Is dit BELANGRIK dat WAARHEID
suiwer, suiwer moet wees?
Ja want die aflosstokkie van die Waarheid is 'n saak van (ewige) lewe of (ewige) dood.
Hoe lyk die "waarheid" van die
aflosstokkie wat elkeen van ons aangee?
THE TRUTH!!!
Maar wat as jy dalk nie die waarheid het nie?
Het jy al self die waarheid wat jy aan glo, aan die Waarheid van die Woord getoets of glo jy dit net blindelings soos Adam vir Eva geglo het? Net omdat iemand, selfs iemand dalk na aan jou dit vir jou geleer het? Daar is selfs skrif vir die waarheid waaraan jy glo, maar onthou jy die Duiwel het ook skrif gebruik om Jesus te versoek het in die woestyn. Die persoon by wie jy jou waarheid geleer het weet dalk net soos Eva, ook nie dat die Duiwel hul mislei het nie.
Wat as húlle verkeerd geleer is?
Ek wil my eie persoonlike getuienis met julle deel hoe die Here my aan die hand kom vat het en die waarheid vir my kom oopbreek het, soos die blinde man wat blind was en toe, na sy persoonlike ontmoeting met Jesus kon sien.
Die Farriseërs wou die waarheid van hierdie blinde man ook in twyfel trek.
Ek was geestelik blind en na my persoonlike ontmoeting met Jesus het Hy ook my oë begin oopmaak,
toe ek IN HOM begin glo het en nie meer AAN HOM nie.
Ek weet baie ken my storie, maar vir die wat dalk vir die eerste keer my leer ken wil ek graag my getuinis met julle deel.
My storie, soekend na die waarheid verloop natuurlik my hele lewe maar waar die skille van my oë afgeval het was toe ek baie siek geword het.
‘n Blouwildebees vlieg het in my oog vasgevlieg en ‘n larwe in my regter oog gelê en dit het vermoedelik breinvliesontsteking veroorsaak wat te laat opgetel is omdat hul heeltyd op my oog gefokus het. Teen die tyd dat hul besef het ek het breinvliesontsteking was ek al baie baie siek.
Ek het ‘n hele span dokters oor my gehad het, maar ek het onder hul almal se behandeling net bly versleg.
Dat ek nog hier is, is net een groot wonderwerk.
My pa het laas jaar meer as 20 jaar later een van die dokters raakgeloop en toe hy hom vra of hy my kan onthou het hy geantwoord dat dit onmoontlik is om al jou pasiente te kan onthou, maar so groot wonderwerk vergeet mens nie.
Dit was daar in daardie hospitaal bed toe dit vir my makliker gevoel het om te sterf as om te moet gesond word dat ek Jesus gevra het:
”Here as my saak met U reg is vat my,
maar as my saak nie met U reg is nie gee my nog ‘n kans.”
Dat ek leef en dat ek hier kan skryf meer as 20 jaar later beteken
MY SAAK WAS NIE MET HOM REG NIE!!
Teen alle verwagting in word ek gesond en ontvang ek so groot wonderwerk van goddelike genesing, en dat daardie dokter dit nog nie vergeet het nie, is 'n bewys daarvan.
Daarna was ek toe éérs erg soekend, nog meer as ooit na die waarheid.
Ek het die Bybel begin lees wat ek nie voorheen so baie gedoen het nie, ek het eerder dagstukkies gelees. Ek wou nou by Jesus self hoor en nie meer by mense. Hoe meer ek my verdiep het in die Woord hoe meer het die waarheid vir my begin oopmaak en hoe meer is daar 'n streep getrek deur die waarheid wat ek gedink het ek gehad het.
Ek het egter agv die meningitus wat ek gehad het my gehoor aan my regterkant 100% verloor en kon dus nie meer so goed hoor, veral as daar geraas was.
Ek wou nou met alles in my weet soos die tronkbewaarder en ander in die Bybel en oor baie eeue heen: WAT MOET EK DOEN OM GERED TE WORD, OM MY SAAK MET GOD REG TE MAAK?
Ek het gesmag na God se Woord en het die preke by die kerk vir my so, so belangrik geword maar agv klank probleme in die moederskamer(my baba was 6maande oud) kon ek feitlik niks van die preke hoor nie. My man moes oppad huistoe elke Sondag vir my die boodskap vertel. In die tyd was my nefie hul besig om kerk te bou en het hul in die skoolsaal bymekaargekom en ons begin nooi om hulle te besoek.
Ons het toe in die oggende na ons gemeente gegaan en in die aande na hulle sin. Omdat ek met my baba agter in die skoolsaal kon regop staan was hy rustig en kon ek die boodskap hoor omdat ek ook nou kon liplees waar ek nie mooi kon hoor nie. Daar in daardie skoolsaal hoor ek toe bekerings boodskappe en dat jy nie die koninkryk van God sal sien nie, as jy nie WEDERGEBORE word nie.
Die Here breek dit toe ook later aan my self in my stiltetyd ook oop in die Woord, waar Jesus met Nicodemus praat en vir hom, ‘n predikant van sy tyd sê hy moet wedergebore word. Hierdie man met meer kennis as meeste van sy tyd van die Woord, hy het dit nougeset probeer volg, hy moes ook self by die Here Jesus hoor, ook hý moes wedergebore word.
Die Woord sê sonder wedergeboorte
sal NIEMAND die hemel sien nie.
Ons as gesin was nou so honger vir die waarheid. Ons wou weet hoe om Jesus te volg soos Hy van ons vra. Hierdie Jesus die Seun van God wat my aangeraak het en ‘n tweede kans gegee het so onverdiend.
Ek wou vir myself of vir enige van my geliefdes nooit ooit weer hoor:
”Jou saak is nie reg nie”
Dis skrikwekkende woorde vir iemand wat Jesus haar hele lewe lang ken en AAN HOM GLO, let wel nie IN HOM GEGLO HET NIE.
Eendag 'n hele ruk nadat die Here my genees het, sit ek in ons nuwe gemeente en tydens die diens kom hierdie woorde in my kop op
“JY MOES DOOF WORD SODAT JY KON HOOR”
Sjoe tot hier het ek nog nie so baie beleef dat die Here so met ‘n mens kon praat nie en het gewonder hoe dink ek nou so iets teenstrydig en dit afgelag in my gedagtes en weer gefokus op die preek. Weer het hierdie woorde nou dringender by my opgekom en ek weet nie hoe ek geweet het dis die Here wat met my praat nie, ek het net geweet. Ek sê toe Here was ek so ongehoorsaam dat U my moes doof maak. Hy sê toe in my gedagtes, “NEE, dink terug hoe lank al is jy soekend na die waarheid en elke keer gaan julle deur diep water en gaan daar vir jou lig op en vrae en steeds het julle gebly. Eers toe ek jou doof maak was jy bereid om iewers anders te gaan hoor.”
JY sien eers toe kon ek boodskappe van wedergeboorte en die ware evangelie hoor en kon ek en ook my gesin gered word.
Die Here bring op daardie oomblik, ‘n oomblik uit my verlede helder in my gedagtes op waar ek in die Sondagskool klas sit en nadat ek op ‘n jeugkamp van 'n ander kerk was saam met my niggie, het die vers wat ek in 'n boodskap daar gehoor het “kyk ek staan by die deur en ek klop" by my vasgesteek het.
Ek het toe na die kamp daardie oggend in die sondagskoolklas gevra: "As ons van altyd af God se kinders is wat dan van hierdie vers?"
OPENBARING 3:20-22 AFR53
[20] Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. [21] Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. [22] Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê."
‘n OOR sou my later tref, nie ore nie, net ‘n oor soos ook ek nou gehad het wat kon hoor. Van myself kan ek nou getuig dat dit beter is om met een oor, wat kan hoor in die hemel te wees eendag as met twee wat kan hoor in die hel. Dus alhoewel dit baie moeilik met tye is om nie meer so goed te kan hoor nie, ek so onsettend dankbaar is elke keer as ek daaroor dink, dat ek moes doof geword het sodat ek kon hoor.
Ek dank en loof die Here vir Sy ongelooflike genade oor my.
Hulle antwoord my toe daar in die Sondagskoolklas soos volg daardie oggend (die Here laat my dit woord vir woord onthou)
“Dis vir mense wat in Hillbrow groot geword het en nog nooit van Jesus gehoor het nie, jy het in die kerk grootgeword, jy is gedoop, het gelowige ouers jou saak is reg”
Wat ons nou weet nie so was nie, nie omdat mense vir my so gesê het nie maar God self deur Sy Gees. Dus was al hierdie redes wat hulle aangevoer het hoekom my saak reg was volgens die kerk se leerstellings, was toe nie vir God ons Vader aanvaarbaar nie.
As dit was, was ek nou by Hom in die hemel.
Ek het dus voorheen 'n waarheid gehad, gedeeltes van die Waarheid, maar nie die Waarheid nie.
Ek het uit dankbaarheid begin huil en almal was verbaas dat ek so sonder rede skielik begin huil het. Ek kon net uitkry hoe goed die Here vir my was en dat Hy vir my kom sê het hoekom ek doof geword het, dat dit genade was en nie om my te straf nie. Nie almal kon seker op daardie oomblik verstaan hoe groot die oomblik vir my soekende siel was nie. Ek het geweet ek het nou die waarheid gekry en my saak is nou met Hom reg. Groot genade en nie uit verdienste. EK was so lank geestelik doof maar kon nou hoor.
Wat ek dus getuig is wat met myself gebeur het, nie met iemand anders nie, ek was soos daardie blinde man wat by Jesus self genesing ontvang het, self by Hom die waarheid gehoor het. Ek het by Hom gehoor en nie by mense. Dis een ding as mense jou probeer oortuig dat jy ‘n sondaar is en jou saak nie met God reg is nie, dis ‘n ander ding as Hy self vir jou sê jou saak met HOM is nie reg nie.
Baie het na my siekbed my probeer oortuig dat my saak wel reg was en dat ek verkeerd is as ek sê ek weet ek sou nie my oë oopgemaak het in die hemel nie, maar op grond van die waarheid van God se WOORD en Sy openbaring aan my weet ek dat ek weet ek sou nie in die hemel gewees het nie, nie omdat ek so verskriklike slegte mens was nie maar omdat ek nie volgens God se voorskrifte, Sý evangelie plan gered was nie.
Alhoewel almal wat agter gebly het so sou gedink het want my lewe was een van baie getrou kerk toe gaan, probeer gehoorsaam wees, voorbeeldig lewe ens. Hulle het my lewe gemeet op menslike terme en nie op God sin nie.
Die punt was, ek was nie wedergebore nie!
Oom Angus Buchan sê altyd:
"Goeie mense gaan nie hemel toe nie, net geredde mense gaan."
Jy is of Gered of nie gered!!
Niks tussenin nie!!
Net die ware waarheid kan jou red.
My storie is 'n genade storie wat ek nie verdien het nie, maar getuig van wie God is.
Wat ek toe moes hoor by Hom kom ons later bietjie meer in diepte by uit
Hoe belangrik is dit vir jóú dat jy dié ware Waarheid het?!
Dit klink seker na 'n dom vraag vir jou, maar in vandag se lewe vind mens al meer en meer dat waarheid gerieflikheids onthalwe aangepas word om aan te pas by mense se eie behoeftes en idees. Vandag se samelewing probeer almal oortuig dat WAARHEID relatief geword het, dus as iets vir my waar is, is dit nie noodwendig vir jou waar nie.
Dis nie waar nie want dan het elkeen wel 'n waarheid maar nie dié WAARHEID nie, en dan het ons 'n leuen.
Soos julle gesien het uit my eie getuienis is dit uiters belangrik, dat waarheid suiwer en onvervals moet wees
Dis 'n saak van ewige lewe of ewige dood!
As kinders van God weet ons dat die WAARHEID alleen deur God se Woord bepaal word, nie deur jou of my opinie nie. Vir ons as gelowiges is elke Woord van die BYBEL die enigste waarheid en daarom as God in Sy woord iets sê dan is dit so en kan niemand se opinie daaraan verander nie.
Glo ons dit regtig nog?
Ken jy die suiwer waarheid? Gaan jy in die aanloop tot die eindtye die leuen van die waarheid kan onderskei sodat jy en jou gesin nie verward word nie?
Die Here sê in sy Woord
HOSÉA 4:6 AFR53
[6] "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;..."
Om vervolg te word vir die waarheid is erg en sou hulle jou doodmaak daarvoor, sal jy jou oë oopmaak by Jesus in die hemel MAAR om verwar te word met die leuen kos jou die Ewige lewe by ons Here Jesus Christus.
Die vyand wil ons verwar met leuens en halwe waarhede, hy sal tot die Woord gebruik om ons van die leuen te oortuig. Hy het dit met Eva gedoen en ook met Jesus probeer doen.
Die gevaarlikste plek om te wees is binne 'n kerk maar valslik gerus.
Daarom moet ons die volle Woord raadpleeg onder leiding van die Heilige Gees en nie net sekere skrif op staan nie.
Daar is net een suiwer WAARHEID.
Nie myne of joune nie,
maar God sin?
NNB!!
Daarom moenie jou waarheid gaan toets om net met mense daaroor te praat nie (jy wil nie hulle waarheid hoor nie maar alleen God sin), gaan BID daaroor en vra die Here om dit vir jou deur Sy woord in jou eie tyd by sy voete te gee.
As jy net weer by mense gaan hoor sit jy dalk weer met net nog 'n mens se opinie, net nog 'n ander waarheid.
-----
JOHANNES 8:31-32 AFR53
[31] "En Jesus sê vir die Jode wat IN Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.
[32] En julle sal die waarheid ken, en die WAARHEID sal julle vrymaak."
Net die waarheid! Nie 'n waarheid
-----
Die probleem is elkeen dink hul eie waarheid, hul eie opinie, is 'n "non negotiable".
As jy hier dalk nou dink nee wat ek het die waarheid, wil ek jou eerlik vra, het jy dit al self aan God se Woord gaan toets, nie met net die skrif wat aan jou gegee is nie.
Die Heilige Gees sal jou in die volle waarheid van die Woord lei.
Die moeilikste ding om te doen is om iemand te waarsku wat dink hy weet!!
Dis hoekom dit so moeilik was vir die Skrifgeleerdes en die Fariseërs, om die Waarheid(Jesus) voor hulle te kon glo.
Wees asb bereid om jou waarheid net weer te toets, nie op grond van wat ek sê nie maar op grond van wat God sê.
Ek pleit by jou om self die Woord biddend te lees.
Hoekom pleit ek oor en oor, omdat die meeste mense dit sal onnodig ag om te gaan doen en so hou die vyand baie gevange in ander waarhede.
Waar begin jy? Begin met Johannes en lees die hele boek van voor tot agter elke dag stukkie vir stukkie. Bid dan dat die Here jou lei watter boek om volgende te lees. Op die manier gaan jy nie weer net seker verse lees nie, maar die geheel prentjie van God se ware Evangelie kry en dié waarheid sal jou vry maak.
Haal daarom asb vandag jóú waarheid bril af van wat jy reeds weet en vra die Here om deur Sý waarheid bril te kyk, vra hom om Sy waarheid opnuut aan jou te openbaar. Soms besef ons nie ons het ons waarheid, nie by Hom gekry nie maar by mense geleer, of dalk langs die pad aangepas deur wat ons iewers gehoor of gelees het.
Daar is baie amper waarhede op sosiale media wat ons elke dag gevoer word sonder dat ons werklik dit aan die Woord gaan toets.
Dit het met mý gebeur, daarom is mý storie 'n GENADE STORIE.
JY HOEF NOOIT BANG TE WEES VIR VERWARRING
AS JY DIE WAARHEID SELF VAN GOD BID, en net sy Woord gebruik nie.
Dis dan nie 'n mens wat jou geantwoord het nie, maar God self.
Bid, soek self, vra en vertrou dat Hy sal antwoord.
JAKOBUS 1:5-7 AFR53
[5] En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. [6] Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. [7] Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —
Iemand wat twyfel of God hul sal antwoord deur Sy Gees, val heeltyd rond tussen ander waarhede.
LUKAS 11:9-13 AFR53
[9] En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. [10] Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. [11] En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee; [12] of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee? [13] As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Dis dan ook die Heilige Gees wat die waarheid vir ons oopbreek. Laat Hom toe om jou gedagtes te lei en die waarheid aan jou oop te breek.
As jou waarheid wat jy het dan ooreenkom met Sy waarheid dan was dit goed om dit weer te getoets het, maar as dit nie Sy waarheid is nie, dan moet ons die
leuens veruil vir God se waarheid.
Die Vader van die leuen wil vir ons die slegte gee nie die goeie, hoekom dan verder vashou aan daai leuen, waar gaan dit jou laat opeindig?
Die Satan se leuens is so goed weggesteek dat as ons nie nugter en waaksaam is nie ons maklik daarvoor sal val.
Sy gevaarlikste leuen is die een met die meeste waarheid in, dus die een naaste aan die waarheid.
Toets alles wat jy hoor en lees aan God se Woord.
Die waarheid is nooit bang
om getoets te word nie.
Hoe belangrik is God se WAARHEID vir jou?
Hoe belangrik is dit werklik
vir jou dat hierdie waarheid suiwer moet wees?
Ek sal dit oor en oor vra tot elkeen besef dis lewensbelangrik!!!
Die waarheid wat jy het word deur soveel goed beinvloed waarvan seker die grootste invloed afkomstig is van wie of wat vir jou die belangrikste is.
Daardie iets of iemand gaan jou waarheid bepaal.
Dus voordat ons die waarheid kan bepaal moet ons eers bepaal wie of wat regtig vir my en jou die belangrikste is, dit gaan nie net jou waarheid beinvloed nie, maar veral ook jou bereidwilligheid om die waarheid te wil hê en hoe erg jy daarna sal soek.
Laat ons dan volgende vra.
Hoe belangrik is Jesus vir jou?
Feitlik alle CHRISTEN gelowiges sal dadelik sê Hy is natuurlik baie belangrik.
Dalk sou jy die volgende antwoord:
Maar jy sien hoe werklik belangrik Jesus vir jou is gaan bepaal hoe belangrik Sy WAARHEID werklik vir jou is.
Want Jesus is dié weg,
HY ís dié waarheid
en Hy ís dié lewe!!
Maar is Hy regtig vir jóú alles, die belangrikste of net nog iets in jou lewe?
Soms sonder dat ons dit besef kan iets of iemand anders Sy plek in ons lewe inneem (afgode)
Nooit sal ons dadelik sê want ons definisie van wat 'n afgod is, is die van beelde waarvoor mense buig en offer, maar afgode is soveel meer.
Ons verhoudings met God, onsself en ander of met besittings kan uitgebeeld word deur 'n driehoek.
Ek in die een hoek, iets of iemand in die ander en as jy gelowig is die Here heel bo in die boonste hoek.
Wie of wat bo in die boonste hoek van die driehoek is, is dit wat die belangrikste in my lewe is, alles draai daarom en is dit my God of my afgod.
Mense pas dan wat hul glo waarheid is aan by wie of wat bo in hul driehoek staan..
Ons kan net by die waarheid uitkom as ons eers bepaal wie of wat my waarheid beinvloed en dít regstel.
Eers as Jesus vir jou die belangrikste is sal Sy waarheid vir jou van die uiterste belang word.
Wie staan bo in my driehoek, is dit Jesus of moet Hy eenkant toe staan vir mense of dinge in my lewe of dalk vir myself? Me, myself and I...en arme ekke.
Ons moet dus bid dat die Here ook ons eie harte aan ons openbaar, moenie net aanneem jy weet nie.
JEREMIA 17:9-10 AFR53
[9] Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? [10] Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
Baie wil Jesus hê, maar min wil net Hom hê.
Baie wil eintlik hê wat hul by Hom kan kry.
Het Jesus die sleutels van elke kamer in jou lewe of net van sommige?
Soos Kyle Idleman sê in die fliek Not a Fan, het jy Hom al die “master key” gegee.
Ons sing so maklik saam…
"I surrender all"
maar doen ons werklik?
Jesus vra volle oorgawe aan Hom,
aan Sy wil en aan Sy Gees.
ROMEINE 8:1 AFR53
[1] "DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees."
Ongelukkig laat baie vertalings die laaste gedeelte uit.
Hulle wat volle oorgawe gemaak het aan Hom, wat Hom bo in hul driehoek geplaas het, wat Hom alles gemaak het in hul lewe wie se hart is om na die Gees te wandel en nie meer na die vlees te wil wandel nie.
In ons volgende hoofstuk van Die Pelgrim se reis van John Banyon lees ons van Ydelheidstad/ Vanity city.
Die Oxford dictionory som VANITY op soos volg
"Vanity is the excessive pride in or admiration of one's own appearance or achievements".
Christian en Hoopvol in die boek word ernstig gewaarsku deur Evangelis teen Ydelheidstad.
Hoekom? Wat was die grootste gevaar van Ydelheidstad?
Die Verering van afgode en om na die vlees te wandel.
Roem, Rykdom en genietinge wat vir hulle meer aanloklik was as God se Nou pad, dan begin ook wat ander van jou dink vir jou meer tel as wat God van jou dink.
Vir al hierdie dinge sal mense anderpad kyk as die waarheid bietjie aangepas of verdraai word.
Baie wil GRAAG die Godsstad hê,
maar daar is iets wat hul NOG GRAGER wil hê.
Enige iets wat jy GRAGER wil hê as Jesus is ‘n afgod.
Ek weet die woord GRAGER is nie die regte woord keuse nie, maar dis hoe die Here dit aan my gegee het en dit het by my vasgesteek miskien juis omdat dit nie 'n woord in Afrikaans is nie. Ons sal eerder sê jy sal iets liewer wil hê. Graag, liewer, graagste.
Party doen alles reg maar hou tog steeds vas aan daardie een iets wat hul "grager" wil hê en dis dan in werklikheid hul afgod en beinvloed hul waarheid.
Onthou ons praat hier nie van verdien om hemel toe te gaan nie, want dit kan ons nie, dis net genade, ons praat hier oor die persoon se hart. Dit wat in die persoon se hart aangaan is vir God ons Vader belangriker as enige iets anders want wat in die hart aangaan ontbloot wie of wat is god of God in hierdie persoon se lewe.
I SAMUEL 16:7-8 AFR53
[7] Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan. [8] Toe roep Ísai Abinádab en laat hom voor Samuel verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die Here ook nie uitgekies nie.
SPREUKE 15:11 NLV
[11] Die Here weet wat gebeur in die doderyk en in die onderaardse dieptes. Hoeveel te meer weet Hy wat aangaan in mense se harte.
Wie is bo in my driehoek?
Wie of wat bepaal my waarheid?
Ek kan nie my kultuur, my kerk, my geld, my huweliksmaat, vriendskappe, my aansien ens grager as JESU wil hê nie. Ons kan nie GOD EN MAMON DIEN NIE!!
In vandag se tyd wil mense of die Bybel(WAARHEID)aanpas by die kultuur van hul nasie of by die kultuur van hul kerk, maar alby moet aanpas by die Bybel, die waarheid van God.
As ons dit doen dan is elke wedergebore Griek, Jood, Chinees, Suid - Afrikaner, Rus ens eensgesind. Een in Christus Jesus ons Here en Verlosser.
ROMEINE 1:16 AFR53
[16] WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
NB!! LEES MET AANDAG DIE AANGEHAALDE SKRIF
Moenie dink jy ken die verse wat aangehaal word en dit nie weer lees nie, lees dit weer met aandag vir jouself. Die boodskap en waarheid lê juis in God se Woord en nie in mense se opinies nie. Die Woord is 'n tweesnydende swaard wat kan sny waar mense woorde nie kan nie. Daarom haal ek die vers aan en plaas nie net verwysing in hakkies van die adres van die vers nie.
JOHANNES 3:16-21 AFR53
[16] Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [17] Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. [18] Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel OMDAT hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
[19] En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. [20] Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. [21] Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
Weer vir ELKEEN WAT GLO
Hebreërs 4:11-13 AFR20
[11] Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie. [12] Want die woord van God is lewend en kragtig, en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit dring deur tot by die raakpunt tussen siel en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel die hart se voornemens en gedagtes. [13] Ja, niks wat geskape is, is vir Hom verborge nie, maar alles is oop en bloot voor sy oë, Hom teenoor wie ons ons moet verantwoord.
GOD weet wie of wat sit werklik op die troon van my hart en gedagtes, wie of wat is werklik bo in my driehoek
Sal Jesus se genade nie dan so iemand verskoon nie?
Indien ons nie daardie iets of iemand wil offer (op offer, bereid wees om te verloor) nie wys dit dat Jesus net nog iets in ons driehoek is en nie alles is en bo staan nie.
Tog sal die vyand aan ons fluister, maar God is liefde en sal nooit van ons verwag om iets wat vir ons so waardevol is op te offer vir Hom nie.
Nie?
Het Jesus nie van die Ryk jong man gevra om sy rykdom op te offer nie?
Dit waarvoor hy so hard gewerk het. Klink rykdom dalk maklik om op te offer vir jou? Dan nog erger, God vra vir Abraham om Sy enigste seun, waarvoor hy so lank gewag en gebid het, sy kind te offer.
Iemand jok hier, of die vyand wat ons wil laat glo ons kan iets of iemand liewer wil hê, "grager" wil hê as Jesus en dis maar reg so of die Bybel jok.
Maak dit Hom wreed om van mense moeilike goed te vra wat Hy weet vir hulle so baie beteken? Nee, Hy wil ons harte aan ons openbaar. Hy het ons te lief, so lief dat Hy Sy enigste Seun in ons plek laat sterf het sodat ons nie verlore sal gaan nie.
Waarheid is:
Ons kan nie God en afgod dien nie.
MATTHÉÜS 6:24 AFR53
[24] Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Ons kan nie die wêreld wil behou en ook Jesus hê nie.
Christian in die boek The Pelgrims progress moes bereid wees om alles en almal te verloor terwille van die evangelie waarin hy nou vir homself geglo het. Sy vriende, bure en selfs sy vrou het teen hom gedraai. Dit het hom nie laat terugdraai om haar of hulle te probeer behou nie. Jesus was vir hom nou alles en het hy alleen die Nou pad begin stap, sonder hulle.
Wat die uiteinde van hierdie besluit van hom was is dat sy gesin later agv sy voorbeeld en volharding ook gelowig geword het en gered is. As hy hulle wou behou het ten koste van Jesus was hulle en ook hy verlore. Om ons geliefdes te kies bo gehoorsaamheid aan God, trek niemand nader aan Hom nie.
Abraham wys sy keuse dat God bo alles in sy driehoek is deur gehoorsaam sy seun te gaan offer. Was dit vir hom ‘n maklike offer, alles behalwe, dit was sy alles, sy kind.
Het hy geweet toe hy in geloof die keuse maak om God bo alles te stel en volg dat God ‘n ram sou stuur in Isak se plek?
Nee, hy het nie. Hy het gehoorsaam omdat God so sê. Nie begin redeneer of God dit regtig vra, dit regtig bedoel ens nie. Net geglo en gaan doen.
GOD SAID IT, I BELIEVE IT, THAT SETTLE IT
Abraham kry nie die keuse hier om tussen God en afgod te kies in die begin van sy geloofspad met die Here nie, maar heelwat later, dus kan ek op enige tydstip van my lewe 'n afgod toelaat in my lewe sonder dat ek dit besef. Wees dus altyd waaksaam en nugter want die Duiwel loop rond soos 'n brullende leeu op die uitkyk wie hy kan verslint.
Goed begin waarborg nie goed eindig nie.
Baie sal sê dat God liefde en genadig is en sal verstaan
dat jy nie hierdie of daardie kon los nie.
Dis 'n leuen!!
WAARHEID IS: Jy kan nie God en afgod dien nie en jy kan nie sonde verdedig, verskoon en wil behou nie.
Jesus sê wel Hy gooi haar ook nie met klippe nie, maar sê dan vir haar gaan en sondig nie meer nie. Hy het wel gekom vir sondaars en saam met hulle verkeer, maar dan het hulle verander, nie Hy nie.
Genade en liefde het ons juis aan die kruis gekry om ons in die posisie as regverdig en geheilig te plaas, verlos van sonde maar daarna moet ek vanuit my posisie van skoongewas, geheilig, dus gaan heilig leef nie tot redding nie maar agv redding uit genade onverdiend. Niemand is volmaak nie, maar ons moet daarna streef, maar weereens kom dit wat in jou hart is hier ter sprake wat wys in jou dade.
MATTHÉÜS 7:16-21 AFR53
[16] Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! [17] So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. [18] 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. [19] Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. [20] So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. [21] Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
As geredde kind van God moet jy nie nou meer sondig nie,
jy wil nou nie meer sondig nie.
As so iemand val(nie willens en wetens), soos Dawid, het hy berou, gaan vra vergifnis en draai weer weg van die sonde, hy maak nie soos Saul verskonings daarvoor nie of glo soos sommiges God se genade en liefde sal hom toelaat om maar daarin te volhard nie.
God haal ons uit sonde uit Hy los ons nie daarin of erger plaas ons weer terug daarin nie.
Dit wat jy weier om te los is daardie iets of iemand wat jou weerhou om God gehoorsaam te wees, en om Sy waarheid te glo en te doen.
Baie sonde en leuens word vandag in baie kerke geakkomodeer onder die woorde jy mag nie oordeel nie en liefde bedek alles.
Ja die sondaar is welkom net soos hy is, maar God se genade en liefde was hom dan juis skoon, hy bly nie in sy sonde voort leef nie. Hierdie Liefde en genade verwyder juis jou sonde so ver as die ooste van die weste van jou, dit laat jou nie in jou ou sondige lewe voortlewe nie. As dit so was, dat niks verander het en ek maar net verder leef soos voorheen, wat was dan die punt dat Jesus vir ons moes kom sterf?
