As ons hierdie maar net kan onthou, maar soms word ons so oorweldig dat ons vergeet


Soms word ons so OORWELDIG met alles wat met ons en om ons gebeur dat ons VERGEET hoe groot ons God is.



Maar Jesus kom deur Sy Gees in my eie tyd by Sy voete en herinner my opnuut aan wie Hy is en wie ek vir Hom is en kom vul my met die wete dat: 

"WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? 
As God vír ons is, wie kan teen ons wees? 
Hy wat SELFS sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons ALMAL oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?"
ROMEINE 8:31‭-‬32 AFR53

Besef ons hoe kosbaar hierdie Woord is, bedink ons dit werklik, ONTHOU ons dit?



Ook beskerming en wysheid oor wat ons moet besluit skenk Hy genadiglik


In 'n boodskap van Pastoor Gerhard van All Nations gemeente oor die Reus van vrees 
sê hy :

"as die REUS VAN VREES jou kan ISOLEER 
kan hy jou domineer."

Dit het die boodskap van Goliat opnuut vir my kom oopbreek. 

Hieruit leer ons die vyand se manier van doen ken.
-  die vyand Isoleer jou
-  die vyand sorg dat jy op die verkeerde plek tyd deurbring
-  die vyand laat jou op die verkeerde fokus

1. Die vyand isoleer jou

 Goliat daag nie die hele weermag gelyk uit nie, hy wil hul elkeen ALLEEN kry om eenkant teen hom te kom veg want hy weet dat as hy hul kan AFSONDER, weg van die ander dat hy hul so kan intimideer, domineer en lam van vrees maak, want nie een van hulle kan met hom vergelyk nie.
Een vir een eenkant alleen. 

Hy het geweet dis waar sy kans op oorwinning lê teen die volk van God, maar wie het gesê hul móét hom een vir een aanvat?
  Goliat het, terwyl die Here sê:


The battle is not yours BUT GOD'S

 Die Here sê nêrens in Sy Woord dat ons op ons eie die vyand moet aandurf nie, nie fissies nie, maar VERAL nie geestelik nie, maar wel dat ons MET ONS GOD en SAAM ander gelowiges die vyand moet teen staan.

Ipv om soos in die verlede te geveg laat hul toe dat hierdie vyand nuwe reëls maak, en OMDAT vrees die oorhand kry dink hul nie vir hulself nie en aanvaar sommer goedsmoeds sy voorwaardes (leuens). 



"En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle ’n man uit, dat hy na my toe afkom."
I SAMUEL 17:8 AFR53


Dienaars van Saul?
Kyk hoe lei die vyand al klaar hul gedagtes in 'n verkeerde rigting, hulle is dienaars van God, die God van Abraham, Isak en Jacob wat hul uit Egipte gelei het. 
Die GOD VAN WONDERS.  

 Dit laat my net weer besef hoe dodelik die "lockdown" in hierdie tyd is, nie net sonder dit ons af van almal nie, maar van ons geliefdes en veral medegelowiges.

 Veral kerkdienste word geteiken. In die nuus lees ons hoe mense in kerke gearristeer word omdat hul saamgekom het, maar plunderaars saam in hul duisende laat hul begaan. 

My ma het 'n gesegde wat sy altyd sê : 
"As die duiwel jou alleen kry maak hy jou stukkend"


Die Here weet dat dit steeds die duiwel se strategie en oorlogsplan is om ons af te sonder daarom vermaan Hy ons in Sy Woord om nie van die gemeente (medegelowiges wat saamkom in Woord, lofprysing en gebed) weg te bly nie.
"Laat ons STYF VASHOU aan die HOOP wat ons bely, want God is getrouHy doen wat Hy beloof hetLaat ons ook na MEKAAR omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die SAMEKOMSTE van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom."
HEBREËRS 10:23‭-‬25 AFR83

In China word hul ook gearristeer as hul as gemeentes van Jesus saamkom, maar dit het hulle nog nooit gekeer, ons kan so baie by die vervolgde kerk leer. 


Ons het ook al die vergelyking gehoor van dat 'n kooltjie vuur vinnig afkoel, lou word en selfs uittblus as dit eenkant buite die vuur lê en kan dus net kokend warm bly as dit in die vuur by die ander kole is. Sal dit nie die Duiwel se plan perfek pas nie?

Die vyand se grootste oorlogsveld is ons gedagtes.
Alleen: my GEDAGTES teen syne.

