Hoe kan daar?
Hoe lyk ons lewe NOU ná Covid?
DRAAI JY WEG VAN HOM OF DRAAI JY OM NA HOM
"EN op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan. En toe Hy in ’n sekere dorp ingaan, kom TIEN MELAATSE manne Hom tegemoet, wat op ’n afstand bly staan het. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig! En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ’n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank.
En hy was ’n Samaritaan.
Toe antwoord Jesus en sê: Het TIEN nie rein geword nie?
En waar is die nege?
Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou GERED."
LUKAS 17:11-19 AFR53
------------------------------
TIEN IS GEREINIG NET EEN IS GERED.
------------------------------
TIEN bruidsmeisies is GEREINIG en verwag die bruidegom se koms, net VYF is GERED en het saam met die Bruidegom ingegaan.
Al TIEN MELAATSES het geglo Jesus kan hul reinig en het dit begeer, maar hul begeerte was net vir eie gewin, net EEN het sy reiniging tot God se gewin omgedraai.
Nege was "FANS" net EEN word 'n "FOLLOWER"
BAIE is in GODSDIENS, min is in VERHOUDING met Jesus.
Baie het in Jesus geglo in daardie tyd vir genesing, maar meeste van hul het Hom later gekruisig toe hul nie meer persoonlik kon baat daarby nie.
Min het Hom steeds GEVOLG, al is hul wreed vervolg.
WARE GELOOF deurstaan die ergste vervolging,
VALSE GELOOF hou op by die geringste vervolging.
Baie(TIEN)het in Covid tyd na Jesus geroep vir hulp, genesing en beskerming.
Hierdie uitroepe na Jesus vir hulp het mens opgewonde gehad vir herlewing en erns weer maak met ons Here maar nou dat Covid nie meer so baie gevaarlik is nie en die pandemie lyk of dit na 'n einde se kant toe wil staan, is dit vir baie "BISINESS AS USEAL"
Ons sien ook nou min(die EEN) se lewe het blywend omgedraai van hul ou pad en min het in dankbaarheid by Sy voete kom val en lewe nou naby Hom en loof God met hul lewe.
Die ander(die NEGE) het na Sy hulp/genesing/beskerming die afgelope 2 jaar weer op hul ou pad begin voortgaan, terug na hul ou lewe voor Covid(die tien se melaatsheid)
Die gevaar is verby, die benoudheid en vrees wat hul laat uitroep het na Hom is drasties minder en die SPAARWIEL word vir baie godsdienstiges weer teruggesit in die kattebak.
Jesus wil nie die SPAARWIEL in ons lewe wees nie Hy wil die STUURWIEL wees.
Hy wil beheer van ons lewe hê op elke plek. Ons moet elke dag in Hom bly en vanuit Hom leef, besluite neem en doen. Dit behels baie tyd in Woord en gebed wat in GEHOORSAAMHEID dade(VRUG) word.
Die feit dat Jesus vir jou goed was in jou lewe, jou gehelp het, genees het of beskerm het, dat jy na alles nog hier is of selfs iewers gereing het na jou "sondaars gebed" is nie 'n bewys van ware wedergeboorte wat red nie.
_________________________________________________________________________
Ware reddende geloof DRAAI OM
DRAAI JY WEG OF DRAAI JY OM?
_________________________________________NET EEN DRAAI OM….VERHEERLIK GOD VIR SY GENESING, MET GROOT STEM, DANKBAAR, VAL HY OP SY AANGESIG NEER BY JESUS SE VOETE
Met die gelykenis van die saaier sien ons ook…
Baie het die evangelie aangeneem(die saad het opgekom), dus is GEREINIG(soos die tien melaatses), maar net laaste (EEN) saadjie het OMGEDRAAI, VRUG gedra om God uit dankbaarheid te verheerlik vir sy genade en reiniging
…en net so 'n geloof kan jou RED!
Die ander het agv stryd, genietinge, rykdom en sorge weer WEGGEDRAAI na hul ou lewe wat vir rukkie nie meer moontlik was soos ons ook nou in "lock down" ipv blywend OMGEDRAAI na God
Dit laat my weereens besef om gereinig te word van my sonde nie alleen genoeg is om GERED te word nie, dit móét gepaart gaan met OMDRAAI, jou lampie vol olie hou.
