Die Here se doel vir ons is om te hoor MOOI SO!
Niemand wil eendag hoor:
"Gaan weg van My, Ek het jou nooit geken nie!"
Daardie eendag kan gouer wees as wat ons besef...
Sal jy nie ook eendag in Jesus se oë wil opkyk en wil hoor
"MOOI SO!"
***********************************************
Die EEN woord wat die Bybel opsom is LIEFDE!!!
(Onselfsugtige, opofferende liefde)
***********************************************
Eerstens God se liefde vir óns wat Hy tot die uiterste aan ons bewys het deur Sy Seun in ons plek te straf sodat óns gered kon word.
GOD ÍS LIEFDE
- Liefde het vir ons die prys betaal
- Liefde is nie net genade nie, maar ook regverdig.
- Liefde straf waar dit moet straf.
Ek kan myself nie red nie, dis genade!
Maar as ek eendag wil hoor "Mooi so!" wat is dit wat God van my verwag?
Die 2 belangrikste gebooie wat die hele Bybel opsom is:
- LIEFDE TOT GOD,
- EN LIEFDE TOT ONS NAASTE
(verhoudings gebooie)
Hierdie gebooie som vir my alles in die Woord op wat God van my verwag na my redding.
_________________________________________________________________________________
Alles begin dus by LIEFDE(GOD).
My liefde vir Hom bewys ek deur aan Hom GEHOORSAAM te wees, en dit kan ek alleen DOEN as ek Hom VERTROU, en om regtig te kan VERTROU moet ek Hom waarlik KEN, nie net van Hom weet nie.
Ek moet in 'n intieme VERHOUDING met my hemelse Vader staan. Vanuit daardie verhouding sal VERTROUE vloei wat in GEHOORSAAMHEID tot DADE oorgaan wat Hom en my naaste DIEN(lief het)
________________________________________________________________________________
“As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam.
JOHANNES 14:15 NLV
Al die gelowiges moes een ding leer in die Bybel en dit was VERTROU!!
Jesus se volgelinge moet nie net wag vir die wederkoms nie, maar moet hulle inderdaad aktief besig hou om die koningkryk van God in stand te hou, maar veral ook om dit uit te brei deur dit aan ander bekend te maak deur ons voorbeeld, te getuig en ander te dien met ons talente, gawes, geld ens.
Dus op die manier hul muntstukke en olie so te vermeerder, dan sal die eienaar/bruidegom met Sy terugkeer sê MOOI SO jy het nie dit wat Jesus aan jou toevertrou het net vir jouself gehou nie, jy het dit vermeerder deur dit te deel met ander.
In God se ekonomie werk dit so...GEE OM TE ONTVANG
Hoe meer ons gee, hoe meer sal ons kan gee, soos gebeur het met die vermeerdering van die brood en vissies.
Al het ons alles anders, sonder die liefde het en is ons NIKS.
Hoekom jy doen wat jy doen is die belangrikste, die GESINDHEID AGTER JOU GEDRAG
"Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen LIEFDE nie, baat dit my niks."
1 KORINTIËRS 13:3 AFR83
_________________________________________________________________________________
LIEFDE = verhoudings
*Verhouding met die Here
* Verhouding met ander
In God se oë is dit nie jou suksesse en prestasies wat 'n "mooi so!" kry nie, maar jou VERHOUDINGS!!
_________________________________________________________________________________
Die wêreld leer ons om terug te doen aan ander wat hul aan jou doen,
dat jy dit of dat aan jouself verskuldig is.
"But IF BOTH REACT = EXPLOTION!!"
Satan draai ons FOKUS inwaarts...me,myself and I en arme ekke
(Dit gaan nie oor ons nie, al vertel die wêreld deur sosiale media dit vir ons)
Die Bybel leer ons anders...
Die Woord draai ons FOKUS Opwaarts, en vanuit daai perspektief en fokus uitwaarts na ander.
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
MATTEUS 7:12 AFR83
VERGIFNIS is die belangrikste sleutel tot goeie verhoudings.
Dit was immers die begin van mý en jou verhouding met God.
"En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het."
MATTEUS 6:12 NLV
"Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam."
KOLOSSENSE 3:12-14 NLV
Jy kan nie vuur met vuur veg nie, die Lewende water wat Jesus gee blus vure tussen mense.
Dis nie verkeerd om kwaad te word nie, maar dis verkeerd om verkeerd daarop te reageer.
"As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie."
EFESIËRS 4:26-27 AFR83
Het mense Jesus kwaad gemaak, Hom seergemaak, Hom verraai, Hom net gebruik?
Het hulle valse stories oor Hom versprei, Hom fisies gemartel?
Het hulle Hom doodgemaak(vermoor)....????
Ja!!!!
Hy het al die GEVOELENS ervaar...want Hy was mens.
