Dis 'n taai toffie vir baie, waar pas die wet dan in vandag?
Party maak van die wet alles, ander plaas hom op die verkeerde plek in die Evangelie en sommige gooi die wet heeltemal weg
Laat ons een ding duidelik besef:
Die WET is NIE 'n vereiste vir REDDING nie.
Gooi ons die wet dan vandag weg? NEE!
Jesus het nie die wet tot niet kom maak nie maar dit kom vervul.
Voor ons die plek wat die wet vandag in 'n gelowige se lewe inneem kan verstaan moet ons net eers weer kyk na wat REDDING behels volgens die Evangelie, die goeie nuus van die Woord
__________________
REDDING is agv GENADE alleen, punt!!
Niks meer en niks minder nie
________________
Paulus sê in Romeine 11:6
DIE WAARHEID is:
Jy is of gered deur GENADE sonder werke
anders is genade nie meer genade (onverdiende guns)
OF
gered deur werke sonder GENADE
anders is werke nie meer werke.
_______________________
Jy is dus of gered deur werke sonder enige iets van God se kant of deur genade sonder enige iets van jou kant.
Ons weet dus verseker waar die wet nie meer VAN TOEPASSING is of bygevoeg moet word nie, nl by REDDING
(hoe om gered te word).
Die Woord leer ons dat Wetsonderhouding en gehoorsaamheid kan nie as 'n VOORWAARDE geplaas word as dit by Redding kom nie.
Dis in elk geval oor en oor bewys dat dit nie werk nie want niemand kon dit al een honderd persent nakom oor al die eeue heen nie, daarom moes ook GOD SE VOLK heeltyd offers bring vir vergifnis van hul sonde (oortreding van die wet).
"Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword."
JAKOBUS 2:10 AFR53
Ons kan nie die twee,
GENADE(Jesus) EN WERKE(wet) meng
OM GERED TE WORD nie.
Hierdie wette maak ons nie Sy kinders nie, alleenlik GELOOF in Jesus ons Verlosser (God se GENADE plan) maak ons deel van God se gesin.
Dis die verskil tussen
Godsdiens en Verhouding
Paulus verduidelik dit baie mooi in Galasiers sowel as Romeine en sy ander sendbriewe.
Godsdiens vereis nakoming van die wet
IN ALLE ANDER GODSDIENSTE MOET 'N KLOMP WETTE NAGEKOM WORD OM VOLGENS HULLE TE KAN HEMEL TOE GAAN (GERED TE WORD)
Wat maak Christenskap(Verhouding), kindskap, die ware Evangelie dan anders as die ander?
Eendag het iemand uit 'n ander geloof dit so mooi opgesom met die woorde:
TELL ME ABOUT YOUR GOD,
BECAUSE FOR MÝ god
I HAVE TO DO EVERYTHING,
YOUR GOD DID EVERYTHING
Met ander woorde
MY GOD DID EVERYTHING
THROUGH HIS ONLY SON JESUS CHRIST,
our LORD AND SAVIOR
Ek self het altyd gedink ek moet dit en moet dat, moenie dit en moenie dat, om vir God aanvaarbaar te wees. As ek terugkyk op my lewe daardie tyd was ek onbewus eintlik net baie godsdienstig en het hard probeer om goed genoeg te wees om hemel toe te kon gaan, het dit in werklikheid probeer verdien alhoewel ek toe dit nie besef het nie.
MAAR na ek Jesus as mý Here en Saligmaker (Lord AND Savior) aangeneem het, het my HART verander van ek MOET na ek WIL, ek moet nie na ek wil nie.
Godsdiens is eintlik baie selfgerig. Wat ek moet doen en wat ek daaruit kry. Ware evangelie is 'n verhouding waarin dit vir my gaan oor Hom en nie myself nie
Jesus het vir verlore sondaars kom sterf
GROOT GENADE
"for the Son of Man has come to seek and to save that which was lost.”
Luke 19:10 AMP
Main results
Amazing grace how sweet the sound
That saved a wretch like me
I once was lost, but now I'm found
Was blind but now I see
'Twas grace that taught my heart to fear
And grace my fears relieved
How precious did that grace appear
The hour I first believed
Through many dangers, toils, and snares
I have already come
This grace that brought me safe thus far
And grace will lead me home
When we've been here ten thousand years
Bright, shining as the sun
We've no less days to sing God's praise
Than when we first begun
Amazing grace how sweet the sound
That saved a wretch like me
I once was lost, but now I'm found
Was blind but now I see
***
Who am I, that the Lord of all the earth
Would care to know my name, would care to feel my hurt?
Who am I, that the Bright and Morning Star
Would choose to light the way for my ever wandering heart?
Not because of who I am, but because of what You've done
Not because of what I've done, but because of who You are
***
Ons sien in die verhaal van The Pelgrims progress dat Verlore sondaar vir Mnr Wêreldwys op sy pad verder ontmoet.
Hy vertel aan Verlore sondaar juis die teenoorgestelde van die goeie nuus(Evangelie) wat Evangelis hom aanvanklik vertel het, hy beduie hom nou na die berg Sinai, weg van die Nou pad af.
Die berg Sinai waarheen mnr Wêreldwys Verlore sondaar heen beduie het is die berg waar God aan Moses al die WETTE gegee het om te onderhou.
"Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die Here tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het." LEVÍTIKUS 26:46 AFR53
Mnr Wêreldwys(wat dink hy weet altyd beter) beduie hom ook na Wetsgesind agter die hoë berg. Hy is glo knap. Hy bly in ‘n gesiene buurt, iemand van aansien.
Mnr Wêreldwys maak goeie indruk met sy hoë aansien, en dit lyk tog vir Verlore sondaar wat hom aan die uiterlike meet of hy iets weet.
Hy weet nie hy is nou op 'n ander pad, die pad van VERDIENSGODSDIENS nie.
Die pad van moets en moenies om te Ewige lewe te probeer VERDIEN.
Verlore sondaar hoor nou hy moet baie wette nakom om gered te kan word om van die pak op sy rug ontslae te kan raak.