Die godsdiens van ons tyd maak Jesus se genade goedkoop, akkomodeer sonde en maak enigiemand wat vir God se manier van redding opstaan uit as mense wat oordeel.
Dit verkondig dat nadat Jesus jou gereinig het met Sy bloed van jou sonde jy maar weer op jou ou pad kan voortgaan, Hy is liefdevol en sal jou bly vergewe. Hy ís liefdevol en vergewe ons maar nie as ons bewustelik volhard in ons sonde nie.
Die Woord sê
"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen(gereinig) en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.
Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. Ons tree dus op as gesante van Christus(WWJD?), en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! (God se plan, God se manier) Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees."
2 KORINTIËRS 5:17-21 AFR83
As ons in sonde volhard is ons nie in eenheid met Christus nie. Dan het ons die genade tevergeefs ontvang.
"As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.
(Ons sien verder hoe hulle lewe gelyk het na hul versoening/reiniging)
Ons wil nie hê dat daar met ons bediening fout gevind word nie. Daarom gee ons ook niemand aanleiding tot aanstoot nie, maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God.
(Hoe kan ons in sonde volhard en terselfdertyd as dienaars van God bekend staan?)
Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood.
(Dit het die tweede en derde saadjie laat wegdraai)
Ons is geslaan, in die tronk gegooi en het in oproere beland; ons het swaar gewerk, nagte sonder slaap deurgemaak en honger gely. Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid (vrug van die Gees).
(Kenmerkende veelvoudige vrug van die laaste saadjie)
Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God TE DOEN (gehoorsaam).
(Ons kan nie Jesus dien en sonde ongeërg en bewustelik toelaat nie)
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. HOE KAN DAAR vennootskap wees tussen reg en onreg?
HOE KAN DAAR daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? HOE KAN DAAR daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? HOE KAN (daar)'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige? HOE KAN (daar) 'n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God.
(HOE KAN DAAR???...as ons hierdie ignoreer bedrieg ons onsself)
Dit is soos God gesê het: “Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.”
Daarom: “Gaan van hulle af weg en sonder julle af,” sê die Here, “en moenie wat onrein is, aanraak nie.”
“Dan sal Ek julle aanneem, en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê die Here, die Almagtige."
2 KORINTIËRS 6:1-7, 14-18 AFR83
Dis nie om ander te oordeel nie, dis God se Woord wat dit sê.
"Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is."
MATTHÉÜS 5:48 AFR53
MET MY GOD KAN EK NOU OOR SONDE HEERS,
DIT HEERS NIE MEER OOR MY NIE.
Ja kinders van God val soms nog, maar soos Dawid bly hul nie in die sonde lê nie, hulle herken, erken en bely dit en laat staan dit. Sonde is nie meer 'n lekker plek om in te vertoef nie. Hulle maak nie verskonings soos Saul nie of probeer dit akkomodeer nie. Nêrens het Jesus sonde geakomodeer nie. Menig keer sê Hy gaan nou en sondig nie meer nie.
Die waarheid is ek kan nie beweer ek is gered maar ek gaan nog willens voort op my ou sondige pad nie. Ja dis net genade, maar ons maak Jesus se genade goedkoop as ons sonde nie so ernstig opneem soos God ons Vader dit gedoen het toe Hy Sy seun in ons plek daarvoor laat betaal het nie.
"Like a dog that returns to his vomit Is a fool who repeats his foolishness."
Proverbs 26:11 AMP
Jesus is baie ernstig hieroor. Kom ons kyk wat sê Hyself na elke reiniging
Ons sien die blinde man van Jerigo se reaksie is dieselfde as daardie EEN Melaatse.
“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.” Jesus sê vir hom: “Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.” En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus GEVOLG en God GEPRYS. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.
LUKAS 18:41-43 AFR83
Weereens sien ons reddende geloof DRAAI OM, VOLG en PRYS Hom.
Jy moet NA JESUS toe DRAAI om Hom te kan VOLG,
jy kan nie van Hom WEG DRAAI en dan dink jy VOLG Hóm nie.
In die volgende twee gedeeltes sien ons hoe TWEE RYK MANS se reaksies op hul ontmoeting met Jesus drasties verskil.
