Hy sê moontlik waar die mens sê onmoontlik, wat is nodig om te gebeur vir ons land om te genees?

 




Ja, SA BRAND!!@

Letterlik en figuurlik

Baie in ons land sê verdoemdende dinge oor ons land en dat dit of dat gáán gebeur 

"NO MATTER WHAT… " 

Ons sien winkels word geplunder, dorpe het letterlik geen voorraad, kos, medesyne ens oor.  Oor die honderd apteke verwoes waarvan baie hoor ons nie weer sal heropen. Verskeie ondernemings is tot op die grond afgebrand. Bitter baie het hul werk en selfs hul lewens verloor.

 'n Bitter hartseer ongekende situasie.



Baie kommunikasie torings is beskadig, dan kom die besef ons sal dalk nie met mekaar kan praat of waarsku en vrees kruip by ons kele op, dis dan wanneer ons moet ONTHOU daar is een kommunikasie lyn wat die vyand nooit heeltemal kan verbreek nie en dis GEBED, ons kan vir die Here vra om hulp. 

Tog probeer die vyand ons gebede verhinder, deur ons te probeer verlei tot opsetlike sonde, want hy weet watter krag daar in ons gebede is. Maar selfs dan het ons steeds toegang tot ons Vader deur opregte berouvolle bebede. Die vyand kan ons toegang tot ons VADER nooit heeltmal verbreek nie want Jesus het aan die kruis daardie toegang vir ons moontlik gemaak toe die gordyn van bo na onder geskeur het.

Vir God ons Vader is niks onmoontlik nie Hy het in die Bybel tot haelstene gestuur wat meer vyand verslaan het as die swaard. Dus op 'n onverwagte manier kan daar hulp kom, iets wat die mens nie kon bewerkstellig.

Volgende wat ons hoor is Taxis staan saam GPS en beskerm dorpe en die onrus bedaar…. En ek kan nie help om te wonder is dit dalk die hael wat die Here gestuur het as antwoord op ons gebede?

***

Ek lees raak op faceboek van iemand wat skryf dat wat die afgelope tyd gebeur het 'n krom hout is wat 'n reguit hou slaan, want dit het reggekry wat nie eers Nelson Mandela kon regkry nie, mense oor kleur en kultuurgrense heen het rug aan rug gestaan, mekaar beskerm en gehelp, alles wat gebeur het, het gemaak dat mense vir mekaar begin OMGEE het.


Toe ek hierdie lees herinner die Here my weer aan toe ons in Bloemfontein gaan bid het vir ons land, en ek gebid het en gevra het Here wat kan ons land verander en dat Hy toe vir my een woord gegee het...OMGEE 

As ons na die koerantopskrifte kyk sien ons ook dat die vyand juis alles in sy vermoë doen om juis dít te verhoed, nl. dat ons vir mekaar sal begin omgee, waarvan die rasse kaart seker die dodelikste wapen is wat hy gereeld uithaal. Hy is dus terdeë bewus van die bedreiging wat OMGEE vir mekaar vir sy planne van verdeel, verwoes en vernietig het. Hy sorg ook daarvoor binne die kerk. Verdeeldheid binne die ligaam van Christus doen God se koningkryk groot skade en veroorsaak baie seer.

Dus wie wil nie hê ons moet NIE VIR MEKAAR OMGEE NIE?

Die vyand!

 Ons moet ons oë oopmaak en om ons kyk wie hy as instrumente gebruik om sy doel te bereik, vir onsself begin dink en hul teëstaan. Sommige koerante, media en politiek speel hier ook 'n groot rol met leuens en halwe waarhede om hul agenda te bevorder, weer tipies van die vyand se karakter, die vader van die leuen.

Dalk kan hierdie gebeure van die afgelope tyd, mense in die toekoms laat saamstaan,  en verander. Harte van klip wat verander na harte van vlees, na OMGEE VIR ANDER, na ANDER SE BELANGE BO MY EIE STEL.

Die Here herinner my ook aan 'n keer toe ons oor kleur en kultuur grens heen saam iemand opreg kon huil oor hul verlies en dit harte verander het heens mekaar wat alle ander pogings nie so kon regkry oor baie lang tyd.




