10. Die geestelike stryd teen Apòllion (Satan) - ONS WAPENRUSTING ... die Pelgrim se reis deel 10
II KORINTHIËRS 10:3-5 AFR53
"Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; [4] want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, [5] terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,"
Ons is besig met die boek van John Banyon "The Pelgrims Progress" 'n fiktiewe verhaal wat hy in 1678 geskryf het en al in baie tale vertaal is. John Banyon was 12 jaar in die tronk vir sy geloof.
Die bekende Charles Spurgeon het glo dié boek 100 keer gelees in sy lewe.
Ons stap deur die verhaal saam met Christian die pad van 'n gelowige hoofstuk vir hoofstuk vannaf
sonde besef,
wedergeboorte,
heiligmaking tot by die Ewige lewe
en geestelike oorlofvoering
"Want ons STRYD is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes." Efes 6
In die boek ontmoet Christian vir Apóllion (sy naam is eintlik Satan) in die dal van VERNEDRING nadat hy by die paleis van liefllikheid aan was.
Ons lees in OPENBARING 9:11 AFR53 van Apóllion (Satan of Duiwel) in die Bybel.
"[11] En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion."
OPENBARING 12:9 NLV
[9] Die reuse draak is uitgegooi, dit is die slang van die oertyd wat ook die duiwel en Satan genoem word, en wat die hele bewoonde wêreld verlei. Hy is op die aarde neergegooi, asook sy bose engele saam met hom.
Apóllion is die ergste vyand wat hy tot dusver raakgeloop het. Die Satan self veg nou teen hom. Voorheen het hy mense as instrumente gebruik om Christian te verhinder om by die nou poort te kon ingaan maar nou val hy hom openlik aan.
TREK DAAROM JOU VOLLE WAPENRUSTING AAN!!!!
Efes 6
"Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte!
(nie eie krag nie, ons spreek ook nie die Duiwel aan nie Adam en Eva het in gesprek met die Duiwel gegaan en kyk wat het dit tot gevolg gehad. Ons doen dit in Jesus se Naam en in Sy krag)
Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel
(staande in ons geloof en in ons roeping om in God se koningkryk te dien, in Sy weermag te veg)
moet julle God se gevegstoerusting aantrek.
(ons kan nie sonder dit die vyand aanvat nie, die sewe seuns van Skeva het probeer en die Boses geeste het hulle uitmekaar geslaan, hulle het gesê dat hulle Jesus ken en van Paulus weet maar nie geweet het wie hulle is nie. Dus moet ek Wedergebore kind van God wees en in Jesus se krag en Naam dit doen. Jesus nie net gebruik daarvoor nie)
Want ons STRYD is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.
(Bybel maak dus uitruklik hier melding van die feit dat daar wel bose geeste bestaan, dat hul ook op verskeie vlakke funksioneer en nie soos sommige hedendaagse kerke se sinodes beweer net geglo hoef te word as jy daaraan wil glo nie. Ook sê die Woord vir ons hiér dat ons in ‘n geestelike oorlog is. Ons voer ‘n voortdurende STRYD teen die BOSE)
DAAROM moet julle God se gevegstoerusting aantrek
(DAAROM... die rede hoekom ons die Here moet gehoorsaam en doen wat Hy vra. Ons gaan aangeval word, dis ‘n gegewe. SATAN KOM VIR ONS GELOOF)
Dan, WANNEER die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die HELE geveg verby is, sal julle nog VASSTAAN. "
( WANNEER, nie as DIE BOSE AANVAL...
dus is dit verseker dat ons aangeval sal word en nie dat niks met ons gaan gebeur nie. ONS MOET VEG. DIt is nie ‘n geveg wat vinnig eenmalig weggaan nie maar wat heeltyd gevoer moet word totdat die HELE GEVEG verby is. Dis ‘n geveg waarin ons weerstand moet bied maar ook dan sal kan met geestelike wapens nie menslike wapens nie, dit eis ook geloof, volharding en vertroue)
EFÉSIËRS 6:14-20 AFR53
"[14] Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, [15] en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. [16] Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. [17] En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God — [18] terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges [19] en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, [20] waarvoor ek 'n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek. "
ROMEINE 13:11-14 NLV
[11] Julle moet hierdie dinge doen omdat julle besef dat die tyd besig is om uit te loop. Dit is dringend tyd om wakker te word, want die tyd van ons finale verlossing is nou al weer ’n hele ent nader as toe ons gelowig geword het.
