3. Verkeerde reisgenote en raadgewers. Die Pelgrim se reis deel 3
Wat was sy probleem?
HY SIT MET VERKEERDE RAADGEWERS EN REISGENOTE
Om die VERKEERDE RAADGEWER en REISGENOTE te kan onderskei van die regtes moet ons eers vir onsself die WARE EVANGELIE definieër:
Dit is die ONVOORWAARDELIKE liefde en ONVERDIENDE genade van God deur Sy Seun Jesus Christus die Messias wat in ons plek aan die kruis gesterf het, op die derde dag weer opgestaan het, nou sit aan die regterhand van God en wat weer gaan terugkom op die wolke om ons Sy kinders te kom haal en dan regverdig oor die wêreld oordeel.
Verlore Sondaar in die verhaal van die Pelgrims progress is op sy weg om die ewige stad te soek. Oppad sien ons in die vorige gedeelte val hy saam met Ja broer in die moddergat van mismoedigheid.Die koning het tot dusver vir Verlore sondaar die REGTE raadgewers gestuur om hom aan te moedig om te VOLHARD, Evangelis en Hulp maar hy leen sy ore nou uit aan die VERKEERDE raadgewer mnr Wêreldwys.
Hoekom?
Want HY HET DIE MAKLIKER PAD GEKIES IPV DIE REGTE PAD
Verlore sondaar gaan gebuk onder ‘n swaar las (pak op sy rug), sy SONDEBESEF word al groter en maak hom moedeloos en moeg. Geen wonder hy val so maklik vir ‘n ander evangelie (skynbaar makliker pad) nie.
Verlore Sondaar dra sy eie pak op sy rug. Niemand dra dit namens hom nie.
"For every person will have to bear [with patience] his own burden [of faults and shortcomings for which he alone is responsible]."
Galatians 6:5 AMP
"Want elkeen sal sy eie pak dra."
GALÁSIËRS 6:5 AFR53
Ons kan nie blindelings mense se raad volg nie. Ons moet alles aan Sy Waarheid, die Woord toets.
Ons lewe in ‘n samelewing wat kitsoplossings soek, maklike paaie, maar die regte pad is NOU en moeilik, nie almal is bereid om daarop te loop nie.
Dit vra VOLHARDING soos ons reeds voorheen gehoor het.
"Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. ’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken."
MATTHÉÜS 7:13-20 AFR53
So beland mense vandag ook op verkeerde paaie en volg nie so seer ander gelowe nie, maar valse profete met ander evangelies GOSPELS (verdraaiings van die Bybelse boodskap, ook Jesus, ook God maar plus goed wat nie God se plan of opdragte is nie, maar menslik oorgelewerde gebruike) want ons soek ons eie manier van doen of wat vir ons na makliker paaie lyk maar inteendeel op die verkeerde plek opeindig.
Paulus praat nie hier in Galasiers met ongelowiges nie maar met gelowiges
"But at that time, when you did not know [the true] God and were unacquainted with Him, you [Gentiles] were slaves to those [pagan] things which by [their very] nature were not and could not be gods at all. Now, however, since you have come to know [the true] God [through personal experience], or rather to be known by God, how is it that you are turning back again to the weak and worthless elemental principles [of religions and philosophies], to which you want to be enslaved all over again? [For example,] you observe [particular] days and months and seasons and years. I fear for you, that perhaps I have labored [to the point of exhaustion] over you in vain.:
Galatians 4:8-11 AMP
God ken hulle en hulle ken Hom.
Hoe erg moet dit wees om te dink jy ken Hom en Hy jou, maar kan eendag hoor
“gaan weg ek het jou nie geken nie"
Die eerste waarskuwing is in Mattheus 7:22-23 “[22] Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? [23] En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”
Die tweede waarskuwing is in Mattheus 25:12 “Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.”
Ons moet nie die BYBEL by ons DOKTRINES(leerstellings) laat aanpas nie. Party verdraai die WOORD, vertaal verse uit of ignoreer dit as dit nie met hul doktines saamstem nie.
Ons moet juis ons doktrines met die Woord uitdaag. As dit dan nie die toets slaag nie die doktrines weggooi en nie die Bybel nie.
Kyk dus na doktrines deur die bril van die Woord en nie na die Woord deur die bril van jou oorgelewerde doktrines nie.
"Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood."
SPREUKE 14:12 AFR53
Verlore sondaar het nog nie by die VERLOSSER uitgekom nie.
HY IS SOEKEND.
Hy weet al hy moet vlug en soek, maar hy het nog nie by die REDDING uitgekom nie. Ander kan al glo maar die vyand doen alles in sy vermoë om ‘n Pelgrim op hierdie stukkie pad te keer om daarby uit te kom.
Soos ons sien met die gelykenis van die saaier…
DRIE VAN DIE VIER saadjies is verhoed.
Eerste een het die Woord (die ware evangelie en nie variasies daarvan) dadelik verwerp, dis Hardkoppig in die verhaal wat niks wou hoor en dadelik weggedraai het.
Die tweede een was Ja broer in die verhaal, hy was gou om, om te draai toe hul verdruk en vervolg word terwille van hul keuse om Jesus te wil volg.
Dan natuurlik die derde saadjie is gekeer om vrug te dra op meer as een manier.
Die meer opsigtelike een is die GENIETINGE van die lewe maar die gevaarlikste manier wat die vyand gebruik vir ‘n pelgrim vir my is die SORGE van die lewe. Dis die een ding wat jy nie kies om met jou te gebeur nie, maar jy het wel ‘n keuse hoe jy daarop gaan reageer. Dis ook die minder opsigtelike een want jy besef nie die gevaar daarvan nie. Herhaaldelik het dit die Israeliete laat struikel. As hulle swaar gekry het was hul fokus op hulle probleem en het hulle gekla en gekerm ipv op hul Vader te fokus vir wie niks onmoontlik is nie.
Die sorge kan jou so lam lê dat jy moed opgee of nie vrug dra nie. Jy kla en kerm heeltyd en fokus so op dit wat verkeerd gaan dat jy God se genade en voorsiening in dit alles miskyk.
Die vyand kon nie dit sover regkry deur sy verkeerde reisgenote om Verlore sondaar te laat omdraai nie daarom stuur hy nou mnr Wêreldwys om hom te VERWAR met 'n ander evangelie.
"For God is not the author of confusion (verwarring), but of peace, as in all churches of the saints."
1 Corinthians 14:33 KJV
Die ware Evangelie is duidelik.
"Want daar sal VALSE christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei."
MATTHÉÜS 24:24 AFR53
Hy kom nie na Verlore sondaar wat die Woord nou glo en vlug met 'n ander geloof nie, nee net met ‘n (vals)verdraaide evangelie.
Hy sê vir hom dat sy pad makliker is om ook van die pakkie op sy rug ontslae te raak. Hy word kwaad toe hy hoor dat Evangelis hom vertel het dat die nou pad die enigste pad is om te volg.
Volgens hom kan jy ook op 'n ander manier van jou sonde pak op jou rug ontslae raak en nog lekker saam met die wêreld lewe ook.
Hy maak wel evangelis balaglik dat hy sê dis al pad, hy bied net ‘n ander pad aan daarheen terwyl die Woord ons leer dat daar net een pad is, die NOU PAD, GOD SE PLAN,
Hy bedrieg Verlore sondaar. Ons weet dus wie agter dit is.
"Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. En omdat Ek die WAARHEID praat, glo julle nie in My nie. Wie van julle kan sonde by My aanwys? As Ek dan die WAARHEID praat, waarom glo julle nie in My nie?
Wie 'n kind van God is, luister na die woorde van God.
Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.”
JOHANNES 8:44-47 AFR83
Evangelis het vir hom reeds die WAARHEID vertel, maar die vyand bring vir Verlore sondaar ‘n VERDRAAIDE WAARHEID soos ook vir Eva in die paradys. (Nie 'n mens nie maar God self het vir Adam en Eva die WAARHEID in die paradys vertel )
Nog ‘n skrif oor om nie mislei te word en nie jou vertroue te plaas op ander goed as om deur genade Alleen gered te word nie.
"DIT sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie. Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus. Soos julle dan Christus Jesus, die Here, AANGENEEM het, WANDEL so in Hom, GEWORTEL (bly in Hom)en opgebou in Hom (Hy die hoeksteen)en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in DANKSEGGING.
Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ’n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade VERGEEF het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ’n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ’n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid, en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word. As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan — volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.
KOLOSSENSE 2:4-23 AFR53
Mnr Wêreldwys was ‘n baie welgeklede slim man van aansien.
Gekamofleer soos die engel van die lig kom die vyand na die gelowige. Lyk op die oog af betroubaar en goed maar is ver daarvan af.
Verlore sondaar het nog nie by Jesus vir homself uitgekom nie daarom dat hy soveel makliker mislei kon word. Hy weet van die redding wat nodig is maar het nog nie by die Redder uitgekom nie. Die sou hy vind as hy net Evangelis se raad wou volg en die Nou pad reguit na die Lig sou bly volg het.
Baie soek die redding maar nie so seer die REDDER nie. Hulle soek Hom as "SAVIOR " maar nie as "LORD" van hul lewens nie.
WANNEER ONS DIE REDDER GEVIND HET VIR ONSSELF KAN DIE VYAND NOG PROBEER OM ONS TE VERWAR EN MISLEI MAAR DIT GAAN SOVEEL MOEILIKER WEES VIR HOM OM REG TE KRY WANT....
Die Here Jesus is die goeie Herder en sy skape ken sy stem en luister na Hom.
Verlore sondaar ken nog nie Jesus se stem persoonlik nie. Moet nog na ander luister wat vir hom die pad verduidelik.
As Hy jou Redder word en jy baie tyd in gebed en Woord deurbring sal jy Sy stem leer ken en dan is Jesus deur Sy Gees jou Resigenoot want Hy belowe om ons nooit te verlaat nie en sal jy 'n stem agter jou hoor wat sê gaan eerder die kant toe my kind.
“en jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.”
JESAJA 30:21 AFR53
Die Koning het dmv Evangelis en Hulp Verlore sondaar die weg verduidelik maar hy luister na die verkeerde reisgenote en raadgewers met hul verdraaide Evangelies.
Ons het dus 'n keuse na wie ons gaan luister.
Hoe weet ek na wie om te luister?
Ons meet dit aan God se WAARHEID in Sy Woord. As dit nie PRESIES ooreenstem nie, is dit nie die waarheid nie.
Ons moet Jesus volg en nie mense nie.
"En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape VOLG hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom WEGVLUG, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie."
JOHANNES 10:4-6 AFR53
Herders het vroeer bymekaar gekom by die put om vir hul skape water te gee en dan het die skape deurmekaar geloop. Maar as die herder opstaan en roep begin al SÝ skape hom volg en nie die res nie.
Hulle volg Hom, Hy volg nie hulle waar hulle wil loop en wei nie en hulle luister na Hom(gehoorsaam)
Hulle hardloop weg van vreemdelinge…vlug!! Hul akomodeer nie ander stemme wat nog te sê gehoorsaam dit nie.
“he walks on ahead of them” Hy gaan ons vooruit, baan die weg na die ewigheid. Is vir ons ‘n voorbeeld om te volg. Ons ken Sy stem en herken sy roep.
Hoe dankbaar moet Verlore sondaar en ook ons nie wees dat Jesus belowe om nooit op te gee om ons terug te probeer bring na Sy NOU pad nie. Hy los die 99 skape om my te kom soek as ek soos Verlore sondaar my ore uitgeleen het en afgedraai het.
Wêreldwys lyk nie boos nie en daarom vlug Verlore sondaar nie weg van hom af nie. Ons dink ons gaan die duiwel en sy agenda dadelik herken, maar die vyand is baie slinks.
As 'n moordenaar iemand wil vergiftig gaan hy die gif in iets sit waarvan die slagoffer hou en ook net genoeg nie te veel nie anders gaan hy dit dadelik proe en uitspoeg. Netso kom die duiwel na ons so goed gekamofleer dat ons hom nie dadelik herken nie. Soms is die ANDER EVANGELIE so min anders dat ons dit moeilik opmerk.
Effens anders is steeds nie die ware Jakob nie.
Hy kom na Verlore sondaar as ‘n baie vriendelike man wat goeie indruk maak.
Maar die Woord sê aan hulle vrugte sal julle hulle uitken.
