Vir die kind van God is
VERANDERING 'n gegewe.
Die Gees van God VERANDER in LIEFDE elke een van Sy kinders deur die
PROSES VAN HEILIGMAKING
op die
NOU pad na die Ewige lewe.
Hy maak ons eers REGVERDIG, dan maak Hy ons HEILIG
HEILIGMAKING
"Both Jesus who sanctifies and those who are sanctified [that is, spiritually TRANSFORMED, made HOlY, and SET APART for God’s purpose] are all from one Father; for this reason He is not ashamed to call them brothers and sisters,"
Hebrews 2:11 AMP
"Nou is dit so dat sowel Jesus – dié Een wat heilig maak – as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het. Dit is waarom Jesus nie huiwer om hulle sy broers en susters te noem nie."
HEBREËRS 2:11 NLV
Ja, God vat ons soos ons is maar Hy gaan en kan ons nie los net soos ons is nie.
God is heilig,
en daarom kan niemand bly wie hulle was voor hulle tot wedergeboorte gekom het nie want niemand is sonder sonde nie, daarom het elke een van ons nodig om te VERANDER.
"want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy GENADE sonder verdienste GEREGVERDIG deur die verlossing wat in Christus Jesus is."
ROMEINE 3:23-24 AFR53
"Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil:
Laat julle met God versoen."
II KORINTHIËRS 5:17-20 AFR53
Die Heilig Gees help ons op hierdie NOU pad van Heiligmaking
Kinders van God ontvang die Heilige Gees met WEDERGEBOORTE, maar voor wedergeboorte kon plaasvind was dit deur die werking van die Heilige Gees wat ons tot sonde oortuiging gebring is en die besef van ek is nie net goed nie en daarom verlore.
"Now when they heard this, they were cut to the heart [with remorse and anxiety], and they said to Peter and the rest of the apostles,
“Brothers, what are we to do?”
And Peter said to them,
“REPENT [change your old way of thinking, turn from your sinful ways, ACCEPT and FOLLOW Jesus as the Messiah]
and BE BAPTIZED, each of you, in the name of Jesus Christ because of the forgiveness of your sins;
and you will receive the gift of the Holy Spirit.
For the promise [of the Holy Spirit] is for you and your children and for all who are far away [including the Gentiles], as many as the Lord our God calls to Himself.” And Peter solemnly testified and continued to admonish and urge them with many more words, saying, “Be saved from this crooked and unjust generation!”
So then, those who accepted his message were BAPTIZED; and on that day about 3,000 souls were added [to the body of believers]."
Acts 2:37-41 AMP
__________
is 'n proses wat elke gelowige ondergaan en sluit REGVERDIGMAKING, HEILIGMAKING en VERHEERLIKING in.
___________
God kom klop aan my hart se deur en na ek op Sy stem reageer, ware berou het oor my sonde en my BEKEER dan ontvang ek Regverdigmaking en word ek skoongewas deur die bloed van die Lam Jesus Christus en word ons deur genade alleen WEDERGEBORE..
Sonde besef gaan bekering altyd vooraf. sonder SONDE BESEF is daar nie ware berou en bekering nie.
Ware BEKERING of soos in engels REPENTANCE beteken om jou weg te draai van jou sondige lewe en terug te draai na God én nou Sy Nou pad te loop nie meer die van die wêreld nie.
"it is the act of leaving what God has prohibited
and returning to what he has commanded,
repent is to have sincere regret or remorse"
Baie verkort die boodskap van die Evangelie na GLO NET (nie veel sprake van sonde besef, berou, bekering of heiligmaking )
As dit waar was sou daar net een vers in die Bybel nodig gewees het, maar dis nie net glo nie, want die duiwel glo ook.
"Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs."
JAKOBUS 2:19 AFR83
Hom nie net glo en bely met jou lippe nie, maar Hom VOLG met jou lewe
"FOLLOWER NOT A FAN"
Bekering is om opreg ontsettende berou te hê oor jou sonde, dit deur God se bril te sien, hoe Hý daaroor voel en dan wegdraai daarvan en God toelaat om jou te verander.
Ware bekering is dus baie meer as net jammer wees.
Ware bekering sluit `n veranderde hart in.
Dus ná Bekering en Wedergeboorte volg die proses van
Heiligmaking waar GOD my, nou Sy kind, EENKANT PLAAS
om VERANDER te word
Ek stap die Nou Pad nie alleen nie maar MET MY GOD, en deur Sy Heilige Gees wat nou in my woon as God se kind, HELP Hy my hiermee om te VOLHARD want ek kan dit nie uit my eie dit doen nie.
HY die Pottebakker, ek die klei. Hy die Silwersmit ek die Silwer in Sy hand.
Die woorde van die ou bekende liedjie gaan so:
" Doen slegs U wil Heer U wil met my, U Pottebakker met my die klei, vorm en maak my net soos U wil, Op U slegs wag ek nederig en stil"
Die Heilige Gees vorm ons meer en meer na Jesus se beeld
"For those whom He foreknew [and loved and chose beforehand], He also predestined to be conformed to the image of His Son [and ultimately share in His complete sanctification], so that He would be the firstborn [the most beloved and honored] among many believers."
Romans 8:29 AMP
Dus is die nuwe ek nederig oorgegee in Sy hand SODAT Hy my kan VERANDER om meer en meer na Sy beeld te lyk en te word soos JESUS onder die leiding van Sy Gees.
"just as [in His love] He chose us in Christ [actually selected us for Himself as His own] before the foundation of the world, so that we would be HOLY [that is, consecrated, set apart for Him, purpose-driven] and blameless in His sight. In love"
Ephesians 1:4 AMP
Wedergeboorte is eenmalig maar nie heiligmaking nie
Heiligmaking is nie 'n "quick fix" nie.
Dis 'n PROSES, iets wat jy elke dag meer en meer WORD.
Die keuse om op God se NOU pad te loop is ook om jou daartoe te verbind om `n ander lewe te ly. Daaglikse bekering, terugdraai op Sy pad is ook nodig waar die Gees my wys dat ek afgedwaal het.
Dis daagliks KEUSES maak van algehele oorgawe aan God se wil onder die leiding van die Heilige Gees, Hom toelaat om jou karakter meer en meer na Syne te verander tot eer van Sy Naam en as jou karakter verander, verander jou vrugte ook.
Verandering vind plaas in 'n intieme verhouding met die Here
"And such were some of you [before you believed]. But you were washed [by the atoning sacrifice of Christ], you were SANCTIFIED [set apart for God, and made holy], you were JUSTIFIED [declared free of guilt] in the name of the Lord Jesus Christ and in the [Holy] Spirit of our God
[the source of the believer’s NEW life and CHANGED behavior]."
1 Corinthians 6:11 AMP
REGVERDIG(Justified) gemaak in die NAAM van Jesus Christus, vergewe en vrygespreek deur God van skuld
HEILIGMAKING (Sanctified) eenkant geplaas om verander te word, meer en meer soos Jesus te word jou hele lewe lank, ons arriveer nie iewers nie, en kan maar ophou nie.
VERHEERLIKING kry ons by die wenpaal wanneer ons tot die volmaakte gebring word, wanneer ons die ewigheid ingaan en ons aardse liggaam vir 'n verheerlikte geruil word.
Die Woord leer ons ook verder van Sy ROL IN DIE GELOWIGE KIND VAN GOD SE LEWE.
Van die VRUG VAN DIE GEES, van die GAWES VAN DIE GEES, van die WERKING VAN DIE GEES
_______
Die HEILIGE GEES IS DIE BRON
van die gelowige se nuwe lewe en veranderde dade/optrede/vrug
Die Heilige Gees VERNUWE ons.
HY maak van ons 'n nuwe mens
_____
"Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons VERNUWE (verander)."