[12] Die nag is byna verby, die dag is so te sê hier. Kom ons trek daardie vuil sondeklere uit wat in die DONKER tuishoort, en ons trek die wapenrusting aan wat pas by ’n lewe in die LIG
[13] Ons moet ordentlik lewe sodat dit die toets van die daglig kan deurstaan. Ons moet nie betrokke wees by wilde en dronk word partytjies, by seksuele en losbandige uitspattigheid, of onenigheid of afgunstigheid nie. [14] Nee, soos ’n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie ’n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie.
Die hele Bybel kan gebruik word om die vyand teen te staan. Jesus self het gesê daar staan geskrywe maar Kom ons kyk na nog van die wapens wat ons by God ontvang het.
●Wapen: "Staan dus vas " (Efes 6)
Christian het vas gestaan toe Apòllion aanval
Satan wil ons laat opgee, en ons pos verlaat as soldate in God se weermag om te getuig, vermaan, waarsku ens. Hy wil ons van koers afkry, die NOU pad laat verlaat
"Maar jý, bly getrou aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. Jy ken die Heilige Skrif van kindsbeen af en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom.
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen."
2 TIMOTEUS 3:14-17 NLV)
Maak seker waar jy STAAN
PSALMS 1:1 NLV
[1] Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of STAAN op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie.
LOOP word STAAN word SIT saam die goddelose
●Wapen: "deur WAARHEID as ’n gordel om julle heupe te dra" (Efes 6)
HOE?
Deur die leuen van die Satan heeltyd met die waarheid te veg en vervang. Dis ook hoe mens geloof verkry en behou deur die WAARHEID VAN DIE WOORD heeltyd te hoor en doen.
“Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.”
ROMEINE 10:17 NLV)
"Decision help us to start, Discipline help us to finish" ( John Maxwell)
●Wapen: "Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig aan soos skoene aan julle voete." (Efes 6)
Die Evangelie is die Lig wat die duisternis verdryf
Moenie bang word om die evangelie te verkondig nie, hou juis daarmee aan al word die aanvalle hoe erg.
Jesus vra net bereidheid nie bekwaamheid nie. Hy gee die woorde, Hy bekwaam jou.
Die maklikste manier is om jou eie getuienis te deel.
Jou eie ervaring en God se Woord wat Hy in jou eie stiltetyd by Sy voete aan jou openbaar te deel
As jy die evangelie vir jouself begryp en ervaar het kan jy ander vertel
1 PETRUS 3:15-16 AFR83
[15] In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. [16] Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het.
ROMEINE 10:13-17 NLV
[13] Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”. [14] Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? [15] En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie?
Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!” [16] Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?” [17] Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.
Pastoor Gerhard sê in sy boodskap oor hierdie geestelike wapen van bereidheid om die evangelie te gaan vertel dat jou bereidheid om die evangelie te deel groei wanneer jy die waarde van ‘n verlore mens begryp.
Jy verstaan eers hoe belangrik daardie een skapie is teenoor die 99 as jý of een van jou geliefdee daai skapie is of was. As jy besef hoe groot genade jyself ontvang het dan wil jy dit vir ander ook hê. Die goeie nuus dring jou om ander te vertel
Daar was ‘n dogtertjie wat jare terug die kinder EE3 week kom bywoon het by ons gemeente vannaf 'n ander dorp, nadat sy hierdie GENADE vir haarself ontvang het was sy hoogs ontsteld dat haar ouma nie wou stop oppad huistoe daardie aand sodat sy vir die boemelaar langs die pad die evangelie kon vertel nie. DUS het hierdie kind dadelik 'n las vir verlore siele gehad die oomblik toe sy dit vir haarself begryp en aanvaar het.
Ons moenie opgaardamme vir die evangelie wees nie, dit moet uitvloei na ander. Gaan deel wat jy ontvang. Die Dooie see loop nie uit…niks lewe daar binne.
Die Here stuur ons om te, gaan verkondig/ GAAN VERTEL
JESAJA 6:8 AFR53
[8] Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
Wat is mý antwoord?
