2. Alleen reis is nie 'n goeie idee nie. Die Pelgrim se reis deel 2






Wat glo ek?

In GENADE onverdiend

Wel ek dink as iemand my vandag daardie vraag sou vra sou ek hierdie woorde van Paulus wou aanhaal. 


"For if I [or anyone else should] rebuild [through word or by practice] what I once tore down [the belief that observing the Law is essential for salvation], I prove myself to be a transgressor.

 For through the Law I died to the Law and its demands on me [because salvation is provided through the death and resurrection of Christ], so that I might [from now on] live to God.

I have been crucified with Christ [that is, in Him I have shared His crucifixion];

it is no longer I who live, 

but Christ lives in me.

The life I now live in the body I live by faith [by adhering to, relying on, and completely trusting] in the Son of God, who loved me and gave Himself up for me. 

I do not ignore or nullify the [gracious gift of the] grace of God [His amazing, unmerited favor], 

for if righteousness comes through [observing] the Law, then Christ died needlessly.

 [His suffering and death would have had no purpose whatsoever.]”

Galatians 2:18‭-‬21 AMP




Ek sien so baie raakpunte van my eie verhaal van my eie pelgrimspad na wedergeboorte raak in die storie van VERLORE SONDAAR (Christian) IN DIE BOEK PELGRIMS PROGRESS

Nadat Verlore sondaar in die boek Pelgrims progress voor die Heiligheid van God te staan gekom het deur die boekie wat hy ontdek en begin lees het begin hy VLUG vanuit die stad wat hy nou glo en weet gaan verwoes word.

Hy raak soekend na die WAARHEID

Hoe verder hy op die pad wat Evangelis hom beduie het loop hoe swaarder word die pak op sy rug(sonde besef)

 Soos die Heilig Gees die lig op al jou sonde laat val en jy meer en meer daarvan bewus word, sien jy jouself soos in ‘n spieel.

  Jy besef jy is nie net goed nie.


Dan word sy aandag afgetrek deur sy twee bure wat met hom begin saamloop en die een teenargumente begin opper (Hardkoppig) en die ander (Ja broer/ Pliable) net dit wil hoor wat hy wil hoor. 

Ja broer(Buigbaar/Pliable) verander na gelang van omstandighede van wat hom pas en nie pas nie

Sonder dat Verlore sondaar hul dit besef hou hul nie meer streng by die padaanwysings in sy boekie en by wat Evangelis vir hom vertel het nie en kort voor lank val hul in 'n moddergat.

 

Hoe harder hulle probeer om uit te kom hoe dieper sak hulle in die modder weg.

Die pad het skielik moeilik geword, Ja broer  het gedink dat as hy die NOU PAD gaan volg gaan alles net goed gaan met hom. Hy voel nou ontnugter en kwaad vir Verlore sondaaar wat hom saamgevat het en sommer vir die Koning ook wat toegelaat het dat daar 'n moddergat in sy pad was. Hy is dan die koning en moet mos dit wegvat.

Ja broer(Buigbaar/Pliable) begin dus ander blameer vir waar hy hom bevind.

 Baie mense kom tot hier en sien nou ook hulself in die spieël, hoe hul eie lewe lyk teen God se standaard van heiligheid, en dit maak dat hulle in sak en as sit (die modder) en wil hul opgee van moedeloosheid. 

Sommige kan soos Ja broer probeer beter voel oor hulsself en by hulselfs dink ek is darem nie so sleg nie,  wat van daardie en of daardie een wat slegter is as ek. Hy meet homself aan sy eie menslike standaard maar nie volgens God se standaard nie, meet sy heiligheid aan ander mense sin en nie aan God se heiligheid nie.

 Hy ontken sy sonde om te probeer beter voel en daarom dink hy as hy terugdraai na sy ou lewe gaan hy hiervan vergeet en nie meer so sleg voel nie. 

Party draai weg van die spieël en vergeet gou hoe hulle gelyk het.

Dis tipies om te dink wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie. Hul begin dan ook soms enige Christelike byeenkomste, ware gelowiges ens vermy. 

Ja broer wou nie herken hoe sleg hy is nie, dat hy ook 'n verlore sondaar is nie. 

Ware gelowiges is nie volmaak nie maar herken, erken, bely en laat staan sonde in hul lewe waarvan hul bewus word. 

