Wag net eers so bietjie

 


"
"If I shut up the heavens so that no rain falls, or if I command locusts to devour the land, or if I send pestilence and plague among My people, 
and My people, who are called by My Name, 
humble themselves, and pray and seek (crave, require as a necessity) My face 
and turn from their wicked ways, then I will hear [them] from heaven, and forgive their sin and heal their land. Now My eyes will be open and My ears attentive to prayer offered in this place.
2 Chronicles 7:13‭-‬15 AMP

Hoeveel keer het ons nie al die kosbare vers gehoor die afgelope tyd nie
 
Hoe nodig het ons nie God se ingrype juis nou in ons land se omstandighede en veral in die pes wat ons getref het en ons daagliks van geliefdes moet afskeid neem nie

Wag!!!
Voordat jy die mooi vers uitdeel en aanstuur kom ons lees dit net weer.


"As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,  
en MY VOLK, oor wie my Naam uitgeroep is
HULLE verootmoedig
 en BID
 en my aangesig soek
 en HULLE bekeer van HUL verkeerde weë,
 DAN sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land GENEES. 
 NOU sal my oë oop wees en my ore luister na die GEBED van hierdie plek."
II KRONIEKE 7:13‭-‬15 AFR53

Het ek en jy al vir ONS SELF hierdie skrif gelees, gelees om self te hóór!


Eerstens besef ons vir wie die vers geskryf is...?
Dit is nie vir godelose mense nie, maar vir God se kinders, Sy volk. 

Dus ek en jy...

Verootmoedig ons óns?
Maar eerstens moet ons werklik begryp wat ware VEROOTMOEDIGING beteken en behels.

Willie Jonker skryf die volgende oor VEROOTMOEDIGING
Die Burger, 27 Januarie 1979, bladsy 8


"Die woord ootmoed beteken onderworpenheid, nederigheid. In ons spraakgebruik hanteer ons dit selde wanneer ons praat oor ons verhouding tot medemense. Ons reserveer dit byna uitsluitend vir ons verhouding tot God. Daarom het dit vir die meeste van ons die betekenis van selfvernedering voor God, die neerbuiging voor Sy aangesig in die erkenning van ons afhanklikheid van Hom, maar veral ook van ons skuld voor Hom.

In hierdie betekenis word dit ook gebruik as ons van tyd tot tyd onder besondere omstandighede ‘n dag van verootmoediging uitroep. Dit is ‘n gebaar waarmee ons wil sê dat ons tot stilstand kom en ons voor die aangesig van God stel om daarmee te betuig dat ons onsself aan Hom en sy oordele onderwerp, maar juis só in nederigheid ons toevlug tot Hom neem in ons nood.

Dit is eintlik iets wat die individuele Christen daagliks behoort te doen. Ons hele lewe behoort nie anders as in diepe ootmoed voor God geleef te word nie. Calvyn het die verloëning van onsself voor God en die medemense die kern van die hele Christelike lewenswandel genoem. Daarin lê die ootmoed vanself opgesluit. ‘n Gelowige mens is eintlik per definisie ‘n ootmoedige mens, anders verstaan hy sy geloof verkeerd.

Maar al is dit ook waar dat ons hele lewe ‘n lewe in ootmoed behoort te wees, kom daar tog tye van BESONDERE VEROOTMOEDIGING

Daar kan besonder pynlike situasies opduik. ‘n Mens kan skade en skande belewe. Jy kan mislukkings maak wat jou totaal ontsenu. Jou weg kan doodloop.

Wanneer sulke dinge gebeur, keer ‘n Christen in tot die GEBED. Hy buig homself laag neer voor God. Hy soek na die doel van God met die verbysterende dinge wat gebeur het. Hy stel sy hart oop voor God. Hy vra wat en waar dit dan verkeerd geloop het.