LUKAS 10:1-3 AFR53
[1] EN ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. [2] Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur. [3] Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.
Dit word nooit maklik nie
MARKUS 16:15-16 AFR53
[15] En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. [16] Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Dit kan wel gebeur dat iemand ander vertel maar nog nie self vir hulsef die Evangelie glo nie, dis maar net kopkennis. Maak dus seker jyself is ook gered, het die evangelie al jou hart gesny. Maak seker!
Ons is soos bootjies wat bedoel is om uit te vaar, nie net toegerus te word in die hawe nie.
Vrees vir mense snoer mense se monde
LUKAS 19:40 NLV
[40] Jesus het gereageer: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!”
As ons stilbly gaan baie siele verlore gaan, gaan mense hel toe, waarvan dit van ons eie geliefdes kan wees.
Vrees vir onbekwaamheid hou ons monde stil
Terwyl Jesus nie die bekwaamde roep nie maar die geroepte bekwaam
Jy is geplaas op ‘n plek om ‘n lig en sout daar te wees
MATTHÉÜS 28:19-20 AFR53
[19] Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. [20] En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Jesus se laaste opdrag voor Sy hemelvaart
HANDELINGE 1:8-12 AFR53
[8] maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. [9] En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. [10] En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, [11] wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. [12] Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver.
Maak die deur oop vir ander, GAAN VERTEL, NOOI HULLE IN soos Evangelis en die deurwagte in die storie van die Pelgrims se reis gedoen het.
JESAJA 62:10-12 AFR53
[10] Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek 'n banier op oor die volke! [11] Kyk, die Here laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig. [12] En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die Here; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.
●Wapen: Dra onder alle omstandighede die skild van die GELOOF. Efes 6
Geloofsvertroue in God, Sy beloftes en krag.
DRA BY JOU ALTYD GELOOF...onder ALLE omstandighede, nie net soms nie.
Van die "JERIGO'S" tot die "Ai" probleme op jou pad. Die Here wil hê ons moet Hom ken in al ons situasies. Jerigo was vir hulle 'n groot sterk stad met sy hoë mure om te moes verower maar die dorpie Ai was in hul oë nie sterk nie. Dus bid hul erg oor Jerigo en vra die Here se wysheid maar nie met Ai. Hulle oorwin Jerigo maar word deur Ai verslaan.
"Daarmee (geloof) kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet."
In daardie tyd was hul skild in water geweek om die brandpyle te kon blus. Week dus heeltyd jou skild van geloof in die Lewende water van die Woord om dit effektief en sterk te maak. (my stilte tyd)
As ek nie my skild in die water week nie word hy droog en kan ook hy aan die brand slaan en beskadig of vernietig word, die Woord leer ons BLY IN MY, tyd met JESUS in Woord en gebed deur te bring is “non negotiobale”
Geloof blus die brandpyle uit wat nie net hul teiken wil verwoes nie maar brand wil veroorsaak wat ook alles rondom skade aan te doen of vernietig. Daarom kom die Satan vir ons geloof want hy weet dit maak hom skadeloos want Hy wat in ons is is sterker as hy wat in die wereld is
“Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom. Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig. Elkeen wat Jesus nie erken nie, is nie van God afkomstig nie. Dit is tipies van die antichris. Julle het mos gehoor dat hy aan die kom is, en hy is nou reeds in die wêreld aanwesig. Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon.”
1 JOHANNES 4:1-4 NLV)
●Wapen: "Gebruik God se VERLOSSING as ’n helm om julle koppe te beskerm." (Efes 6)
Te weet dat ons op grond van GENADE alleen gered is en dat ons nou God se kinders is. Hy is by ons, ALTYD
Die helm vir sy kop – sy sekerheid dat hy wel ‘n kind van God is. Dis sy IDENTITEIT VAN WIE HY IS IN CHRISTUS, NIE UIT HOMSELF NIE.
SOOS ons reeds gesien het kom Satan en kom bevraagteken die identiteit van God se kinders. Hy steel jou sekerheid sodra hy jou kan laat twyfel. Hy fokus gewoonlik jou aandag op jouself om dit reg te kry, wie jy is, wat jy doen en nie doen en hoe goed jy doen of nie doen nie.
