Posts

Hoe kyk hulle dit mis?

Image
 Hoe kyk hulle dit mis? Tot vandag toe glo die Jode dat die Messias nog nie gekom het nie, maar nog moet kom. Tog dink ons, is dit duidelik soos daglig die ooreenkomste tussen Jesus die Paaslam en die paaslammetjie wat húlle moes offer. Die Woord gee egter vir ons die antwoord, dat hulle verstand toe is die dat hulle dit nie kán raaksien, insien of verstaan nie.  " Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo. Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar 'n sluier oor hulle verstand. Van Moses sê die Skrif egter: “ Elke keer as hy hom na die Here wend , word die sluier weggeneem .” “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die be...

Hoe kan daar?

Image
Hoe lyk ons lewe NOU ná Covid?   DRAAI JY WEG VAN HOM OF DRAAI JY OM NA HOM " EN op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan. En toe Hy in ’n sekere dorp ingaan, kom TIEN MELAATSE manne Hom tegemoet, wat op ’n afstand bly staan het. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig! En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. En een van hulle , toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ’n groot stem verheerlik . En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank .  En hy was ’n Samaritaan.  Toe antwoord Jesus en sê: Het TIEN nie rein geword nie?  En waar is die nege?  Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?  En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou GERED ." LUKAS 17:11‭-‬19 AFR53 ------------------------------ TIEN IS ...

COLA se storie...

Image
  COLA SE STORIE is ook ons storie  Cola is ons hondjie,  sy is 'n Yorky kruising,  6 jaar oud.  So rukkie terug toe ons vir die naweek gaan kamp het besluit sy, sy gaan ons soek. Ons vermoed met covid inperking en die werk en leer van die huis af het sy bederf geraak dat daar altyd iemand meeste van die tyd deesdae tuis is, en moes sy verbouereerd geraak het toe daar skielik niemand tuis is.  Vir 6 jaar het sy nooit ooit uit die erf kon kom nie en het sy boonop maatjies, sy was dus nie alleen, alleen nie.  Van ons ander woefkinders is kleiner gebou as sy en hul het nie saam met haar uitgekom nie dus was ons dronk geslaan en kon nie dink wat van haar kon geword het toe my kinders die aand na ons gery het tuis kom van die universiteit en Cola nerens te vinde is nie.  Ek het dadelik oral haar begin soek en rondgevra. So paar ure later het sy so twee blokke van ons af by ‘n kompleks ingeloop en het iemand haar gekry en ons gekontak. Groot was die ver...

Wonder jy ook nog waar jy Maandag jou kruisie gaan trek?

Image
 As ons by daardie stembus staan is dit net ek wat sien waar ek my kruisie trek, reg?  En is dit net my saak, maar is dit? In 'n land soos ons sin is daar soveel plekke waar jy dit kan trek, maar eintlik is daar net een van twee... Een wat God verheerlik en Sy koningkryk soek en een wat nie. As ons al die partye wat staan vir die verkiesing indeel in dié twee kategorië, weet ek verseker waar my keuse van party ingedeel is tussen die twee opsies.  Het ek deeglik my huiswerk gedoen? Daar is ook 'n verskil in reg praat en reg doen? Baie sê die regte goed om kiesers te trek maar doen iets anders. Die Woord leer verder "Aan hul vrugte(dade) sal julle hulle ken" WOORDE WEK MAAR VOORBEELDE STREK. Wie het voor parlement en howe geveg vir minderheidsgroepe, teen aborsie, vryheid van keuse, kerkdeure om oop te maak, om God te bly erken in die grondwet, ouers se regte ens. MAAR,kan ons dalk verder redeneer dis politiek nie godsdiens, dis waar ons verkeerd...