_______________________________________________________________________________________

OMGEE, 

GAAN ONS LAND VERANDER

GEESTELIKE WAPENS, NIE MILITÊRE WAPENS NIE.

(LIEFDE tot Jesus ons persoonlike Verlosser en opregte LIEFDE tot ons naaste)

________________________________________________________________________________________

Pastoor Frik Weideman sê in sy boodskap min of meer die volgende ook na al die gebeure in ons land: 

Paulus steek dieselfde hand wat deur die slang gepik is uit na die mense wat toe aantygings gemaak het van dat hy 'n moordenaar is.  Hy wys nie daarmee vinger nie en maak terug aantygings nie, nee hy lê daarmee hulle die hande op en genees hulle. 

Gaan ons die seer wat ons aangedoen word bly terugdoen, of gaan ons dat dit by ons stop, dit afskud van ons, ons ore doof hou vir die vals aantydgings wat mense teenoor ons maak en dieselfde hand uitsteek, omgee, help en bid

Bid vir jou vyand en seën hulle leer die Bybel ons.

***

 LUKAS 6:36 AFR53

"Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is."

BARMHARTIGHEID se definisie:

Help ander, te voorsien in ander se nood/ om iemand

 nie aan hul lot oor te laat/ om op te offer vir ander

Voorbeeld buiten Jesus vir ons in die Bybel is die Barmhartige Samaritaan

Ons moet barmhartig wees teenoor alle mense, ook die ongereddes, almal is na die beeld van God geskape is. Die Here Jesus identifiseer met hulle sorge en probleme. Hy verwag van sy dissipels om hulle te besoek, te help en te versorg sover hulle kan; daarom sê Hy: “Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie” (Matt. 25:42-43).





Saterdag 24 Julie 2021 het ons ook die voorreg gehad om die gebeds byeenkoms aanlyn te kon bywoon waar kinders van die Here regoor die wêreld kinderlik opreg saam met Oom Angus gebid het vir ons land, manne soos Justice Moegeng Moegeng en Rev Kenneth Meshoe, van ons eie land wat ook ingetree het in gebed.

Daar is onder andere gebid vir herlewing, dat God se kinders se harte sal terugdraai na Jesus en ander Hom as hul Verlosser sal leer ken, dat ons, ons sondes sal erken, herken en berouvol bely, dat die Here ons sal vergewe,  daar is verder gebid teen vrees, teen die bose, vir ons leiers, vir die Here se wil, oorgawe, dat Hy ons oë sal open om Sy hand te sien, NADER AAN Hom te kom en ons Hom sal sien, dat ons Hom sal erken in alles en oral, vir eenheid vir Sy liggaam, vergifnis teenoor mekaar, genesing vir corona virus, ekonomie en werksgeleenthede, dat Jesus die koning sal wees van elke hart in ons land en van ons land. Daar is verder gebid vir stabiliteit en vrede, dat ons sal staan op Sy beloftes, dat ons sal ONTHOU en Hom DANK  vir die gebede van 1994 tot nou wat Hy reeds verhoor het. Daar is ook gebid teen korrupsie, vir genesing en restorasie, dat ons weer sal glo aan wonderwerke, Hy sê moontlik waar die mens sê onmoontlik, gebede het opgegaan vir huisgesinne en veral ons jongmense, dat ons 'n lofprysende nasie sal word wat ander nasies sal beinvloed, dat SA die lig sal indra in Afrika en verder. 

God se Woord is geproklameer oor ons land en sy mense, dat God se kinders weer sal onthou wie Hy is en wie hulle is deur hom, die outoriteit wat ons het om op te tree en die bose teen te staan, satan is magtig maar Jesus Christus ALMAGTIG!! 