Mnr wêreldwys se vrot vrugte was dat hy baie van homself gedink het en net vir hierdie wêreld en plesier gelewe het. Sy eie begeertes voor geplaas het. Alles het oor hom gegaan en nie oor die Koning nie. Oor sy gerieflike bestaan hier en nou en darem nie te sleg probeer wees om eendag darem seker die hemel te kan verdien. Hy was wel godsdienstig en het geweet van die nou pad en hek maar hy het die Here gedien soos hý goed gedink het en nie soos die Here bepaal nie. HY WAS NIE BESIG OM TE VOLHARD OP DIE NOU PAD NIE, HY HET GEDOEN WAT HY GEGLO HET HY MOET EN HOM DAAR GERIEFLIK GEMAAK EN HOM DAAR GEVESTIG. HY HET GEDINK HY HET "ARRIVE".
Mense wat die pad van wetsonderhouding vat bly daar. WÊRELDWYS vertel vir hom dat hy en sy gesin vir hulle daar 'n huis kan kry en lekker daar sal lewe. Hulle hou op soek, want hulle dink hulle het gekry.
HY WAS NIE MEER BESIG OM DIE NOU PAD TE SOEK EN TE VOLG NIE
“Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.
JESAJA 29:13 AFR83
Na jou Redding is Jesus se opdrag VOLG MY
Volg My is beweging, dis nie "arrive" en afpak nie. Dis die wedloop hardloop en voltooi. Volhard soos atlete
"Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou."
MARKUS 8:34-35 AFR83
"Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie."
MATTEUS 10:38 AFR83
"Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg."
1 KORINTIËRS 11:1 AFR83
Ons maak dalk ook ons eie evangelie op soos dit ons pas. Luister na raadgewers wat volgens ons gesiene mense is dalk hoog geleerd in die Bybel(soos die fariseers en skrifgeleerdes was)
Hulle lyk nes die farriseers en skrifgeleerdes baie vroom en godsdienstig maar hul hart is ver van die waarheid wat nog te sê die Here Jesus. Dit gaan meer oor hul eie aansien as oor Jesus.
Die fariseers het duidelik nie God se pad bewandel nie en sou dit dom gewees het om hulle raad te gaan vra het in die Bybel. Ons kan nie enige iemand se raad volg net omdat hy beweer hy is ‘n Christen nie. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees ons lei om die regte raadgewers te kry.
Hoe?
Weereens deur wat hul sê en doen aan die Woord te toets en daaroor te bid.
Die Woord (die enigste Waarheid) is al rigsnoer om nie links of regs van die pad af te wyk nie.
“Blus die Gees nie uit nie. Verag die profesieë nie. Beproef alle dinge; behou die goeie.”
I THESSALONICENSE 5:19-21 AFR53
"Do not quench [subdue, or be unresponsive to the working and guidance of] the [Holy] Spirit. Do not scorn or reject gifts of prophecy or prophecies [spoken revelations—words of instruction or exhortation or warning]. But test all things carefully [so you can recognize what is good]. Hold firmly to that which is good."
1 Thessalonians 5:19-21 AMP
Hy het geweet dat hy nie met daardie pak sonde daar sal kan ingaan nie. Die poort is te nou jy kan nie met sonde en al daarin gaan nie.
Wêreldwys sien hoe hartseer en moeg Verlore sondaar is en maak of hy vir hom omgee, vol liefde aan sy arm gevat en met hom gesimpatiseer. Sataniste doen dieselfde. Hulle bevriend iemand wat swaar kry en maak of hulle omgee vir daardie persoon net om hulle in te trek by hul bedrywighede.
Satan het ook gemaak of hy vir Eva omgee en vir haar beter wil gee as wat God kan.
Toe Verlore sondaar vir mnr. Wêreldwys sê dat Evangelis(wat die goeie nuus van die ware evangelie met hom gedeel het) vir hom gesê het dat hy van die swaar pak op sy rug ontslae sal raak as hy na die smal deur en helder lig gaan het Wêreldwys begin om evangelis so sleg te sê dat dit Verlore SONDAAR laat begin TWYFEL het in die goeie raad van Evangelis. Netso het satan met Eva gedoen. Hy het God begin slegsê en haar laat begin twyfel in Sy goedheid en toe val sy vir satan se alternatiewe plan…
Verlore sondaar val ook vir wêreldwys se raad en DRAAI AF van die nou reguit pad en volg die pad wat hy nou glo hom makliker van die pak op sy rug ontslae sal laat raak. Hy besef nie hy is bedrieg nie want hy aanvaar ander opdragte as wat in die boek in sy hand staan.