Die Woord sê jy is 'n nuwe mens, God VERANDER jou meer en meer om soos die beeld van Sy Seun te word.
2 KORINTIËRS 5:17-21 AFR83
[17] Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. [18] Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. [19] Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. [20] Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! [21] Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Jy moet dit aanvaar, jy het dit nie maar net nie.
EFÉSIËRS 4:17-25 AFR53
[17] DIT sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie — [18] mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; [19] wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe. [20] Maar julle het Christus nie so leer ken nie, [21] as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: [22] dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, [23] en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed [24] en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. [25] Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
KOLOSSENSE 3:9-11 AFR53
[9] Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het [10] en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, [11] waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal
Die kruis is juis die simbool van God se liefde en genade, onverdiend. Jy het dus Sy liefde en genade daar by die kruis ontvang om jou te verlos van sonde, die ou mens en nie om jou die groen lig te gee om maar daaraan vas te hou en voort te gaan in dit nie.
Die verlore seun het nie in sy varkhok klere bly leef nie, hy is skoon aangetrek.
Waarheid is:
HY HET JOU MET SY BLOED SKOONGEWAS.
DUUR BETAAL!!
HOE SAL HY JOU DAN MAAR NET WEER TERUG SIT IN DIE VARKHOK VAN SONDE?
Ons almal weet en stem saam hoe heilig God is, maar ons redeneer met mekaar hoe heilig ons wat nou Sy kinders is moet wees, ons wat nou in Sy heilige teenwoordigheid deur wat Jesus vir ons gedoen het mag ingekom. Die gordyn van die allerheiligste van die tempel het geskeur en ons direkte toegang tot ons Vader gegee.
Dis dus nie gehoorsaam om te verdien nie want ons kan nie, maar gehoorsaam omdat ons gered is, ONVERDIENDE GENADE EN LIEFDE ontvang het, wedergebore is en nou in Sy huisgesin deel en lewe. Ons leef nou anders, ons leef nou as Sy kinders.
Dalk het ons vergeet wie God is en hoe heilig Hy is.
Die vrees vir die Here is nie om vir Hom bang te wees nie, maar om Hom bo alles te plaas, onsettende ontsag en eerbied vir Hom te hê.
Baie het hierdie ontsag en eerbied vir Hom verloor.
Die wat hul vrees vir die Here verloor sal Sy WAARHEID nie met hulle hele hart soek nie en dit maklik verdraai om by hul eie begeertes te pas of om mense te "please"
Die vrees vir die Here plaas Hom bo in jou driehoek, en het gehoorsaamheid aan Hom as vrug.
I PETRUS 1:13-19 AFR53
[13] DAAROM, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. [14] Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.
[15] Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,
[16] omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
[17] En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees(eerbied) gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;
(HOEKOM?)
[18] OMDAT julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, [19] maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos,"
Hoe kan ons dink ons kan in onheiligheid voortlewe as ons Vader die ALLERHEILIGSTE GOD is. As iemand in God se teenwoordigheid gekom het in die Bybel, was hul dadelik bewus van hul eie vuilheid en onreinheid en het voor sy aangesig neergeval. Die Israeliete het gepleit dat God eerder deur Moses met hulle praat by die berg. Niemand kon in sy teenwoordigheid kom sonder om onsettende eerbied en ontsag vir Hom te hê nie.
Die hemelwesens sê ook nie genadig en liefde is die Here nie maar HEILIG en ook nie een keer nie maar 3 keer. Besef ons werklik hoe heilig Hy is?
OPENBARING 4:8 AFR53
[8] En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!
As ons in die regte verhouding staan tot die vrees vir die Here en besef van Sy heiligheid sal Sy waarheid vir ons ontsettend belangrik en ononderhandelbaar wees.
Waarheid is:
Bekering is 'n U draai,
jy vlug van die sonde wat se uiteinde die ewige dood is, jy probeer dit nie verdedig en behou nie.
Hierdie liefde en genade (JESUS) het jou juis onder die slawejuk van sonde kom uithaal sodat SONDE NIE MEER OOR JOU KAN HEERS NIE MAAR SAAM MET DIE HEILIGE GEES WAT NOU BINNE JOU WOON JY NOU DAAROOR KAN HEERS.
JOHANNES 8:31-32 AFR53
[31] En Jesus sê vir die Jode wat in Hom GEGLO het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.
[32] En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak."....
[36] As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees."
Net God se waarheid(die ware Evangelie, Sy Seun) kan ons vry maak en red.
---------
Jy sien WAARHEID is so belangrik dat dit nie net 'n saak van lewe en dood is nie,
maar van EWIGE LEWE EN EWIGE DOOD.
---------
Mense wil egter hul eie aanpassings ook aan die Evangelie maak. Hul wil kerke hê wat hul sonde akkomodeer nie aanspreek en van verlos nie. Dan dien jy nie meer die Jesus van die Bybel nie, dan het jy vir jouself 'n afgod gemaak wat by jou begeertes pas.
ROMEINE 1:23-32 NLV
[23] dat hulle die verering van die onsterflike God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld.
[24] Om hierdie rede het God hulle aan hulle eie sondige hartstogte oorgegee, met die gevolg dat hulle onsedelikheid begin bedryf het deur oor en weer immorele praktyke met mekaar se liggame te beoefen.
[25] Hulle het immers so ver gegaan om die ware kennis(WAARHEID) van God te verkwansel vir die leuen en God se handewerk te vereer en te dien in plaas van die Skepper self – dié God wat vir ewig geprys behoort te word. Amen!
[26] Dit is daarom dat God hulle oorgegee het aan hulle eie skandelike drifte. Selfs die vroue het die natuurlike seksuele verkeer verruil vir wat teen die natuur is, naamlik dié met ander vroue. [27] Op dieselfde manier het die mans die natuurlike manier om seksueel te verkeer prysgegee en ’n brandende begeerte na mekaar begin koester. Mans het skandelike dade met mekaar bedryf. Gevolglik moes hulle in hulle eie persoon die duur prys vir hulle perversiteit betaal. [28] Inderdaad, omdat hulle geweier het om aan God die erkenning te gee wat Hy verdien, het Hy hulle oorgegee aan hulle skewe ingesteldheid. Gevolglik doen hulle allerlei onbehoorlike dinge. [29] Hulle lewe word gekenmerk deur elke vorm van ongeregtigheid, boosheid, grypsug, kwaadwilligheid; hulle is vol jaloesie, moord, twisgierigheid, skelmstreke, slegte bedoelings en skinderpraatjies. [30] Hulle stook kwaad, haat God en is arrogant, hooghartig en verwaand; hulle is vindingryk om slegte dinge te bedink en ongehoorsaam aan hulle ouers; [31] jy kan nie met hulle redeneer nie en ook nie op hulle reken nie; hulle is liefdeloos en sonder ontferming vir ander mense. [32] Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is."
"Hulle is bewus van God se bepaling", maar tog voeg hul by en vat weg om by hul eie waarheid te laat pas
ESEGIËL 14:1-23 NLV
[1] Party van die leiers van Israel het by my besoek kom aflê. Terwyl hulle by my sit, [2] het die Here vir my gesê:
[3] “Mensekind, hierdie leiers het hulle harte op afgode gerig. Hulle het die struikelblok van sonde in hulle lewe toegelaat. Hoekom moet Ek toelaat dat hulle enigiets van My vra?
[6] “Daarom, sê vir die volk Israel die oppermagtige Here sê: Draai om! Draai weg van julle afgode! Hou op met julle afskuwelike dade! "
Die Here wys ons afgode aan ons uit sodat ons,
ons daarvan kan bekeer en terugkom na Hom.
ELKEEN GAAN VIR HOM OF HAARSELF VOOR DIE HERE ONS GOD STAAN of ons Sy waarheid gedoen en hoog geag het of ons eie variasie daarvan.
Wyse raad in 'n neutedop: "firmly rooted in the Word. Get to know the truth for yourself. Develop a personal relationship with Jesus Christ. (Die Jesus van die Bybel) Sober, vigilant lest you be deceived. Be alert and pray without ceasing"
As almal net hierdie raad hierbo wou ernstig opneem, het ek nie nodig om iets verder te skryf nie want die Here sal self dit aan elke gelowige openbaar. Baie glo egter geleerdes, kerklike leerstellings, tradisies en hul eie opinies bo die van die Woord. Ons lewe in die laaste dae!
Dra mense se opinies dalk vir jou ook meer gewig as God se Woord?
Hoe baie van ons wil ons uit gehoorsaamheid uit redeneer.
Hoekom?
Is daar dalk iets wat ons bang is om te verloor, dalk gaan moet opgee. Baie gaan hoor dan daarom ook nie self by Hom oor 'n saak nie omdat hulle vrees dat Hy dit van hul sou vra.
Is mense of dinge dalk groter in jou lewe as wat jy besef?
Die boek “When people are big and God is small” verduidelik dit so goed dat dinge en mense kan groter rol en plek in jou lewe begin inneem as God en dan word dit jou afgod. Ons het gesien jy wil dit grager hê, dit behou, dit beskerm, dit dien. Dit maak jou dan 'n "people pleaser" ipv 'n "God pleaser" Dit beheer jou, dit maak jou ongehoorsaam aan God. Dit laat jou die waarheid aanpas, "compromise "
Is jou verhouding met Jesus vir jou belangriker as jou verhouding met mense of dinge?
Die wêreld wil nie mense te na kom nie,
maar gee nie om, om Jesus in die proses te na te kom nie.
Kom ons kyk weer na die gedeelte oor die Ryk jong man wat Jesus sê oor iemand wat iets "grager" liewer wil hê as Hom alleen.
Matthew 19:22 AMP
[22] But when the young man heard this, he left grieving and distressed, for he owned much property and had many possessions [which he treasured more than his relationship with God]
Hy kies sy rykdom bo Jesus, die keuse laat hom weggaan van Jesus af, weg van die waarheid.
TOG was die Here vir hom belangrik die dat hy al van sy jeug af alles reg probeer doen het, maar sy keuse wys dat rykdom bo in sy driehoek gestaan het en sy eintlike god was.
HY WOU SY RYKDOM
"GRAGER" HÊ AS VIR JESUS
Rykdom het sy hart besit, hy het nie rykdom besit nie. Jesus het dit geweet, Hy wat in ons harte kan sien, wat meer belangstel wat in ons harte aangaan, het vir hom die vraag gevra sodat hy kon sien dat sy hart nie werklik aan Hom behoort nie. Maar ipv om van die afgod ontslae te raak in sy lewe het hy gekies om van Jesus af weg te stap sodat hy die afgod van sy hart kon bly behou.
DIE WAARHEID IS:
Ons kan nie Jesus plus in ons lewe volg nie.
Dis net Jesus of dis nie.
He is rather Lord of all or not Lord at all
Alhoewel dit hom bedroef, hartseer maak om nie Jesus te volg meer nie is dit vir hom erger om sy rykdom te moet opgee/offer. (Vir party is dit daardie iemand of soms selfs 'n sekere kerk denominasie of die waarheid wat jy dink jy het)
Maar in die proses offer hy sy verhouding met Jesus, gee hy dit op. Die amplified het ons gesien sê,
"which he treasured more than his relationship with God"
GOD OF AFGOD?
Ons moet die keuse maak
[23] En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat 'n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. [24] En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
Jesus sê self hier dat die ryk jong man nie in die koningkryk van die hemel sal ingaan nie weens die afgod van rykdom in sy lewe.
Geld is nie boos nie, maar sy liefde vir geld bo sy liefde vir God is.
Hy sal eerder die Here verloor as wat hy sy geld sal wil verloor.
Sy liefde vir geld beinvloed sy gehoorsaamheid aan God
Wat sal ons ten alle koste wil behou,
al kos dit ons, ons verhouding met Jesus?
Ons gehoorsaamheid wys ons liefde vir God
JOHANNES 14:21 AFR53
[15] As julle My liefhet, bewaar my gebooie
[21] Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Ons het een keer op 'n kerk kamp moes die keuse maak of ons bereid was om alles op te offer vir Jesus onder andere ons kinders, ons werk(inkomste) ens. Sjoe ek moet erken dit was nie 'n maklike keuse nie, mens wil liewer terugdeins en vlug van so 'n keuse, maar ons moes in ons harte kyk en besluit is Jesus werklik vir ons belangriker as enige iets anders. Kon Hy soos met Abraham enige iets by ons terugvat, ook ons kinders. Jy sien Hy moet so alles wees vir ons in ons harte, daar is nie bietjie van Hom en bietjie van die wêreldse dinge nie.
En toe net die volgende dag het ons 'n oproep gekry wat ons meegedeel het dat my man se afdeling toemaak en ons, ons inkomste verloor het. Ons was steeds op die kerkkamp op daardie stadium en sou ons terug gaan na niks, geen werk geen inkomste.
Ons moes eintlik dadelik oppak en terugry, maar op daardie oomblik herinner die Here ons aan ons keuse die vorige aand om Hom met alles te vertrou, dat ons alles vir Hom teruggegee het en dat ons nou Hom moet vertrou as genoeg in ons llewe.
Soos die liedjie sê: "I (we) surendered all"
Dis Hy wat sorg. Hy is die God van die mossie. Ons het toe weer die behoefte gekry om weer na die gebedskamer te gaan en weer alles vir Hom in gebed te gee. Ons het die res van die kamp bygewoon en die Here het later ingetree en vir ons weer werk gegee, beter as die een wat my man verloor het.
Die Here sorg, Hy is getrou, Hy is genoeg.
MATTHÉÜS 7:7-8 AFR53
[7] Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. [8] Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Hoe ernstig soek ons, klop ons?
Party dien Jesus en...
Party sal Hom volg MAAR...op hul eie voorwaardes en terme
Party sal Hom alles maak in sekere areas van hul lewe maar net nie hier of daar nie
Luke 9:59-62 AMP
[59] He said to another, “Follow Me [accepting Me as Master and Teacher].” But(MAAR) he said, “Lord, allow me first to go and bury my father.” [60] But(MAAR)He said to him, “Allow the [spiritually] dead to bury their own dead; but as for you, go and spread the news about the kingdom of God.” [61] Another also said, “I will follow You, Lord [as Your disciple]; but (MAAR) first let me say goodbye to those at my home.” [62] But Jesus said to him, “No one who puts his hand to the plow and looks back [to the things left behind] is fit for the kingdom of God.”
Abraham was bereid om daardie iets wat vir hom die belangrikste in sy lewe was te offer, sy enigste kind.
Is ons bereid om die Isak in ons lewe te offer?
Wat is jou Isak?
Isak kan tot die waarheid wat jy dink jy het wees. Is jy bereid om God toe te laat om deur Sy Gees Sy onvervalste waarheid self aan jou te openbaar, jou waarheid in te ruil vir Sy waarheid?
Dalk besef jy nie, soos ook ek voorheen, dat die WAARHEID wat jy het, jy by iemand geleer het en nie werklik by Iemand met 'n hoofletter nie, by God self nie
Wat moet ons gehoorsaam? SY WAARHEID.
Deur God se ware evangelie plan van versoening is dit moontlik vir hierdie jong rykman en enige ander persoon maak nie saak hoe vuil jou lewe is nie, om in die hemel te kom, as ons berou het oor ons sonde en in Jesus glo as ons Verlosser. As ons opregte ware berou het en terugdraai na God, as ons afgode in ons lewens bemerk, dit laat staan en Hom weer bo alles en almal in ons lewe plaas, dien en volg. By God is daar vergewing, by Hom is dit moontlik om skoongewas te word.
Volg ons die onvervalste waarheid of die massa?
Het jy die ware plan van God, die suiwer Evangelie, die onvervalste waarheid of 'n aangepaste een wat sondes, eie opinies en afgode akkomodeer?
Die Satan kom nie na ons met Satanisme nie, maar met godsdiens en selfs 'n aangepaste, verdraaide evangelie.
Ryk jong man vervolg verder;
[27] Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?
[28] En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My GEVOLG het, in die WEDERGEBOORTE wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. [29] En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. [30] Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.
In Matteus staan daar dan ook
Matthew 10:37-38 AMP
[37] “ He who loves father or mother more than Me is not worthy of Me; and he who loves son or daughter more than Me is not worthy of Me. [38] And he who does not take his cross [expressing a willingness to endure whatever may come] and follow Me [believing in Me, conforming to My example in living and, if need be, suffering or perhaps dying because of faith in Me] is not worthy of Me.
MATTEUS 10:37-39 NLV
[37] “As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. [38] As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. [39] As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”
Hulle wat iets of iemand "grager" wil hê as Jesus
IS NIE WERD OM EEN VAN SY MENSE TE WEES NIE
As ons aan iets in hierdie lewe vasklou wat vir ons meer werd is as om Jesus gehoorsaam te volg dan sê die woord verdien ons nie om een van Sy mense te wees nie, maar as ons dit wat vir ons so belangrik is, bereid is om op te offer vir Jesus sal ons dubbel en dwars terugkry, goed baie meer werd as wat ons dink ons verloor het.
MATTEUS 16:24-28 AFR83
[24] Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, [25] want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. [26] Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe? [27] Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld. [
Jou lewe soos jy dit wou gehad het opoffer,
jou wil ruil vir Sy wil in en vir jou lewe
JOU WAARHEID RUIL VIR SY WAARHEID
Ek kan so erg aan JESUS glo dat ek selfs bereid sou wees om vir Hom te sterf, my fissiese lewe vir Hom te offer, maar tog is ek nie bereid om daardie iets of iemand op te offer nie, my huweliksmaat, my kinders, my werk, my finansies ens. Dan staan daardie iets/iemand bo in my driehoek en nie Jesus nie, en is Hy nie waarlik my God nie, daardie iets of iemand is vir my belangriker as Hy.
Ons kan dink God is liefde en genadig Hy sal begrip hê daarvoor, maar hoe voel die Here daaroor volgens Sy Woord?
EXODUS 34:13-17 AFR53
[13] Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. [14] Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die Here se Naam is Jaloers — 'n jaloerse God is Hy. [15] Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet; [16] en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer. [17] Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
Ook die tien gebooie leer dit vir ons
EXODUS 20:2-6 AFR53
[2] Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. [3] Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. [4] Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. [5] Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; [6] en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
DIE WAARHEID IS: Om God se waarheid te verdraai is om te buig voor jou afgod.
Wat wil jy die graagste hê?
Die dissipels sê dan iets wat beskryf wat ware dissippels van die Here doen
“Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?”
Alles verlaat en Jesus gevolg!!
Dis die verskil tussen 'n ware volgeling(Follower) van Jesus en net 'n Bewonderaar(Fan) van Hom
Hulle het hul lewe van hier en nou opgeoffer, nie daaraan vasgehou nie en Hom gehoorsaam GEVOLG. Abraham het dieselfde gedoen. Alles gelos weggetrek sonder dat hy geweet het waarheen en hoekom, hy het God tot die uiterste gehoorsaam.
Hy het GOD SE WIL VIR SY LEWE GESOEK EN NIE SY EIE NIE
Hy antwoord hulle dat hulle loon groot gaan wees daar by Hom in die hemel, maar die jongman wat sy huidige lewe, rykdom en plesier wou behou gaan sy beloning verloor en gaan dit vir hom moeiliker wees as kameel deur naald se oog om in hemel te kom.
Sommige besef nie altyd dat daar afgode in hul lewe is nie, afgode laat jou sondig, dit laat jou ongehoorsaam word aan God se opdragte soos met Dawid gebeur het toe Batseba vir hom so belangrik geword het dat hy teen God gesondig het.
Dawid moes toe hoor, “Jy is daardie man” waarna hy in berou voor die Here gaan huil en wegdraai van sy sonde.
Moet ek of jy dalk vandag daardie woorde hoor?
"Jy is daardie man/vrou!"
Vader ons bid daarom nou die volgende woorde van psalm139
PSALMS 139:23-24 AFR53
[23] Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; [24] en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
Amen.
Ons kan goed begin maar ver van God eindig, maar die goeie nuus is ons kan terugdraai ook. Ons moet egter nie talm nie, ons leef elke oomblik in genade tyd, Jesus se koms is voor die deur.
Spreuke 23:22-23 AFR20
[22] Luister na jou vader, hy wat jou verwek het; en moet jou moeder nie minag wanneer sy oud geword het nie. [23] Verkry waarheid, en moet dit nie verkwansel nie, ook wysheid, vermaning en insig.
VERKRY WAARHEID!!
Ons moet met mense oor die waarheid praat en waarsku maar my motief moet altyd liefde wees en ons moet geduldig wees met hulle.
Nog later in die boek sien ons dat die man Ignorance in The Pelgrims progress (Die Pelgrim se reis) glo hy kan sonder die rol in sy hand en sonder om by die Nou hek in te gegaan het maar met goeie werke en sý interpretasies van die Woord in die hemel kom.
Hoe baie dink nie vandag ook so nie?
Christian het vir Hopefull gesê hy dink nie die man hoor die waarheid nie. Hopefull sê toe hulle het vir hom vertel hul moet hom nou kans gee om daaroor te dink, maar die man het later by die poort aangekom maar is weggevat hel toe. Hy het soos die gas by die bruilofsmaal nie die bruilofskleed aangehad nie.
MATTHÉÜS 22:11-13 AFR53
[11] En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie. [12] En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. [13] Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Is alle Christene, kinders van God? Nee, net hulle wat DIE WAARHEID GEGLO en GEVOLG het.
Moet ons nie dalk daarom dringender by mense uitkom met die waarheid nie?!!
Verseker, maar ek moet egter eerstens by my self seker maak van watse waarheid ek in my hand het. My aflosstokkie moet aangegee word, maar ek staan voor God met wat ek aangee.
2 Timothy 4:1-8 AMP
[1] I solemnly charge you in the presence of God and of Christ Jesus, who is to judge the living and the dead, and by His appearing and His kingdom:
[2] preach the word [as an official messenger];
be ready when the time is right and even when it is not [keep your sense of urgency, whether the opportunity seems favorable or unfavorable, whether convenient or inconvenient, whether welcome or unwelcome];
correct [those who err in doctrine or behavior],
warn [those who sin],
exhort and encourage [those who are growing toward spiritual maturity], with inexhaustible patience and [faithful] teaching.
[3] For the time will come when people will not tolerate sound doctrine and accurate instruction [that challenges them with God’s truth]; but wanting to have their ears tickled [with something pleasing], they will accumulate for themselves [many] teachers [one after another, chosen] to satisfy their own desires and to support the errors they hold,
[4] and will turn their ears away from the truth and will wander off into myths and man-made fictions [and will accept the unacceptable].
[5] But as for you, be clear-headed in every situation [stay calm and cool and steady], endure every hardship [without flinching], do the work of an evangelist, fulfill [the duties of] your ministry.
[6] For I am already being poured out as a drink offering, and the time of my departure [from this world] is at hand and I will soon go free. [Num 15:1-12; 28:7; Phil 2:17]
[7] I have fought the good and worthy and noble fight, I have finished the race, I have kept the faith [firmly guarding the gospel against error].
[8] In the future there is reserved for me the [victor’s] crown of righteousness [for being right with God and doing right], which the Lord, the righteous Judge, will award to me on that [great] day—and not to me only, but also to all those who have loved and longed for and welcomed His appearing. Personal Concerns"
GOD kyk in ons harte en waaraan ek gehoorsaamheid is wys wat ek die graagste wil hê.
Bid dat die Here jou hart vir jou openbaar, wat wil jy nie los om Jesus alleen te kry nie? Raak ontslae van daardie afgod of afgode in jou lewe en maak Hom weer alles.
Die verlore seun het, Dawid het...
Dawid het daarom gedurig gebid:
PSALMS 139:23-24 AFR53
[23] Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; [24] en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
Mag dit ook ons elke dag gebed en smeking wees om ons harte suiwer gefokus op Jesus te hou sodat ons die waarheid sal ken en die Nou pad kan bewandel, die EWIGE WEG!
Mag die Here ons harte daagliks deurgrond om ons afgode aan ons uit te wys wat so maklik insluip, sodat ons dit kan aflê en Hom alleen dien.
Ons kan nou die vraag antwoord,
Hoe belangrik is dit dat waarheid onvervals en suiwer moet wees?
Van lewensbelang!!
As jy dan nou kan sê dat Jesus jou alles is en jou alles het dan moet Sý suiwer volle waarheid vir jou van uiterste belang wees. Want as jy nie daardie waarheid het nie, het jy nie Jesus, of inderwaarheid die Jesus van die Bybel, die Seun van God nie.
Want Jesus Christus,
die Seun van God is die waarheid.
JESUS = WAARHEID
Net Jesus, nie Jesus plus nie
JOHANNES 14:6 NLV
" Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie."
JESUS CHRISTUS is DIE WEG, DIE WAARHEID, DIE LEWE
Nie 'n weg, 'n waarheid en 'n lewe nie
***
Maar hoe suiwer is suiwer?
Waar kry ons hierdie onvervalse suiwer Waarheid?
In die Woord, dus ook by Jesus want Hy is ook die Woord.
JESUS = WOORD
Tot die wêreldse sisteme herken dat die Woord die waarheid is daarom dat die Bybel in wêreldse howe gebruik word om die persoon se hand op die Bybel te plaas en te sweer hul sal die waarheid en niks anders as die waarheid getuig in verband met die saak nie.
As jy die amper waarheid of valse evangelie volg het jy 'n ander Jesus soos ons lees in
II KORINTHIËRS 11:3-4 AFR53
[3] Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. [4] Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Het jy 'n of dié?
____________________________________________________________________________________________
AS ONS NIE DIE WARE JESUS HET NIE, dan het jy nie die ware weg nie, dus nie op die Nou pad nie, Sy pad nie, en daarom AS JY NIE GOD SE WAARHEID HET NIE dan het jy ook nie die Ewige lewe nie.
____________________________________________________________________________________________
Sonder Hom het ons niks, is ons niks en kan ons niks.
Daarom is dit belangrik om seker te maak of ek die onvervalste waarheid het, want dan alleen het ek die ware Jesus Christus ons Here en Verlosser, sonder Hom kan ek nie die Ewige lewe by ons Vader vind nie.
John 15:1 AMP
[1] “ I am the true Vine, and My Father is the vinedresser.
JOHANNES 15:1 AFR53
[1] EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
True, ware….nie net wynstok
Ons is net die lote, ‘n loot dra alleen vrug as dit in die wingerd bly, as ons in Jesus bly, dit beteken ook as ons in die enigste waarheid BLY.
------------
Om suiwer, suiwer WAARHEID werklik te verstaan moet ons dalk eers definieër wat waarheid is.
Volgens Wikipidia: Waarheid is 'n fundamentele begrip wat sinoniem is met egtheid, geldigheid, juistheid. Die teenoorgestelde van waarheid is onwaarheid of leuen.
'n Leuen kan 'n bietjie waarheid in hê,
dus halwe waarheid en dit bly 'n leuen,
maar waarheid is of waarheid of dit is nie.
Waarheid kan nie bietjie leuen in hê en steeds waarheid wees nie.
------------
PREDIKER 10:1 AFR53
[1] DOOIE vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.
Dus net een dooie vlieg(LEUEN) bederf die genesende salf (WAARHEID)
Dis eintlik so hartseer dat ons op 'n plek gekom het in ons wêreld waar ons eers moet teruggaan en waarheid definieer voordat ons verder oor wat is die waarheid kan praat.
Die volle waarheid is nie meer belangrik vir mense nie, selfs onder sogenaamde gelowiges. Jy hoor selfs dat medegelowiges sê dat mens nie so erg die suiwer waarheid moet soek want dit kan mense afskrik.
Jy sal soms hoor solank jy darem net iets van die waarheid het, solank jy Jesus het. Maar as jy nie die volle waarheid het nie het jy nie die ware Jesus nie. God ons Vader is heilig, niks onsuiwer aan Hom, daarom sal Hy nie 'n onsuiwer waarheid oorsien nie. Hy sal nie 'n vlieg in die salf toelaat nie. Inteendeel Hy waarsku ernstig in sy Woord die volgende in Openbaring 22
OPENBARING 22:18-19 AFR53
[18] Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. [19] En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Let op die gevolge van 'n onsuiwer waarheid vir die persoon vir wie die suiwer onvervalste waarheid nie so belangrik is vir hulself en wat nog te sê aangee na ander.
As jy vir iemand 'n pad verduidelik en jy gee net een opdrag links waar dit moes regs gewees het, sal die persoon by die regte plek uitkom?
NEE!! Nou hoe wil jy hom die pad na die Ewige lewe verkeerd verduidelik?
Jesus het ons so lief gehad dat Hy vir ons gesterf het, maar Hy was ook onverbiddelik en reguit met sekere mense…met wie?
Die Fariseers en Skrifgeleerdes wat
Sy Woord VERDRAAI het.
By SY WAARHEID HULLE EIE BYGEVOEG
EN WEGGENEEM HET.
HY NOEM HUL ADDERGESLAG, huigelaars!!
MATTEUS 23:25-26, 33-34 AFR83
[25] “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. [26] Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees....
[33] “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? [34] Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg.
In die volgende gedeelte spreek Petrus hulle wat by die evangelie wou voeg ook skerp aan
HANDELINGE 15:9-11 NLV
[9] Hy het dus geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig. [10] Waarom wil julle dan nou beter as God weet deur op die nek van die nie-Joodse gelowiges ’n juk te lê wat ons voorgeslagte nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? [11] Nee! Ons glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus verlos word – en dit geld ook vir daardie mense.”
DEUTERONÓMIUM 4:2 AFR53
[2] Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.
Sodat die waarheid behoue bly en ons dit kan onderhou.
