Is ons nie een liggaam nie?



Daar is die afgelope tyd soveel berigte in verkskeie koerante en sosiale media oor die toestand in kerke en veral die NG kerk, een van die grootste Christen kerke in ons land. Dalk is dit nou òns kerk nie en kyk ons ander pad, lees nie verder nie, wil nie daarvan hoor nie, of wys selfs vinger. 

Google maar NG kerk, sinode, doleer (wat treur beteken) en jy sal verskeie onlangse berigte opspoor wat die liggaam van Christus rede gee om te treur.





Dink jy nog dis nie ons probleem nie, maar is dit hoe Jesus daaroor dink?

Hierdie skrywe is glad nie gemik om enige kerk in 'n slegte lig te stel nie, maar eerder om saam te staan teen die dwaalleer wat ons kerke wil binnedring en so die waarheid bedreig. As ons nie gaan opstaan daarteen nie wat gaan vir ons nageslagte oorbly.

Is ons nie een liggaam nie?

"Die menslike liggaam het baie ledemate, maar hierdie baie ledemate vorm almal saam net een liggaam. So is dit ook met Christus se liggaam. Party van ons is Jode, ander Grieke, ander weer slawe en nog ander vry mense. Maar ons is almal gedoop sodat ons nou die een liggaam van Christus is. En ons is almal van die een Gees deurdrenk."
1 KORINTIËRS 12:12‭-‬13 NLV

Almal ingeênt deur WEDERGEBOORTE en deel gekry aan die olie.

As een deel ly dan ly al die liggaamsdele saam.

Die grootste skade wat ons aan die eenheid van die liggaam van Christus se kerk kan doen is om na onsself te verwys as mý kerk en jóú kerk.
Eers as elkeen die Bybel as norm en enigste waarheid aanvaar sal ons by eenheid kan uitkom.


"Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig."
1 PETRUS 3:8 AFR83
"wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;"
ROMEINE 12:16 AFR53
"ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,"
FILIPPENSE 1:27 AFR53

Jesus gaan nooit vir ons vra in watter kerk ons was nie, al wat van belang gaan wees is of ons in die olyfboom ingeênt is.

Die vervolgde Chinese Christen gelowige Brother Yun het gesê toe hulle net die Bybel gehad het was hulle eensgesind, die oomblik toe mense hul kerk se boekies begin saam met die Bybels insmokkel het was die kerk in China onmiddelik verdeeld.



Verdeeldheid is een van Satan se grootste wapens om die wêreld te verhoed om te glo

"Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

JOHANNES 17:20‭-‬23 AFR53

Die valse leerstellings wat gemeentes binnesluip veroorsaak verdeeldheid  maar die WAARHEID bind alle kinders van die Here saam in EENHEID ongeag van ras, kultuur of volk.

Die halwe waarhede wat verdeeldheid veroorsaak doen nie net ons onder mekaar skade aan nie maar keer ook dat die wêreld se ongeredes sal glo en gered word.

Dis dus 'n groter ramp as wat ons aldag wil herken



SONDE word vandag in baie kerke geakomodeer onder die dekmantel van GENADE en LIEFDE 

Hierdie praktyk en gesindheid red nie mense nie maar laat hul verlore gaan. 

Om sout en lig te wees red mense.




 In die vroeë kerk is sonde

  AANGESPREEK en VERWYDER.

  Dis ware genade en liefde.

Jesus het 'n DUUR PRYS betaal vir ons sonde en daarom kan ons nie ligtelik omgaan met sonde en dit akkomodeer nie. Omdat baie dit doen betaal óns nou 'n DUUR PRYS.




Paulus spreek juis die Korintiërs aan hieroor in die nuwe testament.

" 'n Mens hoor werklik van onsedelikheid onder julle, en dan nogal onsedelikheid van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie voorkom nie, naamlik dat 'n man en sy stiefma as man en vrou saamleef. En dan verbeel julle julle nog julle is beter as ander. 

Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? (SOOS OOR DIE HONDERD GEMEENTES NOU DOEN DEUR TE DOLLEER)

So sou julle die man wat so iets gedoen het, uit julle kring VERWYDER het. (ONGELUKKIG VERWYDER ONS NIE SO IEMAND MEER NIE)

 Wat my betref, al was ek nie persoonlik by julle nie, was ek tog in die gees daar. Asof ek werklik daar was, het ek oor die man wat so iets gedoen het, reeds in die Naam van ons Here Jesus tot 'n besluit gekom. Julle daar, en ek in die gees teenwoordig, saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die Satan oor te gee. So sou sy sondige aard vernietig word, SODAT sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom.

 Julle selfverheffing is nie mooi nie. 

Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? 

VERWYDER dan die ou suurdeeg, SODAT julle nuwe, ONGESUURDE deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. 

Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. 

Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ONSEDELIKHEID en ANDER SONDE nie,

MAAR MET DIE ONGESUURDE BROOD VAN REINHEID EN WAARHEID

In die vorige brief het ek aan julle geskryf om nie met mense om te gaan wat in onsedelikheid leef nie. Daarmee het ek glad nie die onsedelikes of die geldgieriges, bedrieërs of afgodsdienaars van hierdie wêreld bedoel nie, want om hulle te vermy, sou julle uit die wêreld moes padgee. 

Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand WAT HOMSELF 'n GELOWIGE NOEM, MAAR wat onsedelik of geldgierig of 'n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. 

Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. 

Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. 

Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: 

“VERWYDER die slegte mens onder julle uit!”

1 KORINTIËRS 5:1‭-‬13 AFR83


Die Woord gee aan ons die OPDRAG:

“VERWYDER die slegte mens onder julle uit!”

Hoekom? Want dit werk soos suurdeeg, dit laat die hele gemeente struikel en wegbeweeg van die Waarheid van die WOORD.

DIE WAT DIE SKRIF VERDRAAI MOET UIT DIE GEMEENTE VERWYDER WORD, MAAR VANDAG IS ONS UITERS VERDRAAGSAAM EN AKKOMODEREND.

Dit kom ons reeds duur te staan in ons skole en parlement.

 Die verrotting neem alles oor want niemand het hul gestop toe hulle met onbybelse waarhede begin het nie en steeds stop niemand hulle en verwyder hulle nie.

Bybel in praktyd praat soos volg oor hierdie skrif

"Die Christene in Korinte het ‘n VERWRONGE IDEE VAN GENADE (en LIEFDE) gehad wat daartoe gelei het dat hul trots was op hul verdraagsaamheid teenoor die seksuele oortreder. Hulle het geglo dat dit nie ‘n probleem was om in sonde saam te leef nie, aangesien God se genade onbeberk is. ‘n Bietjie suurdeeg…bietjie sonde wat geakkomodeer word besmet vinnig die hele kerk. Die seksuele oortreder is skuldig bevind aan sy sonde maar die hele gemeente was ook skuldig omdat hulle die man se ongehoorsaamheid oor die hoof gesien het"


Artikel in die nuwe Juig van Junie 2023 stel dit as volg in een van hul artikel

"Die waarheid sal veroorsaak dat baie jou haat"             deur Michael Brown

" kom ons bied die ware Jesus aan, die Jesus na wie die skares gestroom het, die Jesus wat saam met veragte tollenaars en prostetute geëet het. Kom ons demonstreer ware, Nuwe testamentiese liefde, die soort liefde wat die uitgeworpenes omhels en mense ontmoet waar hulle is. 

Jesus het immers gesê dat Hy gekom het "om te soek en te red wat verlore is" Luk19:10.....

Laat ons bekend wees vir ons goeie werke - vir ons vriendelikheid en deernis, dat ons armes en behoeftiges help, dat ons standpunt inneem vir geregtigheid en onreg bestry. Laat ons dit uitleef tot eer en verheerliking van God en tot voordeel van 'n lydende wêreld. 

