Ons troos, KRAG en oorwinning lê by ELKE DAG SE KLIPPIES OPTEL.

 



Dis derde golf, dis nag...

Ek sê vir iemand die ander dag, die Here het ons so bewaar deur die afgelope jaar, deur elke golf van die Carona maar sjoe ek weet nie, hierdie derde golf, is baie baie rof. Die oomblik toe ek dit sê kom die woord in my gedagtes, asof die Here self vir my geamuseerd sê; 

"O Ek kon jou tot hier help en beskerm maar jy dink hiérdie golf is vir my te erg?"

Ek het dadelik besef wat ek besig is om te sê. Ek sê die Here kon my tot hier help maar nie verder asof iets vir ons Vader te moeilik is. Ek besef die vyand het pas vrees gebruik om die waarheid uit my hart te vat en dit met sy leuen te vervang.

Ek moes hierdie gedagte gevange neem en die waarheid verklaar dat ons Vader is die Almagtige, vir wie niks onmoontlik is... 

Ook dit waardeur ons nou moet gaan.

Oral waar ons kyk is daar elende, hartseer en vrees maar die Here wys my en my man die laaste tyd dat ons nie self iets aan die omstandighede kan doen nie, maar wat ons kan doen is om nou onsettend op Hom te fokus, DAT ONS NOU MEER AS OOIT ONS KRAG BY HOM MOET KRY OM DEUR HIERDIE TYD TE KAN GAAN, dat ons, ons moet VOL maak met Hom, met soveel as moontlik tyd te spandeer met Hom, in ons keuses wat ons kyk, lees en na wie ons luister.

Ons stiltetyd by HOM SELF EN AS GESIN is nou nog meer as ooit "NON NEGOTIABLE"

Ons moet ook nou BID SONDER OPHOU.



Hy herinner my verder aan ongeveer 'n jaar terug toe ek in die middel van die nag na Hom uitgeroep het: "Here hoe gaan ons hierdeur kom?" 

En Hy my geantwoord het in my gedagtes met "MET MY GOD" Hy het dit toe ook die volgende oggend bevestig met Psalm 18.

Dis 'n jaar later en Hy was so getrou, elke tree ons deurgedra, ons kan dus glo en weet Hy sal ook verder, maar MET MY GOD beteken ons moet steeds ons KRAG by Hom gaan kry en weet Hy is by ons elke oomblik.


"Daarop neem hy (Dawid) sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn."

I SAMUEL 17:40 AFR53

Elke dag tel ons ook wit klippies op in die Here se Woord, uit Sy lewende water(spruit) en sit dit in ons herderstas vir die stryd wat voorlê. Netso het die Israeliete elke dag manna opgetel vir elke dag.

Ons troos, KRAG en oorwinning 

lê by ELKE DAG SE KLIPPIES OPTEL.

_______________________

Hoe tel ek klippies op? 

"VRA na die Here en Sy STERKTE;

 SOEK Sy aangesig ALTYDDEUR" 

 1Kronieke 16:11

___________________________________

Soek jou krag om deur hierdie te kom by die Here, ons het Sy KRAG nodig, met ons eie krag gaan ons dit nie maak nie.

As ons die leeu en die beer in die verlede ONTHOU waaruit en waarvan die Here ons gered het sal ons kans sien vir die Goliat voor ons want die Here het BELOWE dat Hy ons nooit verlaat of in die steek laat nie. Hy was dan ook inderdaad met Dawid soos die vorige keer en die keer voor dit. 

Hier ONTHOU Dawid en deel sý GETUIENIS

Dawid vertel dus vir die koning wat met homself gebeur. 

"Verder sê Dawid: Die Here wat my GERED het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!"

I SAMUEL 17:37 AFR53


Of dit nou Beer, Leeu of Goliat is, 

dit was elke keer die Here wat red. 


Nie van die beer,  van die leeu nie en van Goliat nie maar UIT SY KLOU, UIT SY HAND dus uit ernstige uiterste NOOD. Die vyand was uiters naby. As die Here nie gehelp veg het nie sou die uiterste verseker gebeur het.




_____________________________________________________________________________________________

Met God se wapenrusting IN ONS HAND deins ons nie meer terug vir die  vyand in VREES nie maar tree vorentoe in vertrou, MET ONS GOD.

_____________________________________________________________________________________________


 



Dawid gaan dan ook nie met die koning se raad vir sy keuse vir sy wapenrusting nie, maar met die wapenrusting van die Here.

