Wanneer dit rof gaan, rowwer as rof!!!!
Veel rowwer kan dit nie gaan nie.
Lank laas het dit so rof reg oor die wêreld gelykertyd gegaan soos nou nie.
Almal is in dieselfde boodjie, maak nie saak of jy eerste of derde wêreld is nie, ryk of arm, geen status, titel, posisie, ouderdom, geslag, ras, kultuur of wat ookal kan jou vrywaar hiervan nie.
"We are in it together"
As ons na die verhale oor Daniel en sy vriende kyk in Daniel hoofstukke 1 tot 7 sien ons hoe die vyand die lewe vir die jong manne rowwer as rof gemaak het.
Dus wanneer dit rof gaan met myself kan ek na die voorbeeld van hierdie manne in die Bybel kyk om so by hulle te kan leer hoe om kop bo water te hou ten spyte van.
_________________________________________________________________________________
Wat uitstaan van hierdie manne se lewens is:
- hulle leef TOTAAL AFHANKLIK van God hul Vader vir alles.
- hulle leef TOTAAL TOEGEWYD aan God hul Vader, ten spyte van.
_________________________________________________________________________________
Ons kan so baie leer uit hul reaksie op hulle omstandighede:
1. - Bid, bid, bid
"Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te PRYS, te AANBID en te DANK.
Daniël se vyande het in sy huis ingestorm en hom daar gekry waar hy sy God aanbid en Hom om genade smeek."
DANIËL 6:11-12 AFR83
* as gewoonte, gereeld
* oor alles
* as wysheid kortkom
* as hulle in nood verkeer en in die aangesig van gevaar
* vra medegelowiges om saam te bid
"Daarna is Daniël huis toe en het hy vir sy vriende Gananja, Misael en Asarja vertel wat aan die gang is en hulle gevra om die God van die hemel om genade te smeek oor die geheim van die droom sodat Daniël en sy vriende nie saam met die ander koninklike raadgewers doodgemaak sou word nie."
DANIËL 2:17-18 AFR83
LET OP elke keer het Daniel huistoe gegaan en dadelik eerste gaan BID
Ons moet hierin hul voorbeeld volg. Ons moet elke keer as ons slegte gerugte hoor wat ons bang maak dadelik eerste daaroor gaan bid. Ook nou met die Carona virus kan ons by God gaan smeek om ons land en sy mense genadig te wees. Mag ons bid vir die onmoontlike soos hulle gebid het vir die onmoontlike(om die droom te weet en te kon uitlê) en die Here hul gebede verhoor en dit aan hul gegee het.
2. GOD BEANTWOORD GEBEDE
* Hy red hul uit die oond
* Hy red Daniel uit die leeukuil
* Hy openbaar geheime aan hul wat hul en ander se lewe red
"Daarna is Daniël huis toe en het hy vir sy vriende Gananja, Misael en Asarja vertel wat aan die gang is en hulle gevra om die God van die hemel om genade te smeek oor die geheim van die droom sodat Daniël en sy vriende nie saam met die ander koninklike raadgewers doodgemaak sou word nie. Toe is die geheim aan Daniël geopenbaar in 'n nagtelike visioen, en Daniël het die God van die hemel geprys."
DANIËL 2:17-19 AFR83
Beantwoorde gebede moet ons God laat loof en prys!!!
Loof en prys Hom ook vir die klein dingetjies nie net vir groot wonderwerke nie.
3. Hul GLO EN VERTROU GOD se Vaderhart
* Hulle het onsettende vertroue gehad in God hul Vader
"Toe sê Nebukadnesar: “Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat sy engel gestuur het en sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor EERDER as om enige god behalwe húlle God te dien of te aanbid."
DANIËL 3:28 AFR83
HUL HET GEWEIER OM VOOR AFGODE TE BUIG, dus enige iets bo God te plaas of op te vertrou.
"Die koning was baie bly en het beveel dat Daniël uit die leeukuil gehaal moes word. Toe Daniël uit die leeukuil gehaal is, was daar geen letsel aan hom nie, OMDAT hy op sy God vertrou het."