TITUS 3:5 NLV
Q
Dis elke dag opnuut kies om Jesus te volg en te gehoorsaam, dis nie net `n eenmalige gebeurtenis nie, Wedergeboorte was net die wegspring. Dit vra nou om te volhard soos atlete.
"Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,
die oog gevestig op Jesus,
die Begin ( wegspring) en Voleinder(volhard) van die geloof.
Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het.
Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle 'n stryd (ten bloede)om lewe of dood geword het nie."
HEBREËRS 12:1-4 AFR83
As jy sou terugkeer na jou ou lewe sal dit baie sê van hoe opreg jou jammer was.
Dis slegs `n veranderde HART en DENKE wat lei tot veranderde GEDRAG.
Soos wat ons verhouding met die Here verdiep, raak ons al meer bewus van areas in ons lewe wat nie vir hom aanvaarbaar is nie en wat Hy wil verander. Ons moet Hom tree vir tree vertrou op ons lewenspad om aan ons hierdie areas deur Sy Gees uit te wys en dan gehoorsaam daarop reageer.
As ons regtig ernstig is met die HERE het ons nie werklik`n keuse hierin nie.
Heiligmaking is 'n opdrag,
God verwag dit van Sy kinders en roep ons daartoe.
"Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig WORD, omdat daar geskrywe is:
Wees heilig, want Ek is heilig."
I PETRUS 1:15-16 AFR53
Dit is`n ingebore begeerte van die NUWE mens wat jy nou geword het.
"En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is."+
I JOHANNES 3:3 AFR53
(Elkeen, nie net sommiges nie)
"Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; "
Hebreërs 12
"For God has not called us to impurity, but to HOLINESS [to be dedicated, and set apart by behavior that pleases Him, whether in public or in private].
So whoever rejects and disregards this is not [merely] rejecting man but the God who gives His Holy Spirit to you [to dwell in you and empower you to overcome temptation]."
1 Thessalonians 4:7-8 AMP
"Want God het ons nie tot onreinheid GEROEP nie, maar tot HEILIGMAKING. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het."
I THESSALONICENSE 4:7-8 AFR53
By die verdraaide weergawes van die Evangelie ( Galasiers 1) in vandag se lewe sien ons word daar onder die dekmantel van genade en liefde alles aanvaarbaar gemaak en dra dit die boodskap oor dat jy nie nodig het om heiligheid na te streef nie.
Die waardeid is Heiligheid is wel nie 'n vereiste vir redding nie
maar is die produk van redding die uiteinde.
Dit volg op redding, verdraaide evangelies verwerp dus die opdrag van God om
HEILIGMAKING NA TE JAAG.
Dis nogal baie skrif wat ons sal moet ignoreer as ons besluit om anders hieroor te wil dink en heiligmaking onbelangrik wil maak.
Ek kan Hom dus nie net as "SAVIOR" Redder he nie maar nie ook as "LORD" Here en Heerser van my lewe nie
Baie wil redding hê maar min wil die pad van HEILIGMAKING stap wat God deur Sy Heilige Gees in ons werk.
"Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en HEILIGE offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak.
Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm(VERANDER) deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is."
ROMEINE 12:1-2 NLV
Baie soek Jesus as REDDER (SAVIOR) maar min maak Hom Here (LORD) van hul lewe (Lord of all).
Sonder dit gebeur daar nie heiligmaking in my lewe nie. Min wil Hom toegang en beheer gee op elke aspek van hul lewe, en nie net in sekere areas waar dit hul pas nie.
As JESUS "Lord" word, gebeur HEILIGMAKING en gee ek oor aan Sy wil en leiding deur die werking van Sy Gees in my lewe.
Nee ons is nie al so heilig as wat ons moet wees nie, maar ons wil graag wees, nog meer ons Vader vra dit van ons.
Paulus self het dit maar te goed besef.
"Op hierdie manier kan ek Christus ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef!
Nie dat ek dit alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan(keep on keeping on) JAAG om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het! (Nie om gered te word nie, maar agv Redding, reeds gered het)
Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.
Ek JAAG wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.
Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê.
As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het."
FILIPPENSE 3:10-16 NLV
(Almal, nie net party nie ... aanhou en nie iewers ophou nie)
Wedergeboorte is die INGANG?/NOU POORT
maar HEILIGMAKING is die NOU PAD wat daagliks gestap moet word ons hele lewe lank op pad na die wenpaal waar VERHEERLIKING sal plaasvind
Elke jaar op Pinkster herdenk ons die uitstorting
van die Heilige Gees.
Dit is 'n groot gebeurtenis, maar besef ons hoe groot?
"Ons het die Gees ontvang wat van God uitgaan – nie dié van die wêreld nie – SODAT ons kan besef watter WONDERLIKE GESKENK God aan ons gegee het "
1 Kor 2
Besef ons werklik wat dit vir óns beteken ?
Dis BAIE GROOT WANT SONDER die HEILIGE GEES in die kind van God se lewe kan ons nie volhard op Sy Nou pad nie. Hy is die olie in ons lampies. As ons Hom nie gehoorsaam nie, heeltyd uitblus word ons olie al minder en minder in ons lampies. Ons kan dit nie bekostig nie want ons Bruidegom is oppad.
HY stel ons in staat om gehoorsaam Jesus te VOLG, wat self vir ons die volmaakte voorbeeld van heilig toegewyd aan God te leef is, want uit ons eie kan ons nie!!
As jy elke vers wat handel oor die Heilige Gees gaan bestudeer en die Here vra om dit vir jou oop te breek gaan jy opnuut besef hoe onlosmaaklik deel van ons nuwe lewe in Christus die rol van die Heilige Gees is en dat ons nie God se kind kan wees sonder die werking van Sy Gees in ons lewe nie.
Die insig hiervan laat jou soos die skrif hierbo sê besef watter wonderlike geskenk God aan AL Sy kinders gegee het toe Hy Sý Gees op ons uitgestort het.
As ons dink ons weet alles van die Heilige Gees en dis genoeg is ons verkeerd, ons sal nooit by die einde van Sy doel en werking in ons lewe kan kom nie. Dis 'n onuitputlike skat wat God aan Sy kinders geskenk het op Sy NOU PAD van HEILIGMAKING.
Die Verklarende Studie Bybel stel dit so: "Ons word GEREGVERDIG(met God versoen) die oomblik wanneer ons Jesus aanneem. ( as ons "Lord and Savior") Ons word dwarsdeur ons lewe hier op aarde GEHEILIG en ons sal VERHEERLIK word wanneer ons hemel toe gaan. Ons kan dit ook so stel: REGVERDIGMAKING, HEILIGMAKING en VERHEERLIKING is soos drie kante van dieselfde diamant. Hoe meer die diamant gedraai word na die lig hoe meer skitter al die vlakke. In die gang van ons lewe is al hierdie vlakke teenwoordig...''
(die gelowige se lewe is 'n reis (PELGRIMS PROGRESS) met my God, Hy laat ons nie aan ons lot oor nie, ons doen dit nie op ons eie nie)
Immanuel beteken GOD IS MET ONS
Laat my weer dink aan die man wat gese het: "vertel my van jou Jesus want vir my god moet ek alles doen, maar jou God het alles gedoen.
SOOS ONS REEDS GESIEN HET DEUR DIE WERKING VAN DIE HEILIGE GEES IN ONS VERANDER GOD ONS OM MEER EN MEER om SOOS JESUS TE WORD
Soms gaan die proses van verandering gepaard met TUGTIGING....en die vrug hiervan is GEHOORSAAMHEID
Hy verander my en maak my 'n nuwe mens in Christus.
"Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
Want húlle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig;
maar Hy tot ons beswil, SODAT ons SY HEILIGHEID kan deelagtig word.
Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle VRUG van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
Jaag die vrede na met almal,
en die heiligmaking
waarsonder niemand die Here sal sien nie;
(V28)....Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is 'n verterende vuur.
HEBREËRS 12:4-14, 28-29 AFR53
Het ons dalk vergeet hoe belangrik Heiligmaking is omdat ons vergeet het wie God is, omdat ons, ons eerbied vir Hom verloor het?
GOD is heilig en daarom moet alles in Sy teenwoordigheid heilig gemaak word. Gaan lees gerus weer die boek Levitikus.
As ons nie by God se heiligheid begin nie gaan ons nie Sy Gees (die Heilige Gees) se rol in ons lewe verstaan nie, dan gaan ons sonde begin akkomodeer en so die Nou pad verlaat.
God het reeds in die ou testament die verband tussen HEILIGMAKING en GEHOORSAAMHEID dmv Moses vir die Israeliete vertel
"Sonder julleself af om heilig te wees, WANT Ek, die Here, is julle God. Hou my gebooie en wees gehoorsaam, want Ek is die Here wat julle heilig maak."
LEVITIKUS 20:7-8 NLV
Al wanneer HEILIGMAKING nie op jou van toepassing is nie is wanneer jy nie God se kind is nie, maar as jy jouself 'n kind van God noem val jy en ek onder Sy opdrag om die Nou pad te stap van Heiligmaking. Jy maak nie jouself heilig nie, jy is gedoem tot mislukking, dis Hy wat dit doen maar jy moet Hom gehoorsaam volg omdat Hy jou reeds Syne gemaak het, nie om Syne te word nie. Ons doen dit nie uit dwang nie maar vanuit 'n veranderde hart wat Hom lief het en nie moet volg nie, maar
WIL VOLG.
Ander paaie gaan jou nie by die Ewige lewe laat opeindig nie, NET DIE NOU REGUIT PAD
“Gaan deur die NOU poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.” Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?"
MATTEUS 7:13-14, 16 AFR83
Dié min wat dit kry sal aan hulle vrugte geken word,
geen vrug sonder HEILIGMAKING
(Gelykenis van die saaier)
Ons verstaan nou hoe belangrik die Heilige Gees in die lewe van elke gelowige is, maar weet ons genoeg van Hom en van die rol wat Hy speel.
VERSTAAN ONS REGTIG?
Dis dus duidelik dat God Sy Gees aan ons gegee het, in ons en langs ons om saam met ons die Nou pad te stap. Maar hoe kan ons hierdie pad van Heiligmaking stap as ons die Een wat saam met ons stap nie regtig ken nie, of verkeerd oor Hom dink.
Sal jy 'n vreemde vertrou om saam met jou te stap, sal jy doen wat hy sê en gaan waar hy gaan?
Om die pad regtig volhardend reguit te kan stap moet ons die persoon van die Heilige Gees regtig leer ken en dan sal ons regtig besef wie Hy is
Hy is nie net 'n mag nie maar 'n persoon wat deur God gestuur is om in Sy kinders te kom woon.
Hy is deel van die GOD DRIE EENHEID, VADER, SEUN EN HEILIGE GEES.
JESUS HET NIE GEKOM OM ONS NET TE LEER OM ANDERS OP TE TREE NIE, HY HET GEKOM OM ONS HARTE VAN KLIP TE VERANDER, dan volg die veranderde optrede vanself.
JOHANNES 14:26-27 AFR53
"maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."
Meeste Christen gemeentes herken almal die DRIE EENHEID VAN GOD, maar party ONDERBEKLEMTOON die Persoon van die HEILIGE GEES en ander verkondig iets wat Hy nie is nie en ken hul Hom in alby gevalle nie regtig nie.
Die Woord skroom nie om ons van die Heilige Gees te leer nie waarom skroom ons dan om ander van Hom te leer of Hom te onderbeklemtoon. Hy is in geen opsig minder belangrik.
As ons van Hom iets maak wat Hy nie is verwar ons weer mense en kan ons selfs party afskrik van die ware Evangelie. Ons moet ten alle tye Woord getrou bly.
Hoe God Homself, Sy Gees en Sy Seun aan ons in Sy Woord openbaar is al wat die deurslag moet gee.
NIKS minder en NIKS meer nie.
Daarom is dit belangrik om vir onsself uit te klaar wat leer die Woord werklik oor die Heilige Gees?
---------
Jesus belowe om ons nie wees agter te laat nie, Hy stuur die Heilige Gees en Hy stort Hom uit op Sy volgelinge.
"Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.
En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het. Die wêreld is skuldig aan sonde, want die wêreld glo nie in My nie; die reg is aan my kant, want Ek gaan na die Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie; die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wêreld is klaar veroordeel.
“Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”
JOHANNES 16:7-15 AFR83 (BELOFTE)
"Hy (Jesus) is derhalwe verhoog tot die regterhand van God, en nadat Hy (Jesus) die BELOFTE van die Heilige Gees van die Vader ontvang het, het Hy (Jesus) dit uitgestort soos julle nou sien en hoor."
HANDELINGE 2:33 NLV (VERVULLING)
Die Heilig Gees help ons op hierdie NOU pad van Heiligmaking
Hierdie VERANDERING kom nie uit ons self nie, maar deur die werking van die Heilige Gees wat nou in ons woon. Hy verander ons nie net hier en daar nie, Hy transformeer ons na 'n nuwe mens.
----------
Die Heilige Gees word soms ook die Parakleet
genoem wat beteken Helper, Raadgewer.
---------
MAAR:
Hy is ook trooster ( JOHANNES 14)
Hy leer ons ( JOHANNES 14 )
Hy openbaar God se geheime aan ons,help ons die Skrif verstaan (1 KORINTIËRS 2:9-16 NLV, EFESIËRS 1:17-23 AFR83)
Hy lei ons in die waarheid ( Joh 16:13 - 15)
Hy kom woon binne ons (1 KORINTIËRS 3:16-17 NLV, JOHANNES 14)
Bly by ons tot in ewigheid (Joh 14:15-31)
Herinner ons aan wat Jesus gesê het ( JOHANNES 14)
Dra deur ons vrug (Galatians 5:6-26 AMP, Colossians 3:12-14 MSG,KOLOSSENSE 3:12-14 NLV)
Help ons geestelike dinge verstaan (1 KORINTIËRS 2:9-16 NLV)
Hy bid namens ons (ROMEINE 8:26-28 AFR83)
Hy help ons in alles maar veral om gehoorsaam te wees (Titus 3)
Die Heilige Gees vernuwe ons ( Titus 3: 5)
Hy gee ons krag (EFESIËRS 1:17-23 AFR83)
Hy help ons om God se Woord onverskrokke te verkondig (HANDELINGE 4:25-32 NLV)
Die WOORD VAN GOD is die Heilige Gees se swaard (EFESIËRS 6:17-18 AFR83)
Help ons oorwin (1 JOHANNES 4:1-6 NLV)
Is magtiger as die gees in die wéreld (1 JOHANNES 4:1-6 NLV)
Hy spreek deur God se kinders (HANDELINGE 4:25-32 NLV)
Hy pleit vir ons volgens God se wil (ROMEINE 8:26-28 AFR83)
Hy oortuig ons van ons sonde en verlorenheid (JOHANNES 16:7-15 AFR83)
Hy sê net wat Hy by God hoor vir ons (JOHANNES 16:7-15 AFR83)
Hy open ons geestelike oë (EFESIËRS 1:17-23 AFR83)
Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; (Rom 8 )
Die Heilige Gees is ons voorspraak (JOHANNES 16:7-15 AFR83)
STOP GOU!!
Dink jou vir een oomblik in dat ons al die bogenoemde sonder die Heilige Gees by ons en in ons moes doen.
