HOOP DRAER, GENADE DRAER, LIG DRAER
Grace carried yóú!!
Ons moet elke dag besef onsself moes eers genade vind...
"For it is by grace [God’s remarkable compassion and favor drawing you to Christ] that you have been saved [actually delivered from judgment and given eternal life] through faith. And this [salvation] is not of yourselves [not through your own effort], but it is the [undeserved, gracious] gift of God; not as a result of [your] works [nor your attempts to keep the Law], so that no one will [be able to] boast or take credit in any way [for his salvation]."
EPHESIANS 2:8-9 AMPGeen ander godsdiens het GENADE as deel van hul teologie nie, almal is verdiens godsdienste.
Is GENADE deel van dit waaraan jy glo?
"En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, GENADE OP GENADE. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom."
JOHANNES 1:16-17 AFR53
Ons het net Sy guns nodig, nie die van mense
HY DRA ONS….
"Geloof sy die Here!
Dag na dag dra Hy ons!
God is ons hulp! Sela"
PSALMS 68:20 AFR83
SODAT ONS ANDER KAN DRA….
Jy word 'n draer van God se HOOP EN GENADE
Ons as Jesus se kinders is draers van God se boodskap, van die goeie nuus
_________________________________________________________________________________
GENADE is om nie te kry wat jy eintlik verdien nl. Straf, die ewige dood, die hel, GENADE is ook om te kry wat jy nie verdien nl. Vergifnis, 2de kans, seën God se goedheid en guns
_________________________________________________________________________________
Ons dra ons vriende na Jesus, hulle wat Jesus ken en hulle wat Hom nog nie persoonlik ken nie deur met wat ons met hul deel oor Hom, Sy Woord, ons getuienisse, deurdat ons hul saam nooi na Christelike geleenthede, dat jy vir hulle bid en mekaar help fokus op Hom en nie die omstandighede nie...
Dus mekaar te herinner, BUT GOD!
In die Woord lees ons hulle het hulle vriend op 'n draagbaar na Jesus gedra en deur die dak laat afsak tot by Jesus se voete vir genesing en redding.
Hulle het geen moeite onsien nie.
"Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur 'n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en VLAK VOOR JESUS."
LUKAS 5:19 AFR83
Dra ons, ons vriende na Jesus?
...nie net vir genesing en seën nie maar ook vir redding?
Of kyk ons ander pad?
Casting Crowns se liedjie “Love them with the truth" som dit so mooi op
“For the longest time, I believed the lie
That I'm not a strong enough believer
To be the friend that can take your hand
And lead you straight to Jesus
I'm waiting on the preachers, singers, and the teachers
To string the perfect words together
But every single time I have to say goodbye
I wonder will this be the last time
I can't call myself your friend and walk away
When we love, we earn the right to speak the truth
When we speak truth, we show the world we truly love
I'm not pointing my finger, I'm holding out my hand
I lay it all on the line now to see God save my friend
Let my life and my words be the proof
I'm gonna love you with the truth (Oh)
Gonna love you with the truth (Oh)…….
How I've prayed for this moment, that you would finally see
That God is more than religion, a stained-glass fantasy
And how I've prayed for the courage, for my silent faith to speak
Or that God would just send you a better friend than me…..”
Dra mekaar op die hart
Ons DRA ook ‘n GEUR uit na ander sonder dat ons dit soms eers besef maar wat ongelukkig nie deur almal dieselfde ervaar word nie.
Dis hoekom kerk toe gaan vir mense wat God se genade besef het en aanvaar het vir hulself hierdie wow ervaring is, en vir ander alles behalwe, hulle wat nog nie die genade verstaan en aanvaar het nie. Hulle leef nog vrees gedrewe, verwag straf, fokus op gedragsverandering.
Hulle verstaan nie dat jy nie verander om genade te kry nie, maar dat jy eers genade kry sodat jy dan kan verander.
Jesus het vir die vrou wat op owerspel betrap is eers genade gegee en vergewe en toe 2de kans gegee om haar lewe te gaan verander.
Dit verklaar ook hoekom daar mense is wat eenvoudig net die kind van God se teenwoordigheid nie kan uitstaan nie. Hulle probeer wegvlug van die onrustige gevoel binne hulle.
Hulle verwerp nie ons nie maar vir Hom in ons.
“Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy TRIOMFTOG omdat ons een is met Christus. (uit genade alleen)
Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename GEUR.
Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.
Vir dié wat verlore gaan, is dit 'n DOODSREUK wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit 'n LEWENSGEUR wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat?”
2 KORINTIËRS 2:14-16 AFR83
Doen dit soos Jesus dit gedoen het...
I'm not pointing my finger, I'm holding out my hand
Ons sien dit uit die verhaal van die vrou wat in owerspel betrap is
"Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”
(vingers wys)
Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
JOHANNES 8:7-11 AFR83
Hy verskoon nie die sonde en laat haar maar voortgaan in haar sonde nie, maar Hy verskoon die berouvolle sondaar en gee haar genade.
