Daai wind van voor is nie vir sussies nie...
"EN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê:
Laat ons OORVAAR na die ander kant.
(Jesus se wil vir hulle was om OOR te gaan en nie ONDER te gaan nie)
En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.
En ’n groot STORMWIND het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word (die situasie was baie ernstig en uiters gevaarlik waarin hul verkeer het)
Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?
En Hy het opgestaan en DIE WIND BESTRAF en vir die see gesê:
Swyg, wees stil! En die WIND het gaan lê, en daar het ’n groot stilte gekom.
Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang?
Hoe het julle dan geen geloof nie?"
MARKUS 4:35-40 AFR53
Waarheen was hulle oppad? Waarheen moes hul OORGAAN na toe en hoekom? En wat wou die vyand dus probeer keer?
Hulle was oppad om 'n man bekend aan ons as die Besetene van Gadára te gaan red van die legio/ baie demone wat in hom was en hom stukkend en eensaam tussen die dooies gehou het. Die vyand se doel was om by hom sy lewe te steel, sy verhoudings met sy familie en dorpsmense en hom te verwoes. Defnitief sou die vyand wou keer met alles waarmee hy kon, selfs 'n STORMWIND gebruik dat Jesus daar sou uitkom.
Dis nie nuwe taktiek van die vyand nie, om God se ingrype te probeer keer nie. Ook Daniël bid en dan kom die engel by hom en sê dat God sy gebede dadelik verhoor het maar die vyand het hom probeer keer
" Hy sê toe vir my: “Moenie bang wees nie, Daniël, want van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek het gekom in antwoord op jou gebede. Die engel van die Persiese Ryk het my een en twintig dae lank teruggehou, maar (BUT GOD)toe het Migael, een van die vernaamste engele, my te hulp gekom en ek was nie meer nodig teen die Persiese konings nie."
DANIËL 10:12-13 AFR83
Die vyand probeer en kry dit soms amper reg, maar die Here(BUT GOD) tree elke keer in as ons na Hom roep in gebed.
Ons lees ook wanneer Petrus op die water loop dat die sterk wind sy fokus van Jesus afhaal en hom bang maak
"Maar toe hy die STERK WIND sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
(BUT GOD)Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
Hulle het toe in die skuit geklim, en die WIND het gaan lê.
Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”
MATTEUS 14:31-33 AFR83
Kosbaar om ook elke keer te sien dat die wind aan Jesus gehoorsaam moet wees en skadeloos gaan lê.
________________________________________________________________________________
JESUS IS STERKER AS DIE WIND; Satan is magtig maar God is almagtig.
________________________________________________________________________________
As ons sien wat bereik die STORMWIND elke keer bevestig dit net vir ons wie agter dit sit want dit wek vrees en probeer die persoon van koers af kry. Dus verhoed om te kom waar God hul wou hê. Net een wat dit ten doel het en dis die duiwel ons vyand en teenstaander.
Ons sien dit dan ook in Handelinge 27 wanneer Paulus as gevangene na Italie (ROME) per skip oppad is, hoeveel keer die WIND TEEN HULLE WAS.
Die Here wou hê dat Paulus Rome toe moes gaan om die Evangelie ook daar te gaan verkondig het maar die vyand wou dit ten alle koste keer.
"Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My GETUIG. So moet jy dit in Rome ook nog doen.”
HANDELINGE 23:11 AFR83
Die vers direk hierna vertel die Bybel ons van die Jode wat 'n komplot smee om Paulus om die lewe te bring, en sien ons weereens hoe die vyand Paulus se sendingreise al hier probeer keer en teenstaan "BUT GOD " het dit aan die lig laat kom en is Paulus bewaar
Die Jode sou egter nie hier ophou nie, hul vervolging van Paulus sou sy hele lewe aanhou, maar te midde van dit voorsien die Here vir Paulus en maak selfs die tronkbewaarders hom goedgesind.
"En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil (OMPAD) omdat die WINDE teen ons was.
Ons het daarop die see langs Cilícië en Pamfílië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom. En daar het die hoofman oor honderd ’n skip van Alexandríë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.
