6. Die NOU PAD van VERLOSSING: die Pelgrim se reis opgesom in een vers...die Pelgrim se reis deel 6


GOD SE NOU PAD VAN VERLOSSING/REDDING

  OPGESOM IN EEN VERS



"But 

of Him ( deur Hom)

you are IN Christ Jesus

who became for us wisdom (wysheid) from God

—and 

righteousness (geregtigheid)

and sanctification ( heiligmaking)

and redemption (verlossing) 

—"

I Corinthians 1:30 NKJV


Hierdie pad van Verlossing word in die boek "The Pelgrims Progress" deur John Bunyon beskryf in 'n fiktiewe verhaal wat dit so eenvoudig verduidelik. 


Die Amplified sê die vers soos volg

"But it is from Him "

Maar deur Hom

"that you are in Christ Jesus"

is julle in Christus Jesus,

"Christ Jesus, who became to us wisdom from God [revealing His plan of salvation],"

Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God

"RIGHTEOUSNESS [making us acceptable to God],"

geregtigheid

"SANCTIFICATION [making us holy and setting us apart

 for God],"

heiligmaking

"and REDEMPTION [providing our ransom from the penalty for sin],"

verlossing


 

1.

"But it is FROM HIM that you are IN Christ Jesus"

"Maar deur Hom is julle IN Christus Jesus,"

DIT IS VAN HOM EN DEUR HOM.

God red ons, dis Sý plan Sý wysheid. Ek het en kon niks doen of uitdink wat my kan red nie. Dis Hy wat Sy reddende regterhand na jou en my uitsteek in die modderpoel van sonde waarin ons wil verdrink. Dis Sý inisiatief.

 Sy motief is LIEFDE, onverklaarbare opofferende liefde.

Hierdie Reddende regterhand wat Hy na ons uitsteek is in die vorm van Sy enigste Seun JESUS CHRISTUS.

 As ek IN HOM GLO VIR MYSELF (besef en erken dat ék 'n sondaar is wat redding nodig het) vat ek deur GELOOF (in God se plan vir redding/VERLOSSING) Sy hand en trek Hy my uit hierdie modderslyk.

Alles is Hy, sonder Hom kan ons niks doen, ons kan dit geensins verdien nie, daarom kan ons geensins roem.

"moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem — dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word. Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie."

ROMEINE 11:18‭-‬21 AFR53

"Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. EN TOG, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak.

Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie.

Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak (geregtigheid), die heiliging en die verlossing. Daarom, soos daar geskrywe staan: “Dié wat wil roem, moet in die Here roem.”

1 KORINTIËRS 1:26-‬31 AFR83


2. 

"Christ Jesus, who became to us wisdom from God [revealing His plan of salvation],"

"Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God"

God se enigste plan vir verlossing, GOD SE WYSHEID word in hierdie plan geopenbaar. 






God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat IN (nie aan) Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie."

JOHANNES 3:16‭-‬18 AFR83




"Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."

1 KORINTIËRS 1:18 AFR83


Jesus is hierdie plan. 

Hy is die krag van God wat ons sonde kettings kon breek en Hy is die sigbare wysheid van God

"maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke,

 is Christus die krag van God en die wysheid van God."

1 KORINTIËRS 1:24 AFR83




As ek dan hierdie wyse plan van God glo, glo IN Jesus en wat Hy gedoen het aan die kruis vir ook mý, dan volg regverdigmaking (RIGHTEOUSNESS)


3.

"RIGHTEOUSNESS [making us acceptable to God],"

GEREGTIGHEID

Weereens iets wat net God kan doen. Ek kan nie myself regverdig voor Hom nie, myself aanvaarbaar maak vir Hom nie al doen ek watse goeie werke.

"For we all have become like one who is [ceremonially] unclean [like a leper], And all our deeds of righteousness are like filthy rags; We all wither and decay like a leaf, And our wickedness [our sin, our injustice, our wrongdoing], like the wind, takes us away [carrying us far from God’s favor, toward destruction]."

Isaiah 64:6 AMP

"omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos,"

I PETRUS 1:18‭-‬19 AFR53


Ek is nou IN CHRISTUS

En dit is GROOT ONVERDIENDE GENADE

Dis weereens Hy wat my inent op die wingerdstok of die Olyfboom deur WEDERGEBOORTE aan my te skenk, my aan te neem as Sy kind. My skoon te was in Jesus se bloed wat aan die kruis gevloei het.  Hy kyk nou na my deur Sy Seun. Jesus maak my aanvaarbaar vir God, Hy alleen bring versoening tussen my en God. Die gordyn het geskeur van die Allerheiligste toe Jesus sterf aan die kruis en het ek nou daarom vrye toegang tot God deur ons Here Jesus Christus.


