3. Verkeerde reisgenote en raadgewers. Die Pelgrim se reis deel 3
Wat was sy probleem? HY SIT MET VERKEERDE RAADGEWERS EN REISGENOTE Om die VERKEERDE RAADGEWER en REISGENOTE te kan onderskei van die regtes moet ons eers vir onsself die WARE EVANGELIE definieër: Dit is die ONVOORWAARDELIKE liefde en ONVERDIENDE genade van God deur Sy Seun Jesus Christus die Messias wat in ons plek aan die kruis gesterf het, op die derde dag weer opgestaan het, nou sit aan die regterhand van God en wat weer gaan terugkom op die wolke om ons Sy kinders te kom haal en dan regverdig oor die wêreld oordeel. Verlore Sondaar in die verhaal van die Pelgrims progress is op sy weg om die ewige stad te soek. Oppad sien ons in die vorige gedeelte val hy saam met Ja broer in die moddergat van mismoedigheid. NADAT HULP HOM UIT DIE MODDERGAT UITGETREK HET PLAAS HY HOM OP VASTE GROND EN DAARNA SIT VERLORE SONDAAR ALLEEN SY REIS VOORT. Ja broer het omgedraai... Te toevallig om toeval te wees kom hy dan vir mnr Wêreldwys teë. Die duiwel stuur eers die verk...