Ons het gebid bowenal vir genade oor SA, Goddelike ingryping. Dat die Here "that what the enemy meant for evil, that He will turn it for good" 

Daar is uitgeroep dat die Here se Naam geheilig sal word, hoog opgelig sal word in ons land en dat Sy koninkryk sal kom. Sy lig oor ons sal skyn, ons mekaar sal liefhê en omgee. Ons het gebid dat ons nederig sal word voor Hom weer besef hoe afhanklik ons van Hom is, net Hy kan ons genees. Dat Hy dié wat nog in godsdiens vasgevang is sal bring vanuit godsdiens na verhouding, wat lou is aan die brand sal steek met Sy Gees en die slapende kerk sal wakker word en nie langer net hoorders sal wees nie maar daders sal word. Daar is soveel gebede gebid dat ek nooit alles sal kan skryf nie, maar laastens wil ek afsluit met soveel DANKGEBEDE wat opgegaan het vir wie ons Vader is, wie ons uit genade is, dat Hy harte kan en sal verander, dat ons Sy evangelie mag verkondig, vir Sy lig wat in die duisternis skyn, vir wat Hy al vir ons gedoen het, nou doen en nog gaan doen en dat hierdie gebede sal bly weergalm in die dae wat sal kom.

'n Gebed wat ek tog wil uitsonder en wat menige gebid het was spesifiek vir president Ramaphosa, baie het melding daarvan gemaak en onthou dat hy in sy studente dae Jesus gevolg en Hom gedien het. 

As mens die boeke 1 Konings en 2 Konings lees sien mens keer op keer hoe die welstand van die land menige keer afgehang het of die Koning van daardie tyd in die geskiedenis God gedien en gehoorsaamheid het of nie. President Ramaphosa het voorheen die Here gedien en gehoorsaam maar die laaste tyd kan ons in sy optrede sien dat hy mense nou eerder raadpleeg en doen wat hulle van hom vra na gelang van omstandighede.  Hy het 'n "people pleaser" geword...

Die Here sê ons moet bid vir die koning en vir die wat oor ons regeer SODAT daar vrede kan wees in die land en ons veilig kan woon

Ons as Sy kinders het nie die keuse of ons vir ons president wil bid nie, ons het die OPDRAG gekry by die Here en as ons dit nie doen nie is ons nie in Sy wil nie.





"First of all, then, I urge that PETITIONS (specific requests), PRAYERS, INTERCESSIONS (prayers for others) and THANKSGIVING be offered on behalf of all people, for kings and all who are in [positions of] high authority, so that we may live a peaceful and quiet life in all godliness and dignity. This [kind of praying] is good and acceptable and pleasing in the sight of God our Savior, who desires all people to be saved and to come to the knowledge and recognition of the [divine] truth."
1 Timothy 2:1‭-‬4 AMP

Kom ons lees weer hier bo watter gebede "please" die Here


Die HERE het van 'n SAULUS wat Sy kinders vervolg 'n PAULUS klaar gekry

Pastoor Gerhard van Anker gemeente stel dit so mooi:

Die Here soek wat verlore is...

IETS WAT EERS SYNE WAS WAT HY WIL TERUG HÊ

VERLORE  seun, VERLORE penning, VERLORE skaap, VERLORE volk


Maar voor ons te vinnig vinger wys vir president Ramaphosa of enige iemand anders,  hoeveel van ons is nie ook " people pleasers" nie, gaan hoor eerder by mense raad, soek hulp by hulle eerder as by ons Vader. Die Woord sê tog duidelik vir ons Sy kinders

"Do not trust in princes, In mortal man, in whom there is no salvation (help). When his spirit leaves him, he returns to the earth; In that very day his thoughts and plans perish. How blessed and graciously favored is he whose help is the God of Jacob (Israel), Whose hope is in the Lord his God,"
Psalms 146:3‭-‬5 AMP

Ook die vers in die middel van die Bybel vermaan ons:
"Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou."
PSALMS 118:8 AFR53


Hoeveel het nie nou nog onlangs hul hoop op gewese president Donald Trump gesit om in te gryp in Suid-Afrika nie. 
By die Here alleen is ons hulp en redding.
Dis Hy wat harte van klip in harte van vlees kan verander...



Ons skrif vir Bloemfontein toe daar meer as een miljoen gelowiges op hul knieë was vir ons land was:

2 Chronicles 7:14

" if My people, who are called by My name, will humble themselves and pray and seek My face and TURN from their wicked ways, then I will hear from heaven, and I will forgive their sin and will heal their land.:

Oom Angus preek die vers al vir jare

If My people….ons God se kinders…nie die godelose nie.