“....without Me you can do nothing."

John 15:5 NKJV

"En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ’n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,"

ROMEINE 11:17 AFR53




4.

 "SANCTIFICATION 

[making us holy and setting us apart for God],"

"HEILIGMAKING"

Om eenkant gesit te word deur God vir God

"Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig WORD(proses), omdat daar geskrywe is: 

Wees heilig, want Ek is heilig."

I PETRUS 1:15‭-‬16 AFR53

"En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die Here, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees."

LEVÍTIKUS 20:26 AFR53


"En as die eerstelinge (Jesus) heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook. En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ’n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,"

ROMEINE 11:16‭-‬17 AFR53

"Remain in Me

and I [will remain] in you. Just as no branch can bear fruit by itself without remaining in the vine, neither can you [bear fruit, producing evidence of your faith] unless you remain in Me. I am the Vine; you are the branches. The one who remains in Me and I in him bears much fruit, for [otherwise] apart from Me [that is, cut off from vital union with Me] you can do nothing."

John 15:4‭-‬5 AMP

Ons doen hierdie nie uit eie krag nie en nie alleen nie. Hy vat my soos ek is (Hy het vir sondaars gesterf), maar los my dan nie soos ek is nie. Op die Nou pad van Heiligmaking verander Hy my meer en meer na die beeld van Sy Seun Jesus.


Hy word meer en ek al minder

‭‭John‬ ‭3:30‬ ‭AMP‬‬

"[30] He must increase [in prominence], but I must decrease."




God doen dit.

 Ek stap hierdie pad van heiligmaking MET MY GOD


"Indeed, He loves His people; 

All Your holy ones are in Your hand. 

They followed in Your steps

They accept and receive DIRECTION from You."

Deuteronomy 33:3 AMP

Dis soos die storie van die Silwersmit. Toe daar vir hom gevra word wat maak hy sê hy dat hy die silwer in die vuur hou om al die onsuiwerhede uit te brand. Die silwer is heeltyd in sy hand en sy oog is heeltyd daarop. Weer vra hul hom toe hoe weet hy wanneer die silwer reg is waarop hy antwoord: 

" wanneer ek myself daarin kan sien"


So suiwer die Here ons deur HEILIGMAKING, ons is heeltyd in Sy hand, onder Sy oog. Dis 'n proses, 'n nou pad SAAM MET HOM totdat Hy Homself, Sý beeld in ons kan sien.


Hierdie is 'n lewenslange proses van minder word.





"but grow [spiritually mature] in the grace and knowledge of our Lord AND Savior Jesus Christ. To Him be glory (honor, majesty, splendor), both now and to the day of eternity. Amen."
2 Peter 3:18 AMP


"Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; 

die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie

In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; 

ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; 

ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, 

op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie. 

Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. 

Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word."

2 KORINTIËRS 4:7‭-‬11 AFR83


Ons word dan al hoe meer omvorm om soos Jesus te lyk, te wees en op te tree sodat ons met ons lewens God sal verheerkik.

"Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is."

ROMEINE 8:29 AFR83

"God knew what he was doing from the very beginning. 

He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son.

The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him. After God made that decision of what his children should be like, he followed it up by calling people by name. After he called them by name, he set them on a solid basis with himself. And then, after getting them established, he stayed with them to the end, gloriously completing what he had begun

So, what do you think? With God on our side like this, how can we lose? If God didn’t hesitate to put everything on the line for us, embracing our condition and exposing himself to the worst by sending his own Son, is there anything else he wouldn’t gladly and freely do for us? 

And who would dare tangle with God by messing with one of God’s chosen? 

Who would dare even to point a finger? The One who died for us—who was raised to life for us!—is in the presence of God at this very moment sticking up for us. Do you think anyone is going to be able to drive a wedge between us and Christ’s love for us? There is no way! Not trouble, not hard times, not hatred, not hunger, not homelessness, not bullying threats, not backstabbing, not even the worst sins listed in Scripture: They kill us in cold blood because they hate you. We’re sitting ducks; they pick us off one by one. None of this fazes us because Jesus loves us. I’m absolutely convinced that nothing—nothing living or dead, angelic or demonic, today or tomorrow, high or low, thinkable or unthinkable—absolutely nothing can get between us and God’s love because of the way that Jesus our Master has embraced us."

Romans 8:29‭-‬39 MSG



HEILIGMAKING  is ook proses van geestelike groei vannaf moedersmelk na vaste kos




"Sanctification" verander jou ten goede



Mense begin Jesus al meer en meer in jou sien. Sy lig skyn in jou en deur jou.