Dis tyd dat ons weer hierdie waarheid vasgryp en dit ons eie maak, moeite doen om by mekaar uit te kom en saam te kom om mekaar te ondersteun, bemoedig, vermaan en Woord te ontvang, LEUENGEDAGTES TE VERVANG MET DIE WAARHEID, saam te bid en God te loof en prys en mekaar te kan herinner aan :




 Dis JUIS in SAAMKOM waar ons met MEKAAR 
God se WAARHEID en PERSPEKTIEF kan deel.

Saam met mekaar, en saam met ons Vader is waar ons krag kry om die reuse in ons lewens se koppe af te kap.

"Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde."
MATTHÉÜS 18:20 AFR53





Ek het dit eerstehands weer beleef hoe erg dit is om nie saam te kan kom in 'n bitter hartseer tyd toe my skoonsussie oorlede is onlangs aan covid.   
Daar is krag en troos in SAAM WEES.




Steek vir MEKAAR die lig aan

Later een aand toe ek voel dinge vang my agv ook baie ander goed wat oor ons pad gekom het, het ek van my vriendinne gewatsapp en gevra om vir my te bid vir krag, sjoe ek het weer daardie aand besef hoe skatryk mens is as jy mense in jou lewe het wat SAAM jou kan bid.

 Ek was eers verleë en wou nie vra, dus wou die vyand my deur trots sover kry om ALLEEN my reus aan te vat.
 Ek is egter so so dankbaar ek het, onmiddelik het die watsapps teruggekom en het mense vir my ingetree in gebed en kon ek 'n ander mens daardie aand gaan slaap.

 Daardie vrees wat teen my keel opgekruip het was weg, ek was gevul met nuwe krag en rustigheid. Die vyand weet dis wat gaan gebeur as ons uitreik na mekaar, as ons daar is vir mekaar en nog te meer as ons saam by Jesus se voete kniel, daarom sal hy alles in sy vermoë doen om ons eenkant te kry.

Net ek teen die reus van vrees voor my

___________________________________________________________________________


In ons nood besef ons nie 
die vyand gebruik alles in sy vermoë, 
veral VREES om ons te laat
 VERGEET WIE GOD IS en daarmee saam al Sy BELOFTES 
en om ons te laat VERGEET WIE ONS IS IN JESUS CHRISTUS
 en alles wat daarmee saamkom

______________________________________________________



Dit het nooit by hulle opgekom dat hul eerder vir God moes vra as om te veg soos wat die vyand voorstel nie. 

"As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons SLAWE wees en ons dien. Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ’n man, dat ons saam kan veg. Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn HOOR, was hulle verskrik en baie bevrees."
I SAMUEL 17:9‭-‬11 AFR53
Wat hul nie besef het nie is VREES HET REEDS VAN HULLE SLAWE GEMAAK

Selfs om gered te word stel die vyand alternatiewe maniere voor, kom hy met leuens en halwe waarhede, verander hy aan God se Woord, "skeur" hy bladsye uit die Bybel en maak mense valslik gerus!!

God se enigste plan: GENADE en nie VERDIENSTE


"Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."
EFÉSIËRS 2:8‭-‬9 AFR53

"since all have sinned and continually fall short of the glory of God, and are being justified [declared free of the guilt of sin, made acceptable to God, and granted eternal life] as a gift by His [precious, undeserved] grace, through the redemption [the payment for our sin] which is [provided] in Christ Jesus,"
Romans 3:23‭-‬24 AMP


Vir ons is Hy die God wat Sy Seun Jesus gestuur het om ons Syne te maak.



Hoeveel goed in ons eie lewe veg ons dalk op die vyand se manier en besef ons nie ons Vader het 'n ander manier hoe Hy dit sou doen of van ons verwag nie.

MAAR ONS "ASSIST" SOMS DIE VYAND EERDER AS OM HOM TE "RESSIST"

 Die vyand verblind ons.




Dink weer aan die duiwel se plan:
 "as die reus van vrees jou kan isoleer kan hy jou domineer."


 Hy gebruik ook russies, misverstande, trots, verleentheid, skaamte, jaloesie, ras en kultuur verskille, my kerk jou kerk verskille en nog soveel ander maniere wat ons nie eers besef om ons te VERDEEL en te ISOLEER.

Lees maar die koerantopskrifte op enige gegewe dag en jy sal sien dit is wat koerante verkoop. 
Daar is altyd iemand wat "stir" as dinge te goed gaan.

Ons moet ook nie toelaat dat die REUS VAN VREES ons isoleer in hierdie tyd nie, dink ek kan self hierdeur gaan nie, ek het nie ander nodig nie. Soek geleenthede en maak geleenthede om saam te kom met ander gelowiges, selfs oor die foon.