In die vers  hoor ons IF MY PEOPLE WHO ARE CALLED BY MY NAME WILL TURN FROM THEIR WICKED WAYS...I WIL HEAL THERE LAND

Die belangrikste is dat ons Sy kinders waarvan ons president (die koning van ons land) een is sal terugdraai na Hom. Ophou met ons verkeerde weë en afsien van ons afgode (goed waarop ons meer vertrou as op die Here), biddeloosheid, of te min te bid, te aanvaar "what will be will be", onvergewingsgesindheid, selfsug, "me myself and I" ingesteldheid, mammon, drank, hoogmoed, geestelike louheid, morele verval, eerder aan ons eie koningkryke te bou as aan Syne, Hom net te soek vir wat Hy vir ons kan doen en nie vir wie Hy is nie, nie Sy hart te deel vir verlore siele nie, Sy Woord nie net aanhoor nie maar DOEN, GEHOORSAAM.

________________________________________________________________________________________

 As God se kinders terugdraai, 

meer nog as die koning terugdraai, 

 genees God 'n land, indien nie verwyder hy so 'n koning en straf Hy daardie land.

________________________________________________________________________________________

“Loof die Naam van God vir altyd, ja, altyd; aan Hom behoort wysheid en krag; 

Hy bepaal die gang van wêreldgebeure. 

Hy sit konings af en stel konings aan

Hy gee wysheid vir dié wat wys is en kennis vir dié wat insig het; (DIS WAARVOOR ONS AS GELOWIGES MOET BID VIR ALMAL IN LEIER POSSISIES WAT BESLUITE MOET NEEM, OOK BY JOU WERKPLEK)

DANIËL 2:20‭-‬21 NLV

Hierdie Woord bekelmtoon ook vir ons dat ons God in beheer is van die wêreldgebeure, niks vang Hom onkant.

Ek lees te toevallig skrif raak in Joel 2 oor ‘n rampshoring en dit trek toe my aandag om, daar verder te lees omdat ek pas die boodskap oor ‘n rampshoring gekry het. 

WAT EK HOOR IS DAT DIE HERE WEL OORLOG EN ONHEIL OOR VOLKE BRING WAT AANHOU VER VAN HOM LEEF IN ONGEHOORSAAMHEID, MAAR HY HET NOG ALTYD PROFETE GESTUUR OM TE WAARSKU, HY WIL NIE STRAF, MAAR MOET AS DIE MENSE NIE LUISTER NA SY WAARSKUWING NIE. 



MAAR HY IS GENADIG EN VOL LiEFDE EN VERGEWE AS MENSE WARE BEROU HET SOOS OOK IN JONA SE TYD.

Hy is by magte om onheil in heil te verander

JONA wou hê God moet Ninive straf oor hul sonde en wou hy hul nie gaan waarsku het nie, maar die Here wil hul waarsku, wil hul kans gee om berou te toon en 180 grade draai te maak. 

“Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword. Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug.

Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.

 “Laat ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe.” Toe vra die Here vir hom: “Het jy rede om kwaad te word?” Toe vra God vir Jona: “Het jy rede om kwaad te word oor die komkommerplant?” en Jona antwoord: “Ek het rede genoeg: ek is besig om te sterf!” Die Here het vir Jona gesê: “Jy is besorg oor die komkommerplant waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het oornag opgekom en oornag is dit dood. Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, 'n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere?”

JONA 4:1‭-‬4‭, ‬9‭-‬11 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Vra die Here ook dalk vir van ons die vraag vandag,  mag Hy nie besorg wees oor so baie in ons land wat verlore gaan en sonder Hom sterf nie?

Is ons ook meer besorg oor ons eie lewe hier en nou, ons eie koningkryke as oor die siele wat om ons verlore gaan?

Ja, ons land en ook in sekere opsigte ook onsself staan so so skuldig voor die Here, sommige ken Hom nie, ander ken Hom maar leef so ver van Hom en ander het soos Jona ons eie agenda en verdien ons om soos Nineve te hoor dat alles ten gronde sal gaan.

