Reën die brandpyle van die vyand vanuit alle kante op jou neer?

Reën die brandpyle van die vyand vanuit alle kante op jou neer? Ons het soveel aanvalle van die vyand beleef op verskeie gebiede dat dit gevoel het ons gaan onder al die druk en bekommernisse vou. Verwoord Dawid dalk ook jou hart vandag? “Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my. Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en weg bly! Kyk, ek sou ver wegvlug ; ek sou vernag in die woestyn! Sela. Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die ONSTUIMIGE WIND, teen die STORM." PSALMS 55:6-9 AFR53 Pasop veral vir die sorge van die lewe. Die kind van God kyk uit vir sonde in hul lewe maar besef ons SORGE en SONDE is ewe gevaarlik as ons nie WAAKSAAM is nie…alby kan ons wegvat van God se plan met ons lewe(van jou pos wegvat) en ONS FOKUS van God self afvat. (Die golwe en wind(storm) het Petrus se fokus van JESUS afgehaal en toe versuip hy amper...genadiglik net amper) Daar is nie iemand wat kan sê dat hul geen ...