Glo my die vyand gaan nie vir jou 'n pakkie opmaak wat jy alleen sal kan dra nie, dit sal altyd te swaar wees, bedoel om jou rug te breek en hoe langer mens 'n pakkie alleen dra, hoe swaarder word dit ook vir jou. 
Gedeelde smart is halwe smart, dit maak daai pakkie net soveel ligter. 



"Dra mekaar se laste 
en vervul so die wet van Christus."
GALÁSIËRS 6:2 AFR53


Die Vader het ons vir mekaar gegee om mekaar se laste te help dra, om mekaar te dra as die las vir een van ons te swaar raak. DIS 'N OPDRAG! 



Herinner mekaar aan wat God al vir ons gedoen het en wie Hy is en dat niks vir Hom onmoontlik is nie, help mekaar te ONTHOU van Sy beloftes en van wie ons is, Sy kinders wat deel in alles wat van Hom kom. 




***


2.  Die vyand sorg dat jy op verkeerde plekke jou tyd deurbring

 Dawid het al geleer dat hy die Here desperaat nodig het. Hy was nederig afhanklik van die Here, hy het nie in eie krag dinge aangepak nie. In ons desperate oomblikke leer ons God ook ken as die God wat ons nooit los.

 Hy vat egter nie altyd die reus weg nie, maar Hy help ons veg



Kom ons sit ons vir 'n oomblik in hulle skoene en sien wat sien hulle voor hulle.

"Toe kom daar 'n baasvegter uit die laer van die Filistyne uit. Sy naam was Goliat en hy was afkomstig uit Gat. Hy was drie meter lank. Daar was 'n bronshelm op sy kop, en hy het 'n harnas met skubbe aangehad. Die gewig van die harnas was sewe en vyftig kilogram. Daar was bronsskerms voor sy bene en tussen sy wapens was daar 'n bronsswaard. Die steel van sy spies was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel, en die ysterlem daarvan was sewe kilogram. Sy skilddraer het voor hom uit geloop."
1 SAMUEL 17:4‭-‬7 AFR83


As dit nie jou "fight" is nie en jy ver van 'n reus staan kan jou perspektief dalk wees dat hy kleiner is as wat hy is, en dat dit nie so erg is nie, maar vir die persoon wat voor daardie reus staan is dit so erg, moet dus nie ander se reuse afmaak as niks nie. 

Vir 40 dae het hierdie reus hulle uitgedaag.

"En die Filistyn het smôrens vroeg en saans nader gekom en gaan staan, VEERTIG DAE lank."

I SAMUEL 17:16 AFR53


Maar hoekom REAGEER Dawid VERSKILLEND van die res van die volk, alby partye staan tog op dieselfde plek, teenoor dieselfde Reus van vrees.

Kom ons kyk eers hoe reageer die soldate van Israel?

"Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en BAIE bevrees."

I SAMUEL 17:11 AFR53

"When Saul and his troops heard the Philistine’s challenge, they were terrified and lost all hope."

1 Samuel 17:11 MSG

Verskrik, BAIE bang en verloor HOOP

Ons eie reuse het nogal daardie effek op ons ook aanvangklik.

Ons kan hieruit aflei hoekom Israel nie aangeval het nie want hul het die vyand se leuen geglo, gevrees, vergeet wie hul God is en wie hulle is, maar wonder ons ooit hoekom die Fillistyne elke dag net stelling ingeneem het, hoekom hul nooit tot volle aanval oorgegaan het nie, was hul dalk banger vir Israel as wat Israel besef het want die vyand wat aan die Fillistyne se kant is weet wie Israel se God is en dat Hy Almagtig is, en omdat hy dit weet, weet hy God self sal vir hulle veg.

Israel het dalk in hul oomblik van vrees VERGEET, maar die duiwel het nie. Hy onthou hierdie is die volk van God wat Hy uit Egipte uitgelei het en wat Egipte se lot toe was.

Exodus 14:13-14

"And Moses said to the people, “Do not be afraid. Stand still, and see the salvation of the Lord, which He will accomplish for you today. For the Egyptians whom you see today, you shall see again no more forever. The Lord will fight for you, and you shall hold your peace.”


Want sien die bose glo dat God bestaan en hul sidder...

"Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder."

JAKOBUS 2:19 AFR53


Die vyand onthou ook van die woorde van Elia teenoor sy dienskneg.

"The servant of the man of God got up early and went out, and behold, there was an army with horses and chariots encircling the city. Elisha’s servant said to him, 

“Oh no, my master! What are we to do?” 

Elisha answered, “Do not be afraid, for those who are with us are more than those who are with them.”

Then Elisha prayed and said, “Lord, please, open his eyes that he may see.” 

