Is ons Luidsprekers of Ramshorings?
Soms wil ons liewer stil bly, want 'n toe mond is mos 'n heel mond, en ons hoef niemand te vertel hoe erg die teenkanting kan wees nie, hoe dit jou vriendskappe kan kos en baie ongewild maak nie, maar dan kom die Woord en sê
"En Hy antwoord en sê vir hulle:
Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep."
LUKAS 19:40 AFR53
Ons sien in ons samelewing dat die wat die verkeerde propageer dit LUIDKEELS doen soos Luidsprekers, maar baie keer bly die wat die waarheid ken en in glo stil terwille van die vrede glo ons, maar stilbly wanneer ons moes praat is om die Luisprekers se volume op te draai.
Om niks te sê vir wat reg is,
is netso goed as om saam te stem met wat verkeerd is.
"Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is."
JAKOBUS 4:4 AFR83
Maar dit help nie, sal ons seer sekerlik wil uitroep, niemand luister nie, niemand wil hoor nie en sosiale media haal selfs deesdae ons comments waarmee hulle nie saamstem af sou ons dalk nog iets wou sê maar die Here sê ek moet steeds WAARSKU al wil hul nie hoor.
Ek kan dalk iemand red en as ek stilbly wen die vyand.
Jesus het vir een skapie omgedraai en hom gaan soek, dus is een vir Hom nie te min. Al red ons met ons waarskuwing net een...
"I tell you, in the same way there will be more joy in heaven over one sinner who repents than over ninety-nine righteous people who have no need of repentance."
Luke 15:7 AMP
Ons moet Sy hart kry vir ander
Ons self moet ook bereid wees dat ander óns waarsku, nooit te seker wees ons is reg nie. Dawid vra dit van die Here om te kyk of hy nog op Sy spoor is en nie dalk homself al op 'n syspoor bevind nie.
"Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!"
PSALMS 139:23-24 AFR83
"Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie."
1 KORINTIËRS 10:12 AFR83
Daarom moet ons nooit so seker van onsself wees dat ons dalk die waarskuwing wat tot ons gerig is probeer stil maak nie. Bid vir wysheid en onderskeiding, ALTYD!
Die Here wil hê Sy kinders moet ander WAARSKU, ons kan nie net toekyk hoe mense mislei word, nie net op geestelike gebied nie maar ook in die hier en nou.
Mense sluk die leuen soveel makliker as die waarheid, daarom sê mense altyd die waarheid maak seer.
Ons kan by Jesus leer in sy Woord, want die Bybel sal jou nooit gerus stel met 'n leuen nie maar sal altyd die waarheid gebruik soos tweesnydende swaard om die leuen te ontbloot en te red.
Mense wat die verkeerde pad kies haat die waarheid.
Die wêreld kan dit laat voorkom asof ons maar net nog 'n LUIDSPREKER is (BUT GOD)maar as God dit van jou verwag sien Hy jou as 'n RAMSHORING.
As ek met menslike oortuiging en wysheid praat is ek net LUIDSPREKER, maar as ek met die Here se wysheid en leiding praat is ek 'n RAMSHORINGS in Sy hand en dit verg baie tyd by Sy voete deurbring sodat ekself eers kan hoor, minder van my meer van Hom tot dat ek VOL WORD VAN HOM
"Hy moet meer word, maar ek minder."
JOHANNES 3:30 AFR53
Die Here gee ons opdrag om Ramshorings te wees, veral in 'n tyd soos hierdie waar die waarheid vir die leuen verruil word.
“ Die woord van die Here het tot my gekom: “Mens, PRAAT met die mense van jou volk en SÊ vir hulle: Wanneer Ek oorlog oor 'n land bring, en die mense van die land vat een van hulle en stel hom as 'n wag aan, en hy sien die vyand aankom en blaas die RAMSHORING en waarsku sy mense, en hulle hoor die RAMSHORING maar slaan nie ag op die waarskuwing nie, dan is hulle verantwoordelik vir hulle eie dood.
Hulle het die RAMSHORING gehoor maar nie op die waarskuwing ag geslaan nie, hulle is self verantwoordelik vir hulle dood.
Dit is net dié wat op die waarskuwing ag slaan, wat hulle lewens red.
"Maar wanneer die wag die vyand sien aankom en nie die ramshoring blaas sodat die mense gewaarsku word nie, en die vyand kom en maak party van die land se mense dood, dan sterf dié mense wel deur hulle eie sonde, maar Ek sal van die wag rekenskap eis vir hulle dood.
“Mens, Ek het jou die wag vir Israel gemaak. Wanneer jy by My die opdrag ontvang, moet jy hulle namens My WAARSKU.