DANIËL 6:24 AFR83
4. Deur wat met ons gebeur, hoe ons dit hanteer en daarop reageer MAAK GOD SIGBAAR aan die wêreld.
Soms gaan die kind van God deur die vuur sodat die godelose en verloregaande wêreld God kan sien.
"Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?” En hulle sê vir hom: “Dit is so, U Majesteit!” Hy sê toe: “Maar ek SIEN dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos 'n hemelwese!”
DANIËL 3:24-25 AFR83
Hoe reageer ons nou op hierdie dreigende gevaar wat die wêreld op "lock down" het?
Praat ons vrees of geloof?
Glo ons regtig dat ons God die onmoontlike kan doen, en indien Hy anders besluit soos Daniel se vriende gesê het ons steeds Hom sal dien en vertrou want Hy weet die beste en is by ons al gebeur wat, indien wel tree ons so op dat die wêreld dit kan sien?
Maak ek God sigbaar aan die wêreld op hierdie oomblik?
As God Daniel gered het van die leeukuil was net hy gered, of sy vriende van die vuuroond maar omdat hulle daardeur moes gaan kon die goddelose konings die almagtige God leer ken en het die hele land bevel gekry om God te eer. So word baie gered en nie net Daniel en sy vriende.
5.. Ons sien hul DIEN GOD MET 'N NOGTANS "EVEN IF" GELOOF
* Habakuk geloof (al sou die vyeboom nie bot nogtans...)
* maar hulle vertroue het nie alleen daarin gelê dat God vir wie niks onmoontlik is die gevaar van hul sal wegvat nie, maar dat al sou hul wel daardeur moet gaan HY BY HUL SAL WEES.
"Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”
DANIËL 3:17-18 AFR83
4. Hul KEN hul VADER, Sy karakter, Sy stem, Sy Woord en Sy beloftes,
As ons Hom waarlik ken dan sal ons nie vir die vyand se leuens val nie en begin vrees nie.
"Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een."
JOHANNES 10:26-30 AFR53
5. Hulle weet hulle IS VIR ALLES VAN HOM AFHANKLIK WANT ALLES KOM UIT GOD SE HAND
* Hulle weet dat alles wat hul het en is van God hul Vader kom
* dieselfde is waar vir die godelose
"God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê."
DANIËL 1:17 AFR83
“Die allerhoogste God het aan u voorganger Nebukadnesar koningskap en mag, roem en eer gegee...
(v20) Maar toe hy hoogmoedig en verwaand geword het, is hy uit die koningskap afgesit en het hy sy roem verloor.
DANIËL 5:18, 20 AFR83
* Hy kan dit gee aan wie Hy wil en dit wegvat wanneer Hy wil
“ ‘Hierdie aankondiging berus op 'n besluit van dié wat wag hou, die engele, en hulle maak hierdie beslissings bekend. So sal alle mense weet dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dat Hy dit gee aan wie Hy wil; Hy stel selfs die onbelangrikste mens daaroor aan.’
DANIËL 4:17 AFR83
6. Hul GLO DAT GOD ALTYD IN BEHEER IS
* oor alles en almal, selfs oor die godelose wat nie in Hom glo
Ook in Suid-Afrika
"Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het,"
DANIËL 2:21 AFR83
Daarom moet ons baie bid vir ons regering vir wysheid van Bo veral in 'n tyd soos hierdie. Die Here kan hul gebruik, nie oor wie hulle is nie, maar oor wie Hy is. Nebikadneser het nadat God hom soos 'n wilde dier gras laat vreet het, en hom toe herstel het teruggekom en God geëer.
".... Hy moes erken dat die allerhoogste God mag het oor die koninkryke op aarde en daaroor aanstel wie Hy wil."
DANIËL 5:21 AFR83
"Maar toe hy hoogmoedig en verwaand geword het, is hy uit die koningskap afgesit en het hy sy roem verloor. Hy is uit die menslike samelewing uitgestoot en het soos die wilde diere geword; hy het saam met die wildedonkies gebly en moes gras eet soos beeste; hy is snags deur die dou van die hemel natgemaak. Hy moes erken dat die allerhoogste God mag het oor die koninkryke op aarde en daaroor aanstel wie Hy wil.
