Reën die brandpyle van die vyand vanuit alle kante op jou neer?

Ons het soveel aanvalle van die vyand beleef op verskeie gebiede dat dit gevoel het ons gaan onder al die druk en bekommernisse vou.

Verwoord Dawid dalk ook jou hart vandag?
“Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.  Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en weg bly!  Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.  Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die ONSTUIMIGE WIND, teen die STORM."
PSALMS 55:6‭-‬9 AFR53‬‬‬‬‬

Pasop  veral vir die sorge van die lewe.
Die kind van God kyk uit vir sonde in hul lewe maar besef ons SORGE en SONDE is ewe gevaarlik as ons nie WAAKSAAM is nie…alby kan ons wegvat van God se plan met ons lewe(van jou pos wegvat) en ONS FOKUS van God self afvat.
(Die golwe en wind(storm) het Petrus se fokus van JESUS afgehaal en toe versuip hy amper...genadiglik net amper)

Daar is nie iemand wat kan sê dat hul geen sorge het nie, maar ons het 'n keuse hoe ons dit te hanteer.
Die Here waarsku ons teen die SORGE VAN DIE LEWE en ek verstaan nou wat Hy bedoel. Ons was so besig om die brandpyle te blus dat ons nie so dikwels soos gewoonlik tyd met God in gebed en Sy Woord kon deurbring nie weens 'n gebrek aan tyd en uitputting. Ons omstandighede het ons selfs verhinder om weke na mekaar kerk toe te kon gaan. Dit het ons van ons krag beroof om staande te kon bly.
 Om jouself met skrapse wapenrusting in die oorlogsveld te bevind is glad nie die beste idee nie.

Note to self :
Soos Joyce Meyer altyd sê: "If Satan attack you run quickly, you get your Bible"
Ons tyd by Jesus se voete is ononderhandelbaar!!!

“WEES OP JULLE HOEDE dat julle gees nie deur ONMATIGE ETERY en DRINKERY en deur die SORGE van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos 'n vangnet oorval nie. Daardie dag sal skielik op al die bewoners van die hele aarde neerkom. Maar WEES WAAKSAAM en BID ALTYD DEUR dat julle die KRAG KAN ONTVANG om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, BEHOUE DEUR TE KOM en om voor die Seun van die mens te verskyn.”
LUKAS 21:34‭-‬36 AFR83‬‬‬‬‬

Die volgende teksvers waarsku teen dieselfde twee goed.

"Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die BEKOMMERNISSE(sorge) van die lewe en die VERLEIDELIKHEDE VAN RYKDOM verstik die woord, en dit bly sonder vrug.”
MATTEUS 13:22 AFR83
___________________________________________________________
Satan val aan….dis nie ‘n miskien nie, maar ‘n gegewe‬‬‬‬‬
_________________________________________________________________________

Wat staan my te doen?

                                                              Stort jou hart voor Hom uit…                                                                 omskep jou bekommernisse in gebede



“In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en Hy hoor my roep.  Hy sal my lewe red en my die oorwinning gee, al is daar SO BAIE teen wie ek moet veg.
PSALMS 55:18‭-‬19 AFR83‬‬‬‬‬

"Werp al julle bekommernisse(SORGE) op Hom, want Hy SORG vir julle.  Wees nugter, WEES WAKKER! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teëEn moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.  God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer OPRIG en julle MOEDIG, STERK en STANDVASTIG maak."
1 PETRUS 5:7‭-‬10 AFR83‬‬‬‬‬

                                                    Jesus se oplossing vir ons probleem:                                                                             Kom na My toe…kom gee dit vir My!
           
“KOM NA MY TOE , almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;  want my juk is sag en my las is lig."
MATTHÉÜS 11:28‭-‬30 AFR53‬‬‬‬‬

"Laat jou SORGE aan die Here oor, Hy sal vir jou SORG. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie."
PSALMS 55:23 AFR83

Vertrou Hóm daarmee, moenie dit op jou eie probeer hanteer nie. Jy is nie sterk genoeg nie.