Hulle akkommodeer of verskoon dit nie ook ignoreer hul dit nie of vee dit onder die mat in waar hul dink niemand sal sien nie.

Hul gebed is:

"Search me [thoroughly], O God, and know my heart; Test me and know my anxious thoughts; And see if there is any wicked or hurtful way in me, And lead me in the everlasting way."

Psalms 139:23‭-‬24 AMP

Moenie ou sonde akkommodeer nie, jy gaan weer terugdraai of daarin val.



Dalk is daar sonde in Ja broer se lewe waaraan hy nog wou vashou (akkommodeer) en lekker is vir hom. Toe hy besef as hy met die NOU PAD wil aanhou gaan hy dit moet los soos die ryk jongman OOK OMGEDRAAI het omdat hy nie sy rykdom wou opgee om Jesus te volg nie.

"Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?” 

Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord – jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.” Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?” Jesus het geantwoord: “‘Jy mag nie moord pleeg nie. Jy mag nie ontrou wees in jou huwelik nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie onwaar getuienis aflê nie; “Ek het al hierdie gebooie nagekom,” antwoord die jong man, “wat moet ek nóg doen?” Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir die armes. Dan sal jy ’n skat in die hemel hê. Kom dan en word my dissipel.”

Toe die jong man dít hoor, het hy geskok weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

 Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Ek verseker julle dit is bitter moeilik vir ’n ryke om in God se koninkryk in te gaan. Ek wil dit beklemtoon, dit is makliker vir ’n kameel om deur ’n naald se oog te gaan as wat dit vir ’n ryke is om in God se koninkryk in te gaan.” Toe hulle dit hoor, was die dissipels totaal verbysterd. “As dit so is, wie kan dan hoegenaamd verlos word?” het hulle gevra. Daarop het Jesus hulle aandagtig aangekyk en gesê: “Menslik gesproke is dit onmoontlik. 

Maar by God is alles moontlik!

MATTEUS 19:16‭-‬18‭, ‬20‭-‬26 NLV‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

OF

Die moddergat kan jou na VERDIENSGODSDIENS laat draai omdat jy begin dink jy is te sleg om deur God liefgehê te word.

Ek het ook met die vraag geworstel : 

"Hoe kan die Here my liefhê" 

Die vraag ontstaan uit ‘n gevoel van jy verdien dit nie en dan wil jy moed opgee of dit nog harder probeer verdien.

Ons is reg as ons voel ons is nie goed genoeg nie want niemand is….

"want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is."

ROMEINE 3:23‭-‬24 AFR53


 Dankie tog vir God se GENADE deur Sy Seun ons Here Jesus Christus .


Baie kyk die belofteklippe van die Woord wat jou oor die moddergat moes vat mis agv self probeer en verkeerde fokus en trap dan weg in die modder, van twyfel, skuldgevoel, moed opgee, wanhoop(dispair) en selfverwyt.

Hulle spartel in die modder omdat hulle ook nog nie hierdie BELOFTES vir hulself  heeltemal kan glo of begryp nie. Hulle voel dit nie werd nie, dalk vir ander waar maar nie vir húlle nie. Hulle sit sommer self nóg modder op hul eie kop. 
Ek weet want ek was hier.


Party probeer nog IETS BY DOEN om seker te maak van hul verlossing en val hul dan maklik vas in wettiesisme.

 Hulle glo hul weet beter en wil by God se plan byvoeg en leer ander ook so met 'n ander evangelie soos wat met die Galasiers gebeur het.


Verlore Sondaar wou nie teruggaan nie, hy wou VLUG van die oordeel. Hy wou die Godstad kry.

 HY WAS SOEKEND!!


"En julle sal My SOEK en vind as julle na My vra met julle HELE hart."

JEREMIA 29:13 AFR53

Hoe meer Verlore Sondaar op sy eie spartel (na sy eie vermoë kyk en self probeer) om van die sonde ontslae te kom om uit die modder te kom hoe dieper sak hy weg daarin tot by sy ken en hy besef toe hy is in groot moeilikheid hy gaan nie homself kan red nie en ROEP OM HULP.

 HULP het hom kom help en hom op VASTE GROND gesit

Hierdie vaste grond is die verlossing wat Jesus klaar uitgewerk het. Sy afgehandelde werk…gesterf en opgestaan. Wat Hy klaar gedoen het en nie wat jý moet doen, die res is sand, dryfsand. Jesus alleen is die Onveranderde Rots.