Goedgelowig, oor mnr Wêreldwys se raad begin hy daarheen stap maar dit voel later of die hoë berg op hom wil val soos dit hoër en hoër lyk soos wat hy nader stap. Hy begin bewe van vrees vir die harde slae en weerligstrale vannaf die berg.
*
As ons Abraham se verhaal lees word hy die Vader van die gelowiges genoem. Agv hierdie geloof in God het God het hom dit tot geregtigheid gereken.
Omdat Hy God geglo het, het hy in gehoorsaamheid opgetrek en God se opdragte nagekom, alhoewel hy nog nie die geskrewe wet gehad het nie.
Deur geloof is hy gered, die wet het oor die 400jaar later eers deur Moses op die berg Sinai gekom
Ons beweeg as gevolg van GENADE vir ons verdien deur ons "LORD AND SAVIOR" JESUS weg van die berg Sinai en kom by Sionsberg uit.
"Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie."
I PETRUS 2:6 AFR53
Ons kry toegang tot God se familie nog altyd deur geloof.
Abraham was vir ons ‘n voorbeeld daarin.
Baie Christen denominasies van vandag verkondig 'n evangelie(redding) van
JESUS PLUS
deur onder andere die wet op die verkeerde plek in God se Verlossingsplan te plaas.
Omdat hul dit op die verkeerde plek plaas (AS VEREISTE SAAM MET wat JESUS vir ons gedoen het) sit hul weer met DOOIE GODSDIENS en nie met VERHOUDING en ware Evangelie nie.
Dis ook wat met die Galasiers gebeur het in die Woord. Paulus noem hulle
"the foolish Galatians"
Dis dwaasheid om mense se plan bo God se plan te glo
"O, dwase Galasiërs! Wie het julle getoor? Christus is dan só duidelik vir julle beskryf dat julle Hom as’t ware aan die kruis kon sien hang! Ek wil net dit vir julle vra: Het julle die Gees ontvang deur die wet te onderhou of deur te glo wat julle gehoor het? Hoe kan julle so dwaas wees? Wil julle dit wat die Gees in julle begin het, nou uit eie krag probeer klaarmaak?"
GALASIËRS 3:1-3 NLV
"O foolish Galatians! Who has bewitched you that you should not obey the truth, before whose eyes Jesus Christ was clearly portrayed among you as crucified? This only I want to learn from you: Did you receive the Spirit by the works of the law, or by the hearing of faith? Are you so foolish? Having begun in the Spirit, are you now being made perfect by the flesh?"
Galatians 3:1-3 NKJV
Die Gees het dit begin in hulle, dit was nie uit eie krag nie, maar hul wil nou in hul eie krag weer klaarmaak deur 'n klomp moets en moenies by te voeg van die wet.
Die Woord waarsku ook ons deur hulle storie om nie te val vir dieselfde leuen nie
Hulle het in Jesus alleen geglo vir hul redding MAAR toe kom daar mense na hulle toe wat hulle oortuig dat dit nie genoeg was nie, hul plaas toe van die Joodse wette by. Hulle leer hulle dat hulle moet nog die WET ook onderhou voordat hulle waarlik gered sal wees
Paulus laat hul nie maar net begaan nie, INTEENDEEL!!!!
Hy het hulle te lief om toe te kyk hoe hulle die NOU pad verlaat en ver weg van God se reddingsplan opeindig. Het ons ander so lief?
As dit by REDDING kom is die waarheid:
NET VERTROUE en GELOOF IN JESUS ALLEEN, GOD SE GENADE PLAN.
As ons by REDDING iets wil byvoeg, soos wetsonderhouding
is ons besig met 'n ANDER Evangelie en is ons op 'n dwaalspoor.
Net soos die Galasiers het Verlore sondaar sy ore uitgeleen en probeer ook hy nou goed bydoen OM GERED TE WORD om ontslae te raak van die pak op sy rug.
Wetsgesind stel iemand voor wat uit eie krag die 10 gebooie probeer onderhou ( om van die pak ontslae te raak).
Hy maak staat op uiterlike skoon lewe soos die FARRISEERS en SKRIFGELEERDES(Hooggeleerdes).
Hy probeer uit sy eie krag nie erge sonde te doen nie en elke dag HARDER TE PROBEER beter leef.
Die FARRISEERS en SKRIFGELEERDES het sommer nog mensgemaakte wette gaan byvoeg om seker te maak hulle probeer die wet nakom.
“Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle maak die buitekant van die beker en die skottel blinkskoon, maar aan die binnekant is julle vuil van grypsug en selfsug. Blinde Fariseër, was die beker eers aan die binnekant, en die buitekant sal vanself skoon word. “Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle is soos grafte wat aan die buitekant spierwit gekalk is, maar aan die binnekant vol is van doodsbeendere en allerlei onreinheid. So lyk julle ook van buite vir die mense baie vroom, maar van binne is julle vol skynheiligheid en minagting van die wet.
MATTEUS 23:25-28 NLV
As wetsonderhouding wel die manier was om in die hemel te kom hoef Jesus nie te gesterf het nie.
Deur die Hele Bybel kry ons die antwoord.
Dit was uiters nodig dat Hy in ons plek moes sterf, agv die sondeval in die Paradys.
Daar waar die duiwel die mens al die eerste keer met 'n ander evangelie mislei het hoor ons al God se belofte van Hom (die Messias) wat sal kom om die die slang se kop te vermorsel.
Hierdie beloftes word verder bevestig in die verbond met Abraham dat daar uit sý nageslag die Messias sal kom.
Tydens die sluit van hierdie verbond sien ons dat God alleen deur die stukke vleis beweeg en nie ook Abrham soos die gebruik was van daardie tyd dat altwee wat 'n verbond met mekaar wou gesluit het moes doen nie, want hiermee stem alby daartoe toe om hul kant van die transaksie te hou en nie te verbreek nie. Inteendeel in hierdie geval oorval 'n slaap Abraham, amper asof die Here seker maak dat Abraham nie ook sal dink hy moet en probeer om ook tussen die vleis deur te beweeg nie.