 Hy wag en hy luister, totdat die lig weer deurbreek. As hy hom op die regte manier voor God verootmoedig, kom hy anders uit die situasie uit as wat hy daar ingegaan het. Daar vind ‘n nuwe inkeer tot God plaas. Daar kom groter versigtigheid, groter afhanklikheid van God.

Wat waar is van die individu, kan ook waar wees van ‘n gemeenskap. Wanneer ‘n gemeenskap ervaar dat sy weg op verskillende punte DOODLOOP en dat allerlei DONKER wolke van ALLE kante rondom hom saampak, is dit tyd om hom te verootmoedig

MAAR dan moet dit egte verootmoediging wees, in die sin van opregte en heelhartige selfvernedering voor God.

Dit moet nie in die eerste plek gaan om die uitkoms of die voorspoed wat ons begeer nie, maar om ons verhouding tot God self. 

Anders kom ons nie bokant die peil van die primitiewe godsdienstigheid uit nie, waar aan God geoffer word sodat Hy die mens kan dien.

Die groot vraag is wat God vir ons wil sê. En of ons werklik bereid is om te luister. 

Anders is alles tevergeefs. " – WDJ

 


Het óns van óns verkeerde weë weggedraai?

Watter verkeerde weë, ons pleeg nie moord, steel nie, doen nie korupsie ens nie. Dus is ons redelik seker ons doen nie die voor die handliggende sondes nie.

MAAR

Wat van naasteliefde, vergifnis, barmhartigheid?

"Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.  MAAR Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê
seën die wat vir julle vervloek,
doen goed aan die wat vir julle haat, 
en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 
 SODAT julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; 
WANT Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.  
Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? 
Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?"
MATTHÉÜS 5:43‭-‬46 AFR53

Is ons sout en lig in hierdie donker wêreld? 


"JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.   Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie;  en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.  
Laat julle lig só skyn voor die mense, 
dat hulle julle goeie werke kan sien
 en julle Vader wat in die hemele is, VERHEERLIK."
MATTHÉÜS 5:13‭-‬16 AFR53


Is ons dalk skuldig aan BIDDELOOSHEID?

Bid ons dalk nie, of nie genoeg?
Is dit dalk omdat ons eerder Satan se leuen glo van "What will be will be" 
Het ons aanvaar dat die Carona virus maar sy loop gaan, daar sál 'n volgende golf wees ens.
Dat Suid-Afrika op ekonomiese en politieke vlak gedoem is, dat ons verseker Zimbabwe se pad volg dat daar niks meer aan gedoen kan word, dalk glo jy sy leuen dat dit al te laat is? Niks en niemand kan meer help nie, nie eers meer Trump nie. 
Dalk voel jy so oor jou besigheid, huwelik, ander verhoudings.
Is jy seker? 


 Het ons vergeet
BUT GOD!!
Wie ons GOD is, dat vir ons Vader niks onmoontlik is nie...ook die ONMOONTLIKE IS VIR HOM MOONTLIK.

Koning HISKIA was in dieselfde bootjie as ons...vir hulle was die skrif aan die muur. As hullle om hul rondkyk en sien wat het die vyand met die ander volke gedoen het hul rede gehad om te vrees dat hulle dieselfde lot tegemoet gaan...
Maar!!
Hiskia maak nie reg vir "what shall be shall be" nie asof hul die onvermydelike tegemoet gaan nie...nee hy ONTHOU WIE SY GOD IS. Hiskia gaan bid!!

Hierdie boodskap is vir koning Hiskia van Juda. Moenie toelaat dat jou God op wie jy vertrou, jou mislei met beloftes dat die koning van Assirië nie Jerusalem sal inneem nie. Jy weet alte goed wat die konings van Assirië gedoen het waar hulle ook al gegaan het. Hulle het elkeen wat in hulle pad was, vernietig! 
Hoekom sou jy dit vryspring? 
Het die gode van ander nasies hulle kom red, nasies soos Gosan, Haran, Resef en die inwoners van Eden wat in Telassar was? 
My voorgangers het hulle almal vernietig! Wat het gebeur met die koning van Hamat en die koning van Arpad? Wat het gebeur met die konings van Sefarwajim, Hena en Awwa?”

