ONTHOU, VERTEL ... VERTROU
Een ry voetspore
Een nag het ek ’n droom gehad. Ek het gedroom dat ek op die strand loop en gebeure uit my verlede het voor my afgespeel. In elke toneel het ek twee rye voetspore in die sand gesien: myne en die Here Jesus s’n. Toe die laaste toneel voor my afspeel‚ het ek teruggekyk na die voetspore in die sand en merk toe op dat daar soms net een ry spore was. Dit was telkens gedurende die eensaamste en droewigste tye in my lewe! Dit het my gehinder en ek het gevra: “Here‚ toe ek begin het om U te volg‚ het U beloof dat U my nooit in die steek sal laat nie. Hoekom was daar dan net een ry spore gedurende daardie moeilike tye in my lewe? Ek kan nie verstaan waarom U‚ in die tye wat ek dit die nodigste gehad het‚ my verlaat het nie.”
Die Here het geantwoord:.
“My liewe kind! Ek het jou lief en sal jou nooit verlaat nie. Die tye wat jy net een ry spore gesien het was die tye toe Ek jou gedra het.”
Die volgende skrif het my herinner aan die gedig VOETSPORE
"and in the wilderness(woestyn) where you saw how the Lord your God carried and protected you, just as a man carries his son, all along the way which you traveled until you arrived at this place.’ Yet in spite of this word, you did not trust [that is, confidently rely on and believe] the Lord your God, who went before you along the way, in fire by night and in a cloud by day, to seek a place for you to make camp and to show you the way in which you should go."
Deuteronomy 1:31-33 AMP
"Die Here julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het en in die WOESTYN, waar JY gesien het hoe die Here JOU God jou GEDRA het soos ’n man sy seun DRA, op die HELE pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het. Maar ondanks hierdie woord het julle nie geglo in die Here julle God nie, wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle ’n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die vuur om julle te laat sien op die pad waar julle langs moes trek, en bedags in die wolk."
DEUTERONÓMIUM 1:30-33 AFR53
Ons sien so baie prentjies by die gedig van een ry spore op die strand
Maar dié skrif in die Bybel laat my toe dieper dink oor hierdie kosbare bemoedigende gedig. Die Bybel praat van een ry voetspore in die WOESTYN, nie op die strand nie want sien die strand is vir baie van ons 'n lekker plek, maar die woestyn is 'n perd van 'n ander kleur. Woestyne is rof moeilik, gevaarlik en vreesaanjaend met uiterstes.
Die vers vra dat hul hul oë op God ons Vader moet sit, en ONTHOU wat Hy voorheen vir hulle gedoen het, nie goed van hoorsê nie maar goed wat hule eie oë gesien en hul persoonlik beleef het.
God is húlle God en Hy DRA hulle soos 'n Vader sy seun sou dra.
DIE HELE PAD...nie net plek plek nie. Hy sit ons Sy kinders nooit neer nie.
TOTDAT hulle gekom jet by die plek wat God ons Vader self vir hulle gaan uitsoek het.
Om so dan en wan om te kyk versterk ons geloof
As ons terugkyk op ons pad in die WOESTYNE van ons lewe ONTHOU ons die tye wat die Here ÓNS gedra het.
Onthou laat ons besef
HE HAS DONE IT BEFORE HE WILL DO IT AGAIN
ONTHOU help ons om te kan VERTROU
Ons moet nie VERGEET wat ons Here Jesus vir ons al gedoen het nie en ons moet dit VERTEL uit dankbaarheid en so word ons en ander se geloof versterk daardeur.
Gaan vertel, dis 'n opdrag
In die boek Dueteronomium lees ons herhaaldelik hier asook reg deur die Woord hoe die volk Israel beveel word om te ONTHOU en te VERTEL sodat hulle en hulle nageslagte nie sal vergeet.
Baie sê sien is glo, maar oor die hele Bybel heen sien ons egter glo is sien, maar om met jou eie oë iets te sien help weer om in die toekoms nog beter te kan glo, vertrou en gehoorsaam.
“Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jy het al hierdie dinge gesien(VERLEDE ONTHOU) wat die Here God aan die twee konings gedoen het. Hy sal dieselfde doen met al die konings aan die westekant van die Jordaan waarheen jy op pad is (KAN DAAROM VIR NOU OOK VERTROU).
(AGV TERUGKYK KAN EK NOU MAKLIKER GEHOORSAAM EN WEET SY BELOFTES IS WAAR)
Moenie vir daardie nasies bang wees nie, want die Here julle God sal vir julle veg.’
DEUTERONOMIUM 3:21-22 NLV
ONS DOEN DIE TEENOORGESTELDE as wat die volgende vers ons leer.
Philippians 4:6-7
New King James Version
"6 Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication, with thanksgiving, let your requests be made known to God; 7 and the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds through Christ Jesus."
VREES MINDER EN BID MEER
maaaaaar....
ons BID MINDER en daarom VREES ons meer
Ook in Jesaja hoor ons dieselfde opdrag.
"Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand."
JESAJA 41:10 AFR53
Josua het self gesien hoe die Here al vir hulle voorheen geveg het en dit moes hom help om ook nie nou bang te wees nie en te weet "He has done it before He will do it again"
"Watter groot nasie het reëls en bepalings so regverdig soos hierdie wette wat ek vandag vir julle gee?
“Maar pas op! Wees baie versigtig om NOOIT te VERGEET wat julle gesien het wat die Here vir julle gedoen het nie. So lank as wat julle leef(VIR ALTYD), moet julle hierdie dinge ONTHOU.
Maak seker dat julle dit vir julle kinders en kleinkinders OORVERTEL.
VERTEL hulle veral van die dag toe julle by Sinai in die teenwoordigheid van die Here julle God was. Daar het Hy vir my gesê: ‘Bring die volk bymekaar sodat Ek hulle kan onderrig. Op dié manier sal hulle leer om eerbied vir My te hê so lank as wat hulle lewe. Hulle sal ook my wette aan hulle kinders leer.’
DEUTERONOMIUM 4:8-10 NLV
Ons moet ook veral vir ons kinders vertel van dié dag toe óns in die teenwoordigheid van die Here gestaan het en ons, ons sonde toestand gesien en besef het en tot wedergeboorte gekom het deur Jesus as óns persoonlike Verlosser te aanvaar het.
Ken ons kinders daardie storie van ons lewe? Die hoe, waar en wanneer?
Indien nie, vertel hulle want dit is seker een van die belangrikste goed wat veral aan jou eie kinders en kleinkinders oorvertel moet word. Die dag toe Jesus groot genade aan jóú kom bewys het en jóú onverdiend skoongewas het.
Die dag toe Hy mý God en Vader geword het, mý VERLOSSER.
My "Lord and Savior" nie net een van die twee nie.
Die dag toe ek God lief gekry het met my hele hart, met my hele siel en met al my krag.
“Luister, Israel! Die Here ons God is die enigste Here.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele HART, met jou hele SIEL en met al jou KRAG.
Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee.
Skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.
Bind dit aan jou hande vas as ’n HERINNERING en dra dit op jou VOORKOP.
Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en teen jou stadspoorte." (Om nie te vergeet nie)
DEUTERONOMIUM 6:4-9 NLV
"en dra dit op jou voorkop" jou hande, jou deurkosyne en jou stadspoort
Jy moet dit nie vir ander los om te doen nie, jy moet dit doen en vertel aan jou nageslag.
Dis dus bedoel om VERTEL te word. Oop en bloot te wees soos iets op jou voorkop. Was nie bedoel om privaat te wees en vir jouself gehou te word nie.
"sorg dan dat jy nie die Here vergeet nie. Dit is Hy wat jou van die slawerny in Egipte gered het."
DEUTERONOMIUM 6:12 NLV
Sorg dan dat EK nie die Here vergeet nie. Dit is Hy wat MY van die slawerny van SONDE gered het. Daarom mag ek nie, kan ek nie stilbly en dit verswyg vir ons volgende geslagte nie.
