Een van die vyand se dodelikste wapens, n ANDER Evangelie"GOSPEL"



Is ek op die REGTE pad 
of op 'n makliker ANDER  pad?

Die boek die Pelgrims Progress (geskryf deur John Banion) gaan oor die boodskap van die Evangelie en die NOU PAD waarop elke gelowiges hul bevind en sien ons begin Christian die pad stap na die Heilige stad maar deurgaans probeer die vyand hom  verwar en kry dit soms reg om hom te laat uitdraai vanaf die regte NOU pad. 

Waarop Evangelis hom op 'n stadium berispe omdat hy sy ore uitleen en dink daar kan 'n ANDER beter pad en ANDER voorskrifte  wees as die wat God hom in Sy boek gegee het. 

Hy sê vir hom as hy eerder na die ANDER gaan luister as na God se Woord gaan hy VERDWAAL EN VERWARD word en nooit by die stad uitkom nie.

Waarop hy antwoord dat hy geval het vir die vyand se ANDER voorskrifte en het so maklik afgedraai van die NOU PAD omdat hy 'n makliker pad gesoek het ipv God te gehoorsaam.

"Enter through the narrow gate

For wide is the gate and broad and EASY to travel is the path that leads the way to destruction and eternal loss, and there are many who enter through it. But small is the gate and narrow and DIFFICULT to travel is the path that leads the way to [everlasting] life, and there are few who find it.

 “Beware of the false prophets, [teachers] who come to you dressed as sheep [appearing gentle and innocent], but inwardly are ravenous wolves.

  By their fruit you will recognize them [that is,

 by their CONTRIVED DOCTRINE and SELF-FOCUS. 

Do people pick grapes from thorn bushes or figs from thistles? Even so, every healthy tree bears good fruit, but the unhealthy tree bears bad fruit. 

A good tree cannot bear bad fruit, nor can a bad tree bear good fruit.

 Every tree that does not bear good fruit is cut down and thrown into the fire.

  Therefore, by their fruit you will recognize them [as false prophets].

 “Not everyone who says to Me, ‘Lord, Lord,’ will enter the kingdom of heaven, but only he who does the will of My Father who is in heaven.                                         (SY WARE EVANGELIE VOLG EN NIE EIE VERDRAAIDE WEERGAWES NIE)

Many will say to Me on that day [when I judge them], ‘Lord, Lord, have we not prophesied in Your name, and driven out demons in Your name, and done many miracles in Your name?’ 

And then I will declare to them publicly, ‘I never knew you; depart from Me [you are banished from My presence], you who act wickedly [disregarding My commands] (EIE PLANNE GEVOLG, 'n ander Evangelie  EN ONGEHOORSAAM GEWEES AAN SÝ OPDRAGTE, HOM GEDIEN SOOS EK WOU EN NIE SOOS HY GESÊ HET NIE)

“So everyone who HEARS these words of Mine and ACTS on them, will be like a wise man [a far-sighted, practical, and sensible man] who built his house on the rock. And the rain fell, and the floods and torrents came, and the winds blew and slammed against that house; yet it did not fall, because it had been founded on the rock. And everyone who hears these words of Mine and does not do them, will be like a foolish (stupid) man who built his house on the sand. And the rain fell, and the floods and torrents came, and the winds blew and slammed against that house; and it fell—and great and complete was its fall.”

Matthew 7:13‭-‬27 AMP




"SO MANY VERSIONS OF THE GOSPEL"

Dis dus nie vir ons nuut dat daar baie GELOWE/GODSDIENSTE is nie, MAAR

Bedink dit bietjie....

__________________________________________________________________________________

Besef ons dat die vyand ons BINNE die Christen kerk met

 'n ANDER evangelie kan en wil mislei?

___________________________________________________________________________________

_________

 Pasop vir die vyand se
"SO SO NABY MAAR TOG SO VER" 
goddelose vervangende plan van 
'n ANDER
_______


Die BYBEL WAARSKU ons paar keer
 teen 'n
 ANDER EVANGELIE (GOSPEL)

Ons lees in Galasiërs 1

"EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, 

(Afvallig - was dus by die waarheid maar het iewers langs die pad weggedraai van die regte koers)

na n ander evangelie (gospel) toe

terwyl daar GEEN ander is nie

(Daar is net een gospel, goeie nuus van God se reddende plan, GEEN ANDER)

behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil VERDRAAI. 

Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het laat hom ’n vervloeking wees! 

Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in strylaatd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees! 

(Ons weet maar te goed Satan doen hom voor as 'n engel van die lig)

Soek ek dan nou die guns van mense,

 of van God? 

Of probeer ek om mense te behaag? 

As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ’n dienskneg van Christus wees nie. 

Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. 

Want ek het dit ook nie van ’n mens ontvang of geleer nie, maar deur ’n openbaring van Jesus Christus."

GALÁSIËRS 1:6‭-‬12 AFR53

_____________________________________________________________________________________________

Om eerder 'n ander evangelie te glo 

is om ons rug op God te draai en Sý plan.

______________________________________________________________


Maak seker,
 het jy die REGTE WAARHEID beet?

Dis soos om met 'n halwe oor te luister as iemand jou die pad probeer verduidelik na jou eindbestemming, in die geval jou EWIGE EINDBESTEMMING.

As jy gedink het een grade verskil in rigting op jou pad na jou bestemming gaan nie so groot verskil maak nie, DINK WEER!!
Johan van Every nation Anker gemeente verwys in een van sy preke in die reeks "Ons verdwaal nie met ons oë nie maar met ons harte"  na die volgende

Hy sê die afstand tussen New York en Singapoer is plus minus 15 259km
Sou die vlieënier net EEN GRAAD LIKS OF REGS AFWYK VAN DIE REGTE ROETE sal hy 254km VER eindig vannaf die oorspronklike mikpunt.
Dalk klink dit nie te erg nie, maar as jy in ag neem dat Singapoer van Oos  na Wes 50km is en van Noord na suid 27 km is, gaan jy met 'n effense variasie van SLEGS EEN graad af van die reguit pad daarheen,
SINGAPOER HEELTEMAL MIS

As ons nie die REGTE waarheid het hoe om die Ewige lewe(ons ewige EINDbestemming) te ontvang nie maar verkeerde of selfs halwe waarhede volg gaan ons ver daarvan opeindig.

Dit gaan nie oor WIE is reg nie 

maar WAT is reg en wat is WAARHEID?

As ons te wete wil kom WAT IS WAAR is ons eensgesind as liggaam van Christus oor die wêreld heen maar as ons wil weet WIE IS REG dan is elkeen se eie waarheid hul waarheid en is ons verdeeld.


