1. SOEK JY EFFENS OF SOEK JY ERG ? 'n Pelgrim se reis deel 1

 


In die boek THE PELGRIMS PROGRESS lees ons van Verlore sondaar wat soekend is na die waarheid en redding





VERLORE Sondaar se pad BEGIN met die besef van die OORDEEL en HEILIGHEID van God


Ek moes die week die evangelie bring aan iemand en ek weet toe skielik nie waar begin ek met die EVANGELIE vir iemand wat niks weet nie?

Verlore sondaar in die boek, se pad op die NOU PAD het ons gesien begin dus by God se heiligheid,  en sy besef van God se heiligheid het begin met die lees van die Bybel.


Dit het Hom laat uitroep!!

"Wat moet ek doen om gered te word?

want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

ROMEINE 10:13‭-‬15 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


Toe Jesus hul leer om te bid, begin Hy ook die Onse Vader gebed met God se HEILIGHEID.

"Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;"

MATTHÉÜS 6:9‭-‬10 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


God se verlossingsplan begin by Sy heiligheid en Almag en hoe Hy oor sonde voel.

Die besef van hoe HEILIG GOD IS, IS DIE WEGSPRINGPLEK VIR REDDING. 

Ek het altyd gedink dit begin by SONDEBESEF maar sondebesef is die produk van in Sy teenwoordigheid kom en dus die besef van Sy heiligheid. Ek dink ons sal egter nooit Sy HEILIGHEID ten volle kan begryp nie.

Hierdie sondebesef kom as mens in die Heilige teenwoordigheid van die Vader kom en jy sien hoe vuil en onrein jy is teenoor Sý heiligheid. 

As jy nie daar begin nie gaan jy nie VOLHARD nie en baie goed langs die pad akkomodeer wat jou weg van die pad kan vat. Dis daardie een grade van “compromise" wat jou, jou eindbestemming gaan laat mis.

OM IEMAND DUS VAN DIE EVANGELIE TE VERTEL wat niks weet nie, wys die Here my toe om by Sy Heiligheid te begin...

Sonder die besef van Sy HEILIGHEID verloor ons, ons vrees vir die Here, vrees wat nie bang is as Hy jou Vader is nie maar ongelooflike respek

Sonder die vrees van die Here en hoe heilig Hy is, sien ons nie ons verlore toestand raak nie, ons vuil stukkende klere

Sonder dit is daar nie sondebesef en berou nie.

Sonder dit besef ons nvanons persoonlike noodsaaklikheid van 'n Verlosser nie. 

Sonder dit is daar nie ware omdraai na Hom toe nie.

 Sonder ware omdraai kom kompromiê wat sonde wil akomodeer.

In die Pelgrims progress verhaal van John Banion het hulle wat by God se HEILIGHEID  begin het VOLHARD maar die wat nie daar begin het nie,  hulle wat net die straf wou vryspring en ook net wou verkry wat vir hul goed geklink het van die Evangelie het NIE VOLHARD NIE nie



Daar is goed wat vir jou nie verkeerd lyk nie maar die uiteinde daarvan is ondergang. Dis die gevaarlike afdraaipaaie.

Jy kan nie eens jou eie hart vertrou nie.

Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.”

JEREMIA 17:9‭-‬10 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Dawid het dit ook geweet en bid hier

Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.

PSALMS 139:23‭-‬24 NLV‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬



As my mikpunt en motivering selfgerig is ipv God gerig gaan ek nie op die NOU PAD VOLHARD nie. 


MAAK DUS SEKER OOR WIE DIT VIR JOU GAAN

Vir Saul het dit oor homself gegaan hy was net spyt oor sy sonde en die GEVOLGE ddaarvanvir homself naamlik wat mense nou van hom sou dink en hy was bang om sy koningskap/aansien te verloor. Dit het vir Saul gegaan oor die skade wat hy sy eie naam aangedoen het en nie God sin.

Saul het verskonings gemaak vir sy sonde en wou net hê die gevolge moet weggaan maar het nie omgedraai op sy verkeerde pad nie. 

 

Terwyl Dawid ERGE BEROU gehad het oor sy sonde en die gevolge daarvan op sy verhouding met God en nie net oor die GEVOLGE van sy sonde nie. 

Dit het vir hom gegaan oor die skade wat Hy God se Naam aangedoen het en nie sy eie naam nie.

