Een verdraaide woord kan maak of breek
Een verdraaide woord kan maak of breek
n verdraaide woord kan maak of breek
Sjoe met EEN verkeerde WOORD kan die boodskap verlore gaan.
"Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n JONG VROU sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.
JESAJA 7:14 AFR83
Teenoor die regte vertaling van die vers...
" Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die MAAGD sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.
JESAJA 7:14 AFR53
" Therefore the Lord Himself will give you a sign: Behold, the VIRGIN shall conceive and bear a Son, and shall call His name Immanuel."
Isaiah 7:14 NKJV
As ons lees MAAGD is daar geen twyfel van wie Jesaja hier praat nl. Jesus die Seun van God.
Reeds in die ou testament is Jesus se koms voorspel.
Vir hulle was die teken 'n MAAGD sal' n seun in die wêreld bring (die menslik onmoontlike - maar "... geen ding sal by God onmoontlik wees nie"
LUKAS 1:37 AFR53)
As hulle dit sien gebeur moet hulle weet God het die Verlosser gestuur.
Sy rede?
Omdat Hy ons so liefgehad het.
Kersfees is daarom agv liefde en behoort ook daarom oor liefde te gaan.
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar DAT DIE WÊRELD DEUR HOM GERED KAN WORD. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is."
JOHANNES 3:16-21 AFR53
As mens na kersliggies kyk sien mens hoe baie liggies saam uit een kragbron saam die wêreld om hulle verlig.
Hy is die Lig wat na die wêreld sou kom.
Deur Sy kinders verlig Hy steeds die wêreld
met Sy goeie nuus boodskap van redding vir elkeen wat glo in Jesus.
Deurdat Hy ons eerste liefgehad het kan ons ander liefhê om hul daarmee te trek na Jesus.
Die hele wêreld het LIEFDE nodig, die hele wêreld het Jesus nodig.
Comments
Post a Comment