__________

'n Halwe waarheid is 'n gekamofleerde leuen

en ons weet van wie dit kom en hoekom.

__________

"Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.

  En omdat Ek die waarheid praat, glo julle nie in My nie."

JOHANNES 8:44‭-‬45 AFR83


Hy VERBLIND en VERWAR mense nie altyd net met 
'n ANDER geloof/godsdiens nie maar ook met
'n ANDER EVANGELIE (Gospel) en 'n ANDER Jesus
wat SO SO NABY AAN DIE WARE Evangelie is 
MAAR TOG SO VER, 
nie altyd so oop en bloot nie maar met klein variasies. 
Of dit 'n een grade variasie is of selfs komma een gaan jy volgens God se voorskrifte "SINGAPOER" mis.

DIE DUIWEL weet ons sal vlug as hy met ‘n ander GELOOF na ons toe kom daarom kom hy vermom(gekamofleer) soos 'n engel van die lig met ANDER aangepaste weergawes van die WARE evangelie, 

weergawes wat mense se gehoor en gewete streel.


 OMDAT ons nie genoeg tyd in Woord en gebed deurbring nie mis ons die tekens wat vir ons waarsku en rigting wys en dink ons niksvermoedend dat ons nog op die NOU pad is, maar dalk lankal nie meer nie. 

Iewers met langs die pad se kompromië, klein aanpassings maak om mense nie te na te kom nie het baie die spoor byster geraak en verdwaal.

En kan baie van ons dalk later hoor

“Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader gehoorsaam was. Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam bose geeste uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!’ Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.’”

MATTEUS 7:21‭-‬23 NLV



'n Ander "gospel" IS SEKER EEN VAN DIE DUIWEL SE DODELIKSTE WAPENS en word baie soekende mense so met verkeerde afdraai paaie mislei


 
 Hy slaag daarmee want die Woord sê :
"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; "
HOSÉA 4:6 AFR53

Maar ook omdat hul wil hoor wat hul wil hoor ( SELFSUG, eie begeertes).

"For the time will come when people will not tolerate sound doctrine and accurate instruction [that challenges them with God’s truth]; but wanting to have their ears tickled [with something pleasing], they will accumulate for themselves [many] teachers [one after another, chosen] to satisfy their own desires and to support the errors they hold,"
2 Timothy 4:3 AMP

______________


Volg ons nog vir Jesus Christus die Seun van God of dalk onbewustelik 
'n ANDER Jesus?



EVANGELIE staan vir God se goeie nuus
Maar as dit nie meer presies is soos Hy dit vir ons kom gee het nie is dit nie meer die ware evangelie nie, nie meer Sý goeie nuus en plan nie maar die vyand se eie aangepaste plan


Dit was nog nooit vir niemand goeie nuus om uit te vind hulle het by die verkeerde bestemming opgeeindig nie. Verdwaal, verward en verlore!


Daarom as ons nie SELF ALLES aan die Skrif gaan toets nie gaan ons nie eers besef ons het koers verloor nie. 


Ons moet in HOM BLY


Moenie net glo wat iemand jou vertel nie,  maak seker dis presies in lyn met God se Verlossingsplan.


Ek glo dis met die oog op verwarring in die eindtye dat die Here dit gewil het dat die BYBEL in amper elke taal al vertaal is sodat elke individu vir hul self kan gaan seker maak WAT IS WAAR en WAT NIE.

Ek self was al eenkeer na ek baie siek was en by die dood omgedraai het baie kwaad vir mense gewees wat my as jong mens verkeerd geleer het aangaande die Woord, want EK SOU as gevolg daarvan "SINGAPOER" GEMIS HET!!

MAAR waarop die Here my in my gedagtes destyds toe geantwoord het: 

"Het jy My Woord gehad?

(Ja...)

Nou hoekom het jý nie gelees nie?"

Sien ek het eerder makliker dagstukkies (makliker paaie gekies) gelees en na ander geluister en nie vir myself dit gaan toets (lees) nie of daaroor gebid en die Here gevra nie.

Ek het nog nooit so vinnig ander vergewe nie want sien EK WAS die meeste SKULDIG

My bybel was baie goed opgepas, 
maar was NIE werklik self GELEES NIE.


Ons harte moet breek vir elke een wat goed gelowig agter iemand aangeloop het in vertroue dat hulle die waarheid bring maar eintlik VALSE PROFETE is. 

_____

 Dis 'n ou plan van die Satan.
Ons sien reeds in Genesis in die begin kom die duiwel met 'n ANDER weergawe van die Evangelie.
_____


Die Vyand probeer nog van altyd af die Here se waarheid verdraai...


"Maar Élimas die towenaar — want so word sy naam vertaal — het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. 

Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die REGUIT weë van die Here te verdraai nie?"

HANDELINGE 13:8‭-‬10 AFR53



 Adam en Eva wandel met die Here persoonlik, dus sou dit vir die duiwel om hul te probeer oortuig, verlei en mislei het met 'n ander god byna onmoontlik gewees het en sou hul van hom weggevlug het. 


 Daarom bring hy sý weergawe van die Woord, soos hy selfs ook probeer het met Jesus in die woestyn.
  Jesus het net soos Eva die Skrif reg aangehaal as antwoord op Satan se verdraaiing, maar die verskil kom in by Jesus gehoorsaam en staan vas by God se Waarheid, maar Eva skuif God se Waarheid opsy. 
Hoekom? 
 Want die vyand se weergawe het haar oor gestreel en in haar eie (selfgerigte) ek voorsien.

 Hier sien ons nie net enige ongelowige bietjie van die pad afwyk nie, maar iemand wat van God persoonlik gehoor het en met Hom persoonlik van aangesig tot aangesig gewandel het. 

Sjoe as die vyand nie geskroom het om hulle wat so nou en van aangesig tot aangesig gewandel het met God PROBEER verlei het met 'n ander "gospel " nie, hoekom sal hy nie ook dit met ons probeer nie. 
WEES WAAKSAAM!!

DIS HOE GEVAARLIK DIE VYAND SE ANDER WEERGAWES VAN DIE EVANGELIE IS.  

Bietjie links of bietjie regs, een grade van koers af van God se reguit pad, en kyk waar het dit nie net vir Eva nie maar ook vir Adam haar man en die res van die mensdom laat op eindig. 

VER VAN GOD, en hulle mis "SINGAPOER". 


''Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” 
Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”

 Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” 
Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. 

Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. 
Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: 
“Waar is jy?”
GENESIS 3:1‭-‬9 AFR83

_____

Vra die Here dalk vir my en jou vandag, 
Waar is jy? 
Het ons dalk onbewustelik afgedraai, verdwaal...
_____



'n Nog meer hartseer waarheid is, Adam weet ook die WAARHEID, maar toe iemand naby aan hom,  met 'n ander EVANGELIE  na hom toe kom, vra hy nie vrae nie, gaan vra ook nie vir God nie, sit dit nie eers ten minste soos Eva langs die WAARHEID neer nie, nee, hy maak nie vir homself seker nie, hy glo Eva se ANDER weergawe wat sy met hom kom deel.
 Hy volg haar voorbeeld en doen blindelings mee.  

Al is dit wie wat met 'n ander waarheid na jou toe kom MOET JY DIT AAN DIE WOORD GAAN TOETS en die goeie behou en nie inruil vir selfs 'n 0,1 grade van koers af alternatiewe ander pad nie.



Dis ons keuse, ons besluit, ek en jy gaan alleen voor God ons Vader staan. Adam het probeer om Eva die skuld te gee en Eva die slang maar God eis rekenskap van elkeen individieel. 

"The devil made me do it" gaan nie as verskoning aanvaar word nie. 
"Maar my vrou..." het Adam nie verontskuldig nie.

"Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word."
LUKAS 17:34 AFR53

Hoor wat sê die BYBEL verder oor 'n ANDER weergawe van die evangelie?

In 2 Korintiërs lees ons:

"Maar ek is bang dat julle gedagtes WEGGELEI sal word van die ONVERDEELDE en SUIWERE TOEWYDING aan CHRISTUS(niks aangepas, bygevoeg of weggelaat nie) net soos Eva verlei is DEUR DIE LISTIGHEID VAN DIE SLANG. 

Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand
'n ander JESUS kom verkondig as wat ons verkondig het, 
en julle neem net so maklik 
'n ander GEES en
'n ander EVANGELIE aan as dié wat julle van ons ontvang het. 

Ek reken dat ek niks agterstaan by julle danige apostels nie. Al is ons miskien nie sulke gladde sprekers nie, in die kennis staan ons nie agter nie. Dit het ons julle tog by elke geleentheid en in alle opsigte laat sien. .....
(v13)Sulke mense is VALS apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien."
2 KORINTIËRS 11:3‭-‬6‭, ‬13‭-‬15 AFR83


_____________________________________________________________
 'n ANDER is nie meer die oorspronklike ware Evangelie nie

Die ou mense het altyd gesê 
AMPER IS NIE 
STAMPER NIE
__________________________


Die nuwe Lewende vertaling stel dit so in Galasiërs:


"Hierdie brief kom van Paulus, ’n apostel wat nie deur mense aangestel of gestuur is nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader – Hy wat Jesus Christus uit die dood opgewek het. ...... 

Ek is verstom oor wat julle gedoen het. Hoe kon julle so gou julle rug op God draai? Op Hóm wat julle deur Christus se genade na Hom toe geroep het! 

Julle het julle ore uitgeleen vir ’n ANDER “Goeie Nuus”. 

Maar daar is geen ander Goeie Nuus nie! 

Al wat daar is, is ’n paar mense wat julle deurmekaarmaak, ja, wat die Goeie Nuus van Christus wil verdraai.

 Vervloek is elkeen wat ’n ander BOODSKAP verkondig as wat ons aan julle verkondig het, al sou dit ons self of ’n boodskapper uit die hemel wees. Ek herhaal: Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as dié een wat julle ontvang het! 

(DAN GAAN DIE GEDEELTE OOK VERDER)

Hoe klink dit vir julle? 

Wil ek in mense se goeie boekies kom? 

Of wil ek God tevrede stel? 


Probeer ek mense gelukkig maak?

 As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, 

is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. 


Ek verseker julle, broers en susters, die Goeie Nuus wat ek aan julle verkondig het, is nie deur mense uitgedink nie.

 Ek het dit nie by ’n mens gehoor of geleer nie, maar deurdat God Jesus Christus aan my geopenbaar het.


Julle het mos gehoor hoe ek my vroeër, toe ek nog die Joodse godsdiens aangehang het, gedra het, dat ek God se kerk fanaties VERVOLG en VERWOESTING gesaai het.

In die uitlewing van die Joodse godsdiens het ek in my ouderdomsgroep bo baie van my volksgenote uitgestaan.

 Ek was besig om my uitermate te beywer vir die TRADISIES van my voorgeslagte. 

Maar toe het God besluit – Hy wat my al voor my geboorte gekies het en my deur sy genade geroep het – om sy Seun aan my bekend te maak. Dit het gebeur sodat ek Hom aan die nie-Joodse nasies kan verkondig. Ek het nie dadelik met mense gepraat nie. Ek het ook nie Jerusalem toe gegaan na hulle wat reeds voor my apostels was nie.

 Nee, ek het Arabië toe gegaan en van daar af teruggekom Damaskus toe. Eers drie jaar later is ek Jerusalem toe om Petrus te ontmoet. Ek het twee weke by hom gebly, maar van die ander apostels het ek niemand gesien nie behalwe Jakobus, die broer van die Here. Kyk, God is my getuie dat die dinge wat ek vir julle skryf nie leuens is nie. Daarna het ek na die gebied van Sirië en Silisië toe gegaan. Die Christene in die gemeentes van Judea het my nog nie persoonlik geken nie. Hulle het net gehoor: 

“Die persoon wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy wou uitroei!” 

En hulle het God oor my geprys.

GALASIËRS 1:1‭-‬4‭, ‬6‭-‬24 NLV


Seker een van die belangrikste vrae wat ons onsself van tyd tot tyd MOET afvra is,

 Is ék nog op die regte koers, op die Nou pad?




 

Aanbid ek nog die God van die Bybel soos Hy Hom aan ons openbaar of my eie en ander se weergawe van Hom.

Soveel variasies van Christenskap deesdae dat elkeen kan kies wat by hul pas, maar geen variasie is meer die VOLLE waarheid nie.

Die mens het selfs van die voor die handliggende twee geslagte  wat God geskape het, bitter baie variasies klaargekry.

Die mens dink nog altyd hulle weet beter as God.


WARE EVANGELIE  is waar die mens by God aanpas,

 VALSE EVANGELIE is waar God by die mens moet aanpas. 

So maak die mens vir hom 'n ANDER god, 'n AFGOD


Die Here het gewaarsku dat daar mense sal kom wat aan Sy plan van verlossing vir die wêreld gaan verander om mense weg te kry van die NOU PAD.

"Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge BYVOEG, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie WEGNEEM, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is."

OPENBARING 22:18‭-‬19 AFR53

Daar is ernstige gevolge vir die wat dink hul kan die Evangelie so bietjie verdraai om by hul behoeftes te pas of mense tevrede te stel. 