And the Lord opened the servants eyes and he saw; and behold, the mountain was full of horses and chariots of fire surrounding Elisha."

2 Kings 6:15‭-‬17 AMP


VREES het die soldate van Israel VERBLIND en laat VERGEET dat...



 So hy kom met 'n ander aanvals taktiek, hy probeer in hulle koppe inkom, hy vul hul gedagtes met VREES en LEUENS sodat hul God se waarheid sal vergeet, dalk het hul gedink dit sal nie eers help om te bid nie, hy laat hulle op hul eie insigte staatmaak van wat hul hier voor hulle mos self kan sien. 

Bombardeer hulle 40dae daarmee, breinspoel hy hulle vir 40 dae lank. 


_______________________________________________________________________________________

Waar hulle hul 40dae deurgebring het,

 het die VERSKIL gemaak 

tussen Dawid se reaksie op die reus Goliat voor hulle 

en die res van die volk .

____________________________________________________________________


Dit wat hulle toegelaat het om hul ore en oë te bereik in die tyd, en in hul harte vasskop plek kon laat kry het.


Die soldate van Israel het vir 40 dae 

in Goliat se teenwoordigheid gewees

-  heeltyd vir Goliat(VREESGESIEN

(V24)Toe die Israeliete die man SIEN, het hulle almal vir hom GEVLUG en hulle was BAIE BANG." 1 SAMUEL 17: ‬24 AFR83

- vir VREES GEHOOR 

"(V11)Toe Saul en die hele Israel HOOR wat die Filistyn sê, het hulle GESKRIK en BAIE BANG geword.... 1 SAMUEL 17:11‭ AFR83

- en met mekaar oor VREES GEPRAAT.

"Dawid het van hom af weggedraai na 'n ander een toe en dieselfde gevra, en die manskap het geantwoord soos die eerste." PRAAT MET MEKAAR OOR GOLIAT SE KRAG EN DREIGEMENTE

1 SAMUEL 17:30 AFR83


Hulle was heeltyd in die teenwoordigheid van hierdie verdoemende gesprekke en het self later begin saampraat

In die bogenoemde verse sien ons wat verkeerde geselskap se HOORSIEN en saam praat tot gevolg het.


Dawid het vir daardie selfde 40 dae 

in God se teenwoordigheid tussen die skape in die veld deurgebring. 

- Hy  het God se stem GEHOOR

- GESIEN wat God Sy Vader deur hom kon doen aan die beer en die leeu,  ONTHOU  dat dit die Here was wat hom uit die klou van elke gevaar voorheen kon red

- en hy het psalms geskryf(gepraat /gesing) oor hoe groot en almagtig God is



Vyand maak ons ook so so bang met die wat asse, die sê nou maars, dus wat sal of kan gebeur en baie daarvan gebeur nooit en dit maak dat baie van ons benoude spronge maak en verkeerde besluite neem.

Die vyand BREINSPOEL ons.

Aanhoudende selfde boodskappe oor lang tyd dring ons denke binne en verander dit ook my optrede as ek dit nie met die Waarheid van God se Woord vervang nie. Dis dus belangrik waar ek my 40dae deurbring en wat ek toelaat om deur my brein te spoel. God se waarheid of Satan se leuen. Hy gebruik mense in gesagsposisies en die media om sy leuen so baie te herhaal dat dit later vir so baie  soos die waarheid begin klink, veral as jy te lanklaas of te min die ware waarheid onder oë gehad het..


Waar spandeer óns die meeste van ons tyd, in wie se teenwoordigheid vertoef ons die meeste? Waarna kyk ons heeldag, luister ons na heeltyd? 


Wat PRAAT óns?



Ja die reus is so groot en vreesaanjaend, maar  pasop hoe jy praat.

Dawid praat nooit oor die reus se krag en grootte nie, maar oor God se krag en hoe groot Hý is. 


Vir sy medevolksgenote het hy geantwoord

"Dawid het vir die manskappe wat by hom staan, gevra: “Wat sal gebeur met die man wat die skande van Israel wegneem en die Filistyn daar anderkant verslaan? Wie is hierdie heiden, hierdie Filistyn, nogal dat hy die linies van die lewende God verkleineer?”

1 SAMUEL 17:26 AFR83

Dit moet ons ook ontstel as God se eer en Sy kinders aangeval word


Vir die koning het hy geantwoord

" 'n Mens moenie oor hóm moedeloos word nie,” sê Dawid toe vir Saul. “Ek sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.”

1 SAMUEL 17:32 AFR83

Ons moet ook nie toelaat dat dit wat ons om ons sien afspeel ons moedeloos maak nie.


Vir Goliat(vrees) het hy geantwoord

"Maar Dawid sê vir die Filistyn: “ Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het....

 Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee.”

1 SAMUEL 17:45‭, ‬47 AFR83

En die reus van vrees voor ons moet ons antwoord met "MET MY GOD!"



I raise a hallelujah
In the presence of my enemies
I raise a hallelujah
Louder than the unbelief
I raise a hallelujah
My weapon is a melody
I raise a hallelujah
Heaven comes to fight for me
I'm gonna sing in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes hope will arise
Death is defeated, the King is alive
I raise a hallelujah
With everything inside of me
I raise a hallelujah
I will watch the darkness flee
I raise a hallelujah
In the middle of the mystery
I raise a hallelujah
Fear, you lost your hold on me
I'm gonna sing in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes hope will arise
Death is defeated, the King is alive
Sing a little louder
Sing a little louder
Sing a little louder
Sing a little louder
Sing a little louder
Sing a little louder
Sing a little louder
Oh, sing a little louder
Bethal music

Dawid het ook basies uitgeroep
  "Fear, you lost your hold on me!"

Hy hoor nie wat die reus teen hom as persoon sê nie, maar wat die reus teenoor sy God sê en dit ontstel hom. God se eer was op die spel, dit het nie vir hom gegaan oor homself nie. Hy was bereid om sy lewe te verloor sou dit daarop aankom om God se eer en volk te verdedig. 


Die Filistyn se arrogansie verstom hom om die volk van die lewende God uit te daag. Hy kan nie glo dat hy nie weet wie hy uitdaag nie. Omdat hy die volk van God uitdaag daag hy indirek God uit. 

God veg vir ons...



___________________________________________________________________________________________

Ek het al 3 keer die laaste tyd wakker geword in die middel van die nag met onderskeidelik hierdie woorde in my gedagtes:

- You fight every battle who comes against us, there is nothing like the power of my God

-  If You are for us o Mighty fortress, who can be against us, there is nothing like the power of my God

-  You win every battle that comes against us, there is nothing like the power of my God.  When we fight we fight on our kneas, there is nothing like the power of my God

Hy veg vir ons Sy kinders en daar is niks soos Sy krag nie.


Dawid het dit nie net geweet nie, hy het dit GEGLO!!



Dis hoe  Dawid homself voor Goliat gesien het  ______________________________

Die soldate se 40 dae in vrees se teenwoordigheid het hulle lam gelaat en wou laat vlug weg van Goliat. Hulle was nie in staat om te gaan veg nie. Dawid se 40 dae in God se teenwoordigheid het die teenoorgestelde reaksie, hy gaan veg nie net teen die vyand nie, hy hardloop sy vyand tegemoet en verslaan hom. 

"Toe die Filistyn regmaak en nader kom om Dawid te ontmoet, het Dawid die Filistyn vinnig op die vegterrein tegemoet gehardloop."

1 SAMUEL 17:48 AFR83





3.  Die vyand laat jou VERKEERD FOKUS. 

Die soldate FOKUS op hul menslike vermoë en hul menslike wapenrusting en vergelyk dit met hierdie groot reus sin maar Dawid fokus op God sin, op Sy teenwoordigheid en Sy krag in die oomblik....MET MY GOD.

"Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige,

 die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee.

1 SAMUEL 17:45‭, ‬47 AFR83






"Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nieDie wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die KRAGTIGE WAPENS van God wat vestings kan VERNIETIG. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak."

2 KORINTIËRS 10:3‭-‬5 AFR83

Pastoor Gerhard verwys ook in sy preek daarna dat:

Ons NOOIT onsself moet vergelyk met Goliat voor ons nie, maar Goliat moet vergelyk met God.




Ook elke vreesgedagte moet ek gevange neem, teen veg, vervang met die waarheid van dat Hy wat wonders kan doen mý Vader is, dit wat onmoontlik vir die mens lyk is vir Hom moonlik. 



Kyk na Goliat deur God se bril en weet hy is nie groter as ons God nie. Jesus is die Rots teen elke storm in ons lewe. Hy is ook daar wanneer ek deur die dal van doodskaduwee sal moet gaan eendag. (Ps 23)


Dis soos om 'n kamera te neem en te besluit watter lens jy gaan opsit om die foto te neem en waarop jy wil FOKUS, dit maak dat die res van die prentjie uitblur, ja dis nog in die foto maar nie meer so prominent in die voorgrond.




As ons op die reus voor ons fokus blur al God se beloftes uit, wie God is en wat Hy kan doen

En as hy jou kan laat vrees laat hy jou goed doen wat jy nie sou, as jy gefokus het op die Een waarvoor niks onmoontlik is nie.