Hy het dit in die woestyn selfs met Jesus gedoen. Tydens Jesus se doop bevestig God Jesus se identiteit maar die vyand kom direk daarna en probeer dit in twyfel trek.
Voordat die Gees Jesus na die woestyn gely het het God die Vader tydens Jesus se doop gesê
MATTHÉÜS 3:16-17 AFR53
[16] En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. [17] En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
Dan in die volgende hoofstuk (lettelik en figuurlik)
LUKAS 4:3 AFR53
[3] Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word
Baie kan ook na hul doop getuig dat dit was of die vyand ‘n ruk eers erg pyle afgevuur het, en hier verstaan ons hoekom, hy wil dit wat God vasgemaak het in die geestelike sowel as fissiese wêreld tydens jou doop kom steel. Hy weet hoe belangrike rol jou identiteit gaan speel in jou stryd teen die bose.
Ons hoor weer soms : ”as jy God se kind is sal jy nie dit of dat gedoen het nie”
Op die berg van verheerliking kom God se stem weer en bevestig weer Jesus se identiteit as die Seun van God.
MATTEUS 17:5 AFR83
[5] Terwyl hy nog praat, het 'n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en 'n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”
God bly reg deur ook in ons lewe ons identiteit bevestig sodat ons die volgende vuurtoets kan weerstaan.
Dan weer aan die kruis in die moeilikste tyd van Jesus se lewe vra die mense vir Hom :”
Luke 23:35 AMP
[35] Now the people stood by, watching; but even the rulers ridiculed and sneered at Him, saying, “He saved others [from death]; let Him save Himself if He is the Christ (the Messiah, the Anointed) of God, His Chosen One.”
LUKAS 23:35 NLV
[35] Die volk het net daar gestaan en toekyk. En die leiers het aangehou om Hom te bespot met dié woorde: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Messias, die uitverkorene van God is!”
Die vyand kom bevraagteken jou identiteit veral in die moeilikste tye van jou lewe. Vir Jesus was dit in die Woestyn en aan die kruis. Hier gaan elkeen van ons, ons eie getuienis kan skryf.
God bevestig jou identiteit wanneer jy in sy teenwoordigheid vertoef, vir Jesus was dit met sy doop en op die berg van verheerliking. Vir ons is dit tydens ons stilte tye, saam ander in sy teenwoordigheid en ook toe ons gedoop is.
Die Farriseërs sê vir Jesus dat hy ander kon red maar nie homself nie. By ons kom bedagtes op van jy kan die Woord bring vir ander en hulle bemoedig maar jy kan jouself nie sover kry om nie te twyfel en te vrees nie.
Of.
“as God jou so liefhet of as jy werklik Sy kind is hoekom gebeur al hierdie dinge, jy vertrou dan op Hom?”
“God antwoord nie jou gebede, is jy dan nie Sy kind nie? ‘’
BUT GOD!!
Vir die kind van God is daar ‘n vierde persoon in die oond, en 'n engel in die leeukuil.
Jesus bid nie dat ons die vuuroonde en leeukuile sal mis nie, maar dat ons nie God saam ons in die vuuroond en leeukuil sal mis nie en so Sy Naam nie verheerlik nie
JOHANNES 17:9-11 NLV
[9] Ek tree vir hulle in. Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir dié mense wat U aan My gegee het omdat hulle U s’n is. [10] Alles wat Myne is, is ook U s’n, en wat U s’n is, behoort ook aan My, en Ek is deur hulle verheerlik. [11] Ek is nie langer in hierdie wêreld nie, maar hulle is nog in hierdie wêreld. Ek is op pad na U toe. Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam wat U aan My gegee het sodat hulle net soos Ons een kan wees.
[15] Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. [16] Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. [17] Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid.
[20] “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat op grond van hulle boodskap nog in My sal glo. (En dis ons!!)
●Wapen: "En gebruik die SWAARD van die Gees, dit is God se woord." (Efes 6)
Die swaard is die Woord van God wat ons in ons stiltetyd met God in ons harte bêre en in sulke tye kan gebruik wanneer die Heilige Gees dit ophaal en ons daaraan herinner. Ons moet daarop staan as die absolute enigste waarheid, dit glo en gebruik ons moet hierdie Woord spreek.