Maar Hy kies Sy GESINDHEID uit GEHOORSAAMHEID aan Sy Vader en dit wys in Sy GEDRAG deur Hy hulle nie terugkry nie, maar Hy sê:
"Vader vergewe hulle want hul weet nie wat hulle doen nie."
Fil. 2:5-11 – “Dieselfde GESINDHEID moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:...”
WWJD?? (what would Jesus do?)
ALLEENLIK WAT GOD VAN ONS VERWAG IN SY WOORD MOET ONS OPTREDE BEPAAL.
Satan gebruik gevoelens om verdeeldheid te veroorsaak en so verhoudings te verwoes.
Stefanus het Jesus se voorbeeld gevolg (gedoen soos Jesus doen).
Hy het sy optrede nie deur die verkeerde optrede teen hom, deur hulle wat hom gestenig het, laat bepaal nie, dus deur sy gevoel nie, maar het gekies om sy gesindheid met die van Jesus te laat lei. Daarom kon ook hý sê…
"Vader vergewe hul want hul weet nie wat hul doen nie"
Ons moet KIES om nie te verander nie agv wat ander aan ons doen nie...laat jou GEDRAG eerder bepaal word deur jou GESINDHEID wat deur God se Gees beheer word (gehoorsaam) en nie deur jou GEVOEL nie.
Let op......al die vrugte van die Gees is VERHOUDINGS gerig, so ook wat die liefde behels.
"Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie......Die vrug van die Gees, daarteenoor, is LIEFDE, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie........Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons GEDRAG bepaal."
GAL 5:18, 22-23, 25 AFR83
Jou gesindheid wat deur die Gees bepaal word moet jou optrede bepaal.
Een vrug van die Gees is SELFBEHEERSING
"Die LIEFDE is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles." (Alles verhoudinggerig)
1 KORINTIËRS 13:4-7 AFR83
Vir liefde gaan dit altyd oor God en oor die ander persoon.
Vir liefde is dit nooit "what about me" nie.
"Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom.
EK SOEK NIE MY EIE BELANG NIE MAAR DIÉ VAN BAIE ANDER, SODAT HULLE GERED KAN WORD."
1 KORINTIËRS 10:33 AFR83
(Dit moet ook ons gesindheid agter ons gebede wees vir ons land en sy mense)
As ons strewe om te leef soos Jesus geleef het, sal ons ook eendag hoor....
MOOI SO!
"Toe sê sy eienaar vir hom:
‘MOOI SO! Jy is 'n goeie en getroue slaaf.
Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’......................
MATTEUS 25:21, 34-36 AFR83(muntstukke getuienis)
_________________________________________________________________________________
God se doel vir elke mens is:
- dat dit wat jy doen Hom sal verheerlik
- en ander tot hulp sal wees
_________________________________________________________________________________
Ook die skatte wat ons in die hemel bymekaar moet maak is wat ons aan ander gedoen het.
Ons liefde vir God en ons naaste en nie liefde vir geld en self nie.
“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”
MATTEUS 6:19-21 AFR83
Ons moet nie liefde hê vir geld nie, maar ook ons GELD moet uidrukking gee aan ons liefde vir God se werk en vir ander deur vrygewig daarmee te wees. Te GEE eerder as om te wil ontvang. Die Bybel leer ons dis lekkerder om te gee as om te onvang.
Wat ons met ons geld doen wys ons skat in ons hart aan ons, wat en wie ons liefhet.
Die slaaf wat nie "mooi so" gehoor het nie se optrede getuig dat hy net aan homself gedink het en dat hy selfgesentreerd was. Sy fokus was inwaarts, selfgerig.
Die dag as Jesus die skape en die bokke gaan skei gaan ook dit op grond wees van wat ons aan ander gedoen het.
“Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’.........(41) “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.” MATTEUS 25:31-36, 41-46 AFR83
(alles verhouding...wat ons aan ander gedoen het)
Ons sien dus dat God se wil is verhoudings gerig...
Hóm te dien en mekaar te dien met wat Hy aan ons toevertrou het.
"God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges GEDIEN het en nog DIEN nie."
HEBREËRS 6:10 AFR83
Maar miskien kom die vraag tog by jou op: " Wat dan van mý? "
As alles net oor God en ander gaan wie kyk dan na mý?
God doen!!
Jou verantwoordelikheid is om Hom en ander lief te hê.
Syne is dat Hy jou liefhet. Hy belowe dat Hy ons beskerm, versorg ens.
Fokus jy op wat jy moet doen, Hy sal doen wat Hy moet doen.
“Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.
MATTEUS 6:33 NLV
Kies om ’n MOOI SO MENS te wees
Jy sal genoem word, Getroue slaaf, wyse bruidsmeisie, skaap(nie bok)
We love, because He first loved us.
1 JOHN 4:19 AMP
Comments
Post a Comment