As ons vir mekaar sê ons is nie skuldig nie dan maak ons soos die valse profete in die Bybel wat God nie gestuur het nie, dan paai ons mekaar met mooi verse uit die Bybel.  Ons kan egter alleen daarop aanspraak maak as ons die Here se kinders is en Hom alleen met ons hele hart dien, nie volmaak nie, want niemand is en ons kan dit nie verdien, maar opreg.

"So sê die Here die Almagtige: Julle moenie luister na wat die profete sê nie, die profete wat vir julle as profete optree. Hulle wek vals verwagtings by julle, hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here sê nie. 

Hulle hou aan om vir dié wat My minag, te sê: 

“Die Here sê daar sal vrede vir julle wees.” 

Vir dié wat hardkoppig is, sê hulle: 

“Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie.”

JEREMIA 23:16‭-‬17 AFR83


"Ek het nie hierdie profete gestuur nie, tog het hulle met 'n boodskap rondgehardloop; Ek het nie met hulle gepraat nie, tog het hulle as profete opgetree. As hulle in my raadskamer gestaan het, sou hulle my woorde aan my volk meegedeel het 

en my volk van hulle verkeerde koers af laat wegdraai het, van hulle sondige dade af."

JEREMIA 23:21‭-‬22 AFR83


Die Here is by Sy kinders wat Hom dien, wat na Sy wil vra en dit doen, maar as ons ons eie kop volg, ons agter profesieë aanhardloop wat ons nie met die Woord kan bevestig nie dan kan Hy ook ver van ons afstaan en ons straf.

"Ek is nie 'n God wat net naby is nie, sê die Here, Ek is 'n God wat ook ver weg is. Daarom sal Ek julle heeltemal vergeet, Ek sal My nie meer aan julle steur nie, en ook nie aan die stad wat Ek aan julle en julle voorvaders gegee het nie. Ek wil julle nie meer sien nie."

JEREMIA 23:23‭, ‬39 AFR83

Pas op vir valse profete. Pas op om profesië te gebruik soos toekomsvoorspelling ipv die Bybel en dus God te vertrou.

Selfs ware Profesië en ook die drome wat mense kry weeg nie swaarder as die Woord nie, dit kan wees sonder die Woord wat dit staaf soos iemand wat strooi praat. Mense kan hul eie agenda soms dryf en kan selfs verse uit die Woord gebruik, of hul wil by mense gewild wees deur vir mense te sê wat hul wil hoor. 

"Die profeet wat 'n droom gehad het, mag vertel wat hy gedroom het, maar hy wat my woord ontvang het, moet my woord eerlik oordra. 'n Mens kan nie strooi met die beste koring vergelyk nie, sê die Here.

JEREMIA 23:28 AFR83

Verkeerd het reg geword en reg verkeerd,

As ons om ons kyk, wat in die land gebeur, wat op die nuus is, watse goed op ons tv kanale gewys word, programme wat deur ons mense vervaardig word, Bybelse waarhede wat uit kerke verdwyn, wat op ons skole geleer word, dat die Here uit ons skole, parlement en maatskappye verwyder is, sien ons alles behalwe 'n samelewing wat die Here dien en moet ons besef dat ons as eens Christelike land op 'n syspoor beland het en nie meer op Sy spoor is nie, ons het nodig dat ons met die Here moet regmaak en moet ons onsself afvra of dit waarmee ons besig is elke dag Hom eer?





Baie mense voel dalk soos Jona, hul wil hê die Here moet straf, hul glo die land kan net regkom as dit eers toegelaat word om oor te kook en dit te gronde gaan, maar hoeveel gaan in die proses hul lewens verloor, ek glo bo ons huidige omstandighede dra dit groter gewig by Jesus om siele te red, daarom waarsku die Here altyd oor en oor voor Hy straf.

Al die slegte goed kan wel gebeur en is besig om te gebeur soos ons reeds ook in Zimbabwe gesien gebeur het  maar (BUT GOD) as ons na God terug draai as ons doen wat Hy vra sal Hy vergewe en ons land genees, NIKS IS VIR HOM ONMOONTLIK NIE.