Ons hoor so baie as ons die waarheid wil bring ons mag nie oordeel nie, maar ons moet mekaar vermaan en leer in die waarheid sodat ons nie perongeluk afdraai paaie op beland nie.
Ons móét mekaar dus waarsku!!
HEBREËRS 3:12-19 AFR53
[12] Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. [13] Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. [14] Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou; [15] omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie. [16] Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? [17] En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? [18] En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? [19] En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.
ESÉGIËL 33:7-20 AFR53
[7] En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy 'n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.
[8] As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
[9] Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.
[10] En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg — hoe kan ons dan lewe?
[11] Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?
[12] En jy, mensekind, sê aan die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.
[13] As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe.
[14] En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe — en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen —
[15] gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie — dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
[16] Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.
[17] Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie. (Maak hul eie weg, hulle eie waarheid)
[18] As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe. [
19] En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid en reg en geregtigheid doen, dan sal hy ten gevolge daarvan lewe.
[20] Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!
JEREMIA 18:5-15 AFR53
[5] Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê: [6] Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die Here. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!
[7] In een oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig; [8] MAAR( BUT GOD) as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.
[9] En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit te bou en te plant; [10] MAAR as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.
[11] Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die Here: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink 'n plan uit teen julle; BEKEER julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed. [12] Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel. [13] Daarom, so spreek die Here: Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen. [14] Verdwyn die sneeu van die Líbanon ooit van die rots in die veld? Of droog die uitlandse, koue, stromende waters op?
[15] NOGTANS het my volk My VERGEET, hulle laat rook opgaan vir die nietige AFGODE;
dié het hulle laat
struikel op al hul weë,
op die ou paaie,
om te loop op sypaaie, 'n ongemaakte pad;"
Díe afgode het hul weggevat van die NOU PAD, die onvervalste waarheid.
Daar is net een weg, God se weg, ons kan nie daaraan verander en dink ons is nog op Sý weg nie.
Hy is ook nie onregverdig nie, Hy gee aan elkeen dieselfde kans
Die WAARHEID omsluit ook die 2 grootste gebooie in die bybel?
MATTHÉÜS 22:36-40 AFR53
[36] Meester, wat is die groot gebod in die wet? [37] En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. [38] Dit is die eerste en groot gebod. [39] En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. [40] Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Jou naaste se behoefte kan fisies wees maar jou naaste se grootste behoefte kan geestelik wees.
In Mat.22:39 sê Jesus jy moet jou naaste lief hê en in 1 Joh.3:18 lees ons hoe.
I JOHANNES 3:18 AFR53
[18] My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
“love them with the truth" soos die liedjie van casting crowns sê is dus deel van hoe God wil hê ons ander moet lief hê.
Om ander in liefde te in die waarheid te waarsku en vermaan
is nie oordeel nie, maar ‘n opdrag.
Iemand het geskryf
The most loving thing you can do is tell someone they are in sin and need to repent.
“we tried to warn you, but you said don't judge me"
HEBREËRS 10:24-26 AFR53
[24] en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; [25] en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. [26] Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die WAARHEID ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
Ephesians 4:14-15 NKJV
[14] that we should no longer be children, tossed to and fro and carried about with every wind of doctrine, by the trickery of men, in the cunning craftiness of deceitful plotting, [15] but, speaking the truth in love, may grow up in all things into Him who is the head—Christ
EFESIËRS 4:11-15 NLV
[11] Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, [12] om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. [13] So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen. [14] Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. [15] Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof.
Ephesians 4:7-16 MSG
[7-13] But that doesn’t mean you should all look and speak and act the same. Out of the generosity of Christ, each of us is given his own gift. The text for this is, He climbed the high mountain, He captured the enemy and seized the plunder, He handed it all out in gifts to the people.
Is it not true that the One who climbed up also climbed down, down to the valley of earth? And the One who climbed down is the One who climbed back up, up to highest heaven. He handed out gifts above and below, filled heaven with his gifts, filled earth with his gifts. He handed out gifts of apostle, prophet, evangelist, and pastor-teacher to train Christ’s followers in skilled servant work, working within Christ’s body, the church, until we’re all moving rhythmically and easily with each other, efficient and graceful in response to God’s Son, fully mature adults, fully developed within and without, fully alive like Christ.[14-16] No prolonged infancies among us, please. We’ll not tolerate babes in the woods, small children who are easy prey for predators. God wants us to grow up, to know the whole truth and tell it in love—like Christ in everything. We take our lead from Christ, who is the source of everything we do. He keeps us in step with each other. His very breath and blood flow through us, nourishing us so that we will grow up healthy in God, robust in love.
Het ons lief as ons ander pad kyk as iemand die verkeerde pad loop? Het ons lief as iemand daardeur verlore sal gaan en ons bly stil want ons wil nie ongewild wees of op tone trap nie?
Waarsku en vermaan se motief moet altyd liefde wees, omdat jy vir daardie persoon omgee en bekommerd is oor hul saligheid. Dan ook met geduld geskied.
Petrus het Jesus(die waarheid) probeer verdedig deur 'n oor af te kap. Jesus sê dit moet nie op so manier wees nie.
Die lied se woorde som dit mooi op.
Love You With the Truth
Song by Casting Crowns
For the longest time, I believed the lie
That I'm not a strong enough believer
To be the friend that can take your hand
And lead you straight to Jesus
I'm waitin' on the preachers, singers and the teachers
To string the perfect words together
But every single time I have to say goodbye
I wonder, will this be the last time?
I can't call myself your friend and walk away
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Yes, God is love, but God is just
And we are separated in our darkness
So God let Him who knew no sin
To become sin to make us right with Him
It's not about religion or earning God's forgiveness
With magic prayers or new behaviour
It's all about your heart, He'll meet you where you are
Turn from your sin and trust in Christ as Lord
Jesus is the Truth, the Life, the Way
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
How I've prayed for this moment, that you would finally see
That God is more than religion, a stained-glass fantasy
And how I've prayed for the courage, for my silent faith to speak
Or that God would just send you a better friend than me
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Gonna love you with the truth (Oh, oh, oh, oh, oh)
Kon jy al vir jouself die vraag beantwoord, hoe belangrik is suiwer waarheid vir jou?
Belangrik al genoeg om te besef dat as jy nie die onvervalsde waarheid het en volg nie dat jy nie deel sal hê aan die Seun nie.
2 JOHANNES 1:1-2 NLV
[1] Dié brief kom van die ouderling en word gerig aan die vrou wat uitgekies is; dit gaan ook aan haar kinders wat ek werklik liefhet – nie net ek nie, maar ook almal wat ’n persoonlike belewenis van die waarheid het. [2] Dié waarheid het in ons stewig inslag gevind en sal vir altyd by ons wees.
2 JOHANNES 1:3 NLV
[3] Mag die genade, ontferming en vrede wat van God die Vader af kom, en van sy Seun, Jesus Christus, met ons wees – ons wat in ’n hegte verbintenis met die waarheid en die liefde leef.
2 JOHANNES 1:9 NLV
[9] Elkeen wat die leer aangaande Christus verander, het nie deel aan God nie. Wie in ’n hegte verbintenis met dié leer(WAARHEID) leef, het deel aan die Vader en die Seun.
Ons tweejarige het een dag uit die bloute vir my dogter haar mamma gesê: "Mamma ek moet Jesus pad stap" waarop haar mamma dit beaam het, Sy het so oomblik stil gebly en toe gesê: "maar mamma jy my bid dat ek Jesus pad stap!"
Niemand het dit vir haar geleer nie, ons was verstom dat sy hierdie groot waarheid enigsins van geweet het want sy is maar 2, wat nog te sê dit vir haarself begeer het. Die Heilige Gees moes dit aan haar geopenbaar het.
Is dit vir my en jou so belangrik?
Jesus se pad, die Nou pad, die suiwer waarheid....nie ons variasie daarvan nie.
As die Heilige Gees dit aan ‘n klein 2jarige die belangrikheid hiervan kom openbaar hoe kan ons dink dis nie so belangrik nie.
___________________________________
Bid, bid, bid!!
PSALMS 119:133 AFR83
[133] Laat u woord (U WAARHEID)my op die regte pad (NOU PAD) hou; moet tog nie dat enige kwaad (SONDE EN AFGODE) die oorhand oor my kry nie.
__________________________________
"Here Jesus ek vra soos Ivanka, bid vir my dat ek U pad sal bly stap, uit my eie gaan ek so droogmaak en afdraai paaie vat"
Wow!! Toe ek hierdie gebed bid herinner die Heilige Gees my dat Jesus het so vir ons gebid, en doen steeds.
Hoe kosbaar is dit dat ons dieselfde as Ivanka vir Jesus kan vra en nog meer weet dat Hy klaar vir ons hiervoor gebid het.
JOHANNES 17:1-26 AFR53
[1] DIT het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik —
[2] soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
[3] En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
[4] Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
[5] En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.
[6] Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
[7] Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.
[8] Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
[9] Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
[10] En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
[11] En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
[12] Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.
[13] Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.
[14] Ek het hulle u woord (WAARHEID)gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
[15] Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
[16] Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
[17] Heilig hulle in U waarheid;
U woord is die waarheid.
[18] Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. (GAAN VERTEL ANDER DIE WAARHEID)
[19] En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
[20] Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — (JESUS BiD OOK VIR MY EN JOU)
[21] dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
[22] En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
[23] Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
[24] Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
[25] Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.
[26] En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle."
Die waarheid is vir Jesus so belangrik dat hy bid dat ons in die waarheid geheilig sal word.
HOE LYK SUIWER WAARHEID AS LIG!?
Hoe gaan ‘n ligtoring die skepe waarsku as hy net af en toe skyn…dus as ons aan en af van die waarheid is, hoe gaan ons ander waarsku teen hul verpletter loop op die Rots.
1 PETRUS 2:7-8 AFR83
[7] Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword” [8] en: “'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen jy jou stamp.” Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.
Of 'n Lig wat flikker irriteer almal, maak jou oë seer en kan geen mens goed sien in so 'n lig nie. Dit is verwarrend vir die wat daarin probeer sien. Die eienaar van die huis sal die lig probeer herstel maar dan uithaal as dit nie op die regte manier lig maak nie.
Ook 'n dowwe lig, lig nie genoeg dat jy die regte pad kan sien nie.
Volg jy die ware lig?
Die onvervalste waarheid?
Passop,Passop,Passop!!!!
Die Woord(Jesus) waarsku ons in Lukas
Luk 11: 35
"Passop dat die lig in julle
nie duisternis is nie"
Daar staan Duisternis is, nie word nie.
Dit begin met Passop, dus probeer Jesus ons ook waarsku teen die valse lig van die wêreld en dat ons kan valslik gerus dink ons het die ware Lig(waarheid) maar het nie.
Alle onsuiwer lig is volgens die Woord duisternis.
So Passop!
Daar is ook 'n vals lig wat baie mense onwetend volg.
II KORINTHIËRS 11:13-15 AFR53
[13] Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
[14] En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig.
[15] Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke."
LUKAS 11:33-36 NLV
[33] “Niemand steek ’n lamp op en steek dit dan weg of sit dit onder ’n emmer nie. Inteendeel, dit word op ’n staander geplaas om lig te laat skyn vir almal wat die kamer binnekom. [34] Jou oog is die lamp vir jou liggaam. ’n Skoon oog laat lig in jou liggaam inskyn. Maar ’n vuil oog sluit die lig uit en dompel jou in duisternis. [35] Maak seker dat die lig wat jy dink jy het, nie dalk duisternis is nie. [36] As jou hele liggaam met lig gevul is, sonder donker hoekies, sal jou hele lewe stralend wees asof ’n helder lig op jou skyn.” (as Jesus die "master key" van jou lewe het)
Maak seker dat die waarheid(LIG) wat jy dink jy het nie dalk die leuen is nie (verdraaide, bygevoegte, of weggevatte waarheid)
En as jy die ware lig het laat dit skyn sodat almal dit kan sien, moenie dit verswyg deur dit onder 'n maat emmer te sit nie. Moenie die Lig demp deur kompromië aan te gaan nie of vrees vir mense se reaksie nie.
MATTEUS 5:14-16 NLV
[14] “Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! [15] ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. [16] “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!”
Laat die Lig deur jou skyn eerstens om lig te maak vir jou eie mense in jou huis maar dan ook vir die wêreld daar buite. Die waarheid moet jou eie huis bereik en verander en ook die wêreld. Net die ware waarheid bring Verandering.
Wees lief vir alle mense MET DIE VOLLE WAARHEID
En Passop!!!
Weereens daar is ook 'n ander Jesus en vals evangelies
Die vyand kom nie sommer met 'n suiwer leuen na ons toe nie, dus het alle verdraaiings van die Evangelie in 'n mindere en meerder mate waarheid in wat dan baie mislei.
II KORINTHIËRS 11:3-4 AFR53
[3] Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. [4] Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Ander evangelie, "gospel" nie ander geloof soos Budha, Islam ens nie.
GALASIËRS 1:6-10, 12 AFR83
[6] Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en 'n ander evangelie aanneem.
[7] Daar is geen ander evangelie nie!
Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring.
[8] Maar al sou een van ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref! [9] Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref!
(dit word beklemtoon deur herhaling so ernstig is 'n onsuiwer waarheid, onwaar evangelie)
[10] Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie. (NNB!!)
[12] Ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of by 'n mens geleer nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in 'n openbaring aan my gegee."
__________________________
Ek het ook self toe ek so siek was my openbaring dat ek nie die ware lig het en volg en valsik gerus was by Jesus gekry en nie by mense.
_________________________
Passop!!!
Die liggies van die wêreld het ook al baie weggelok van die Nou pad.
SPREUKE 14:12 AFR53
[12] Daar is 'n weg(pad) wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë(paaie) van die dood.
Die breë weg waarvan die Bybel praat.
Bly op die ware Nou pad, die breë pad is nie net die godelose sondige pad en ooglopende afgode nie, maar ook die pad van die verkeerde lig - valse godsdiens, valse evangelie en valse Jesus binne kerke.
Maak dubbel en dwars seker jy is op God se weg/pad na saligheid en nie jou eie of ander se weergawe daarvan nie.
Teen hierdie tyd mag jy al dink, regtig " I get it" natuurlik is die onvervalste waarheid belangrik, maar ongelukkig nie vir almal nie en daarom moet ons eers die belangrikheid daarvan beklemtoon en leer.
Ons sien daarom ook herhaaldelik in die Skrif hoe die wat die evangelie verkondig het ook die mense heeltyd moet herinner, oortuig, vermaan, weerlê en leer wat is die onvervalste waarheid en wat nie, ook hoe belangrik dit was om nie 'n verdraaide evangelie te volg nie want toe al het daar baie verdraaiings van die evangelie ontstaan en baie mislei en verwar. (2kor 11:4, Gal 1:6-12)
Inteendeel die eerste verdraaiing en verwarring van die waarheid het in die begin in die Paradys reeds plaasgevind. Ou en dodelike oorlogsplan van Satan.
GALASIËRS 1:7 AFR83
[7] Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring.
Om die onvervalste waarheid te wil hê is nie so natuurlik as wat ons sal dink nie, baie is tevrede met hul waarheid want dit dien hul eie wil en begeetes wat sonder dat hul dalk besef belangriker is as God se wil en begeerte vir ons.
MATTEUS 5:6 NLV
"[6] Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is (na God se wawaarheid), want Hy sal hulle hartsverlange bevredig."
Is ons tevrede, of honger en dors!
OPENBARING 3:16-17 AFR53
[16] Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. [17] Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
Die onvervalste waarheid dien God en laat sy wil geskied, al kos dit my, dit laat jou jou kruis opneem, sterf aan jou eie wil, die effens verdraaide tot totaal verdraaide evangelies dien die wil van mense, die eie ek
Onvervalste waarheid bid met opregte begeerte die volgende:
MATTHÉÜS 6:9-10 AFR53
[9] Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; [10] laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Moenie die waarheid net soek by mense, by Predikante, by jou kerk, Geestelike boeke of Sosiale media?
Nee hoor asb tog eerste by Jesus self, by die Woord.
"Let the One who know the most(everything)
speak the most"
Laat Jesus self jou antwoord. Spandeer alleen tyd in Woord en gebed.
Alles wat ons wel by ander hoor en lees, gaan toets dit aan die Woord, ondersoek dit vir jouself, daar is natuurlik ook waarheid wat verkondig word en tot groot waarde?
1 TESSALONISENSE 5:20-21 NLV
[20] Moenie profesieë geringskat nie, [21] MAAR ondersoek alles wat gesê word en BEHOU WAT GOED is.
I THESSALONICENSE 5:20-21 AFR53
[20] Verag die profesieë nie. [21] Beproef alle dinge; behou die goeie.
HANDELINGE 17:11-12 NLV
[11] Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika, en hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. [12] Baie van hulle het gevolglik gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, sowel vooraanstaande vroue as mans.
DUS as hulle in die skrif gesien het dit is so, het hulle tot oortuiging gekom en geglo.
Die vrou by die put se mense van haar dorpie het ook vir hulself na Jesus gekom om te kyk of dit so is wat sy gesê het
Beproef/ ondersoek/ Toets alles aan Sy onvervalste waarheid/Woord?
Soek self Woord moenie net die skrif gebruik wat ander jou gee nie, dit kan gebruik word om valse lerings oortuigend te laat klink. Onthou weereens, die Duiwel het selfs vir Jesus so probeer oortuig deur skrif aan te haal.
Passop!! NIE ALMAL WAT WOORD GEBRUIK VERKONDIG DIE ONVERVALSTE WAARHEID NIE
As ons tyd in die Woord spandeer, spandeer ons tyd met Jesus (Hy is die Woord soos daar ook staan in Johannes 1)
Hoe kan ons weet dat Jesus ons sal antwoord?
Want Hy beloof dit in Sy woord. Hy sal ons die waarheid gee as ons Hom daarvoor bid.
LUKAS 11:11 AFR53
[11] En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;
Iemand sê vir my eendag dat hy al wil opgee en sommer 'n Atteïs word want hy wil so graag 'n persoonlike verhouding met Jesus hê, maar dit gebeur nie vir hom nie. Die Here openbaar toe aan my om vir hom te vra of hy Bybel lees? Waarop hy toe eerlik antwoord dat hy nie doen nie, maar hy gaan kerk toe en selfs bybelstudie toe. Hy spandeer dus nie alleen tyd met die Woord, Jesus nie, geen verhouding sal "close" wees as jy nie tyd saam spandeer nie
As jy nooit tyd met iemand spandeer of met hom praat nie hoe gaan julle verhouding lyk?
Dawid het self ook met God gepraat en van Hom gehoor en hy het altyd gepraat van "my God"
Saul het altyd deur die profeet met God gepraat en van Hom gehoor en altyd gepraat van "U God"
DAWID HET VERHOUDING GEHAD, SAUL NIE
Om die Woord te kan verstaan moet die Heilige Gees dit vir jou oopbreek, ons moet Hom daarvoor bid en dan gaan tyd spandeer met Jesus in die Woord sodat Hy ons kan antwoord. Hy sal dit gee sonder verwyt vir elkeen wat dit van Hom vra.
JAKOBUS 1:5-8 AFR53
[5] En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. [6] Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. [7] Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie — [8] so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
Bid opreg om die waarheid te kry en glo dan dat ons Vader nie vir jou 'n klip sal gee as jy van Hom 'n brood vra nie.
Baie bid nie opreg nie want hul soek nie regtig die waarheid nie want hul is bang hul gaan iets moet opoffer.
Ander glo nie dat die Here hulle self kan antwoord of dalk wil antwoord nie en dis die Duiwel se leuens. Baie gee dan gou op en berus hulleself by die halwe waarhede of is afhanklik van ander om vir hulle die waarheid te gee, maar wat as hulle nie die suiwer waarheid het nie?
MATTEUS 7:7-11 NLV
[7] “Hou aan met vra en God sal vir julle gee. Hou aan met soek en julle sal kry. Hou aan klop en God sal die deur vir julle oopmaak. [8] Elkeen wat so volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry; en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak. [9] Julle as ouers sal tog nie vir julle kinders as hulle brood vra, klippe gee nie. [10] Of as hulle vis vra, vir hulle slange gee nie. [11] As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!”
JAKOBUS 4:2 AFR53
[2] ... en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
Hoe soek jy jou sleutels as jy moet dringend ry, net effens en gee dan maar op of bly jy soek tot jy dit vind?
As die waarheid vir jou balangrik is, uiters belangrik is sal jy soek totdat jy dit vind.
Hoe lyk die ware Lig?
JOHANNES 8:12 AFR53
[12] EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
John 1:5 AMP
[5] The Light shines on in the darkness, and the darkness did not understand it or overpower it or appropriate it or absorb it [and is unreceptive to it].
JOHANNES 1:5 NLV
[5] Die lig skyn in die duisternis, ja – die duisternis het dit nie uitgedoof nie!
Die DUISTERNIS kan die ware Lig vervals en probeer toemaak met 'n maat emmer, maar dit kan dit nie uitdoof nie!!
As ons die ware LIG in ons het (ons is nie self die Lig nie) dan kan ons SOUT en LIG vir die wêreld wees. Dan alleen kan ons instrumente in Jesus se hand wees wat die wêreld verander en mense trek na die ware Lig om ook gered te word.
Ephesians 5:6-21 AMP
[6] Let no one deceive you with empty arguments [that encourage you to sin], for because of these things the wrath of God comes upon the sons of disobedience [those who habitually sin]. [7] So do not participate or even associate with them [in the rebelliousness of sin]. [8] For once you were darkness, but now you are light in the Lord; walk as children of Light [live as those who are native-born to the Light]
[9] (for the fruit [the effect, the result] of the Light consists in all goodness and righteousness and truth), [10] trying to learn [by experience] what is pleasing to the Lord [and letting your lifestyles be examples of what is most acceptable to Him—your behavior expressing gratitude to God for your salvation]. [11] Do not participate in the worthless and unproductive deeds of darkness, but instead expose them [by exemplifying personal integrity, moral courage, and godly character];
[12] for it is disgraceful even to mention the things that such people practice in secret. [13] But all things become visible when they are exposed by the light [of God’s precepts], for it is light that makes everything visible. [14] For this reason He says, “Awake, sleeper, And arise from the dead, And Christ will shine [as dawn] upon you and give you light.”
Vers 9 - Ware Lig dra vrug.
Die vyand kan ons besig hou met die valse lig soos met die mense gebeur het wat hulself gaan vestig het in Ydelheidstad in The Pelgrims progress
Amper reg is nie reg nie, al is dit hoe amper
Het jy al die onvervalste waarheid al self gekry?
Die Samaritaanse vrou by die put het die waarheid gekry en dit GAAN VERTEL aan almal wat sy ken.
JOHANNES 4:1-30 AFR53
[1] TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes — [2] alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels — [3] het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
[4] En Hy moes deur Samaría gaan. [5] Hy kom toe by 'n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. [6] En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.
[7] Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink — [8] want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop. [9] En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat 'n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. [
10] Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
[11] Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
[12] U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?
[13] Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; [14] maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
[15] Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
[16] Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier
[17] Die vrou antwoord en sê: Ek het nie 'n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie; [18] want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.
[19] Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U 'n profeet is. [20] Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. [21] Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. [22] Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
[23] Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; WANT die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
(HY SOEK FOLLOWERS, nie FANS)
[24] God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
[25] Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.
(HIERDIE VROU GLO IN GOD SE BELOFTES EN IS SOEKEND NA DIE WAARHEID
[26] Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!
[27] En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar? [28] Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê: [29] Kom kyk 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?
[30] Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.
Daar is 'n kosbare fliek opgebreek in episodes op You tube wat vir ons prakties uitbeeld wat die verskil is tussen 'n FAN en 'n FOLLOWER, sy naam is NOT A FAN, van Kyle Idleman.
Jesus gebruik 'n VROU, 'n gewone sondige vrou, met geen aansien in die samelewing, wat soekend was na die waarheid om 'n gemeenskap te GAAN VERTEL.
Hierdie sondige samaritaanse vrou het ‘n ontmoeting met Jesus, by die put, so het ek ook en ander by ‘n diep put in ons lewe Jesus ontmoet. Vir my was dit toe ek so baie siek was en letterlik by die dood omgedraai het.
Daar op daardie oomblik was my grootste begeerte nie om gesond te word en nog by my man en kinders wat ek so so lief het te kan wees nie, nee my grootste begeerte was om by Jesus te wees. Ek het my hele lewe begeer om Hom te dien en te volg en wou seker wees dat as ek doodgaan ek by Hom sal wees.
Na my gebed soos ek voorheen betuig het,
Het Hy my nog 'n kans gegee.
Ek het gedink ek het Hom gevolg maar in werklikheid was ek nog net soekend na die waarheid.
Hoe dankbaar is ek vir hierdie belofte in die volgende skrifgedeelte wat ons reeds gelees het.
MATTHÉÜS 7:7-8 AFR53
[7] Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. [8] Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Hierdie vrou by die put was ook soekend na die Messias en die waarheid. Sy wou weet hoe God wou hê hulle moes aanbid, het nie haar eie of ander se manier wou doen nie, maar God sin.
Later sou die Here my wys dat ek geleer is dat my lewe van kleins af reg was met Hom. Hulle het mos vir my gesê dat “Dis vir mense wat in Hillbrow groot geword het en nog nooit van Jesus gehoor het nie, jy het in die kerk grootgeword, is gedoop het gelowige ouers jou saak is reg”
Ek het egter nooit sekerheid ervaar nie en daarom, sonder dat ek dit besef het dan net harder probeer om reg te lewe. My eie harder probeer het verdiensgodsdiens tot gevolg gehad al het ek dit nie bedoel of besef nie.
Om julle net weer te herinner aan my eie onverdiende genade storie
JESUS wys my toe daarop dat ek het
AAN Hom geglo en nie IN Hom nie.
Ek was nie wedergebore nie, ek het dus nie die wedergeboorte al ontvang waarsonder niemand die hemel sal sien nie. Jy is nie maar net van kleins af Sy kind nie.
JOHANNES 1:12-14 AFR53
[12] Maar ALMAL wat Hom AANGENEEM het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; [13] wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is. [14] En die Woord het vlees geword (JESUS) en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.
Kinders van God te word, jy is dit nie maar van altyd af nie, en dis vir almal, nie net party nie
JESUS GEE MY TOE DAARNA DIE VERS in my stiltetyd AS ANTWOORD OOR WEDERGEBOORTE.
JOHANNES 3:2-11 AFR53
[2] Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
[3] Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
[4] Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word?
Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? [5] Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
[6] Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
[7] Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. [8] Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. [9] Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? [10] Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? [11] Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
Nicodemus, hoog geleerd in die Woord weet nie die waarheid nie.
Jesus het vir die Samaritaanse vrou gesê sy moet Hom in gees en waarheid dien, gees hier in diè vorige skrif ( vers 6) dui op die wedergeboorte waar ons as God se kinders weer gebore word en 'n nuwe mens is wat Sy Heilige Gees ontvang het, die wêreld kan Hom nie ontvang nie en die waarheid (Jesus) is wat hul getuig en gesien het (vers 11) van God se ware evangelie (Jesus) wat die Fariseers nie wou glo en aanneem nie.
Die Farriseers en Skrifgrleerdes het hul eie mensgemaake wette en lerings gehad waaraan hul vasgehou het, dus het hulle aan hul eie waarheid so vasgehou dat hulle nie die waarheid(Jesus self) voor hulle herken het nie. Die waarheid wat langs hulle geval het (saad van die saaier), kon die vyand oppik omdat hulle geglo het aan hul eie waarheid meer as aan God sin.
Voorwaar voorwaar gaan elke keer hierdie twee verse vooraf en die gebruik van die woorde beteken dat iets beslis so is en nie oor getwyfel moet word nie.
Voorwaar, voorwaar ons moet die Here in Gees en in waarheid dien. Enige manier anders is 'n leuen en nie van God.
Ek het sonder dat ek dit besef het dit wou verdien met al die kerkgoed wat ek reg gedoen het, maar dit het nie my saak met Hom reggemaak nie want Hy het my dan teen baie dokters se menings in genees en nog 'n kans gegee.
Die nog 'n kans waarvoor ek gebid het as
my saak nie met Hom reg was nie.
want
Ek het Hom nog nie in Gees en Waarheid aanbid nie.
My waarheid was nie die onvervalste waarheid nie, en agv daarvan was ek nog nie werklik WEDERGEBORE nie
Ek het nie God se waarheid en dus plan van redding gehad nie. Jy sien alleenlik God se plan, Sy suiwer onvervalste waarheid, die goeie nuus van die Evangelie maak jou saak reg met Hom. Een van liefde en genade alleen deur Sy Seun Jesus Christus my Here en my Verlossser (Lord and Savior) Baie verdraaiings van die Evangelie het dit ook in, maar voeg dan by of laat dele van die waarheid weg. Jy het dan nie meer die volle WAARHEID.
Groot is my dankbaarheid vir nog 'n kans.
Met my gebed daardie dag het ek basies gevra vir Sy waarheid, dat Hy my moet kom wys waar ek verkeerd geglo het, waar ek nie op Sy suiwer waarheid was nie, dus waar ek die Nou pad gemis het.
Hy het my ‘n wonderwerk gegee en is ek teen die verwagting van talle dokters wat oor my was genees.
Ek was nou nog meer as ooit ontsettend soekend na Sý waarheid.
Die Here het aan my begin openbaar wat Sỳ waarheid was.
JAKOBUS 1:5-6 AFR53
[5] En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. [6] Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Die Here gee Sy waarheid aan elkeen wat dit van Hom vra.
Wie het gegaan en wie het nie?
Al die mense van die vrou by die put se “village “ het by haar van die waarheid gehoor, en dadelik gegaan en vir hulleself gaan hoor by Hom en so self die waarheid gevind.