Begin jy verstaan hoe groot die rol is wat die Heilige Gees in die kind van God se lewe speel.
Sonder Hom was ons verdoem, geen wonder die vyand probeer om mense te verwar oor sy rol of Hom onderbeklemtoon.
Ons kan alleen volhard op Sy NOU PAD VAN HEILIHMAKING as ons IN HOM BLY (Joh 15)
"Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons,
dat Hy ons van sy Gees gegee het."
I JOHANNES 4:13 AFR53
Hoekom moet ons verander deur Heiligmaking?
Want ons is die brief wat ander lees, as ons soos die wêreld lyk na wedergeboorte watse nut het dit.
Donker kan nie donker verdryf nie, net lig kan.
"Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense; omdat julle duidelik ’n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart. Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ’n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend."
II KORINTHIËRS 3:2-3, 5-6 AFR53
'n Brief van Christus vir 'n verloregaande wêreld
Dis elke dag opnuut kies om Jesus te volg
ONS VERANDERDE LEWENS VEREER HOM EN MAAK 'N IMPAK OP DIE STUKKENDE DONKER WERELD RONDOM ONS, dit trek ander na JESUS.
As ons net soos die wereld optree watse verskil sal ons maak?
Ons word die LIG en die SOUT wat die Wereld so nodig het.
VERANDERDE LEWENS MAAK 'N VERSKIL
"Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons aan Christus verbind is, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek. Ons is die welriekende geur wat deur Christus vir God opstyg, onder dié wat verlos word sowel as onder dié wat verlore gaan. Vir sommige is dit ’n doodsreuk tot die dood; vir ander is dit ’n lewensgeur wat lewe bring. Wie is tot hierdie taak in staat?"
2 KORINTIËRS 2:14-16 NLV
Q
"Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het (JA GESÊ HET). In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys."
EFESIËRS 1:13-14 AFR83
"En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."
HANDELINGE 2:38 AFR53
"Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees GEDOOP, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees DEURDRENK."
1 KORINTIËRS 12:13 AFR83
Die HEILIGE GEES is die olie in ons lampies, daarna moet ons, ons lampies vol olie hou in afwagting op Sy koms.
(Lees ook https://gaanvertelgotell.blogspot.com/2021/10/hoekom-het-vyf-gehoor-gaan-weg-ek-het.html )
Almal ontvang met hul wedergeboorte hul lampie gevul met olie, maar sommige is dwaas en laat die olie opraak terwyl hul op die bruidegom wag. Die olie in ons lampies is die Heilige Gees en moet ons daagliks met Hom vervul word (ons lampies volmaak en ekstra olie opgaar... dis nie 'n saak van net genoeg nie maar van oorloop, deurdrenk)
Hoe weet ek of dit die vyand is wat met my praat of die Gees van God?
Vyand word in die Woord genoem Vader van die leuen, en die Gees van God die Gees van die waarheid.
Die Heilig Gees wys jou altyd na die kruis, na JESUS.
Indien nie is dit nie die HEILIGE GEES wat aan die werk is nie'
As iets jou wegvat van die Here en nie na Hom trek nie is dit 'n leuen en die vyand sit daaragter. Die Heilige Gees sal jou nooit wegvat van die Here nie. Eerder nader trek.
Die Heilige Gees sal ook nooit ooit aan die Woord verander nie, Hy gaan jou eerder deur die Woord verander.
Vra ook jouself wie kry die eer?
Die Heilige Gees sal jou altyd na Hom verwys en Hom die eer gee.
Het jy die Heilige Gees?
Die Bybel in Praktyk antwoord die vraag soos volg
"As jy glo en weet dat Christus jou verlos het, en as jy Hom as Here van jou lewe herken, WEDERGEBOORTE ontvang het (dus LORD AND SAVIOR) dan is dit 'n bewys dat jy die Gees van God het. Dis nie asof jy eers die "gevoel" moet kry dat jy die Gees het nie; jy sou nie in Jesus se verlossing geglo het as jy nie die Gees gehad het nie (vgl 1 John 5:5-6, l0) Dit is nie asof jy, nadat jy 'n Christen geword het, die een of ander tyd verder gaan ontwikkel en dan die Gees kry nie. Jy moet wel daagliks VERVUL word met die Gees (Efes 5:18) en die Gees moet jou eie natuurlike geaardheid al meer VERANDER sodat jy van nature wil doen wat God wil hê. (Weereens moet doen word dan wil doen)"
****
Iemand het een keer gesê dat ons nie so seer meer van die Heilige Gees moet kry nie maar eerder dat HY MEER EN MEER VAN ONS MOET KRY.
Volle oorgawe aan Sy beheer en leiding.
MINDER VAN MY MAAK PLEK VIR MEER VAN HOM
"HY MOET MEER WORD EN EK MINDER" (John 3:30)
Om vol te word van Hom moet ek al minder word sodat Hy al meer kan word.
Ek moet sterf aan my eie ek, my eie wil en in gehoorsaamheid al meer oorgegee aan Sy wil leef.
Tel jou kruis daagliks op nie net eenmalig nie. Elke dag kies om Hom te volg.
Dis 'n besef van dat jy nie net sy Wette breek nie, maar dat jy Sy hart breek as jy volgens jou vlees lewe en nie volgens Sy Gees nie.
Om minder van myself te word en meer van Hom gebeur deur die proses van HEILIGMAKING
As mens saam met iemand baie tyd bestee leer jy maklik van sy gewoontes en sê goed aan. As ons met die Heilige Gees tyd spandeer word ons meer en meer Heilig, want Hy is Heilig. Ons stap die Nou pad van Heiligmaking saam met die Heilige Gees. Daagliks, heeltyd, soekend na Sy leiding en in gehoorsaamheid aan Sy leiding.
Ds Cassie Carstens sê ook: " Baie wil die redding hê maar nie almal wil geheilig word nie"
Om heilig te wil lewe in ons samelewing is nie populêr nie.
Ons kan nie na WEDERGEBOORTE lewe soos ons wil nie
Ons as kinders van God se vlees mag nie meer ons gedrag bepaal nie, maar moet deur die Gees bepaal word.
Leef Geesvervuld
"Wees dus baie versigtig hoe julle lewe.
Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys! Benut elke geskikte ge-leentheid, want ons lewe in slegte tye. Moenie on-deurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is. Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag.
Nee, laat die Heilige Gees julle lewe VOL maak"
EFESIËRS 5:15-18 NLV
Ons lees in Galasiërs 5 vanaf vers 6
"But I say, walk habitually in the [Holy] Spirit [seek Him and be responsive to His guidance], and then you will certainly not carry out the desire of the sinful nature [which responds impulsively without regard for God and His precepts]. For the sinful nature has its desire which is opposed to the Spirit, and the [desire of the] Spirit opposes the sinful nature; for these [two, the sinful nature and the Spirit] are in direct opposition to each other [continually in conflict], so that you [as believers] do not [always] do whatever [good things] you want to do. But if you are guided and led by the Spirit, you are not subject to the Law...."
En in ROMEINE 8:1-17 AFR53
"DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Want God het — wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees — deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon.
Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word."
DIE HEILIGE GEES KOM WOON
BINNE DIE KIND VAN GOD vir altyd
"Besef julle nie dat julle almal saam die tempel van God uitmaak en dat die Gees van God in julle as sy tempel woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom skade aandoen. God se tempel is immers heilig en julle is self daardie tempel."
1 KORINTIËRS 3:16-17 NLV
"As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
Nog ’n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles LEER en sal julle HERINNER aan alles wat Ek vir julle gesê het.