Jesus sê vir die RYK JONG MAN om alles te verkoop en dit aan die armes te gee en Hom daarna te VOLG.
Maar die RYK JONG MAN DRAAI WEG van Jesus.
"En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan. Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan."
Waarop almal as volg reageer.
"Daarop sê die wat dit gehoor het:
Wie kan dan gered word?"
LUKAS 18:26 AFR53
"Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik."
LUKAS 18:27 AFR53
Jesus se antwoord word later meer duidelik as ons sien wat in 'n soekende hart gebeur van ook 'n baie ryk man. Hierdie man het reddende genade ontvang.
Saggeus DRAAI OM na Jesus en sê uit 'n veranderde hart dat hy die helfte van sy goed gaan gee vir die armes en meer as reg gaan maak waar hy teen God en iemand gesondig het. Hy toon met sy DADE dat hy van nou af Jesus VOLG, hy gaan nie maar voort op sy sondige pad nie.
Die eerste een DIE RYK JONG MAN wil hemel toe gaan uit vrees vir die hel. Hy soek nie vir Jesus nie.
" EN 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?"
LUKAS 18:18 AFR53
Hy is baie GODSDIENSTIG en besef nie sy verlorenheid nie, hy probeer dit verdien, maar tot op 'n punt, dus soos dit hom pas. Hy wil dit op sý manier doen om darem hemel toe te kan gaan, maar nie op God se manier wat behels om van nou af Jesus te VOLG op alle tereine van sy lewe nie.
Die Tweede een Saggeus sien ons uit die ander se reaksie is BAIE SONDIG, hy self besef sy verlorenheid en is bereid om te doen wat dit ook al vra om reg te maak met God, al kos dit hom.
Hy soek Jesus punt.
Hy soek Hom nou in sy lewe elke dag om Hom te VOLG en nie net vir eendag om hemel toe te gaan nie. Hy sit alles in om naby Jasus te kom.
“En hy het PROBEER om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was. En hy het vooruit GEHARDLOOP en in 'n wildevyeboom GEKLIM, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan."
LUKAS 19:3-4 AFR53
Vir hierdie ryk man (Saggeus die tollenaar) sê Jesus:
"Toe sê Jesus aan hom: VANDAG het daar REDDING vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is. Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was."
JESUS WIL RED
Ook die man langs Jesus aan die kruis se woorde wys dat hy OMGEDRAAI het, hy het nie verder saam met die ander man Jesus gespot nie. Dit was inteendeel nou hý wat die ander een aangespreek het, opgestaan het vir God se koningkryk, besef het hoe groot sy sonde is en dat hy dit verdien om daar te hang, maar nie Jesus nie.
“Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.”
LUKAS 23:40-42 AFR53
Diee man aan die kruis het reiniging én redding ontvang en …
” Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, VANDAG sal jy saam met My in die Paradys wees.”
LUKAS 23:43 AFR53
Jy sê jy ken Jesus, maar ken Hy jou?
Vyf bruidsmeisies wat Hom geken het moes hoor:
“ Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.”
MATTHÉÜS 25:12 AFR53
Iemand het dit eendag vir my so verduidelik. Almal tot die gr 8's in die skool ken die Rugby kaptein, maar die Rugby kaptein ken net die wat met hom in ‘n persoonlike vriendskap verhouding staan.
Wanneer ken Jesus ons?
Wanneer ons onder Sy vriende gereken word.
“Julle is my vriende as julle alles DOEN wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.”
JOHANNES 15:14-15 AFR53
As Jesus jou ken is jou naam in Sy handpalms geskryf.
“Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my.”
JESAJA 49:16 AFR83
Hy ken ons op ons naam as ons aan Hom behoort.
“Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”
JESAJA 43:1 AFR83
Ons lees in die volgende twee gedeeltes voorbeelde van iemand wat Hom HERE HERE nie mag noem nie en iemand wat mag.
“En wat noem julle My: Here, Here! en DOEN nie wat Ek sê nie?”
LUKAS 6:46 AFR53
“Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader GEHOORSAAM was. Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam duiwels uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!’
Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.’”
MATTEUS 7:21-23 NLV
Hy is nie werklik my Here as ek nie DOEN wat Hy sê nie.
My onverskillige ongehoorsaamheid weerspreek dit.