Dawid maak nie verskonings nie, hy het beroubely sy sonde en draai weg daarvan.


Ek moet WARE BEROU hê oor my eie sonde en die Here voor oë hou en nie net uitkoms soek nie, want dan gaan ek val vir die duiwel se KITS OPLOSSINGS wat my elke keer net dieper invat op die maklike paaie, die breë weg ipv om my werklik te bevry van dit wat my vashou. 

 Net Jesus kan my waarlik vry maak.

As ek my heiligheid aan ander meet gaan ek soos die Fariseer teenoor die tollenaar dink ek is darem nie so sleg nie en nie die erns van mý sonde besef nie.

Bietjie of baie sonde maak nie saak nie, vuil is ek vuil voor God.

VOORDAT JY NIE JOUSELF EN JOU SONDE DEUR SY OË GESIEN HET NIE en aan Sý heiligheid gemeet het nie, GAAN JY NIE WERKLIK WIL BREEK MET DIT WAT HOM ONEER AANDOEN EN SY HART BREEK NIE.


 As ons sonde doodtrek in die Bybel deur dit te ignoreer en nie daaroor te praat nie maak die Evangelie nie sin en hoekom Jesus moes kom sterf in ons plek nie.

Daar is net een pad, die NOU PAD. EEN WAARHEID ENIGE ANDER VARIASIES IS 'N LEUEN. Almal se genade verhaal waar Jesus jou kom ontmoet het is uniek maar daar is elemente van die verhaal van the Pelgrims progress wat wel vir almal waar is, volgens die waarheid van die Woord, die Ware Evangelie.

 Herken, erken, berou en bekering, die HERKENING van sonde in my lewe, ERKEN ek is skuldig voor God,  ware BEROU oor my sonde en BEKERING (wegdraai daarvan), dan ontvang ek wedergeboorte en stap die nou pad van heiligmaking die res van my lewe toegewyd gehoorsaam aan my Here en Verlosser.


As ek by Sy Heiligheid begin dan word Hy nie net my SAVIOR nie 

maar ook LORD OF ALL.



Hy moet alby word



Verlore sondaar begin sien hoe God oor sonde voel en hoe Hý dit sien en dit maak hom baie bekommerd en bang.

 Hy begin worry oor wat moet hy doen om die oordeel te ontvlug?

Dis eers ‘n alleen stryd, dan begin hy met sy naaste mense sy vrou en kinders praat daaroor maar hulle lag hom uit en weier om te luister. 

Hy word al hoe meer bekommerd en praat meer met hulle. Maar hulle stel net nie belang. Dan begin hy alleen eenkant die Woord lees.

Gelukkig hou hy nie op nie.


 Hy het net een vraag op sy brein…

WAT MOET EK DOEN OM GERED TE WORD? 

Elke verlore sondaar moet by die vraag uitkom


Dit behoort elkeen se grootste begeerte te wees om die atwoord op die vraag nie net te wete te kom nie maar om dit te gehoorsaam, daarop te reageer vir JOUSELF.

Dan stuur die Here iemand (Evangelis) op sy pad, te toevallig om toeval te wees om sy vrae te help beantwoord soos Fillipus gestuur is om die hofdienaar op die wa te gaan ontmoet en dit aan hom te verduidelik. Die hofdienaar het ook die boek, die Bybel begin lees en was erg soekend na die WAARHEID maar het nie verstaan wat hy lees nie. 


Toe dit aan hom verduidelik word kon hy dit verwerp of glo...die keuse was syne.

HOE REAGEER ONS OP DIE WAARHEID VAN DIE EVANGELIE?


Die hofdienaar glo en reageer op die boodskap, wil dadelik gedoop word. Hy stel nie uit tot eendag as sy omstandighede meer gunstig is nie, ook VERLORE SONDAAR in die boek stel nie uit tot sy gesin beter daaroor voel nie. Hy besluit om aan te hou soek al beteken dit hy moet alleen stap.


As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. 

As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”

MATTEUS 10:37‭-‬39 NLV‬‬‬‬‬‬‬‬


Party hou aan tradisie vas omdat hul ouers daarin geglo het.


Evangelis vra vir Verlore sondaar as hy sy sonde toestand dan besef

 HOEKOM STAAN HY NOG STIL…

VLUG!!