Maar u, Belsasar wat hom opgevolg het, u het u nie verootmoedig nie, alhoewel u dit alles weet. U het verwaand opgetree teenoor die Here in die hemel: die bekers uit sy tempel is na u toe gebring en u en u hoofamptenare, u vrouens en u byvrouens het daaruit wyn gedrink. U het die gode van silwer en goud, en van brons, yster, hout en klip geprys, gode wat nie kan sien nie en nie kan hoor nie en niks weet nie. U het nie die God geëer van wie u die lewensasem ontvang en wat oor u lewe beskik nie. Daarom is die hand deur Hom gestuur en is hierdie woorde geskrywe. “Dit is die woorde wat geskrywe is: ‘Getel, getel, geweeg en verdeel.’ En dit is die betekenis van die woorde: ‘Getel’: God het die jare van u koningskap getel en 'n einde daaraan gemaak. ‘Geweeg’: u is geweeg en te lig bevind. ‘Verdeel’: u koninkryk is verdeel en aan die Mediërs en die Perse gegee.” Daniël is toe op bevel van Belsasar 'n koninklike kleed aangetrek en 'n goue halsketting omgehang, en hy is uitgeroep as regeerder, derde in rang in die koninkryk.......
Daardie nag is koning Belsasar van die Galdeërs vermoor."
DANIËL 5:20-30 AFR83
7. Hulle GLO EN WEET GOD IS ALTYD BY HULLE
* Hy sal ons nooit los of in die steek laat nie
Hy was by hulle in die oond en by Daniel in die leeukuil
Waar is God in Sy kinders se storms?
God is daar! In die storm by hulle. Hy beskerm hulle.
Seker die grootste stroos vir elke kind van God. Ons blydskap lê ook daarin dat ons weet HY IS BY ONS, maak nie saak wat. Jesus het ook vir die dissipels gesê om TE ONTOU....
"... leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
En onthou:
Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 AFR83
8. Ons sien die VYAND WORD WIT VAN WOEDE AS ONS NIE BUIG NIE
Hy maak dan die oond "omstandighede" 7x warmer en gooi hul met vlambare klere en al in, menslik gesproke verdoem, geen uitkom kans, in Daniël se geval, HONGER LEEUS!!
BUT GOD!!
En hierin lê ons troos, ook in 'n tyd soos hierdie
As God dit nie toelaat nie sal die vyand niks uitrig teen die kind van God
* hulle klere het nie eers na rook geruik nie (Dan 3:24 - 25)
* daar was geen letsel aan Daniel nie (Dan 6:21-24)
_________________________________________________________________________
Hy het hulle nie omgevat nie, maar Hy het hul self daardeur gevat
_________________________________________________________________________
God se kind ontvang GENADE OP GENADE in die situasie.
Paulus moes ook hoor:
"Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. MY KRAG kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees."
2 KORINTIËRS 12:9 AFR83
8. Ons sien verder uit hul lewensverhale dat HY GRYP IN EN HET DIE LAASTE SÊ OOR ONS LOT
"Hy wat tye en omstandighede verander, ..."
DANIËL 2:21 AFR83
Ons Vader kan tye en omstandighede verander, daarom mag ons en moet ons bid daarvoor dis nie waar dat ons moet glo wat sal wees, sal wees nie. Koning Hiskia het gebid vir genade en die Here het hom 15 jaar by sy lewe gegee. Moses pleit by die Here vir die volk en die Here gee weer genade.
Ons moet egter nog steeds inskiklik wees tov Sy wil en Hom vertrou sou Sy antwoord nee wees, of nie nou nie soos met Laserus. Met hom was Jesus 4dae "te laat" maar steeds betyds.
Jesus sê dan ook vir Marta:
“Het Ek nie vir jou gesê as jy glo,
sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?”