Oom Angus skryf______________________________________________________________________
The greater the test, the nearer to God we’ve got to walk. If you’re walking with the Lord, and He’s holding your hand, then you have absolutely nothing to be concerned about. God will always make it work because He loves you. You might feel like God has forsaken you, but He hasn’t.
Remember when Paul was in a storm at sea? The passengers were terrified that they were going to die and threw all the excess baggage overboard. Eventually they found land and not one of them drowned (Acts 27:14-44).
God will not let you down, I promise you.
He may shake you up a little bit, and you might have to throw some of your baggage overboard. That might well be a good thing for you, because it will lighten your load.
______________________________________________________________________________
                 
                                                                       Wees gereed vir oorlog !!!!

“Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.  BLY DAN OP JULLE POS, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.  Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. WEES WAAKSAAM en BID GEDURIG vir al die gelowiges.”
EFESIËRS 6:11‭-‬18 AFR83‬‬‬‬‬

                                           Satan se aanvalle is gewoonlik nie een vir een nie
              Let op die Woord gebruik meervoud – brandpyle, sorge, listige aanslae

Aanhoudende, van alle kante af aanvalle deur die vyand op byna elke gebied van jou lewe, maak jou binne moeg. Net Jesus kan jou krag gee om te volhard.

Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby”?  Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. 
Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 
 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val,  MAAR dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."
JESAJA 40:27‭-‬31 AFR83‬‬‬‬‬

"Wie van julle dien die Here en luister na sy dienaar? Wie in die DONKER loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun."
JESAJA 50:10 AFR83


I raise a hallelujah, I will watch the DARKNESS flee
I raise a hallelujah, in the middle of the mystery
I raise a hallelujah, fear you lost your hold on me!
I'm gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Bethel music
Hy is die kruk waarop ons steun as ons nie meer kan nie. As ons krag op is begin Syne eers. Hy is die lamp in die DONKER om my.

"U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."
PSALMS 119:105 AFR83

Die Woord is die lig in my donker

Dawid het as dienaar van God vele bekommernisse en stryd beleef....hy wat man van God genoem is, so ook Job die vroomste mens wat ooit geleef het kan getuig van brandpyl op brandpyl. Elia het hoop verloor dat dit ooit weer beter sal gaan.

God is getrou
"Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here.  Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring…….  Maar vir my is die Here 'n veilige vesting, my God is die ROTS waar ek kan skuil."
PSALMS 94:18‭-‬19‭, ‬22 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Hý, nie ek nie...
Ek wil liewer op 'n hopie bly lê.

Wanneer die lewe se aanslae jou platgeslaan het sê die Here vir jou en my:
Word wakker....STAAN OP, RUK JOU REG my kind, Satan wil jou van jou pos verwyder,My doel vir jou laat mis. Èk gee jou KRAG, Èk hou jou REGOP

Word wakker, word wakker! STAAN OP, Jerusalem! …”
JESAJA 51:17 AFR83

"Word wakkerword wakker, RUK JOU REG, Sion. Trek mooi klere aan, Jerusalem, heilige stad! Mense wat nie besny is nie en mense wat onrein is, sal nie meer in jou kom nie.  Skud die stof van jou af en STAAN OP, Jerusalem, jy wat 'n gevangene is. Maak los die toue om jou nek, Sion, jy wat 'n gevangene is."
JESAJA 52:1‭-‬2 AFR83‬‬‬

Van die grootste manne van God in die Woord is seker Elia, Dawid en Job
en na aanval op aanval vannaf die vyand, waar kry GOD hulle?

Vir Elia onder ‘n besembos, vir Dawid op die vloer, en vir Job op die ashoop. Almal mense soos ek en jy vir wie die SORGE VAN DIE LEWE op 'n dag net te veel geword het.