 Nadat Hiskia die brief van die boodskappers ontvang en gelees het, gaan hy op na die Here se tempel toe en sprei dit oop voor die Here. Toe bid hy voor die Here soos volg: “O Here, God van Israel, U wat oor die serafs troon! U alleen is God oor al die koninkryke op die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak. Luister tog na my, o Here, en hoor wat ek sê. Maak tog u oë oop en kyk, Here! Luister hoe Sanherib die lewende God beledig! “Dit is waar, Here, die konings van Assirië het al hierdie nasies met hulle grondgebiede verwoes. Dis waar dat hulle die gode van hierdie nasies verbrand het. Maar natuurlik kon die Assiriërs hulle vernietig! Hulle was glad nie gode nie, net maar beelde van hout en klip, die werk van mensehande.
 Nou, o Here, ons God, red ons uit die mag van Assirië! Dan sal al die koninkryke op die aarde weet dat U alleen, o Here, God is.”
2 KONINGS 19:10‭-‬19 NLV

Hiskia het hom VOOR SY GOD GAAN VEROOTMOEDIG en Hiskia se gebed is verhoor, nie op die manier wat menslik verwag word nie, deur mense oorlogvoering en planne nie, nee, op God se manier, bonatuurlik. God self veg vir hulle
Hulle moes net vra, glo, vertrou en lofprys nog voor hul die oorwinning aanskou het. 

"Daardie nag het die engel van die Here na die kamp van die Assiriërs gegaan en 185 000 Assiriese manskappe doodgemaak. Toe die Assiriërs die volgende oggend wakker word, kry hulle oral net lyke."
2 KONINGS 19:35 NLV

As Hiskia geglo het "what will be will be" of uit die ander se lot geglo het daar vir hul geen ander lot kon wees nie het hy dalk nie gaan bid nie, wat sou dit tog help, daar kan mos niks meer aan hul lot gedoen word nie, kyk maar net na al die oorweldigende getuienisse om hul. 
Menslik waar, BUT GOD!




HISKIA KEN SÝ GOD EN HET NIE VERGEET WIE SÝ GOD IS NIE

Ken ons nog ons God?

Vergeet ons Sy BELOFTES?
 Onthou ons nog dat feite op die tafel niks aan God se beloftes kan verander nie.

Het ons vergeet dat ons nooit alleen is en dat Hy beloof het om ons nooit ooit te los nie.
Het ons die verlede vergeet waar Hy ons al soveel keer kom haal het, uitgered het, deurgedra het.
 Die wonderwerke in ons eie verlede maar ook ons eie volkgeskiedenis.

Is dit dalk hoekom ons dink bid gaan nie hier meer help nie en dus ophou bid het?

Het ons vergeet dat bekering, verootmoediging en gebed:
- Ninevé se lot verander het.
- Ook dat gebed koning Hiskia se lewe met 15jaar verleng het.
- Die leeus se bekke gesluit het, Daniel en selfs die koning  kon ook niks aan sy lot verander het nie, BUT GOD!
- Laserus was al dood, BUT GOD, 
- Die vuur was al sewe maal warmer vir sy  vriende, BUT GOD! 
- Die weduwee se olie en meel was amper op BUT GOD!
- ABRAHAM kon nie kinders hê nie, BUT GOD!
- Maria was 'n maagd, BUT GOD!
- Die rooi see was voor hulle en die vyand op hul hakke, BUT GOD!
- GIDEON en sy 300 man, BUT GOD!
- NET 5 broodjies en 2 vissies, BUT GOD!
BUT GOD,  BUT GOD,  BUT GOD!!