 Hy laat ook UITBLUR wie ek is en ook my outoriteit wat God deur my kan doen en word my vertroue al minder. As ek op God fokus blur die reus se groote en krag uit en word my vrees al minder en my vertroue meer.



Wat gaan jy besluit om te laat uitblur, of gaan jy die vyand, die gees van vrees toelaat om te besluit wat gaan uitblur.



Die Here wil vir ons sê:

!!FOKUS MY KIND!!



‘n Kosbare vriendin het my in die verlede so gereeld hieraan herinner

Een dag het die Here my kom wys dat vrees nie binne my is nie want ek is Sy kind, hy deel nie. Hy is binne my, Sy Gees is binne my. Die gees van vrees is slegs teen my maar dis nie wie ek is nie. Hy herinner my verder dat:

Hy wat in my is, groter is as hy wat teen my is. 

Die een spel jy nie verniet met 'n HOOFLETTER nie





ONTHOU die skrif aan die begin...

"WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? 
As God vír ons is, wie kan teen ons wees? 
Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons ALMAL oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?"
ROMEINE 8:31‭-‬32 AFR53



Die ander praat heeltyd oor die reuse probleem en vrees, maar Dawid praat oor BUT GOD en VERTROU!

 DAAROM kon hy anders dink en optree en die oorwinning behaal.


Ook later is Dawid weer in 'n baie gevaarlike situasie en weereens ipv om net te vrees versterk hy hom weereens in die Here en Sy sterkte.

"En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God."

I SAMUEL 30:6 AFR53

Dawid het geweet en geleer hy moet die res uitblur deur op God te fokus.



Hieruit leer ons die vyand se manier van doen ken

Ons is maar al te goed bekend met die Satan se manier van doen, ons kan maar weet waar daar met VREES, skuldgevoelens, verdeeldheid, dwang, manipilering, diskriminasie, onreg, LEUENS, halwe waarhede of teenkanting teen die waarheid is, kan ons weet die vyand sit daaragter want ons weet wie teen ons die stryd voer...

"Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhedeteen die magteteen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug."

EFÉSIËRS 6:12 AFR53



*************************

Ons weet ok wat sy doel is met iets as hy dit dryf...

"Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.

 Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê."  JOH 10:10 AFR53

En dit moet ons bekommerd maak


************************


Jesus daarteenoor wil vir ons die goeie hê nie die slegte. 

AS ONS VIR HOM 'N BROOD VRA SAL HY NIE VIR ONS 'N KLIP GEE NIE EN VIR ELKEEN WAT WYSHEID VRA GEE HY SONDER VERWYT

Dus wanneer ons die vyand se manier van doen herken agter iets moet ons vlug.

Om te weet waarvan in ons alledaagse lewe, kan ons maar net ons KOERANTOPSKRIFTE van 'n afgelope tyd weer gaan lees wat elke oggend en aand soos Goliat ook teenoor ons kom stelling inneem het. Om ons sover te kry om sy planne te volg kan ons oplet waarmee ons gebombardeer word en waaragter al die oorlogstaktiek van die vyand HERKEN kan word. 

Ek besef al hoe meer hoe die vyand die media gebruik as sy luidspreker om soos Goliat ons te bombardeer met heel dag se hoofopskrifte, opskrifte wat soms maande voorkom, opskrifte wat soms deur hulle gemanipileer word, verdraai word en ons sien al meer hoe  hulle kies wat mag daar wees en die res verwyder, self kommentaar onderaan. As jy dit nog nie weet begin dan oplet om jou dis oop en bloot en nie eers meer subtiel nie. Jy lees nie verniet sommige kommentaar is uitgefilter nie en sekere onderwerpe en selfs persone word nie toegelaat op sosiale media nie. Ons hoor dus wat hulle wil hê ons moet HOOR en SIEN ons glo hulle, praat ook heeltyd daaroor met mekaar soos oor Goliat.

  Dink ons ooit daaroor dat die vyand ook nou nog VREES gebruik om ons sover te kry om te doen wat hy wil hê.

 Hy bring ook verdeeldheid en onmin waarvan die rassekaart seker die bekendste is.  

 Die vyand het Israel lam gemaak met vrees toe hy Goliat voor hul laat staan en hul 40 dae uitkoggel. Ook weer toe hul die beloofde land wou ingaan en weer reuse teëkom was dit weer met vrees wat hy die beloofde land by hul gesteel het nie 40 dae die keer nie maar vir 40 jaar. 

Dink net wat hy alles by ons reeds steel en kan kom steel as ons Vrees toelaat om ons denke te oorheers

Ons moet die Here vra om ons oë daarvoor te open want so kan ons ons wapenrusting waarvan WAARHEID een is aangord en die planne van die vyand ontblootweerstand bied en op ons pos staande bly tot die einde. 

"Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas,"

EFESIËRS 6:11‭-‬14 AFR83



VLUG van iets wat van jou 'n slaaf wil maak, jou vryheid van jou wil wegneem. Satan wil van ons slawe maak, sonder vrye keuses.

In Egipte het die vyand van die volk van God kom slawe maak en weer hier sien ons dat die Fillistyne ook ten doel het om van hul slawe te maak as Goliat sou wen, maar uit alby gevalle het die Here hul kom red want onderdrukking en slawerny kom nie van Hom. Jesus het ons ook uit die slawerny van sonde duur kom loskoop met sy bloed, vry om ons eie keuses te maak om Hom te kan kies omdat ons wil en nie omdat ons moet nie. Sy kind te wil wees, nêrens dryf Hy ons in iets met vrees, manipilasie, dwang ens nie. 

Nee Ons Here doen dit nie so, Hy gee vrede in die plek van vreesdreig nie en dwing nie maar waarsku, smeek en pleit, oorreed ons deur ons oë te open, verdeel nie maar soek eensgesindheid, en bring altyd net die WAARHEID.

Jesus gebruik nooit vrees, maar wel Sy vrede om ons te lei in wat ons moet doen. 
Satan maak ons slawe van vrees.


Moet dus nie iets doen as jy daaroor gebid het 
en nie vrede het nie.


"En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig."
2 KORINTIËRS 11:14 AFR83

 Ons praat ook in Afrikaans van wolf in skaapklere ( Ek sien dit as iemand wat hom voordoen om iets te wees wat dit nie is nie, om naby ander te kom wat niks vermoed nie, om hul leed aan te kan doen)
Net omdat wolf in skaapklere kom kan ons nie aanneem dat hy soos die skape wat ons ken oor die afgelope jare sal optree nie, wolf sal soos wolf optree. Dus bly Satan, Satan al kamofleer hy hom as die engel van die lig, sy manier van doen verander ook nie. God se ware engele beskerm, Satan steel,verwoes en slag. Netso is wolf se doel met sy skaapklere nie om 'n skaap te word nie, maar hy gaan eie aan sy aard optree deur te steel, verwoes en te slag.

Wat lyk soos 'n skaap maar is nie 
'n skaap in vandag se lewe.

Ons moet baie bid vir wysheid en
 dat die Here vir ons die wolwe sal uitwys 
anders is verwarring ons voorland

"... Hy(die duiwel) was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die VADER VAN DIE LEUEN
En omdat Ek die waarheid praat, glo julle nie in My nie."
JOHANNES 8:44‭-‬45 AFR83

Ons gaan erg moet bid
 OPEN ONS OË HERE JESUS,
 HOU ONS WAKKER, 
MAAK ONS WAAKSAAM

Met Daniel en sy vriende is ook vrees gebruik om hul te probeer dwing om te doen wat hul wou hê hulle moes.

Ons weet in ons tyd maar alte goed van vrees. 

Ons moes leer om elke vreesgedagte te bid.

Geloof is om te verwag God gaan doen wat ons nie kan sien en wat vir die mens onmoontlik is maar ons glo te maklik Goliat se manier is al manier om die oorlog te veg.


Sy tyd, Sy manier


Hulle het vergeet die Here het gesê ons moet die vyand teëstaan en hý sal van óns dan wegvlug.

"Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug."

JAKOBUS 4:7 AFR83


Hulle kan alles van ons wegvat maar hulle kan nie ons God van ons wegvat nie, vyand kan Hom vir 'n oomblik uitblur maar Hy is en sal altyd in Sy kind se prentjie wees, ons moet net leer om Hom nie op die agtergrond te skuif nie. Van Sy kant het Hy belowe om ons nooit te begewe of te verlaat nie. Tyd in gebed en Woord self maar ook SAAM wees bring ons fokus weer terug op die regte plek. Jesus!

Israel het dit ook geweet, maar vrees het hul vir 'n oomblik laat vergeet. God ons Vader moes toe vir Dawid stuur om hul weer te herinner en te wys.



Dawid word volgens ons menslik gestuur deur sy pa om te gaan kyk hoe dit met sy broers gaan wat al vir 40dae in die teenwoordigheid van hierdie reus van vrees deurgebring het, maar ek glo dit was eintlik sy Pa, sy Vader in die hemel wat hom gestuur het om hulle nuwe perspektief te gaan gee en hul van hierdie reus van vrees te verlos

Maar hy word nie deur sy eie familie goed ontvang nie, sy broer vreet hom sommer net daar uit en beskuldig hom van wat nie waar was nie. 