Dit was 'n EENSYDIGE verbond. God doen alles en neem alles op Hom om hierdie verbond na te kom. (Onthou die woorde YOUR GOD DID EVERYTHING)
Die mens kon nou nie van sy kant iets doen of nie doen om dit te verbreek nie (dit op te mors nie)
God se beloftes met die verbond staan dus vas en seker en kan nie tot niet gemaak of verbreek word nie tot in ewigheid.
Die hele Woord wys heen na God se volmaakte plan in Sy enigste Seun Jesus.
Die hele Woord kan met een woord opgesom word : LIEFDE
GOD IS LIEFDE en agv Sy liefde het Hy Sy Seun gestuur.
“For God so [greatly] loved and dearly prized the world, that He [even] gave His [One and] only begotten Son, so that whoever believes and trusts in Him [as Savior] shall not perish, but have eternal life.
For God did not send the Son into the world to judge and condemn the world [that is, to initiate the final judgment of the world], but that the world might be saved through Him. Whoever believes and has decided to trust in Him [as personal Savior and Lord] is not judged [for this one, there is no judgment, no rejection, no condemnation]; but the one who does not believe [and has decided to reject Him as personal Savior and Lord] is judged already [that one has been convicted and sentenced], because he has not believed and trusted in the name of the [One and] only begotten Son of God [the One who is truly unique, the only One of His kind, the One who alone can save him].
John 3:16-18 AMP
Abraham het ons gesien is deur geloof alleen gered nie deur wetsonderhouding nie.
"Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God."
JOHANNES 12:42-43 AFR53
Jesus het nie geworry oor aardse politiek nie maar wel om die tempel te reinig.
Ons moet worry om die Evangelie wat in ons kerke gepreek word suiwer te hou al "ban dit ons uit die sinagoges van ons tyd"
Paulus was verplig om van voor af vir hulle die WARE evangelie te verduidelik en so die leuen uit te wys.
Redding is alleen deur geloof in God se GENADE, vir almal!
Dit was van die begin af so en het nog nooit
en sal ook nooit verander nie.
"Doing something for you, bringing something to you— that’s not what you’re after. Being religious, acting pious— that’s not what you’re asking for. You’ve opened my ears so I can listen."
Psalms 40:6 MSG
Die Here het vir my gesê:
"Ek moes doof (letterlik) word sodat ek kon hoor(geestelik)"
Ek moes agv my gehoor op 'n ander plek waar ek beter fissies kon hoor Woord gaan kry. Die Woord oor wedergeboorte.
Die Here open ons ore om te kan hoor en te kan gehoorsaam. Dis nie ons eie insig en kennis nie.
DIS GENADE
" the true Gospel is not about your Goodness but about His GRACE"
"Vra julle dus af: Het God die Gees vir julle gegee en wonders onder julle bewerk omdat julle die wet onderhou of omdat julle geglo het wat julle gehoor het? So was dit ook met Abraham: “Hy het God geglo en God het hom vrygespreek.”
Julle moet dus insien: Die WARE kinders van Abraham is hulle wat GLO."
Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek. Daarom is die Goeie Nuus(Evangelie) vooraf aan Abraham bekendgemaak: “Deur jou sal al die volke(meervoud) geseën wees.”
Almal wat glo, word gevolglik geseën saam met die gelowige Abraham."
GALASIËRS 3:5-9 NLV
"And the Scripture, foreseeing that God would justify the Gentiles by faith, preached the gospel to Abraham beforehand, saying, “In you all the nations shall be blessed.” So then those who are of faith are blessed with believing Abraham."
Galatians 3:8-9 NKJV
"MAAR elkeen wat op die onderhouding van die wet vertrou om deur God vrygespreek te word, is vervloek.
Die Skrif sê mos: “Vervloek is elkeen wat nie alles doen wat in die boek van die wet geskryf staan nie.”
Dit is dus duidelik dat niemand deur God vrygespreek word op grond van wetsonderhouding nie.
Daar staan geskryf: “Wie deur gelóóf vrygespreek word, sal lewe.” Maar by die wet speel geloof geen rol nie, want daar staan:
“Wie dóén wat die wet sê, sal daardeur lewe.”
GALASIËRS 3:10-12 NLV
Waarop VERTROU ÉK om GERED te word?
Op myself en wat ék doen
(WET NAKOM EN GOEIE WERKE)
of op God en wat HÝ gedoen het?
"Let me put this question to you: How did your new life begin?
Was it by working your heads off to please God?
Or was it by responding to God’s Message to you?
Are you going to continue this craziness?
For only crazy people would think they could complete by their own efforts what was begun by God.
If you weren’t smart enough or strong enough to begin it, how do you suppose you could perfect it?
Did you go through this whole painful learning process for nothing? It is not yet a total loss, but it certainly will be if you keep this up!"
Galatians 3:2-4 MSG
Die probleem kom dus in as ek my VERTROUE op die verkeerde plek plaas.
As ons, ons HEILIGHEID aan ander sin meet is ons in die moeilikheid, ons moet dit aan God sin meet, WANT die vyand sal jou altyd laat dink jy is darem nie so sleg soos hierdie of daardie een nie en sal ons daarom NIE besef dat ons ‘n Verlosser nodig het nie en NIE BESEF dat daar geen manier is om dit te verdien.
“ He also told this parable to some people who TRUSTED IN THEMSELVES and were confident that they were righteous [posing outwardly as upright and in right standing with God], and who viewed others with contempt:
“Two men went up into the temple [enclosure] to pray, one a Pharisee and the other a tax collector (TOLLENAAR). The Pharisee stood [ostentatiously] and began praying to himself [in a self-righteous way, saying]: ‘God, I thank You that I am not like the rest of men—swindlers, unjust (dishonest), adulterers—or even like this tax collector. I fast twice a week; I pay tithes of all that I get.’