Hy was weer oppad met die NOU PAD na die Lig.

"nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe."

TITUS 3:5‭-‬7 AFR53


Hierdie vaste grond is die enigste iets wat ons SEKERHEID kan gee van ons verlossing. Dit wat Jesus klaar gedoen het.

Soos die lied Who am I so mooi dit stel: 

Who am I, that the Lord of all the earth
Would care to know my name, would care to feel my hurt?
Who am I, that the Bright and Morning Star
Would choose to light the way for my ever wandering heart?
Not because of who I am, but because of what You've done
Not because of what I've done, but because of who You are
Casting Crowns - Who am I



Dis by die besef van hierdie eerste vers se woorde dat Verlore sondaar en ek self in die modder dieper wou wegsak, hy moes nog by die tweede vers se waarheid vir HOMSELF uitkom. 


Hulp het dié WAARHEID EN GOEIE NUUS(EVANGELIE) wéér aan hom probeer oordra maar toe leen hy weer sy ore uit...

Hoeveel keer het Jesus nie al vir ons die Waarheid kom oordra in ons eie lewe nie, veral in 'n Christen land, maar ons STOP nie en maak dit ons eie nie, wat ook al die rede vir sulke dwaasheid is nie, dalk uitstel of nie self lees nie. Myne was omdat ek heeltyd besig was om in die moddergat te spratel agv verkeerde raadgewers en nie self genoeg die boekie(die Bybel) gelees nie. Ek het die ROOI TOU van GENADE ALLEEN wat my daar wou uittrek nie gesien nie. Godsdiensstigheid het 'n sluier oor my oë getrek.

Ek het ook by die punt gekom van besef ek is in groot moeilikheid ek gaan nie myself kan red nie en het ek ook uitgeroep OM HULP.

Toe ek so siek was gesê: "Here as my lewe met u reg is vat my, maar as dit nie is gee my nog 'n kans"

Ek het nog 'n kans gekry. 


Jesus sit ook deur Sy bonatuurlike ingryping in my lewe my voete op vaste grond.


Ons kan dan vanuit hierdie sekerheid (die afgehandelde werk van Jesus - dit is volbring) gehoorsaam leef en optree(DOEN).

 Ons hoef nie meer soos ek voorheen te hoop ons is gered nie. Hoop jy is uitgekies nie.

 Jesus het vir ALLE mense gesterf, maar ons het die KEUSE of ons dit aanvaar vir ons self of nie



"For God so [greatly] loved and dearly prized the world(nie net party nie), that He [even] gave His [One and] only begotten Son, so that whoever BELIEVES and TRUSTS in Him [as Savior] shall not perish, but have eternal life. 
For God did not send the Son into the world to judge and condemn the world [that is, to initiate the final judgment of the world], (BUT GOD) but that the world might be saved through Him. Whoever believes and has decided to trust in Him [as personal Savior AND Lord] is not judged [for this one, there is no judgment, no rejection, no condemnation]; but the one who does not believe [and has decided to reject Him as personal Savior and Lord] is judged already [that one has been convicted and sentenced], because he has not believed and trusted in the name of the [One and] only begotten Son of God [the One who is truly unique, the only One of His kind, the One who alone can save him]."
John 3:16‭-‬18 AMP‬‬‬‬‬‬‬‬

Party glo dadelik en loop oor die klippe (glo in God se beloftes) ander begryp nog nie dadelik dat Jesus se dood aan die kruis die VOLLE PRYS betaal het nie….daarom het Hy gesê:"DIT IS VOLBRING" (klaar afgehandel).



Verlore Sondaar glo dalk al hier AAN Jesus as die weg, maar nog nie IN Hom as die ENIGSTE weg ook vir homself nie

Dit het my ook 'n hele ruk in my lewe gevat om dit vir myself toe te eien agv 'n oormaat van sonde besef. Ek het verseker AAN Jesus geglo maar nog nie IN Hom vir myself nie.

Dis soos om vir iemand te vertel van 'n bus wat Kaap toe gaan. Jy kan hoe glo AAN die bus wat Kaap toe gaan maar voordat jý nie IN die bus is nie GAAN JY NIE SAAM NIE.




