Wat ons hoor maak ons bang
Wat ons na luister maak ons BANG
Wat ons elke dag in die nuus HOOR, of wat daagliks om ons gebeur maak ons soms bang?
Maar as ons op die Here bly VERTROU sê die Woord vir ons ook soos wat die profeet vir koning Hiskia gesê het:
“Julle moet vir julle koning sê: So sê die Here: MOENIE BANG WEES OOR WAT JY GEHOOR HET, hoe die amptenare van die koning van Assirië My gelaster het nie."
JESAJA 37:6 AFR83
" Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet, jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom. Jy sal dié soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; dié wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie. Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou."
JESAJA 41:8-13 AFR83
Ons kan op ons Vader bly HOOP
Net Lig kan duisternis verdyf
".... Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk"
JESAJA 42:16 AFR83
Hy doen wat vir ons onmoontlik lyk... Kloof die Rooi see oop, sluit leeus se bekke ens, ens
Soms word ons moeg en moedeloos
"Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby”? Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie?
Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, MAAR dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."
JESAJA 40:27-31 AFR83
Bly VERTROU, bly HOOP.
BLY BID SONDER OPHOU
Comments
Post a Comment