Hy los hulle nie daar nie, Hy laat hulle OPSTAAN, hul REG RUK en AANGAAN op Sy weg
“Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!”  Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”  TOE STAAN HY OP en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God.”
1 KONINGS 19:5‭, ‬7‭-‬8 AFR83‬‬‬‬

"Dawid het agtergekom dat sy amptenare onder mekaar fluister en hy het afgelei dat die kind dood is. “Is die kind dood?” het hy gevra. “Hy is dood,” was hulle antwoord.  Toe het Dawid van die grond af OPGESTAAN. Hy het gaan was, reukolie aangesmeer, aangetrek en na die heiligdom toe gegaan om te AANBID. Hierna is hy huis toe en het hy KOS GEVRA. Hulle het hom 'n ete voorgesit en hy het geëet."
2 SAMUEL 12:19‭-‬20 AFR83‬

"Job het op 'n ashoop gaan sit en hy het 'n potskerf gevat en hom daarmee gekrap."
JOB 2:8 AFR83
“Het ek nog die krag om dit uit te hou? Kan ek nog geduldig op my einde wag?  Is ek dan so sterk soos klip, is ek van brons gemaak?  Self is ek tot niks in staat nie. Ek weet nie meer raad nie."
JOB 6:11‭-‬13 AFR83‬

God het Job laat opstaan van die ashoop, hom herstel en Job se einde van sy lewe was voorspoediger as sy eerste.

_______________________________________________________________________________
WAAR KRY GOD MY EN JOU VANDAG?
Hy gaan ons nie daar los nie, en dis genade!!
________________________________________________________________________________



Gee jou bekommernis vir die Here in gebed: werp dit op Hom(1Petr 5:6) – dan plaas jy Hom weer in beheer.

Bid sonder ophou
1Petr 5:6
“Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sorg”
Fil 4:6
“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles jul begeertes in gebed en smeking en met danksegging aan God bekend

''Wanneer  bekommernis  soos  brommers  in  jou  kop  kom  draai,
slaan  hulle  met  gebede  dood.''
(uit: ''n Ma se hoop''- Francine Rivers)

Stort jou hart voor die Here uit!!

Moenie daaroor loop en top nie.
"Daar is genoeg moeilikhede in die lewe om te oorkom, moenie jou gedagtes toelaat om die hoeveelheid te vermeerder nie (Neil Eskeli)

Die Woord sê:  bedink die dinge wat daar bo is!
Met worry bedink ek die dinge wat hier onder is.
Kol 3:2 AFR53
_________________________________________________________________________________

Wat jou bekommer beheer jou –  
_________________________________________________________________________________

Sorge kan jou baie besig maak met die hier en nou....
As satan ons nie kan sleg kry nie, maak hy ons besig - dr Hennie Prinsloo

"en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos 'n veldblom. As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan."
JAKOBUS 1:10‭-‬11 AFR83

Iemand sê op radio: die geheim van 'n gelukkige lewe is  n stadige lewe.

Pasop, wees wakker, wees gereed.
Staan op, ruk jou reg, beman jou pos.
Nie deur eie krag nie, maar tot alles in staat deur Hom wat ons die krag gee.

Hy kom eniģe dag nou.

Daniel sê in die boek Daniel
 "Ek het dit gehoor maar dit nie verstaan nie. Daarom het ek gevra: “Meneer, waarop gaan dit alles uitloop?”  Toe sê hy: “Jy moet nou gaan, Daniël, want die woorde is verseël en word geheim gehou tot die eindtyd toe. Baie mense sal gesuiwer, gereinig en gelouter word, maar die goddeloses sal goddeloos bly. Nie een van die goddeloses sal verstaan nie, maar die verstandige leiers sal verstaan."
DANIËL 12:8‭-‬10 AFR83

" ...Julle krag lê in stil wees en vertroue hê..."
Jes.30.15.AFR83

Pasop vir SORGE!!



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”