Jode het ook aardse koning verwag wat hul uit hul aardse probleme moes red, maar Jesus was veel meer as dit, Hy het God se plan kom uitvoer, om mense vir die ewigheid te red

Bid ons net vir ‘n beter SA vir ons en ons kinders, of vir siele wat gered moet word. Die ironie is ons vergeet;  "soek allereers die koningkryk van God en die res word vir ons bygevoeg."

 Hulle het aardse koning gesoek en die hemelse gemis. 

Kom ons lees weer wat is God ons Vader se hart (desires)

"This [kind of praying] is good and acceptable and pleasing in the sight of God our Savior, who desires all people to be saved and to come to the knowledge and recognition of the [divine] truth."
1 Timothy 2:1‭-‬4 AMP

Die woord wat my aandag getrek het in Joel was

Blaas die ramshoring in Sion, roep hard op my heilige berg. Al die inwoners van die land sal bewe, want die dag van die Here kom, dit is naby:”

JOËL 2:1 AFR83

Blow the trumpet in Zion [warning of impending judgment], Sound an alarm on My holy mountain [Zion]! Let all the inhabitants of the land tremble and shudder in fear, For the [judgment] day of the Lord is coming; It is close at hand,

Joel 2:1 AMP

Waarsku, die Here gaan straf as ons nie luister nie!!!

ONS KAN DIT NIE LANGER IGNOREER NIE!!!

Ons genade tyd kan uithardloop as ons nie nou gehoor gee aan Sy vermanings en terugdraai na Hom met opregte berouvolle harte nie. 

Nineve het nie net gehoor wat Jona sê nie hulle het geluister, hulle het gereageer en  teruggedraai na die Here in berou en die Here het afgesien van die straf wat verseker sou kom.

"When GOD SAW their DEEDS, that they turned from their wicked way, then God [had compassion and] relented concerning the disaster which He had declared that He would bring upon them. And He did not do it."

Jonah 3:10 AMP

DUS daar is vir ons ook HOOP,  uit die Woord sien ons oor en oor dat die Here baie kans gee vir BEKERING en TERUGDRAAI na Hom. 

Ons moet erg bid, waarsku en terug draai.


WOW wat my hier tref en HOOP GEE is wat die Here oor Homself sê in presies dieselfde woorde oor wie Hy is by monde van Joël, Jona en Dawid ...

Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. 

Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie

Kom terug na die Here julle God toe: 

Hy is genadig en barmhartig;

 Hy is lankmoedig en vol liefde. 

Hy is bereid om straf te herroep.

 Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie; of Hy nie weer voorspoed sal gee nie sodat daar weer graan- en drankoffers sal wees vir die Here julle God! 

Blaas die ramshoring in Sion, bepaal 'n dag om te vas, roep die gemeente bymekaar. Roep die volk op, reinig die gemeente, laat die leiers bymekaarkom, bring die kinders bymekaar, selfs dié wat nog drink. 

Die bruidegom moet uit sy kamer uitkom, die bruid uit haar wittebroodskamer. Die priesters wat in die diens van die Here staan, moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil, hulle moet sê: “Betoon medelye met u volk, Here, moenie die volk wat aan U behoort, tot 'n bespotting maak, sodat die nasies met hulle sal spot nie. Waarom moet daar onder die volke gevra word: Waar is Israel se God?” 

Die Here het vir sy land opgekom, Hy het medelye betoon met sy volk. Die Here het sy volk geantwoord: Ek stuur vir julle koring en wyn en olie. Julle sal oorgenoeg hê. Ek sal julle nie weer tot 'n bespotting onder die nasies maak nie.

JOËL 2:12‭-‬19 AFR83‬‬


Ook Dawid het die Here presies so geken…

“Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, van die luister, die heerlikheid van u majesteit. 

Ek wil getuig van u magtige dade, sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel. Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel. 

Genadig en barmhartig is die Here, 

lankmoedig en vol liefde. 

Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun dié wat bedruk is. 

Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd. U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef. Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. 

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep

Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet,

MAAR  al die goddeloses verdelg Hy. 

Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy heilige Naam vir altyd prys.