Laat ons egter nie onsself mislei nie. Die selfde wêreld wat vir Jesus gehaat het sal ons ook haat. Dieselfde mensdom wat in Jesus se tyd die duisternis bo die lig gekies het, word steeds vandag na die duisternis aangetrek. 

Moenie jouself bluf nie.

 Jesus het vir sy dissipels gesê: “ 'n Leerling is nie hoër as sy leermeester en 'n slaaf nie hoër as sy eienaar nie. 'n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en 'n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie?”

MATTEUS 10:24‭-‬25 AFR83

As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle. Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem.

JOHANNES 15:18‭-‬20 AFR83

Hierdie teksvers beklemtoon dat sommige mense ons sal liefhê omdat hulle ons lewens sien, omdat hulle na Jesus aangetrek word en omdat hulle ook hul, harte vir Hom oopgemaak het. Ander sal ons haat omdat ons godsvrugtige lewens hulle afstoot, ons morele standaarde hulle nie aanstaan nie en hulle Jesus om die dood nie wil aanneem nie. Ongeag hoe verdraagsaam ons is, sal hulle ons brandmerk as dwepers, haters of erger.

Prakties gesproke beteken dit dat die jong, dwelmverslaafde, ongelowige egpaar wat saamwoon, steeds welkom en geliefd behoort te voel wanneer hulle by een van ons dienste instap. Hulle moet mense ontmoet wat vol vreugde is, wat bly is om nuwe gesigte te sien en wat hulle hanteer asof hulle familie is. As die Evangelie verkondig word en die Heilige Gees werksaam is, sal die nuwelinge terselfdertyd in 'n stadium bewus word van hulle sonde en berou kry.

  Hulle sal hulle wil bekeer en deur die kruis GENADE en VERGIFNIS ontvang.

 As hulle egter steeds elke week kan aanhou kom sonder om ooit ongemaklik te voel of onder 'n sondebesef te kom; sonder om ooit die heiligheid asook die liefde van God teë te kom, SKORT DAAR IETS DAADWERKLIK MET DIE BYEENKOMSTE.

Soos Jesus gesê het, die Heilige Gees sal "die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel..." (Joh16:8)

Die Heilige Gees sal ons ongemaklik maak oor ons sonde. Hy sal ons wegsteekplekke binnedring. Die Heilige Gees sal openbaar wat verkeerd is SODAT ONS REGVERDIG GEMAAK KAN WORD.

Laat ons dus ons bes doen om kerke en gemeenskappe te hê wat die ongekerktes sal liefhê, maar nie ten koste daarvan om die WAARHEID duidelik en met deernis te praat nie.

ONTHOU: As ons getrou aan Jesus, getrou aan die Woord  en getrou aan die Gees is, sal sommige ons liefhê en ander ons haat. Dit is onvermydelik."

(Dis die moeite werd om vir jou die nuwe Juig van Junie 2023 aan te skaf, kosbare artikels vir lig op ons pad)


Die vader in die gelykenis van die VERLORE seun het nie sy huis gaan verander om so bietjie meer na die wêreld te lyk met die hoop dat dit miskien sy seun sal terug lok huistoe nie, nee niks het tuis verander nie, die seun het verander, die seun het sy verlore toestand besef en verlang om te verkry wat sy vader vir hom gehad het.  

Nog nooit in die geskiedenis het die aanvaarding van sonde iemand by Jesus uitgebring nie, dis juis die oortuiging van sonde deur die HEILIGE GEES wat verlore sondaars by Jesus uitbring.

Alhoewel ware evangelie die verlore sondaar mens liefhet en gaan soek, akkomodeer of aanvaar dit nooit sonde nie, dit ontbloot sonde en verwyder dit deur ons skoon te was daarvan in die bloed van die Lam. Nuwe klere word ons aangetrek. Ons word eenkant gesit om God te verheerlik.