In my “village” het party van die wie ek vertel het, dadelik gegaan en ook vir hulself die waarheid gevind, maar ander het in die village gebly met baie redenasies en verskonings. Dit was vir sommige genoeg om darem te weet van die Saligmaker.
Soms weet ons van Jesus
maar het Hom soos ek toe nog nie gekry nie.
Nog ‘n verhaal in die Bybel waar mense wat die Waarheid gevind het vir ander gaan vertel het en hulle toe vir hulself kom kyk het vind ons in
JOHANNES 1:35-51 NLV
[35] Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, saam met twee van sy dissipels. [36] Toe Jesus by hulle verbyloop, het Johannes betekenisvol na Hom gekyk en gesê:
“Kyk, dáár is die Lam van God!” (Johannes moes van die waarheid getuig en hulle heenwys na Hom)
[37] Sy twee dissipels het Johannes dit hoor sê en Jesus dadelik begin volg.
[38] Jesus het omgedraai en gesien hulle volg Hom. Hy sê toe vir hulle: “Wat soek julle?” Hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – as dit vertaal word, beteken dit “leermeester” – “waar gaan U tuis?” [39] Hy antwoord hulle: “Kom kyk self en julle sal sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis was. Dit was omtrent vieruur die middag. Hulle het toe die res van daardie dag by Hom gebly.
[40] Andreas, Simon Petrus se broer, was een van die twee dissipels wat dit van Johannes gehoor en Jesus gevolg het. (GEHOOR EN TOE GEVOLG)
[41] Hy kry toe eers sy eie broer Simon, en sê vir hom: “Ons het die Messias (wat as dit vertaal word ‘Gesalfde’ beteken) gekry.”
[42] Hy het Simon na Jesus toe geneem. Jesus het betekenisvol na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon, die seun van Johannes; jy sal van nou af Sefas (wat as ‘Petrus’ vertaal word) genoem word.” (Jesus weet ook alles van Petrus)
[43] Die volgende dag wou Jesus na Galilea toe vertrek. Hy loop eers vir Filippus raak en sê vir hom: “Volg My!” [44] Filippus het van Betsaida af gekom, Andreas en Petrus se tuisdorp. [45] Op sy beurt loop Filippus vir Natanael raak en sê vir hom: “Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef, wat van Nasaret af kom.”
[46] Natanael se reaksie was: “Hoe kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk self,” het Filippus hom uitgenooi. [47] Toe Jesus Natanael sien aangestap kom, sê Hy oor hom: “Kyk daar – ’n opregte Israeliet, ’n man van suiwer inbors.” (Weereens weet Jesus alles van Natanael)
[48] Natanael reageer toe vraend: “Van waar ken U my?”
“Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom gesit het, het Ek jou al gesien.”
[49] Toe reageer Natanael: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!”
[50] Jesus se antwoord aan hom was: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom sien sit het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.”
[51] Jesus het ook vir hom gesê: “Ek verseker julle: julle gaan die hemel wyd oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na My, die Seun van die Mens, toe.”
Ek wil vandag by jou pleit:
KOM KYK SELF!!
Ander van my "village" het geglo maar ‘n maar bygevoeg. Ons glo jou maar ons hoef nie so suiwer te glo, Ons sal glo soos kinders. Maar my seuntjie het toe hy ses jaar oud was ons geantwoord, toe ons hom vra hoe glo ‘n kind, met een woord: ”ERG!!”
Dis ‘n leuen om te glo dat as jy glo soos ‘n kind, jy eenvoudig of net bietjie, net genoeg glo, minste inspanning, minste kennis.
Die waarheid is kinders glo nie amper, of effens nie, kinders glo ERG.
HEBREËRS 5:11-14 AFR83
[11] In verband hiermee het ons baie te sê wat moeilik is om aan julle te verduidelik, aangesien julle so traag is om te leer. [12] Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het julle weer nodig dat iemand julle in die grondWAARHEDE van die woord van God moet onderrig. 'n Mens moet julle met melk voed en nie met vaste kos nie. [13] Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. [14] Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.''
Ander in my "village" het uitgestel om vir hulself te gaan uitvind. Antwoorde soos : “Ons sal eendag as…...dit of dat anders is of dit of dat gebeur” Nodeloos om te sê meeste van hulle het van uitstel afstel geword en ander stel nog steeds uit.
Nog ander in my "village" het so vas geglo hulle hét die waarheid dat hul nie eers wou hoor nie.
Nog ander in my "village" het soos die seun wat blind gebore was en deur 'n wonderwerk kon sien se ouers bang gewees hul gaan uit die “SINAGOGE” verban word, in ons dag hulle kerkverband, of vriende kringe en selfs verhoudinge.
Die verhaal van die blinde man
JOHANNES 9:6-41 NLV
[6] Nadat Jesus dit gesê het, het Hy op die grond gespoeg en klei met die spoeg aangemaak. Hy het die klei op die man se oë geplak [7] en vir hom gesê: “Gaan was jou in die bad van Siloam.” (Siloam beteken “gestuurde”.)
Sjoe Jesus se opdrag aan hom is gaan was jou in "die gestuurde". Ons word ook in die Gestuurde "gebad"sodat ons geestelik kan sien, Jesus is God se gestuurde, Hy het Sy enig gebore Seun gestuur sodat elkeen wat in Hom glo…in Hom "bad" deur Hom gewas word in Sy bloed, gered sal word. As ons in Sy Woord vertoef, tyd spandeer " bad" ons ook in die lewende water wat oor ons elke keer spoel.
JESUS GEE VIR HOM DIE WAARHEID, DIE PLAN VAN HOE HY GENEES KAN WORD, HY GLO AAN JESUS SE PLAN EN GAAN VOER DIT PRESIES SO UIT, hy redeneer nie daaroor of maak eie voorstelle of eie veranderinge aan God se plan nie.
Vervolg...
"Hy het toe gegaan en hom gaan was, en op pad terug kon hy sien! [8] Sy bure en dié wat hom vroeër as bedelaar geken het (sy village), het mekaar afgevra: “Is hy dan nie die man wat sit en bedel het nie?”
[9] Sommige het bevestig dat dit werklik hy was. Ander het dit ontken en gesê: “Nee, maar hy lyk net soos daardie man.” Die man het toe self reageer: “Dit is ék!”
MENSE WORD SO ERG DEUR DIE LEUENS EN VALSHEID VAN DIE VYAND VERBLIND DAT HULLE SELF DIE WONDERWERK SIEN, MAAR STEEDS EIE MENINGS EN VERKLARINGS UITDINK, AL SÊ DIE MAN VIR HULLE DAT DIT HY IS, GLO HULLE HOM MET WIE DIT GEBEUR HET NIE EERS NIE, MENSE WIL GLO WAT HULLE WIL.
Proverbs 3:5-7 KJV
[5] Trust in the LORD with all thine heart; And lean not unto thine own understanding.
[6] In all thy ways acknowledge him, And he shall direct thy paths.
[7] Be not wise in thine own eyes: Fear the LORD, and depart from evil.
Die verhaal van die blinde man vervolg…
[10] Hulle het toe vir hom gevra: “Hoe is jou oë dan oopgemaak?”
[11] Die man het geantwoord: “Die man met die naam Jesus het klei gemeng en dit aan my oë geplak en vir my gesê: ‘Gaan na Siloam toe en was jou.’ Ek het gegaan en my gewas en ek het begin sien!”
Hy gaan doen wat Jesus vra.
HY GETUIG (gaan vertel) DIE WAARHEID, DIT HET MET HOMSELF GEBEUR, HY VERTEL HOE JESUS SELF HOM GENEES HET, HOE DIT WAT JESUS HOM OPDRAG GEGEE HET DIE WAARHEID WAS EN DAT DIT VIR HOM GENESING GEBRING HET
[12] “Waar is daardie man nou?” het hulle hom gevra. “Ek weet nie,” het hy geantwoord.
HULLE VRA DIT NIE OM SOOS DIE MENSE VAN DIE SAMARITAANSE VROU SE VILLAGE OOK VIR HULSELF BY HOM TE KAN UITKOM EN VIR HUL SELF GENESING TE KRY NIE , MAAR OMDAT HULLE VAN HOM, DIE WAARHEID WAT HULLE WAARHEID TEENSTAAN ONTSLAE WOU RAAK.
[13] Hulle het die man wat eers blind was na die Fariseërs toe geneem.
HULLE GAAN NA DIE KERKLEIERS VAN HUL SINAGOGE/KERK MET DIE WONDERWERK VAN WAT JESUS GEDOEN HET OM BY HULLE HUL MENING TE HOOR. NIE VERKEERD AS HULLE DIE WAARHEID IN GLO NIE MAAR AS HUL EIE WAARHEID SWAARDER WEEG AS WAT JESUS LEER EN DOEN GAAN JY DIE WAARHEID HELP KRUISIG.
LATER HET HIERDIE KLOMP GESKREE:" KRUISIG, KRUISIG HOM!"
[14] Dit was op ’n Sabbatdag dat Jesus die klei gemeng en dit op die man se oë geplak het. [15] Die Fariseërs het hom weer ’n keer gevra hoe hy begin sien het. Hy het hulle geantwoord: “Hy het klei op my oë gesit en ek het my gaan was, en nou sien ek.”
DIE WAARHEID VERANDER NIE OMDAT MENSE DIT NIE WIL GLO NIE EN HOOP AS HUL JOU OOR EN OOR AANVAL EN BEVRAAGTEKEN JY DAN DAARVAN SAL AFWYK NIE, NEE SY STROIE BLY PRESIES DIESELFDE ELKE KEER WAT HY DIT VERTEL, HY WAS SELF DAAR, DIT HET MET HÓM GEBEUR
[16] Sommige Fariseërs het opgemerk: “Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die Sabbat nie.” Van die ander het egter gesê: “Hoe kan iemand wat ’n sondaar is, sulke wondertekens doen?” Onder hulle het hewige verdeeldheid ontstaan.
PARTY KAN DIE WAARHEID NIE MISKYK NIE, MAAR ANDER WEIER OM TE SIEN
[17] Weer ’n keer sê hulle toe vir die blinde: “En wat sê jý oor hom? Hierdie man wat kwansuis jou oë oopgemaak het?” Hy het geantwoord: “Hy is ’n profeet.”
[18] Die Joodse leiers het steeds nie geglo dat hy blind was en nou kon sien nie, totdat hulle die ouers van die man wat nou kon sien, geroep [19] en vir hulle gevra het: “Is hy julle seun van wie julle gesê het dat hy blind gebore is? Hoe het dit gebeur dat hy nou sien?”
HULLE SIEN DIE FEITE MAAR IS SO VERHARD EN VASGEDRAAI IN HUL EIE VERSTAAN EN SIENINGS DAT HULLE AANHOU BEWYSE SOEK DAT DIE WAARHEID NIE WAAR IS NIE
[20] “Ons bevestig dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,” het sy ouers geantwoord. [21] “Hoe hy egter nou sien, weet ons nie. Wie sy oë oopgemaak het, weet ons ook nie. Vra hom liewer self; hy is oud genoeg; hy kan namens homself praat.” [22] Sy ouers het hierdie dinge gesê omdat hulle bang was vir die Joodse leiers. Die Joodse leiers het toe reeds onder mekaar beraadslaag en besluit dat iemand wat bely dat Jesus die Messias is (God se waarheid), uit die sinagoge geban moes word.
[23] Daarom het sy ouers gesê: “Hy is oud genoeg, vra hom self.”
SY OUERS KAN DIE WONDERWERK NIE ONTKEN NIE, MAAR UIT VREES OM UIT DIE “KERK” VERBAN TE WORD STAAN HUL NIE OP VIR DIE WAARHEID NIE, IS HULLE BEREID OM DIE WAARHEID TE VERBLOEM, TE OMSEIL, te verloën.
[24] Die Jode het die man wat blind was, vir ’n tweede keer nadergeroep en vir hom gesê: “Gee erkenning aan God; ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.” [25] Maar hy het geantwoord: “As hy ’n sondaar is, weet ek dit nie.
Een ding weet ek wel: Ek wat blind was, sien nou!”
[26] Daarop het hulle vir hom gesê: “Wat het hy vir jou gedoen? Hoe het hy jou oë oopgemaak?” [27] Hy het hulle geantwoord: “Ek het julle reeds vertel, MAAR julle het nie geluister nie. Om watter rede wil julle dit weer hoor? Julle wil tog sekerlik nie ook dissipels van hom word nie?”
DIE MAN BEGIN NOU INSIG KRY VAN HULLE WARE BEDOELINGS
[28] Hulle het hom uitgeskel en gesê: “Jý is ’n dissipel van daardie man. Óns is dissipels van Moses. [29] Ons weet definitief dat God met Moses gepraat het, maar hierdie man – ons het geen idee waarvandaan hy kom nie.”
MOSES 'N GEWONE MENS WAS VIR HUL BELANGRIKER AS GOD SE SEUN. BAIE HANG IN ONS TYD OOK DIE LERING VAN MENSE MEER AAN AS NET DIE SUIWER EVANGELIE. HULLE VERWYS OOK DAN NA HULSELF AS EEN VAN DAARDIE PERSOON SE VOLGELINGE, noem hul self en selfs kerkverband, denominasie na so en so. ONS MOET JESUS ALLEEN VOLG. MOSES WAS NET INSTRUMENT IN GOD SE HAND.
[30] Die man wat blind was, sê toe vir hulle: “Dis tog merkwaardig. Julle weet nie waarvandaan hy kom nie, maar hy het my oë oopgemaak. [31] Ons weet goed dat God nie na sondaars luister nie, maar as iemand godvresend is en sy wil uitvoer, luister God na só ’n persoon.
DIE MAN ANTWOORD HULLE NOU MET WYSHEID VAN DIE WOORD WAT HULLE SO GOED IN GELEERD WAS, HY IS NIE MEER BANG OF ONSEKER OOR DIE WAARHEID NIE EN BEGIN OPSTAAN DAARVOOR.
[32] Van ewigheid af is nog nooit gehoor dat enigiemand die oë van een wat blind gebore is, oopgemaak het nie. [33] As hierdie man nie van God af was nie, sou hy niks kon doen nie.” [34] Hulle het daarop reageer: “Jy is geheel en al in sonde gebore, en wil jý ons nou kom onderrig?” Hulle het hom toe uit die sinagoge geban. "
DIT MAAK NIE SAAK VIR GOD IN WATTER KERK JY IS NIE, MAAR OF JY SY WAARHEID VOLG EN GLO.
HULLE STEL HULSELF BO HIERDIE MAN IN KENNIS EN POSISIE VOOR GOD SOOS MET DIE GELYKENIS VAN DIE TOLLENAAR EN DIE FARISEER. Daarop VERWERP HUL SY GETUIENIS, EN WIL DIT NIE GLO NIE. SO MAAK MENSE VANDAG NOG, OMDAT IEMAND NIE VER GELEERD IS IN DIE TEOLOGIE NIE SOOS die geval van OOM ANGUS BUCHAN WIL HUL NIE NA HOM LUISTER NIE, MAAR JESUS SÊ OP ‘N ANDER PLEK IN DIE BYBEL
MATTHÉÜS 21:14-16 AFR53
[14] En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak. [15] En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke SIEN wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig [16] en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?
Ook staan daar dat God sy waarheid en wysheid aan ons openbaar en dit nie is uit hoe slim en geleerd ons is nie.
Matthew 11:25-26 AMP
[25] At that time Jesus said, “I praise You, Father, Lord of heaven and earth [I openly and joyfully acknowledge Your great wisdom], that You have hidden these things [these spiritual truths] from the wise and intelligent and revealed them to infants [to new believers, to those seeking God’s will and purpose]. [26] Yes, Father, for this way was well-pleasing in Your sight.
MATTHÉÜS 11:25 AFR53
[25] IN daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het." Ander vertalings sê aan eenvoudiges geopenbaar het.
Die blinde man vervolg verder…
JESUS SIEN WAT MET HIERDIE MAN GEBEUR WAT OPSTAAN VIR DIE WAARHEID EN RED OOK SY SIEL
[35] Jesus het gehoor dat hulle die geneesde blinde uit die sinagoge geban het, en toe Hy hom raakloop, vra Hy vir hom: “Glo jy in die Seun van die Mens?” [36] Die man het geantwoord: “Wie is hy, Meneer, sodat ek in hom kan glo?” [37] Jesus het vir hom gesê: “Jy staan en kyk na Hom; die Een wat met jou praat, dis Hy!”
JESUS OPENBAAR HOMSELF AAN HIERDIE MAN WAT SOEKEND IS EN IN DIE WAARHEID WIL GLO
38] Die man het gesê: “Ek glo, Here!” En hy het in aanbidding voor Jesus neergeval.
[39] Toe het Jesus gesê: “Ek het na hierdie wêreld toe gekom om te oordeel, sodat dié mense wat nie sien nie, kan sien, en dié wat sien, hulle blindheid kan ontdek.”
( EN SODAT EK my doofheid kon ontdek en KON HOOR!!!)
[40] Van die Fariseërs wat by Jesus was, het vir Hom gesê: “Ons is tog nie blindes nie!” HOE BAIE VANDAG REAGEER STEEDS SO OP DIE WAARHEID DEUR TE GLO HUL HET MOS DIE WAARHEID, IPV NET VIR 'N OOMBLIK DAAROOR DINK, HET EK REGTIG DIE WAARHEID? IS EK NIE DALK (VER)BLIND NIE?
[41] Jesus het hulle geantwoord: “As julle blindes was, sou julle nie sonde gehad het nie; maar nou beweer julle julle kan sien. Daarom bly julle sonde staan.”
BAIE GELEERDES vandag nog HET DIE WOORD IN HUL HANDE, MAAR HULLE VRA NIE JESUS OM HOMSELF AAN HULLE TE OPENBAAR NIE, HULLE LEER UIT MENSE SE SIENINGS OOR DIE BYBEL. KERKLIKE DOGMAS EN BOEKIES WORD VERHEF BO DIE WAARHEID VAN DIE WOORD ALLEEN.
Brother Yung getuig in sy boek "The heavenly man" wat handel oor hul vervolging vir die ware Evangelie in China dat toe hul net die Woord gehad het was hulle, al die gelowiges, eensgesind, maar toe die Westerlike lande vir hul Bybels en ook verskillende boekies van elkeen se kerk se leerstellings begin in smokkel het hulle onderling verdeeld geraak. Hulle het die Woord nou deur die bril van die boekie begin lees wat hul gekry het en nie meer op die Heilige Gees alleen staatgemaak om aan hulle God se Woord te openbaar en help verstaan nie.
Ons was ook geestelik blind en nadat ons, in opdrag van die God ons Vader, in Jesus, die gestuurde gewas is kon ons geestelik sien. GENADE ONVERDIEND.
Daarom kan ons nie stil bly nie,
Jesus verwag van ons om te GAAN VERTEL.
Moenie hierdie genade wat jy ontvang het vir jouself hou nie, moenie dit onder 'n klip begrawe nie.
Die hardseer is, die leuen skree op ons maar die waarheid fluister, dit moenie so wees nie.
MATTEUS 10:26-29, 31-39 NLV
[26] “Moenie vir hulle bang wees nie! Die tyd kom wanneer alles wat op die oomblik nog weggesteek word, aan die lig sal kom en alles wat nou nog geheim is, bekendgemaak sal word. [27] Wat Ek vir julle vertroulik sê, VERTEL dit vir almal. En wat in julle ore gefluister word, basuin dit van die dakke af. (Ek moes doof word sodat ek kon hoor, Jesus kon nou Sy waarheid in my oor fluister)
GAAN VERTEL JOU VILLAGE, DAAR WAAR GOD JOU GEPLAAS HET
[28] Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak; aan julle eintlike menswees kan hulle nie raak nie. Wees veel eerder bang vir Hom wat julle liggaam én eintlike menswees in die hel kan vernietig. [29] Julle weet dat twee mossies vir ’n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarby betrokke is nie.
ONS STAAN NIE ALLEEN IN HIERDIE STRYD VIR DIE WAARHEID NIE
[31] Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies.
[32] “As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader. [33] Maar as julle My verloën voor die mense, sal Ek julle ook verloën voor my hemelse Vader.”
[34] “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie! Nee, Ek het nie vrede gebring nie, maar stryd. [35] Ek het gekom om skeiding te bring tussen ’n man en sy pa en ’n dogter en haar ma, tussen ’n skoondogter en haar skoonma. [36] Selfs ’n mens se eie familie sal jou vyande wees. [37] “As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. [38] As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. [39] As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”
Die Samaritaanse vrou by die put vervolg…
Die Here openbaar hierdie aan my dogter nadat ons ernstig weer gaan bid het oor
WAT is reg, en nie WIE is reg nie?
Jesus weet wat hierdie vrou kortkom en nodig het en sê selfs vir haar WAT sy moet vra?
As jy net 1 ding kan kry sal dit seker wys wees om vir JESUS te vra om jou te sê en te wys wat jy die nodigste het.
MATTHÉÜS 6:8 AFR53
[8] "… want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
In JOHANNES 10:30 AFR53 sê Jesus: "
[30] "Ek en die Vader is een."
So dit beteken Jesus weet die beste wat ons nodig het.
Die Samaritaanse vrou weet nie dat die Messias voor haar staan nie want sy ken Hom nog nie persoonlik nie, sy het nog net van Hom gehoor. Dus glo sy wel aan Hom maar nog nie IN Hom nie.
Vers 10: Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. (As ons vra sal Hy gee)
Jesus sê vir haar waarvoor sy moet vra en by Wie sy kan kry wat sy so nodig het.
Sy moes vir lewende water vra. ( 'n reaksie van haar kant op Jesus se aksie wat haar sê om te vra))
"Vra en vir julle sal, gegee word..." Matt7:7
Dit was volgens Jesus wat sy die nodigste gehad het. Dit is wat Jesus die belangikste geag het om vir haar te gee. Is dit nie dan ook waarvoor ek en jy behoort te vra nie, waarna ons moet smag nie en dit vir onsself by Jesus alleen gaan kry nie en nie by die predikant of my kerk, my huweliksmaat(soos Adam by Eva) of selfs familie en vriende?
Jesus het die suiwer waarheid, res se waarheid kan besmet wees met onsuiwerhede van menslike byvoegings, selfs goedbedoelings en weglatings van die ware evangelie.
So wat is hierdie lewende water wat ons by Jesus kry?
JOHANNES 7:37-39 AFR53
[37] En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! (van hierdie lewende water) [38] Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
[39] En dit het Hy gesê van die Gees (van die waarheid) wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
JOHANNES 14:16-17 AFR53
[16] En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: [17] die Gees van die WAARHEID wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
JOHANNES 1:14 AFR53
[14] En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en WAARHEID.
JOHANNES 1:17 AFR53
[17] Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die WAARHEID het deur Jesus Christus gekom.
Die lewende water wat ons by Christus kry en wat ‘n fontein word wat uit ons binneste vloei is God se Gees van die WAARHEID. Hierdie WAARHEID(JESUS) is waarin die HG ons lei en breek dit vir ons oop om te verstaan en te volg.
Van alles wat Jesus die Samaritaanse vrou kon bied, waarom was dit vir Hom so belangrik dat sy vir waarheid moes vra? Waarom ag Hy dit die noodsaaklikste?
In vers 14 van die samaritaanse vrou by die put lees ons: [14] maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
JOHANNES 8:31-32 AFR53
[31] En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. [32] En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. (JESUS IS HIERDIE WAARHEID, die Woord, die Weg, die Lewe)
JOHANNES 8:51 AFR53
[51] Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar(God se waarheid), sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.
EFÉSIËRS 1:13 AFR53
[13] in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, NADAT julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
Die waarheid is dus tot redding. Dit maak jou vry !!
Dit is saligmakend, daarsonder kan ons nie die ewigheid beërwe nie. Dis die goeie nuus van die Ware evangelie, God se plan, God se padkaart. Dit is glo IN Jesus.
DIT IS JESUS!!
HY IS DIE WEG DIE WAARHEID EN DIE LEWE.
En dit is God se hart, en dus ook Jesus se hart, dat almal tot die waarheid sal kom en gered word.
I TIMÓTHEÜS 2:3-4 AFR53
[3] Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, [4] wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die WAARHEID kom."
Die waarheid is: Hy wil dit hê, dis sy wil
Hierdie vers vat hande met met johannes 3:16...want so lief het God die wêreld, ...sodat elkeen wat IN Hom glo..."
" DAT ALLE MENSE GERED WORD, EN TOT KENNIS VAN DIE WAARHEID KOM."
Net soos die Samaritaanse vrou kom ontmoet Jesus elkeen van ons in ons put van sonde en sê vir ons wat ons nodig het. Die lewende water, die reddende waarheid wat slegs in Hom te vinde is, WAT NET HY ONS KAN GEE.
En net soos die Samaritaanse vrou is dit my en jou keuse en verantwoordelikheid om daarvoor te vra en dit te soek, EN DIT DAN VIR ANDER TE GAAN VERTEL, die aflos stokkie aan te gee. Ons durf nie die leuen aangee nie, al is dit hoe amper waarheid!!
Want dan is ons deel van die Addergelsag.
Mark 4:23-25 AMP
[23] If anyone has ears to hear, let him hear and heed My words.” [24] Then He said to them, “Pay attention to what you hear. By your own standard of measurement [that is, to the extent that you study spiritual TRUTH and apply godly wisdom] it will be measured to you [and you will be given even greater ability to respond]—and more will be given to you besides.
[25] For whoever has [a teachable heart], to him more [understanding] will be given; and whoever does not have [a yearning for truth], even what he has will be taken away from him.”
MARKUS 4:23-25 NLV
[23] Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê.” [24] Hy het ook vir hulle gesê: “Maak seker dat julle goed aandag gee aan wat julle van My hoor. Hoe meer julle luister, hoe meer sal julle verstaan – en julle sal boonop nog meer ontvang. [25] Wie hulle oopstel vir my onderrig – vir hulle sal nog meer gegee word. Maar wie dit nie doen nie – van hulle sal selfs die bietjie wat hulle het, ook nog weggeneem word.”
Die bietjie waarheid wat so iemand wel het, sal hul ook verloor as hul, hul nie oopstel om deur Jesus onderrig te word nie.
MARKUS 4:23-2sal5 AFR53
[23] As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor. [24] En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor. [25] Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Op hierdie vers volg die gelykenis van die saad, bietjie later sal ek getuig van watter saadjie ek was soos die Here dit aan my geopenbaar het. Die voorafgaande verse laat my nou beter begryp en besef hoekom ek daardie saadjie was.
Ek het nie gaan seker maak by die ware Bron van wat ek gehoor het nie.
JESUS SÊ VIR HAAR DAT SY DAARVOOR, die Lewende water MOET VRA….DIT MOET WIL HÊ, DIT MOET SOEK!!
God kyk na die hart, opreg berouvolle harte wat Hom wil volg al kos dit ons.
JEREMIA 29:13 AFR53
[13] En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart."
MATTHÉÜS 7:7 AFR53
[7] Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Daar is net EEN waarheid en ons moet hierdie waarheid soek met ons hele hart, die suiwer waarheid wat in Jesus Christus is, en dit kry ons BY HOM, God se woord, tyd by Sy voete in Woord en gebed
Mark 4: 33-34 AMP
[33] Jesus het baie sulke gelykenisse gebruik om die woord aan die mense te bedien volgens wat hulle kon verstaan. [34] Eintlik het Hy in sy openbare onderrig net gelykenisse gebruik, MAAR wanneer Hy agterna alleen was saam met sy dissipels, het Hy alles vir hulle verder verduidelik.
Jesus verduidelik dit dus verder aan hulle wat naby Hom leef, in Sy teenwoordigheid leef, tyd soekend met Hom spandeer.
As ons verder saam met hom gaan en nie net tot op 'n punt nie dan neem hy ons ook verder in ons verstaan en begrip van sy Waarheid.
JOHANNES 14:6 AFR53
[6] Jesus antwoord hom: Ek is die WEG en die WAARHEID en die LEWE; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Ons het reeds hierna verwys maar om net weer dit vas te maak in ons harte.
ONVERVALSTE WAARHEID =
Die DEUR (die enigste deur daar is nie ‘n agter deur nie. Joh10:9) =
LEWE (ewige lewe)
Die bruilofsgas wat nie by God se plan vir redding ingekom het by die onthaal nie, het nie die bruilofkleed aangehad nie, en is uitgewerp in die duisternis.
Die Hebreeuse woord vir lewende water (mayim chaim) verwys na water in die vorm van reën of water wat vloei vanuit ‘n natuurlike bron, water wat direk van God kom en nie deur mense hande aangedra of opgegaar is nie.
2 Timothy 3:16 ESV
[16] All Scripture is breathed out by God and profitable for teaching, for reproof, for correction, and for training in righteousness,
2 TIMOTEUS 3:14-16 AFR83
[14] Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was [15] en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. [16] Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,"
Hy ken van kleinsaf die skrif wat hom tot redding kon lei, hy is nie van geboorte af gered nie.
Ons kry dus die waarheid direk van die Bron
- Die Lewende water -
PSALMS 119:160 AFR53
[160] Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. (Dit verander nooit nie)
PSALMS 119:152-155NLV
[152] Van lankal af het ek geweet dat u eise nooit verander nie. [153] Kyk tog na my lyding en red my; u gebooie het ek tog nie vergeet nie. [154] Behartig tog my saak en bevry my! Laat ek lewe soos U beloof het.
[155] Bose mense is ver van redding, WANT hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie. (God se waarheid)
Die leuen het ‘n ander uitkoms!
MATTHÉÜS 7:13-15 AFR53
[13] Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. [14] Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. [15] Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
(DUIWEL KOM SOOS ENGEL VAN DIE LIG).
