Om om te kyk...
Laaste dag van 'n bitter moeilike jaar vir die ganse mensdom....2020 Dis hier waar ons vir 'n wyle stop en terugkyk. Soms is terugkyk nodig en soms nie... Hang af waarop jy fokus, soms is daar goed wat jy moet uitblur. SOMS NIE is soos wanneer die Israeliete terugkyk en verlang na die vleispotte van Egipte en dit terwyl die Here self voor hul uittrek na iets baie beter, Hy self vir hul sorg en hul beskerm en hul neem na die Beloofde land, hul verlos uit slawerny . SOMS NIE is as Lot se vrou omkyk na die lewe soos sy dit geken het OM DIT NIE TE WIL LAAT GAAN NIE, om te kyk na die stede Sodom en Gomora met al hul verleidelikhede, na 'n lewe van sonde waarvan die Here haar en haar gesin pas verlos het. " Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit,...