Jesus het herhaalddelik gesê: ” Daar staan geskrywe…” Hoeveel te meer nie ons nie.
“Speak Jesus”
met jou lewe en met jou mond.
Jesus is die Woord
Praat die Woord
JOHANNES 8:31-32 AFR53
[31] En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. [32] En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
My tannie het altyd gesê lees jou Bybel stukkend en jou lewe sal heel wees, los jou Bybel onaangeraak en jou lewe sal stukkend wees
Ons moet nie net die Bybel besit nie en dit mooi oppas nie, ons moet hom gebruik (lees en doen).
Ons moet met die Waarheid daarin veg teen die leuens van die Satan tot lering, vermaning ens. Ons moet die leiding van die Heilige Gees volg, dis Sy swaard wat tot ons beskiking is maar ons moet veg met dit soos HY ons leer en wys. As mens dit begryp dan verstaan mens hoekom die Bybel so verkeerd aangehaal, vertaal, en skrif weggelaat word. Ook hoekom die mense deur sommige geleer word dat dit die woorde oor God is en nie die Woorde van GOD nie want daarmee verloor die Woord sy krag.
Bid die woord, proklameer dit.
James 1:22 AMP
[22] But prove yourselves doers of the word [actively and continually obeying God’s precepts], and not merely listeners [who hear the word but fail to internalize its meaning], deluding yourselves [by unsound reasoning contrary to the truth].
Die Woord kan soos ‘n bos sleutels wees wat iemand in jou hand gee, maar tot jy die sleutels nie korrek aanwend en gebruik nie gaan dit vir jou niks beteken nie.
Die paleis Lieflikheid staan vir vervulling met die Heilige Gees.
Hier is Christian toegerus vir sy reis verder op die Nou pad na die berg Sion in die samekomste van medegelowiges in die kerk, ons geestelike familie.
Psalms 84:5-7 AMP
"[5] Blessed and greatly favored is the man whose strength is in You, In whose heart are the highways to Zion. [6] Passing through the Valley of Weeping (Baca), they make it a place of springs; The early rain also covers it with blessings. [7] They go from strength to strength [increasing in victorious power]; Each of them appears before God in Zion."
borsharnas aan."
(Efes 6)
Die Satan gaan jou laat voel jy kan nie staande bly nie want jy is te sleg of te swak, onthou dan hoe jy vrygespreek is, nie op grond van wie jy is en van wat jy gedoen het nie maar op grond van wie jou "LORD AND SAVIOR" is JESUS CHRISTUS en wat Hy gedoen het. Jou hart en hele lewe behoort nou aan JESUS. 'n Borsharnas was oor die hart gedra, vyand wil dit vir hom opeis
"Bly in alle omstandighede op julle hoede" Efes 6
Moet nooit gerus raak of lou raak nie, wees waaksaam en nugter, op die uitkyk vir die aanslae van die Duiwel, hy loop rond soos ‘n brulende leeu om te kyk wie hy kan verslint. Ons kan nie vir een oomblik ons skild of enige iets van ons wapenrusting laat sak of wegbêre nie
● Wapen: GEBED
"Doen alles deur gebed en smeking. (Efes 6)"
Seker ons belangrikste wapen in ons stryd is gebed. Die Bybel leer ons om te bid sonder ophou want ons stryd is sonder ophou
Christian se swaard val uit sy hand(soms is selfs Bybel lees vir ons te moeilik om te doen in tye van erge aanvalle) en sy helm (sy identiteit, sekerheid van verlossing) val van sy kop af (soms kry die vyand dit reg om ons te laat begin twyfel in ons verlossing, ons kindskap van God)
Apòllion dink toe dis nou klaar met Christian maar het nie gedink aan Christian se geheime wapen nie: GEBED!!!
“HERE HELP!”
Hy ontvang nuwe krag soos ons lees in Jes 40, hy gryp weer sy swaard, die Woord van God en gee Apòllion ‘n steek.
EFESIËRS 6:10-20 NLV
"en bid vir almal wat aan God behoort." ( Efes 6)
Bid vir alle gelowiges want almal gaan gebuk onder dieselfde vuurpyle van die vyand. Alle ware gelowiges het ‘n teiken op hulle rug
"Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak."