Ons kan dus nie die reiniging begeer maar daarna weer op ons ou sondige pad voortgaan nie.(Dan is ons of saadjie twee of saadjie drie)
Ware wedergeboorte is OMDRAAI en by Jesus se voete kom sit en God loof met my woorde en dade. 'n Lewe van toewyding en heiligmaking.
“Want dit is nie 'n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie 'n slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond." Luk 6
Abraham kon egter Sy Vader aanspreek as "Here, Here" want hy was ‘n GEHOORSAME DADER van die Woord.
Abraham het die Here met sy hele hart gedien en Hom so aangespreek, Hy het dadelik als gedoen wat die Here vir hom hesê het
“Toe vra Abram: Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?”
GÉNESIS 15:2 AFR53
“What is the benefit, my fellow believers, if someone claims to have faith but has no [good] works [as evidence]?
Can that [kind of] faith save him? [No, a mere claim of faith is not sufficient—genuine faith produces good works.]
If a brother or sister is without [adequate] clothing and lacks [enough] food for each day, and one of you says to them, “Go in peace [with my blessing], [keep] warm and feed yourselves,” but he does not give them the necessities for the body, what good does that do? So too, faith, if it does not have works [to back it up], is by itself dead [inoperative and ineffective].
But someone may say, “You [claim to] have faith and I have [good] works; show me your [alleged] faith without the works [if you can], and I will show you my faith by my works [that is, by what I do].”
James 2:14-18 AMP
"You believe that God is one; you do well [to believe that].
The demons also believe [that], and shudder and bristle [in awe-filled terror—they have seen His wrath]!
But are you willing to recognize, you foolish [spiritually shallow] person, that faith without [good] works is useless?
Was our father Abraham not [shown to be] justified by works [of OBEDIENCE which expressed his faith] when he offered Isaac his son on the altar [as a sacrifice to God]?
You see that [his] faith was working together with his works, and as a result of the works, his faith was completed [reaching its maturity when he expressed his faith through obedience].
And the Scripture was fulfilled which says, “Abraham believed God, and this [faith] was credited to him [by God] as righteousness and as conformity to His will,” and he was called the FRIEND of God.
You see that a man (believer) is justified by works and not by faith alone [that is, by acts of obedience a born-again believer reveals his faith].
In the same way, was Rahab the prostitute not justified by works too, when she received the [Hebrew] spies as guests and protected them, and sent them away [to escape] by a different route? For just as the [human] body without the spirit is dead,
so faith without works [of obedience] is also dead.
James 2:19-26 AMP
Wetties alles nakom is nie 'n dader van die Woord nie.
Maar wel ‘n hart wat in lyn kom met die Vader deur wedergeboorte gehoorsaam die Woord nie omdat hul moet nie maar wil. DADE WAT LIEFDE AS MOTIVERING HET.
LIEFDE van en vir God ons Vader en LIEFDE vir ons naaste.
Die Heilige Gees help my om gehoorsaam te wees, daarom moet ek in Hom bly, op my eie kan ek nie.
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy BY julle bly en IN julle sal wees.
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie(ons is Sy kinders); Ek kom weer na julle toe. Nog ’n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”
JOHANNES 14:15-21 AFR53
Dit staan in Johannes in die NUWE testament nie net in die ou testament soos baie beweer dat om gehoorsaam te wees ou testamenties is nie.
Genade hef nie gehoorsaamheid op nie,
inteendeel dit bring dit tot sy volle reg.
“WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, HOE KAN ons nog daarin lewe?
Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.
Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou DIEN nie.(soos vroeër gesê is, ons kan nou heers oor die sonde, dit heers nie meer oor ons nie)
Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie.
Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe;
MAAR die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. (Ongehoorsaam aan God)
En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, MAAR stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die DIENS van God.
Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Wat dan?
Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade?
Nee, stellig nie!
Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde WAS, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; WANT net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle NOU jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot HEILIGMAKING .
Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid. Watter VRUG dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam?
Want die uiteinde daarvan is die dood.
MAAR nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul VRUG tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
ROMEINE 6:1-23 AFR53
SONDE WAS ONS BAAS EN HET OOR ONS GEHEERS VOOR ONS WEDERGEBOORTE, NOU STAAN ONS OP SAAM MET JESUS EN DEUR SY GEES KAN ONS NOU HEERS OOR DIE SONDE, DIT IS NOG DAAR EN MOET ONS DAARTEEN STRY,
MAAR ONS GEE NIE MEER OOR DAARAAN NIE.