“As jou kinders jou in die toekoms vra: ‘Wat beteken al hierdie vereistes, voorskrifte en bepalings wat die Here ons God vir ons gegee het om na te kom?’ dan moet jy vir hulle vertel: ‘Ons was slawe van die farao in Egipte, maar die Here het ons met sy krag uit Egipte gered. Voor ons oë het die Here tekens en wonders gedoen – onheilspellende dinge het met die farao en Egipte gebeur.
DEUTERONOMIUM 6:20-22 NLV
Hulle moes sy voorskrifte ens onderhou, nie om Sy kinders en volk te word nie, maar OMDAT hulle Sy volk is.
"Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die Here geword. Daarom moet jy na die stem van die Here jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel."
DEUTERONÓMIUM 27:9-10 AFR53
Dawid doen dan juis dit ook hier in psalm 19
God se wet, getuienis, bevele, gebod, vrees en verordeninge is volmaak, gewis, reg, suiwer, rein en die WAARHEID
Dit verkwik die siel, gee wysheid aan die eenvoudige, verbly die hart, verlig die oë, bestaan tot in ewigheid en is tesame regverdig
Dis hoe wow dit is....
"Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel;
die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart;
die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë.
Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid;
die verordeninge van die Here is waarheid — tesame is hulle regverdig.
Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop. Ook word u kneg daardeur GEWAARSKU; in die onderhouding daarvan is groot loon.
Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is. Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!
PSALMS 19:8-15 AFR53
AS ONS DAN VORENTOE BANG WORD VIR DIT WAT ONS MOET DEUR GAAN IS DIT DIE ONHOU WAT ONS HELP VERTROU
“If you say in your heart, ‘These nations are greater than I am; how can I dispossess them?’ you shall not be afraid of them; you shall REMEMBER [with confidence] what the Lord your God did to Pharaoh and to all Egypt— the great trials which you saw with your own eyes, and the signs, the wonders, the mighty hand and the outstretched arm by which the Lord your God brought you out. So shall the Lord your God do to all the peoples of whom you are afraid. Moreover, the Lord your God will send the hornet (His terror) against them, until those who are left and hide themselves from you perish. You shall not dread them, for the Lord your God is in your midst, a GREAT and AWESOME God.
Deuteronomy 7:17-21 AMP
Uit EIE ervaring weet ons Hy het ons nog nooit gelos nie, AWESOME GOD!!
"And you shall remember [always] all the ways which the Lord your God has led you these forty years in the wilderness, so that He might humble you and test you, to know what was in your heart (mind), whether you would keep His commandments or not."
Deuteronomy 8:2 AMP
“Maar pas op dat jy in jou oorvloed nie die Here jou God vergeet en ongehoorsaam raak aan sy gebooie, bepalings en voorskrifte nie. Wanneer jy jou versadig geëet het, voorspoedig is en mooi huise gebou het om in te woon, wanneer jou troppe beeste en skape baie word en jou goud en silwer vermeerder en alles wat jy het, meer word, dan is dit die tyd om versigtig te wees.
Moenie hoogmoedig raak en dan VERGEET dat dit die Here jou God is wat jou uit die slawerny van Egipte gered het nie.
“Moenie vergeet dat dit Hy is wat jou gelei het deur die groot en verskriklike WOESTYN met sy giftige slange en skerpioene, en waar dit warm en droog is nie. Dit is Hy wat vir jou water uit die rots gegee het! Hy het vir jou kos gegee met manna in die woestyn, kos wat jou voorouers nie geken het nie. Hy het dit gedoen om jou nederig te maak en om jou te toets sodat dit daarna weer met jou goed kan gaan. Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. “Maar ek verseker jou: As jy ooit die Here jou God VERGEET en ander gode volg en voor hulle neerbuig, sal jy verseker vernietig word.
DEUTERONOMIUM 8:11-19 NLV
Die laaste vers hier laat my dink as ons vergeet om te onthou is al ons tyd in die woestyn VERMORSDE WOESTYN TYD...