Saul wil met menslike wapenrusting die vyand aanvat, maar Dawid met God sin

Saul vertrou op menslike krag en ervaring, Dawid VERTROU OP GOD se KRAG en vanuit sy eie ONTHOU van toe God met hom was in sy persoonlike vorige gevegte.

Hy ONTHOU: MET MY GOD


Dawid skryf dan ook later in die Psalms 

"Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar.

Want met U loop ek ’n bende storm, en MET MY GOD spring ek oor ’n muur."

PSALMS 18:30 AFR53

Ons lees dieselfde ook in  II Samuel 22 : 29 - 30

"Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek ’n bende storm, met my God spring ek oor ’n muur."


DAWID HET NOOIT NIKS SONDER GOD GEDOEN NIE


Elke dag se optel help ons herinner MET HOM, nie in eie krag

Ons tel getrou op want ons weet hoe afhanklik ons van Hom is.


"Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, MAAR ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het. 

 Vandag SAL DIE HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan VERSLAAN en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, SODAT die hele aarde kan weet dat Israel 'n God het.  

Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die Here nie deur swaard en deur spies verlos nie; 

WANT DIE STRYD BEHOORT AAN DIE HERE, en Hy sal julle in ons hand gee."

I SAMUEL 17:45‭-‬47 AFR53


Dawid het nie vanuit sy vorige Goliat ervaring onthou nie maar vanuit sy leeu en sy beer ervarings.

Goliat was ook sý eertse Goliat ervaring, maar hy het die Een waarlik geken wat vir ons veg. 




Soms hoor ons ook, as jy nog nie in my skoene geloop het nie kan jy my nie bemoedig nie, en druk mense so soms ander weg wat wil kom troos en bystaan omdat ons die leuen van die satan glo, maar die Here het ons juis vir mekaar gegee vir tye soos die.

Ons het die week my skoonsussie Anlia begrawe, ons het haar op 'n jong ouderdom van 43 jaar verloor aan covid, dus het ons die week eerstehands weer ervaar hoe kosbaar ander se ondersteuning en bemoediging is, sonder dit sou ons en my boeta dit nie gemaak het nie. Ook van ons ander familielede is nou siek aan covid, sommige kritiek en het ons nodig om te onthou MET MY GOD... NET MY GOD

As ek iemand wegdruk wat met 'n opregte hart my wou kom bemoedig, ja al sê hul soms die verkeerdste goed uit onbeholpendheid, maar hul hart is opreg, druk ek dalk net soms weg die hande en voete wat Jesus gestuur het of die arms wat Hy wou gebruik het om ons mee te kom vashou het.

 So ook kan medegelowiges ons bemoedig met dieselfde bemoediging wat hulle weer in hul "Luiperd of krokodil" geveg by die Here gekry het. Ja hulle het dalk nog nie 'n Goliat geveg moes veg soos ek en jy nie, maar in ons gevegte moet ons altyd onthou soos Dawid gesê het DIE STRYD BEHOORT AAN DIE HERE en net dalk het hulle al 'n bende Goliat's moes veg waarvan ek nie eers bewus is nie. 

Dit kom dus daarop neer, dit maak nie saak wat die naam van jou vyand is nie, ons veg MET ONS GOD, en in elke geveg is Hy dieselfde en is dit Sy wapens waarmee Sy kinders veg. Daarom kan ons en moet ons mekaar bystaan. 

 Dus was sy drie gevegte ook nie dieselfde nie en hy kon redeneer dat hy nie baat kan vind uit sy ander gevegte nie want ek meen hierdie is immers Goliat maar nee hy neem uit sy ander gevegte se ervaring die wete MET MY GOD om die Goliat wat nou voor hom staan te verslaan. 



Dawid het hier fissies vir al drie sy gevegte dieselfde wapen gebruik wat God hom in ingeoefen het

Sy ander gevegte het hom dus ook voorberei vir hierdie een.

Dawid het eers die wapenrusting van Saul probeer aantrek, maar kon nie eers daarin beweeg nie, so kan verkeerde raad, menslike wêreldse raad ons ook laat vasval in ons seer of vrees en kan ons nie beweeg nie.