Lot en sy gesin moes fissies vlug uit die stede Sodom en Gomora, hulle mag nie omgekyk het nie, sy vrou kyk AGTERTOE en is nie gered van die oordeel nie. Sy skoonseuns kies om te bly en is ook nie gered nie.

Almal kry dieselfde kans om gered te word, 

maar elkeen kies anders.


Verore Sondaar antwoord sy vriend later as die vir hom vra waarheen hy gaan en hoekom hy vlug “come with me and preservere(VOLHARD), I have put my hand on the plough…”

In die Woord lees ons dan ook

“En Hy sê aan ’n ander een: Volg My

"MAAR hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. En ’n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, MAAR laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. 

En Jesus antwoord hom: 

Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.”

LUKAS 9:59‭-‬62 AFR53‬‬‬‬‬


Waarheen vra hy toe, VLUG IN DIE RIGGING VAN DIE LIG sê Evangelis.

SOEK!!!

Dan sal julle daarvandaan die Here jou God SOEK en vind AS jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.”

DEUTERONÓMIUM 4:29 AFR53

"Bid, en vir julle sal gegee word; SOEK, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word."

MATTHÉÜS 7:7‭-‬8 AFR53‬‬‬‬


SOEK JY EFFENS OF SOEK JY ERG ?

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die Here, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die Here; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.”

JEREMIA 29:11‭-‬14 AFR53‬‬‬‬


Soek die REDDING, 

soek die WAARHEID, 

soek die NOU pad

Wie soek sal vind maar wie nie soek nie sal nie vind nie.



“HOE MEER HY DIE BOEK LEES HOE SWAARDER WORD DIE PAK"

“want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”

HANDELINGE 17:31 AFR83

want ALMAL het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,”

ROMEINE 3:23 AFR53

BUT GOD!!




Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. Want God het Hom gestuur as ’n offer wat deur sy sterwe versoening bewerk het vir ALMAL WAT GLO. Op hierdie manier het Hy duidelik aangetoon wat sy vryspraak behels: Aan die een kant het Hy die sondes vergewe wat vroeër in die tyd van sy verdraagsaamheid begaan is; aan die ander kant het Hy ook duidelik aangetoon wat sy vryspraak nóú behels. Op hierdie manier blyk dit dat Hy nie net regverdig is nie, maar terselfdertyd ook ELKEEN regverdig verklaar wat IN Jesus glo.

ROMEINE 3:24‭-‬26 NLV‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


soos geskrywe is: Daar is NIEMAND regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is NIEMAND WAT GOD SOEK NIE. 

Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.”

ROMEINE 3:10‭-‬12 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie. Wat was die vrug wat dié dinge waaroor julle nou skaam kry, tóé vir julle opgelewer het? Die uiteinde van dié dinge is die dood. Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. Die loon wat die sonde gee, is die dood; (BUT GOD)die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.”

ROMEINE 6:20‭-‬23 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


Redding is alleen GENADE



Verlore Sondaar sien homself nou soos God hom sien

Hy sien homself in God se spieël… maar ongelukkig is daar steeds mense wat die BYBEL optel, lees, hulself in die spieël sien VERSKONINGS MAAK en steeds net aangaan met hul ou lewe. 

Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen. Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het. As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ’n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.”

JAKOBUS 1:23‭-‬25 NLV‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


SY OË HET NOU OOPGEGAAN EN DIT MAAK HOM BAIE BEKOMMERD

Bewus van die groot gewig op sy rug (sondebesef) wat net groter en groter word

Iemand moet oortuig word van hul sondige toestand voordat hulle gered kan word. 

"Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.”

ROMEINE 3:10‭-‬12 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Ons kan getuig, Woord bring maar net die Heilige Gees kan oortuig maar die hart moet soekend en ontvangklik wees. 


John 16:7-15 AMP

[7] But I tell you the truth, it is to your advantage that I go away; for if I do not go away, the Helper (Comforter, Advocate, Intercessor—Counselor, Strengthener, Standby) will not come to you; but if I go, I will send Him (the Holy Spirit) to you [to be in close fellowship with you]. [8] And He, when He comes, will convict the world about [the guilt of] sin [and the need for a Savior], and about righteousness, and about judgment: [9] about sin [and the true nature of it], because they do not believe in Me [and My message]; [10] about righteousness [personal integrity and godly character], because I am going to My Father and you will no longer see Me; [11] about judgment [the certainty of it], because the ruler of this world (Satan) has been judged and condemned. [12]  “I have many more things to say to you, but you cannot bear [to hear] them now. [13] But when He, the Spirit of Truth, comes, He will guide you into all the truth [full and complete truth]. For He will not speak on His own initiative, but He will speak whatever He hears [from the Father—the message regarding the Son], and He will disclose to you what is to come [in the future]. [14] He will glorify and honor Me, because He (the Holy Spirit) will take from what is Mine and will disclose it to you. [15] All things that the Father has are Mine. Because of this I said that He [the Spirit] will take from what is Mine and will reveal it to you. 