Onsuiwer waarheid of halwe waarhede is net leuens vermom as waarheid, die uiteinde is dieselfde. Amper reg is steeds heeltemal verkeerd. Skool se 30% slaagsyfer en selfs die 50% van universiteit laat ‘n 90% waarheid vir ons na meer as voldoende lyk.
Die werklikheid is dat as ek ‘n PADKAART met 10 instruksies waar om te draai daarop ontvang moet ek dit presies so volg om by my bestemming uit te kom. As ek net 1 verkeerde afdraai neem gaan ek my bestemming mis ry.
9 uit 10 kry my nie by die regte bestemming uit nie.
100% is nodig.
‘n Suiwer waarheid is nodig.
Ek herhaal hierdie gaan nie oor om alles reg te doen om die ewige lewe te verdien nie.
Dit gaan nie oor hoe volmaak jy is nie maar oor hoe volmaak, 100% jou waarheid is wat jy glo en volg.
Uit kain en Abel se verhaal sien ons duidelik dat ‘n amper reg of 9/10 waarheid nie vir God aaneemlik is nie.
Genesis 4:3-8 AMP
[3] And in the course of time Cain brought to the Lord an offering of the fruit of the ground. [4] But Abel brought [an offering of] the [finest] firstborn of his flock and the fat portions. And the Lord had respect (regard) for Abel and for his offering; [5] but for Cain and his offering He had no respect. So Cain became extremely angry (indignant), and he looked annoyed and hostile.
[6] And the Lord said to Cain, “Why are you so angry? And why do you look annoyed?
[7] If you do well [believing Me and doing what is acceptable and pleasing to Me], will you not be accepted? And if you do not do well [but ignore My instruction], sin crouches at your door; its desire is for you [to overpower you], but you must master it (die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.)” [8] Cain talked with Abel his brother [about what God had said]. And when they were [alone, working] in the field, Cain attacked Abel his brother and killed him.
Soos Abel het Kain ook ‘n altaar gebou, ook die beste van sy oes geneem, dit ook aan die ware God geoffer, hy het net 1 detail uit al die instruksies verkeerd gekry en God het nie sy offer aangeneem nie. Die belangrikste detail wat moes heenwys na God se waarheid, die evangelie.
Kain se groente kon nie ons met God versoen nie maar die bloed van die Lam wel. Dis die bad in die Gestuurde van God, Sy Seun Jesus Christus.
Sy 9/10 waarheid was nie vir God aanvaarbaar nie.
God vereis dat die waarheid 100% moet wees. Ons eie variasie van die waarheid is nie aanvaarbaar vir Hom nie want dis nie meer waarheid nie, maar leuen.
JESAJA 29:13 AFR83
[13] Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie."
Kain se rokie het nie opgegaan nie, God besluit daaroor nie mense nie.
Dus al verweer mense hul siening hoe, dit bly onsuiwer en nie God se bedoeling en plan nie.
God los Kain nie in sy onwaarheid nie, maar kom na Hom met die waarheid, maar Kain soos die Fariseërs en Skrifgrleerdes word kwaad en laat hom nie leer en reghelp nie.
9/10 is veral nie okay as dit mense weg van Hom laat eindig nie, Die Here sal nie iets goedkeur wat mense ver van Hom laat eindig nie, of kan laat verdwaal nie, so hoe is dit vir ons okay?
VOLLE OORGAWE, VOLLE VERTROUE NIE HARDER PROBEER NIE
Ons beleef dat hierdie "amper waarhede" in van ons Christelike kerke mense weerhou om waarlik wedergebore te word en dus sien ons nie dat hul lewens verander en vrug dra wat by die bekering pas nie. Baie jong mense gaan weg uit die kerk wanneer hul die skool verlaat.
Baie sien dit as dis maar vandag se jeug, maar is dit nie dalk eerder die produk van vandag se halwe waarhede nie? Net die waarheid sny waarlik harte, bring sonde besef, berou en bekering wat die wedergeboorte voor af gaan. Net die waarheid maak vry en bring verandering, nuwe mens.
Ware wedergeboorte verander jou hart en MOET jy nie kerk toe gaan nie, maar WIL jy nou gaan. Daarom sal jy sien dat jong mense wat die suiwer waarheid ontvang het en self tot wedergeboorte gekom het, kies om vir Jesus te leef en kerk toe te gaan al is hul uit die huis. Hulle is vol ywer en aan die brand vir die Here, leef gehoorsaam aan Sy Woord en dra vrug wat by hul bekering pas.
LUKAS 3:8 AFR53
[8] "Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek."
Hierdie vrug is die gevolg van die ware evangelie.
As die vrug ontbreek kan die rede dalk wees dat die waarheid ontbreek.
Al daaraan gedink dat as die halwe waarheid gaan veroorsaak dat jou kind die ewige lewe gaan mis jy dalk dit ernstiger moet begin opneem hoe die aflos stokkie(waarheid) lyk wat jy aangee, en nie net blindelings die stroom volg nie.
Maak biddend seker oor jou waarheid!! Neem jou BYBEL/ Woord en Begin toets!
II KORINTHIËRS 11:2-4 AFR53
[2] Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel. [3] Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. [4] Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval."
NIE 'N ANDER GELOOF NIE MAAR 'n ander JESUS, ander EVANGELIE
Let op Paulus is nie bang dat blatante leuens hulle sal mislei nie, maar amper waarhede, soos die slang met Adam en Eva gemaak het. Nie ‘n ander Redder nie, maar ‘n ander Jesus, ‘n ander Evangelie. Ook 'n Jesus, ook 'n evangelie, maar nie 100% die suiwer waarheid nie. Onsuiwer waarheid lei tot die dood, maar die suiwer waarheid tot die Ewige lewe.
Onthou ‘n ander Jesus en ander evangelie is om enige iets by die waarheid van God se Woord te voeg of daarvan weg te neem. Dus aan God se pad van redding te verander, al is dit hoe effens.
Mense sal altyd sê as iets nie lewe of dood is nie, dit nie so belangrik is nie, maar hierdie het ewige lewe of ewige dood tot gevolg, ek sou dan sê hierdie is dus uiters belangrik!
DEUTERONÓMIUM 4:2 AFR53
[2] Julle mag by die woord (waarheid) wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.
As ons byvoeg of wegvat dus ons eie interpretasies daarvan maak, kry ons ‘n Aspoestertjie verhaal van die Bybel klaar. Die skoen van die Evangelie te probeer maak pas by jou interpretasie van die Woord. Dus tone afkap of inprop. Die Woord weglaat of byvoeg om die leuen(halwe waarheid, amper waarheid) te maak pas.
Jy sal baie keer vind dat hul nie altyd skrif sal aanhaal nie, of net sekere skrif en een of ander prediker of leerstellings eerder aanhaal. Amper waarhede gebruik nie net die skrif alleen soos dit daar staan nie maar sal bewoording gebruik soos "hieruit kan ons aflei, of kan ons aanneem." Die waarheid hoef niks af te lei of aanneem dit word eintlik so of so bedoel nie, die waarheid staan daar soos dit daar staan. Duidelik, want God wil hê dat ons die waarheid moet weet en tot redding kom. Afleidings en aan te neem dit word eintlik so of so bedoel is 'n gevaarlike mynveld van eie interpretasies, of by las of weglaat.
Of hulle sal sê in daardie tyd was dit so maar kan nie vandag in ons tyd so geglo word nie, maar die waarheid is God verander nie daarom verander ook sy Woord nie om by tye aan te pas nie.
Ons kan God se Woord glo soos dit daar staan, soos hy dit aan ons gegee het.
Die leuen met die minste onwaarheid in is die gevaarlikste leuen!!!
Dis die moeilikste een om uit te ken, daarom moet ons bid dat die Here deur sy Gees dit aan ons openbaar.
Ons moet die Heilige Gees toelaat om die Woord en die bedoeliing daarvan die ware interpretasie aan ons te openbaar, soos om dieselfde stem instrument te neem en 100 klaviere in te stem. Dan en net dan alleen sal hulle saam kan speel maar as elkeen sy klavier volgens sy eie gehoor(interpretasie) instem sal hulle glad nie in harmonie kan saam speel nie. Netso met gelowiges wat hul interpretasie van die Woord deur die Heilige Gees laat openbaar sal eensgesind wees met elke ware wedergebore kind van God reg oor die wêreld.
Never change the bible to make it agree with what you believe.
Change what you believe until it agrees with the bible.
There's a word for people who gets offended when their opinion doesn't line up with Scripture…
Pharasees.
"Addergeslag"
FARISEËR EN SKRIFGELEERDES – hulle wat hul eie sienings, afleidings van die Woord en oortuigings hoër ag as God sin en wat vashou aan wat mense hul geleer het en nie gaan hoor by wat die Gees ons leer nie.
SPREUKE 3:5 AFR53
"[5] Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie."
Of dit uit konteks aan te haal soos die duiwel met Jesus gedoen het in die woestyn om sy eie agende te bevorder. (Mat. 4:1-11)
Wanneer Satan skrif gebruik, sê Jesus nie vir hom dit staan nie daar nie, MAAR dat daar OOK geskrywe staan….
Jesus bring dan die hele bedoeling, verstaan en konteks van die volle Woord, alles saam.
BY DIE WAARHEID PAS ALLES van die Woord,
niks hoef weggelaat of bygevoeg te word nie.
Onsuiwer waarheid het Fans tot gevolg en nie “comitted followers “ nie.
Dis soms moeilik om die FAN van die Ware FOLLOWER in die kerk te onderskei, maar die Woord sê aan hul vrugte sal ons hulle ken.
Hulle het vrot of geen vrug, of dra VRUGTE uit die vlees en nie uit die Gees en lyk dit aanvanglik goed op die oog af, maar die vrugte hou nie en is nie konsekwent nie, dit word nie ryp en versprei dan nie die saad van die evangelie, die waarheid nie.
Die mens se eie begeertes veroorsaak aangepaste waarheid om by hierdie eie begeertes te pas.
LUKAS 8:14-15 AFR53
[14] En wat in die dorings geval het — dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. [15] En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in 'n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
Onsuiwer waarheid het nie volhoubare vrug tot gevolg nie, gehoorsaamheid word weggelaat of selektief toegepas, wedergeboorte word verdraai of onderbeklemtoon selfs weggelaat, daar is nie noemenswaardige groei by die persoon nie, daar is vals gerustheid en geen ywer, evangelisasie gebeur min of selfs glad nie, vrug van die Gees en gawes van die Gees word nie beoefen. Geestelike hoogmoed tree in. Onsuiwer waarheid akkomodeer en verskoon sonde.
Onsuiwer waarheid bring nie redding nie.
Ons moet egter besef as jy die waarheid begryp en verstaan is dit deur God se genade dat jy kan, dis nie uit jou eie slimmigheid of vermoë nie. Hy breek die Woord vir jou oop deur Sy Gees.
MATTEUS 13:11-13 NLV
[11] Hy antwoord hulle toe: “Omdat julle bevoorreg word om die geheime van God se koningsheerskappy te verstaan. Húlle word nie so bevoorreg nie. [12] Hulle wat reeds verstaan, vir hulle sal nog meer gegee word en hulle sal oorvloedige kennis hê. Maar hulle wat nie insig het nie, van hulle sal ook nog die bietjie weggeneem word wat hulle wel verstaan.
Is jou PADKAART wat jy volg 100% reg?
Is die instruksie wat jy volg suiwer God se instruksies?
Is jou waarheid Sy waarheid?
Wie volg jy?
Die ware Jesus?
Of volg jy sonder dat jy besef ‘n ander Jesus.
Die Jesus van die Bybel is God se enigste Seun wat Hy gestuur het om vir die wêreld, alle mense te gesterf het vir hul sonde, sodat
elkeen wat IN HOM GLO as hul "Lord
and Savior" nie net een van die twee nie, nie verlore sal gaan nie maar die Ewige lewe kan hê. So is elkeen wat aan God se plan, die ware Evangelie glo met God versoen nie uit hul eie verdienste nie maar wat Jesus gedoen het.
Enige ander lering oor Jesus, is nie die Jesus van die Bybel nie.
Lord and Savior?
Die waarheid is: Hy moet alby vir my wees
Hoekom moet Jesus vir my alby wees?
Savior/ Redder - (Lam van God)
te glo ek is 'n sondaar, Hy die Lam van God red my van die hel deur vir ook my te sterf en op te staan uit die dood en aan my die ewige lewe gee. Maak van my 'n nuwe mens wat nou God kan verheerlik met my lewe.
Lord/Koning - (Leeu van Juda)
ek buig die knie voor Hom uit vrye keuse en dankbaarheid vir hierdie onverdiende genade en dien en gehoorsaam Hom met my hele lewe. Ek loop die Nou pad van heiligmaking uit gehaarsaamheid en dankbaarheid. My lewe verander en is ek 'n nuwe mens wat Hom wil dien en gehoorsaam. My hele lewe is nou aan Hom oorgegee en gewy soos die vierde saadjie en lewe ek nou vir Hom en nie meer vir myself en my eie begeertes soos die derde saadjie nie. Derde saadjie het Hom net as Savior gehad, hul lewe het nog steeds oor hulself gegaan en het hy nie deur hul kon vrug dra nie.
DIE WAARHED IS: Die Vierde saadjie hou die woord(waarheid) in hul hart, hoor en gehoorsaam dit, sterf aan hul self, hul wil en hul begeertes wat vrug tot gevolg het.
Hoe dra 'n saad vrug? Dit val in die grond en sterf om te kan opkom en dan veel vrug te dra wat weer nuwe saad gee. Die volgende verse dui dus aan wat met die 4de saadjie gebeur en daarom vrug tot gevolg het.
JOHANNES 12:24-25 AFR83
[24] Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in.(dra hy veel vrug)
[25] Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.
MATTHÉÜS 16:24-26 AFR53
[24] TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. [25] Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. [26] Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
Vers 26 is die storie van die derde saadjie....genietinge en rykdomme van die wêreld hê, eie begeertes.
Halwe waarheid kan ook wees net Savior of net Lord
Net Savior verkondig, gaan dit oor wat ek kan kry en dit bring nie verandering nie, persoon word weer maklik verlei deur die genietinge, rykdom en sorge van die wêreld. Hulle verloor ook hulle vrees(respek, eerbied en ontsag) vir die Here wat ongehoorsaamheid en kompromieë met die wêreld tot gevolg het. Dan gaan dit maklik net oor my en wat ek daaruit kan kry en nie so seer oor God en hom te gehoorsaam en verheerlik nie.
As hul Net Lord verkondig of klem oplê gaan alles oor wat ek moet, moet om die Koning tevrede te hou sodat...
Dan sit ons met 'n verdiensgodsdiens soos alle ander gelowe het.
Lewende water ( suiwer waarheid) bring en ondersteun ook lewe, laat groei plaasvind. Die teenoorgestelde daarvan, Brak water ( onsuiwer waarheid), soos die dooie see, veroorsaak dood. Dit kan nie lewe ondersteun of groei laat plaasvind nie, en dit lewer ook nie vrug.
ESÉGIËL 47:1-9 AFR53
[1] DAARNA het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar. [2] En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit. [3] Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan — waters tot aan die enkels. [4] Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan — waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan — waters tot aan die heupe. [5] Verder het hy nog duisend gemeet — 'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys — waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie. [6] En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom. [7] Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante. [8] En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. [9] En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.
Hierdie gedeelte beskryf die uitstorting van die HG, die Gees van Waarheid, na Jesus se opstanding. Soos die apostels die waarheid vertel kom mense deur die waarheid tot geloof verkry self die waarheid wat hulle dan weer oor vertel en so word die klein straaltjie lewende water, strome van lewende water, wat red, genees en laat groei.
Die straaltjie van God se waarheid wat deur die apostels ontvang is raak enkel diep soos hulle dit met die mense deel en baie in die stad begin glo. Dan knie diep soos hulle dit na die omringende gebiede neem en daar VERTEL en nog meer mense tot geloof kom. Die rivier van God se waarheid, die ware evangelie raak wyer en dieper soos dit vloei tot in dooie see! Die DOOIE SEE is die verste weg van lewende water as wat mens kan kry.
Giftig en brak, die donker realiteit van ‘n wêreld sonder die waarheid.
Oral waar die lewende water egter kom gee dit nuwe lewe en ‘n intieme verhouding met God volg deur Sy Seun Jesus Christus waar daar vroeër net dood was.
The earth shall be filled with the knowledge of the glory of the Lord as the waters cover the sea. (Habakkuk. 2:14, Isaiah 11:9)
Dit is God se plan dat hierdie stroom van waarheid die hele aarde bedek. Dat die stroom van waarheid die leuen wegspoel. Ons is die medewerkers hiervan. FLUISTER ons die waarheid of nog erger BLY ONS STIL omdat ons bang is.
LUKAS 9:24-26 AFR53
[24] Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. [25] Wat baat dit 'n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? [26] Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde(waarheid), vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
LUKAS 19:39-40 NLV
[39] Sommige van die Fariseërs uit die skare het vir Jesus gesê: “Leermeester, bestraf jou dissipels!” [40] Jesus het gereageer: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!”
Let op wie wou die Dissipels stilmaak, nie die Heidene nie maar hulle met hul eie waarheid.
Toe hulle die WAARHEID, nie kon stil maak nie, maak hulle Hom dood.
Ook Petrus en Johannes word gedreig en vermaan om stil te bly en nie meer die waarheid te verkondig nie.
HANDELINGE 4:8-31 AFR53
[8] Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel, [9] as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het, [10] laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
[11] Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het. [12] En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
[13] En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken. [14] En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie. [15] Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag [16] en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie. [17] Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie. [18] En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.
[19] Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; [20] want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
[21] En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het. [22] Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud. [23] En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het. [24] En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het, [25] wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink? [26] Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde. [27] Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, [28] om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind. [29] En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, [30] deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind. [31] En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
Hulle het nie stilgebly nie ten spyte dat hul gedreig is en selfs hul lewe kon verloor .
Ons kan alleen God se Woord, Sy waarheid ken en spreek as ons vervul word met die Heilige Gees, sonder Hom is ek niks en kan ek niks. Wees onsettend afhanklik van Hom alleen.
Satan weet wat die waarheid tot gevolg gaan hê en staan dit met alles teë, waarvan die leuen en veral die amper-waarhede van sy grootste wapens is van dag een af.
Is jou waarheid suiwer, bring dit lewe? Kom dit direk van God, Of is daar onsuiwerhede, bietjie dooie see water daarin gemeng, maak seker, bid daaroor want anders lei dit tot die dood en nie die Ewige lewe nie?
Die duiwel is die vader van die leuen en is baie goed daarmee om dit as waarheid op te maak. As ons nie gegrond staan in die suiwer waarheid nie, gaan ons keuses maak wat tot die dood lei.
JOHANNES 8:44 AFR53
[44] Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.
Ons moet so passop om nie uit ons eie te praat nie maar altyd net wat die Woord sê.
Die woord het alleen krag.
Ek hierdie raakgelees
"Satan deceived a 3rd of the angels that were actually in the presence of God. What makes you think he can't deceive you? Imagen the power he has over mere men that don't submit to the word of God"
Hoe bly ons staande teen die leuens van die duiwel?
EFÉSIËRS 6:13-14 AFR53
[13] Daarom, neem die VOLLE wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
[14] Staan dan vas, julle lendene met die WAARHEID omgord,
Dit is nie per toeval dat Paulus die wapenrusting begin met die gordel van waarheid nie. Net soos die belt die res van die wapenrusting in plek hou, so is dit die waarheid van God se woord wat leiding gee in elke aspek van ons lewens. As die belt nie behoorlik vasgemaak is nie, het die soldaat nie toegang tot sy wapens. Sonder die belt kan jy nie in die oorlog veg nie. Dis ooglopend hoeveel keer in die Woord daar klem gelê word op die waarheid. Waarheid is vir God baie belangrik en word van dag een af deur die duiwel aangeval en verdraai.
PSALMS 33:4-5 NLV
[4] Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. [5] Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde.
Die gordel van waarheid voorkom dat ons vir die satan se leuens val. As ons nie die waarheid het of verstaan nie, is die res van die wapenrusting nutteloos.
Die Here maak my wakker met die woorde,
"Trek jou vole wapenrusting aan"
Volle wapenrusting...volle waarheid
nie net gedeeltelike wapenrusting, waarheid nie want dit laat jou oop vir dodelike wonde.
Dit kan ons geloof baie skade doen as ons iewers 'n leuen/halwe waarheid glo.
Hoe trek ek dit aan?
Baie sê jy spreek dit elke oggend oor jou en jou gesin maar ek dink dan bly dit net by hoor en net hoor het nog nooit regtig iets verrig nie. Die Duiwel gee nie om dat ons kerk toe gaan en hoor nie, hy het 'n probleem as ons dit wat ons hoor gaan doen.
Daders van die Woord wees.
Hoekom dit aantrek?
EFESIËRS 6:11-13 NLV
[11] Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. [12] Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes. [13] DAAROM moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vasstaan.
Dus hoe trek ek dit prakties aan?
Dis nie net dit hoor en daarvan weeet nie.
Eerstens maak seker ek het die waarheid, God se waarheid
Die volgorde waarin dit aangetrek word laat mens beter verstaan hoe belangrik waarheid werklik is.
Eerste: Waarheid
Staan vas in dié waarheid.
[14] Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra ..."
(Moenie onsuiwerhede akkomodeer ter wille van nie)
Niks verder kan in plek wees as ons nie by waarheid begin nie. As die saad nie suiwer is nie gaan die onkruid wat saam gesaai word die bietjie waarheid ondermyn.
Volg God se plan van redding, Sy geregtigheid en nie my eie plan van redding nie
Tweede: Geregtigheid, vryspraak
EFESIËRS 6:14 AFR83
[14] Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas,
Efesiërs 6:14 AFR20
[14] Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van geregtigheid,
Ek kan nie regverdig word, vrygespreek word, geregtigheid kry Sonder waarheid nie. Die teenoorgestelde is ongeregtigheid en word veroorsaak wanneer God se standaarde verwerp word, God se waarheid. Ware geregtigheid kom net van God. In die Bybel is daar 'n noue verband tussen die woorde geregtigheid en regverdig. Geregtigheid gaan verder want wanneer ons in die woord lees van geregtigheid word dit altyd bedoel in verband met 'n verhouding, dus gaan dit oor ons verhouding of gemeenakap met die Here. Waar bevind ek my? Verdoem buite Jesus Christus, of verlos en skoongewas in Jesus Christus
Alleen die waarheid kan my in die regte verhouding met die Here bring.
JOHANNES 8:31-32 AFR53
[31] En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. [32] En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Derde: GAAN VERTEL nou aan ander
Bereid wees om te gaan vertel, die goeie nuus van die evangelie, die waarheid en geregtigheid waaraan jy self nou deel gekry het uit genade alleen. Dit nie net vir jouself te hou nie, die strome lewende water te laat voortvloei ook na ander. Dit gebeur amper spontaan want jy kan en wil nie stilby nie, maar die vyand probeer jou keer en stilmaak deur onder andere vrees vir vervolging, wat amder sal dink ens.
EFESIËRS 6:15 NLV
[15] Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig aan soos skoene aan julle voete.
Vierde: GELOOF
Nou in geloof op die Here uit te stap, in wat Hy gedoen het, in sy krag en vermoë.
Daarom begin hierdie gedeelte in vers 10 met:
EFESIËRS 6:10 NLV
[10] Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte!
Geloof word beoefen, dit het hande en voete...
Jy moet dit toepas. Vertrou, staan op God se beloftes, gehoorsaam
EFESIËRS 6:16 NLV
[16] Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Daarmee kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet.
Vyfdens VERLOSSING
Vas staan in jou sekerheid van persoonlike redding.
Sonder hierdie sekerheid in wat Hy gedoen het en nie wat ek gedoen het nie, in wie Hy is en nie in wie ek is nie gaan ek nie met vrymoedigheid tot God nader by Hom daagliks bekragtig word deur sy Gees nie en so niks kan beteken vir God se koningkryk want ek sal dan makkiker wil vlug as veg in God se weermag. In hierdie geestelik oorlog. Om jou kop te beskerm, dit wat jy dink sal word wat doen.
EFESIËRS 6:17 NLV
[17] Gebruik God se verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm...."
Sesdens: WOORD
EFESIËRS 6:17 NLV
".... En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se woord" (weereenes Sy waarheid)
Glo Sy woord, Sy waarheid. Gehoorsaam Sy woord, wees 'n dader van sy Woord, spreek Woord
2 TIMOTEUS 3:16 NLV
[16] Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek.
HEBREËRS 4:12 AFR53
[12] Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
Sewende :GEBED
Spandeer baie tyd in Woord en gebed, intieme verhouding in Hom bly.
THESSALONICENSE 5:17 AFR53
Bid, bid, bid. Laat die Heilige Gees jou lei, leer. Passop vir die pyle van die bose, leuens, halwe waarhede, verleidings ens.
EFESIËRS 6:18-20 NLV
[18] Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort.
Bid vir mekaar
[19] Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak. [20] As ambassadeur van hierdie Goeie Nuus is ek in boeie. Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig. (Die waarheid)
Laastens: VOLHARD
EFÉSIËRS 6:18 AFR53
[18] terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.
HEBREËRS 10:36-39 AFR83
[36] Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. [37] Nog net “'n kort, kort tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie. [38] En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie.” [39] Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe.
Gaan niks help om die wapenrustig net uit jou kop te ken en dit op te sê en dink jy trek dit so aan nie.
Dis lewensveranderende keuses en volhardend daarin lewe. Heeltyd seker maak jy is nog op die waarheid (tyd in Woord en gebed vir jouself en ander gelowiges) en dit VOLG.
Die wapenrusting is nie om ons fissies te beskerm nie maar geestelik
Fill your mind with God's truth and you will have no room for satan's lies.
Gedgates gaan deur ons koppe maar ons het 'n keuse wat agter bly en dade word.
Ons ken die waarheid as ons Christus ken, maar as Chrisrus nie die middelpunt van ons lewens is nie, as Hy net nog iets is, is die waarheid nie in die middelpunt van ons lewens nie. En as die waarheid nie die kern van ons lewens is nie, gaan ons val. As Hy nie bo in ons driehoek staan nie gaan ons mense en dinge bo Hom plaas en Sy opdragte aan ons.
In Joh. 17 het ons reeds gesien bid Jesus vir sy disipels om in waarheid geheilig te word en so ook die wat deur hulle tot geloof kom.
JOHANNES 17:17-20 AFR53
[17] Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
[18] Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. [19] En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
[20] Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo"
Jesus weet jy kan nie die pad van heiligmaking stap as jy nie die waarheid het nie. Die ware evangelie! Sonder die waarheid druk jy net lemoene in die dorings van 'n suurlemoenboom wat vir 'n rukkie met vrugte bluf maar nie hou nie. Sonder dit is jy nie op die Nou pad nie. En daarom bid Hy vir Sy disipels om in die waarheid geheilig te word. En ook vir die wat deur hulle waarheid tot geloof sal kom.
"...maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo"
Die aflosstokkie van die waarheid wat hulle en ook nou ons moet aangee en aangee van geslag tot geslag.
Ek het so vasgehou aan die leerstellings waarmee ek grootgeword het en het regtig so ernstig vas geglo dat dit die waarheid is dat ek dit nie vir een oomblik in twyfel getrek het nie, Ek het dit tot ernstig verdedig. Paulus het ook alles wat hy geleer is stiptelik nagekom en sy vorige waarheid erg verdedig.
Tog later het daar vrae in my hart ontstaan. Ek was net soekend. Ek was glad nie in opstand teen wat ek geleer is nie, en het daarom elke antwoord op my vrae dadelik aanvaar.
Daar is ook toe vir my gesê dat ek as lidmaat nie die Bybel altyd kan verstaan nie, daarom het ons Predikante nodig wat ver geleerd is. Ek het dit so aanvaar en aan die geleerdes oorgelaat en geglo en vertrou wat hul my leer. Ek was immers toe self nog jonk, ek het die aflosstokkie aangevat sonder om dit self te toets.
Maar later sou ek tot die besef kom die Woord sê daarop:
MATTHÉÜS 11:25-27 AFR53
[25] IN daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies (geringstes) geopenbaar het. [26] Ja, Vader, want so was dit u welbehae. [27] Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar."
Ek weet dit maar terdeë dat ons net van ons Vader afhanklik is om die waarheid van die leuen te kan onderskei. Hy openbaar dit aan ons deur Sy Heilige Gees se leiding en Sy Woord. Ek besef ook ek is nie geleerd in teologie nie, gelukkig dalk nie anders was dit dalk nog moeiliker gewees om te "unlearn" en myself oop te stel om opnuut by Jesus se voete te leer.
***
Dis nie
WIE is reg ?
Maar
WAT IS REG?
Wat is die waarheid?
***
1 KORINTIËRS 1:25-31 NLV
[25] Hierdie Goddelike “dwaasheid” is oneindig wyser as enige menslike wysheid en hierdie Goddelike “swakheid” is oneindig sterker as enige menslike kragvertoon. [26] Broers en susters, dink maar net terug hoe julle eie situasie destyds was toe God julle geroep het. Gemeet aan menslike standaarde was daar maar min intellektueles onder julle, nie baie magtiges nie, nie baie uit vooraanstaande families nie. [27] Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wêreld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en dit wat vir die wêreld na swakheid gelyk het, het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry.
[28] Inderdaad, wat vir die wêreld onaansienlik en gering lyk, ja, wat vir die wêreld glad nie ’n faktor is nie, het God uitgekies om wat vir die wêreld wel belangrik is, heeltemal af te skryf. [29] Gevolglik het niemand enige grond om sy bors voor God uit te stoot nie. [30] Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. [31] Soos die Skrif dit stel: “Die persoon wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.”
