Die Here se doel vir ons is om te hoor MOOI SO!
Niemand wil eendag hoor: "Gaan weg van My, Ek het jou nooit geken nie!" Daardie eendag kan gouer wees as wat ons besef... Sal jy nie ook eendag in Jesus se oë wil opkyk en wil hoor "MOOI SO!" *********************************************** Die EEN woord wat die Bybel opsom is LIEFDE !!! (Onselfsugtige, opofferende liefde) *********************************************** Eerstens God se liefde vir óns wat Hy tot die uiterste aan ons bewys het deur Sy Seun in ons plek te straf sodat óns gered kon word. GOD ÍS LIEFDE - Liefde het vir ons die prys betaal - Liefde is nie net genade nie, maar ook regverdig. - Liefde straf waar dit moet straf. Ek kan myself nie red nie, dis genade! Maar as ek eendag wil hoor "Mooi so!" wat is dit wat God van my verwag? Die 2 belangrikste gebooie wat die hele Bybel opsom is: - LIEFDE TOT GOD , - EN LIEFDE TOT ONS NAASTE (verhoudings gebooie) Hierdie gebooie som vir my alles in die Woord...