"But the tax collector, standing at a distance, would not even raise his eyes toward heaven, but was striking his chest [in humility and repentance], saying, ‘God, be merciful (GENADIG) and gracious to me, the [especially wicked] sinner [that I am]!’
Hy maak staat op God se GENADE alleen, het niks om op te roem dat hy gedoen het om dit te verdien (WERKE) nie.
I tell you, this man went to his home justified [forgiven of the guilt of sin and placed in right standing with God] rather than the other man; for everyone who exalts himself will be humbled, but he who humbles himself [forsaking self-righteous pride] will be exalted.”
Luke 18:9-14 AMP
Die Fariseer het sy vertroue in sy eie GOEDHEID en wetsonderhouding geplaas, hoe goed hy daarin vaar met ander vergelyk, ook sy eie heiligheid gemeet aan ander se heiligheid en nie aan God se heiligheid en hoe God hom sien nie maar hoe hy homself sien, daarom het hy gedink hy is beter as die tolenaar en nie besef hy en die tollenaar is ewe skuldig voor God nie. Hy is nie vergewe en sy saak was nie reg met God nie maar die Tollenaar sien homself soos God hom sien en plaas sy vertroue in God se GENADE alleen en het huistoe gegaan vergewe en met sy saak reg met God.
God se genade plan het uitgespeel in sy Seun Jesus.
Niks meer en niks minder
Oom Angus sê altyd
“Good people don't go to heaven, believers do"
Soms is dit Mense se dink van hulself oor hoe goed en gehoorsaam hul is wat hulle weghou van ware redding en ‘n verhouding met God. Dis wanneer die wet op die verkeerde plek gaan staan in die evangelie en dus gebruik word om redding te wil verdien.
💞🙏🏻
"But each one must carefully scrutinize his own work [examining his actions, attitudes, and behavior], and then he can have the personal satisfaction and inner joy of doing something commendable without comparing himself to another. For every person will have to bear [with patience] his own burden [of faults and shortcomings for which he alone is responsible]."
Galatians 6:4-5 AMP
Later in die verhaal van Verlore Sondaar in die boek THE PELGRIMS PROGRESS verduidelik Evangelis vir Verlore Sondaar dat hy hom nie meer op die nou pad bevind wat na die nou poort lei nie. OMDAT HY SY VERTROUE NOU NIE MEER OP JESUS ALLEEN WAS NIE MAAR OOK OP WETSONDERHOUDING.
DIS DUS JOU VERTROUE IN JOUSELF JOU VERMOË EN IN HOE GOED JY IS WAT JOU DIE MEESTE VERHINDER OM BY DIE NOU POORT IN TE GAAN.
Die ryk jong man se vraag wat hy nóg moet doen, het vooraf gegaan met alles wat hy reeds so goed gedoen het. Maar al het hy nog net een ding gekort was hy nie goed genoeg om homself te red nie.
"Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword."
JAKOBUS 2:10 AFR53
Baie is soos die Farriseer, baie godsdienstig, hul hele lewe doen hulle goed en gaan hulle kerk toe, en gee tiendes.
Dit kan hul meerderwaardig laat voel teenoor ander wat dit nie so getrou doen nie.
***
Moet ons dan die wet weggooi na ons redding?
Nee, natuurlik moet jy as 'n NUWE mens GEHOORSAAM aan God lewe maar dis AS GEVOLG van jou Redding, dis die RESULTAAT of produk van redding omdat Sy Gees nou in jou woon en nie omdat jy jou vertroue daarin plaas om gered te word nie.
Dis nie verkeerd om goeie werke te doen nie en gehoorsaam ‘n dader van die Woord te wees nie maar wel om jou vertroue daarin te plaas om gered te word.
Dus as jy die wet byvoeg by HOE OM REDDING TE VERKRY is jy nie meer op die nou pad nie.
God se Reddingsplan vereis nie werke nie maar geloof in God se genade plan en dié WARE GELOOF het dan VRUG/werke tot gevolg(ná redding).
“WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou ’n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ’n vriend van God genoem. Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ’n ander pad weggestuur het nie? Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.”
JAKOBUS 2:14-26 AFR53
Omdat Abraham God geglo het, het hy God se opdragte gehoorsaam. Hierdie Geloof het dus gehoorsaamheid tot gevolg.
Ons weet nie hoe het hierdie tollenaar se lewe gelyk na sy redding nie, al wat ons weet dat hy berou gehad het oor sy sonde en is deur GENADE gered, regverdig verklaar. Het sy lewe daarna verander?
Die Bybel sê nie maar ons weet wel wat het met n ander tollenaar Saggeus gebeur na hy Jesus se vergifnis ontvang het.
Hy was 'n nuwe mens.
Hy het opgehou met sy sonde en uit sy eie dadelik wou regmaak met God en sy naaste. Daar is nog baie voorbeelde in die Bybel van mense wat se lewe verander het na hul tot redding gekom het.
Ware redding bring verandering wat gehoorsaamheid en goeie vrugte tot gevolg het.
“En daar was 'n man met die naam van Saggéüs, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man. En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was. En hy het vooruit gehardloop en in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan. En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang. En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan. Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug. Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is. Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
LUKAS 19:2-10 AFR53
Jy word nie agv jou goeie werke gered nie maar jou werke verander na jou redding
Ook die moordenaar aan die kruis het opgehou om Jesus te spot.
Die vrou wat hul wou stenig nadat sy in owerspel betrap is het van Jesus gehoor dat sy vergewe is MAAR GAAN EN SONDIG NIE MEER NIE
"En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie."
JOHANNES 8:11 AFR53
God se toegewydheid aan ons word die meeste gedemonstreer in die feit dat Hy Sy enigste Seun in ons plek gegee het sodat ons met Hom kon versoen. Hoe lyk ons toegewydheid aan Hom na so groot geskenk van Genade onverdiend?
Abraham is op grond van sy geloof alleen gered maar sy lewe as man van God was ‘n toonbeeld van gehoorsame toewyding aan God. Hy was selfs bereid om sy enigste seun Isak te gaan offer.
Abraham se geloof het gehoorsaamheid tot gevolg gehad en nie andersom nie
1.