Soveel getuienisse van BUT GOD en ja hoor ons ook steeds elke dag nou hier in ons leeftyd

Ek self moes dood gewees het volgens dokters destyds BUT GOD ...
My neef Henry het covid oorleef teen alle verwagting in as mens na die feite sou kyk. Hy is verlede week ontslaan na weke in icu...BUT GOD!!
Soveel smeekgebede het vir hom en my destyds opgegaan en die Here het aans ons genade gegee.
Wonderwerke wat die die grootste skeptiese persoon nie kan ontken soos die Farisseers van destyds.

Vanoggend het die Woord my so aan Henry laat dink.
Die laaste sin was asof dit die wonderwerk vir hul groter gemaak het. 
Dus asof die feite van sy ouderdom sy wonderwerk groter gemaak het.
 Ook met covid weet ons jong mense se kanse is beter as ons sin. 

Dus al die eer aan die Here wat teen feite in kan genees.

Ons lewe is in Sy hande

"(Verlamde man word genees) En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, 

WANT ALMAL het God verheerlik oor wat gebeur het.  
WANT die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud."
HANDELINGE 4:21‭-‬22 AFR53

Ons kan nie anders as om te praat oor die wonderlike dinge wat ons gesien en gehoor het nie.” Die Raad het hulle nog verder gedreig. Uiteindelik het hulle hulle egter laat gaan, want hulle het nie geweet hoe om hulle te straf sonder om ’n volksopstand te veroorsaak nie. Almal was inderdaad besig om God te prys vir die wonderteken – ’n man wat al oor die 40 jaar verlam was, is immers gesond gemaak!
HANDELINGE 4:20‭-‬22 NLV



Ja soms is dit God se wil en moet ons  deur die diep waters maar tot dan en deur die diep water kan ons en mag ons vra, kan ons BID. Jesus self het gevra dat die beker by Hom sou verby gaan as dit die Vader se wil kon wees. 
Jesus het 'n nee gekry en ons weet hoekom want wat sou van ons geword het as Hy nie vir ons gesterf het nie, en self Hy het 'n BUT GOD gekry....3 dae later het Hy opgetsaan, later opgevaar en sit aan die regterhand van ons Vader.






Het ons opgehou om ons geloftes na te kom oor bloedrivier?

"As jy iets aan God belowe het, moenie versuim om dit te doen nie. Hy het nie tyd vir dwase nie. Doen wat jy beloof het. Dis baie beter om niks te belowe nie as om iets te belowe wat jy nie doen nie."
PREDIKER 5:3‭-‬4 NLV

Het ons, ons samekoms met die gelowiges geruil vir " business as usual" op Sondae?
"Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom."
HEBREËRS 10:25 AFR83
Nooi ons nog ander na ons eredienste? 

Het my eie persoonlike tyd by Jesus se voete in tyd in Woord en gebed minder geword of selfs verdwyn omdat ek net te moeg en besig is.
Iemand het eenkeer gesê:" if Satan can't make You bad, he makes you bussy"
Het Woord en gebed 'n noodwiel geword ipv die stuurwiel van my lewe?

Verhoed die sorge en genietinge van die lewe ons van vrug dra
'n verkil maak vir GOD SE KONINGKRYK, Om sout en lig te wees?

"And the one on whom seed was sown among thorns, this is the one who hears the word, BUT the worries and distractions of the world and the deceitfulness [the superficial pleasures and delight] of riches choke the word, and it yields no fruit."
Matthew 13:22 AMP
https://bible.com/bible/1588/mat.13.22.AMP

Beplan ek my eie lewe?
"KOM nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak —  julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ’n damp wat vir ’n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.  In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.  Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd."
JAKOBUS 4:13‭-‬16 AFR53

Hoe vinnig moes ons besef in die pandemie dat niks in ons hande is nie en alles in een oomblik kan verander.

Waarop VERTROU ons regtig?
Vertrou ons dalk meer op iemand, ons finansies, posisie, polisse, assuransies ens as op die Here. Nie opsigself verkeerd nie, maar waar lê ons vertroue eintlik?
Dus is daar dalk afgode in ons lewe wat ons meer op vertrou of dalk ook te belangrik maak soos my eggenoot, my kinders, my volk of selfs my kerk.