NB!!Let op!!NB

 Verdraaide Evangelies

poog om mense te "please" en/of  sonde te akkomodeer





AS JY TWYFEL OF IETS DIE WAARHEID IS OF NIE, GAAN PLAAS DIT LANGS DIE WAARHEID, DIE WOORD VAN GOD. 

 As dit nie 100% ooreen kom nie, GOOI WEG!!!!!



As die vyand kom met "HET GOD REGTIG GESÊ..."
 Dan gaan maak jy seker met WAT HET GOD REGTIG GESÊ? 

BLY IN HOM
Spandeer tyd by Sy voete in Woord en gebed.
Maar jy kan sê:"ek kry nie tyd nie"

Jesus self het tyd gemaak deur vroeër op te staan

"En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ’n eensame plek vertrek en daar GEBID."
MARKUS 1:35 AFR53


Besluit dan om God se waarheid te volg en soos oom Angus so baie sê:

GOD SAID IT
I BELIEVE IT
AND THAT SETTLE it

Iemand sê eendag as jy 'n speelding op jou eie eie gaan probeer aanmekaar sit, sit jy gewoonlik met 10 stukke oor wat nie net nie wil pas nie en die speelding gaan ook nie werk nie, maar as jy die ontwerper se instruksies VOLG dan pas elke stukkie en die speelding werk.

Verdraaide evangelies sit altyd met verse in die bybel wat nou nie meer pas nie(en dit werk natuurlik ook nie, net God se volle WAARHEID bring VERLOSSING). Dan moet die verse wat nie inpas by hul aangepaste ANDER evangelie, anders vertaal word of word selfs uitgelaat(weggegooi) in jongste VERTALINGS van die Woord.

Of hul sal die verse erg verdraai of ignoreer. 

 Jesus sê as ons van Sy Woord weglaat gaan Hy ons name uit Sy boek vee. 


Jy sal sien dat as ons met die WAARHEID te doen het pas elke vers in en hoef ons NIKS AAN TE PAS OF TE VERDRAAI NIE.


Hierdie verdraaide evangelies is skrikwekkend baie dieselfde as die ware evangelie in baie opsigte en dis wat dit so gevaarlik maak. So so naby maar tog so ver. Deur ietsie by te voeg of weg te laat of te veel of te min klem op sekere waarhede te plaas anders as wat  wat God bedoel het, beinvloed die boodskap en die uitkoms daarvan.

Hierdie weergawes van die evangelie het gewoonlik "FANS" tot gevolg en nie "FOLLOWERS" nie. Fans hou nie lank vol nie, terwyl Followers volhard tot op die einde.


Die gevaarlikste vir ons  kinders is nie alleen om by die wêreld betrokke te raak van dwelms, drank ens nie of selfs ‘n ander geloof nie MAAR om by ‘n ander Evangelie betrokke te raak. 

Gewoonlik deur veral jongmense gesien as ‘n lekker kerk.

 Lekker in die wêreldse oë. 

Dis ook Jesus en die Bybel maar net so bietjie anders. 

Gewoonlik JESUS PLUS, Jesus en wat Hy gedoen het is nie alleen genoeg nie. 


Soos ons reeds gesien het wil 'n ANDER Evangelie mense please, praat wat mense wil hoor want dan trek hul skare mense, gladde sprekers wat vermy om te praat oor dit wat die mense laat weggaan en dis gewoonlik oor hul sonde, want as die mense loop, loop hul beursie ook.

 Of hul sal volgens die pype dans van die groot beursies in die gemeente al druis dit in teen die Woord.

Hulle het dieselfde BYBEL maar sekere gedeeltes is "gemute" sag tot doodgedraai, veral oor SONDE en word byna nooit gehoor van nie, dit kan netsowel uitgekeur gewees het.


Van die kerke sê reguit ja daar is sonde in jou lewe maar in die kerk praat ons liewer oor die genesing van sonde. Dus fokus hul op dit wat hul kan kry van die Evangelie en begin nie by God se heiligheid en by sonde besef nie. Begin nie waar Johannes die doper begin het met die mense nie.

 Hul soek die REDDING  van die straf en die hel en hulle soek die Ewige lewe maar besef nie die noodsaaklikheid van besef van hul eie sonde en daarom OOK NIE die genade van VERLOSSING van sonde deur GOD SE SEUN JESUS CHRISTUS nie. 

Die hele Bybel handel oor die sondige toestand van die mens en God se genade plan dat Sy Seun Jesus vir MÝ sonde sterf, om my met God te versoen.

Voor wedergeboorte heers sonde oor my en staan ek onder die Duiwel se heerskappy, na wedergeboorte kan ek deur Jesus se krag wat my instaat stel oor sonde heers, en is hy dlie Here(Lord) van my lewe


DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

HEBREËRS 12:1

As ons oor sonde swyg maak die Bybel nie sin nie, is die Evangelie nie meer Genade en relevant nie en het Jesus se kruisdood geen betekenis nie. As ons al die verse oor sonde Of wat na sonde verwys uitskeur uit die Bybel is daar bitter min van die Bybel oor. Bitter min oor van WAT GOD GESÊ HET daaroor.


"En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sy sonde, van God se regverdige oordeel, en dat die oordeel hier is."

JOHANNES 16:8 NLV


 Buigbaar(Pliable) in Pelgrims Progress wil net heeltyd by Christian hoor van al die wonderlike goed wat op hul wag en gaan kry in die nuwe stad. 




 Pliable het net gehoor by iemand anders wat hy wou,  het nie self gelees nie het geen besef van God se HEILIGHEID nie en daarom nie sonde besef gehad nie en dus geen pak op sy rug nie en was toe ontnugter toe die pad sommer vroeg-vroeg moeilik raak en draai hy terug na sy ou lewe. 

Baie raak dan afvallig van die WARE geloof



"Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin."

JOHANNES 16:33 AFR53


Pliable wil net verse hoor wat hom pas, ek glo nie hy sal hierdie vorige  vers wou hoor nie en want dan sou hy al by die begin omgedraai het.

Die boodskap van die Evangelie kan nie by verlossing begin nie, maar moet begin by die Heiligheid van God ons Vader. 

As ons by die HEILIGHEID  van die Here begin sien ons onsself en hoe vuil ons van sonde is, ons besef hoe ernstig Hý sonde sien. As ons die boek LEVITIKUS lees sien ons dat onrein nooit geduld is en moes daarmee eers mee gehandel word presies volgens God se voorskrifte vir die offers VOORDAT daar vergifnis was en die persoon weer rein geag kon word voor God se aangesig. 

In die boek Markus se eerste vers begin met :

 " die BEGIN VAN DIE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS DIE SEUN VAN GOD" en dan begin hy om die doop van bekering tot vergifnis van sonde te verkondig en almal kom om dit te ontvang as voorbereiding vir wat Jesus sou kom doen het.  