As iets of iemand sonde goed praat of verskoon is dit nie van God nie. Hy het in ons plek kom sterf daarvoor, hy het dit nie verskoon nie.

 Die straf is nie afgeskaf nie maar volbring.

As daar nie sonde oortuiging plaasvind nie, wat veranderde lewens tot gevolg het nie, het die Heilige Gees dalk die gemeente verlaat want dis wat Hy doen, Hy getuig, oortuig en leer ons om op die nou pad te loop sodat ons regverdig gemaak kan word. Hy die Pottebakker ek  maar net die klei ten volle oorgegee aan Sy wil. Die pad van heiligmaking sodat God die eer kry. Enige lering wat die teenoorgestelde leer is nie van God nie. 

Wat my getref het is as mense gemaklik met hul sonde voel in die kerk, bedoel daarmee aanhou en aanhou, is die Heilige Gees nog met ons of het Hy sy lamp weggeneem en ons kom dit nie eers meer agter nie, en is óns dan nog sout en lig. Lyk ons dan nie maar net soos res van die wéreld en maak geen impak meer vir God se koninkryk nie.


Ek kan so myself vereenselwig met die lied se woorde

LOVE THEM WITH THE TRUTH

(Casting Crowns)

For the longest time, I believed the lie
That I'm not a strong enough believer
To be the friend that can take your hand
And lead you straight to Jesus
I'm waitin' on the preachers, singers and the teachers
To string the perfect words together
But every single time I have to say goodbye
I wonder, will this be the last time?
I can't call myself your friend and walk away
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Yes, God is love, but God is just
And we are separated in our darkness
So God let Him who knew no sin
To become sin to make us right with Him
It's not about religion or earning God's forgiveness
With magic prayers or new behavior
It's all about your heart, He'll meet you where you are
Turn from your sin and trust in Christ as Lord
Jesus is the Truth, the Life, the Way
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
How I've prayed for this moment, that you would finally see
That God is more than religion, a stained-glass fantasy
And how I've prayed for the courage, for my silent faith to speak
Or that God would just send you a better friend than me
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)


Die SATAN gebruik ook skrif maar let op, JESUS staan op die Woord, Satan bevraagteken en betwyfel die Woord


As een deel ly dan ly al die liggaamsdele saam.

Daarom moet  ons sorg dra van mekaar. Worry wat met ander gemeentes gebeur en vir hulle erg bid. Mekaar vermaan en waarsku.

“Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk. terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. 

Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.”

1 KORINTIËRS 12:13‭, ‬24‭-‬27 AFR83

Groot probleem in vandag se tyd is ONKUNDE


"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet."

HOSÉA 4:6 AFR53


Die volgende berig het in die Burger 'n rukkie terug verskyn wat die sewe punte saamvat waaroor van die NG kerk se gemeentes huidiglik doleer en Namibië wil afstig.


Ons kan dus duidelik sien dat die rede waaroor hierdie gemeentes doleer baie meer oor gaan as net oor selfde geslag huwelike waarvan meeste bewus is. 

As ons elkeen van hierdie punte gebruik om dit wat in die Bybel staan daaroor uit die Bybel te skeur sal daar bitter min van God se Woord oorbly. Aanbid hulle dan nog die God van die Bybel of het hulle, hul eie afgod klaargekry. 

Om maar een vers aan te haal wat uitgeskeur sal moet word

 "Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."

II TIMÓTHEÜS 3:1‭-‬17 AFR53




As ons nie meer aan die duiwel glo nie dan moet ons die hele sondeval gedeelte in die skrif uitskeur en dan is niks verder relevant nie. Waarom het Jesus dan kom sterf. As ek kan besluit om gedeeltes van die Woord as mites te beskou en nie meer te glo nie, laat ek mos van die Bybel weg en het God nie uitdruklik gesê dat ons nie een woord mag weglaat of byvoeg nie anders gaan Hy ons uit die boek van die lewe weglaat. 