Maar die vyand kom nie altyd so oop en bloot nie...
Ons sien Verlore sondaar het raad nodig gehad oor hoe sy sonde weggeneem kan word en hoe hy in die hemel kan kom.
Mense weet nie maar net nie, iemand moet GAAN VERTEL
"How beautiful and delightful on the mountains Are the feet of him who brings good news, Who announces peace, Who brings good news of good [things], Who announces salvation, Who says to Zion, “Your God reigns!”
Isaiah 52:7 AMP
"Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?"
ROMEINE 10:13-16 AFR53
"Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie;...."
En dis waar Verlore sondaar nou is in sy verhaal.
Die probleem was op die stadium was die MAKLIKER PAD nog vir hom ‘n groter behoefte as die REGTE PAD.
Hy het geval vir die leuen van die satan dat daar ander maniere is om in die hemel te kom. In ons lewe vandag word ons kinders geleer dat alle gelowe by God uitkom elkeen net op ‘n ander manier. Kan ons bekostig om nie tyd te maak om hulle self te leer wat die waarheid is en te laat onderig in die Woord deur keuse van skole, kerk en Sondagskool, jeug ens maar belangrikste is tuis onderig in die Woord en self die voorbeeld te leef.
Woorde wek maar dade strek
"Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul. Julle moet dit as herinneringsteken vasbind aan julle hande en dit moet 'n merk op julle voorkoppe wees. “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte."
DEUTERONOMIUM 11:18-20 AFR83
Jý moet dit vir jou kinders leer, ander gelowiges is net 'n hulp. God ons Vader gee ons elkeen die opdrag ten opsigte van ons eie kinders en geliefdes.
"You shall teach them [diligently] to your children [impressing God’s precepts on their minds and penetrating their hearts with His truths], speaking of them when you sit in your house and when you walk along the road and when you lie down and when you rise up. You shall write them on the doorposts of your house and on your gates, so that your days and the days of your children may be multiplied in the land which the Lord swore to your fathers to give them, as long as the heavens are above the earth."
Deuteronomy 11:19-21 AMP
As ons nie ons kinders gaan leer nie sal die vyand wel. Aan verkeerde reisgenote en verkeerde raadgewers het hy nie 'n tekort nie.
Dus leer die wêreld ons daar is baie maniere om in die hemel te kom,
terwyl die Woord ons leer:
“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
JOHANNES 14:6 AFR53
Jesus said to him, “I am the [only] Way [to God] and the [real] Truth and the [real] Life;
no one comes to the Father but through Me.
John 14:6 AMP
Baie dink Christene is arrogant om te glo net hulle is reg, maar dis nie ons wat so sê nie, ons glo wat God sê. Dis Hy wat sê daar is geen ander weg nie.
As ons bang is ons trap op tone en bly daarom liewer stil hieroor dan lieg ons vir die wêreld en gaan ons Vader van ons rekenskap eis. Ons spreek die waarheid in liefde en glo dat Jesus die enigste weg is…
“BECAUSE GOD SAID SO"
As ons enige iets anders verkondig of toelaat om verkondig te word bedrieg ons die wêreld en gaan baie verlore gaan.
Ons motief is dus om te red wat verlore, bedrieg en verward is en nie om arrogant alleen reg te wil wees nie.
Ons is nie reg nie, maar wel God se plan deur Jesus Christus wat vir ons aan die kruis gesterf het in ons plek vir ons sonde is reg.
As daar 'n ander pad of uitweg was hoekom sou Hy sy enigste Seun geoffer het. Enige pa sal dan eerder die ander uitweg kies. Abraham was bereid om Isak te offer maar het dadelik die ander uitweg aangegryp toe dit daar was. Maar Jesus MOES in ons plek sterf, anders was ons verlore vir altyd.
So lief het God die wêreld gehad…Joh 3:16
Soos my seuntjie eendag op vier jarige ouderdom my gevra het:
"Mamma wat sou van ons geword het as Jesus nie vir ons gesterf het nie?"
Comments
Post a Comment