Is ons nie een liggaam nie?
Daar is die afgelope tyd soveel berigte in verkskeie koerante en sosiale media oor die toestand in kerke en veral die NG kerk, een van die grootste Christen kerke in ons land. Dalk is dit nou òns kerk nie en kyk ons ander pad, lees nie verder nie, wil nie daarvan hoor nie, of wys selfs vinger. Google maar NG kerk, sinode, doleer (wat treur beteken) en jy sal verskeie onlangse berigte opspoor wat die liggaam van Christus rede gee om te treur. Dink jy nog dis nie ons probleem nie, maar is dit hoe Jesus daaroor dink? Hierdie skrywe is glad nie gemik om enige kerk in 'n slegte lig te stel nie, maar eerder om saam te staan teen die dwaalleer wat ons kerke wil binnedring en so die waarheid bedreig. As ons nie gaan opstaan daarteen nie wat gaan vir ons nageslagte oorbly. Is ons nie een liggaam nie? "Die menslike liggaam het baie ledemate, maar hierdie baie ledemate vorm almal saam net een liggaam. So is dit ook met Christus se liggaam. Party van ons is Jode, ander Grieke, ander weer...