Iemand wat dink hulle is nie so vuil nie 

sal nie hul wil was nie. Eers as jy besef hoe vuil jy is sal jy gewas wil word.


HULLE PROBEER HOM OORHAAL OM NIE VERDER DIE BOEK TE LEES NIE, MAAR HY KAN NIE, DIE HEILIGE GEES STRY MET HOM

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”

OPENBARING 3:20 AFR53


Die Here sal bly klop, dis ons wat nie oopmaak nie of wat uitstel, en dalk is dit eendag  te laat.

SOEK die Here terwyl Hy nog te vinde is; ROEP Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here BEKEER, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”

JESAJA 55:6‭-‬9 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬


TOE HET VERLORE SONDAAR IN DIE BOEK VIR HOMSELF GESÊ:

”EK GAAN NIE AAN MY SONDE DINK NIE…EK GAAN DINK AAN DIE GOEIE GOED WAT MENSE VAN MY SÊ…EK IS NIE SO SLEG NIE"

Party mense probeer die klere van goeie werke aantrek as hul tot sonde besef kom….

Dink dis soos ‘n skaaltjie, as ek meer goeie werke kan doen sal die die skaaltjie na die regte kant laat tip en die sonde uitbalanseer. Dus opmaak daarvoor. Dis weereens ‘n ander VALSE Evangelie…’n eie menslike plan en nie God se plan en oplossing vir sonde nie.

Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word, want ek kan van hulle getuig dat hulle vol ywer vir God is, maar sonder die regte insig. 

Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op hulle eie manier kry. 

Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word.”

ROMEINE 10:1‭-‬4 AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Maar nou het God vir ons ’n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry – nie deur wetsgehoorsaming nie, maar langs die weg waarvan die Skrif al lankal getuig:”

ROMEINE 3:21 NLV


 MAAR HOE MEER HY EGTER DIE BYBEL GELEES HET HOE MEER HET HY VAN GOD SE HEILIGHEID GELEER.

Hoe meer en meer word hy bewus van sy vuil klere


Een Kolletjie op ‘n wit hemp, maak die hemp vuil, nie die hoeveelheid kolle nie.


Een vrot eier maak ‘n koek oneetbaar, nie die hoeveelheid vrot bestandele nie.

En ons het almal geword soos ’n onreine, en al ons geregtighede soos ’n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

JESAJA 64:6 AFR53


Nog te meer in God se heiligheid, staan daai sonde kol erg uit teen Sy vlekkeloosheid.

Jy kry bv ‘n paartjie (alby nie wedergebore nie), die vrou is ‘n goeie mens, help graag almal ens, haar man slaap erg rond en drink en slaan haar. Vir hom om tot bekering te kom is soms makliker as vir haar.

 HOEKOM?

Sy kan dalk haarself met hom vergelyk en dink sy is darem nie so sleg soos hy nie, maar hy weet diep binne hy is op die verkeerde pad. Hy gaan dus makliker by SONDEBESEF uitkom as sy, dus kan dit gebeur dat hy makliker besef hy het ‘n Verlosser nodig as sy.

Soos in die verhaal van die Farisseer en die Tollenaar. 

ALMAL VAN ONS MOET BY DIE BESEF UITKOM, ONS IS NIE NET GOED NIE, ONS HET ALMAL 'N VERLOSSER NODIG





WAT MOET EK DOEN OM GERED TE WORD?

Een sonde of baie sonde, voor God ewe skuldig


want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,”

ROMEINE 3:23 AFR53


VERLORE SONDAAR KON NIE WARE VREDE VIND VOORDAT HY NIE BESEF HET DAT HY VERLORE IS EN GERED MOET WORD NIE


Evangelis loop hom raak en sê vir hom waarheen hy moet vlug/hardloop

Run away from youthful lusts—pursue righteousness, faith, love, and peace with those [believers] who call on the Lord out of a pure heart.