VERTROU ONS OF VREES ONS?

"Do not be anxious or worried about anything, but in everything [every circumstance and situation] by prayer and petition with thanksgiving, continue to make your [specific] requests known to God. And the peace of God [that peace which reassures the heart, that peace] which transcends all understanding, [that peace which] stands guard over your hearts and your minds in Christ Jesus [is yours]."
Philippians 4:6‭-‬7 AMP

Hoor ons die vers of doen ons hom?
Almal vrees Jesus het ook, maar gaan gee ons ons vrese in gebed vir God ons Vader?
Jesus het, Hiskia het, David het, Daniel en sy vriende het...
Vir wie vertel ons ons vrees , vir my buurman en vrees ons nou saam net erger of vir my Vader.

"And the peace of God [that peace which reassures the heart, that peace] which transcends all understanding, [that peace which] stands guard over your hearts and your minds in Christ Jesus [is yours]."
Philippians 4:7 AMP

Bou ons ons huis op die rots of op die sand?

Hoor ons net die Woord of DOEN ons hom. Hoeveel preke alleen het ons nie al gehoor in ons lewe en hoeveel het ons gaan DOEN?

Soek ons Jesus vir wat óns daaruit kan kry of soek ons Jesus?

Soek ons nog allereers die koningkryk van God of soek ons God se hulp om ons te help met ons eie koningkryk, die Jode het so op hul eie koningkryk gefokus dat hul God se koninkryk en Sy Seun wat tussen hul kom woon het gemis het. Die probleem was dat hul agenda belangriker was as God sin. 

"Hy moet meer word, maar ek minder."
JOHANNES 3:30 AFR53

Hul wou hier en nou verlos word van hul aardse vyande, vir hul gegaan net oor hulself en hul eie redding. Vir God het dit gegaan oor almal se redding, ook die heidene wat hulle so vermy het, oor sy ewige koninkryk om hul van hul eintlike vyande sonde en daarmee saam die Satan te verlos.
Waaroor gaan dit vir ons as ons eerlik moet antwoord?

Is ons dus "FOLLOWERS" of nog net "FANS"(godsdienstig) soos die Farriseers en skrifgeleerdes

  Is verlore siele nog vir ons belangrik?

"Want SO LIEF het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom GERED kan word."
JOHANNES 3:16‭-‬17 AFR53

 Ons vergeet so gou ons stryd is eintlik nie teen vlees en bloed nie maar teen die bosegeeste in die lug. Reg oor die wêreld beleef kinders van die HERE dit. 
Kyk maar wat vandag alles in Amerika afspeel en soveel ander lande. 
Ons leef in tye wat die wêreld in 'n krisis is.
Hul aardse vyand verskil van onssin, maar wie agter alles sit is steeds dieselfde.

"For our struggle is not against flesh and blood [contending only with physical opponents], but against the rulers, against the powers, against the world forces of this [present] DARKNESS, against the spiritual forces of wickedness in the heavenly (supernatural) places.  Therefore, put on the COMPLETE armor of God, so that you will be able to [successfully] RESIST AND STAND YOUR GROUND in the evil day [of danger], and having done everything [that the crisis demands], to stand firm [in your place, fully prepared, immovable, victorious]."
Ephesians 6:12‭-‬13 AMP

"Ressist" ons die vyand of " assist" ons hom deur ons gedagtes, dade, keuses en besluite?

Lees ons nog die Bybel om SELF te hoor of om uit te deel?
Lees ons die Bybel selektief, skeur ons met ander woorde eintlik dele uit wat ons nie pas nie, en behou net dit wat ons pas? Dan het ons nie meer te doen met die God van die Bybel nie, maar met ons eie selfgemaakte godsdiens en afgod.
Gaan my godsdiens dus meer oor myself as oor Hom?