Selfs Paulus het nie gedink hy sal self kan nie. Hy het maar te goed besef dat hy totaal afhanklik van die Here is in alles en het die gebede van medegelowiges nodig gehad
"As ambassadeur van hierdie Goeie Nuus is ek in boeie."
Dis ‘n nou pad waar op ons met baie teenstand te doen kry.
"Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig."
Ons het mekaar se gebede nodig om die opdrag van gaan en maak dissipels en doop hulle en leer hulle te kan gaan uitvoer. Uit ons eie kan ons nie
Dis om die evangelie te bly verkondig en leef ten spyte van Satan se aanvalle.
Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei.
Bid onder leiding van die HEILIGE GEES wat aan ons gegee is as ons Helper en Raadgewer
Dawid het dit ook uitgeroep teenoor die Goliat voor hom
I SAMUEL 17:45 AFR53
[45] Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare(engele), die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.
Dawid sê dus vir Goliat, ek kom na jou MET MY GOD, nie met menslike wapens nie.
II KORINTHIËRS 10:3-6 AFR53
[3] Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; [4] want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, [5] terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, [6] en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is."
Christen kon netsowel hierdie volgende woorde saam met die profeet Miga uiter
MIGA 7:7-9 NLV
[7] Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die Here gaan doen. Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor! [8] My vyande, julle moenie julle oor my verlekker nie! Ek het geval, maar ek sal weer opstaan. Al sit ek nou in duisternis, die Here is ’n lig vir my. [9] Ek sal die straf van die Here verduur, want ek het teen Hom gesondig. As dit eers verby is, sal Hy my saak opneem teen my vyande. Hy sal reg aan my laat geskied. Hy sal weer lig in my lewe bring en ek sal sy regverdigheid sien.
Vurige pyle kan verkeerde gedagtes wees, leuns en halwe waarhede, versoekings en beproewings.
Dwarsdeur die boek Piercing the darkness loop die goue draad van hul beskerming en oorwinning agv GEBED.
Onthou die boek gaan oor hierdie klein dorpie met ‘n Christen skool wat in ‘n hofsaak beland waaraan hul onskuldig is maar nie in die oë van die wêreld nie, of eerder hoe dit deur die media en individue voorgestel word nie. Die verhaal word soos die boek Job aan ons vertel deur ‘n kykie te hê wat in die fissiese wêreld gebeur en ook in die geestelike wêreld wat op dieselfde tyd afspeel.
Ons sien ook hierdie twee wêrelde wat op mekaar betrekking het in
II KONINGS 6:15-17 AFR53
[15] En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar 'n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak? [16] Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. [17] En Elísa het GEBID en gesê: Here, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die Here het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.
‘N paar treffende aanhalings uit die boek (Piercing the darkness – Frank Ei):
• (The one angel said) “ (The people) are surrounded by all the beauty, that they could not see the horror all around them, the impending storm about to swallow them up, THE CANSEROUS DARKNESS THAT FIRST BLINDS, THEN CONSUMES”
• (Hier onthou die bose met bitterheid van ‘n ander dorpie waar hulle ook dieselfde probeer het maar toe gebeur die volgende en is hulle oorwin) “ it was a perfect place to begin the process. His beastly face grew tight and bitter. “Untill they started PRAYING. Until they ceased being so comfortable and started weaping before God! Until they began to reclaim the power of the…” The Strongman sealed his lips. “THE CROSS?”
• (‘n bietjie verder op die bladsy gaan Strongman aan om sy plan teen die nuwe gemeenskap te verduidelik) Destroyer countered, “He(the angel called Tal) is clever, His strenth is not in his own sword, but in the saints of God….The Strongman was dubious. “ and how do you expect to thwart him where once you could not?” “I will go to the saints first. Already there is plenty in Bacon’s Corner for them to be upset about, PLENTY TO DEVIDE THEM. I will keep them busy centering and smiting each other, and then their hearts WILL BE FAR FROM PRAYING. He held thensword high;….I will pull Tal’s strength right out from under him!”