Die wêreldse persoon gaan hul ervaring met jou deel en dit is gewoonlik een van vrees en nederlaag, maar die kind van God se ervaring verskil hemels breed van die van die wêreld, ja dieselfde omstandighede, maar een van vertroue, hoop en oorwinning byvoorbeeld ons treur nie soos die wêreld wat geen hoop het nie...

Ons harte is ook stukkend maar ONS HOOP OP DIE HERE in ons omstandighede.

Ons weet dat ons geliefdes ons net vooruit is. Ons is ook nou in ons hartseer getroos met die woorde van Jesus op Anlia se gedenkdiens

“Nog net ’n kort tydjie, en julle sien My nie meer nie; en weer ’n kort tydjie, dan sal julle My weer sien.” Sommige van sy dissipels het toe vir mekaar gesê: “Wat beteken dit dat Hy vir ons sê: ‘Nog net ’n kort tydjie, dan sien julle My nie meer nie, en weer ’n kort tydjie, dan sal julle My weer sien’ en: ‘Ek gaan na die Vader toe’?

JOHANNES 16:16‭-‬17 NLV

Jesus kom terug om ook ons te kom haal en dan sal ons ook by die Vader wees en ons geliefdes weer sien. Net 'n kort tydjie...

Daar kom 'n tyd wat ons, ons geliefdes weer sien en ons droefheid sal in blydskap verander


Daai grens van die dood is nie meer so finaal nie, ons Vader is anderkant daardie grens, dis net 'n hosison waaroor ons geliefdes se lewensbootjie gevaar het...uit ons sig verdwyn, maar anderkant aangekom

Pasop dus by wie jy gaan aanklop vir raad en wysheid oor hoe om die Goliat in jou lewe te verslaan.

As ons sommer na enige een se raad luister kan dit ons van die wal af in die sloot laat beland. 

TOETS dus altyd alle raad wat jou aangebied word aan die Woord van God, moenie alles dadelik glo nie maar moet ook nie alles dadelik weggooi nie.

 Kry jou raad by manne van God soos 'n Dawid of 'n Paulus.

"GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alles  vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, SODAT ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.  Maar of ons verdruk word, dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding.  En ons hoop vir julle is vas, omdat ons weet dat net soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.  

Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het (Goliat ervarings)

 Ja, ons het al self by onsself die DOODVONNIS oor ons gehad, SODAT ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek (niks is vir Hom onmoontlik)wat ons verlos het uit so 'n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos,"

II KORINTHIËRS 1:3‭-‬10 AFR53

Die laaste sin van hierdie vers sien ons dat ook Paulus hul "beer en leeu" ervarings hier ONTHOU en gebruik vir hulself om die "Goliats" van die toekoms mee aan te durf en te verslaan, maar dis nie al, in die voorafgaande verse gebruik hy dit ook om ander mee te troos en te bemoedig.


Hy wonder nie of sy ervarings MET ONS GOD ander sal kan bemoedig nie, 

HY WEET DIT SAL.

As Paulus hier die Vyand se leuen moes glo dat as hy nog nie 'n Goliat ervaring behad het nie hy nie ander met 'n Goliat ervaring kan bemoedig nie het baie verse nie vandag in die bybel gestaan nie. 


Satan se leuens van al die 

"Ek kan nie troos want ... of jy kan nie troos want" ISOLEER ons van mekaar en is ons soveel swakker. 


Die Here sê in Sy Woord 'n DRIEDUBBELE TOU BREEK nie

"Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ’n tweede is om hom op te tel. Verder, as twee bymekaar lê, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en ’n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie."

PREDIKER 4:9‭-‬12 AFR53

Driedubbele lyn...ek, jy en ons Vader

Ons is dan net Sy hande en voete, Sy arms wat moet vashou en troos.

Dis hier waar ons dan terugkyk om vorentoe te kan kyk om een ry voetspore te bly sien. 

As een van God se kinders ONTHOU MET MY GOD  en daarom die Goliat voor hom of haar aandurf en MET GOD se hulp verslaan gee die persoon vir ander medegelowiges moed om ook tot die stryd toe te tree en nie verder te vrees en lam galaat te word deur hul eie fillistyn voor hulle nie, wat ook al sy naam is.

"Toe het die manne van Israel en van Juda hulle klaargemaak en gejuig en die Filistyne agtervolg tot by die ingang na Gat en tot by die poorte van Ekron, sodat die gesneuweldes van die Filistyne gelê het op die pad van Saäráim en tot by Gat en tot by Ekron."

