Waar is die nege?
" Toe antwoord Jesus en sê: ... waar is die nege?"
LUKAS 17:17 AFR53
Die vyand het met soveel storms wat om ons woed op soveel gebiede van ons samelewing ons fokus kom steel en kyk ons heeltyd vir die golwe en wind maar dat ek nog hier kan skryf en jy hier kan lees is klaar 'n "BUT GOD" storie met oor die 14000 mense wat reeds aan die virus gesterf het, is dit groot genade dat óns nog hier kan wees. Met soveel donker maande agter die rug kan ons begin terugkyk en die "BUT GOD" oomblikke raaksien.
Niemand weet wat môre bring, maar is ons DANKBAAR vir vandag?
"Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot."
KLAAGLIEDERE 3:22-23 AFR53
In ons nood roep ons na Hom, maar hoeveel kom sê dankie?
Ons het weer veral in 2020 geleer in Fillipense 4:6 dat ons moet bid oor ons angs maar soms mis ons die laaste deel van die vers dat ons daarby danksegging moet voeg.
Jy kan sê maar die stroms is nog nie verby nie...
Die Woord leer ons hier in Fillipense 4:6 om God al te dank al sien ons nog nie.
Koning Josafat het nog voor hy die oorwinning waarvoor hy gebid het ontvang het, die lofsangers voor geplaas oppad om te gaan veg. Toe hul oor die bult kom het God reeds die oorwinning gegee wat hul nog nie kon sien nie. 2 Kron 20:12
Nege uit die tien van ons vergeet om by die dankie ook uit te kom, reeds terwyl ons bid vir uitkoms maar veral daarna…
“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met DANKSEGGING bekend word by God.”
FILIPPENSE 4:6 AFR53
“Do not be anxious or worried about anything, but in everything [every circumstance and situation] by prayer and petition with THANKSGIVING, continue to make your [specific] requests known to God.”
Philippians 4:6 AMP
THANKSGIVING
DANKSEGGING
Nie gevoel maar aksie, dis 'n doen woord.
Dis 'n reaksie op 'n gevoel dus is dit nie iets wat ek net voel nie, dis iets wat ek moet doen.
Dis ook 'n opdrag in die Woord
Danksegging onderstreep my geloof. Jy sê net dankie as jy seker is God het jou gebed verhoor. Nie verhoor soos wat ek dit altyd wil hê nie, maar in Sy wysheid ten goede vir my. Geloof en danksegging onderstreep my vertroue in Sy Vaderhart.
So baie haal die kosbare woorde van Ps 91 aan as ons in nood is, maar mis die dankie van psalm 92 net daarna soos die tien melaatses wat genees is en net een wat kom dankie sê het.
"Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy doodtrap. “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. 'n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.”
PSALMS 91:11-16 AFR83
Psalm 91 se laaste sin sê dan ook hoe ons veronderstel is om te reageer op God se hulp. Ons sal ons verbly, en hart wat vol is van blydskap loop oor, dit kan nie stilbly nie. Daarom gaan Dawid oor in dankie sê in psalm 92
"...Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou, om dit te DOEN met snaarinstrumente, met harp en lier. U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het. Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. Wie dit nie besef nie, is 'n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand."
PSALMS 92:2-7 AFR83
Ek glo al 10 melaatses wat deur Jesus genees is was bly en sommige selfs dankbaar oor hul genesing, maar net een het iets daaromtrent GEDOEN.
NET EEN HET OMGEDRAAI...
"En toe Hy in ’n sekere dorp ingaan, kom TIEN melaatse manne Hom tegemoet, wat op ’n afstand bly staan het. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig! En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. En EEN van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het OMGEDRAAI en God met ’n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom GEDANK. En hy was ’n Samaritaan.
Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
Was daar niemand onder hulle te vinde wat OMGEDRAAI het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
LUKAS 17:12-19 AFR53
"One of them, when he saw that he was healed, turned back, GLORIFYING and PRAISING and HONORING God WITH A LOUD VOICE; and he lay face downward at Jesus’ feet, thanking Him [over and over]. He was a Samaritan. Then Jesus asked, “Were not ten [of you] cleansed? Where are the [other] nine?"
Luke 17:15-17 AMP
Weens hul liggaamlike siekte moes hul 100m wegbly van ander mense en hier ook van Jesus. Op ‘n afstand roep hul na Jesus, Jesus se genesing van hul liggaam maak dat hierdie man tot by Jesus kon hardloop en aan Sy voete neerval in dankbaarheid.
Sonde is ons geestelike siekte wat ons verwyder van ander maar ook van God. As ons na Hom roep en gehoorsaam wegdraai van ons sonde bring Jesus se offer aan die kruis ook genesing vir ons sonde en kan ons ook naby aan Hom kom, by Sy voete neerval en bly in dankbaarheid.
Wie eers ver was, is nou deur Jesus se genade naby gebring. Van vreemdeling na God se kind. Nie net bekende nie, maar familie, deel van die gesin, God se “aangenome" kind.
"Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus." EFÉSIËRS 2:13 AFR53
***
Hy draai nie net om en kom sê saggies dankie nie, hy ROEP DIT UIT sodat baie daarvan kon hoor en God die eer kry en Sy magtigheid bekend word ook aan ander.
Getuig, getuig!
Om te vertel wat God vir jou gedoen het is deel van dankie sê!!
“En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God HARDOP geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval(sigbaar) en Hom GEDANK. Hierdie man was 'n Samaritaan.”
LUKAS 17:15-16 AFR83
Hy is nie skaam om dit hardop uit te roep nie en om by Jesus se voete te gaan lê in dankbaarheid nie, hy gee nie om wie kyk nie, hy gee nie om wat die mense daarvan gaan sê nie. Sy hart loop oor in woord en daad.
"Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
Ps 50:15
"Wees altyddeur bly. BID SONDER OPHOU. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle."
I THESSALONICENSE 5:16-18 AFR53
Dis goed om dan en wan terug te kyk, te ONTHOU
Dankbaarheid laat jou God se goedheid onthou, dit vertel ander daarvan, bemoedig daarmee ander, getuig, gee God die eer wat Hom toekom, draai die fokus na Hom weg van die persoon of die probleem. Hy kry die eer!!
OM WAARDERING UIT TE SPREEK EN Te wys VIR WAT ONS HET, wat God aan ons gee, Sy goedheid en en voorsiening aan ons.
__________________________________
DANKIE laat geloof groei
DANKIE laat jou onthou
DANKIE sit jou fokus op die Here
DANKIE eer die Here
Dankbaarheid bring jou in sy teenwoordigheid
___________________________________
Wat covid 19 gedoen het was om alles wat ons so vanselfsprekend aangeneem het te kom wegvat en het dit ons weer laat besef hoeveel ons gehad het om voor dankbaar te wees. Jou werk, jou inkomste, gesondheid, vriende, familie en selfs om iemand ‘n drukkie te kan gee…
Menseregte? Nee, mense VOORREGTE…
Op niks kan ons aanspraak maak nie, alles kan in een oomblik van ons weggevat word…
Ons het dit telkens beleef met die woorde “from immediate effect"
Niks is vir altyd…ja alles, maar alles is GENADE!!!
Maar ek weet nie wat om te sê?
Ook met geestelike liedere sê ons aan God dankie…lofprysing.
As jou woorde jou faal, lees ‘n psalm om God te dank vir Sy goedheid in jou lewe.
“Leer mekaar wat reg en verkeerd is. As iemand ’n fout maak, help hom reg. Gebruik ook psalms en ander liedere om dit te doen. Sing uit julle hart uit, want met hierdie geestelike liedere sê julle ook vir God DANKIE.”