Dus is dit openbaring soos ons reeds voorheen gesien het en nie hoe geleerd jy is nie.
Ek moes toe daarom doof word om te kon hoor!!
As ek nie fissies doof geword het nie, sou ek nooit 'n ander waarheid as wat ek gehad het 'n kans gegee het nie, sou ek nie DIE WAARHEID kon vind nie.
Om by God se waarheid uit te kon kom, te sif deur menslike aangeleerde opinies moes ek bereid wees om te
"unlearn and relearn"
Nie by mense nie maar by Jesus self in Sy Woord.
Ek was nou baie bang om by mense te hoor.
ONTHOU jy moet egter nie na mense gaan vir jou antwoorde nie, maar Bid en moenie twyfel of God aan jou ook die antwoord sal gee nie.
God ons Vader is getrou en Hy is genoeg, maar dan moet ons opreg soek na God se waarheid.
James 1:5-8 AMP
[5] If any of you lacks wisdom [to guide him through a decision or circumstance], he is to ask of [our benevolent] God, who gives to everyone generously and without rebuke or blame, and it will be given to him. [6] But he must ask [for wisdom] in faith, without doubting [God’s willingness to help], for the one who doubts is like a billowing surge of the sea that is blown about and tossed by the wind. [7] For such a person ought not to think or expect that he will receive anything [at all] from the Lord, [8] being a double-minded man, unstable and restless in all his ways [in everything he thinks, feels, or decides].
Ons het gelees dat Hy sal nie vir jou 'n klip gee as jy Hom 'n brood vra nie.
Ek weet hierdie leerstellings waarmee ek groot geword het, word al oor honderde jare gevolg, maar net omdat so baie al vir so lank dit volg beteken dit nie dit is daarom suiwer waarheid nie.
Onthou elke halwe waarheid is nie 'n volkome leuen nie, daar dus waarheid ook in, anders sal mense dadelik daarvan vlug.
Rottegif is grotendeels goeie kos en met net klein bietjie gif in anders sou die rotte dit nie geëet het nie.
'n Waarheid sal dus ook waarheid inhê.
Net in DIE WAARHEID is alles waarheid.
Ek is 'n waarheid geleer: dat God besluit het voor die grondlegging van die aarde wie Hy gaan red, genadig wees en wie Hy in hul sondetoestand gaan los en verwerp tot ewige verdoemenis. Die wat Hy uitgekies het kan nie die reddende genade van God weerstaan nie en ook nie verloor nie.
Jy kan God se redding nie aanvaar of verwerp nie. Die wat nie gekies is nie word vir ewig gestraf weens hul ongeloof. Ek is verder geleer dat jy totaal verdorwe is agv die sondeval en daarom nou glad nie kan reageer om gered te word want omdat jy dood is in die sonde kan jy nie reageer of meer keuses maak om God te soek of te kies en te glo nie.
Agv jou sonde toestand haat jy God en bedink jy vyandskap teen Hom daarom sal die mens nie begeer om gered te wil word nie. Net die wat Hy kies kan uit die toestand kom en begin glo omdat Hy hul lewend maak.
Omdat God besluit het wie Hy gaan red en wie nie, het Jesus net vir hulle wat Hy gekies het kom sterf en net vir hul sonde betaal, die wat nie deur God gekies is nie kan dus nie hul geloof in Christus plaas en so gered word nie.
Daarom as mense beweer jy moet reageer op God se verlossingsplan, die goeie nuus van die evangelie in geloof aanneem, is dit 'n goeie werk, en dit kan nie.
Iets maak mos nie sin nie?
Jy kan kies om nie te glo nie (ongeloof) maar jy kan nie kies om te glo nie want jy het jou vermoë om te kies verloor met die sondeval??
Iemand wat gekies is kan nie God se redding weerstaan sou iemand dalk nie wou gered word nie en die wat nie gekies is kan ook nie redding kry as jy dit sou wil hë nie, want jy sal nie wil nie??? Dus geen eie wil na alby kante, PUPPETS?
Dis waar: As gevolg van Adam en Eva se sonde is die hele menslike ras geaffekteer en dus sondig. 'n Mens kan nie homself red nie. Dis wel waar dat God se genade onverdiend is, ons kan niks doen om dit te verdien nie.
EFESIËRS 2:8-10 AFR83
[8] Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. [9] Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. [10] Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
Nog 'n waarheid is: Dis nie goeie dade tot redding nie maar goeie dade agv redding.
Maar daarom het God sy Seun gestuur, nie om die wêreld te veroordeel nie maar te red.
Die hele Bybel is egter vol van die mens se eie vrye wil en besluite, en die gevolge wat hul moes dra, ook die hele boek spreuke gaan oor goeie en slegte keuses.
Liefde is nie ware liefde
as dit gedwonge is nie.
God het nie robotte geskape nie, maar mense wat kon kies om hom lief te hê en gehoorsaam of nie.
Die verlore seun het in die varkhok opgeeindig agv sy eie verkeerde keuses, maar daar in sy sondige toestand daar in die onrein varkhok (agv van sonde) weer gekies om op te staan en terug te gaan na sy vader, en hy het sy sonde bely. Die vader sê dan die volgende:
LUKAS 15:24 AFR53
[24] "Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. ...."
Hy was dood sê die vader, maar as ek steeds glo wat ek geleer is dan kon die seun nie die keuse of besluit in die varkhok geneem het om terug te gaan na die vader nie en sou hy ook nie wou nie. Dan moes volgens hierdie leerstellings, die vader die seun daar gaan haal het of die seun sou wou of nie en hom gedwing het om huistoe te kom. Die leerstellings sê as God jou trek kom jy, jy kan dit nie teenstaan nie, as God roep antwoord die mens. . Dis nie sy eie reaksie op God se aksie nie, dis God wat hom dwing om te reageer.
As daar dan ook twee seuns in die varkhok sou wees kon dit gebeur dat hy net die een gaan haal het en die ander een net daar gelos het.
Maar dit het nie so gebeur in die gelykenis wat Jesus self vertel het nie, maar wel so...
LUKAS 15:17-21 AFR53
[17] Maar hy het tot homself gekom en gesê(HY WOU): Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! [18] Ek sal opstaan(HY kies) en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, [19] en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. [20] En hy het opgestaan (HY KON kies) en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. [21] En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.
In sy groot genade hardloop die vader wel die seun tegemoet, maar die seun moes die keuse maak om op te staan, na die vader te gaan en het sy sonde bely.
Die seun het sy sondige toestand besef, besef waar hy homself bevind het en wou nie meer daar wees nie, was bereid om net 'n huurling te wees as hy net kon terugkom.
As Jesus net party uitgekies het en net vir hulle gesterf het moet ons 'n hele paar verse uit die Bybel uitskuur.
Die waarheid oor myself.
"My history is His story"
Alhoewel ek uiters godsdienstig was en hard probeer reg lewe het, was ek nooit seker nie daarom ook my gebed dat as my saak reg is....
Ek het op daardie stadium by myself baie keer gedink HOE KAN DIE HERE MY LIEFHÊ? Ek het so hard probeer om GOD TE GEHOORSAAM MAAR STEEDS HOM GEFAAL
Dit was nog voor ek siek geword het dat ek al met hierdie gedagtes begin worstel het maar ek het nie eers vir die mense die naaste aan my daarvan gesê nie. Alhoewel ek geleer was dat ek uitverkies was en daarom Sy kind, dat ek in die kerk grootgeword het, my ouers gelowig is en gedoop is het ek net nooit sekerheid daaroor kon kry nie. Ek het heen en weer beweeg van seker wees ek is Sy kind na totaal onseker wees.
Daar het toe iemand wat ek nie geken het nie, vir my kom bid in die hospitaal, 'n kinderlik afhanklike gebed pleitend vir genesing, binne God se wil. Nadat hy my kamer verlaat het oppad na die hysbak kom die gedagte by hom op, dat hy vir my moet gaan sê die Here is lief vir my. Hy wou my nie weer pla nie en maak dit toe af as sy eie gedagtes dalk en ignoreer dit. Toe dringender kom die gedagte by hom op en weet hy, hy moet omdraai en gehoorsaam. Ek onthou net hy het in die deur kom staan en vir my gesê hy weet nie hoekom hy dit vir my moet kom sê nie, maar hy voel dat die Here wil hê hy moet vir my kom sê dat Hy lief is vir my. Ek was so swak en kon skaars my oë oopkry, maar ek was stomgeslaan, want hoe kon hierdie vreemde man weet wat ek so nodig gehad het om te hoor as dit nie van die Here self was nie. Net die Here het van hierdie vraag in my hart geweet. Skielik het die skrif Joh 3: 16 vir my persoonlike betekenis gekry.
JOHANNES 3:16-17 AFR53
[16] Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [17] Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Ek het na my siekbed geweet ek was oppad hel toe agv my sonde, dat daar nie groot en klein sonde of sondaars is nie, ons staan almal ewe skuldig voor Hom, my sonde en die van die moordenaar aan die kruis was vir Hom dieselfde.
Ek was 'n verlore sondaar, ek het saam met hierdie verlore seun myself in die varkhok bevind want in God ons Vader se oë is sonde sonde.
Ek het dus ook Jesus Christus die Verlossser nodig gehad om my daarvan te red, my skoon te was, die Messias waarvan die hele Bybel getuig het waarAAN ek tot dusver maar nie waarIN ek geglo het nie.
Weereens die waarheid besef: Goeie mense gaan nie hemel toe nie, geredde mense volgens God se evangelie plan gaan.
Hierdie Jesus het nie gekom om ons te veroordeel nie maar om die wêreld, nie net party te red nie. Omdat ek geleer is, God kies net party om te red, het ek nooit verseker geweet of ek een van daardie mense sou wees nie, ek het maar so gehoop. Hierdie besef dat hier staan dat Hy gekom het om die wêreld, almal te red het vir my die goeie nuus van die Evangelie oop gebreek en beteken daar was ook vir my genade, redding alhoewel so onverdiend. Ek hoef nie meer te hoop ek is een van die party nie, ek kan verseker een wees.
Ek wou nou by God self hoor van Sý plan vir verlossing, Sý Nou pad van heiligmaking en nie meer by mense. Nou het ek nie meer na mense gegaan vir die waarheid nie maar na God self. Hy breek dit steeds aan my oop, en openbaar Homself steeds meer en meer aan my want een leeftyd op aarde is nie genoeg om Hom ten volle te ken nie. Hy is ver bo ons begrip.
Om dus terug te kom by die vers
JOHANNES 3:14-18 AFR53
[14] En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, [15] sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [16] Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [17] Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, MAAR dat die wêreld deur Hom gered kan word. [18] Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie
Dus so lief het God die wêreld gehad, dit beteken almal, ook vir mý!!
Hy het ons lief nog voordat ons Sy kinders word, terwyl ek nog in my sonde was. Ek het geglo hy kyk wat doen ek verkeerd sodat Hy my uit die hemel kon hou, maar toe hierdie vers vir my persoonlike oop breek ontmoet ek 'n God wat alles gedoen het om my in die hemel te kry ook vir mý so lief gehad het dat Hy tot Sy enigste Seun gestuur het om vir ook mý sonde te sterf. Ek hoef nie eers volmaak te gewees het om deur Hom liefgehad te word nie, vir Hom om Sy Seun te gestuur het nie, ek kon kom na Hom soos ek is om gered te word.
God stuur Sy Seun vir die wêreld(Almal), vir elkeen(nie net party nie), nie om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word
As dit net vir sommige is wat van skrif soos ook hierdie
II Peter 3:9 NKJV
[9] The Lord is not slack concerning His promise, as some count slackness, but is longsuffering toward us, not willing that any should perish but that all should come to repentance.
2 PETRUS 3:9 AFR83
[9] Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.
Onthou die leerstellings sê dat die wie Hy gekies het nie, gered het, nie verlore kan gaan nie, maar hier sê Hy Hy wil nie hê iemand moet verlore gaan nie. Dus kan iemand verlore gaan alhoewel Hy dit nie wil hê nie. Hy wil dus nie hê party moet gered word en party nie. Dan sê die leerstellings verder dat die wat hy gekies het niks kan doen om Hom te kies, of gered wil word nie, Hy besluit en hy doen alles, maar hier wil Hy hê dat almal hulle moet bekeer om juis nie verlore te gaan nie, om ook gered te word.
Die Here se geduld omdat Hy niemand wil sien verlore gaan nie laat sommige al dink Hy talm, stel sy beloftes uit.
Daar is dus iewers 'n valse waarheid hier, of die leerstelling waarmee ek groot geword het of die Woord wat duidelik sê dat God wat wil hê dat almal hulle bekeer, kies om weg te draai van hul sondige lewe, kies om in Hom te glo en Hom te volg.
Die leerstellings glo verder dat omdat jy reeds gekies is en daarom reeds wedergeboorte ontvang het met jou babadoop of selfs voor dit, jy nie iewers in jounlewe wedergebore noet word nie. Hierdie leuen maak dat iemand gaan hul wedergeboorte dus nie wil hê as hy geleer is dat hy dit reeds het nie. Dis egter nie die manier waarop God in Sy woord wedergeboorte skenk nie. Verbondskinders was nie outomaties ook wedergebore nie, Nicodemus wat 'n predikant van sy tyd was, 'n Jood, deel van die verbondvolk en besny moes ook by Jesus self hoor.
JOHANNES 3:1-10 AFR53
[1] EN daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode. [2] Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. [3] Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. [4] Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? [5] Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. [6] Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. [7] Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. [8] Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. [9] Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? [10] Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
Ek het Jesus daarna waarlik ontmoet en aangeneem vir myself, ek het besef ek is nie maar net sy kind van kleins af nie, ek was ook sondig soos hierdie vrou by die put.
EK HET SY VERGIFNIS SO SO NODIG GEHAD VIR MYSELF
Ek het besef ek was ook in Sy gedagtes toe Hy daar aan die kruis gehang het. Ook ek was die rede dat Hy daar moes sterf. Ek kon dit nooit verdien om Sy kind te wees nie. Dit was God se waarheid oor my, maar deur Sy LIEFDE en GENADE ook Sy waarheid hoe ek nou waarlik Sy kind kon wees.
Ek kan alleen op grond van wat Jesus vir my kom doen het, dat Hy my sondeskuld op Hom gevat het en dit betaal het met Sy lewe en my so skoongewas het deur Sy bloed, ek so vergifnis ontvang het, Hy opgestaan het uit die dood en my so MET God my Vader versoen het en my gered het en gee aan my ook nou die ewige lewe, genade onverdiend. EK MOES IN JESUS GLO AS VERLOSSER VIR MYSELF. HIERDIE GRATIS GESKENK VAT, AANNEEM, ONTVANG, AANVAAR.
EK het dit nou nie net aanvaar nie ek het dit aangegryp met leë geloofshande wat Hom niks kon bied in ruil vir soveel vergifnis, liefde en genade nie. Hy het als gedoen, ek kon net Hom aanneem en dankie sê met die res van my lewe.
2 KORINTIËRS 5:17-21 AFR83
[17] Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. [18] Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. [19] Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. [20] Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! [21] Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Weereens die wêreld.
ROMEINE 1:16 AFR53
[16] WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
1 JOHANNES 2:2-6 NLV
[2] Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes. (Net vir die wat Hy gekies het)
Nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele mensdom. [3] En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam. [4] As iemand sê: “Ek leef in ’n persoonlike verhouding met God,” maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ’n persoon ’n leuenlewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie. [5] Wie egter sy woord gehoorsaam, in só ’n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is. [6] Dié wat beweer dat hulle in ’n noue verbintenis met Hom leef, moet self ook leef soos Hy geleef het.
As ek dit reeds gehad het soos ek geleer is, hoekom was my saak nie met God ons Vader reg nie en hoekom sal hulle hier smeek dat hulle die versoening wat Jesus vir ons verdien het en deur God bewerk is tog moet AANVAAR vir hulself. Hoekom was hulle nie maar van kleins af 'n nuwe mens nie.
Ek was nou vir die eerste keer in my lewe seker ek is Sy kind want dit was nie meer op grond van wie ek is of wat ek gedoen of nie gedoen het nie, nee dit was op grond van SÝ waarheid, SÝ plan vir verlossing die goeie nuus van die ware evangelie. Op grond van Sy groot genade, deur te glo IN Sy Seun ook vir my te gestuur het wat ook in mý plek gesterf het, my sondes onverdiend vergewe het en Hy aan my wedergeboorte geskenk het en my so Sy kind gemaak het. Ek was nou seker op grond van wat Hy gedoen het en wie Hy is.
Ek wil nooit weer hoor my saak is nie met Hom reg nie. Volgende keer as Hy dit goed dink om my te kom haal wil ek verseker weet Hy ken my en ek is waarlik Sy kind.
Matthew 7:21-23 AMP
[21] “Not everyone who says to Me, ‘Lord, Lord,’ will enter the kingdom of heaven, but only he who does the will of My Father who is in heaven. [22] Many will say to Me on that day [when I judge them], ‘Lord, Lord, have we not prophesied in Your name, and driven out demons in Your name, and done many miracles in Your name?’ [23] And then I will declare to them publicly, ‘I never knew you; depart from Me [you are banished from My presence], you who act wickedly [disregarding My commands].’
Hulle wat nie Sý plan gevolg het nie maar hul eie variasie daarvan.
Baie wil nie hê die waarheid moet die waarheid wees nie want dit kan beteken dat een of meer van hul geliefdes dan moontlik nie in die hemel sal wees nie, maar uit die reaksie van die rykman in die gelykenis van die ryk man en Laserus kan ons sien wat daardie geliefde sou wou hê as hulle dalk verkeerd was, dat jy dringend gewaarsku moet word!!
Om ander te waarsku is nie oordeel nie maar naasteliefde
en 'n opdrag van God ons Vader.
Hoeveel mense wat al gesterf het moes al hoor dat Jesus hul nie geken het nie. Hoeveel sal ons nie ook wou kom waarsku het nie om die Woord te glo en te volg soos God dit bedoel het en nie soos ons dink dit moet wees nie. EK SOU WOU AS EK NIE HIERDIE TWEEDE KANS GEKRY HET NIE, daarom gebruik ek hierdie kans om te pleit soos hierdie vers hierbo dat mense hul waarheid sal toets en inruil vir die volle waarheid voor dit te laat is soos amper vir my was.
Dis waar die hele mensdom is verlore agv die sondeval in die Paradys met Adam en Eva, maar ons het nie ons vermoë om te kies toe verloor nie, waar is die skrif daarvoor? Hoeveel mense in die Bybel daarna kon keuses maak, ja almal.
Die eerste Adam dompel wel die ganse mensdom(ALMAL) in sonde MAAR deur die genadige plan van God se ware Evangelie bied die tweede Adam(JESUS) Verlosing vir elkeen(ALMAL) wat in Hom glo.
God het nie eers Sy dienende engele geskape sonder vrye keuses nie, die dat die Duiwel en van die engele kon kies om te rebeleer teen Hom en uit die hemel gewerp is.
As party mense sonder keuse hel toe gaan soos hul beweer, hoekom is die duiwel so aktief besig om ons aan te val, dan kan hy mos agteroor sit en die tyd uitwag. Niks wat hy doen gaan dan mos aan enige mens se lot kan verander nie.
1 KORINTIËRS 15:45 NLV
[45] Die Skrif sê vir ons: “Die eerste mens, Adam, het ’n lewende, fisiese persoon geword.” Maar die laas-te Adam – dit is Christus – het ’n lewendmakende gees-telike Persoon geword.
ROMEINE 5:18-19 AFR53
[18] Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir ALLE mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir ALLE mense tot regverdigmaking van die lewe. [19] Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één BAIE tot regverdiges gestel word.
Baie word gered maar ongelukkig nie almal nie alhoewel Jesus vir almal gesterf het en daardeur regverdiging vir ALMAL beskikbaar gestel het want die Here het vir die mens ‘n keuse gegee om TE REAGEER OP SY UITGESTEEKSTE HAND WAT WIL RED IN Jesus. Christus Sy Seun. Hartseer maar waar, ongelukkig neem nie almal hierdie gratis geskenk aan nie.
HEBREËRS 2:9-10 NLV
[9] Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf. [10] God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak.
"Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf." Hier staan dit tog duidelik en nie soos ek geleer is dat Hy net vir die wat Hy gekies het gesterf het nie.
HEBREËRS 2:9 AFR53
[9] maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.
JOHANNES 4:42 NLV
[42] Hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie net meer op grond van wat jy gesê het nie; ons het nou self gehoor wat Hy sê, en ons weet dat Hy regtig die Verlosser van die wêreld is.”
Weereens die wêreld, elke mens, elkeen - ook hierdie Samaritane. As die Samaritane geglo het dat God net sekeres uitgekies het om te red sou hulle nie eers vir hulself kom kyk het nie. Hulle sou verseker geglo het dat dit net die Jode, God se uitverkore volk sou wees. Paulus en die ander dissipels sou die evangelie net vir die Jode gebring het en nie ook aan die heidene nie.
Ons lees dat Abraham die vader van alle gelowiges is, hulle wat in God se verlossingsplan sou glo.
GENESIS 18:18 NLV
[18] “Abraham sal sekerlik ’n groot en magtige nasie word, en al die volke op aarde sal in hom geseën word.
OPENBARING 5:9 AFR53
[9] Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie."
As God ons klaar gekies het, en almal wat Hy gekies het tot geloof sál kom en nie verlore sal gaan nie, hoekom moet ons nog evangeliseer en preek?
1 JOHANNES 4:14-18 NLV
[14] Verder, ons het dit fyn raakgesien en ons hou aan daarvan getuig dat die Vader die Seun gestuur het as Verlosser van die mensdom. [15] ALMAL wat openlik erken dat Jesus die Seun van God is (almal wat glo)– God handhaaf ’n hegte verhouding met hulle en hulle met God.
[16] Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle. [17] Hiertoe is God se liefde ten volle in ons verwesenlik, dat ons vrymoedigheid kan hê op die oordeelsdag. Ons leef immers op dieselfde wyse as Christus in hierdie wêreld – sonder vrees. [18] Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie.
[19] Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het. "
Weereens Verlosser van die wêreld!!
Wie moes hierdie goeie nuus van die evangelie hoor…ALMAL
Mark 16:15-16 AMP
[15] And He said to them, “Go into all the world and preach the gospel to all creation. [16] He who has believed [in Me] and has been baptized will be saved [from the penalty of God’s wrath and judgment]; but he who has not believed will be condemned.
MARKUS 16:15-16 AFR53
[15] En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. [16] Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."
Hulle het dus 'n keuse gehad
om te glo of nie te glo nie
LUKAS 10:16 NLV
[16] Toe sê Hy vir die dissipels: “Enigeen wat julle boodskap ontvang, ontvang My ook. En enigeen wat julle verwerp, verwerp My. En enigeen wat My verwerp, verwerp God wat My gestuur het.”
So hulle glo dat God mense geskape het om lief te hê en te red, en ander het Hy geskape om te haat en te straf.
As ons dit glo tas ons God se karakter aan van 'n barmhartige, regverdige, liefdevolle Vader, 'n Vader wat alles gedoen het om ons in die hemel te kry, selfs Sy Seun gestuur het in ons plek
[16] “For God so [greatly] loved and dearly prized the world, that He [even] gave His [One and] only begotten Son, so that whoever believes and trusts in Him [as Savior] shall not perish, but have eternal life."
John 3:16
PSALMS 145:7-9, 17-18, 20-21 NLV
[7] Hulle sal vertel van u onvergeetlike goedheid; en met vreugde sing van u regverdigheid. [8] Genadig en barmhartig is die Here, stadig om kwaad te word, en ryk in liefde. [9] Die Here is goed vir ALMAL, en barmhartig oor sy hele skepping.
[17] Die Here is regverdig in AL sy dade; en getrou in ALLES wat Hy doen. [18] Die Here is naby ALMAL wat Hom aanroep, vir ALMAL wat Hom in opregtheid aanroep.
[20] Die Here beskerm ALMAL wat Hom liefhet, maar die goddeloses vernietig Hy. [21] Die lof van die Here wil ek verkondig. Alles wat leef, sal sy heilige Naam vir altyd prys!
Almal wat Hom in opregtheid aanroep!! God kyk na die hart van die mens.
Hulle sê die blote feit dat jy die Here aanroep bewys jy is uitverkies want dan het Hy jou lewend gemaak sodat jy Hom kan aanroep. Maar dink aan gevalle in die Bybel waar iemand wou weet wat om te doen om gered te word. Die tronkbewaarder, en nadat die evangelie aan hom en sy gesin verduidelik is het hulle in Jesus geglo, is gedoop en is gered. Ook die man op die wa wat na Fillipus aan hom die evangelie verduidelik het het hy gevra wat verhinder dat hy gedoop kon word waarop Fillipus vir hom gesê het as hy glo kan hy, Hy het geglo, is gedoop en is gered. Maar die ryk jongman wou ook weet wat hy nog moes doen om gered te word, maar het nadat Jesus hom daarop geantwoord het hartseer weggegaan. Dus kan iemand wil gered word, maar nog die keuse uitoefen om nie te glo en te doen wat God van hom vra nie. Ek glo meeste mense wil hemel toe gaan, maar min kry die ewige lewe want hulle neem nie hul kruis op, sterf aan hulle eie ek, eie wil en volg Jesus nie. Hulle wil net ontvang, hulle wil nie opoffer en volg nie.
Hoe kan God onregverdig wees as Hy wil hê dat alle mense gered moet word en die waarheid moet verstaan?
1 TIMOTEUS 2:1-6 NLV
[1] Eerstens spoor ek jou aan om vir ALLE mense te bid met smeking, voorbidding en danksegging. [2] Bid só vir konings en alle ander in gesagsposisies sodat ons in vrede en rustigheid, toewyding en eerbaarheid kan lewe. [3] So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, [4] want Hy wil dat ALMAL verlos word en die waarheid verstaan. [5] Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus. [6] Hy het sy lewe gegee om vryheid vir ELKEEN te koop. Dit is die boodskap wat God aan die wêreld gegee het op die bestemde tyd.
Dis waar God het alles gedoen. Die Ewige lewe is 'n gratis geskenk jy kan nie daarvoor werk of dit verdien nie. Die Mens kan nie homself red nie, en daarom het ons 'n Verlosser nodig.
ROMEINE 6:23 NLV
[23] Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here!
MAAR jy moet op sy waarheid reageer.
Dis soos iemand wat vir jou 'n bitter duur GESKENK wil gee, dit was sy idee om die geskenk vir jou te gee al kan jy nooit lank genoeg werk om dit te kon bekostig nie, jy verdien dit ook nie. Hy het egter uit die goedheid van sy hart besluit om dit vir jou te koop, ten duurste daarvoor te betaal, dit toe te draai, dit vir jou te kom gee. Alles was sy plan, sy opoffering, sy geld, dit is joune maar dit beteken eers iets vir jou as jy dit aanvaar, dit by hom vat.
Dit is dieselfde met God se GENADEGESKENK, dit was Sy genadige plan, duur gekoop deur Sy Seun Jesus se bloed, ek kan dit nooit verdien of daarvoor werk nie, maar ek moet dit aanneem vir myself, ek moet dus op Sy evangelie, die waarheid reageer.
Jy kan dit vat of verwerp. Alby is vorme van reageer.
Die mens is nie 'n willose "puppet" sonder eie wil nie.
Die Bybel maak dit duidelik dat daar 'n reaksie sal wees op God se klop(aksie). As God klop het ek keuse hoe ek gaan reageer, ek kan oopmaak of nie. Ons is dus geskape met die vermoë om keuses te maak. Adam en Eva het gekies om van die boom van kennis van goed en kwaad te eet. Ons kan dan ook kies om God se reddende genade aan te gryp of nie.
DIE OPENBARING 3:15-22 AFR83
[15] Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! [16] Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.
[17] Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. [18] Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien. [19] Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.
[20] Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. [21] Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. [22] Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.
Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle."
Koop, warm wees, aantrek, smeer, Bekeer, oopmaak, oorwinning behaal, luister, alles reaksies van die mens se kant op God se waarheid.
Ek kan Hom aanneem of nie.
JOHANNES 1:11-13 AFR53
[11] Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. [12] Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; [13] wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
Ons word nie op grond van ons geloof gered nie, dus hoe goed ons glo nie, maar deur middel van ons geloof. Geloof is net die leë hande waarmee ons redding aanvat. Redding wat God klaar ten volle voorberei het vir elkeen wat dit in geloof vir hulself vat.
Voor my wedergeboorte het ek het hierdie gratis geskenk so nodig gehad omdat ek so skuldig voor God gestaan agv my sonde. My klere was vuil voor God se skitter skoon heiligheid. Ons het Sy skoon wit klere nodig. Sy skoon klere is Jesus Christus Sy Seun waarmee ek my dan beklee sodra ek God se plan van Redding deur Sy Seun deur geloof aanneem.
ROMEINE 13:14 AFR53
[14] Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
Sonder hierdie klere aan gaan ons nie in die hemel toegelaat word nie. Jy het nie maar net die klere aan nie, jy moet dit aantrek. Omdat jy jou sonde toestand herken, erken en bely, dan God se vergifnis en redding in geloof ontvang en glo dat jy dit het omdat God sê dat as jy dit so aanneem jy dit het. Dit is nie 'n gevoel nie maar 'n feit.
Geloof is dus nie 'n aksie nie maar 'n reaksie op wat God reeds gedoen het. Sonder die reaksie is dit wel myne maar nog nie myne, dan is my geskenk nog by die Vader en nie by my nie. Ek kan dit tot en met die dag van my dood steeds ontvang, maar ek kan deur uitstel en afstel dit nooit ontvang het nie, al kon ek dit gekry het omdat dit reeds myne was, maar eers wanneer ek dit vat kan dit impak op my lewe hê.