2 Timothy 2:22 AMP


VLUG na die LIG en die NOU HEK

Sy vrou en kinders roep agter hom aan maar hy het Jesus liewer as vir hulle en wil agter Hom aangaan en druk sy vingers in sy ore en bly VLUG in die rigting van die lig

Die Bure kom ook uit om hom te keer

Obstenate(Hardkoppig) en plyable(Ja broer) …se doel is om hom te laat omdraai

Wie in ons eie lewe probeer ons keer of het ons probeer keer toe ons besluit het om die Lig te volg?

Maar Verlore sondaar sê hy kan nie saam hulle terug gaan nie want hulle lewe in die stad wat verwoes gaan word.

Later probeer hy sy buurmanne oortuig deur te wil hê hulle moet sy boek lees en self sien, maar die buurman wil glad nie SELF lees nie

(Die Here het vir my op my pelgrimspad destyds gesê: “het jy ‘n Bybel gehad, hoekom het jy nie self gelees nie”)

Hy pleit by hulle om vir hulle self te lees en nie net sý woord daarvoor te vat nie, maar hulle weier…

Die een wil dit nie hoor nie wat nog te sê self lees die ander een wil dit hoor maar ook net dit wat hy wíl hoor, te veel moeite om self te lees. 

Obstinate (Hardkoppig) weier om Verlore Sondaar te volg en maak die boek af as nonsens nog voor hy dit self gelees het.

Sy naam beteken: "Stubbornly refusing to change one's opinion or chosen course of action, despite attempts to persuade one to do so."

Hy verander nie agv sy eie persoonlike voorkeure en denke. Sy eie ek staan in sy pad om te hoor.

Hardkoppig, laat hom nie leer nie, dink net hy weet wat is reg


Pliable (Ja broer/buigbaar)

Sy naam beteken: "Easily bent; flexible."

Hy verander sy mening na gelang van omstandighede en sy eie persoonlike voorkeure

Verlore sondaar getuig hy was ook waar hul nou is (hy getuig vanuit sy eie lewe en preek en wys dus nie vinger nie) en nooi hul saam en vertel hul wat hy na soek en wat die Woord sê hy gaan ontvang. Redding, ewige lewe, stad met goue strate ens.

Soek ons ook dalk net wat God kan bied of het ons ware berounoor ons sonde en wil Hom hê nie net wat ons van Hom kan kry nie.

Omdat Pliable nie sy sonde besef nie, is dit nie by hom ‘n dringende saak om gered te word nie, hy besef dus nie in hoe groot gevaar hy verkeer nie, hy wil wel net al die lekker dinge wat die hemelse stad inhou hê MAAR dink nie hy het redding nodig nie 

Hy sê vir hul wat hul moet opgee is nie in vergelyking met dit wat vir hul voorlê en gaan ontvang  vir die wat dit “diligent seek"


But without faith it is impossible to [walk with God and] please Him, for whoever comes [near] to God must [necessarily] believe that God exists and that He rewards those who [earnestly and diligently] seek Him.”

Hebrews 11:6 AMP

Henog was ‘n voorbeeld van iemand wat ernstig die Here gesoek en tyd met Hom spandeer het. Hy het heeltyd met die Here gewandel en die Here was so tevrede met hom dat Henog nie gesterf het nie maar deur God net weggeneem is.

“O God, You are my God; with deepest longing I will seek You; My soul [my life, my very self] thirsts for You, my flesh longs and sighs for You, In a dry and weary land where there is no water.”

Psalms 63:1 AMP



 GEHOORSAAMHEID is die eindproduk van HEILIGMAKING



Soos wat Verlore Sondaar weghardloop skree hy “lewe, lewe, ewige lewe!” die ewige lewe was nou vir hom belangriker as enige iets anders.

Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle 'n stryd om lewe of dood geword het nie.”

HEBREËRS 12:4 AFR83

So moet dit vir elkeen van ons wees, besef ons dat ons oppad is na die ewige verderf, dat ons elkeen voor Hom gaan staan ALLEEN en die straf ontvang vir ons sondes, tensy ons sy reddende plan aangeem en glo vir onsself het. 




Hoe ernstig is ons om van ons sonde ontslae te raak?

As jy nie bekommerd is oor die sonde in jou lewe nie moet jy bekommerd wees oor jou saligheid.