Wanneer Ek van die goddelose sê dat hy sal sterwe, en jy praat nie en waarsku hom nie oor sy doen en late nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar Ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood. Wanneer jy die goddelose waarsku oor sy optrede om hom daarvan te laat afsien, en hy sien nie daarvan af nie, dan sterf hy deur sy sonde en het jy jou eie lewe behou. “Mens, jy moet vir Israel sê: Julle sê: ‘Ons opstandigheid, ons sonde rus swaar op ons, ons vergaan daaronder, hoe kan ons nog lewe?’ “Sê vir hulle: So seker as Ek leef, sê die Here my God, Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle bose optrede! Waarom wil julle sterf, Israel?”
ESEGIËL 33:1-11 AFR83
GOOD GOOD FATHER
“If you are slack (careless) in the day of distress, Your strength is limited. Rescue those who are being taken away to death, And those who stagger to the slaughter, Oh hold them back [from their doom]!”
Proverbs 24:10-11 AMP
Wanneer ons lou is, nie erns maak met die Here in Woord en gebed, is ons kragte min om te gehoorsaam en te waarsku
“ Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort. Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!”
SPREUKE 24:10-11 AFR53
God se hart is om mense te waarsku, te red en terug te hou!
WAARSKU IS NIE OORDEEL NIE DIS NAASTELIEFDE
Nog 'n boodskap van nie stilbly ... ons moet WAARSKU!!
“Die stem het vir my gesê: “Mens, eet wat voor jou is, EET hierdie boekrol en gaan PRAAT met die mense van Israel.” Ek het my mond oopgemaak, en die Here het my die boekrol laat eet. Hy het vir my gesê: “Mens, eet die boekrol wat Ek jou gee, eet jou vol.”
Ek het dit geëet, en dit was soet soos heuning in my mond. Toe sê Hy vir my: “Mens, GAAN na die mense van Israel toe en sê vir hulle wat Ek sê.
Jy word nie gestuur na 'n volk wat 'n onverstaanbare, moeilike taal praat nie, maar na die mense van Israel toe, ook nie na baie volke toe met onverstaanbare, moeilike tale sodat jy nie kan verstaan wat hulle praat nie. Het Ek jou maar na hulle toe gestuur! Hulle sou na jou geluister het. Maar die mense van Israel sal nie na jou wil luister nie, want hulle wil nie eens na My luister nie. Al die mense van Israel is koppig en onversetlik.
(ONS MOET DIT NIE PERSOONLIK VAT AS HULLE NIE LUISTER EN ONS MOET DAN NIE WIL OPHOU NIE, DIS VIR DIE HERE WAT HULLE VERWERP, ONS NET INSTRUMENT IN SY HAND WAT MOET GEHOORSAAM AS HY STUUR)
Maar Ek maak jou net so onversetlik as wat hulle is, jou kop net so hard as hulle s'n. Soos diamant, harder as rots, so maak Ek jou kop.
( DIS DIE HERE WAT ONS LAAT AANHOU TEN SPYTE VAN, HY LAAT ONS, ONS OË TOEDRUK, die kyke ens ignoreer dis Hy wat ons laat DEURDRUK SOOS ‘N RUGBYSPELER WAT MET SY SKOUER INGAAN)
Moenie vir hulle bang wees, vir hulle skrik nie.
(Ons MOENIE ons LAAT AFSKRIK EN LAAT STIL MAAK DEUR HUL OPTREDE HEENS ons NIE)
Hulle is 'n weerbarstige volk.”
Hy het verder vir my gesê: “Mens, ONTHOU ALLES wat Ek vir jou sê, LUISTER GOED daarna EN GAAN na die ballinge toe, na jou volksgenote toe (ONS EIE MENSE, MY LAND SE MENSE); spreek hulle aan, sê vir hulle wat Ek, die Here God, sê, of hulle luister of nie.”
Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek agter my die gedreun van 'n groot aardbewing en 'n stem: “Die hemel self moet die magtige verskyning van die Here loof!”
Daar was die geruis van die wesens se vlerke wat aan mekaar geraak het, die gedreun van die wiele daarmee saam en die gedreun van die groot aardbewing. Die Gees het my opgetel en my weggevat, en ek is daar weg, SWAARMOEDIG en ONTSTELD.
(ONS VOEL OOK SO ELKE KEER NA DIE TYD, GEDREINEER, MOEG, maklik is dit nie)
Die mag van die Here het my op 'n harde manier in besit geneem. Ek het by die ballinge in Tel-Abib aangekom. Hulle het daar in die omgewing van die Kebarrivier gewoon, en ek het sewe dae lank verskrik daar tussen hulle gesit. Ná die sewe dae het die woord van die Here tot my gekom: “Mens, Ek het jou aangestel as 'n wag vir Israel:
jy moet luister na wat Ek sê (EERSTENS MOET EK SELF BY HOM HOOR OOK VIR MYSELF)
en hulle namens My WAARSKU (DAN MOET EK GAAN WAARSKU, VERTEL, GETUIG).