JOHANNES 14:15-26 AFR53
Die VRUG VAN DIE GEES, van die GAWES VAN DIE GEES
Vrug van die Gees
"Now the practices of the sinful nature are clearly evident: they are sexual immorality, impurity, sensuality (total irresponsibility, lack of self-control), idolatry, sorcery, hostility, strife, jealousy, fits of anger, disputes, dissensions, factions [that promote heresies], envy, drunkenness, riotous behavior, and other things like these. I warn you beforehand, just as I did previously, that those who practice such things will not inherit the kingdom of God.
But the fruit of the Spirit [the result of His presence within us] is
LOVE [unselfish concern for others],
JOY, [inner]
PEACE,
PATIENCE [not the ability to wait, but how we act while waiting],
KINDNESS,
GOODNESS,
FAITHFULNESS,
GENTLENESS,
SELF-CONTROL
Against such things there is no law...."
Galatians 5:6-26 AMP
Trek dit aan soos klere
"So, chosen by God for this NEW life of LOVE, dress in the wardrobe God picked out for you: compassion, kindness, humility, quiet strength, discipline. Be even-tempered, content with second place, quick to forgive an offense. Forgive as quickly and completely as the Master forgave you. And regardless of what else you put on, wear LOVE. It’s your basic, all-purpose garment. Never be without it.
Colossians 3:12-14 MSG
LIEFDE is die een ding wat die vyand probeer namaak maar nie besit nie. Die bose kan nie opofferend en onselfsugtig liefhê nie.
"Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek:
liefdevolle deernis,
vriendelikheid,
nederigheid,
sagmoedigheid,
geduld.
Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het,
vergewe mekaar. VERGEWE mekaar soos die Here julle vergewe het.
Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde.
Die liefde bind alles volmaak saam."
KOLOSSENSE 3:12-14 NLV
GAWES VAN DIE HEILIGE GEES
Wat is die gawes van die Heilige Gees?
"Wat die gawes van die Gees betref, broers, wil ek hê dat julle ingelig moet wees. Julle weet dat, toe julle nog heidene was, julle blindelings na die stom afgode meegevoer is. Daarom wil ek hê julle moet weet dat iemand wat sê: “Vervloek is Jesus”, nie deur die Gees van God praat nie; en niemand kan sê: “Jesus is die Here” nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee;
daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee;
daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring(bekwaam maak).
Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.
(jy kry dit nie vir eie gewin of voordeel nie, maar terwille van jou naaste)
(1)Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat,
(2) aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees;
(3) aan die een geloof deur dieselfde Gees,
(4) aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.
(5) Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen,
(6) aan 'n ander die gawe om te profeteer,
(6) en aan nog 'n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei.
(7) Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik
(8) en aan 'n ander om dit uit te lê.
Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.
Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus. Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry.
Ons is almal van die een Gees deurdrenk.
Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. As die voet sou sê: “Omdat ek nie 'n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. En as die oor sou sê: “Omdat ek nie 'n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede eweneens nie op om deel van die liggaam te wees nie. As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik? Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees? Nou is daar wel baie lede maar net een liggaam. Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik, en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak, terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. ( nie met mekaar vergelyk of dink ons het iemand nie nodig nie)
As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.
En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het.
(1) Ten eerste is daar apostels,
(2) ten tweede profete, ten derde leraars;
(3) verder is daar dié wat wonderdade kan doen,
(4) dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak,
(5) om hulp te verleen,
(6) om leiding te gee
(7) of om ongewone tale of klanke te gebruik
Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê? Lê julle toe op die beste genadegawes."
1 KORINTIËRS 12:1-31 AFR83
"Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei."
1 PETRUS 4:10 NLV
Ons ontvang Geestelike Gawes om God en ander daarmee te dien maar:
Die gawes van die Heilige Gees moet egter reg gebruik word
En nou, broers en susters, kom ek by julle volgende navraag, naamlik oor die gawes van die Gees. Ek wil hê julle moet hieroor goed ingelig wees sodat julle julle gawes REG sal gebruik.
1 KORINTIËRS 12:1 NLV
Party doen dit om deur ander gesien te word ipv dat ander God daardeur sal sien en Hy alleen die eer kry
Daar was eendag die verhaal van ‘n man wat deur ‘n Galery gehuur is om ‘n skildery van onskatbare waarde wat deur 'n uiters beroemde skilder geskilder is aan mense bekend te stel, hy moes hulle wat verby loop nader te roep en hulle dan alles van hierdie kosbare skat vertel. Almal wat gaan stil staan het was verstom en beindruk. Hul het hul verwonder aan hierdie pragstuk.
Later het minder mense begin stilstaan om te hoor wat die man hulle wou vertel en nog later het mense net verby gestap en het glad nie belang gestel nie. Die man kon dit nie verstaan nie. Toe stop hy eendag iemand en vra hoekom hy nie wil hoor en kyk nie, waarop die man toe antwoord : "maar meneer jy staan so voor die skildery, ek het dit nie eers raakgesien nie"
Hy besef toe dat dit oor tyd oor homself begin gaan het al die aandag wat die skildery uitgelok het en sonder dat hy dit besef het, het hy voor die skildery gaan staan en was die waardevolle skildery nie meer in sig vir ander om te sien nie. Hy het baie sleg gevoel en van toe af seker gemaak hy staan heeltemal opsy en laat die skildery die meeste indruk self maak, hy het ander net daarheen gewys.
Dit het my laat dink dis hoe dit in ons verskillende Christelike denominasies is party het die Heilige Gees, Sy gawes en Sy werking so verdraai met hul eie sienings ens dat hul voor die skildery gaan staan het sonder dat hul dit besef en mense eerder verby stap as wat hul nader wil kom. So ontneem ons gelowiges van die krag van die Gees en die werking in hul lewe. Om dit egter as verskoning te gebruik dat ander dit verkeerd vertoon en nie volgens die Woord nie maak die wat verby stap nie onskuldig nie.
Hulle wat weer te min van die Heilige Gees maak of soos party dit noem dit onderbeklemtoon het self Bybels, hoekom verby stap en die Heilige Gees se gawes in boksie onbelangrik plaas as ons self kan lees wat God se bedoeling was met die Heilige Gees wat Hy aan elke gelowige skenk.
Wat die doel en regte gebruik van elke gawe in die gemeente voor bedoel was. Omdat ons dit nie ken of nie verstaan nie doen ons egter nie moeite om verder by God te hoor daaroor nie en so beroof die Vyand die liggaam van Christus van sy krag en impak.
Die skildery(die Heilige Gees, Sy gawes en Sy werking) in ons geval is van onskatbare waarde binne ons gemeentes, om Hom minder belangrik te maak is teen wat God se Woord ons oor Hom leer. Hy is God, Hy is deel van God drie enig, Hy is ‘n persoon, Hy was by met die skepping, Hy speel ongelooflike belangrike rol in individue se geloof maar ook tot opbouing van die gemeente. Sonder Hom kan ons maar die kerk se deure toemaak, as Sy lamp nie meer brand nie dan is ons niks en beteken ons niks vir God se Koningkryk nie. Dan VERANDER dit nie mense se lewens nie en sit ons met dooie godsdiens.
Moenie die die Heilige Gees, Sy gawes en Sy werking so aanwend tot eie eer, aansien en voordeel dat sommige daardeur so voor die skildery gaan staan en is die ware waardevolle skildery nie meer in sig en gaan dit dus eintlik meer oor hulleself om gesien te word.
Moet ook nie hierdie skat wat God vir ons gestuur het om in ons te kom woon onderskat, gering skat, of ignoreer nie. Jy gaan verseker nie kan volhard op die Nou pad sonder Hom nie. God ons Vader het Hom juis gestuur vir daardie doel, jy kan nie en hoef nie die pad alleen te stap nie. Hy is altyd by ons.