Die Evangelie begin dus deurdat Johannes die weg moes voorberei vir wat Jesus sou kom doen.

Ook hier sien ons hul begin nie by die verlossing nie maar by sondebesef.

"As it is written and forever remains in the [writings of the] prophet Isaiah: “Behold, I send My messenger ahead of You, Who will prepare Your way— A voice of one shouting in the wilderness, ‘Prepare the way of the Lord, Make His paths straight!’ ” John the Baptist appeared in the wilderness preaching a baptism of repentance for the forgiveness of sins [that is, requiring a change of one’s old way of thinking, turning away from sin and seeking God and His righteousness]. And all the country of Judea and all the people of Jerusalem were continually going out to him; and they were being baptized by him in the Jordan River, as they confessed their sins."

Mark 1:2‭-‬5 AMP


Johannes bring eers sondebesef en berou by die mense, en later was Jesus dit weg met Sy bloed(bring verlossing)

Dus moet sondebesef en berou die verlossing vooraf gaan.  

 Jesus self  sê ook vir hulle om hul eers te bekeer en dan die goeie nuus te glo 

"and saying, “The [appointed period of] time is fulfilled, and the kingdom of God is at hand; repent [change your inner self—your old way of thinking, regret past sins, live your life in a way that proves repentance; seek God’s purpose for your life] and believe [with a deep, abiding trust] in the good news [regarding salvation].”

Mark 1:15 AMP

Ons kan nie mense by verlossing laat induik nie. Ook in die boek Pelgrims Progress stap hy eers ruk met die pakkie wat al groter word(groter en groter begrip van sy verlore toestand) voordat hy dit dan aan die voet van die kruis van dit verlos word. 

 Christian ontmoet later  manne wat skielik by hom aansluit wat sommer oor die muur geklim het. Hulle kies dan ook later die meer gemaklike pad na hul eie siening terwyl Christian na die opdragte in die boek luister en die NOU REGUIT pad bly kies. Die ander twee is nooit weer gesien nie en het nie die stad bereik nie, maar Chritian het wel.

Hulle volg nie God se manier nie, maar hul eie.

Al die ander wat van die kantlyn ingekom het of iewers oor die muur geklim het, het dus netso gou weer afgedraai. Net Christian het VOLHARD want hy het by die regte begin van die evangelie begin.  

In Joh 10 lees ons

"Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie nie by die hek van die kraal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim – daardie man is ‘n dief en ‘n rower."

7 Jesus het toe weer gesê: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Ek is die deur vir die skape. 8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; die skape het egter nie na hulle geluister nie. 9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 10 ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed."

Steel, slag en uitroei is die vyand se doel met 'n ANDER GOSPEL.

Al hoe minder preek oor die oordeel van God en waaroor Jesus SELF so baie gepraat het. 

Dis dan ook hoe CHRISTIAN in die boek aanvanklik op die NOU PAD beland het en die boek begin lees het, hy het die boodskap van God se oordeel gehoor, hulle wat nie dit gehoor het nie het vinnig op die pad OMGEDRAAI of AFDRAAI PAAIE gevat.

Christian wat die Woord by hom heeltyd het en self gelees het, het geweet die pad gaan moeilik wees maar het steeds dit gestap en aanhou stap. Hoe meer hy gelees het hoe groter het die pakkie op sy rug geword en hoe meer het dit hom gedring om verder te stap en te soek.

Dalk wil ons soms iemand te gou by verlossing uitbring en laat ons nie die Heilige Gees genoeg toe om eers hul harte te sny deur sonde besef nie...die evangelie is nie 'n kitsoplossing of 'n  vinnige gebedjie wat alles vinnig oplos nie. 

Na ware sondebesef en berou volg wedergeboorte en dan volg die NOU PAD van heiligmaking en volharding om die wedloop te voltooi. Dank die Vader nie alleen nie maar MET ONS GOD

Ons probeer nie nou weer dit verdien en wetties wees nie, maar vir my en jou om regverdig  verklaar te word moes daar sondebesef, berou en 'n offer vir my sondes gewees het, en daai offer was presies volgens God se voorskrifte en Sy Naam is Jesus, die Seun van God.


Weet maar as sonde geakomodeer word of voor verskoning gemaak word het ons die spoor verloor.


God sal nooit sonde verskoon of akkomodeer

Sy Seun Jesus moes baie duur daarvoor betaal het om dit uit die weg te ruim so ver soos die ooste van die weste WANT sonde bring verwydering tussen God en die mens.


God vra 'n bloedoffer wat heen wys na Sy Seun se offer vir ons, Kain bring sy eie variasie ('n ander ) van 'n offer( die beste van sy oes) en God verwerp sy offer. 

Let ook op hoe reageer Kain teenoor Abel wat God se opdrag stiptelik nakom en aanvaarding kry? Hy word jaloers en kwaad vir Abel en maak hom dood. In vandag se samelewing word mense steeds gedood vir die waarheid, en ander verbaal aangeval, verkleineer en verwerp as hul die waarheid langs die verdraaiings probeer hou. Dis weereens nie wie is reg nie maar wat is reg/waar?




Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. 

In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar VERRAAI en mekaar HAAT

Daar sal baie VALS profete kom, en hulle sal baie mense MISLEI.

Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 

Maar wie tot die einde VOLHARD, sal GERED GERED

En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. 

Eers dan sal die einde kom.

” “As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie. Daar sal VALS christusse en VALS profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei.

MATTEUS 24:9‭-‬14‭, ‬23‭-‬24 AFR83


Die Woord sê ons gaan die valse profete aan hul vrugte ken en valse leering deur dit te toets aan Sý WAARHEID

Ook nie eers die priesters kon God se opdragte aan verander nie, hul eie variasie daaraan gee nie.

Ons sien Aäron se seuns Nadab en Abihu het in Levitikus 10 gedink hul kan hul eie variasie aan God se opdragte maak en is deur vuur voor Sy aangesig verteer.

"Nadab en Abihu, seuns van Aäron, het elkeen sy vuurpan gevat en gloeiende kole daarin gesit. Hulle het wierook daaroor gegooi en dit vir die Here aangebied. Dit was egter ongeoorloofde vuur OMDAT dit teen die bevel van die Here was. 

'n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here."

"Toe sê Moses vir Aäron: “Die Here het gesê: Wie 'n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” Aäron was sprakeloos."

LEVITIKUS 10:1-3 AFR83


Ons kan nie van die Woord 'n Aspoestertjie storie maak nie, tone wil afkap of aanlas om "die skoen" te wil maak pas nie.

___ 

Het óns vergeet hoe heilig Hy is?

GOD ons VADER weet 'n bietjie links of regs gaan jou "Singapoer " laat mis! 