DEUR IN HOM TE BLY KAN EK GEHOORSAAM EN VRUG DRA…
ons moet nie, ons wil nou
Ons harte verander, van 'n klip hart na 'n hart van vlees.
"In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word. Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n NUWE verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie — my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die Here.
Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
JEREMIA 31:29-34 AFR53
“En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.”
I JOHANNES 3:24 AFR53
Daar is dus liefde agter die dade. Dade sonder liefde is nie die gehoorsaamheid wat God vra nie.
Dis as ons mense spreekwoordelik oor die kop slaan met die Woord in plaas van hul met liefde liefhet met die waarheid van die Woord.
Is die Woord wat ek deel met 'n gesindheid van vingerwys en oordeel of met gesindheid van hand uitsteek om te red?
Mense kry dan die boodskap dat die Here heeltyd boekhou van die kwaad om ons die hemel te ontsê terwyl ons Vader in Jesus' n streep wil trek deur al ons oortredings om ons Sy kinders te kan maak wat ewig by Hom sal wees nie net eendag nie maar ook nou al.
Leef gereed!!
GEREED, WARM, WAKKER, VOL OLIE, WAAKSAAM = BLY IN MY = GAAN IN BY DIE BRUILOF VAN DIE LAM
“LAAT julle heupe omgord wees( wapenrusting aanhê? GOD EN ANDER DIEN?)
en julle lampe aan die brand.(OLIE WAT NIE OPRAAK HOU LAMPE AAN DIE BRAND)
En julle moet wees soos mense wat op hulle heer WAG wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle DADELIK vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer WAKKER sal vind as hy kom.
Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.
En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind — gelukkig is daardie diensknegte.
(As hy talm en almal aan die slaap raak soos met die bruidsmeisies)
Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy GEWAAK het en nie in sy huis laat inbreek het nie.
Julle moet dan ook GEREED WEES (nie gereed maak nie) omdat die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.
Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?
En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.
Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer TALM om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word (bewustelik weer op die pad van sonde wandel), dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ’n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ’n DEELGENOOT maak van die ontroues. (UITKAP UIT DIE OLYFBOOM, AFSNY VAN DIE WINGERDSTOK AS DIE VRUGTE VROT IS)
En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil GEDOEN het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
LUKAS 12:35-48 AFR53
Jy kan nie lig vir die wêreld wees as jou lamp nie olie in het nie.
“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
MATTEUS 5:14-16 AFR83
Omdat Josef gehoorsaam was en in die Here gebly het maak nie saak wat sy omstandighede was nie, was hy lig op elke plek waar hy gekom het. Die Here was by Hom in elke omstandigheid en het hom voorspoedig gemaak, ook die plek waar hy was.
"Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God VERSOEN is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe GERED word nou dat ons versoen is. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het."
ROMEINE 5:10-11 AFR53
Ook die verlore seun ontvang alles van die Vader maar gaan verkwis dit dan ver van die Vader in die wêreld, word deel van die wêreld maar in die varkhok besef hy sy (verlore) toestand maar ipv in sy sonde voortgaan, gaan hy terug na sy Vader en word deur sy vader tegemoet gehardloop.
Skape kan ook in die modder beland maar begin gou besef dis nie waar hul hoort nie en begin terug verlang na die Vaderhuis.
Ware wedergeboorte kinders van die Here sal nie die rol in die modder geniet nie, net die varke doen.
Vir die kind van God wat hom bekeer, terugdraai van sy dwaalweg sê Jesus, Ek vergewe jou gaan dan en sondig nie meer nie, kom hier en volg My, BLY IN MY van nou af.
Ware kinders van God val ook maar hulle bly nie lê nie, regverdig en verdedig nie hul sonde nie, “skeur" nie bladsye uit die bybel wat hom nie pas nie, nee hy kry skaam, bely, huil en keer terug na die Vader.
Ware kinders van God val, maar bly niê in die modder lê nie, hulle staan op en gaan maak reg, wandel verder met Hom, WIL IN HOM BLY.
GEHOORSAAM UIT DANKBAARHEID VRUG DRA.