Die wet se plek VOOR REDDING
(voor Jesus, God se GENADE PLAN, se koms)
Kom ons kyk waar die wet inkom VOOR Redding in die ware Evangelie
God het nie hier by die berg Sinai Sy wet geggee aan Moses en die volk Israel om daardeur gered te word nie anders was ABRAHAM NIE GERED NIE maar as tussenganger, soos 'n kinderoppasser(tugmeester) wat na die kind kyk, hom op te pas, hom te tug, te leer en opvoed tot die ouer na die kind sou kom om verder na hom te kyk.
Die wet was bedoel om hulle te leer hoe om te lewe as God se uitverkore volk.
Later sien ons wanneer die ouer gekom het was die oppasser nie meer nodig nie
Deur die wet kon hul hul sonde herken en tot sondebesef kom en die hul laat besef van die nodigheid vir vergifnis en 'n VERLOSSER/REDDER. Hul moes daarom die offerlammetjie sonder gebrek as offergawe bring wat sou heenwys na die toekomstige volmaakte Offerlam Jesus (VERLOSSER/REDDER) wat in ons plek sou sterf.
Die wet dien voor ONS redding ook soos 'n spieël waarin ons kyk om ons te laat besef hoe sondig ons is, dan sal ook ons besef dat ons ‘n Verlosser nodig het, dat daar geen manier is om dit te verdien.
Jesus is die vervulling van die beloftes van God vannaf die Paradys en die sondeval en regdeur die verbond met Abraham, en Jesus is ook die vervulling van die wet, die verbond met Moses op die berg Sinai.
Jesus hef nie die wet op nie, Hy kom vervul dit.
2. Die wet se plek na redding
Die wet is aanvanklik deur God self op klip geskryf en aan God se volk gegee om te gehoorsaam maar na Jesus se offer aan die kruis kom skryf Hy Sy wet op Sy kinders se harte, nie om gered te word nie, maar omdat hulle gered is.
Hy vervang ons harte van KLIP (hard)
met harte van VLEES(sag)
Harte van klip MOET gehoorsaam,
Harte van vlees WIL gehoorsaam.
Dis nie jy wat self verander nie
dis Jesus wat jou verander.
Nou gehoorsaam jy ook nie uit eie krag nie maar deur Sy Gees wat in jou woon.
Hy leer ons hoe om hier en nou te lewe tot Sy eer
"WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en LEER ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,"
TITUS 2:11-12 AFR53
"For the [remarkable, undeserved] grace of God that brings salvation has appeared to all men. It teaches us to reject ungodliness and worldly (immoral) desires, and to live sensible, upright, and godly lives [with a purpose that reflect spiritual maturity] in this present age,"
Titus 2:11-12 AMP
"Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef."
TITUS 2:11-12 NLV
Heiligmaking is dus om af te lê en op te neem
Dis Gehoorsaamheid agv redding
"Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen.
Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel.
Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.
Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees. Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie. Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.
Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, WANT die Gees van God woon in julle.
As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.
Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.
Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Daarom dan, broers, staan ons onder 'n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.
Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.
Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.
ROMEINE 8:1-19 AFR83
Die wet moes met sonde afreken, daarvan ontslae raak maar kon nie. God ons Vader doen dit eens en vir altyd deur Sy Seun JESUS CHRISTUS
"Mag die Here julle hele lewe instel op God se LIEFDE en die VOLHARDING wat Christus aan ons gee."
2 TESSALONISENSE 3:5 NLV
Die liefde kom van God en die volharding kom van Christus.
Ons is nie nou op ons eie om dit weer self te doen. Nou is dit MET ONS GOD
Deur Sy inwonende Gees kan ek nou volgens God se opdragte en wil leef.
Na Jesus se koms SKRYF GOD DIE WET OP SY KINDERS SE HARTE, nie om gered te word nie, maar omdat hulle gered is en leer Sy Gees ons nou hoe om as Sy kinders te leef om Hom te verheerlik
Hierdie wet op ons harte kan in een woord opgesom word met twee kante: LIEFDE
"Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”
MATTEUS 22:37-40 AFR83
Die Evangelie is dus nie net 'n mooi boodskap en goeie nuus nie, dit VERANDER jou.
Hy was my skoon met wedergeboorte maar verander my dan met heiligmaking.
Verandering vind plaas in n intieme verhouding met die Here. Daarom sy opdrag van "BLY IN MY" (Joh 15)
______
Die eis van die wet is LIEFDE.
Liefde werk daartoe dat as ek God liefhet dan lewe ek tot Sy eer en gehoorsaam ek Hom uit dankbaarheid, en as ek my naaste liefhet dan tree ek op selfsugtig in sy belang.
Dis dus 'n liefdeswet
_____
Die tien gebooie kan ook verdeel word in liefde tot GOD en liefde tot my naaste.
Daarom is die tien gebooie steeds net so van toepassing op my lewe as nuwe mens as riglyn van hoe God wil hê ek nou moet lewe as Sy kind.
Dis liefde in aksie
Die Here gebruik 'n gebeurtenis uit ons eie lewe om dit aan my te illistreer.
Eendag wou maats van my kinders hê hulle moet saam met hulle iets gaan doen wat my kinders geweet het ons nie gaan goedkeur nie. Toe my kinders nie saam met hulle wil gaan nie maak hul toe die opmerking van “O ja, julle ouers sal seker weer iets oorkom"
Waarop my kinders hulle toe antwoord dat ja hul ouers sal dit nie goedkeur nie maar dis nie hoekom hulle nee sê nie, hulle self wil dit nie doen nie omdat hulle hul ouers vertrou en respekteer.
(Want sien hulle het ons hul ouers lief, repekteer ons en glo dat as ons sê ‘n pad is verkeerd dan is dit, hulle weet dat ons baie lief is vir hulle en hulle veilig wil hou en daarom is dit nie ons wil dat hulle saam met die maats verkeerde of gevaarlike goed gaan doen nie . Hulle glo en vertrou ons reëls /wette en wil ons boonop nie seer maak of teleurstel nie.)