PSALMS 145:4‭-‬9‭, ‬14‭-‬21 AFR83‬‬‬‬‬‬


Dawid wil dit ook uitjubel en geslag na geslag moet dit vertel, soos Joël ook vra 

“Vertel dit aan julle kinders, en laat hulle dit weer aan húlle kinders vertel, en dié weer aan húlle nageslag!”

JOËL 1:3 AFR83


Weer in Psalm 103 jubel Dawid oor wie die Here is

“Barmhartig en genadig is die Here,

 lankmoedig en vol liefde. 

Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. 

Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. 

So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.

 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. 

Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is. 

Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van 'n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg.

 Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte, vir dié wat getrou bly aan sy verbond en (dié wat) sy voorskrifte nakom.”

PSALMS 103:8‭-‬18 AFR83‬‬


Let op dat God is wie Hy is, niks wat ons doen kan vernader aan wie Hy is nie, MAAR wat ons doen kan verander wat ons uit Sy hand kry.

Ongehoorsaamheid bring straf

Sonde die ewige dood

MAAR berou bring vergifnis.

Gehoorsaam Hom dien maak elke belofte waar vir Sy kinders.

Ons kan nie ver en sonder God leef en dan glo dat die skrif vir ons bedoel is nie, dan is die Woord waar oor ons wat sê "MAAR  al die goddeloses verdelg Hy" Ps 145

Ons moet dus nie dink ons kan op 'n SYSPOOR ver van God bly loop sonder om in opregtheid terug te draai nie dat die beloftes vir ons sal waar word nie. Hy benadruk dit hier oor en oor dat Sy beloftes van ontferming en beskerming is vir dié wat op SY SPOOR wandel en vir die die wat terugkeer na Sy Spoor. Hy het vir die verlore seun die vetgemaakte kalf geslag en fees gevier.

Moenie dat die vyand ons mislei nie. Al sê ons psalm 23 en 91 oor en oor op sal dit ons niks baat as ons nie by die Herder self eers uitgekom het nie.



Dawid, Joël en Jona weet dit van die Here dat Hy Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde is, maar weet en glo ons dit.

Verwag ons straf sonder die kans om te kan begenadig word. Sien ons God as iemand wat heeltyd kyk wat ons verkeerd doen sodat Hy ons kan straf, of sien ons God as iemand wat na my belange alleen omsien en ander moet straf wat my te na kom. 

Die fliek NOAH is so ver van die Bybel se verhaal van Noag af dat dit eintlik glad nie eers Noah genoem behoort te word nie, maar die wêreld wat God nie ken weet dit nie. Hulle weet nie dat die god wat NOAH uitbeeld nie die ware God van die Bybel is wat ons Sy kinders ken en liefhet nie.

Daarin  probeer die skrywer God ons Vader skets as iemand wat hard, veroordelend, stil en afsydig staan teenoor die mens se nood, sy nood selfs agv sy eie sonde. Die verhaal in Noag in die bybel het God ook die mense bly waarsku oor hul sonde maar hul het nie geluister en toe het God die vloed gestuur en Noag en sy gesin veilig in die ark toegesluit. 

Ja Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde is, maar daar kom 'n dag dat Hy die deur sluit agter Sy kinders en dit te laat is vir ander wat nie soos Nineveh gereageer het op  Sy waarskuwings nie. 

  Ons leef in genade tyd. Die Woord sê ook van ons…

God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, WANT Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”

HANDELINGE 17:30‭-‬31 AFR83‬‬




Hy waarsku ook en roep ons om terug te draai na Hom nie net as land nie, maar veral as persoon. 

Ja ons ken Jesus van kleinsaf, maar het ons dalk lou geword, of het ons nog nooit werklik besef wat dit behels om Hom waarlik te volg nie.

HOE SEKER IS ONS, ONS SAAK IS REG MET HOM?



"Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens. In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens."

MATTEUS 24:37‭-‬39 AFR83‬‬



Is jou lampie vol, is jy seker of hoop jy so?

Baie besef nie hul is valslik gerus nie, ek was lank een van hulle.


Baie is net "Fans, not Followers"


Is jy godsdienstig of volgeling?

“Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis. In die tyd van Lot het dit ook net so gegaan: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink, gekoop en verkoop, geplant en gebou. Maar op die dag toe Lot Sodom verlaat het, het vuur en swael uit die hemel gereën, en dit het almal uitgewis. Net so sal dit ook gaan op die dag wanneer die Seun van die mens verskyn."

LUKAS 17:26‭-‬30 AFR83‬‬

Is God wreed?

Nee, God waarsku oor en oor en oor vooraf….maar die mens steur hom nie daaraan. 

God is liefde en wil nie die mens straf maar ook regverdig en moet die sonde straf. 

Hy het hierdie probleem, in Sy Seun Jesus Christus kom oplos. Ja hy het Adam en Eva uit die paradys gejaag na hul sonde want Hy wou nie hê hul moet so in hul sonde toestand ver van Hom vir ewig bestaan nie, (BUT GOD) Hy kom herstel Sy verhouding met die mens deur Sy Seun te stuur om in ons plek te sterf. Daarvan vertel die fliek NOAH nie. 

 Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde dis die God wat ons Sy kinders ken, maar die wêreld sal nie weet want hulle ken Hom nie. 

Ek sê weer ons is nou in GENADE TYD waar ons met die Here ons eie saak moet reg maak. Net dat ek en jy nog asemhaal is elke dag wat ons nog gegun word genade tyd.

DIE gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda. 

Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die Here het dit gespreek.

JESAJA 1:1‭, ‬18‭-‬20 AFR53‬‬‬‬

Maar ons moet ook RAMSHORINGS wees wat mense WAARSKU. 

"Op elke gelowige lê daar nou nog die plig om as wagter op te tree - nie uit eie belange of eie voordeel nie, maar om lewens te red. Dit is immers die taak van 'n wagter en daarvoor moet hy paraat wees." Uit Bybel in praktyk

"Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort. Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!"

SPREUKE 24:10‭-‬11 AFR53‬‬


Niemand is net goed nie en goeie mense gaan nie hemel toe nie, net geredde mense gaan hemel toe.

!!Koop die tyd uit!!

Maak dus jou saak reg met die Here, herken, erken en bely. Hê berou met ‘n opregte hart voor die Here…gaan dan en vertel, getuig WAARSKU…blaas die ramshoring sodat ander ook gered sal word. Kry jou krag by die Here, trek jou wapenrusting aan om op jou pos te kan bly ondanks die aanslae van die vyand. Bid vir mekaar, hou mekaar se hande hoog, staan langs mekaar nie teen mekaar, eensgesind tot een doel, God te verheerlik en Sy koningkryk te dien. Gee om vir mekaar! 

________________________________

Dit is dus nie fissiese wapens wat die land gaan verander nie maar

LIEFDE,  LIEFDE TOT GOD EN LIEFDE TOT ONS NAASTE 

 GEBED

 EN GOD SE KINDERS WAT TERUGDRAAI NA HOM,  

dus GEESTELIKE WAPENS.

______________________________________________

"AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword. 

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 

En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 

Die liefde is lankmoedig en vriendelik;

 die liefde is nie jaloers nie; 

die liefde praat nie groot nie,

 is nie opgeblase nie,

 handel nie onwelvoeglik nie,

 soek nie sy eie belang nie, 

word nie verbitterd nie, 

reken die kwaad nie toe nie,

 is nie bly oor die ongeregtigheid nie,

 maar is bly saam met die waarheid. 

Dit bedek alles,

 glo alles,

 hoop alles,

 verdra alles.

 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan. 

Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. 

Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ek die dinge van ’n kind afgelê. 

Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. 

En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; 

maar die grootste hiervan is die liefde."

I KORINTHIËRS 13:1‭-‬13 AFR53




Hoor ek dit of glo ek dit en doen ek dit?


 Ons moet inkyk, bely en opreg besluit vandag




"Who is a God like You, who forgives wickedness And passes over the rebellious acts of the remnant of His possession? He does not retain His anger forever, Because He [constantly] delights in mercy and lovingkindness."
Micah 7:18 AMP

Dankie Jesus, mag elkeen van ons U genade hand na ons uitgestrek aangryp in hierdie genadetyd.


_______________________________________________________________________________



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”