God van liefde kon robotte gemaak het wat Hom liefhet en gehoorsaam want hul kan nie anders nie. Maar Hy het nie, Hy maak mense wat Hom kan kies.
As ons sê Hy het mense gemaak om Hom lief te hê maar ook om Hom te haat sodat Hy hulle kan straf, hoe verwrong ons God se karakter van LIEFDE, regverdig, barmhartig, ens. Dan is Hy mos 'n wrede God wat mense wil verwoes en straf terwyl die Woord sé dis wat Satan wil doen. Verwoes, steel en slag. Jesus sê Hy het gekom om ons die lewe in oorvloed te gee wat nie wil hê dat mense verlore gaan nie maar tot kennis van die Waarheid moet kom want Hy is die weg die waarheid en dan die lewe. Lewe in oorvloed
LUKAS 5:31-32 AFR53
[31] En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. [32] Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
As ons nie opstaan vir die waarheid nie gaan ons val vir die leuen, of daarmee moet saamleef as die nuwe normaal, norm van die samelewing. 'n Samelewing waar God nie heers meer nie
Jou saak met God kan weereens alleenlik reg wees wanneer daar opregte sonde besef, berou, en bekering was en vergifnis verkry is alleenlik op grond van wat Jesus gedoen het(gekruisig en opgestaan) Jy kom dus nie op grond van enige ander kerklike lerings in regte verhouding met God nie maar alleen deur Sy Seun Jesus Christus se kruisdood en opstanding uit die dood word jy weer gebore in God se gesin. Wanneer jy ja sê op die uitnodiging en God se manier van redding aanvaar en glo vir jouself. Ek kan op grond hiervan seker wees ek is nou God se kind.
Die Bybel leer ons dat ons kan weet as ons hoop op die regte plek is vir ons redding. Vanuit hierdie sekerheid kan ons dan ander vertel en self staan op die beloftes van die Here. Kan ons ons wapenrusting gebruik en staande bly in die geestelike oorlog.
I JOHANNES 5:12-13 AFR53
[12] Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. [13] Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
As ek geen keuse of reaksie mag hê of kan hê van my kant sou Paulus seker tog vir die tronkbewaarder wat gevra het wat moet hy doen om gered te word net gesê het.
" Niks "
Nee Hy antwoord hom egter
HANDELINGE 16:30-33 AFR53
[30] En hy het hulle na buite gebring en gesê:
Menere, wat moet ek doen om gered te word?
[31] Toe sê hulle: Glo IN die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. [32] En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. [33] En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense."
Die evangelie is aan almal in sy huis verkondig, hulle kon dit verstaan.
Ook die ryk jongman is deur Jesus geantwoord, ook hy het nie net gehoor hy kan niks doen nie.
Die Dissipels het ons gesien het alles verlaat vir Jesus, dit was ook 'n aksie, ook reageer op die waarheid.
As ons glo dat ons niks moet doen nie is daar soveel skrif soos die volgende wat ons ook moet uitskeur uit ons Bybels.
Acts of the Apostles 3:19 NLT
[19] Now repent of your sins and turn to God, so that your sins may be wiped away.
Repent, turn...alles reageer op die waarheid, is dit nie ook wat die verlore seun gedoen het nie?
Ongelukkig is daar ook die wat die waarheid het en ken maar dit nie VOLG.
Gaan toets net hierdie waarhede vir jouself aan God se Woord voordat jy dit dalk weggooi. As wedergeboorte verkeerd geleer word, gaan baie, soos ek self reeds gehoor het, ook hoor dat hul saak nie met die Hom reg is nie.
Omdat ek dit moes hoor by die Here, kan en mag ek nie stilbly nie.
Hoe ek en jy op die ware Evangelie reageer is dus baie belangrik.
Ek het slegs 'n reaksie op Sy aksie
Hierdie reaksie word ook vir ons in die gelykenis van die saaier gedemonstreer
Die eerste saadjie kom nie op nie want dit word dadelik opgepik.
Hierdie saadjie word meestal toegedig aan hulle wat die evangelie verwerp, God, Jesus, die hele Bybel dus die goddeloses, attiëste.
Ek het egter vir lank nie besef hierdie saadjie kan ook godsdienstiges wees nie, in Jesus se tyd die Fariseers en Skrifgeleerdes wat hul eie plan van redding het en dus glad nie wou luister na God sin nie. Inteendeel hulle, die godsdienstiges, die Jode het die WAARHEID, JESUS gekruisig.
Die vyand kan dus met leuens en halwe waarhede ook die waarheid saadjies oppik.
Hierdie mense het reeds 'n "waarheid" waaraan hulle vashou, ongelukkig nie dié waarheid nie.
Ek was een van daardie mense en het dit nie besef nie.
Ek was ook die volgende
Omdat ek so geglo het daaraan dat ek het die
waarheid( besef nou ongetoetste waarheid) het, het die vyand die ware waarheid by my kon oppik toe die saadjie van ware wedergeboorte by my gesaai is op daardie jeugkamp. Ek het so vasgehou aan die "waarheid" wat ek reeds in my hand gehad het dat ek nie die onvervalste WAARHEID kans gegee het om te kon op kom nie. Ek het nie die Here gaan raadpleeg daaroor toe ek daaroor gewonder het nie, maar mense, en ek het hulle geglo soos Adam vir Eva geglo het.
Om nou dit te besef is vir my steeds skrikwekkend hoe onbewus ek was dat ek nie die waarheid gehad het nie. En tog was daar van tyd tot tyd hierdie onsekerheid, ek glo vandag dat dit daardie klop aan my hart se deur was.
LUKAS 11:35 NLV
[35] Maak (ASB !) seker dat die lig wat jy dink jy het, nie dalk duisternis is nie."
Ek moes na Jesus se openbarings aan my deur Sy gees en sy woord 'n streep trek deur my
WAARHEID
Die eerste keer toe die vyand waarheid opgepik het met 'n verdraaide waarheid was reeds in die Paradys. Ook in ons dag pik valse lerings die saadjie op.
Nicodemus moes hoor by Jesus self dat elkeen wedergebore MOET word, maar egter die ware wedergeboorte. As wedergeboorte en selfs doop verkeerd verkondig word dink die persoon dat hulle dit het, maar in werklikheid het hulle 'n vervalste weergawe. Satan vervals altyd die oorspronklike, bied 'n ander weergawe as God sin.
Omdat ek het 'n vervalste weergawe in my hand gehad het kon ek ook self nie by ware wedergeboorte en by die onvervalste waarheid uit kom nie en het dit my valslik gerus gelaat.
Sonder ware WEDERGEBOORTE was ek nog glad nie God se kind nie en het nog nie die heilige Gees ontvang nie en was ek niks minder verlore en anders as die goddelose wêreld nie.
TITUS 3:5-7 NLV
[5] Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. [6] Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het. [7] Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop.
My waarheid was soos ek al voorheen gesê het, soos om te glo aan 'n bus wat Kaap toe gaan maar sonder my kaartjie van wedergeboorte waarsonder niemand die hemel(Kaap) sal sien nie, was ek nie in die Bus nie en daarom nie oppad Kaap(hemel) toe nie. Ek het alles van die bus geweet maar was nie in die bus nie. Die kaartjie van wedergeboorte kan net op God se manier verkry word.
Die volgende verduideliking oor wedergeboorte in Got questions is as volg
"Spiritual rebirth occurs when a person places faith in Jesus’ death and resurrection and receives God’s forgiveness of sin (1 Peter 1:3; 1 John 2:2). Salvation is the state of being reborn, as Jesus says, “Very truly I tell you, no one can see the kingdom of God unless they are born again” (John 3:3). Being reborn spiritually is like a caterpillar undergoing metamorphosis and emerging from a chrysalis as a new creature. Salvation is a spiritual metamorphosis with radical consequences, transforming believers’ lives. When one is born again, he or she is a new creation in Christ (2 Corinthians 5:17).But how can we know that we have been spiritually reborn? Is there a certain experience we should seek? A certain feeling we should have? What’s the proof of the new birth?Paul asserts that we can and should test ourselves on whether we are in the faith (2 Corinthians 13:5). John says that we can know that we have eternal life (1 John 5:13). God’s Word gives believers the assurance of salvation and provides guidelines about how we can know we have been reborn.You can know you have been reborn if you have placed faith in Jesus Christ. Romans 10:9–11 says, “If you declare with your mouth, ‘Jesus is Lord,’ and believe in your heart that God raised him from the dead, you will be saved. For it is with your heart that you believe and are justified, and it is with your mouth that you profess your faith and are saved. As Scripture says, ‘Anyone who believes in Him will never be put to shame.’” The only requirement for salvation is faith in the work of Jesus’ death and resurrection (John 6:29). Nothing and no one else can save, not even our own good works (Acts 4:12; Ephesians 2:1–10). Once a person is saved by placing faith in Jesus, then he or she can be assured of salvation (John 10:28). This is the promise of God.To have faith in Jesus means to trust Him. We place our faith in Jesus when we recognize that we are separated from God and cannot resolve that problem ourselves, when we understand that God has provided the payment for our sins through Jesus’ death, and when we turn to Him in repentance and belief. Faith in Jesus is not simply intellectual assent to the facts of His existence, His deity, His death on the cross, or His bodily resurrection. Rather, faith in Jesus is a heart-level trust that He is who He says He is and that He has accomplished what He says He has accomplished. It is belief that salvation is by God’s grace; it is reliance on the risen Lord for that salvation.You can know you have been reborn if you bear the fruit of the Spirit. Galatians 5:22–23 lists the qualities that believers will demonstrate as a result of being reborn by the Holy Spirit: “Love, joy, peace, patience, kindness, goodness, faithfulness, gentleness, and self-control” (NLT). The work of the Holy Spirit in your life is evidence of rebirth, as the Holy Spirit indwells you (John 14:16–17; 1 John 4:13) and controls you (Romans 8:9).You can know you have been reborn if you bear marks of a changed life. People will notice a change in the life of the follower of Christ because life before salvation will look different from life in Christ. No longer will the person reborn by the Spirit want to live in sin; children of God do not desire to habitually and without remorse partake in the deeds of darkness (Ephesians 5:5–8; 1 Thessalonians 5:5).
Instead, believers will seek to imitate Christ: “If you know that he is righteous, you may be sure that everyone who practices righteousness has been born of him” (1 John 2:29, ESV). Of course, no one is perfect this side of heaven, but Christians have been saved to do good works for the Lord, and those works are one evidence of their rebirth (Ephesians 2:10).
You can know you have been reborn if you demonstrate love for your neighbor. Jesus told His disciples that love would set them apart as His followers (John 13:34–35). Having love for fellow believers is a mark of a reborn person (1 John 4:20). Showing love to others, including one’s enemies (Matthew 5:44; Mark 12:31), is a quality of someone who has been born again. Many believers can recall a specific moment in time when they placed faith in Jesus, but for others arriving at the point of rebirth may have been a longer, more convoluted process. Regardless of whether we remember the exact day, month, and year of our salvation, we can be assured of being reborn because of our trust in Jesus and His continued work in our lives. Because He never changes, Jesus can be trusted as the means and assurance of salvation (Hebrews 13:8)."
Ek moet in Hom bly dan sal Hy deur Sy Heilige gees wat nou in my woon die vrug van die Gees deur my dra, die gawes van die Gees aan my gee soos Hy dit goed dink en ek Sy hande en voete wees om goeie werke te doen. Niks hiervan is tot redding nie maar agv redding.
Redding is net genade en hierdie genade is in die feit dat God Sy seun vir ons geoffer het en nie omdat iemand uitgekies is nie
As die saadjie van die WAARHEID oor ware bekering en wedergboorte opgepik word en daarmee saam die ware doop, het die persoon geen begeerte om enige een hiervan te ontvang nie want hulle glo hulle het dit al klaar.
Niks van God se ware plan van redding kom op nie, en is die gevolg dat daar ook geen vrug van die Gees ter sprake is nie, net by sommige dooie verdiensgodsdiens. Gedwonge vrugte wat nie lank hou nie want dis sonder die Heilige Gees. Soos lemoene ingedruk in 'n suurlemoenboom se dorings, kort voor lank val dit papvrot op die grond en is dit maar steeds 'n suurlemoenboom. Eers as jy deur wedergeboorte oorgeënt word op die KRUISBOOM word jy 'n lemoenboom wat waarlik vrugte dra agv die Heilige gees nou binne jou.
Hierdie mense besef baie keer nie eers dat die ware saad van die evangelie by hul opgepik en gesteel is nie want hul plaas hul kerk se lerings bo die gesag van die woord. Hulle soek nie self die waarheid op in die Woord nie, glo blindelings ander, EK WEET WANT EK HET.
Weereens ek was daardie persoon, maar tot onlangs nie regtig besef ek was daardie eerste saadjie nie, dit net toegedig aan die godeloses. Wanneer ek wel op ander tereine met die waarheid te doen gekry het, het my halwe waarheid dit dadelik verwerp(opgepik). Tog was ek ten spyte hiervan steeds soekend. Daar was tog baie onbeantwoorde vrae in my gemoed. Dank die Vader dat Hy nooit ophou klop nie.
Alhoewel die vier verskillende saadjies nie almal by ware wedergeboorte en vrug uitkom nie, het al vier wel gereageer op die saad wat geval het.
Sonder hierdie ware wedergeboorte is jou saak nie met Hom reg nie. Dis nie iets wat jy kan verdien nie, dis iets wat Hy aan 'n opregte berouvolle hart gee wat Hom bo alles soek en plaas, wat aan Sy plan vir verlossing glo en nie Jesus plus wil hê nie, my eie of ander se variasie van die evangelie volg en glo nie, wat nie iets of iemand "grager" wil hê nie. Wat alle afgode verwyder en Hom alleen dien.
Wat Sy Woord as die enigste waarheid glo en wil gehoorsaam om Hom alleen te eer met jou lewe.
Die verskil tussen die vierdie saadjie en die ander drie was te sien dat net die vierde een vrug gedra het.
Die ander verskil was dat die vierde saadjie het gesterf aan hul eie ek en wil en God se wil bo alles gesoek. God was bo in hul driehoek. Al drie die ander saadjies het hulle eie wil en begeertes nog bo die van God sin geplaas.
Die Saadjie moet dus sterf, om te kon vrug dra, vrug wat God verheerlik volgens Sy wil. Die woord sê die vrug sal die waarheid van die leuen onderskei, die ware gelowiges van die valses, die Folowers van die Fans.
MATTHÉÜS 7:15-21 AFR53
[15] Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. [16] Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! [17] So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. [18] 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. [19] Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. [20] So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. [21] Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Maar sonder sterf is daar nie groei wat vrug voortbring nie. Vrugte verskyn nie net nie, 'n saadjie moes in die grond ingeplant word, sterf en opkom om te kon vrug dra. As ek die waarheid dus ontvang, dit glo, moet ek sterf aan my eie ek, my eie wil. Die Woord sê:
JOHANNES 3:30 AFR53
[30] "Hy moet meer word, maar ek minder."
Dit gaan nou oor Sy wil. Dit gaan oor Jesus, niks noem ek my eie meer.
MATTHÉÜS 16:24-25 AFR53
[24] TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. [25] Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
Kruis opneem beteken om aan jouself te sterf.
Philippians 3:10 AMP
[10] And this, so that I may know Him [experientially, becoming more thoroughly acquainted with Him, understanding the remarkable wonders of His Person more completely] and [in that same way experience] the power of His resurrection [which overflows and is active in believers], and [that I may share] the fellowship of His sufferings, by being continually conformed [inwardly into His likeness even] to His death [dying as He did];
Die Here wys my Sy wil is grootsliks liefde tot God en liefde tot my naaste. I kor 13 spel dit vir ons uit dat as ons nie díé liefde het nie help alles anders niks nie, ware geloof sal in liefde tot God en liefde tot ons naaste uitloop maar ek moet daarvoor aan myself sterf. As ons na die vorige drie saadjies kyk sien ons dat alles oor hul self gegaan het.
Eerste is so vol van homself en glo so in wat hy het en weet dat hy die waarheid geen kans eers gee nie. Die tweede een is opgewonde oor die goeie nuus maar die rede is oor wat hy daaruit kan kry, al die voordele, maar die oomblik toe dit moeilik word om die nou pad te loop en dit iets begin vra en dit nie net meer kry is nie gee die saadjie op en verlaat die nou pad. Die Derde saadjie is so besig met sy eie belange, rykdom, genietinge en self sy sorge. Alles draai ook om hom en oor hom dat hy nie God se belange en ander sin na omsien of by uitkom nie. Alles dus vir die drie saadjies gaan steeds oor ME, MYSELF AND I en arme ekke!! Net die Vierde een sterf hieraan elke dag meer en meer en lewer vrug wat liefde as motivering het. Liefde tot God en liefde tot my naaste en nie self liefde soos die eerste drie nie.
Die Here wys vir my dat as ek sterf aan myself dit beteken ander se belange belangriker word as my eie en ek so dan ook Jesus se belange eerste plaas daardeur.
FILIPPENSE 2:19-21 AFR53
[19] EN ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het. [20] Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie; [21] want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.
Om dus ander se belange opreg te soek, bo die van jou eie is om dié van Christus Jesus opreg te soek. Ander se belange en die van God loop hand aan hand. Jy kan nie die een sonder die ander nie.
Dink aan 'n kruis in jou gedagtes, jy moet eerste die anker paal stewig in die grond inplant voordat jy die dwarspaal kan vasmaak daaraan, sonder die vertikale ankerpaal (LIEFDE TOT GOD) sal die horisontale paal(LIEFDE TOT ONS NAASTE) op die grond val. Sonder ons liefde tot God sal liefde tot ons naaste op die grond val, dit kan nie.
I JOHANNES 4:19 AFR53
[19] Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
ROMEINE 5:5 AFR53
[5] en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
Jesus het vir ons hierdie twee belangrikste gebooie kom demonstreer aan die kruis.
Sy liefde tot God in Sy gehoorsaamheid aan Hom.
FILIPPENSE 2:8 AFR53
[8] en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
En Sy liefde vir ons
ROMEINE 5:6-8 AFR53
[6] Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. [7] Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe — vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe — [8] maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Ons het gelees nie almal wat sê Here , Here nie, maar die wat gedoen het wat God vra...
Dan vergelyk hy iemand wat GOD SE WIL DOEN soos iemand wat sy huis op die rots gebou het en nie op die sand. AS EK STERF AAN MYSELF, MYSELF VERLOËN(SELF DENY) MY BELANGE NIE MEER EERSTE STEL NIE MAAR GOD SIN EN DAARMEE SAAM DIE VAN ANDER IS EK BESIG OM OP DIE ROTS TE BOU, IS EK BESIG OM SKATTE IN DIE HEMEL BYMEKAAR TE MAAK EN NIE HIER WAAR MOT EN ROES DIT KAN VERNIEL OF DIEWE INBREEK EN STEEL NIE.
MARKUS 8:34-36 AFR53
[34] EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg. [35] Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red. [36] Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
Besluit dus eerstens wil jy agter hom aangaan? Het jy die koste bereken? Dit gaan jou jou alles kos. Die tweede saadjie het nie die koste bereken nie en omgedraai.
LUKAS 14:26-30 AFR53
[26] As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. [27] En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. [28] Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — [29] sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot [30] en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
Verloën dan jouself. Nie Jesus soek oor wat jy daaruit kan kry nie, maar Hom soek, Hom middelpunt van jou lewe maak, Hom die master key van elke kamer van jou lewe te gee, om te verander soos Hy goed dink. VOLLE OORGAWE
Neem dan jou kruis op. Sterf aan jou eie ek. Dit gaan nie meer oor my nie maar allleen oor Hom. Wees bereid om jou lewe vir die waarheid, die volle evangelie op te offer en dus so te verloor( dit wat jy hier en nou eerder(grager)wou doen of hê) en selfs bereid wees om fissies daarvoor te sterf.
Volg dan Jesus. Moet Jesus nie net vannaf die paviljoen bewonder nie, volg in sy voetspore. Lê af die ou mens, neem op die nuwe, beklee jou met Jesus. Stap die nou pad van heiligmaking. Doen soos hy gedoen het(lewe daaraan toegewy liefde tot die Vader en liefde tot mense), trap waar Hy trap. Bou jou huis op dié Rots.
Gehoorsaam oorgegee aan Hom lewe om jou soos die Pottebakker te verander en gebruik na Sy wil en tot hulp en voordeel ook van jou naaste.
As ons soos die vierde saadjie so sterf sal ons gebede ook anders lyk.
Jy sal nie meer met 'n "shopping list" bid wat net oor jouself gaan nie, maar eerstens oor God ons Vader (soos Jesus ons geleer het in die Onse Vadergebed) en sal jy ook baie meer vir ander bid.
Ons sê altyd 'n gelukkige huwelik is nie 50/50 nie maar 100/100. Elkeen gee hul 100% omdat hulle die ander persoon lief het en daardie persoon se belange nou bo myne is, ek hou nie so bietjie terug vir myself nie. Die ander een se 100% sal weer daarvoor sorg. Selfsug, eie belange eerste stel is dodelik skadelik vir 'n huwelik.
As ons dus na Jesus se 100% kyk wat hy ons gegee het, verdien ons Hemelse Bruidegom nie ook ons 100% nie. Moet ons hom nie ook en nog meer liefhê as ons aardse huweliksmaat nie. Moet sy belange nie ver bo myne wees nie want my 100% skiet ver ver te kort teenoor Syne, kan nie eers vergelyk. My beste, my alles vir my "Lord and Savior"
Nie my 100% om gered te word nie, maar omdat Hy my met Sy 100% gered het. Dankbaarheid vir soveel liefde en genade.
Die probleem lê juis daarin dat ons allles anders bestudeer ipv hoofsaaklik die Woord.
Daar is geestelike boeke wat groot waarde kan hê, maar daar is ook wat nie suiwer waarheid is nie. Bid daarom altyd vir wysheid oor elke Christelike boek of fliek en selfs preek wat jy na luister. Die Here is getrou, Hy wys die leuen aan ons uit as ons tyd by Hom spandeer.
Hoe lief jy Jesus het sal bepaal hoe lief jy die waarheid het, hoe lief jy die Woord het
en of jy op die Nou pad is of nie.
Ek was erg godsdienstig, ons lerings erg verdedig totdat Jesus my op daardie hospitaal bed persoonlik ontmoet het, my Damaskus oomblik. Ek het alles "reg" gedoen maar beskou dit nou dat dit my tot skade was en dat alleen die waarheid, 'n persoonlike verhouding met Jesus vir my nou tot wins is. Paulus was ook erg godsdienstig en so erg geglo aan 'n waarheid dat hy hulle wat die waarheid gehad het ernstig vervolg het. Paulus het lewenslank geesdriftig daarna gestreef om die Here wat hom op die pad na Damaskus gegryp en sy lewe verander het, sy eie te maak. Elke dag was 'n geleentheid om nader te kom aan die mens wat God bedoel het hy moet wees, meer en meer omvorm te word na God se beeld.
Die Here Jesus het ook my uit genade gegryp
FILIPPENSE 3:12-13 AFR53
[12] Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. [13] Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.
Philippians 3:5-12 AMP
[5] circumcised when I was eight days old, of the nation of Israel, of the tribe of Benjamin, a Hebrew of Hebrews [an exemplary Hebrew]; as to the [observance of the] Law, a Pharisee; [6] as to my zeal [for Jewish tradition], a persecutor of the church; and as to righteousness [supposed right living] which [my fellow Jews believe] is in the Law, I proved myself blameless. [7] But whatever former things (ou waarheid)were gains to me [as I thought then], these things [once regarded as advancements in merit] I have come to consider as loss [absolutely worthless] for the sake of Christ [and the purpose which He has given my life].
[8] But more than that, I count everything as loss compared to the priceless privilege and supreme advantage of knowing Christ Jesus my Lord [and of growing more deeply and thoroughly acquainted with Him—a joy unequaled]. For His sake I have lost everything, and I consider it all garbage, so that I may gain Christ,
[9] and may be found in Him [believing and relying on Him], not having any righteousness of my own derived from [my obedience to] the Law and its rituals, but [possessing] that [genuine righteousness] which comes through faith in Christ, the righteousness which comes from God on the basis of faith. [10] And this, so that I may know Him [experientially, becoming more thoroughly acquainted with Him, understanding the remarkable wonders of His Person more completely] and [in that same way experience] the power of His resurrection [which overflows and is active in believers], and [that I may share] the fellowship of His sufferings, by being continually conformed [inwardly into His likeness even] to His death [dying as He did]; [11] so that I may attain to the resurrection [that will raise me] from the dead. [12] Not that I have already obtained it [this goal of being Christlike] or have already been made perfect, but I actively press on so that I may take hold of that [perfection] for which Christ Jesus took hold of me and made me His own.
Hoe reageer mense op die waarheid?
Ons het gesien in Die Pelgrim se reis hoe sy vrou en een buurman soos die eerste saadjie die goeie nuus/waarheid dadelik verwerp, die Duiwel kom pik dit dus dadelik op. Dan loop sy buurman Pliable vir die eerste stukkie pad saam hom en is opgewonde oor wat hy alles uit die goeie nuus sal ontvang maar soos die tweede saadjie toe die eerste moeilikheid kom word hy moedeloos en gee vinnig op.
Later gaan ons die derde saadjie teëkom in Ydelheidstad waar genietinge en rykdom die saadjie verstik en dit nie vrug oplewer, en ook hoe sorge weer ander reisigers laat opgee, hier kom dit ook nie tot vrug nie.
Min soos Faithfull, Hopefull en Christian volhard en dra vrug wat by hul bekering pas soos die laaste en 4de saadjie.
Die grond van jou hart bepaal dus hoe jy op die waarheid reageer.
Die regte reaksie op die waarheid het vrug tot gevolg. As daar nie vrug is nie, het jy of nie die ware waarheid nie of jy het dit nie belangrik genoeg geag nie of jy ignoreer dit net eenvoudig.
Hoe ons op die waarheid reageer is belangrik.
Baie word van die Woord weggehou met die die leuen dat jy ver geleerd moet wees in die Woord voor jy dit regtig kan verstaan en dat dit gevaarlike terein is om te beweeg om die skrif self te probeer verstaan. Dis waar as jy dit met jou eie wysheid en insig probeer doen, maar die Heilige Gees breek dit oop vir God se kinders.
Matthew 11:25-26 AMP
[25] At that time Jesus said, “I praise You, Father, Lord of heaven and earth [I openly and joyfully acknowledge Your great wisdom], that You have hidden these things [these spiritual truths] from the wise and intelligent and revealed them to infants [to new believers, to those seeking God’s will and purpose]. [26] Yes, Father, for this way was well-pleasing in Your sight.
Jy sien ek het dit aan ander oorgelaat om my te leer en dagstukkies gelees eerder as die Woord.
Dit was makliker… PASSOP!! Die breë pad is altyd makliker
Ek was nodeloos om te sê bitter ontsteld toe die Here vir my die waarheid oopbreek in Sy Woord, dat “hulle” my so verkeerd geleer het en ek so bitter amper nie my oë in die hemel oopgemaak het nie.
Waarop die Here toe vir my in my hart vra:
"Het jy ‘n Bybel gehad?"
Waarop ek natuurlik ja kon antwoord, en Hy my toe vra…
"HOEKOM HET JÝ NIE GELEES NIE?"
Ek het nog nooit iemand so dadelik vergewe soos daardie dag nie want ek was self skuldig dat ek nie die waarheid geken het nie.
Dis een ding as mense jou op jou onsuiwer waarheid wys, maar dis ‘n ander ding as die Here self jou daarop wys. Dan weet jy dat jy weet, jy was nie op die NOU pad nie al probeer mense jou die teendeel laat glo.
JESUS self het ook die vrou by die put op haar verkeerde pad en sonde gewys. Jesus weet alles van ons, ons kan ophou voorgee voor Hom.
As ek weereens by ‘n mens gehoor het sou ek dalk later begin twyfel het, maar omdat die Here my self dit kom leer en wys het, kan niemand my weer laat glo dat amper reg maar vir Hom aanvaarbaar is nie.
Die Here self het Sỳ Waarheid aan my kom openbaar en doen dit nog steeds deur Sy Woord.
Onthou ons praat hier nog steeds van waarheid en hoe belangrik die suiwer waarheid is!!
Laat ek dit net weer hier duidelik maak, ons praat nie van om die ewige lewe te probeer verdien nie, want dis alleen deur genade onverdiend. As ons van die waarheid praat en hoe belangrik dit is om die suiwer waarheid te volg praat ons van die evangelie, die padkaart, God se plan vir redding, want soos ons reeds gesien het, daar is ‘n ware evangelie en BAIE VALSE EVANGELIES.
Baie afdraaie na die breë pad.
Ook Jesus, ook die Bybel maar al so verdraai, bygevoeg en weggelaat en met selfs onderbeklemtoonde rigting aanwysers dat baie eintlik met ‘n aspoestertjie verhaal evangelie sit en nie meer met die waarheid nie.