Hy het ons te lief om dit te laat gebeur en daarom tree Hy so erg op teen so iemand wat met 'n ander evangelie kom.

___



Ons het reeds voorheen ook gelees hoe ernstig God ons Vader hieroor voel. 

" As iemand by hierdie dinge BYVOEG, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie WEGNEEMdan sal God sy deel wegneem UIT die boek van die lewe en UIT die heilige stad en UIT die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is."

OPENBARING 22:18‭-‬19 AFR53

Ook in Galasiers 1 soos reeds gelees

"Ek herhaal: VERVLOEK is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as dié een wat julle ontvang het! 

Ook in 2 Korintiers sien ons die erns van die saak

"(v13)Sulke mense is VALS apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus isEn geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien."
2 KORINTIËRS 11: ‬13‭-‬15 AFR83


As ons ander pad kyk en nie die leuen met die waarheid konfronteer nie, is ons aandadig.

Ons moenie God se standaard verlaag terwille van vrede nie. 


Om hierdie standaard te verdraai volgens ons eie behoeftes of om ander nie te afonteer nie veroorsaak eintlik meer verdeeldheid terwyl as ons toegewyd by Sý standaard gebly het was ons eensgesind.

'n Klomp klaviere ingestel volgens elkeen se eie gehoor kan nie saamspeel nie, maar as almal dieselfde stem instrument gebruik het speel hul in harmonie saam.

As ons vasstaan op die suiwer waarheid van die WOORD sal ons in harmonie, eensgesind wees met mede gelowige boeties en sussies reg oor die wêreld uit elke volk en taal.


Om net na 'n Paar afdraai paaie in ons tyd te kyk.

1. Sommige DOGMA en TRADISIE

2. Wettiese godsdiens

3. Liefde aanvaar alles



1. Sommige DOGMA en TRADISIE

Sommige Dogma is iets waarmee jy groot geword het, en omdat jy dit nie self aan God se waarheid toets nie, dan dog jy ma dis waar. 



Dieselfde met TRADISIE, lees maar weer hoe Paulus hom finaties daarvoor beywer het. Hy het selfs goedkeurend bygestaan en die ander se klere opgepas wat Stefanus gestenig het. Hy was dus onder dié waarvoor  Stefanus gebid het dat die Here nie hul die sonde moet toereken nie want hul weet nie wat hul doen nie. Ons weet ook Jesus het dit gebid aan die Kruis. Hulle het dus nie geweet hulle is nie meer op God se NOU PAD nie en nie binne God se wil nie.

 So ons moet nie so seker wees dat ons nie mislei is of mislei kan word nie.

As Dawid(die man van God) gereeld gebid het:

"Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!"

PSALMS 139:23‭-‬24 AFR53

Hoeveel te meer ook ons....




Tradisie is iets wat jy GELEER WORD DEUR MENSE. 

Die ergste van alles is ons dra dit weer oor aan die volgende generasie.


Hoe seker is ons wat ons aangee is reg?


"Die Fariseërs en skrifkenners vra Jesus toe: “Waarom volg jou dissipels nie die TRADISIE van ons voorvaders nie? Hulle eet dan sonder om vooraf hulle hande seremonieel te was.” Hy het hulle geantwoord: “Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het dit raak gestel toe hy van julle geskryf het:


 ‘Hierdie volk eer My met hulle lippe, 

maar hulle hart is ver van My af. 

Hulle godsdiens is blote skyn, want hulle hou MENSLIKE DOGMAS voor as wette van God.

“Julle ignoreer God se OPDRAG en hou ten koste daarvan aan menslike TRADISIES vas.” 

Hy sê toe weer vir hulle: 

“Julle verstaan die fyn kuns om God se OPDRAG opsy te skuif 

sodat julle julle tradisie kan handhaaf! 


Moses het byvoorbeeld vir julle hierdie opdrag van God gegee: ‘Behandel jou ouers met respek,’ en: ‘Iemand wat sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word.’ Julle sê egter dit is heeltemal in orde as iemand vir sy ouers sê: ‘Jammer, ek kan Pa en Ma nie help nie. Ek het alles waarmee ek vir Pa en Ma kon gehelp het, reeds aan die Here toegewy.’ “So veroorsaak julle dat hy sy ouers heeltemal verwaarloos en verbreek julle God se opdrag ten gunste van julle tradisie. Dit is maar net een voorbeeld. Daar is baie meer.”

MARKUS 7:5‭-‬13 NLV


As tradisie faal teen die WAARHEID van die Woord langs dit te plaas moet die tradisie gestop word en moet ons terugkeer na die volle waarheid wat GOD ONS LEER, na SY OPDRAGTE

Die skrikwekkende waarheid is, as TRADISIE my een grade wegvat van die NOU PAD gaan ek "SINGAPOER" MIS


Die onsettende hartseer waarheid is: Baie wil by die bruilofsmaal aansit maar wil volgens hul eie voorkeure en ander weet nie hul is verkeerd nie omdat hulle blindelings agter ander aanloop sonder om self persoonlik in Woord en gebed seker te maak (EK WEET WANT EK WAS SELF HIERAAN SKULDIG). Daar gaan gevind word dat hulle nie die bruilofsklere van die Koning aanhet nie en gaan uitgegooi word. (Matteus 22 )



Daar is so baie verdraaide (ander) evangelies in ons tyd, nog ander is:

Baie verkondig dat Jesus net Verlosser(SAVIOR) is of net Here(LORD) is, of laat die klem meer val op die een as die ander een

 Maar dis nie net een nie, dis ALBY


JESUS IS 

LORD AND SAVIOR

___________


Hy het gekom as die Lam van God(SAVIOR) 

MAAR 

kom terug 

as die leeu van Juda

(Lord and King)


Baie valse leraars SAL VAN DIE EEN OF VAN DIE ANDER MEER MAAK OF ALLES MAAK

Veral in Kerstyd fokus mense net op die Savior


3. Wettiese godsdiens

As Hy net LORD is, 

-  kry ons 'n VERDIENS GODSDIENS van moets, moenies en vrees

Vyand laat jou glo die Here kyk die heeltyd wat jy verkeerd doen om jou uit die hemel te hou. 



4.  Liefde aanvaar alles


As Hy net SAVIOR is, 

  kry ons 'n ANDER vals "gospel" van "KRY/ontvang"  en gaan dit vir hul oor wat hulle daaruit kan kry, hul soek net die redding, beskerming en voorsiening maar gaan net voort op hul ou pad met so af en toe "sorry" tussenin. 

"As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense."

1 KORINTIËRS 15:19 AFR83

"As ons egter op niks meer sou kon hoop as dat Christus ’n verskil sal maak aan ons huidige lewe nie, sou ons definitief die bejammerenswaardigste mense onder die son wees!"