“Wanneer Ek vir 'n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood. As jy hom waarsku en hy bekeer hom nie van sy goddeloosheid nie, van sy bose optrede nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar jy sal jou eie lewe behou.
“En wanneer iemand wat tot dusver reg gelewe het, die regte lewe laat vaar en onreg doen, en Ek bring hom tot 'n val, sal hy sterwe. Omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterf en sal die goeie dinge wat hy gedoen het, nie onthou word nie, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood. As jy hom waarsku om nie te sondig nie, en hy sondig nie, sal hy bly lewe omdat hy hom laat waarsku het, en jy sal jou eie lewe behou.”
(GOEIE MENSE GAAN NIE HEMEL TOE NIE, WEL GEREDDE MENSE, WANT NIEMAND IS NET GOED NIE, SELFS NIE EEN SÊ DIE WOORD)
Die mag van die Here het my daar in besit geneem. Hy het vir my gesê: “Gaan na die vallei toe, Ek sal daar met jou praat.” (GAAN EENKANT EN HOOR BY DIE HERE)
Ek is toe na die vallei toe. Die magtige verskyning van die Here het daar gestaan, net soos ek Hom aan die Kebarrivier gesien het. Ek het platgeval, maar die Gees het in my gekom en my regop laat staan.
Die Here het met my gepraat, Hy het vir my gesê: “Gaan sluit jou toe in jou huis. Mens, jy sal vasgebind word met toue, sodat jy nie tussen die mense kan kom nie. Ek laat jou tong aan jou verhemelte vassit, sodat jy nie kan praat nie en hulle nie kan bestraf nie, al is hulle 'n weerbarstige volk.
(ONS MOET ALLEENLIK PRAAT AS DIE HERE ONS SO LEI, VRA BIDDEND WYSHEID WANNEER OM TE PRAAT EN WANNEER OM NIE)
MAAR wanneer Ek jou die opdrag gee en jou tong losmaak, MOET JY vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê.
Laat dan luister wie wil en laat skouers optrek wie wil:
hulle is 'n weerbarstige volk.”
ESEGIËL 3:1-27 AFR83
EK HOOR IN MY HART UIT DIE SKRIF DIE VOLGENDE:
- Ons moet ons vol eet, ons moet gaan krag kry anders is ons kragteloos en hang ons hande slap in getuig, skryf en bemoedig. Daarna moet ons praat, waarsku en getuig ten spyte van die reaksie...gehoorsaam doen en nie ophou omdat ons teenkanting kry nie.
- Ons moet onversetlik voortgaan om die wil van die Here uit te voer, te deel wat Hy vir ons gee, al is dit baie keer baie moeilik.
- Afhanklik van die Gees wees om ons te leer en te vat waar ons moet wees
- Dis nie altyd lekke ervaring nie, dis rof om soms uit te voer en laat jou as mens ontsteld en swaarmoedig.
- Ons gaan skuldig staan as ons nie ons opdrag uitvoer nie, vrees en stilbly nie.
- Ons moenie ons taak geringskat nie. As dit van die Here kom is dit bitter belangrik....
Net daarna lees ek in Bybel in praktyk
"Op elke gelowige lê daar nou nog die plig om as WAGTER op te tree – nie uit eie belange of eie voordeel nie, maar om lewens te red. Dit is immers die taak van 'n wagter en daarvoor moet hy paraat wees."
As ek uit my eie insig en eie belang praat is ek 'n LUIDSPREKER, maar as ek by die Here eers vol word, my wysheid bid en dan gaan getuig, bemoedig, praat, WAARSKU dan is ek 'n RAMSHORING in Sy hand.
Vir 'n oomblik oorweldig twyfel my, hoe sal ek weet of ek reg praat Here, en toe besef ek die geluid wat die RAMSHORING maak is nie uit die Ramshoring se eie vermoë nie, maar lê by die PERSOON wat deur hom blaas.
Die Persoon/persoon wat ons toelaat om deur ons te praat/blaas maak die verskil, as die vyand en die wêreld my denke oorheers dan blaas dit deur my en word ek net nog 'n LUIDSPREKER.
Die Skrif hierbo sê ek moet eers vol word van die Here se Woord voordat ek kan gaan waarsku. Eet dus gereeld die boekrol tot jý vol is.
DANKIE JESUS DAT U ELKE KEER AS EK TWYFEL EN BANG WORD EK HOOR NIE REG U DIT WEER KOM BEVESTIG
Comments
Post a Comment