As ek die voet van 'n enorme berg bereik en opkyk voel dit of die berg op my gaan val en kan ek bevrees raak en wil omdraai. As iemand dan langs my kom staan my hand vat en my begin bemoedig, aanmoedig en ophelp begin ek klim maar kort-kort wil ek omdraai as ek gly en val op my pad boontoe. Dis egter die persoon langs my wat my moed inpraat en aanmoedig om aan te hou, te VOLHARD.  



Ek kan dan besluit om dit te ignoreer en wel om te draai of om te gehoorsaam en aan te gaan. As ek gehoorsaam tree vir tree, oomblik vir oomblik voortgaan en uiteindelik die top bereik gaan ek nie die roem vat van "EK HET DIT GEMAAK" nie. 

Nee ek gaan terugdink en onthou as dit nie vir die persoon langs my was nie sou ek al omgedraai het, sou ek nie die top bereik het nie. Dus kry die persoon dan die dank en die eer want sonder hom sou ek en kon ek dit nie gemaak het nie.

 Dis dieselfde met ons lewenspad. As dit nie vir die Heilige Gees is wat ons aanmoedig, ophelp, trek en stoot nie sal ons nie die wenpaal haal nie. Dus is dit weereens nie my eie krag of verdienste nie. Alleen sal ek misluk en dit nie maak nie, maar deur Christus wat my die krag gee deur Sy Gees is ek tot alles in staat en daarom kry Hy die eer.

 DIT WAS WEEREENS NET HY.

Hy help jou, Hy dra jou ...soms net een ry voetspore 




Ons stap die pad van HEILIGMAKING in gehoorsaamheid en vertroue op die Here

Die fliek OVERCOMER beeld hierdie proses so mooi uit waar sy die maraton aanpak met haar pa se stem in haar ore wat haar tree vir tree touwys maak van hoe om die pad wat sy moet hardloop aan te pak en te voltooi. As gelowiges het ons ook ons Vader se stem in ons ore wat ons begelei, aanmoedig en waarsku. 



5.

 "and REDEMPTION 

[providing our ransom from the penalty for sin],"

VERLOSSING

"Redemption - to buy back : repurchase: to get or win back: to free from what distresses or harms: such as. : to free from captivity by payment of ransom"


DIE VOLGENDE VERS BEVESTIG WEEREENS BOGENOEMDE VERS

"For those whom He foreknew [and loved and chose beforehand], He also predestined to be conformed to the image of His Son [and ultimately share in His complete sanctification], so that He would be the firstborn [the most beloved and honored] among many believers. And those whom He predestined, He also called; and those whom He called, He also JUSTIFIED [declared free of the guilt of sin]; and those whom He justified, He also GLORIFIES  [raising them to a heavenly dignity]."

Romans 8:29‭-‬30 AMP

"en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik."

ROMEINE 8:30 AFR53


Regverdigmaking (JUSTIFICATION) - Eenmalige gebeurtenis

Die wegspring

justified [declared free of the guilt of sin];

Jy kan dit nie verdien nie

PLUS

Heiligmaking (SANCTIFICATION) - lewenslange PROSES

NOU PAD

He also predestined to be conformed to the image of His Son [and ultimately share in His complete sanctification], 


Jy kan dit nie self bereik nie

PLUS

Verheerliking (GLORIFICATION)- toekomstige gebeurtenis

glorified [raising them to a heavenly dignity].

Jy kan dit nie deur meriete ontvang nie

By die wenstreep verheerlik Hý ons (HE GLORIFIES US)

"WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie."

ROMEINE 8:18 AFR53

Let op die volgorde...dis nie heiligmaking voor Regverdigmaking nie. 

Dan is ons besig met verdiensgodsdiens  DIS DUS NIE GEHOORSAAM /HEILIGMAKING/ VERANDERING OM DIT TE PROBEER VERDIEN OM REGVERDIG GEMAAK TE KAN WORD VOOR GOD NIE, NEE DIT IS OMDAT HY ONS DEUR SY SEUN JESUS CHRISTUS ALLEEN GENADIGLIK REGVERDIG GEMAAK HET AS ONS IN HOM GLO.

 Heiligmaking/verander/ gehoorsaamheid volg AS GEVOLG VAN regverdigmaking en dit duur jou hele lewe lank tot Jesus jou kom haal op watter manier ookal, dan  eers gebeur verheerliking(glorification)

Regverdigmaking (JUSTIFICATION)

PLUS 

Heiligmaking (SANCTIFICATION)

PLUS 

Verheerliking (GLORIFICATION)

=

SAAM  GEE DIT VIR JOU (SALVATION) REDDING

=

 GENADE ONBESKRYFLIK GROOT







Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”