_____________________________________________________________________________
Draers van genade soek plek waar hul guns kan bewys, 2de kanse kan gee.
_____________________________________________________________________________
Wat moet ek dra tov myself ?
- DRA JOU KRUIS…
“TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem(DRA) en My volg.”
MATTHÉÜS 16:24 AFR53
Dus aan my eie ek sterf elke dag (wat van my gedagtes) en ander se belange bo my eie plaas. Jesus se voorbeeld VOLG en Hom GEHOORSAAM.
- DRA HEMELSE SKATTE NA JESUS SE VOETE
Wat kan jy saamdra hemel toe?
Maak jou skatte in die hemel bymekaar, niks wat jy hier bymekaar maak kan jy saamdra hemel toe. Dra mense na Jesus.
"Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie."
MATTEUS 6:20 AFR83
"Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”
MATTEUS 6:21 AFR83
- DRA VRUG
wat by bekering pas
Wat ons dra verheerlik die Here of dit doen nie...
Ook ons kleredrag. Dus letterlik en figuurlik.
"Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra."
JOHANNES 15:2 AFR83
Jy moet eers self vol gemaak word om te kan oordra na ander
En hoe meer ek gee aan ander hoe meer sal ek hê om te gee.
Ons probleem is ons deins terug vir die uitdagings wat hierdie opdrag inhou, en elke tree wat ons terug gee, staan ons grondgebied af aan die vyand.
Kan ons dit bekostig om grondgebied af te staan aan die Satan tov ons geliefdes, ons gesin, familie, vriende en selfs vreemdelinge.
Dalk is dit wat ons het, ons brood en ons vissies die spreekbuis, wat hul pad moes kruis om deur God gebruik te word om hulle met Sy lewensgeur te bereik.
Ongelukkig het hulle die keuse om Sy genade te aanvaar of te verwerp.
As die deur vir jou toegemaak is om inspraak te hê op 'n geliefde se lewe, soos jou kind, WEIER OM GRONDGEBIED AF TE STAAN, bly dan steeds in jou binnekamer vir hulle bid, God die hoorder van ons gebede kan hul steeds bereik al kan ons nie meer nie.
ONS MAG NIE DIE VYAND LAAT WEN NIE, ONS MOET HOM TEENSTAAN, veral as dit by die siele van mense kom.
As iemand uit die hel vandag vir ons moes kon vra:
" Hoekom het jy my nie gewaarsku nie, my nie gehelp nie...hoekom het jy nie harder probeer nie, hoekom het jy opgegee op my?"
Mag dit nooit woorde wees wat ons sal hoor nie?
“Mens, Ek het jou aangestel as 'n wag vir Israel: jy moet luister na wat Ek sê en hulle namens My WAARSKU.
“Wanneer Ek vir 'n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood. As jy hom waarsku en hy bekeer hom nie van sy goddeloosheid nie, van sy bose optrede nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar jy sal jou eie lewe behou. “En wanneer iemand wat tot dusver reg gelewe het, die regte lewe laat vaar en onreg doen, en Ek bring hom tot 'n val, sal hy sterwe. Omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterf en sal die goeie dinge wat hy gedoen het, nie onthou word nie, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood. As jy hom waarsku om nie te sondig nie, en hy sondig nie, sal hy bly lewe omdat hy hom laat waarsku het, en jy sal jou eie lewe behou.”
ESEGIËL 3:17-21 AFR83
Jesus gee nooit op met ons nie, daarom mag ons nooit opgee met ander...
Bly dan BID as dit al is wat oor is wat jy kan doen
LOVE THEM WITH THE TRUTH
Nie kom op hulle af nie, uit liefde jou hand uithou, nie vinger wys nie, te onthou jy self is uit genade alleen gered.
Vanuit Jesus se outoriteit moet ons genade, liefde, die goeie nuus, omgee, bemoediging uitdra na ander
“Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
JOSUA 1:9 AFR83
Onthou Duisternis vlug voor die Lig
"Maar wanneer Ek jou die opdrag gee en jou tong losmaak, moet jy vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê. Laat dan luister wie wil en laat skouers optrek wie wil: hulle is 'n weerbarstige volk.”ESEGIËL 3:27 AFR83
Dra mekaar na God se genade troon
Dra mekaar se laste
Herinner mekaar dat ons huidige omstandighede kan oorweldigend lyk maar onthou elke kind van God se verhaal het "BUT GOD" in
"What if trials of this life
are God's mercies in disguise?"
(Lyrics of Blessings - Laura Story)
Grace carried yóú!!
Gaan skep 'n omgewing van genade
Bly God se genade weggee en jy sal ontvang om te kan gee.
Wees 'n LIG DRAER....
Comments
Post a Comment