"Want Ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die Heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Openb 22 :18 19 

"Julle mag by die woord wat Ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat Ek julle beveel."

Deut4:2

"Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele."

Matt 5:19

"Alles wat Ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie."

Deut 12:32


"Voeg by Sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie"

Spreuke 30:6



Die BYBEL IS GOD SE WOORD, NIE WOORDE OOR GOD NIE!

Hy praat met Sy kinders deur Sy Woord.

As ons begin twyfel in die waarheid van God se Woord is verwarring ons voorland om nie eers van verdeeldheid te praat nie en wie sit agter dit?

Die Duiwel het juis in die paradys al Adam en Eva laat twyfel in God se Woord.

"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie."

JOHANNES 1:1‭-‬5 AFR83

Die slegte nuus vir hierdie valse leraars is die duisternis kan nie die lig(waarheid) uitdoof nie. Die waarheid is altyd soos olie in water, dit dryf altyd weer bo al probeer die vyand hoe om dit te meng met die water. Daarom maak seker jou lampie se olie is vol. Maak seker jy het die waarheid.

 Hoe?

By Jesus se voete tyd deur te bring in Woord soos dit daar staan en gebed. Hy sal nie vir ons 'n klip gee as ons van Hom 'n brood vra nie. Deur Sy Gees sal Hy aan ons die waarheid openbaar en ons daarin leer.



Ja die God van die Bybel is genadig en liefde maar hy haat sonde en het Sy Seun in ons plek laat sterf. Om sonde te akkomodeer en verdra is nie ware liefde nie, dit mislei en verwar mense.

 Iemand wat deur wedergeboorte kind van God geword het, genade ontvang het alleenlik deur wat Jesus aan die kruis gedoen het vir ons,  se lewe draai radikaal 180 grade weg van sonde.



"Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is...... Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom."

2 KORINTIËRS 5:14‭-‬15‭, ‬17 AFR83




Jesus het so baie keer gesè, gaan dan heen en sondig nie meer nie.

Ja ons val nog soms maar ons leef nie meer in sonde voort nie, ons wil nie meer sondig nie, ons staan weer op en het berou. Ons breek met die sonde, VERWYDER DIT UIT ONS LEWE en vra vergifnis.

Paulus praat hier van hulle wat sê hulle glo maar wat kies om in sonde te bly lewe, wat sonde in hul lewens nie mee wil breek nie. Wat ongehoorsaam is aan wat die Woord ons leer. Die Woord wil ignoreer, verdraai, weglaat of weggooi.

Jesus is die Woord (Johannes 1) dus beteken dit ons gooi Hom weg.

"Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug."

JAKOBUS 4:4‭-‬7 AFR83



Die Woord gee opdrag VERWYDER hierdie mense wat hul self gelowiges noem maar kies om in sonde te leef.

Ons moet bid vir hierdie gemeenstes wat skrifgetrou wil bly om hierdie dwaalleer met die krag en die wyshed van die Heilige Gees te verwyder sodat die Woord weer suiwer en ongehinderd bedien kan word. 

Die kerkbode berig as volg


Ons moet inderdaad weer vir ons self vra:
 "Wat leer die WOORD?
WAT SÊ GOD HIEROOR?"


Laat ons as liggaam van Christus vir mekaar bid, mekaar vermaan, mekaar bemoedig. Laat ons eensgesind wees deur die Woord as enigste waarheid te handhaaf en laat ons as gelowiges, wedergebore kinders van die Here alles daaraan toets selfs ons belydenisskrifte en kerklike dogmas. Laat ons vashou aan die waarheid en waak met ons wapenrustings aan teen die listige aanslae van die vyand wat net wil steel en verwoes.

Ons is in 'n geeslike oorlog en as jy dit nog nie besef nie veg jy dalk aan die verkeerde kant.

"Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. 
Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
EFESIËRS 6:10‭-‬18 AFR83

Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar HOU MOED: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
JOHANNES 16:33 AFR83




Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”