• “ if Tal is so subtle, we will be even more so. If he depends on the prayers of God’s people, then we will work all the harder to keep God’s people from praying” (p117)
• “But none of the battle is going to succeed if we don’t fight first of all where the real battle is taking place, and that’s in the spiritual realm” (p136p1"we’ve got to know the enemy before we can deal with him…and I guess you know this is spiritual battle. How are things in that deparrtment? Do you have some good prayer warriors?” ( p153)
• “So they(the people) are talking and not praying?” Mark nodded. “ That’s about it”
Marchall thought about that and nodded. “ sounds like a smart move on Satan’s part. If he can divide the church and split you into camps, his job will be a picnic” ( p153)
AS ONS REGTIG BESEF HET HOE ERNSTIG GEBED ‘N ROL SPEEL IN HIERDIE GEESTELIKE OORLOG SOU ONS DOEN WAT DIE WOORD SÊ:
I THESSALONICENSE 5:17 AFR53
[17] "Bid sonder ophou."
Die vyand weet al te goed hoe erg gebed hom kniehalter daarom maak hy ons so besig en verdeel ons dat ons nie by gebed uitkom nie.
Daniel was 'n man wat baie gebid het, Satan probeer van hom ontslae raak omdat hy gebid het. Selfs Jesus het tyd gemaak om te gaan bid.
KERKE se hoofdoel is om ‘n huis van gebed te wees, maar lyk vandag meer na “intertainment” areas waar dit oor die mens meer gaan as oor ons Vader.
MATTHÉÜS 21:12-13 AFR53
[12] EN Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi. [13] En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
Dan wonder ons hoekom ons kerke so kragteloos is om ‘n verskil in mense se lewens te maak en in ons omgewing en land. Met die hoeveelheid kerke in ons land behoort ons land heeltemal anders daaruit te sien
Oom Angus Buchan aanvaar nie ‘n uitnodiging om iewers te gaan preek as hulle wat hom nooi nie hulle “ prayer worriors” eers in plek het nie, dus as daar nie reeds vooraf erg gebid is vir die geleentheid nie.
Ware wedergebore kinders van God draai om, verander en is 'n nuwe skepsel wat wil gehoorsaam.
Hier onder in 1 Tess 5 lees ons hoe moet ‘n gelowige se lewe lyk, die teenoorgestelde hiervan versterk Satan se kant van die geveg.
1 TESSALONISENSE 5:12-15, 18-24 NLV (LEEF VIR HOM)
[12] Broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. [13] Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon. Leef in vrede met mekaar. [14] Broers en susters, ons druk julle dit op die hart: Wys die leeglêers tereg, praat die kleinmoediges moed in, ondersteun die swakkes, wees geduldig met almal. [15] Kyk dat niemand weerwraak neem nie, maar streef eerder altyd die goeie na – vir mekaar en vir alle mense.
[18] Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is. [19] Moenie die Gees uitblus nie. [20] Moenie profesieë geringskat nie, [21] maar ondersoek alles wat gesê word en behou wat goed is.
[22] Bly weg van elke vorm van kwaad. [23] Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom. [24] Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!
Dus kan ons as God se kinders ook die vyand se kant bemagtig as ons nie doen wat ons weet nie, as ons ONGEHOORSAAM is aan God se voorskrifte, as ons nie bid ens.
I raise a hallelujah louder than the unbelief
I raise a hallelujah, my weapon is a melody
I raise a hallelujah, Heaven comes to fight for me
I'm gonna sing in the middle of the storm
Louder and louder, you're gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive"
1 TESSALONISENSE 5:5-11 NLV
[5] Julle is tog almal kinders van die lig en van die dag. Ons hoort nie by die nag of die duisternis nie.
[6] Laat ons daarom nie soos die ander mense aan die slaap gevang word nie. Laat ons wakker en nugter wees. [7] Dié wat slaap, slaap snags, en dié wat hulle dronk drink, drink snags.
[8] Ons wat by die dag hoort, moet egter nugter bly deur geloof en liefde as ’n borsharnas aan te trek en as helm die vooruitsig op ons verlossing.
[9] God se bedoeling met ons is nie dat ons gestraf moet word nie, maar dat ons deur ons Here Jesus Christus verlos word!
[10] Jesus het in ons belang gesterf sodat ons, of ons nog lewe of reeds dood is, saam met Hom mag lewe.
[11] DAAROM, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou.
Comments
Post a Comment