Saul en Dawid sondig alby en bevind hul in die varkhok, Saul regverdig sy toestand, eindig op by die waarseërster ver van God. Dawid bely sy toestand en lê by ons Vader se voete en draai weg van sy sonde en kry vergifnis.
Saul DRAAI WEG VAN GOD
Dawid DRAAI WEG VAN SY SONDIGE PAD, hy DRAAI OM terug na God.
GOD noem Dawid man na sy hart, nie omdat hy nooit val nie, maar omdat hy nie kies om te bly vertoef in die sonde nie, maar herken, erken en bely en kies om op te staan (OMDRAAI) en verder met Hom te wandel, VOLHARDENDE GELOOF, GEHOORSAAM AAN GOD EN SY WOORD
As iemand glo hul kan die pad van sonde bly bewandel na hul gereinig is (die nege het met die pad waarop hul was bly voortgaan) bedrieg hul hulself.
As iemand willens in sonde bly leef maar glo sy saak is reg met God bedrieg hul hulself.
Waarlike redding is OMDRAAI van my verkeerde pad en Jesus se voete soek en hóm VOLG.
Dis OMDRAAI van die pad na die verderf vir die ongelowige maar ook OMDRAAI van my wegdraaipad vir die gelowige. OMDRAAI behels ek verander van koers, ek gaan terug na my Vader, ek bly nie op die verkeerde pad nie
Ja almal is by Jesus welkom, Hy het saam sondaars geëet, Jesus vat ons nes ons is, "melaatsheid" en al, hoereerder en al, maar in Jesus se teenwoordigheid verander ons harte, dan reinig Hy ons en verwag van ons om OM TE DRAAI van ons verkeerde weg
"En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ’n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U? En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ’n klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie."
JOHANNES 8:4-11 AFR53
Let veral op die laaste sewe woorde van bogenoemde vers
"Gaan heen en sondig nie meer nie."
Ware kinders van die Here breek met sonde, hul akomodeer dit nie.
Saggeus was ‘n sondaar maar Saggeus het nie op sy verkeerde pad gebly na Jesus hom gereinig het nie. Nee kyk weer na Saggeus se OMDRAAI oomblik.
Stry ons die goeie stryd? Voltooi ons die wedloop? Behou ons die geloof of het ons dit al iewers langs die pad verloor?
EK KAN NIE GEREINIG ÉN GERED WEES AS EK KIES OM VERLORE TE LEEF NIE
Ook aan die man van Batesda het Jesus dieselfde verwag
"Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, SODAT daar nie iets ergers met jou gebeur nie. Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het."
JOHANNES 5:14-15 AFR53
Ware redende geloof is reiniging en redding
"Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart GLO ons, en ons word VRYGESPREEK;
en met die mond BELY ons, en ons word GERED.
ROMEINE 10:8-10 AFR83
Daardie EEN melaatse het geglo en luidkeels (met 'n groot stem) dit bely.
Maar baie hedendaagse kerke is so bang om op tone te trap, "people pleasers" dat hul monde toe is.
Die laaste tyd word ons kerk deure toegemaak of erg bemoeilik met verpligte wette ens, net EEN(min) staan op daarteen. WAAR IS DIE ANDER NEGE!!?
'n Vervaardiger van films het eenkeer in 'n onderhoud gesê dat sy subtiel goed by kinder films begin insit het (wat in die Woord verkeerd is in God se oë) en dat dit nie veel teenkanting gekry het nie.
Wat my hard getref het was haar woorde: "BUT NOBODY STOPPED ME"
Nou is sy so opgewonde dat sy nou al al soveel meer van dit kan insit.
Is ons daardie een wat OMDRAAI, WAT GOD DANK en met 'n groot stem VERHEERLIK met ons woorde en dade na moeilike tye soos nou met covid-19?
Is ons deel van die EEN(min) wat die duisternis teëstaan, wat dit probeer stop?
Dis 'n opdrag
"Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog."
JAKOBUS 4:7-10 AFR83
Ons het genade op genade gekry die laaste twee jaar veral...
Baie word mislei!
WAAR IS DIE NEGE?
Draai weg of draai om!!
Sê my, HOE KAN DAAR na wat Jesus vir jou en my gedoen het nie 'n OMDRAAI wees nie!!
Comments
Post a Comment