1 KORINTIËRS 15:19 NLV


 'n "Prosperity" godsdiens - Hul leer mense dat alles gaan oor ons, dat die Here sal sorg dat alles net met jou goed sal gaan hier op aarde, wat jou gelukkig maak terwyl alles oor HOM moet wees en die lewe van ware gelowiges alles behalwe maanskyn en rose was in die BYBEL. 



'n Boodskap van kom net na die Here en dit sal met jou goed gaan.
Gelowiges moet gesond en ryk wees.
 Faceboek kreun onder die gewig van goedvoel boodskappe en geselkteerde Skrif wat gaan oor my geluk hier en nou.
 Nog 'n ander  Evangelie maak alles van Jesus se liefde terwyl Hy ook regverdig is en oor die wêreld gaan kom oordeel.

Hulle verkondig Jesus is net liefde en het reeds alles vergewe, jy hoef nie verder te bekommer oor sonde in jou lewe nie.

Hul glo Liefde aanvaar alles, en kyk oor alles akkomodeer ook alles selfs sonde

Dit het selfs 'n akkomoderende godsdiens tot gevolg waar mense dan leef  soos hul wil, akkomodeer sonde en maak verskonings daarvoor, sommige sondes kry mediese name. 

Ware EVANGELIE  draai 180 grade om en keer dus die rug op sonde.



MAAR AS JOU SONDE JOU NIE BEKOMMER NIE, MOET JY BEKOMMERD WEES OOR JOU SALIGHEID

Sonde is steeds daar maar ek stry nou daarteen en gee nie oor daaraan nie
Die genade is geen vry brief vir die sonde nie, maar verlos ons van die Heerskappy daarvan EN PLAAS ONS onder nuwe heerskappy van die Here

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 
……aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.”
ROMEINE 6:1‭-‬2‭, ‬6 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

"Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam NIE HEERS dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade
 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? 
Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde WAS, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. 

Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid. Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. 
Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde (REDDING UIT GENADE ALLEEN)en diensbaar geword het aan God(HOM DIE HERE MAAK VAN JOU LEWE…DANKBAAR GEHOORSAAM), het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

WANT die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
ROMEINE 6:10‭-‬23 AFR53

Jesus het ons lief maar Sy liefde aanvaar nie sonde en laat‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬ dit maar toe nie, dit verwyder sonde.

"Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol."
JESAJA 1:16‭-‬18 AFR53





Terwyl die waarheid is Jesus is LIEFDE  Hy vat jou net soos jy is, ja maar Hy los jou nie soos jy is nie.



Maak dit sin dat iemand jou sal uitred uit iets maar jou net weer daarna weer terugsit daarin.

Hulle sê jy is gered jy kan nou leef soos jy wil maar dit maak die prys wat die prys wat Jesus betaal het mos onnodig en goedkoop. 


Hulle soek die redding(SAVIOR) sonder om Hom die Koning Here(Lord) te maak van hul hele lewe onder wie se gesag hul nou moet leef. 


Het ek dalk een hiervan langs die pad verloor of dalk nog nooit gehad nie, omdat ek my ore uitleen?

As Hy vir my net een van die twee is het ek nie die ware evangelie nie.

_____

In die ware EVANGELIE(GOD SE GOEIE NUUS)

 is JESUS Lord and Savior.

Hy neem my aan as Sy kind uit liefde en genade, nie verdienste nie, ek is nou onder Sy sorg, voorsiening, beskerming en leiding, maar ook onder sy gesag en huisreëls.

Reëls en gesag ook agv Sy liefde tot my beswil en nie tot my nadeel nie.

____ 

Die volgende vers word gewoonlik net helfte van aangehaal, en stop hul na die gedeelte van verlossing

DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie(redding uit genade alleen - SAVIOR), 

vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees(onder heerskappy van die Here gehoorsaam leef - LORD).

ROMEINE 8:1 AFR53



"want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!"

ROMEINE 8:13‭-‬15 AFR53‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬




"Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en WEGVAL uit jul eie vastigheid nie.

 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van 

onse Here(LORD)

 EN 

Saligmaker(SAVIOR),

 Jesus Christus. 

Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen."

II PETRUS 3:17‭-‬18 AFR53


"In which there are some things that are difficult to understand, which the untaught and unstable [who have fallen into error] twist and misinterpret, just as they do the rest of the Scriptures, to their own destruction. Therefore, [let me warn you] beloved, knowing these things beforehand, be on your guard so that you are not carried away by the error of unprincipled men [who distort doctrine] and fall from your own steadfastness [of mind, knowledge, truth, and faith], but grow [spiritually mature] in the grace and knowledge of our 

 Lord 

AND 

Savior 

Jesus Christ. 



To Him be glory (honor, majesty, splendor), both now and to the day of eternity. Amen.

2 Peter 3:9‭-‬18 AMP


Ook vir Paulus was hy alby en sien ons dit in Handelinge tydens die storm op die skip

"Want daar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel van die God aan wie ek behoort(SAVIOR), wat ek ook dien(LORD)."

HANDELINGE 27:23 AFR53


 In Francis Chan se preek THE LORDSHIP OF CHRIST wys hy daarop dat Jesus hul vra om seker te maak of hul agter Hom wil aankom.

Dit gaan beteken om jou kruis op te tel, geliefdes en vriende agter te laat en Hom te VOLG op 'n NOU en moeilike, OPOFFERENDE pad (soos Christian in die boek). JY GAAN HOM DIE KONING (HEERSER/LORD) VAN JOU LEWE MOET MAAK. Die Een wie jy wil gehoorsaam.


POEPLE  pleasing

In Galasiërs 1 het ons reeds gelees

" Wil ek in mense se goeie boekies kom? 

Of wil ek God tevrede stel? 


Probeer ek mense gelukkig maak?

 As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, 

is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. "


Jesus het nie net gesê wat mense wou hoor nie, inteendeel dan moet ons die hele bergpredikasie doodtrek. Dit was juis dat Jesus nie geskroom het om die fariseers met die waarheid aan te vat nie dat hul Hom uit die weg wou ruim.

Hy kon menigte FANS gehad het, maar Hy wou FOLLOWERS hê

Kyle Idleman het eenkeer vir 'n menigte moes gaan preek oor 'n Paasfees en het tot die Here gebid en gevra waaroor moet hy preek, die Here wys toe juis vir hom dat hy moet gaan kyk wat Hy gepreek het vir baie mense in die berg predikasie (Mat 5-7) 

Hy sê toe vir die Here hy kan nie dit preek nie dit sal mense afskrik en laat weggaan, party kom juis net Paasfees en Kersfees in die kerk saam met familie. Die Here wys hom toe daarop dat hy preek om menigte FANS klaar te kry terwyl Hy geen erg daaraan het nie, HY SOEK FOLLOWERS. 