"And those who belong to Christ Jesus have crucified the sinful nature together with its passions and appetites. If we [claim to] live by the [Holy] Spirit, we must also walk by the Spirit [with personal integrity, godly character, and moral courage—our conduct empowered by the Holy Spirit]. We must not become conceited, challenging or provoking one another, envying one another."
Galatians 5:6-26 AMP
Om in die Gees te wandel moet jy reageer op God se Woord en dit nie net aanhoor nie maar dit DOEN.
"Sit verlossing as helm op en vat die SWAARD VAN DIE GEES, dit is die woord van God. DOEN dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid DEUR DIE GEES. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges."
EFESIËRS 6:17-18 AFR83
Die WOORD VAN GOD is die Heilige Gees se swaard
Ons vergeet die Woord is ons primere intrument vir verandering
In die boek "Intruments in the Redeemers hands" Paul David Tripp
Verwys hy na ongerede mense se lewens soos 'n dorre stuk aarde. In ons land kan ons dink aan Namakwaland. Na die reën geval het verander daardie area in 'n lushof van plantegroei en blomme.
Netso as die strome lewende water op iemand se lewe val bring dit blomme en vrug voort. Daardie persoon se lewe verander van dorre landskap na asemrowende natuur tonele wat jou asem wegslaan. Jy weet dat net God dit kon doen.
Die transformerende werk van God se Woord is nie minder dramaties in mense se lewens nie. Die gedurende vloei van Sy Woord deur ons lewens bring konstante verandering mee wat vrug tot gevolg het wat Hom vereer en ons naaste dien.
"Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het."
JESAJA 55:10-11 AFR83
Foto geneem deur Danny Kotze
DIE HEILIGE GEES MAAK GOD SE PLANNE EN GEHEIME AAN ONS BEKEND
Iemand kan preek dat hy blou word maar as die krag van die HG nie in daardie prediking is nie gebeur niks en bereik dit niks
"Dit is wat die Skrif bedoel met die woorde: “Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie – dit het God voorberei vir hulle wat Hom liefhet.”
Maar ons ken hierdie geheim omdat God dit deur sy Gees aan ons bekendgemaak het. Want die Gees deurvors alle dinge, ook God se diepste geheime. Niemand sal ooit die diepste gedagtes van ’n mens ken nie, behalwe daardie persoon se eie gees.
Net so kan niemand God se diepste geheime ken nie, behalwe die Gees van God.
Ons het die Gees ontvang wat van God uitgaan – nie dié van die wêreld nie – sodat ons kan besef watter wonderlike geskenke God aan ons gegee het.
As ons hierdie dinge aan julle vertel, gebruik ons nie woorde wat hulle oorsprong het in menslike slimmigheid nie, maar wat hulle oorsprong het by die Gees. (ONS BRON) Ons gebruik woorde wat van die Gees kom om geestelike waarhede te verduidelik. Die natuurlike mens kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig.
Hulle kan dit nie verstaan nie, want hierdie dinge moet vanuit ’n geestelike perspektief verstaan word. Ons in wie die Gees is, verstaan al hierdie dinge, maar ander kan ons glad nie verstaan nie. Hoe kan hulle ook? Want: “Wie kan verstaan wat die Here dink? Wie kan Hom raad gee?” Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is in gestel om soos Christus te dink."
1 KORINTIËRS 2:9-16 NLV
DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES...PINKSTER
"U het lank gelede u dienaar, ons voorvader Dawid, deur die Heilige Gees laat sê: ‘Waarom het die nasies tekere gegaan? Waarom het die volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het hulle slaggereed gemaak; die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Messias.’ “Dit is wat hier in hierdie stad gebeur het! Herodes Antipas, Pontius Pilatus die goewerneur, die ander volke en die volk Israel het saamgespan teen Jesus, u heilige Dienaar, wat deur U toegerus is vir sy taak. Eintlik was alles wat hulle gedoen het, volgens u beskikking en besluit. En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig. Al die gelowiges was in hart en siel één. Niemand het opgetree asof sy besittings net sy eie was nie, hulle het alles gedeel wat hulle gehad het."
HANDELINGE 4:25-32 NLV
Hy tree vir ons in, in gebed
"Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."
ROMEINE 8:26-28 AFR83
MET DIE HULP VAN DIE HEILIGE GEES
Met die hulp van die Heilige Gees kan ons lig wees vir die wêreld omdat Sy OLIE wat deur ons vloei ons in staat stel. As ons olie opraak gaan ons lig dood.
Mattheus 5:16: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Hy help ons veral om te kan GEHOORSAAM asook vrug te dra want sonder Hom kan ons niks doen nie.
"Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep:
“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”
Hiermee het Hy na die Gees verwys, WANT die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang.
Die Gees was nog nie uitgestort nie,
OMDAT Jesus toe nog nie verheerlik was nie."
JOHANNES 7:37-39 AFR83
Dis wat die Heiige Gees in my en deur my doen,
maar wat doen ek?
Ons moet leer om op Hom te wag, om stil te raak, om na Sy stem te luister. Stel jou in daarop om Sy stem te hoor en Sy aanraking te ervaar.
"Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel:
“Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”
HANDELINGE 1:4-5 AFR83
Besef hoe groot Sy krag is in ons en Gaan uit in Sy krag
"bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul."
EFESIËRS 1:17-23 AFR83
Besef ons nou hoe fataal dit is om iets aan die Heilige Gees toe te dig wat Hy nie is nie want dit laat mense wegskram van Hom maar ook hoe onverklaarbaar dit is dat sommige denominasies Hom onderbeklemtoon in die Drie eenheid. Sonder die werking van die Heilige Gees in elke gelowige se lewe sal ons nie kan VOLHARD OF VRUG DRA wat by ons bekering pas nie.
In die boek Die Pelgrims se reis waarmee ons besig is sien ons dat Verlore sondaar nou oppad is na Uitleër se huis.
GOEDHARTIG (God se goedheid) het hom beveel om te sorg dat hy by Uitleer se huis uitkom WANT Hy het geweet dat hy Hom baie nodig gaan hê op sy reis vorentoe, sonder hom gaan hy nie kan VOLHARD op die NOU pad nie.
Hy is ons HELPER en RAADGEWER.
Uitleêr is die Heilige Gees, in die engelse weergawe noem John Banion hom
“the INTERPRETER”
Dit beteken iemand wat interpreteer, die betekenis van iets verduidelik, oordra, uitklaar, vertaal, duideliker maak, te beskryf of uit te lê. Hy help ons om beter insig in iets te kry om dit te verstaan en te kan oordra aan ander en help ons om dit self te kan uitvoer(GEHOORSAAM)
Ons ontvang die Heilige Gees wanneer ons wedergebore word, maar hoe kry ons meer van die Heilige Gees
Ons bid daarvoor!
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
MATTEUS 7:7-11 AFR83
Klop, vra !!!!
want daar gaan 'n dag kom dat dit te laat gaan wees om te klop
VERLORE SONDAAR besef uit ons self kan ons nie God se wil gehoorsaam en op Sy Nou pad bly nie.
“Strive to enter through the NARROW DOOR [force aside unbelief and the attractions of sin]; for many, I tell you, will try to enter [by their own works] and will not be able. Once the head of the house gets up and closes the door, and you begin to stand OUTSIDE and knock on the door [again and again], saying, ‘Lord, open to us!’ then He will answer you, ‘I do not know where you are from [for you are not of My household].’ Then you will begin to say, ‘We ate and drank in Your presence, and You taught in our streets’; but He will say to you, ‘I do not know where you are from; depart from Me, all you evildoers!’
Luke 13:24-27 AMP
Hy moes hard stry om oor die hindernisse te kom… die dinge wat ons wil keer om die nou pad te kry en te volg
Dit het maar sukkel sukkel gegaan veral met die swaar pak (sy eie sonde) op Verlore sondaar se rug ook nog.
