mediese personeel het gedoen wat hul kon, al wat oor was, was bid.
Ons het geleer dat dokters net tot op punt kan help.
Ek het hier dit onderstreep dat die "woestyn is die plek waar jy bewus gemaak word van jou eie hulpeloosheid, waar jy totaal op God aangewys is, waar al wat jy kan doen is om vas op Hom te vertrou. Dis wat jou woestynervarings besonders maak, hulle laat jou besef hoe afhanklik jy van die Here is, hulle leer jou om volkome op God te vertrou. Hulle laat jou die borrelende fontein van God se genade en liefde vir jou op 'n vars nuwe manier ontdek. Om hierdie rede kan jou eie woestynervaring vir jou die poort na 'n splinternuwe verhouding met God word"
Sjoe!!
As ons toe maar kon weet hoe profeties hierdie woorde oor ons lewe gaan wees.
Sussa, Zêl het intussen tuis by haar oupa's en ouma's aangesterk. Ons mag haar nie gesien het nie, ons was onder isolasie. Jesus se hand was ook oor haar tuis.
Boeta het intussen dubbele longontsteking opgedoen en moes kort-kort gestoom word en fisio kry wat hom verder getraumatiseer het. Hy was baie swak...
Hy het ook gastro aangesteek.
Ek het op daardie stadium nooit kon dink dat mens vir 'n week glad nie kan slaap nie. Ek het heeltyd langs Jaco se kot gestaan, ek het een of twee keer effens met my kop op die kant van die kot wou indut maar dan was daar weer een of ander krises met hom en het 'n suster weer besig geraak met Jac en het ek hand bygesit. Hy was 24/ 7 onder hul oog. Hy was ook baie bang vir alles en almal om hom.
Later toe hy gestabiliseer het en dus uit die ergste gevaar was het iemand my kom aflos by die hospitaal (ons was nou uit isolasie) en kon ek vir 2 ure by my tannie vir so rukkie gaan slaap. My ligaam was gedaan, maar ek was so ingestel op my babaseuntjie dat ek nie my brein tot rus kon kry nie. Vinnig was ek dus terug by die hospitaal. Dis daar wat ek beleef het dat die HERE my die fisiese krag gegee het om aan te hou. Menslik sou ek nie kon. Nie my krag nie Here, U krag, dit opsigself was 'n wonderwerk wat ek ontvang het. Ek het net geweet dat ek weet hierdie is van Bo.
Elke dag was Boeta bietjie sterker, ons dankbaarheid het oorgeloop.
Comments
Post a Comment