Posts

Alles om ons verander in 'n puinhoop

Image
Leef ons op 'n PUINHOOP? In Daniel 9:2 lees ons dat Jerusalem 70 jaar ‘n puinhoop sou wees. As ons verder lees sien ons dat die rede daarvoor was dat dit nie die vyand se skuld is nie, maar dit was agv hul eie ongehoorsaamheid aan die Here, dus agv hul eie keuses “Ek het tot die Here my God gebid en bely: “Ag, Here, groot en ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trou teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam . Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons was opstandig en HET NIE GELEWE VOLGENS U GEBOOIE EN U BEPALINGS NIE.  Ons het nie geluister na u dienaars die profete nie, wat in u Naam ons konings, ons leiers, ons familiehoofde en die hele bevolking aangespreek het. U is regverdig, Here. Dit is onsself wat hierdie ellende oor ons gebring het, oor die mense van Juda, oor die inwoners van Jerusalem, oor die hele Israel, dié wat naby is sowel as dié wat ver is, ver in al die lande waarheen U hulle verstrooi het oor hulle ontro...

DIT IS OORLOG! .... en daar sál op jou geskiet word!!

Image
DIT IS OORLOG! Daar sál op jou geskiet word!! Of ek dit wil weet of nie, daar is 'n oorlog aan die gang. In werklikheid 'n eeu oue oorlog wat van die begin van die wêreld af daar was en eers sal ophou die dag van Jesus se wederkoms. Die Woord sê dit duidelik vir ons: "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug ." EFÉSIËRS 6:11‭-‬12 AFR53 Waar lê jou wapens, is dit aan jou? Gebed, jou Bybel(swaard vir verdedig en aanval), Verlossing(helm), geloof(skild),waarheid(gordel), borsharnas van geregtigheid en bereidheid om evangelie te verkondig as skoene? Alles wat ons sien, die oorloë, die stryd, die onmin tussen mense, als het steeds hul oorsprong uit die stryd tussen die magte van LIG EN DUISTERNIS. As ons dit nie ...

Ek MOET nie word ek WIL nie

Image

Die HEEL LAASTE VERS - daar is lig in die tonnel

Image
Die HEEL LAASTE VERS.. .         Wat staan aan die einde van jou storie? VOEL DIT NAG, STIK DONKER NAG!!!!? Dit voel vir ons daar is nie eens meer 'n lig aan die einde van die tonnel nie. Ons verloor moed en wil handdoek ingooi, dalk is dit wat die land betref, of selfs persoonlike probleme. Daar is 'n hele paar gelowiges in die Woord wat verseker ook op een of ander stadium so moes gevoel het. Toegewyde kinders van die Here, wat soms juis daaroor hulself in stikdonker omstandighede bevind Kom ons vat vir Daniel , omdat hy weier om God sy Vader te verloën en te buig voor ander gode soos die res van die gemeenskap doen, word hy leeukuil toe gesleep waar honger leeus hom inwag. Verseker moes hy gedink het die lig in sy tonnel het geblaas, hierdie is verseker die einde van sy aardse bestaan. Daniel se vriende weier om hul Vader in die hemel te verloën en weier om te buig voor die koning, en hul word vuuroond toe gesleep . Vir hulle moes dit ook ...

Wat leer ons, ons kinders?

Image
As jou kind vanuit die hel roep:   "Pappa en Mamma hoekom het julle my nooit genoeg vertel!!!!??? Dis een ding as vreemdes, moordenaars, verkragters, heidene ens dalk eendag vanuit die hel ons gaan vra hoekom het ons hulle nooit vertel nie...maar dink jou in as dit jou kind gaan wees wat dit uitroep? Fokus ons genoeg daarop om ons kinders van Jesus te leer...of is ons so besig met verbygaande dinge dat ons nie tyd kry vir die ewige dinge nie...? Daar is 'n gesegde wat sê...wat jy nou doen het 'n effek op later en glo my later gaan kom. Vir party gouer as later...elkeen gaan eendag voor Jesus verskyn en dan gaan party hoor: "gaan weg van My ek het julle nooit geken! Om net AAN Jesus te glo is nie genoeg nie want die Duiwel glo ook .. Jak 2:19 "Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook -- en hulle sidder van angs." Jy moet IN Jesus glo! Joh 15...ons moet IN Hom bly en Hy in ons...daagliks toegewyd en gehoorsaa...

Sal jy vrot vrugte eet?

Image
Geestelike vrugteslaai My lewe laat my soms dink aan ‘n vrugteboord. Een waarin ek elke dag moet werk en swoeg en aan moet aandag gee. Ons word nie met ‘n goeie vrugteboord gebore nie, nee, die Woord leer ons   “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” ROMEINE 3:23 AFR53 Voorheen het ons ou bose natuur slegte vrugtebome opgelewer  wat slegte vrugte(sonde) dra. Hierdie vrugte loop uit op die ewige dood en hel. “ Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde (slegte vrugte)voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.” JAKOBUS 1:15 AFR83 Hierdie slegte vrugte(bome) se name lees ons in Gal 5 van. “ Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waars...

Die Here se doel vir ons is om te hoor MOOI SO!

Image
Niemand wil eendag hoor: "Gaan weg van My, Ek het jou nooit geken nie!" Daardie eendag kan gouer wees as wat ons besef... Sal jy nie ook eendag in Jesus se oë wil opkyk en wil hoor  "MOOI SO!" *********************************************** Die EEN woord wat die Bybel opsom is LIEFDE !!! (Onselfsugtige, opofferende liefde) *********************************************** Eerstens God se liefde vir óns wat Hy tot die uiterste aan ons bewys het deur Sy Seun in ons plek te straf sodat óns gered kon word. GOD ÍS LIEFDE - Liefde het vir ons die prys betaal - Liefde is nie net genade nie, maar ook regverdig. - Liefde straf waar dit moet straf. Ek kan myself nie red nie, dis genade! Maar as ek eendag wil hoor "Mooi so!" wat is dit wat God van my verwag? Die  2 belangrikste gebooie  wat die hele Bybel opsom is: -   LIEFDE TOT GOD , -   EN LIEFDE TOT ONS NAASTE (verhoudings gebooie) Hierdie gebooie som vir my alles in die Woord...