Dan is jy verniet deur al die swaarkry
“Moenie vergeet dat dit Hy is wat jou gelei het deur die GROOT en VERSKRIKLIKE WOESTYN met sy giftige slange en skerpioene, en waar dit warm en droog is nie. Dit is Hy wat vir jou water uit die rots gegee het!
DEUTERONOMIUM 8:15 NLV
MOENIE VERGEET WIE HY IS EN DAT NIKS VIR HOM ONMOONTLIK IS NIE
HY DRA EN BESKERM SY KINDERS
HEELTYD !!
ALTYD !!
Hy sal ons nooit los nie
"En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen."
MATTHÉÜS 28:20 AFR53
Hy vat ons nie altyd om iets nie maar Hy vat ons daardeur.
Laat ons mekaar hierdie jaar hieraan herinner sodat ons kan bly vertrou en opkyk
Ons sien elke keer as hulle vergeet het, het hulle vol van hulself, ongehooraaam en soms bang geword
Psalm 78 beeld dit presies uit waarom ons nie moet vergeet om te onthou nie
" ’n ONDERWYSING van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond. Ek wil my mond open met ’n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die Here en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
Hy tog het ’n getuienis opgerig in Jakob en ’n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders BEVEEL het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ’n koppige en wederstrewige geslag, ’n geslag met ’n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie. Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog. Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet. En hulle het sy dade VERGEET en sy wonders wat Hy hulle laat sien het. Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan. Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos ’n wal. En Hy het hulle bedags gelei met ’n wolk en die hele nag met ’n lig van vuur. Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede. En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere. Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land. En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.
En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: SOU GOD ’n tafel KAN dek in die WOESTYN?
Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het — sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk? Daarom het die Here gehoor en toornig geword, en ’n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel; OMDAT hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak; en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee. Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur. Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer; en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë; en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings. Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig. Hulle was nie weg van hul begeerte nie — hulle voedsel was nog in hulle mond — toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy ’n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie. So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking. Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek; en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.
En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg; maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.
Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.
En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, ’n wind wat weggaan en nie terugkom nie. Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis; en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.
Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie; toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan. En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie. Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het. En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan. Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp. Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse. Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, ’n uitsending van ongeluksbodes.
PSALMS 78:1-72 AFR53
Die Here wil hê onso moet ONTHOU sodat ons Hom nie vergeet en sodat ons nog meer kan VERTROU
Nagmaal is ons opdrag om te onthou van hoe Jesus ons uit die slawerny van sonde bevry het.
"en nadat Hy God gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam, dit is vir júlle. Gebruik dit ter herinnering aan My.” Net so het Hy die wynbeker ná die maaltyd geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond wat verseël is deur my bloed. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, ter herinnering aan My.”
1 KORINTIËRS 11:24-25 NLV
As ons nie ONTHOU nie gaan ons VERGEET en as ons VERGEET gaan ons nie meer VERTEL nie. En as ons nie meer VERTEL nie gaan ONS en ons kinders VERGEET wie ons VADER is en dat niks vir Hom onmoontlik is en gaan ons dus moeiliker VERTROU en selfs wegdraai van Hom en Hy nie verheerlik word en die eer kry nie.
'n Verhaal word vertel van 'n klein dogtertjie wat SELF die badkamer lig afsit en dan kwaad word omdat sy nie kan sien nie. Moenie die lig afsit in jou en jou kinders se lewe deur op te hou Bybel lees, Bid en te vertel of getuig nie...dan wonder ons ook hoekom ons en ons kinders nie kan sien nie.
Jesus is die lig. Dis ons wat verder en nader aan Hom beweeg.
“Luister, Israel! Die Here ons God is die enigste Here.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele HART, met jou hele SIEL en met al jou KRAG.
Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee.
Skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.
Bind dit aan jou hande vas as ’n HERINNERING en dra dit op jou VOORKOP.
Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en teen jou stadspoorte." (Om nie te vergeet nie)
DEUTERONOMIUM 6:4-9 NLV
Comments
Post a Comment