JOHANNES 11:40 AFR83
Hy ken die toekoms en Hy weet hoekom goed moet gebeur soos dit moet.
9. Hulle DIEN GOD MET VOLHARDING
* ten spyte van wat dit hul kos
"Toe hy naby die leeukuil kom, het hy angstig na Daniël geroep en vir hom gevra: “Daniël, dienaar van die lewende God, was jou God wat jy met soveel VOLHARDING dien, in staat om jou van die leeus te red?”
DANIËL 6:21 AFR83
PRYS DIE HERE....ons God en Vader was in staat!!!
10. Ons sien Hul alledaagse lewe ook in die werksplek was 'n GETUIENIS van hul toegewyde geloof
* so maak hulle God sigbaar aan 'n goddelose wêreld en God word geëer.
"Koning Darius het toe aan al die volke, nasies en taalgroepe wat oor die hele wêreld gewoon het, 'n skrywe gerig: “Voorspoed! Ek gee hiermee opdrag dat in my hele koninkryk die God van Daniël gevrees en geëer moet word. “Hy is die lewende God, Hy bestaan vir ewig; sy koninkryk sal nie vernietig word nie, sy heerskappy sal nooit eindig nie."
DANIËL 6:26-27 AFR83
11. Hulle gee GOD ALTYD ALLEEN DIE EER
* Hulle vat nooit die eer vir hulleself
"Daniël het die koning geantwoord: “Die raadgewers, die voorspellers, die towenaars en die sterrekykers is nie in staat om die droom waaroor u navraag doen, vir u te vertel nie. Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime kan openbaar en wat aan u, koning Nebukadnesar, wil bekend maak wat in die toekoms gaan gebeur. In u slaap het u 'n droom, 'n visioen gehad. Toe u gaan slaap het, het u gedink oor wat in die toekoms sal gebeur, en Hy wat geheime kan openbaar, het aan u bekend gemaak wat gaan gebeur. Dit is nie omdat ek meer wysheid het as ander mense dat hierdie geheim aan my geopenbaar is nie, maar omdat die uitleg aan u bekend moet word sodat u 'n antwoord kan kry op die vrae waaroor u gedink het."
DANIËL 2:27-30 AFR83
12. Ons sien ook GOD HAAT HOOGMOED
* daniel en sy vriende leef nederig en afhanklik van God
* die konings vat dit wat hul van God ontvang het vir hulself die eer
"Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.”
DANIËL 4:37 AFR83
"Maar toe hy hoogmoedig en verwaand geword het, is hy uit die koningskap afgesit en het hy sy roem verloor."
DANIËL 5:20 AFR83
Ons sien
"Hoogmoed bring 'n mens tot 'n val; nederigheid bring eer."
SPREUKE 29:23 AFR83
13. HY IS DIE LEWENDE GOD.
* Tot die Goddelose wêreld moet erken wie God is en dat
daar is geen God wat so kan red nie.
"Toe sê die koning vir Daniël: “Jou God is die grootste van al die gode, Hy regeer oor al die konings en Hy maak geheime bekend. Ek sê dit omdat Hy hierdie geheim aan jou bekendgemaak het.”
Daniël 2:47 DB
"Daarom vaardig ek 'n bevel uit dat enige persoon, van watter volk, nasie of taalgroep hy ook is, wat met minagting praat oor die God van Sadrag, Mesag en Abednego, in stukke gekap moet word en dat sy huis 'n puinhoop gemaak moet word. Daar is immers geen ander god wat in staat is om so te red nie.”
DANIËL 3:29 AFR83
Wow en ons noem Hom ons Vader, mag ons ook dit nou onthou dat daar geen ander afgod is wat so kan red nie.
Mag ons groot getuienisse hê hierna van wie ons God is, sodat die wêreld kan kennis neem.
13. DIE VYAND VAN GOD SE KIND KOM DIE SLEGSTE DAARVAN AF
* jaloesie is die dryfveer daaragter om God se kind leed aan te doen
* wil vir hulleself voordeel trek in aansien en eer
Die manne wat sy vriende ingegooi het brand self dood en die manne wat die plan beraam het ( Dan 3:22) en vir Daniel gaan verkla het is self in die leeukuil met hul gesinne gegooi(Dan 6:25).....
