Verbly jou in die Here


Wat het verander na 22 April 2017….it’s Time?

(It's time was 'n gebedsbyeenkoms in Bloemfontein waar meer as 1000 000 gelowiges saamgekom het uit alle kulture om saam voor God  te bid vir ons land en sy mense)?

Toe ons daar opstaan van ons knieë in Bloemfontein was daar ‘n BLYDSKAP in ons harte wat ons bybly en ons nie in Woorde kon beskryf…

Baie wat skepties was wou weet waaroor ons bly is…volgens hul het niks regtig verander…maar die verandering was binne. Die Here gaan die land verander van binne na buite…harte is en word steeds elke dag verander deur die werking van die Heilige Gees en GOD se kinders wat begin doen wat hul weet…wat begin om sout en Lig te wees. Wat nie meer na hul eie vermoë kyk om ‘n verskil te maak nie, maar wat op ons Here vertrou om deur ons(Sy kinders, of jy in Bloem was of nie) verandering te bring.

“…. Do not sorrow, for the joy of the Lord is your strength.” Neh 8:10

‘n BLYDSKAP wat vir die wêreld onverklaarbaar en onverstaanbaar is…dis ‘n blydskap IN DIE HERE, ‘n TEN SPYTE VAN  blydskap…dis ‘n al verander dinge nie na ons denke nie… ‘n NOGTANS BLYDSKAP

Hoor die woord van die Here, julle wat ontsag het vir sy woord: Julle broers deur wie julle gehaat word, DEUR WIE JULLE VERSTOOT WORD TER WILLE VAN MY NAAM  sê:
 “Laat die Here sy mag bewys, DAT ONS KAN SIEN WAAROM JULLE SO BLY IS!”
 Maar hulle sal ontnugter word:  Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? WORD ‘N LAND OP EEN DAG GEBORE, of word 'n NASIE in een oomblik in die wêreld gebring? Maar Sion het skaars geboortepyne gekry of sy het haar kinders in die wêreld gebring.  Sou Ek die moederskoot laat oopgaan en nie 'n geboorte laat plaasvind nie? vra die Here. Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind, die moederskoot toesluit? vra jou God.  WEES BLY saam met Jerusalem (SA)en JUIG saam met haar, almal wat haar LIEFHET. Wees VROLIK saam met haar, almal wat oor haar GETREUR het.”                                            JESAJA 66:5‭, ‬8‭-‬10 AFR83‬‬‬‬‬‬

Die woorde uit die lied sê dit so mooi
“You're rich in love
And You're slow to anger
Your name is great
And Your heart is kind
For all Your goodness
I will keep on singing
TEN THOUSAND REASONS
For my heart to find….

  “Still my soul will
Sing Your praise unending
Ten thousand years
And then forevermore
Forevermore
Bless the Lord oh my soul
Oh my soul
Worship His Holy name
Sing like never before
Oh my soul
I'll worship Your Holy name”
Matt Redman - 10,000 Reasons (Bless The Lord)

Ook Habakuk stel dit so mooi
“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees,  NOGTANS SAL EK IN DIE HERE JUBEL, SAL EK JUIG IN GOD, MY REDDER.  Die Here my God GEE VIR MY KRAG. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Vir die koorleier. Met snarespel.”
HABAKUK 3:17‭-‬19 AFR83

Ook DAWID beskryf hierdie blydskap in die Here in lof psalm op lof psalm
Vind jou VREUGDE in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”  PSALMS 37:4 AFR83

WEES BLY IN  DIE HERE!!!
....ons fokus moet op Hom wees…maak nie saak waardeur ons moet gaan. Ons blydskap word nie gevind in dinge of omstandighede nie maar ín die Here.

"Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. IN AL ONS SORGE IS EK VOL MOED en OORSTELP VAN BLYDSKAP.  Toe ons in Masedonië gekom het, het ons geen rus of duurte gehad nie. Van alle kante was daar druk op ons: van buite onenigheid, van binne sorge. MAAR GOD(BUT GOD) wat die neerslagtiges opbeur, het ons ook opgebeur deur die koms van Titus,"
2 KORINTIËRS 7:4‭-‬6 AFR83

Die Bybel herhaal dit oor en oor dat ons moet bly wees in die Here

WEES ALTYD BLY IN DIE HERE! EK HERHAAL: WEES BLY! Wees inskiklik teenoor alle mense. DIE HERE IS NABY. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.  Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.”
FILIPPENSE 4:4‭-‬9 AFR83‬‬‬

FILLIPENESE 3 verduidelik presies waarom en waarin die kind van God se blydskap is….

"Verder, my broers, WEES BLY IN DIE HERE! Om dieselfde dinge aan julle te skrywe, is vir my nie moeite nie, en vir julle gee dit sekerheid.  Pas op vir daardie dwaalleraars; pas op vir daardie mense wat kwaad stig; pas op vir daardie betekenislose besnydenis!  Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.  Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak OMDAT CHRISTUS JESUS MY REEDS SYNE GEMAAK HET. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.
FILIPPENSE 3:1‭-‬2‭, ‬7‭-‬14 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬

EN wat nou na 22April….

WEES ALTYD BLY.                                                                                                                                                            BID gedurig.                                                                                                                                                               Wees in alle omstandighede DANKBAAR, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.           Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie.                                                                            Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.”
1 TESSALONISENSE 5:16‭-‬22 AFR83‬‬‬5

"Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!  Laat my weer die BLYDSKAP ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien."
PSALMS 51:13‭-‬14 AFR83

"Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle BLYDSKAP volkome kan wees.”
JOHANNES 16:24 AFR83

Wat kan in elk geval die vreugde oortref van om te weet….
JESUS HET MY LIEF…nie oor wie ek is nie maar oor wie Hý is

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”