Geredde kinders van God wil nie meer in sonde lewe nie en sal onbewuste sonde dadelik bely en van wegdraai sodra die Heilige Gees dit aan hul uitwys, soos Dawid gedoen het maar Saul het nie ware berou gehad nie, net spyt.

Verlore sondaar se gesin was nie bekommerd oor hul sonde nie en het daarom nie ‘n swaar las op hul rug gehad nie. Hul het nie sy besef van gevaar verstaan nie. Hul was blind vir hul eie sonde.

Ons redding is nie uit onsself nie maar dit moet vir ons ‘n erns wees om al ons kragte in  te span om by die nou deur In te gaan.

Toe vra iemand Hom: “Here, is dié wat gered word, maar min?” Hy sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. “As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal julle antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’ Dan sal julle sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer.’ Maar Hy sal weer vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!’ “Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete binne-in die koninkryk van God sal sien, terwyl julle self buitentoe weggejaag word. “Daar sal mense uit die ooste en die weste kom, uit die noorde en die suide, en aansit by die feesmaal in die koninkryk van God. Onthou net: Daar is laastes wat eerste sal wees, en eerstes wat laaste sal wees.”

LUKAS 13:23‭-‬30 AFR83‬‬‬

Daar gaan 'n dag kom wat hulle wat uitgesluit is tevergeefs klop soos Hy tevergeefs geklop het aan hulle deure hul hele lewe lank.



Maklik gaan dit nie wees nie want die duiwel staan ons teë en val ons aan.

Hy plaas hindernisse in die pad van die soekendes om hulle te keer om nie by die Here Jesus uit te kom nie.

Leuens, halwe waarhede...ander evangelies




Ons moet hard stry om dit te oorwin. Aanhou soek, volhard, deurdruk

Hierdie hindernisse is meestal iets of iemand wat naby jou is of jou baie na aan die hart lê. 

Gelukkig het VERLORE SONDAAR AANGEHOU VLUG na die lig toe.

Ons moet so hard stry teen wat ons dink ons weet en glo omdat ons so geleer is of omdat iemand na aan ons dit vir ons vertel het. Die blinde Bartimeus het hard uitgeroep na Jesus, alhoewel mense hom probeer stil maak het, het hy nie hom laat afsit deur wat mense van hom dink of vir hom sê nie. Hy het net een ding begeer en dit was om by Jesus uit te kom.

Sy volharding is beloon. 

As jy hoor Jesus kom verby gaan jy die geleentheid aangryp of laat verby gaan?

Ook Saggues was ‘n gesiene man wat nie geskroom het om in die vyeboom te klim net om by Jesus te kan uitkom nie. Hy het nie omgegee wat mense van hom sou sê en gesê het nie solank hy by Hom kon uitkom.


Wat doen ek en jy om by Jesus uit te kom?

Gaan ons Hom soek en vind of gaan ons Hom laat verbygaan?

Moes jy iets of iemand opgee toe jy Jesus begin volg het? Was jy bereid om dit te doen of het jy dit ook probeer behou. As jy iets of iemand steeds probeer behou wat jou verhouding met Jesus skade doen het jy nog nie ten volle Hom koning van jou lewe gemaak nie, dan volg jy Hom nie regtig nie. Dan is Hy net nog iets in jou lewe of gebruik jy Hom net wanneer dit jou pas. Sal jy Jesus ongehoorsaam wees om daardie iet of iemand te probeer behou? Dan is dit jou afgod.


Wat sal jy doen om ander by Jesus uit te bring? 

Die verlamde man se vriende het vir hom die dak oopgebreek en laat afsak tot voor Jesus. Hoe maklik gee ons op met ander mense.

Verlore sondaar vind Jesus later in die boek en die swaar pak op sy rug raak los en rol al teen die berg af. Maar hier hou sy pad nie op en gaan hy hemel toe nie, nee toe begin sy pad saam met Jesus van VOLHARDING EN HEILIGMAKING


DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. 

Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie? Want húlle het ons wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy HEILIGHEID kan deelagtig word. Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. 

Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die HEILIGMAKING waarsonder niemand die Here sal sien nie;

HEBREËRS 12:1‭-‬1faith"



''You canot just ad Jesus to your life,  you have to submite your hole life to Him"

- Aanhaling uit die fliek  "a Matter of faith" -


WORD VERVOLG....

Alleen reis is nie 'n goeie idee nie.  Die Pelgrim se reis deel 2

Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”