I SAMUEL 17:52 AFR53

Dan sneuwel al die Filistyne...dan verkry ons oorwinning oor die vyand.

  Saam is ons net soveel sterker. 

Daarom moet on nie toelaat dat enige iets nou verdeeldheid veroorsaak nie.

Dis wat uit elkeen van die drie groot gevegte in Dawid se lewe geneem kan word (en ook ander gelowiges sin) vir die volgende en volgende geveg in sy en ons lewe is:

 - dat God by Hom was en weer sal wees,

-  dat Hy met God se hulp(Sy wapenrusting) en wysheid ook die volgende geveg sal oorwin.

-  Dat die geveg aan die Here behoort want ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose wat ons wil kom verwoes, terwyl God aan Sy kind 'n lewe van oorvloed en oorwinning wil gee. 




Moet dus nie glo dat die vyand gewen het of gaan wen nie, hy kan nie want Jesus het hom reeds verslaan aan die Kruis. 

"The battle belongs to the Lord" en daarom ook die oorwinning en die eer.

(Was ook my skoonsus se laaste inskrywing op haar faceboek, hierdie lirieke)

When all I see is the battle, You see my victory When all I see is the mountain, You see a mountain move And as I walk through the shadow, Your love surrounds me There's nothing to fear now for I am safe with You So when I fight, I'll fight on my knees With my hands lifted high Oh God, the battle belongs to You And every fear I lay at Your feet I'll sing through the night Oh God, the battle belongs to You And if You are for me, who can be against me? For Jesus there's nothing impossible for You When all I see are the ashes, You see the beauty thank You, God When all I see is a cross, God, You see the empty tomb Almighty fortress, You go before us Nothing can stand against the power of our God You shine in the shadow, You win every battle Nothing can stand against the power of our God Almighty fortress, You go before us Nothing can stand against the power of our God You shine in the shadow, You win every battle Nothing can stand against the power of our God

So when I fight, I'll fight on my knees With my hands lifted high Oh God, the battle belongs to You And every fear I lay at Your feet I'll sing through the night Oh God, the battle belongs to You Oh God, the battle belongs to You Battle belongs - Phil Wickham

"Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die WAPENS van die lig aangord."

ROMEINE 13:12 AFR53


As ons om ons rondkyk lyk alles deesdae na Goliat en wat dit die ergste maak daar is nie net een Goliat in ons lewe nie hulle vorm 'n bende wat op ons afstorm.

Dan moet ek weereens onthou MET MY GOD LOOP EK (ook hierdie) BENDE STORM

Ek herhaal,

MET MY GOD beteken ons moet ons KRAG by Hom gaan kry en weet Hy is by ons elke oomblik.

In Maria se smart het Jesus haar laat roep. Hulle het vir haar gesê die Meester roep jou. Hy het hier ook mense gebruik om haar te gaan haal en na Hom te bring. Wie in my en jou lewe gebruik hy dalk vandag om ons te kom roep om na Hom te kom in ons hartseer en vrees, maar ipv om hulle weg te wys, staan sy op en laat hulle toe om haar na Jesus te neem. 

As ek terugkyk op hierdie week het die Here soms die onwaarskeinlikste persone gebruik om ons na Hom te bring in ons stukkend wees, BAIE GEBEDE, 'n onverwagte oproep, boodskap en weldaad. Baie keer gebedsverhoring vir 'n behoefte waarvan net die HERE geweet het...te toeval om toeval te wees.

Ons het mekaar so nodig, ons moenie toelaat dat die vyand ons verdeel nie. (Iets wat die vyand deesdae gebruik is die inenting)

Sy gaan dan nie na Hom toe omdat sy 'n wonderwerk verwag nie, sy gaan omdat sy by Hom wou wees met al haar seer, vrae en vrees. 

!!Sy het geweet by Hom lê haar krag vir hierdie oomblik!!!

Ons begin dan ook soms die verse van die wapenrusting by die verkeerde vers aanhaal en mis ons die belangrikste een

"EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte."

EFÉSIËRS 6:10 AFR53

Ons mis soms die krik van die boodskap, ek trek nie 'n wapenrusting aan en gaan veg nie, dan is ek in Saul se klere, ek trek dié WAPENRUSTING  van God aan.

Sý krag, 

Sý sterkte,

Sý wapenrusting, 

met my God,

 nooit alleen!!

"EINDELIK, my broeders, word KRAGTIG in die Here en in die KRAG van sy STERKTE. 