"Toe sy oudste broer Elíab hom met die manne hoor spreek, het Elíab baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn afgegee? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien. En Dawid sê: Wat het ek nou gedoen? Ek vra maar net."

I SAMUEL 17:28‭-‬29 AFR53

Ons moet dalk ook oppas, dalk kan die Here iemand na ons stuur om ons Sy perspektief op die situasie te gee en ons so te help om die reus voor ons te herken en te verslaan, maar ons is so oorweldig deur hierdie reus dat ons ook op hul afkom en valslik ons eie afleidings maak van hul motiewe. Dié, die naaste aan hom wou die minste hoor wat hy sê.


Soos hierdie lied se woorde sê van Casting Crowns...LET ME DREAM FOR YOU




Dalk moet ons vir iemand 'n Dawid gaan wees vandag, hulle weer HELP FOKUS.

Of dalk stuur die Here 'n Dawid na óns maar: 

moenie vir Dawid kyk en hom ophemel nie, kyk vir Wie het Dawid gekyk en fokus op Hom en gee Hom die eer.


 So maklik sien ons iemand wat sterk staan teen die vyand en dink die persoon is 'n sterk gelowige, terwyl ons miskyk wat die persoon se geheim is om vas te staan...

Hy of sy het hul wapenrusting aan want hul kry hul krag by die Here en spandeer baie tyd(40 dae) in gebed en Woord, dus in die teenwoordigheid van die Here Jesus

Hy gee ons krag, Hy ís ons krag


Ons is tot alles in staat deur Hóm wat ons krag gee.




Dis goed om soms deur ander versterk te word in God, maar belangriker nog moet ons die deur toemaak en toelaat dat God self ons versterk.

En dan doen Hy wat 'n pa doen, Hy verwyder alle vrees, bied beskerming en troos



Hoe versterk ons onself in die Here?

Deur terug te vat wat die vyand vir ons kom uit blur het, deur ons te herinner deur Woord en gebed aan 

-   wie Hy is,

-  wie ons is in Christus, naamlik Sy kinders

-  en daarom dan ook aan elke BELOFTE. 







Spandeer eerder jou 40dae in Sy Woord, in gebed en met medegelowiges as by negatiewe mense wat meer op die reus fokus as op die Here. As ek 40 dae in nuusberigte en swaarmoedige geselskap gaan deurbring gaan ek ook verlam van vrees gelaat word en kan ek nie meer reguit dink nie, dan gaan die goed vir my blur wat my moes deurdra.




Hoe verder mens van 'n voorwerp af staan en dan met jou lens inzoom op net een ding in die foto hoe meer sal die agtergrond uitblur. Dus as ek bietjie terugstaan uit my situasie, God se bril/lens opsit en op Hom fokus en die But God van die omstandighede, sal die res all meer uit fokus word en nie meer my situasie/prentjie oorweldig nie.




 As hulle in hul 40 dae voor die een reus Goliat geleer het uit hul foute,  hul vrees omgesit het in gebed en geleer het om te vertou, sou dit later dalk veroorsaak het dat hul ook die reuse in die beloofde land kon hanteer en sou dit moontlik hul die 40 jaar in die woestyn gespaar het.




_____________________________________________________________________________________________

Om dit op te som

 Dawid het ONTHOU wie sy God is en waartoe Hy in staat is en wie hy is, God se kind, deel van God se volk, dus het hy MET SY GOD die reus nie net aangedurf nie, maar ook verslaan.

VREES het die ander verlam gelaat, gemaak dat hul nie vir hulself kon dink nie, hul het die vyand se plan aanvaar en het hul VERGEET wie hul God is en wie hulle is en al Sy beloftes aan hulle.


Kyk om jou rond herken die vyand se manier van doen, 

staan hom teë, moenie val vir sy plan nie.

Vrees laat ons vergeet wat ons moes onthou het, en saam wees help mekaar onthou om nie te vergeet nie.

Ons het nodig om te onthou wie Hy is en wie ons is deur genade,

daarom moet ek reg kies waar ek my 40 dae deur bring

______________________________________________________________






You unravel me
With a melody
You surround me with a song
Of deliverance
From my enemies
'Til all my fears are gone
… I'm no longer a slave to fear
I am a child of God
I'm no longer a slave to fear
I am a child of God
… From my mother's womb
You have chosen me
Love has called my name
I've been born again
Into Your family
Your blood flows through my veins



… I'm no longer a SLAVE to FEAR
I am a child of God
I'm no longer a slave to fear
 I am a child of God
- Bethel music




Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”