Vandag word tot verkondig dat elkeen vir homself die pad kan uitwerk wat vir hom of haar werk. Dat ons ander se opinies moet respekteer en elkeen vir homself besluit. As ek my oë in die hel oopgemaak het sou ek wou gehad het iemand moes genoeg hier op aarde omgegee het dat hulle die waarheid op my sou skree het as dit sou nodig gewees het. Om iemand te los op die verkeerde pad is nie Bybels nie dan moet ons ophou evangeliseer wat tog 'n direkte opdrag van Jesus was. Evangelisasie, die waarheid van die evangelie verkondig was nog nooit net vir die wat nog nooit van Jesus gehoor het nie(in die bybel se tyd die heidene) maar ook vir die godsdienstiges (Jode, Fariseërs en Wetsgeleedes)
Baie sal dan dadelik vir jou sê, nee man jy maak dit te moeilik as jy so suiwer wil wees, jy gaan mense afskrik van die evangelie en so verhoed dat hul gered word. Maar waarheen beduie ek hulle met ‘n valse waarheid in elk geval. Dis ‘n leuen van die Satan dat die volle waarheid mense sal laat verlore gaan want die teendeel is waar, die waarheid trek mense en maak hulle waarlik vry.
As ek by ‘n bestemming wil uitkom maar as ek net effens aan die skip se roer draai, gaan ek ver van daai bestemming eindig.
HANDELINGE 2:38-42 NLV
[38] Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. [39] Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.” [40] Petrus het nog lank aanhou getuig en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!” [41] Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000. [42] Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.
JOHANNES 8:31-32, 40-41 NLV
[31] Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê: “As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers; [32] en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
[40] En nou wil julle My doodmaak – die Een wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle kom meedeel. Dít is nie wat Abraham gedoen het nie. [41] Julle doen net wat júlle pa gedoen het.” Hulle sê toe vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net een Vader, en dit is God.”
JOHANNES 8:44-47 NLV
[44] Julle is uit die duiwel as julle pa gebore, en julle wil net doen wat hy as pa van julle verwag. Hy was van die heel begin af ’n mensemoordenaar. En hy is nie in die waarheid nie omdat die waarheid nie in hom is nie. Wanneer hy ook al leuens verkoop, praat hy volgens sy innerlike oortuiging omdat hy ’n leuenaar en ook die vader daarvan is. [45] Omdat Ek die waarheid praat, glo julle My nie. [46] Wie onder julle kan My aankla van sonde? As Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle My nie? [47] Wie van God afkomstig is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie omdat julle nie van God afkomstig is nie.”
VOLG ONS DIE WAARHEID VAN DIE BYBEL SONDER OM IETS WEG TE MOET LAAT
OF TE MOET BYVOEG?
AANBID ONS NOG DIE GOD VAN DIE BYBEL?
OF DALK ONS EIE god
WAT BY ONS EIE GEMAK EN BEHOEFTES PAS?
2 TIMOTEUS 3:16 AFR83
[16] Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die WAARHEID te onderrig, DWALING te bestry, VERKEERDHEDE reg te stel en 'n REGTE lewenswyse te kweek
Soms is kerklike dogma iets waarmee jy groot word en omdat jy dit nooit vir jou self aan die Waarheid gaan toets nie dog jy maar jou lewe lank dat dit reg is.
Jy glo in werklikheid aan hierdie of daardie groot prediker, daardie buite Bybelse geskrifte of jou kerk se leerstellings meer as aan God en Sy woord alleen.
Hoe reg is selfs vir party nie so belangrik nie. Solank dit darem amper reg is. Glo my as jy by Jesus self gehoor het jou amper reg is nie reg nie en dit jou die ewige lewe sou gekos het, is dit nou ononderhandelbaar belangrik dat jy jou tweede kans nie weer die pad byster raak met ‘n amper waarheid nie.
Selfs die duiwel kom nie na mense as homself nie, maar as die engel van die lig.
So naby aan die waarheid dat hy baie daardeur mislei. Hoekom kry hy dit reg, want ons verdiep ons nie in God se waarheid nie. Soek nie om te vind nie. Is valslik gerus gesus want die vyand se waarheid verblind ons en sus ons aan die slaap, dis makliker, meer in ons gemaksone.
DIE WAARHEID HOU JOU NUGTER EN WAKKER EN LAAT JOU VASSTAAN
Spreuke 3:3-6 AFR20
[3] Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie.Bind dit om jou nek,skryf dit op die tafel van jou hart,[4] dan sal jy guns en goeie begrip vind in die oë van God en die mense.[5] Vertrou op die Here met jou hele hart –op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.[6] Ken Hom in al jou weë,en Hy sal jou paaie reguit maak.
Bind die waarheid vas om jou middel
Efesiërs 6:14 AFR20
[14] Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die WAARHEID, julle te bedek met die borsplaat van •geregtigheid,
1 Petrus 1:13-16 AFR20
[13] Daarom, omgord die lendene van julle verstand, en deur nugter op te tree, hoop volkome op die genade wat tydens die openbaring van Jesus •Christus vir julle gebring sal word. [14] As gehoorsame kinders moet julle nie lewe in ooreenstemming met julle natuurlike begeertes van vroeër, toe julle nog sonder kennis was nie. [15] Inteendeel, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel heilig wees. [16] Daarom staan daar geskryf: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
My volgende grootste begeerte was toe soos hierdie vrou by die put om almal wat ek liefhet by hierdie waarheid uit te bring, die leuens wat Hy aan my openbaar het te weerspreek met die waarheid van die Woord wat my en ander so valslik gerus gelaat het.
Soos die vrou by die put wat Jesus vir haarself ontmoet het en by Jesus genade gevind het, wou ek teruggaan na mý mense en hulle GAAN VERTEL.
Romans 10:1-4 NLT
[1] Dear brothers and sisters, the longing of my heart and my prayer to God is for the people of Israel to be saved. [2] I know what enthusiasm they have for God, but it is misdirected zeal.
[3] For they don’t understand God’s way of making people right with himself. Refusing to accept God’s way, they cling to their own way of getting right with God by trying to keep the law. (eerste saadjie) [4] For Christ has already accomplished the purpose for which the law was given.
As a result, ALL who believe IN HIM are made right with God."
Hier het dit weer gestaan ALL WHO BELIEVED IN HIM ARE MADE RIGHT WITH GOD.
Ek het GAAN VERTEL van die Waarheid wat ek by Jesus gekry het, van my persoonlike getuienis, my geskiedenis en my ontmoeting met Jesus soos sy ook hare vertel het van Jesus en Sy genade en liefde. Om die waarheid te sê is dat as jy die Waarheid ontdek het kan jy nie anders as om dadelik ander te gaan vertel nie.
Jy kan en mag nie stilbly nie.
Nie mỳ waarheid nie, maar God sin. My waarheid wat ek gevolg het, het my nie die Nou pad laat vind nie, al het ek so gehoop.
Net soos ‘n aflos stokkie aan die volgende atleet oorgegee word, gee ons God se waarheid oor aan ander.
Hoe lyk die stokkie wat jy oorgee?
Weet jy regtig waaraan jy glo of het jy net so idee van jou kerk se leerstellings?
Hoe lyk die fontein se water waaruit jy drink? Net omdat jy geleer word dis suiwer kan jy dit net waarlik staaf as jý dit gaan toets het.
Is jou waarheid suiwer? Hoe lyk jou fontein waaruit ander drink? Is dit lewende water direk van die Bron, of via ander bronne? Is dit God se waarheid?
Alleenlik Sy waarheid kan suiwer wees.
Christian het ook in die boek The Pelgrims progress 'n boekrol gekry waarmee hy sy reis aangedurf het, hierdie boekrol(waarheid) is ook aan hom oorgegee.
Die aflosstokkie lyk nogal soos 'n boekrol van vroeër jare.
Die ou wat moet aanvat kyk nie om nie maar vat in vertroue na agter die aflosstokkie/ boekrol aan. Kan mense met vertroue aanvat wat ons aangee. Kan jy met volle vertroue aanvat wat aan jou oorgegee word? Jy gaan alleenlik weet as jy dit deurgaans en daagliks bly toets aan die Bron van die lewende water self.
Daar is so baie weergawes van die Evangelie in die Christen kerk vandag.
DIE VYAND plaas die verskillende lerings
in net paar boksies en dan is jy net of in die een of in daardie een. Binne die kerkkringe kry elkeen van die dan 'n naam byvoorbeeld Pinkster kerke, Chrismatiese kerke, Protestante, Calviniste ens en dit veroorsaak stryery en verdeeldheid, terwyl Jesus bedoel het dat ons 'n eenheid moes wees.
Ephesians 4:4-6 AMP
[4] There is one body [of believers] and one Spirit—just as you were called to one hope when called [to salvation]— [5] one Lord, one faith, one baptism, [6] one God and Father of us all who is [sovereign] over all and [working] through all and [living] in all.
Ek glo ons moet nie in een van hierdie boksies inpas nie, ons moet streef na eenheid deur in die ware waarheid te wees, en daarvan is daar net een. Die leuen bietjie of baie bygevoeg veroorsaak al die verskillende boksies. As ons net die Bybel se waarheid geopenbaar deur die Heilige Gees alleen en nie geleerdheid as maatstaf gebruik sal ons hierdie onvervalste waarheid boksie vind en so die weg die waarheid en die lewe. So sal almal eensgesind wees en hulself kinders van God noem en nie volgens hul kerkdenominasie of kerk leier of kerkvoorvaders nie.
I KORINTHIËRS 1:11-13 AFR53
[11] Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is. [12] Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus. [13] Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?"
Hoe lyk die ware kerk?
Geskryf deur Dr Chris van Wyk is gemeenteleraar by Somerstrand-gemeente, Port Elizabeth.
Die ware kerk moet ophou om te lewe soos nie-Christene lewe. Hulle moet breek met die ou, sondige mens wat deur sondige begeertes verteer word. Hulle gees en gedagtes moet nuut word. Hulle moet lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is. Hulle moet volkome lewe volgens die wil van God en heilig wees (Ef 4:17-24).
EFÉSIËRS 4:17-25 AFR53
[17] DIT sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie — [18] mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; [19] wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
[20] MAAR JULLE het Christus nie so leer ken nie, [21] as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: [22] dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, [23] en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed [24] en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
[25] Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede
Inteendeel. Die kerk mag en moet seker maak dat hulle in alles volgens die leer van die Woord leef. (Nie volgens die leer van 'n kerk nie)
Die ware kerk kan onderskei word “wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra (waarheid), alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken.” (bo in driehoek) Dit sluit die prediking, die sakramente en die tug in.
Die kerk moet dus seker maak dat die Woord van God alleen gesag dra. Alle leringe en lewenswyses wat daarmee in stryd is, moet deur die ware kerk (koring) verwerp word, anders loop hulle self die gevaar om as ’n valse kerk (drabok) gebrandmerk te word.
Hoe ken ons die valse kerk uit?
Die valse kerk ken “aan homself en sy besluit meer mag en gesag toe as aan die Woord van God.” Die valse kerk neem boonop weg uit die Woord en voeg daaraan by: “na eie goeddunke.” En die valse kerk vervolg dié “wat volgens die Woord van God heilig lewe.”
In terme van die gelykenis: Die valse kerk is sag op sonde en sag op die wet van God. Soos Jesus in die gelykenis sê, die onkruid is “almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree (anomia).”
Dit raak al hoe duideliker, soos die Heilige Gees dit al aan Paulus geopenbaar het, dat in die laaste tye sommige mense sal wegdraai van wat ons glo; hulle sal leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom; hulle sal voorgee om godsdienstig te wees, maar hulle gewete sal morsdood wees (1 Tim 4:1-2).
1 TIMOTEUS 4:1-2 AFR83
[1] Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. [2] Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is.
Die Duiwel skep plaasvervangende leerings en gebruike wat so naby aan die waarheid kan lyk maar nie is nie.
Ware kerke wat die waarheid so aan vashou soos in hierdie skrywe hier bo uiteengesit het skaars geword in ons tyd en dag.
Baie het die skyn van godsdiens maar gee dus nie om of die waarheid nog die onvervalste suiwer waarheid is of nie. Reg het verkeerd geword en verkeerd of amper reg het reg geword om mense te trek, nie te afonteer nie.
Jesaja 5:20-21 AFR20
[20] Wee hulle wat die slegte dinge goed noem, en die goeie dinge sleg, hulle wat die duisternis tot lig maak en die lig tot duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. [21] Wee hulle wat wys is in hulle eie oë, en hulleself as verstandig beskou.
Die samaritaanse vrou by die put het die waarheid gevind en dit aan almal in haar tuisdorp gaan vertel, sy het ook die die aflos stokkie(boekrol) aangegee, maar kyk wat was die reaksie op haar getuienis:
[29] Kom kyk 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie? [30] Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom. JOHANNES 4:29-30 AFR53)
Hulle het vir hulle self gaan kyk
Soos ons gesien het die dissipels ook vir hulself gaan kyk het.
Ons kan net die waarheid gaan vertel, maar die persoon moet kies om vir hulself te gaan kyk. Eers as jy vir jouself Jesus ontmoet het, self die Waarheid in die woord gelees het, volg ware oortuiging, ware geloof in die waarheid in Jesus en gebeur wedergeboorte.
JOHANNES 4:41-42 AFR53
[41] En baie meer het op grond van sy (Jesus) woord geglo [42] en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.
Hulle het nie geglo alleen op wat sy verkondig het nie, hulle het geglo op grond van wat hulleself gevind het. Hulle het self na Jesus gegaan.
ROMEINE 10:13-17 AFR53
[13] Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. [14] Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? [15] En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! (Voete van bereidheid van die wapenrusting)[16] Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo? [17] Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
God stuur iemand om te gaan vertel(preek) sodat hul kan hoor, wat tot geloof lei wat hulle die Naam van die Here laat aanroep en hul so gered word. Dieselfde het gebeur met Fillipus
HANDELINGE 8:26-30 NLV
[26] Vir Filippus het ’n engel van die Here egter gesê: “Gaan suid met die woestynpad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” [27] Filippus het dit gedoen, en hy het die Minister van Finansies van Etiopië teëgekom. Hy was ’n ontmande in dié hoë pos by die koningin van Etiopië. Hy het Jerusalem toe gekom om te aanbid, [28] en was nou op pad terug. Hy het op sy wa die boek van die profeet Jesaja gesit en lees. [29] Toe het die Gees vir Filippus gesê: “Gaan loop langs sy wa.” [30] Filippus het nadergedraf en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra hom toe: “Verstaan u wat u lees?”
En ons ken die verhaal verder hoe hy die woord aan hom verduidelik het en hy geglo het en gedoop is.
Paulus het ook briewe geskryf an die gemeentes om die waarheid wat God aan hom openbaar het te verduidelik.
EFÉSIËRS 3:2-4 AFR53
[2] as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle, [3] dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; [4] waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
Ook wat jy sopas hier gelees het, vat dit in gebed na Jesus, gaan toets dit by Sy voete in Sy Woord. Laat Hom toe om self met jou te praat.
Acts 17:11 NKJV
[11] These were more fair-minded than those in Thessalonica, in that they received the word with all readiness, and searched the Scriptures daily to find out whether these things were so.
KRY DIE WARE EVANGELIE, ONS KAN NIE AAN DIE EVANGELIE VERANDER, DIE PADKAART EN DINK ONS IS NOG OP DIE NOU PAD NIE
JEREMIA 2:13 AFR53
[13] Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.
Hulle het hul water by ander bronne gaan kry, en selfs afgode toegelaat wat nie blywend is nie.
Dis dus elkeen van ons se eie verantwoordelikheid om die suiwer waarheid af te bid van die Here en daarby te bly. Lees self jou Bybel daagliks en kry dit van die Bron self sodat jou water suiwer kan wees en bly.
Moenie ‘n Eva wees wat toelaat dat die vyand se onsuiwer weergawe van die waarheid jou waarheid word en dit die weergawe word wat jy aan ander mense voorhou nie.
Moet ook nie ‘n Adam wees wat nie self gaan ondersoek instel na die waarheid nie en die onsuiwer waarhede van die Evas in die wêreld onvoorwaardelik as jou eie aanneem nie, net omdat hy vertroue in Eva gehad het. Albei is uit die paradys geskop.
Om te sê "The devil made me do it" of "Eva made me do it" gaan jou nie verskoon nie. Dit het my nie verskoon voor die Here dat ek verkeerd geleer is nie.
JESAJA 29:13 NLV
[13] So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies.
Isaiah 29:13 AMP
[13] Then the Lord said, “Because this nation approaches [Me only] with their words And honors Me [only] with their lip service, But they remove their hearts far from Me, And their reverence for Me is a tradition that is learned by rote [without any regard for its meaning],
JESAJA 29:13 AFR83
[13] Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.
Dien ons Hom soos Hy dit van ons vra of soos mense ons geleer het?
Passop!! Hierdie was van my waar en weet ek, ek sou dit gehoor het as ek sou gesterf het toe ek so siek was.
MATTHÉÜS 7:21-23 AFR53
[21] Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. [22] Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? [23] En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk
Matthew 7:21-23 AMP
[21] “Not everyone who says to Me, ‘Lord, Lord,’ will enter the kingdom of heaven, but only he who does the will of My Father who is in heaven. [22] Many will say to Me on that day [when I judge them], ‘Lord, Lord, have we not prophesied in Your name, and driven out demons in Your name, and done many miracles in Your name?’ [23] And then I will declare to them publicly, ‘I never knew you; depart from Me [you are banished from My presence], you who act wickedly [disregarding My commands].’
MATTEUS 7:23 NLV
[23] Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.’”
Die Here soek Followers nie Fans nie.
Bring die waarheid in liefde en genade maak nie saak hoe dit ontvang word nie. Dis dus belangrik om die waarheid te bring maar hoe jy dit doen is ook belangrik.
Followers volg Jesus, gehoorsaam Hom, aanvaar tugtiging. Fans volg eie tradisies en menslik bygevoegde opdragte en kry vir hulle predikers wat sê wat hulle wil hoor en nie wat hul moet hoor nie. Fans probeer die waarheid stilkry.
MATTHÉÜS 10:27-39 AFR53
[27] Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. [28] En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel."
God se waarheid is die enigste suiwer waarheid wat ons durf ons eie maak en aan ander verkondig. Maar om dit te weet is nie genoeg nie.
Wat DOEN jy met hierdie waarheid?
JAKOBUS 1:21-22 AFR53
[21] Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord(waarheid), wat in staat is om julle siele te red. [22] En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
"People who are deceived do not believe they are deceived, that's part of the deception."
Maak seker jou padkaart is 100% en volg dit!
Dit help ook niks as jy die ware padkaart het en maar jy volg dit nie.
Die waarheid hou ons verantwoordbaar, alhoewel baie dit wil wegsteek, dit wil ontken, dit wil herverpak of dit probeer weg redeneer of vermy. Aan die einde sal die WAARHEID steeds daar wees. God se waarheid kan nie ongedaan gemaak word nie. Dis die Rots wat onbeweeglik bly deur alle eeue, kulture ens. Al word verkeerd hoe verbloem as die waarheid, dit bly verkeerd.
ROMEINE 14:11-12 AFR53
[11] Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. [12] So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
To deceive others is reprehensible (deserving of condemnation); to deceive ourselves is a tragedy.
The world is screaming lies and the few churches that has the truth whispers it, so scared to offend people, while the world is offending God.
Die valse profete sê wat die mense wil hoor en hulle is geliefd, maar die ware profete word gestenig as hul die waarheid wil bring.
By Wie of wie het jy jou waarheid gehoor?
Die kerk moet nie vermaak word nie, maar gelowiges toerus om 'n weermag te wees wat die waarheid verdedig en verkondig.
Ons moet staan vir die waarheid, die suiwer waarheid en niks minder as God se suiwer waarheid nie.
As iemand se padkaart verkeerd is, is dit nie liefde om ander pad te kyk en te sien hoe hulle hul bestemming mis nie. Dit is wreed.
Verkondig die WAARHEID, moenie bang wees hoe mense gaan reageer nie, die samelewing verkrummel daagliks om ons. Morele standaarde val, reg is verkeerd en verkeerd is reg.
Ons is nie hier om deur almal van gehou te word nie, maar om Jesus se hande en voete te wees. Waarheid gaan altyd op tone trap, maar hou aan want mense se siele is op die spel.
We are called to be salt not sugar.
Lyrics of A Love for Truth by Dylan Woodward
Lord, You have my full attention
When You speak, You will be heard
Show me deeper revelation
As I seek You through Your Word
May I never lose this passion
Let it burn within my heart
And let every vain distraction
Be consumed by all You are
Give me a love for truth
And all the things that draw me close to You
A love so strong that I will not be moved
I will not be moved
Because You are the Truth
You mean more to me than words could ever say
So I promise, Lord, I'll never walk away
I'll never walk away
I have made my heart's decision
I have purposed in my soul
I will stand for what You've spoken
Even if I stand alone
I will never lose this passion
I will always follow You
I will never leave the beauty
Of Your holiness and truth
Show Yourself to me, Lord
I crave a love that's more than emotion
Deepen my commitment to You
I give You total devotion
I'll buy this truth and I won't sell it
I choose this truth ABOVE ALL.
DIE WAARHEIR WORD NOG ALTYD MET KLIPPE GEGOOI MOET DUS NIE VERBAAS WEES AS VAN DAARDIE KLIPPE JOU TREF NIE.
In Handelinge 6 en 7 lees ons waar Stefanus ook met klippe dood gegooi is omdat hy die waarheid verkondig het en agv die valse getuienisse teen hom,
[59] Terwyl hulle besig was om Stefanus te stenig, het hy gebid: “Here Jesus, ontvang my gees.” [60] Hy het op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moenie hierdie sonde teen hulle hou nie!” Met hierdie woorde het hy gesterf."
Ook Jesus is agv valse getuienisse skuldig bevind en gekruisig. Ook hy het gesterf met hierdie woorde oor sy lippe. Hy was Stefanus en ook ons voorbeeld. Weet as jy vir die waarheid met klippe gegooi word hulle het ons Here Jesus eerste gegooi.
Die Jode het agv die leuen die WAARHEID gekruisig.
Passop dat ons dit nie steeds doen nie omdat ons blindelings agter ander en hul sienings
aanloop.
Ook Joshua en Kaleb kan daarvan getuig
NUMERI 14:5-11 NLV
[5] Moses en Aäron het voor die gemeenskap van die Israeliete neergeval. [6] Josua, seun van Nun, en Kaleb, seun van Jefunne, wat saam die land gaan verken het, het hulle klere geskeur. [7] Hulle het vir die gemeenskap van die Israeliete gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is ’n besondere mooi land. [8] As die Here ons liefhet, sal Hy ons in die land laat kom en dit vir ons gee. Dit is ’n baie vrugbare land.
[9] Moenie teen die Here in opstand kom nie! Moenie bang wees vir die mense van die land nie. Hulle is ons slagoffers.
Hulle het geen beskerming nie. Die Here is met ons. Moenie bang wees nie!” [10] Die gemeenskap het egter gedreig om hulle met klippe dood te gooi.
Ook hier word die Waarheid met klippe gegooi
JOHANNES 10:25-29, 31-38 AFR83
[25] Jesus antwoord hulle toe: “Ek het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is. [
26] Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie. [27] My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. [28] Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. [29] Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
[31] Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig,
HEBREËRS 12:1-3 AFR83
[1] Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, [2] die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. [3] Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
Jesus sê alles wat ons doen moet in liefde geskied, nie liefde wat jy vir daardie mens voel nie, maar met die liefde wat Hy vir daardie mens voel.
1kor 13
Al het ons al die kennis, profesië ... maar ons het nie die liefde nie is ons niks, baat dit ons niks en bereik ons niks
HARDLOOP OM DIÉ PRYS TE KRY EN NIE ‘N PRYS
DIE WAARHEID EN NIE 'n ANDER HALWE WAARHEDE
Die( nou )pad en nie net 'n pad nie.
Die weg en nie net 'n weg nie
1 KORINTIËRS 9:24-27 NLV
[24] Onthou, daar hardloop baie atlete op die baan, maar net een ontvang die prys. Hardloop só dat julle die prys sal ontvang. [25] Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. [26] Daarom pyl ek reguit op die wenpaal af, doelgerig met elke tree wat ek gee. Ek is soos ’n bokser wat met elke hou tref. [27] Ek brei my liggaam en dissiplineer dit om werklik bruikbaar te wees. Ek wil tog nie, terwyl ek vir ander gepreek het, self deur God gediskwalifiseer word nie."
FILIPPENSE 3:13-14 NLV
[13] Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. [14] Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.
Hierdie skrif het my so getref
Luke 11:35 TPT
[35] Open your heart and consider my words. Watch out that you do not mistake your opinions for revelation-light!
Luke 11:35 NLT
[35] Make sure that the light you think you have is not actually darkness.
Dont eat to fead the whole time,
eat to eat for yourself first
I TIMÓTHEÜS 4:6 AFR53
[6] AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy 'n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer (die waarheid) waarvan jy 'n navolger geword het.
PSALMS 119:103-105 NLV
[103] Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond. [104] Deur u bevele kry ek insig; daarom haat ek elke valse pad.
[105] U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.
Gebruik die Woord (die Waarheid) as die lig voetjie vir voetjie op die Nou pad.
MATTHÉÜS 6:22-23 AFR53
[22] Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. [23] Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
As jy dink of glo jy het die lig maar jy het nie dan is die donker waarin jy verkeer oorweldigend.
Jy word waarna jy kyk. Die lamp van die liggaam is die oog. Hou jou oog op die lamp van die Woord, nie op leerstellings ander se boodskappe en opinies ens nie en jy sal die ware Lig in jou hê en volg.
Wanneer ons egter in die Woord en in die waarheid inkyk soekend na die waarheid, skyn die Lig van God deur die oog tot in ons binneste en verlig elke kamer van ons huis en wys die Here ons die regte pad aan.
Dit waarop ons fokus kan die hele koers van ons lewe verander. Dit kan ons wegvat van die nou pad.
Dink aan al die afgode waaroor ons vroeër gepraat het wat jou oog kan aflei na die valse lig, weg van die ware Lig.
Waarna “KYK” ek wat my wegvat van die ware Lig?
Luke 11:35-36 NLT
[35] Make sure that the light you think you have is not actually darkness. [36] If you are filled with light, with no dark corners, then your whole life will be radiant, as though a floodlight were filling you with light.”
GALÁSIËRS 5:7-10 AFR53
[7] Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? [8] Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie. [9] 'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. [10] Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
Bietjie suurdeeg, bietjie leuen maak dat die waarheid nie gehoorsaam word.
Jy hoef niks te glo wat jy tot hier gelees het nie, jy hoef net met 'n opregte soekende hart die volgende gebed te bid:
" Here leer my U waarheid."
Begin dan die Bybel vir jouself lees.
JOHANNES 17:17 AFR53
[17] Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
Daar gaan in die eindtyd en die aanloop, tot die eindtyd soveel verwarring wees. Om nie mislei te word nie gaan ons die waarheid moet ken en daarby vasstaan. Jy gaan die valse profete moet uitken aan hulle vrugte, en die Heilige gees moet vra om jou te waarsku teen die leuens en dit aan jou openbaar.
MATTHÉÜS 24:23-28 AFR53
[23] As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! — moet dit nie glo nie. [24] Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. [25] Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. [26] As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie. [27] Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. [28] Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom."
In die volgende hoofstuk gaan ons saam met Christian en Hoopvol van die Pelgrim se reis versigtig deur die stad van Ydelheid loop. Dis hier waar ons opnuut die belangrikheid van die onvervalste waarheid waaraan ons vashou besef.
Die waarheid is ons wapenrustig wat ons van verleiding, verwarring en afdwaal bewaar.
Dis hier waar jy hoor dat jy nie moet oordeel, nie te erg op die waarheid moet wees nie, waar die waarheid kompromieë begin aangaan want die mense van Ydelheidstad wil so nog kan vashou aan hul afgode en daardie troetelsondes.
Maar die Woord sê ons kan nie God en Mammon dien nie.
Die Pelgrim se reis gaan wel onvermydelik deur Ydelheidstad, maar ons mag nie daar afpak en begin saamdoen of geheg raak daaraan nie.
Dis hier waar die ergste vervolging plaas vind selfs deur "mede gelowiges" hulle wat die skyn van godsdiens het maar hul harte is ver van God want dit behoort aan afgode, of is mislei deur verkeerde dogmas en oorgelewerde tradisies.
TIMOTEUS 3:5 AFR83
[5] Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
FILIPPENSE 3:9 NLV
[9] en een met Hom kan wees. Ek probeer nie langer my saak met God regstel deur die wet te gehoorsaam nie, maar deur in Christus te glo. Deur die geloof stel God ons saak met Hom reg.
FILIPPENSE 3:12-21 NLV
[12] Nie dat ek dit alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het! [13] Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. [14] Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. [15] Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. [16] Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het. [17] Ja, broers en susters, volg my voorbeeld en hou julle oë op die mense wat volgens ons voorbeeld lewe. [18] Want – ek het julle al vroeër gesê, en met groot hartseer moet ek dit nou weer sê – daar is baie wie se lewe wys dat hulle vyande van die kruis van Christus is. [19] Ewige vernietiging is hulle uiteinde, liggaamlike behoeftes is hulle god en skandelike dinge is hulle trots. Al waaraan hulle dink, is aardse dinge. [20] Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser. [21] Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.
Bid, bid, bid!!
PSALMS 119:133 AFR83
(HERE) "Laat u woord (U WAARHEID)my op die regte pad (NOU PAD) hou; moet tog nie dat enige kwaad (SONDE EN AFGODE) die oorhand oor my kry nie."
Die aflosstokkie se waarheid wat ons het en aangee is 'n saak van ewige lewe of ewige dood, vir onsself maar ook vir ander veral ons eie geliefdes (Eva aan Adam).
Watse waarheid saai ek?
Die waarheid wat ek saai sal opkom. Daar sal nie koring opkom as ek onkruid saai nie, want alles wat nie suiwer waarheid is nie, is onkruid.
Is Jesus jou alles, of is daar steeds iets wat jy "grager" soek?
Is jy op die NOU PAD?
Het jy God se waarheid?
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointin' my finger, I'm holding out my hand
Casting Crowns
Comments
Post a Comment