Trek die VOLLE wapenrusting van God aan, SODAT julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 

WANT ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

DAAROM, neem die volle wapenrusting van God op, SODAT julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly."

EFÉSIËRS 6:10‭-‬13 AFR53



Daar is soveel skrif in die Woord wat ons vertel aan Wie die KRAG behoort en hoe ons daarin kan deel.


 "So sê die oppermagtige Here, die Heilige van Israel: “Eers as julle na My draai en tot rus kom, sal julle gered word. Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word. Maar julle wou nie" .

JESAJA 30:15 NLV

Stil word voor Jesus se voete, BID


"Die Here is getrou; Hy sal julle VERSTERK en julle van die Bose bewaar."

2 TESSALONISENSE 3:3 AFR83

Hy versterk ons, ons kan nie self



 “Wees nie bevrees nie, want Ek is MET JOU; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek VERSTERK jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

‭‭JESAJA‬ ‭41:10‬ ‭AFR53‬‬

"maar die wat op die Here wag, kry nuwe KRAG; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."

JESAJA 40:31 AFR53

"You will keep him in perfect peace, Whose mind is stayed on You, Because he trusts in You. Trust in the Lord forever, For in YAH, the Lord, is everlasting STRENGTH."

Isaiah 26:3‭-‬4 NKJV

"Dit gaan goed met mense wat hulle KRAG in U vind en graag na u tempel toe gaan. Vir hulle gaan daar fonteine oop wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek en die vroeë reëns sy seëninge bring. 

Keer op keer ontvang hulle NUWE KRAG totdat hulle voor God in Sion verskyn. Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob! Sela Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God; hou u gesalfde onder u sorg. Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God. DIE HERE GOD IS ONS KRAG en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie. Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!"

PSALMS 84:6‭-‬13 AFR83


"So you, my son, be strong [constantly strengthened] and empowered in the grace that is [to be found only] in Christ Jesus."

2 Timothy 2:1 AMP

"Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort."

SPREUKE 24:10 AFR53



MAAR hierdie onderstaande skrif som vir my die hele boodskap op:, kry ons KRAG by die Here, kry ons HOOP en VERTROUE deur te gaan ONTHOU en DEEL dit met ander om hulle ook te bemoedig beginende by jou eie mense, ook jou nageslag.

"OP dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om „loof die Here” te sing. Loof die Here, roep sy Naam aan(Hy moet die eer kry), maak onder die volke sy dade bekend! (Gaan getuig, gaan vertel, ONTHOU self)

Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders(ONTHOU/VERTEL). Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die Here SOEK, bly wees. 

VRA na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.                 (hierdie sin som alles op hoe ons dit kan regkry om hierdie tyd op die water te kan bly loop en nie te versuip nie)

(ONTHOU) Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes! 

Hy, die Here is onse God (ONTHOU ONS IDENTITIET, deur genade Sy kinders); oor die ganse aarde is sy oordele. Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond, met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle afgemete erfdeel. Toe julle min mense was, min en vreemdelinge daarin, en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk, het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie. SING tot eer van die Here, o ganse aarde! VERKONDIG sy heil van dag tot dag. VERTEL onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders. (GAAN GETUIG BEMOEDIG, TROOS)

Want die Here is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. Want al die gode van die volke is afgode, maar die Here het die hemele gemaak. Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek

Gee aan die Here, o geslagte van die volke, gee aan die Here eer en sterkte. (Deel dit met ons nageslagte)

Gee aan die Here die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die Here in heilige gewaad. Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die Here is Koning! Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is. 

Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die Here; want Hy kom om die aarde te oordeel.(Hy is nie onbewus van wat hier aangaan nie) 

Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid; en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof! Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die Here!

I KRONIEKE 16:7‭-‬36 AFR53


"Behold, God, my salvation! I will trust and not be afraid, For the Lord God is my STRENGTH and SONG; Yes, He has become my salvation.”

Isaiah 12:2 AMP

Daar is ongelooflike krag in LOFPRYSING

Ek word die afgelope paar aande wakker met die lied(SONG) in my kop.