En verskeie dae het ons LANGSAAM gevaar en met MOEITE teenoor Cnidus gekom; en omdat die WIND ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne
(weer OMPAD, met wat in jou lewe op die oomblik ervaar jy moeite, om langsaam deur te voer).
En toe ons met MOEITE dit verbygeseil het, kom ons by ’n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Laséa is.
En omdat ’n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.
Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus;
( Hy glo hier eerder die ervaring en wysheid van mense en die meerderheid se siening as die leiding en wysheid van God en betaal duur daarvoor, wie glo ons eerder en wat gaan die prys daarvoor wees?)
en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, ’n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.
En toe die SUIDEWIND saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil.
(Hier gebruik die vyand die wind om hul te mislei...hy waai net saggies. Hul maak hier weereens op hul eie insgte staat, dit wat húl kan sien.)
Maar nie lank daarna nie het ’n STROMWIND wat Euroklídon genoem word, daarvandaan neergeslaan.
En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit OPGEGEE en WEGGEDRYWE.
En toe ons onderkant ’n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons MET MOEITE die sleepbootjie onder beheer hou. En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle BANG was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.
(Vir 'n oomblik lyk dit vir die wêreld of die vyand gewen het, hulle gaan nie Rome bereik nie, hulle het opgegee, die seile laat sak)"
"En terwyl ons GEWELDIG deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag uitgegooi; en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi.
En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie(hul situasie het donker daarna uitgesien), en ’n HEWIGE storm ons gedruk het, is eindelik ALLE HOOP om gered te word, ons ontneem. "
Het Satan sy mikpunt bereik?
"(But God) En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. Maar nou vermaan ek julle om MOED TE HOU, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.
(Al het hulle aanvanklik verkeerd besluit kon hulle nou reg besluit, God gee in Sy genade en liefde tweede kanse)
Want daar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien.
En hy het gesê: MOENIE VREES nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.
Daarom, HOU MOED, manne; WANT ek GLO God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.
Maar ons moet op ’n sekere eiland strand. En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom. Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle ’n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam. En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word. Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi. (Matrose vrees en maak gevolglik weer eie planne)
Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie. Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval.
(Nou glo hul God meer as mense)
En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik. Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien TOT JULLE BEHOUD; want van niemand onder julle sal ’n haar van sy hoof val nie. Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet. En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.
(Laat my dink daaraan dat Jesus se liggaam vir ons gebreek is TOT ONS BEHOUD, vir die wat in Hom glo, en dus van hierdie geestelike brood neem en daarom moed skep)
En ons was in die skip altesaam tweehonderd-ses-en-sewentig siele. En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi. En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het ’n inham met ’n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon. En hulle het die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil TEEN DIE WIND OPGETREK en op die strand aangestuur.
(Staan ons die vyand teë of gee ons op en laat sak ons seile en dryf weg van God en Sy doel en plan vir ons lewe.
"Assist" ons die vyand of "ressist" ons hom.
Hierdie moed wat hulle geskep het, het hulle hoop en geloof gegee om gered te word, hulle begin God gehoorsaam al is dit teenstrydig vir hul teen wat hul weet of kan sien vir hulself.
Hulle trek hulle seile nou op TEEN DIE WIND ( ressist) en nie meer SAAM MET DIE WIND WEGDRYF nie(assist).
Trek ons nog ons VOLLE wapenrusting aan om die vyand te "ressist" of het ons ons seile laat sak en dryf ons doelloos rond op die lewenssee in vrees om enige oomblik onder te gaan. Hoe lyk ons geloof, ons gebedslewe en lofprysing)
En hulle het op ’n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.
Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.
(Ai die mens en sy eie kopplanne)
(Weer probeer die vyand Paulus verhoed om Rome te bereik deur hom te probeer om die lewe bring)
(But God) Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom, en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom."
HANDELINGE 27:4-44 AFR53
Hoeveel keer nie in ons lewens ervaar óns die wind van voor?
Let op wat kry die vyand daarmee reg nie net letterlik nie maar veral geetselik;
- van koers afdwing,
- op OMPAAIE dwing
- BANG word
- en selfs wil OPGEE
- doelloos oorgegee wegdryf
- die reis uitrek
- hul kragte en energie UITPUT
- hul kwesbaar maak.