Kolossense 3:16
Ons moet ook op ons knieë neerval en vir God bedank vir alles wat ons van Hom kry. So maklik raak ons gewoond aan alles rondom ons dat ons dink dit moet so wees. Ons dink ons moet elke oggend opstaan, ons moet kos hê, ons moet gesond wees, maar vra maar vir mense waarvan die voorafgaande net eenvoudig opgedroog het, dan besef jy dat jy 100% afhanklik is van God se genade. Dalk kan jyself van een of meer hiervan getuig, indien nie het ons soveel te meer om ons Vader voor te dank.
Vertel ons vir ander as God vir ons goed was, of is ons skaam en bang wat ander sal sê en dink. Gee ek Hom die eer of vat ek soms van daardie eer vir sukses vir myself, my eie harde werk, eie deursettingsvermoë ens. Hoeveel van wat God net die laate paar maande vir ons gedoen het, het ons Hom gaan dankie sê voor of enigsins daaroor aan ander getuig?
Dankbaarheid is nie ‘n privaat ding nie en mag nie net ‘n gevoel bly as dit by God ons Vader kom nie. Hy red ons en help ons…maar ons moet Hom eer!!!
Wat doen ons om aan God ons dankbaarheid te wys. Hierdie man het aan Jesus se voete kom neerval en toe gehoorsaam gaan doen wat Jesus van hom gevra het. Die ander het wel die wonderwerk gekry, maar dit was al...hierdie man het saam met die wonderwerk Jesus gevind, en daarmee saam redding.
"Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie? En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered."
LUKAS 17:18-19 AFR53
Hoeveel sus hulself met die feit dat God al wonderwerke gedoen het in hul lewe en selfs elke dag vir hul voorsien en hul sekerheid van kindskap daarop bou terwyl die Woord sê Hy laat dit reën oor die goeies en die slegtes. Nege het ook die wonderwerk ontvang net vir een het Jesus gesê jou geloof het jou gered.
Om die goeie uit God se hand te ontvang is nie die bewys dat jy Sy kind is nie, Hy doen dalk juis goed aan jou sodat jy Hom kan ontmoet, kan leer ken en kan begeer om Sy kind te word. Ons kan wel seker wees maar die enigste sekerheid dat jy wel Sy kind is, is dat jy iewers in jou lewe jou sonde besef het en Jesus as jou eie persoonlike Saligmaker aangeneem het. Niemand word gered gebore nie, die Woord sê almal word agv Adam en Eva in sonde ontvang en gebore.
"Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo."
1 JOHANNES 5:13 AFR83
In Jesus glo en nie net aan Hom nie, die duiwel glo ook aan Hom en hy sidder (Jak 2 :19)
Ons dink dadelik aan die hier en die nou as ons 'n lysie wil maak oor waarvoor ons dankbaar kan wees, maar dit waarvoor ons die meeste dankbaar kan wees het ewigheidswaarde ten spyte van wat hier en nou met ons gebeur, en dis die rede hoekom ons altyd bly en dankbaar kan wees in ALLE omstandighede...
"Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader DANK wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.
Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet."
KOLOSSENSE 1:11-13 AFR83
Veral hierdie laaste sin!
Die grootste waarvoor ons dankbaar kan wees is dat Jesus vir my en jou gesterf het, ons gered het en ons Sy kind gemaak het, Hy ons daardeur weggeruk het uit die duisternis
Hoe sê mens dankie?
….dankie sê voel soms net te min, veral as dit by God ons Vader kom
Mens sê dankie in woord en daad…met die res van jou lewe.
Jou hele lewe spreek dan van dankbaarheid vir wat God vir jou gedoen het. Alles wat ons doen wys dan terug op ons dankbaarheid heens Hom.
Wat kan meer kosbaar wees en hoe groot behoort ons dankbaarheid nie te wees nie. Gehoorsaamheid is juis nie tot redding nie, maar volg agv hierdie redding, hierdie groot genade wat God aan ons deur Sy Seun Jesus bewys het.
Gehoorsame dankbare lewens gee Hom eer en verheerlik Sy Naam.