Hy begin Uitleêr se huis sien in die verte, maar kom toe by ‘n kruising en MOET KIES (KEUSES)watter pad hy gaan volg. Die ander twee paaie is breed en gaan om die koppie waarop Uitleêr se huis staan. Kies hy hulle gaan hy moontlik sy huis mis….
Dis wat ons ook baie keer doen, Vader sê vir ons dat Hy vir ons Sy Gees sal gee wat ons in alles sal bystaan en alles sal leer maar ons gaan vra nie vir Hom nie, lees nie Bybel nie en bid net as nood het.
Ons gaan eerder na mense as ons raad en wysheid nodig het op ons pad en ons bevind soms dat ons met ‘n boog om die koppie geloop het of bevind ons ons dat ons soms met die kronkelende paadjie oppad is in die verte in weg van die Waarheid.
Ons vra net mense ipv om God eerste te vra om deur Sy Gees ons te wys. Nie verkeerd om soms ook by medegelowiges raad te kry nie soos toe Evangelis hom die pad verduidelik het nie maar jy kan nie net by mense hoor nie want hoe gaan jy die waarheid van die leuen onderskei.
Een manier om ook te onderskei tussen jou raadgewers is waarheen beduie hul jou….
Evangelis het hom na die nou pad wat begin by die nou poort beduie waar hy geweet het dat Goedhartig hom verder na Uitleêre se huis sou beduie en die weer verder na die Ewige lewe. Die ander het hom of op ‘n dwaalspoor gelei of wou homlaat omdraai, dus al die verkeerde raadgewers beduie hom weg van God Drie enig, eerder na mense soos wetsgeleerd.
"Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom.
Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig. Elkeen wat Jesus nie erken nie, is nie van God afkomstig nie.
Dit is tipies van die antichris. Julle het mos gehoor dat hy aan die kom is, en hy is nou reeds in die wêreld aanwesig. Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon. Hierdie mense het die wêreld as oorsprong; daarom praat hulle uit ’n wêreldse oogpunt en luister die wêreld na hulle. Ons is egter van God afkomstig; daarom luister dié wat God persoonlik ken, na ons. Elkeen wat nie van God afkomstig is nie, luister nie na ons nie.
Dít is hoe ons weet wie die Gees van die waarheid het, en wie die gees van misleiding het."
1 JOHANNES 4:1-6 NLV
Pastoor Gerhard sê die HEILIGE GEES sal nooit die fokus van God en Sy woord af wegvat nie, as dit gebeur is dit nie die Heilige Gees nie.
DIE KROM EN OMPAAIE VOEG ALTYD BY OF LAAT WOORD WEG OM HUL PAD TE REGVERDIG. DIE NOU PAD GOOI NIKS WEG EN SIT NIKS BY DIE WOORD NIE, DIS REGUIT GLO EN GEHOORSAAM (VOLG) SOOS DIT DAAR STAAN.
Hoe weet ek watter pad om te volg?
Kyk uit vir die pad waarop staan:"want God sê so!"
Oom Angus se altyd: ''God said it, I believe it and that settle it"
Goedhartig het vir Verlore sondaar gesê hy moet die reguit Nou pad bly volg tot by Uitleêre se huis.
Die Here sê in Sy Woord oor en oor ons moenie iets byvoeg of wegvat van Sy woord nie want Hy het die Woord vir ons gegee as ons wapenrusting vir die geestelike oorlog waarin ons, ons bevind, ons het die swaard van die Gees nodig op ons pad om op ons pos te kan bly ondanks die aanslae van die vyand.
Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte!
Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek.
Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.
DAAROM moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vasstaan.
Staan dus vas deur WAARHEID as ’n gordel om julle heupe te dra
en trek God se VRYSPRAAK as borsharnas aan.
Trek die BEREIDHEID om die Goeie Nuus van vrede te verkondig aan soos skoene aan julle voete.
Dra onder alle omstandighede die skild van die GELOOF. Daarmee kan julle al die
BRANDPYLE blus wat die Bose afskiet.
Gebruik God se VERLOSSING as ’n helm om julle koppe te beskerm.
En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se
WOORD.
Doen alles deur GEBED en SMEKING.
Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei.
Bly in alle omstandighede OP JULLE HOEDE en
BID VIR ALMAL WAT AAN GOD BEHOORT."
EFESIËRS 6:10-18 NLV
"Die swaard van die Gees, dit is God se woord"
"Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot LERING, tot WEERLEGGING, tot TEREGWYSING, tot ONDERWYSING in die geregtigheid,
SODAT
die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
II TIMÓTHEÜS 3:1-17 AFR53
"Want Ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die Heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Openb 22 :18 19
"Julle mag by die woord wat Ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat Ek julle beveel."
Deut4:2
"Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele."
Matt 5:19
"Alles wat Ek julle BEVEEL, dit moet julle sorgvuldig hou;
jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie."
Deut 12:32
"Voeg by Sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie"
Spreuke 30:6
DAAROM KAN ONS DIE OPDRAG IN DIE WOORD SOOS DEUR DIE HEILIGE GEES AAN ONS GEOPENBAAR GLO EN GEHOORSAAM
“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
“Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.”
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”
MATTEUS 7:13-23 AFR83
Ons het dus ‘n KEUSE watter pad ons gaan BEGIN volg en AANHOU volg
Dis baie belangrik dat die gelowige by die Here self hoor, self Bybel lees en bid. Daarvoor moet ons die HEILIGE GEES se leiding vertrou en volg.
Maar wat gemaak as vandag se kerk jou vertel dat die Bybel nie meer die volle waarheid is nie, dat jy daarin kan glo wat jy wil, dat die Duiwel nie bestaan nie en dat Jesus se maagdelike geboorte en fisiese opstanding nie letterlik geglo hoef te word nie, dat sonde nie meer sonde is nie, verhoudings buite die wil van God toelaat, Saambly en selfde geslag verhoudings. Dat jy net aan die duiwel hoef te glo as jy wil, dat die maagdelike geboorte en opstanding nie geglo hoef te word nie, dat dele van die Bybel as mites beskou word en nie geglo hoef te word nie
Dat die Woord mense se woorde oor God is en nie meer God se woorde is nie, dat God nie meer die Skepper is nie maar evulusie, dat jy maar jou ongebore kindjie mag vermoor en dat jy self kan besluit watter geslag jy wil wees en die ergste nog dat jy self kan verander aan God seplan van redding soos dit jou pas en dus alle gelowe hemel toe gaan
"want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend."
2 TIMOTEUS 4:3-4 AFR83
Jy kies om jou te omring met mense wat jou aanmoedig en saamloop op die Nou pad van die enigste WAARHEID.
Vandat Verlore Sondaar sy reis begin het MOES HY KIES.
Die NOU PAD verg om heeltyd aanhoudende regte keuses te maak.
Dis nie net een keer kies nie. Daar is baie afdraai paaie langs die pad.
Hy moes hart stry en die nou pad bly kies om oor al die hindernisse in sy pad te kom ,die dinge wat hom wou keer om op die regte pad voort te gaan.
HY MOES DIE REGTE PAD MET SY HELE HART GESOEK HET, ERG EN ERNSTIG.
GOD DWING ONS NIE HY WIL HÊ ONS MOET HOM UIT VRYE WIL KIES.
Die Duiwel het elke keer probeer om hom te verhinder. Hy wou hê hy moes kies om om te draai of die verkeerde pad kies.
Sy vrou en kinders het hom probeer keer….maar hy druk sy vingers in sy ore en kies om aan te hou
TOE SY BURE Hardkoppig en Jabroer hom wou oorhaal om om te draai kies hy om voort te gaan
Toe was dit die moddergat van mismoedigheid…daar het die duiwel hom vertel sy sondes was te veel, hy is te vuil, God sal hom nie wil hê nie. Hulp het hom nou te hulp gesnel en hy gryp hulp se hand. Weer moes hy kies om sy hand terug te gryp.