- Selfs hoop verloor op redding
Ervaar jy ook die wind van voor?
Weet, Jesus is altyd groter as jou storms
Waarheen is ek en jy oppad?
Is ons gehoorsaam aan God se opdrag en leiding of volg ons ons eie kop?
Jona het God se wil nie gehoorsaam en sy eie kop en dus koers gevolg, maar God het in Sy genade en liefde selfs die ongehoorsame Jona gaan haal en teruggebring op Sý koers en plan vir Jona se lewe.
Of is jy gehoorsaam oppad maar heeltyd ervaar jy weerstand, en met moeite gaan jy aan.
*******************************************************************************
Toe hulle moed verloor het hul opgegee, die seile laat sak, en weggedryf van hul oorspronklike koers. Hoop verloor om gered te word. Gedink wat help dit om teen die wind te stry verder dis hopeloos te sterk vir hulle, "what wil be wil be"
Hulle was nie meer oppad Rome toe nie...
Maar toe die Here sy engel stuur en hulle bemoedig het hulle weer moed gekry en die seile teen die wind in gespan (dus was die wind nog daar) en nou op God vertrou, Sy krag, Sy vermoë en GEGLO dat Hy hul kan en gaan red...
Hulle was nou weer op koers Rome toe.
Toe hulle vir die wind kyk vrees hulle, toe hulle vir God kyk kry hul nuwe moed.
Waarop is my fokus op die oomblik?
As ons God se stem stil maak in ons lewe deur nie tyd met Hom te spandeer in Woord en gebed nie, gaan Satan sin harder spreek want óns gee hom 'n spreekbeurt.
Die vyand se planne het weereens nie geslaag nie want in elke storie van ons lewe in daar vir die kind van God 'n BUT GOD
Good good Father.
************************************************************************
Op die eiland sien ons dat die vyand deur die adder weereens Paulus wil laat sterf om hom te keer, dus sal die vyand lewenslank ons ook probeer teenstaan, maar telkemale sien ons hoe die Here hom red en inteendeel alles vir hom ten goede laat meewerk sodat hy God se doel vir sy lewe kon bereik.
So kon Paulus later skryf...
"GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, SODAT ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.
Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus. Maar of ons VERDRUK word, dit is julle tot TROOS en REDDING; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding.
En ons HOOP vir julle is vas, omdat ons weet dat net soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.
Want ons wil nie hê, broeders, dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie, dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het. Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, SODAT ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek;
wat ons verlos het uit so ’n GROOT DOODSGEVAAR en nog verlos; op wie ons HOOP dat Hy ook nog sal verlos,
II KORINTHIËRS 1:3-10 AFR53
Die BUT GOD van ons storie in God se storie
Jesus het ons mos gewaarsku.
"HIERDIE dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie. Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ’n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ’n diens aan God bewys. En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie......
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, MAAR julle droefheid sal in blydskap verander.....
Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.
JOHANNES 16:1-3, 20, 22 AFR53
As jy dan teen die wind vandag jou seile moet span word bemoedig met hierdie woorde
"Consider it nothing but joy, my brothers and sisters, whenever you fall into VARIOUS trials( STORMS WITH GUSHING WINDS).
Be assured that the testing of your faith [through experience] produces endurance [leading to spiritual maturity, and inner peace].
And let endurance have its perfect result and do a thorough work, so that you may be perfect and completely developed [in your faith], lacking in nothing.
James 1:2-4 AMP
"Jesus antwoord hulle: GLO JULLE NOU?
Kyk, die uur kom en het nou gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie toe, en My alleen sal laat; tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is. Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê.
In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie MOED, Ek het die wêreld oorwin.
JOHANNES 16:31-33 AFR53
Aan die kruis het Jesus die oorwinning behaal
"Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En ONTHOU: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:19-20 AFR83
Kry jy die wind van voor?
Jesus is sterker as die wind
Op Sy bevel gaan die wind lê
Comments
Post a Comment