Vandaar het sy fliek ontstaan NOT A FAN,'n ongelooflike fliek (te sien op YouTube) wat vir die kyker in die alledaagse lewe uitbeeld hoe baie dieselfde op die oog af 'n Fan en 'n Follower kan lyk en selfs op dieselfde kerkbank in die kerk kan sit, maar een gaan eendag saamgaan en een nie. EEN GAAN "SINGAPOER" SIEN EN EEN NIE. 

Die ergste is, hul besef dit nie, totdat dit te laat was nie


"Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens. Dan sal twee mense op die land werk, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word. Twee vroue sal by die meul koring maal, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word. Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie."

MATTEUS 24:39‭-‬42 AFR83


 Follower soek nie net die SAVIOR en wat dit tot sy voordeel inhou nie, 'n FOLLOWER maak JESUS hul LORD/Meester na hul Hom as SAVIOR ontmoet het. 

Hul lewe gehoorsaam dankbaar onder Sy gesag verder.

"Now great multitudes went with Him. 

And He turned and said to them, “If anyone comes to Me and does not hate his father and mother, wife and children, brothers and sisters, yes, and his own life also, he cannot be My disciple. And whoever does not bear his cross and come after Me cannot be My disciple. For which of you, intending to build a tower, does not sit down first and count the cost, whether he has enough to finish it— lest, after he has laid the foundation, and is not able to finish, all who see it begin to mock him, saying, ‘This man began to build and was not able to finish’? Or what king, going to make war against another king, does not sit down first and consider whether he is able with ten thousand to meet him who comes against him with twenty thousand? Or else, while the other is still a great way off, he sends a delegation and asks conditions of peace. So likewise, whoever of you does not forsake all that he has cannot be My disciple."

Luke 14:25‭-‬33 NKJV


Oom Angus Buchan sê: 

"The Lord wants your Obedience more than your Sorry (SACRAFICE)"


"Now the word of the Lord came to Samuel, saying, “I greatly regret that I have set up Saul as king, for he has turned back from following Me, and has not performed My commandments.” And it grieved Samuel, and he cried out to the Lord all night.....

(V22)So Samuel said: “Has the Lord as great delight in burnt offerings and sacrifices, As in obeying the voice of the Lord? Behold, to obey is better than sacrifice(to be sorry), And to heed(pay attention, take note of) than the fat of rams. For rebellion is as the sin of witchcraft, And stubbornness is as iniquity and idolatry. Because you have rejected the word of the Lord, He also has rejected you from being king.”

I Samuel 15:10‭-‬11‭, ‬22‭-‬23 NKJV


Jou verhouding begin by SAVIOR maar moet oorvloei na LORD. 

Dan moet Hy word in elke aspek van jou lewe 

"LORD OF ALL OR HE IS NOT LORD AT ALL"


Hy kan nie net jou SAVIOR wees en nie ook jou LORD word nie want die Woord sê eendag sal elke knie buig en elke tong bely nie dat Jesus Savior is nie maar Lord

As Hy jou Lord is dan gebeur "walk the walk" wat volg beteken (Follower)

"THEN IT IS NOT TALK BUT WALK"

10 melaatses kry die redding(SAVIOR) net 1 draai om en maak Hom sy Lord/Here van sy lewe.

9 kry wat hulle wou hê 1 kom gee wat God wil hê, dankbare gehoorsame lewenswandel aan Jesus se voete 


 

Jesus het nie geskroom om die volle waarheid te preek nie en dit het presies tot gevolg gehad wat die Valse predikers vrees...baie het huistoe gegaan. Nie ongelowiges nie maar dissipels.


"Dit het Jesus gesê toe Hy die mense in die sinagoge in Kapernaum geleer het. Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?” Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir hulle: “Skrik dit julle af? Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was? Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe. Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai. Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.” 

HIEROOR het baie van sy dissipels OMGEDRAAI huis toe en 

nie meer saam met Hom gegaan nie."



JOHANNES 6:59‭-‬66 AFR83

"EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; WANT daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening."

II TIMÓTHEÜS 4:1‭-‬5 AFR53‬‬




Ons kan die raad aan Joshua ook vir ons self toepas

“Wees sterk en baie dapper! Voer al die opdragte uit wat Ek vir my dienaar Moses gegee het. Moenie links of regs daarvan afwyk nie. Jy sal dan suksesvol wees in alles wat jy doen. 

Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. 

Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. My OPDRAG aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”

JOSUA 1:7‭-‬9 NLV

Op God se pad stap jy nooit alleen nie, Hy is ALTYD by ons.



Wanneer die dienste meer "entertainment "

 is as Woord en gebed gaan dit oor wat vir die mense lekker is en nie om God te dien en van Hom te hoor nie.


Nog 'n valse ander evangelie. 
Jy is in beheer, jy beveel en dit geskiet.
Ek, ek ,ek...

______________


Om die vervalsing uit te ken moet jy die ware Jakob bestudeer.
______________

Waar kry ek die Waarheid(die ware Jakob)?

"En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle IN MY WOORD BLY(bly in My), is julle waarlik my dissipels. 
En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak."
JOHANNES 8:31‭-‬32 AFR53


Bevind jy jou dalk op 'n ANDER pad, besig met 'n ANDER Evangelie?

Die GOEIE NUUS is dat ons weer ons pad kan terugvind as ons ons sondes herken, erken en bely en na God se nou pad TERUGDRAAI

 "repent and turn to God"

 Om weer aan hom alleen gehoorsaam word.


Maak seker jy het die regte waarheid en doen dit moet dit nie net aanhoor nie.
Net die regte waarheid kan ons vrymaak en red

"THERE IS ONLY ONE TRUE VERSION OF GOD'S GOSPEL"

"But [in those days] false prophets arose among the people, just as there will be false teachers among you, who will subtly introduce destructive heresies, even denying the Master who bought them, bringing swift destruction on themselves. Many will follow their shameful ways, and because of them the way of truth will be maligned. And in their greed they will exploit you with false arguments and twisted doctrine. Their sentence [of condemnation which God has decreed] from a time long ago is not idle [but is still in force], and their destruction and deepening misery is not asleep [but is on its way]."
2 Peter 2:1‭-‬3 AMP




Ons kan nie bekostig om 
(SINGAPOER) die Ewige lewe te mis nie!!



The whole truth and nothing but the truth



Comments

Popular posts from this blog

Hoe donker is dit regtig, dalk stikdonker?

Daar is hoop en dan is daar HOOP...

“EK HET NOU GENOEG GEHAD, HERE,”