(v4)Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.....
(v6)Hulle sê toe vir mekaar: “Ons sal niks teen hierdie Daniël kry nie, behalwe as ons iets kan kry in verband met sy godsdiens.....
(v12)Daniël se vyande het in sy huis ingestorm en hom daar gekry waar hy sy God aanbid en Hom om genade smeek....
(v25)Op bevel van die koning is die mense wat vir Daniël verkla het, gebring en in die leeukuil gegooi saam met hulle kinders en hulle vrouens. Hulle het nog nie in die leeukuil grond gevat nie of die leeus was op hulle en het hulle verskeur."
DANIËL 6:4, 6, 12, 25 AFR83
Ons leer hieruit:
"Hulle doen aanmekaar kwaad en bedrieg ander. Met hulle gebeur presies wat die spreekwoord sê: Grawe ’n gat vir ander, dan val jy self daarin. Deur hulle eie geknoei kom hulle tot ’n val. Die gewelddadige dinge wat hulle vir ander beplan, gebeur met hulleself."
Psalms 7:15-17 DB
"Wie 'n gat vir 'n ander grawe, val self daarin; die klippe wat hy gooi, sal na hom toe terugkom."
SPREUKE 26:27 AFR83
As jy toelaat dat die vyand jou gebruik om ander leed aan te doen sal jy self die slegste daarvan afkom.
“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”
MATTEUS 5:11-12 AFR83
14. WEES SOUT EN LIG IN BABILON
* onthou jou identiteit, jy is hier, maar nie van hier, jy is God se kind
* moenie dat die plek jou verander nie, maar verander jy die plek
* moenie kompromië aangaan nie.
"Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."
ROMEINE 12:2 AFR83
Sal mense kan sê jy is anders as die wêreld?
15. Ons sien hul SOEK NIE NET HUL EIE BELANG NIE
* Hul tree nie in selfsug op nie
* Daniel sien ook om na die belange van sy vriende
"Op versoek van Daniël het die koning vir Sadrag, Mesag en Abednego in beheer geplaas van die administrasie van die provinsie Babel. Maar Daniël self het in die paleis gebly."
DANIËL 2:49 AFR83
"Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:"
FILIPPENSE 2:3-5 AFR83
Wat vra die Here dalk van jou of my in hierdie tyd om op te offer sodat ander se lewens gered kan word, gemak, vryheid, geld?
16. ALLES WERK TEN GOEDE MEE
Daniel en sy vriende gaan deur verskeie stroms in hul leeftyd, maar ons sien dat elke keer het dit vir hulle ten goede meegewerk veral vanuit 'n ewigheidsperspektief.
17. Die Boek Daniel GEE HOOP
* Te midde van ons stryd
* daar is hoop op die toekoms , die ewige lewe saam met God, maar ook hier en nou sal Hy omsien na ons
Hy is by ons, in die vuur, in die leeukuil, in die storm en in die woestyn.
"As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!
Vertrou op die Here!
Wees sterk en hou goeie moed!
Ja, vertrou op die Here!"
PSALMS 27:13-14 AFR83
Waar moet jou vyand jou kry?
Op jou knieë besig om met jou Vader te praat.
God se waarheid teenoor die feite is:
NIKS IS VIR HOM ONMOONTLIK NIE!!!!
_________________________________________________________________________________
ONTHOU wat uitstaan van hierdie manne se lewens was:
- hulle leef TOTAAL AFHANKLIK van God hul Vader vir alles.
- hulle leef TOTAAL TOEGEWYD aan God hul Vader, ten spyte van.
_________________________________________________________________________________
Bid, bid, bid
Leef onsettend toegewyd aan die HERE
Weet hoe afhanklik jy van Hom is en leef daarvolgens
“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
MATTEUS 5:3 AFR83 24
Comments
Post a Comment