Verlore sondaar moes eers hulp se hand gryp om uitgetrek te kon word, so moet ons eers God se beloftes en waarheid (be)gryp voordat dit ons kan help om hierdie vaste grond ons vaste sekerheid van verlossing te kan kry.


Maar ongelukkig nadat Hulp hom uit die modder getrek het

 gaan Verlore sondaar alleen op sy reis verder.


“As die vyand jou alleen kry maak hy jou stukkend” het my ma altyd gesê en dan kan hy jou ook makliker laat twyfelverwar en mislei.



Jesus het nooit sy dissipels een- een uitgestuur nie.

Oom Angus getuig ook dat hy nooit alleen reis om iewers te gaan preek nie, hy ken die duiwel maar te goed wat jou gaan laat struikel of laat vrees as jy alleen is. Hy vat altyd iemand saam wat saam hom kan waak en bid en hulle mekaar verantwoordelik kan hou en bemoedig.

"Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm. Maar hoe kan een wat alleen is, warm word? Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie."

PREDIKER 4:9‭-‬12 NLV‬‬‬‬‬‬

Daarom sê die Woord 

Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 

Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.”

HEBREËRS 10:23‭-‬25 AFR83‬‬‬‬‬‬


Baie het na Covid opgehou kerk toe gaan, dink hul kan op hul eie die pad stap, Sondae aanlyn diens kyk (dis goed vir uitsonderings maar moet nie die reel word nie)

Dis soos om by 'n foto van 'n kaggel te probeer warm word

 ‘n Kooltjie buite die vuur koel af en word lou…Pasop daarvoor!

Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.”

OPENBARING 3:15‭-‬16 AFR53‬‬‬‬‬‬



Dan kan ons ook nie meer lig vir die wêreld wees nie.

‘n Kooltjie vuur maak saam ander kole ‘n groot vuur en groter impak vir die koningkryk van God .

Kirk Cameron het ‘n onderhoud met die Benham brothers gehou waarin hulle daarop neerkom dat ons ons ons huidige samelewing nie net ‘n kerslig moet wees nie maar ‘n kooltjie vuur. 

"We have the power of Christ in us. In our culture today it is time for us to no longer be candles that only let our light shine, but be coal by burning and emanating our life from within. We need to replace the image of a candle with a coal. You know when the wind comes along and blow on a candle, you know what happen to the light?

 It goes out.

But what happens when the wind comes along and blows on a coal like the burning embers in a fire pit( a piece of wood or coal that continues to burn after a fire has no more flames), it makes flames and it makes it hotter, it ignites(causing it to catch fire)

You see the same wind of culture that try to extinguish (to put an end to or destroy)  our lives blows today, and if we are shining like a candle, which means we are lit on the outside our light is going out, and we are going to run.

But if we are more like coal, burning from the inside(Christ in us) and we do on how to make sure that your fanning (increase the strength) that flame that is inside of you.

When you spend time alone with the Lord in that secret place where you diving down with Him and when the wind of culture change and it starts to blow on you to extinguish your life the very act of the wind blowing is the thing that will ignite it.

Actually we want that wind to come, because it makes that flames even bigger, brighter and hotter. And you know what is interesting, that when you bring the coals together their effect is multiplied, but coals separated soon die out.

That is exactly what the devil wants to do, separating us.

We need to keep the coals together. 

We forget the power

“Blessed [comforted by inner peace and God’s love] are those who are persecuted for doing that which is morally right, for theirs is the kingdom of heaven [both now and forever]. “Blessed [morally courageous and spiritually alive with life-joy in God’s goodness] are you when people insult you and persecute you, and falsely say all kinds of evil things against you because of [your association with] Me. Be glad and exceedingly joyful, for your reward in heaven is great [absolutely inexhaustible]; for in this same way they persecuted the prophets who were before you.

Matthew 5:10‭-‬12 AMP‬‬‬‬


False accusations is the root of Cancel culture. It is to call you something that you are not and as Christians we don't shrink back from that we step into it in three specific ways

1. We demonstrate the kingdom in our lives first

2. Then we define (show, make if known, testify) the Kingdom, 

3. We defend the Kingdom

So we define, defend, and we demonstrate it with our mouths and life.

Taking a stand in the storm requires a solid foundation.”

(JESUS CHRIST)




WORD VERVOLG....

Verkeerde reisgenote en raadgewers. 
Die Pelgrim se reis deel 3




Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”