Ons het 'n Vader!!!

Ons het 'n Vader... 


 ‘n Vader is ----------------------------------------------------------------------------------------------
Iemand wat jou optel as jy geval het, iemand wat in jou glo, wat jou liefdevol versorg, beskerm, van leiding en raad voorsien, wat vir jou baklei, wat vir jou behoeftes sorg, hy ondersteun jou, bemoedig jou, iemand waarna jy opkyk en vertrou, iemand wat jy goed ken en wat jou nog beter ken, wat jou opvoed en leer, iemand wat jy respekteer, jy gehoorsaam as hy praat, wat jou tug omdat hy te veel vir jou omgee om dit nie te doen, dus iemand wat jou onsettend liefhet, wat tot jou redding kom as jy in die moeilikheid is en so kan ons aanhou en aanhou,
________________________________________________________________________________

Ongelukkig is almal nie altyd die perfekte pa nie want ons is mense en maak foute. Maar daar is Een Vader wat alles en nog meer is.

“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
MATTEUS 6:31‭-‬33 AFR83

God het so baie Name dat Hy homself aan Moses voorstel as “Ek is…”

Elkeen van daai Name sê vir ons iets van Sy karakter en is ewe belangrik, maar vir my vandag, tref die Naam VADER my hart.

Besef ek altyd wat dit sê, wat dit werklik behels? Hoe groot is dit?
OM MY GOD OOK MY VADER TE MAG NOEM

Ek het 'n Vader, Hy is nie net my God
En Hy is lief vir my en jou as Sy kinders
My hart sing saam Leon Ferreira
 "My Pa is die Koning van die heelal jy weet en kom wat wil ek sal dit nooit vergeet, die wind kan waai die berge kan val..."

"Wat ek dink as ek aan God dink, is die belangrikste ding om REG oor te dink.
Dit bepaal die kwaliteit van my lewe en my verhouding met Hom

Watse prentjie het jy persoonlik van God?

Dink hieroor, hoe sal jou verhouding met jou aardse vader wees as jy hom soos van die volgende stellings sien.
-  Jy hom nie regtig ken en hy vir jou naamloos en gesigloos is, net n krag of energie
-  Of as jy hom net kontak as jy moeilikheid het.
-  Dalk is jou prentjie van God jou Vader dat jy Hom dalk sien as iemand wat heeltyd kyk wat jy verkeerd doen om jou uit die hemel te hou want jy dink Hy soek heeltyd wat jy fout doen om jou te straf en te oordeel.
-  Dalk glo jy Hy kan jou nie liefhê, jy maak dit nie om Sy kind te kan wees.
-   Dalk plaas jy Hom in 'n Sondag boksie; Hy is vir jou iets om Sondae aan aandag te gee maar dan praat Hy so hoog bo jou dat jy meestal nie verstaan. Maar dis ok jy het jou plig gedoen om Hom te besoek, solank Hy jou net kan gee wat jy nodig het en dit wat jy nie wil he uit jou lewe kan weg vat.
- Dalk is Hy vir jou die politiek korrekte God, Hy is net liefde, Hy is maar net vriendelik en alles sien Hy oor.

Dis als leuens en halwe waarhede van die Satan, die vader van die leuen, Dis wat hy wil hê jy moet glo van God die Vader, en so ons verhouding met ons hemelse Vader skade doen. Dis nie wat die Woord aan ons openbaar wie God ons Vader is nie...GAAN LEES WEER!!!

Om mee te begin: Hy is liefde!!!!
"Good good Father" Maar Hy is ook regverdig en moet die sonde straf.

Hy wil nie dat ons verkeerde persepsies van Hom sal hê nie
 maar deur die Woord sal ontdek wie Hy werklik is

Kan jy Hom al jòù Abba Vader noem?

God wil nie onbekend aan jou bly nie
“Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan 'n onbekende god.’ “Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle. God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.”
HANDELINGE 17:23‭-‬24 AFR83‬‬

_________________________________________________________________________________
Onbekende God wat mense vereer sonder om Hom te ken
As ek nie iemand ken, kan ek Hom nie vertrou nie
_________________________________________________________________________________

God wil nie aan ons onbekend bly nie, Hy wil Homself aan ons openbaar en bekend stel. Hy wil vir jou Abba Vader word en dit kan alleen gebeur as ek WEDERGEBORE word as Sy kind.
“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom(Jesus) glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.” 
JOHANNES 1:12‭-‬13 AFR83

“Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
ROMEINE 8:15‭-‬16 AFR53‬
_________________________________________________________________________________

ABBA beteken PAPPA: 

‘n Woord wat deur klein kindertjies gebruik word wat die naby intieme               verhouding van ‘n vader met sy kind het uitbeeld, asook die kinderlike vertroue wat die kindjie in sy vader het.
_________________________________________________________________________________

Hy is dus die ABBA VADER van die gelowiges wat dui op ‘n besonderse naby verhouding met Hom.
God se kind is iemand wat nie net meer net van Hom weet nie,
maar Hom ken.
Elke dag meer en meer intiem ken en Hom vereer.
"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee."
2 KORINTIËRS 1:3 AFR83

Maar mag ek Hom Abba Vader noem? 
Is dit nie oneerbiedig om God Vader te noem nie?
Nee dis wat Hy vir ons wíl wees.
Selfs Jesus leer ons om aan Hom te dink as ons Vader en God so aan te spreek as ons bid.
"Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. .... Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.  “So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;
MATTEUS 6:6‭, ‬8‭-‬9 AFR83