Besef ons dat ons dalk ons juis hier 
en nou bevind vir 'n tyd soos hierdie?

Maak ons daardie verskil?
Vir God ons Vader en vir ander, of is ons planne en fokus selfgerig?
_________________________________________________________________________________________


"Wie dan weet om goed te doen
 en dit nie doen nie, 
vir hom is dit sonde."
JAKOBUS 4:17 AFR53

Dink ons nog dat die vers  in 2 Kronieke 7 praat met mense wat God nie ken en dien nie, dink ons nog dat ons nie skuldig is aan verkeerde weë/ wicked ways nie?

__________________________________________________________________________________________

Is ons God se kinders dalk die rede hoekom daar nog nie genesing vir ons land en sy mense is nie. 

Ons kyk nie te uitwaarts in plaas van inwaarts!!

Hierdie gedeelte in die Bybel skroom die Here nie om dit aan Sy volk uit te wys nie. 

Wat hou ons dan nog terug om te gehoorsaam?

Dis tyd dat ons ophou om vinger te wys na ander, selfondersoek doen, ons begin opreg VEROOTMOEDIG soos Willie Jonker dit verduidelik het, ons bekeer van dit wat die Here aan elkeen persoonlik uitgewys het (mý wicked ways) en weer God se aangesig soek deur Woord, lofprysing en bid sonder ophou...

"...en MY VOLK, oor wie my Naam uitgeroep is
HULLE verootmoedig
 en BID
 en my aangesig soek
 en HULLE bekeer van HUL verkeerde weë,

(Dan kom die belofte saam met die opdrag)
 DAN sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land GENEES. 
 NOU sal my oë oop wees en my ore luister na die GEBED van hierdie plek."
II KRONIEKE 7:13‭-‬15 AFR53


*********************************************************

God ons Vader wil ons red. 

Jona wou hul verdoem, God wou hul waarsku en red

Verdoem ons of waarsku ons?

Waarsku se wortel is LIEFDE

**********************************************************


Jona het die oor God gesê:

"He prayed to the Lord and said, “O Lord , is this not what I said when I was still in my country? That is why I ran to Tarshish, because

I knew that You are a gracious and compassionate God, 

slow to anger

 and great in lovingkindness, 

and [when sinners turn to You]

 You revoke the [sentence of] disaster [against them]."

Jonah 4:2 AMP


But who will stand in the gap?

Wie sal by GOD gaan pleit soos Moses vir die volk Israel gepleit het na die goue kalf, Hy wou hul uitwis maar Moses se pleit gebede het God laat van plan verander.

God  sou Sodom en Gomora gespaar het as hy net 10 kon kry wat regverdig is voor sy oë, maar Hy het nie kon kry. Tog het hy LOT en sy gesin gered as antwoord op Abraham se pleit gebede.

Moses en Abraham en ook Hiskia het in die gaping gaan staan en tot God uitgeroep  vir genade. 

"I searched for a man among them who would build up the wall and stand in the gap before Me for [the sake of] the land, that I would not destroy it, but I found no one [not even one]. Therefore I have poured out My indignation on them; I have consumed them with the fire of My wrath; I have repaid their way [by bringing it] upon their own heads,” says the Lord G od ."

Ezekiel 22:30‭-‬31 AMP

Kan ons nog bekostig om nie gehoor te gee aan God se opdragte deur self ondersoek te doen ons te bekeer van óns "wicked ways"

Kan ons bekostig om langer gebed af te skeep

God het NINEVE se lot verander na opregte berou, bekering en verootmoediging

SAL DIE HERE IEMAND KRY IN SUID-AFRIKA?

Wag almal dalk so vir almal dat niemand gaan of het ons vergeet wie ons God is en glo ons dat ons die ergste nie sal kan keer?

"En Ek het onder hulle ’n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.  Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van my grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die Here Here ."

ESÉGIËL 22:30‭-‬31 AFR53

"Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: 

Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: 

Hier is ek, stuur my."

JESAJA 6:






Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”