Goodness of God
Song by Bethel Music and Jenn Johnson

Main results

I love You, Lord
For Your mercy never fails me
All my days, I've been held in Your hands

From the moment that I wake up
Until I lay my head
Oh, I will sing of the goodness of God
And all my life You have been faithful
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I will sing of the goodness of God
I love Your voice
You have led me through the fire
In the darkest night
You are close like no other

I've known You as a Father
I've known You as a Friend
And I have lived in the goodness of God (yeah)
And all my life You have been faithful (oh)
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I will sing of the goodness of God (yeah)
'Cause Your goodness is running after
It's running after me
Your goodness is running after
It's running after me
With my life laid down
I'm surrendered now
I give You everything
'Cause Your goodness is running after
It's running after me (oh-oh)
'Cause Your goodness is running after
It's running after me
Your goodness is running after
It's running after me
With my life laid down
I'm surrendered now
I give You everything
'Cause Your goodness is running after
It keeps running after me
And all my life You have been faithful
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I'm gonna sing of the goodness of God
(I'm gonna sing, I'm gonna sing)


"OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,"
EFÉSIËRS 3:14‭-‬16 AFR53


Laat ons Sy Naam groot maak, laat ons vertel, bemoedig, troos soos Hy ons getroos en bemoedig het en die oorwinning laat behaal het met Sy krag, Sy wapenrusting in ons leeu, beer en Goliat oomblikke sodat dit ander kan help in hul luiperd, krokodil of selfs bende van Goliats oomblikke
'Cause all my life You have been faithful
And all my life You have been so, so good
With every breath that I am able
Oh, I'm gonna sing of the goodness of God
Oh, I'm gonna sing of the goodness of God




" En Hy het vir my gesê: 
My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.

Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, SODAT die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. 
Want as ek swak is, dan is ek sterk."
II KORINTHIËRS 12:9‭-‬10 AFR53





Psalm 3:4-6 TLB
"I cried out to the Lord, and he heard me from his Temple [5] Then I lay down and slept in peace and woke up safely, for the Lord was watching over me. [6] And now, although ten thousand enemies surround me on every side, I am not afraid."




Het Hy vir Anlia gefaal, het die virus gewen, nee Jesus het haar kom haal op die dag en tyd wat Hy lank reeds vooraf bepaal het, Hy is nooit uit beheer.



Die Here belowe om ons nooit te los nie nie.
Hy was elke oomblik by Anlia toe sy oorgevaar het na die anderkant, waar Hy haar ontvang het en laat aansit het aan Sy tafel.

" ’n PSALM van Dawid. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 

Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 



U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; 
en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.
PSALMS 23:1‭-‬6 AFR53



Anlia en elke geliefde van ons wat ons vooruit is kan reeds hiervan getuig

Die  83 vertaling sê :

"Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam."
PSALMS 23:3 AFR83

Dis hoe ons wat moes agterbly dit gaan doen, Sy krag, Sy wysheid, Sy leiding TOT SY EER




MET ONS GOD



KAIN- Yes He can

Sometimes I wonder, is He faithful?
Does He see me in my trouble?
Does He understand?
Sometimes I question if He's able
Can He rescue, can He save me
Again and again?
But when I look back
Did He move every mountain?
Did He part every sea?
Yes, He did
So yes, He can
Did He defeat the darkness?
Did He deliver me?
Yes, He did
So yes, He can
Yes, He did
So yes, He can
Sometimes those voices try to tell me
I'm forgotten, and I've fallen
Too far from His hands
But I know what kind of God He is
And I'm trusting in His promises
I'm believing
And I'm singing
Yes He can
Did He move every mountain?
Did He part every sea?
Yes, He did
So yes, He can
Did He defeat the darkness?
Did He deliver me?
Yes, He did
So yes, He can
Yes, He did
So yes, He can
Cause I've seen too much
Now I can't deny
He's come through every single time
From the beginning until the end
He did, He will, He can
Did He move every mountain?
Did He part every sea?
Yes, He did
So yes, He can
Did He defeat the darkness?
Did He deliver me?
Yes, He did
So yes, He can
Did He move every mountain?
Did He part every sea?
Yes, He did
So yes, He can
Did He defeat the darkness?
Did He deliver me?
Yes, He did
So yes, He can
Yes, He did
So yes, He can
Yes, He did
Yes, He can



"Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen."

MATTHÉÜS 6:9‭-‬13 AFR53


Ons troos, krag en oorwinning lê by ELKE DAG SE

 Wit klippies OPTEL...

"Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar."

2 TESSALONISENSE 3:3 AFR83

!!MET ONS GOD, SÝ KRAG!!




Anlia ons harte is seer, ons gaan jou baie mis


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”