Reg deur die Woord verwys Hy na Homself en openbaar Hy Hom aan ons as ons Vader.
_________________________________________________________________________________
  Hy begeer om 'n intieme Vader kind verhouding met ons te hê.
Een waarin ons Sy Vader hart ken, Hom liefhet, Volkome vertrou en gehoorsaam.
_________________________________________________________________________________

Ons word WEDERGEBORE as God se kinders wanneer ons
 Jesus aanneem as ons Verlosser.
 Kind nie slaaf. DIS GROOT...
Jou verhouding met Hom is die van Vader en kind
Vanuit daai verhouding vloei liefde en gehoorsaamheid

En as jy dalk net afgedwaal het....
In die verlore seun (nie slaaf)verhaal het hy begeer om terug te keer na sy vader, en die het hom tegemoet gehardloop…
Weer terug in Sy arms versorg en veilig

"Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het:
 Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. 
En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. 
 Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is."
1 JOHANNES 3:1‭-‬3 AFR83

Maar baie belangrik, ons sal ook sien NOOIT VERLOOR JESUS SY RESPEK en jy en jou Sy Vader nie. Ons moet onthou, Hy is Vader, maar ook steeds God.

Hy is nie ver van ons af nie. Hy leef nie in kerke maar in ons harte
"God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie"
HANDELINGE 17:27 AFR83

Jesus gee ons toegang tot God die Vader.

"Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
JOHANNES 14:6 AFR83

God se hart is dat ons Hom sal ken, DIE GOD VAN DIE BYBEL, nie ons eie idee van wie ons dink Hy is of behoort te wees. Hy is liefde, maar ook regverdig.
Hy is wie Hy is...ons mag nie van Hom maak wat ons will hê Hy moet wees nie. Dan is ons besig om vir onsself 'n afgod te maak.  Miskien moet sommige hulself afvra of hul nog die God van die Bybel dien...

Ons sal die res van ons lewe nodig hê om als te ontdek van wie Hy is,
 of liewer die ewigheid.
Woorde is te beperk om te kan beskryf wie Hy is.
Ons kan Hom ook deur Sy Name in die Bybel keer ken en so Sy karakter leer ken. Hy is alles en nog meer!!
Ook in ons woestyne leer ons meer van Hom. Voor die woestyn het Israel Hom geken as Ek is, daarna as Ek is die God... van wonderwerke, wat beskerm, wat voorsien, wat genees, wat straf, wat vergewe ens, ens

189 Keer gebruik Jesus die Woord Vader as Hy met God praat
 Belangrikste dus wat Jesus ons wou leer is dat GOD vir ons 'n Pa is:
  Abba Vader

"Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word. En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.  Daar was 'n tyd toe julle nie vir God geken het nie en slawe was van nikswerd afgode. Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees?
GALASIËRS 4:4‭-‬9 AFR83

"Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle 'n stryd om lewe of dood geword het nie. Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie,  want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.  Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien 'n kind wat nie deur sy vader getug word nie? As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie. Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie? Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel.  Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God."
HEBREËRS 12:4‭-‬11 AFR83

As ons aardse pa weet wat ons nodig het...hoeveel te meer ons hemelse Vader

Die wete dat God ook my Vader is verdryf dan alle vrees,
 soos die liedjie van Jonathan David sê:
 “ I am serounded by the arms of the Father....
 I am no longer a slave of fear, I am a child of God"

Hy is in beheer, niks is buite sy beheer...Almagtig
Hy het alles perfek in plek geskape

Is dit nie tyd dat ons denke verander oor Hom nie.

Hy is nie die refelksie van 'n pa nie, 
maar die perfeksie van wat 'n pa kan wees
Die Perfekte Pa
Onvergelykbare God
ABBA VADER
Good Good Father
I've heard a thousand stories of what they think you're like
But I've heard the tender whispers of love in the dead of night
And you tell me that you're pleased
And that I'm never alone
You're a good good father
It's who you are, it's who you are, it's who you are
And I'm loved by you
It's who I am, it's who I am, it's who I am
I've seen many searching for answers far and wide
But I know we're all searching
For answers only you provide
'Cause you know just what we need
Before we say a word
You're a good good father
It's who you are, it's who you are, it's who you are
And I'm loved by you
It's who I am, it's who I am, it's who I am
Because you are perfect in all of your ways
You are perfect in all of your ways
You are perfect in all of your ways to us
You are perfect in all of your ways
You are perfect in all of your ways
You are perfect in all of your ways to us
Oh, it's love so undeniable
I, I can hardly speak
Peace so unexplainable
I, I can hardly think
As you call me deeper still
As you call me deeper still
As you call me deeper still
Into love, love, love
You're a good good father
It's who you are, it's who you are, it's who you are
And I'm loved by you
It's who I am, it's who I am, it's who I am
You're a good good father
It's who you are, it's who you are, it's who you are
And I'm loved by you
It's who I am, it's who I am, it's who I am
You're a good good father
It's who you are, it's who you are, it's who you are
And I'm loved by you
It's who I am, it's who I am, it's who I am
You're a good good father
You are perfect in all of your ways
It's who you are, it's who you are, it's who you are
And I'm loved by you
You are perfect in all of your ways
It's who I am, it's who I am, it's who I am


Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”