Hul het steeds hul eie vrye wil gehad en kon dit skelm agter ons rug probeer doen het maar vanuit hul LIEFDES VERHOUDING met ons wou hulle nie.
Hulle weet dat in ons huis het ons sekere reëls. Hierdie reëls/wette is nie om hul te na te kom nie, maar om ander in ag te neem, na mekaar se welsyn om te sien, mekaar te dien en om hulle te beskerm, dus is dit daar omdat ons lief is vir mekaar.
Hoeveel te meer nie met ons Hemelse Vader nie. As ons wedergebore word, word ons Sý kinders en deel van Sy gesin en so word ons na ons wedergeboorte ook gestel onder Sy reëls.
Reëls waarvan die motief liefde is.
Ons MOET nou nie meer hierdie reëls nakom soos die wêreld van buite daarna kyk nie(die maats) maar omdat ons WIL uit uiterste respek, liefde en vertroue in ons Vader, ons kindskap en VERANDERDE harte. Omdat Hy ons Vader is en ons Sy kinders, weet ons Hy wil vir ons die beste hê.
****
Liefde is die fondasie van die wet op ons harte geskryf deur die EEN wat liefde is.
Dis dus 'n LIEFDES WET WAT
LIEFDESDADE tot gevolg het.
***
"want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
MATTEUS 25:35-40 AFR83
Elkeen van hierdie goeie vrugte hier bo is 'n daad van liefde en omgee(naasteliefde). Omdat ons dit aan ons naaste doen, doen ons dit aan die Here ook.
Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan, Jesus wat op die Sabbat genees, ALLES LIEFDESDADE.
Jesus se hele lewe was deurspek met LIEFDE teenoor God en mense.
"whoever says he lives in Christ [that is, whoever says he has accepted Him as God and Savior] ought [as a moral obligation] to walk and conduct himself just as He walked and conducted Himself."
1 John 2:6 AMP
Daarom vra ons WWJD? (What would Jesus do?)
Gehoorsaamheid aan Sy Vader wys Sy liefde vir Hom.
Die wonderwerke wat Hy gedoen het wys sy almag, omgee en ingrype in mense se lewe. Soveel keer staan daar Hy het hulle liefgehad, Hy het hulle innig jammer gekry, saam gehuil.
Net as Hy self beledig is en self gely het, het Hy geswyg en die ander wang gedraai.
God is liefde en Hy verander ons deur die proses van HEILIGMAKING om meer en meer omvorm te word na Sy beeld.
(Hy die Pottebakker en ons die klei. Jer 18 )
Wanneer God Sy Gees aan ons gee en in ons kom bly verander jou karakter meer en meer na Syne en as jou karakter verander, verander jou vrugte ook.
God is liefde
Jesus het ander se laste gedra.
Jesus het 'n hart gehad vir mense, nie net vir redding nie maar ook vir hier en nou se omstandighede.
"Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.
GALASIËRS 6:2 AFR83"
"Help ander gelowiges wat swaarkry,
en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet."
GALASIËRS 6:2 NLV
UITVOERING = DOEN
Christus se liefdeswet = GOD SE WET OP ONS HARTE GESKRYF
Daarom is die oplossing om jou deur Sy Gees te laat lei en nie meer deur jou eie sondige eie ek nie.
Ons is nou onder die heerskappy van die Gees en nie meer van die sonde nie.
Daarom heers die sonde nie meer oor my nie maar ek nou oor die sonde deur die Heilige Gees wat my lei, leer en die krag gee.
Die Bybel onderrig ons in wat die wil van God is en wat nie. Daarom moet ons aan die Gees oor gee om ons in die Woord se waarheid te onderrig en te lei, ons noem dit VOLLE OORGAWE
Ons laat ons nou deur die Gees lei en nie meer deur die vlees nie.
LIVE BY THE SPIRIT, WALK BY THE SPIRIT
"And those who belong to Christ Jesus have crucified the sinful nature together with its passions and appetites. If we [claim to] live by the [Holy] Spirit, we must also walk by the Spirit [with personal integrity, godly character, and moral courage—our conduct empowered by the Holy Spirit]."
Galatians 5:24-25 AMP
Om jou lewe deur die Gees te laat beheers beteken dat jy doelbewus beplan om die praktyk van jou sondige natuur te vermy dat jy jou sondige natuur met sy hartstogte en begeertes kruisig.
"Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."
GALÁSIËRS 5:13-14 AFR53
Ons VERTROU sy Vaderhart en glo Hom al vertsaan ons met ons menslike begrip nie altyd nie.
Jesus het ons nou kom vry maak.
"Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ’n dienskneg van die sonde is. En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees."
JOHANNES 8:34-36 AFR53
Christelike vryheid is die vryheid om mekaar in LIEFDE TE DIEN tot Sy eer
"Beloved, do not imitate what is evil, but [imitate] what is good. The one who practices good [exhibiting godly character, moral courage and personal integrity] is of God; the one who practices [or permits or tolerates] evil has not seen God [he has no personal experience with Him and does not know Him at all]."
3 John 1:11 AMP
Die absolute waarheid van die EVANGELIE is:
Dis nie werke tot redding (reddende genade van God) nie maar agv redding.
Goeie Werke/vrug is later die produk van gehoorsaamheid na REDDING
"Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te GLO, vrygespreek sal word. In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan."
GALASIËRS 5:5-6 AFR83
"Al wat van belang is,
is GELOOF
wat deur die LIEFDE tot dade oorgaan."
Ons dien nie nou meer die sonde nie, nee in LIEFDE DIEN ONS NOU ONS VADER EN MEKAAR
Jesus maak ons vry om in ongewone, bonatuurlike opofferende liefde Hom en ander te DIEN.
Dis dus net God se reddende GENADE wat 'n diepgaande transformerende lewe tot gevolg het, nie uit ons eie krag maar deur God se krag deur Sy Gees wat ons transformer om meer en meer na Christus se beeld te lyk.