"Therefore as you have received Christ Jesus the Lord, walk in [union with] Him [reflecting His character in the things you do and say—living lives that lead others away from sin], having been deeply rooted [in Him] and now being continually built up in Him and [becoming increasingly more] established in your faith, just as you were taught, and overflowing in it with gratitude."
Colossians 2:6-7 AMP
Maar ons moet wel Hom ook dankie sê vir die hier en nou, ons daaglikse behoeftes.
Fokus vir 'n oomblik nie op wat verkeerd is in en om jou nie fokus net op waarvoor is ons dankbaar
Sjoe so baie...
ONS SIEN WAAROP ONS FOKUS!!!
“Dit is goed om die Here te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste, om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte..."
PSALMS 92:2-6 AFR53
Donker nagte van vrees en angs...en dan Sy getrouheid wat ons daar ontmoet en toevou in Sy liefde.
HERE vandag wil ons dus kom dankie sê ook vir elke geestelike waarheid wat ons in die tyd by U kon kom leer het…
- Bid sonder ophou
- U is by ons, saam ons in die storm…MET MY GOD
- om te Fokus op U en nie die storm
- U is die God van die mossie wat vir ons sorg en voorsien
- om te bid en die Here te loof as en terwyl die vyand aanval
- U lig verdryf die donker
- Bemoedig ander, met wat Hy ons bemoedig
- nie selfgesentreerd te wees nie maar uit te reik na ander ook in nood, ander se belange bo ons eie te plaas
- Tevergeefs waak die wagter as die Here die huis nie bewaak…ons doen ons bes,die Here doen die res
- en nou ook leer U ons om dankie te sê
Dankie vir U voorsiening vir ons, dankie dat U ons Vader vir ons sorg en ons nie self daaroor hoef te bekommer nie. U vra net dat ons U moet vertrou.
Nou kan jy jou eie persoonlike dankie invul as jy terugkyk oor die laaste paar maande, maar ook oor jou hele lewe. Skryf dit neer, jy gaan verstom staan.
Laat ons vir 'n oomblik ipv op die golwe konsentreer, ons seëninge begin tel.
Here ek wil U dankie sê vir...
___________________________________________________________________________________________
Dankbaarheid laat mens se geloof groei, as jy nie fokus op dankbaar wees nie, laat dit jou geloof kwyn.
_________________________________________________________________
Wynand op radio kansel vra so baie: "Wat sou jy vandag gehad het as jy net gehad het waarvoor jy dankie sê"
My seun het op 'n stadium in lockdown vir my gesê : "Mamma die Here leer ons bid sonder ophou!"
Is dit nie waar nie, hoeveel gebede het ons nie net in die laaste paar maande gebid nie, baie uit nood, maar hoeveel van daardie gebede het ek al voor gaan dankie sê...
Baie gebede...dalk min dankies
Wat is die vrug van danksegging....lofprysing.
Ons eer die Here.
In ons gesin het ons 'n rukkie terug begin om op Kersdag terug te kyk op die jaar en die Here te dank, 'n soort THANKSGIVING soos die Amerikaners hou. Hul deffinisie daarvoor is: "A day set apart of giving thanks to the Lord for His loving kindness and favour."
Dus 'n dag, 'n oomblik van onthou en Hom die eer gee, vir een ry voetspore!
"En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar "
Kol 3: 14 en 15
Ons het die voorreg gehad om te kon gaan blomme kyk en een aand onder die sterre in Sutherland het ek besef selfs God se skepping vertel van Sy eer en almag.
"Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande."
PSALMS 19:2 AFR53
Sjoe dis kosbaar, ons het regtig na paar moeilike maande so baie om die Here voor dankbaar te wees, nogal baie goed gebeur maar die Here het ons elke keer deurgedra.
Dankie Here Jesus vir U voorsiening, beskermende hand en dat U die weg vir ons gemaak het om te kon aangaan. Aan U al die eer!!
Comments
Post a Comment