Die struikelblok van die kruis is dat dit genade onverdiend verkondig en dus nie inpas by verdraaide evangelies nie wat gewoonlik goeie werke (wetonderhouding) vereis nie
"For [if we are] in Christ Jesus neither circumcision nor uncircumcision means anything, but only faith activated and expressed and working through love."
Galatians 5:6 AMP
"For you, my brothers, were called to freedom; only do not let your freedom become an opportunity for the sinful nature (worldliness, selfishness), but through love serve and seek the best for one another. For the whole Law [concerning human relationships] is fulfilled in one precept, “You shall love your neighbor as yourself [that is, you shall have an unselfish concern for others and do things for their benefit].”
Galatians 5:13-14 AMP
"Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."
GALÁSIËRS 5:13-14 AFR53
Hoe doen ek hierdie liefdeswet as riglyn vir my nuwe lewe as nuwe mens?
MET MY GOD...deur in Hom te bly, want sonder Hom kan ons niks doen nie.
"Then they asked Him, “What are we to do, so that we may habitually be doing the works of God?”
Jesus answered, “This is the work of God: that you believe [adhere to, trust in, rely on, and have faith] IN the One whom He has sent.”
John 6:28-29 AMP
In Psalm 40 beskryf Dawid hoe God se kinders oor die wet voel, dit was ook nie vir hom of vir Abraham 'n "ek moet" nie maar "ek wil".
"I delight to do Your will, O my God, And Your law is within my heart.”
Psalms 40:8 NKJV
"Dis my begeerte om u wil te doen, my God, want u voorskrifte is in my hart.”
PSALMS 40:9 NLV
Dawid moet nie die wet nakom nie. Hy wou dit nakom.
"As ek my nie in u wet verlustig het nie, het ek omgekom in my ellende. Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie, want deur hulle het U my in die lewe gehou. Ek behoort aan U, red my, want ek vra steeds wat u bevele is. Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig, u verordeninge sal ek in ag bly neem. Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het, net u gebod het geen begrensing nie. Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, en is altyd by my. Ek munt uit bo al my leermeesters, want u verordeninge bly my by. Ek het meer insig as ouer mense, want ek gehoorsaam u bevele. Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord. Van u bepalings het ek nie afgewyk nie, want U het my dit geleer. Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Ek het 'n eed afgelê, en daarby sal ek bly, om my aan u bepalings te hou; hulle is regverdig. Ek ly swaar, Here, hou my in die lewe, soos U beloof het. Neem tog my dank aan, Here. Leer my u bepalings. My lewe is gedurig in gevaar, maar u wet verontagsaam ek nie. Die goddeloses stel vir my 'n strik, maar van u bevele wyk ek nie af nie. U verordeninge maak ek altyd my eie, want hulle is vir my 'n vreugde. Ek lê my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer, tot die einde toe. Ek haat huigelary, maar u wet het ek lief. By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue. Gaan weg van my af, julle wat onreg doen; ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly."
PSALMS 119:92-115 AFR83
Gelowiges se lewens vertoon die vrug van die Gees.
Die ware kind van God is nie volmaak nie maar val nie aspris of uit eie keuse nie, maar as hy perongeluk val, vang Jesus ons en tel ons weer op.
Die wet wat op ons wedergeboorte kinders van God se harte nou geskryf is, is liefde tot God en liefde tot ons naaste. 1kor 13
"AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ek die dinge van ’n kind afgelê. Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde."
I KORINTHIËRS 13:1-13 AFR53
LIEFDE MOET DIE MOETIEF WEES VIR MY GEHOORSAAMHEID EN GOEIE WERKE
"If I speak with the tongues of men and of angels, but have not love [for others growing out of God’s love for me], then I have become only a noisy gong or a clanging cymbal [just an annoying distraction]. And if I have the gift of prophecy [and speak a new message from God to the people], and understand all mysteries, and [possess] all knowledge; and if I have all [sufficient] faith so that I can remove mountains, but do not have love [reaching out to others], I am nothing. If I give all my possessions to feed the poor, and if I surrender my body to be burned, but do not have love, it does me no good at all. Love endures with patience and serenity, love is kind and thoughtful, and is not jealous or envious; love does not brag and is not proud or arrogant. It is not rude; it is not self-seeking, it is not provoked [nor overly sensitive and easily angered]; it does not take into account a wrong endured. It does not rejoice at injustice, but rejoices with the truth [when right and truth prevail]. Love bears all things [regardless of what comes], believes all things [looking for the best in each one], hopes all things [remaining steadfast during difficult times], endures all things [without weakening]. Love never fails [it never fades nor ends]. But as for prophecies, they will pass away; as for tongues, they will cease; as for the gift of special knowledge, it will pass away. For we know in part, and we prophesy in part [for our knowledge is fragmentary and incomplete]. But when that which is complete and perfect comes, that which is incomplete and partial will pass away. When I was a child, I talked like a child, I thought like a child, I reasoned like a child; when I became a man, I did away with childish things. For now [in this time of imperfection] we see in a mirror dimly [a blurred reflection, a riddle, an enigma], but then [when the time of perfection comes we will see reality] face to face. Now I know in part [just in fragments], but then I will know fully, just as I have been fully known [by God]. And now there remain: faith [abiding trust in God and His promises], hope [confident expectation of eternal salvation], love [unselfish love for others growing out of God’s love for me], these three [the choicest graces]; but the greatest of these is love."
1 Corinthians 13:1-13 AMP
"En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen."
MATTHÉÜS 25:40 AFR53
OMGEE VIR MEKAAR
"Carry one another’s burdens and in this way you will fulfill the requirements of the law of Christ [that is, the law of Christian love].
For if anyone thinks he is something [special] when [in fact] he is nothing [special except in his own eyes], he deceives himself. But each one must carefully scrutinize his own work [examining his actions, attitudes, and behavior], and then he can have the personal satisfaction and inner joy of doing something commendable without comparing himself to another.
For every person will have to bear [with patience] his own burden [of faults and shortcomings for which he alone is responsible]."
(Die Pelgrims progress se pakkie op Verlore Sondaar se rug)
Galatians 6:2-5 AMP
"Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n."
FILIPPENSE 2:3-4 AFR53
"Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen."
I THESSALONICENSE 5:11 AFR53
1 Tess 5
Sy karakter word ons karakter
Wanneer God Sy Gees aan ons gee en in ons kom bly verander jou karakter meer en meer na Syne deur die proses van heiligmaking
en as jou karakter verander, verander jou vrugte ook.
_____
This is the message [of God’s promised revelation] which we have heard from Him and now announce to you, that God is Light [He is holy, His message is truthful, He is perfect in righteousness], and in Him there is no darkness at all [no sin, no wickedness, no imperfection].
If we say that we have fellowship with Him and yet walk in the darkness [of sin], we lie and do not practice the truth;
BUT
if we [really] walk in the Light [that is, live each and every day in conformity with the precepts of God], as He Himself is in the Light, we have [true, unbroken] fellowship with one another [He with us, and we with Him], and the blood of Jesus His Son cleanses us from all sin [by erasing the stain of sin, keeping us cleansed from sin in all its forms and manifestations].
If we say we have no sin [refusing to admit that we are sinners], we delude ourselves and the truth is not in us. [His word does not live in our hearts.] If we [freely] admit that we have sinned and confess our sins, He is faithful and just [true to His own nature and promises], and will forgive our sins and cleanse us continually from all unrighteousness [our wrongdoing, everything not in conformity with His will and purpose]. If we say that we have not sinned [refusing to admit acts of sin], we make Him [out to be] a liar [by contradicting Him] and His word is not in us.
1 John 1:5-10 AMP
I am a flower quickly fading, here today and gone tomorrow
A wave tossed in the ocean (ocean), a vapor in the wind
Still, You hear me when I'm calling, Lord, You catch me when I'm falling
And You've told me who I am (I am)
I am Yours
(Casting Crowns)
Ons gehoorsaam dus die Woord nie om iets te kry of verdien nie maar uit dankbaarheid vir wat ons ontvang het deur GELOOF en wedergeboorte.
"Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir albei kwytgeskeld. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, en Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom – en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. 'n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is,
daarom BEWYS sy baie LIEFDE.
Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.”
En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?” Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou GELOOF het jou GERED. Gaan in vrede.”
LUKAS 7:42-45, 47-50 AFR83
Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is,
VERGEWE is,
daarom
BEWYS sy baie LIEFDE.
Hierdie woorde van Jesus som op wat God se reddende GENADE tot gevolg het in 'n verlore sondaar se lewe wat opreg berou het en ONVERDIENDE guns ontvang het en vergewe is en so Sy kind geword het deur wedergeboorte
Sy wys uit dankbaarheid BAIE LIEFDE met haar dade vir God se onverdiende reddende GENADE. Liefdedade is die BEWYS van ons wedergebore veranderde harte.
Ter samevatting:
Ons gehoorsaamheid is ons dankie wat deur geloof in goeie liefdesdade dade uitloop. Goeie dade/vrugte is die bewys van ware geloof, en dit (ons voorbeeld)
trek ander na Jesus.
Ware bekering is die afsterwe van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens (aflê en opneem)
Afsterwe van ou mens is om jou sonde deur God se bril te sien, opregte berou daaroor te hê, dit te haat en daarvan weg te vlug.
Die opstanding van die nuwe mens is 'n blydskap in Jesus en 'n wil en begeerte om na die wil van God in alle goeie werke te lewe tot eer van Hom en voordeel van my naaste.
Die nuwe mens word elke dag meer en meer omvorm (pad van heiligmaking) na die beeld van Jesus wat God se wil, wil doen.
Sonder geloof kan ons nie die geregtigheid van God ontvang nie, net so min as wat jy sonder jou hande kan vat nie.
Die WET is NIE 'n vereiste vir REDDING nie.
Die wet is dus onmagtig om te red maar dit begelei jou na die GENADE deur Christus en GELOOF, want dit maak jou vooraf (spieël) bewus van jou behoefte aan REDDING deur sondebesef en tweedens skryf God dit nou op Sy kind se hart ná REDDING om dit nie meer te MOET gehoorsaam nie, maar te WIL gehoorsaam uit dankbaarheid vir genade onverdiend .
Om die wet te gehoorsaam wat goeie dade tot gevolg het is te wyte aan 'n wedergebore hart wat deurentyd IN HOM BLY.
GEHOORSAAMHEID is die produk van redding
"Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak."
JOHANNES 14:21-23 AFR53
Dis alleenlik agv God se liefde vir ons wat deur GELOOF en GENADE dit moontlik maak om deur LIEFDE dade van gehoorsaamheid tot gevolg te hê.
Na ons redding het ons LIEF
omdat Hy ons eerste lief gehad het
"Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God.
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.
Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.
Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee.
En ons het gesien en is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het. Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God. En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.
Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie,
WANT in HIERDIE wêreld lewe ons REEDS deur die liefde net soos Jesus.
Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.
As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê."
1 JOHANNES 4:7-21 AFR83
"Al wat van belang is,
is GELOOF
wat deur die liefde tot dade oorgaan."
Gal 5:6
Die ware liefde verwag niks terug nie
Dis 'n liefdeswet op
wedergebore harte geskryf.
Oorgegewe harte en lewens aan Sy heerskappy wat uitroep:
"LORD AND SAVIOR"
(Nie net een van die twee nie)
Dis nie net woorde in klip meer nie maar word nou deel van ons DNA (ons NUWE karakter,wie ons nou is) deur die proses van heiligmaking wat gehoorsame dade tot gevolg het het MET ONS GOD se hulp en krag.
(Nie alleen in eie krag meer nie)
Liefde in aksie, sigbaar vir die wêreld
DUS DOEN ALLES VANUIT LIEFDE "Let everything you do be done in love
[motivated and inspired by God’s love for us]."
1 Corinthians 16:14 AMP
Dis 'n hartsverandering
MOET WORD WIL
MOET NIE WORD WIL NIE
Comments
Post a Comment