HULP STAAN VIR GOD SE WONDERLIKE BELOFTES.
TOG HET HY SOMS OOK VERKEERD GEKIES EN DIT NEEM HOM WEG VAN DIE NOU PAD
Wêreldwys gee hom verkeerde raad waarvoor hy dan luister en kies nou dus verkeerd.
God stuur EVANGELIS om hom by die berg Sinai te kry, hier waar hy uit eie krag probeer het en waarsku hom en hy kies nou weer reg en neem sy raad en padaanwysings aan
Hy DRAAI OM EN DRAAI TERUG en VLUG terug na die
NOU pad (bekering).
By die Nou poort probeer satan met sy pyle (meervoud) hom keer om in te gaan maar GOEDHARTIGHEID help weereens en ruk hom betyds in.
Sy keuses het elke keer afgehang of hy die persoon geglo het.
Wie en wat ons glo bepaal ons koers, maak dus seker wie jou raadgewers is, toets hul aan die waarheid van die Woord.
(maar as jy nie self die Woord lees nie hoe gaan jy dan kan weet)
"My son, give me your heart And let your eyes delight in my ways"
Proverbs 23:26 AMP
Hoe kry ons meer geloof?
Spandeer baie tyd in Sy Woord
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo? DIE GELOOF IS DUS UIT DIE GEHOOR, EN DIE GEHOOR IS DEUR DIE WOORD VAN GOD.”
Romeine10:14-17 AFR53
"But how can people call for help if they don’t know who to trust? And how can they know who to trust if they haven’t heard of the One who can be trusted? And how can they hear if nobody tells them? And how is anyone going to tell them, unless someone is sent to do it? That’s why Scripture exclaims, A sight to take your breath away! Grand processions of people telling all the good things of God! But not everybody is ready for this, ready to see and hear and act. Isaiah asked what we all ask at one time or another: “Does anyone care, God? Is anyone listening and believing a word of it?” The point is: Before you trust, you have to listen. But unless Christ’s Word is preached, there’s nothing to listen to.
Romans 10:14-17 MSG
Waarom moes hy by UITLEËR se huis uitkom want Goedhartig weet dat hy nie op sy eie op die Nou pad sal kan volhard nie. Hy gaan hom so so nodig hê, en daardie besef word in elke tree op die Nou pad onderstreep soos wat hy vorder en volhard. So besef ons dit ook. Jy weet dat dit nie deur jou eie toedoen of vermoë dat jy dit doen nie. Op jou eie en met jou eie krag is jy verdoem tot mislukking.
Dis 'n Volle vrywillige oorgawe
Dis ‘n daaglikse keuse of jy Hom kies en volg of nie. Ons kan dit ook kies vir ons huisgesinne, my keuse strek dus baie wyer.
Joshua kies dit vir sy gesin
“Now, therefore, fear the Lord and serve Him in sincerity and in truth; remove the gods which your fathers served on the other side of the [Euphrates] River and in Egypt, and serve the Lord. If it is unacceptable in your sight to serve the Lord, choose for yourselves this day whom you will serve: whether the gods which your fathers served that were on the other side of the River, or the gods of the Amorites in whose land you live; BUT as for me and my house, we will serve the Lord.”
Joshua 24:14-15 AMP
Ook Ragab kry die belofte ten opsigte van haar hele familie…maar elkeen het steeds hul eie keuse ook. Die wat self sou KIES om uit te gaan het omgekom
"Now before the two men lay down [to sleep], Rahab came up to them on the roof, and she said to the men, “I know that the Lord has given you the land, .....
When we heard it, our hearts melted [in despair], and a [fighting] spirit no longer remained in any man because of you; for the Lord your God, He is God in heaven above and on earth beneath. And now, please swear [an oath] to me by the Lord, since I have shown you kindness, that you also will show kindness to my father’s household (family), and give me a pledge of truth and faithfulness, and spare my father and my mother and my brothers and my sisters, along with everyone who belongs to them, and let us all live.” So the men said to her, “Our lives for yours if you do not tell [anyone about] this business of ours; then when the Lord gives us the land we will show you kindness and faithfulness [and keep our agreement with you].” Then she let them down by a rope through the window, for her house was built into the city wall, ...
“We shall be blameless and free from this oath which you have made us swear, unless, when we come into the land, you tie this cord of scarlet thread in the window through which you let us down, and bring into the house your father and your mother and your brothers and all your father’s household [so that they will be safe]. BUT if anyone goes out the doors of your house into the street, his blood shall be on his own head [that is, his own responsibility], and we shall be blameless and free [from our oath]; ...
She said, “According to your words, so be it.” Then Rahab sent them off, and they departed; and she tied the scarlet cord in the window.
Joshua 2:8-21 AMP
Ook Lot en sy hele gesin word gered nadat Abraham vir hulle intree en pleit by God…maar sy vrou en skoonseuns het nog hul eie keuse gehad en het omgekm.
Die Here wil ons hele familie red met dieselfde genade as waarmee Hy ons red maar hul bly die finale keuse hê.
SOOS ONS REEDS WEET, DIE NOU PAD(Pad van Heiligmaking) IS om HEELTYD te KIES.
Die Heilige Gees help ons met daardie keuses, uit onsself gaan ons verkeerd kies. Die vyand val ons aanhoudend aan om ons te laat verkeerd kies. Al is dit net om te kies om op te gee.
Dis om soos hierdie lied te verklaar
Where You Go I Go
Where you go I go
What you say I say
What you pray I pray
What you pray I pray
Where you go I go
What you say I say
What you pray I pray
What you pray I pray
Jesus only did what he saw you do
He would only say what he heard you speak
He would only move when he felt you lead
Following your heart, following your spirit
How could I expect to walk without you
When every move that Jesus made was in surrender
I will not begin to live without you
For you only are worthy, you are always good
You are always good
Where you go I go
What you say I say God
What you pray I pray
What you pray I pray
Though the world sees and soon forgets
We will not forget who you are
And what you've done for us
What you've done for us
Though the world sees and soon forgets
We will not forget who you are
And what you've done for us
What you've done for us
Where you go I go
What you say I say God
What you pray I pray
What you pray I pray......
"Die regverdige het WYSE RAAD; wat hy sê, is regverdig. Die gebooie van sy God is in sy hart. Hy sal nie ’n voet verkeerd sit nie."
PSALMS 37:30-31 NLV
"Wag op die Here en hou sy weg, ..."
PSALMS 37:34 AFR53
Dis nie net begin of wegspring nie dis enduit volhou
As daar nie gehoorsaamheid volg agv Redding nie, het hy net weggespring
In alby hierdie het ons die Heilige Gees nodig. Hy oortuig ons van sonde en lei ons tot wedergeboorte en Hy stap dan saam met ons die Nou pad van Heiligmaking as HELPER en RAADGEWER.
Toe die Israeliete die beloofde land binnegaan moes hul teen elke stad veg om dit te oorwin en die land te kon inneem. Hul moes God se plan noukeurig volg (planne van menslik gesproke belaglike aanvalsplanne, onvoorspelbare krag en bonatuurlike ingrype en oorwinnings tot God se eer) die beloofde land is aan hul belowe en was hulle sin MAAR hulle moes dit nog inneem en van elke goddelose nasie en afgode ontslae raak.
So is die Ewige lewe ons sin maar ons moet deur op die Nou pad te bly deur die proses van Heiligmaking volhard.
Elke ding in ons lewe wat Hom nie eer nie aflê en mee klaar maak omdat ons Syne is.
Hul moes God se plan noukeurig volg, nie hul eie kop planne nie. Hulle moes voortdurend hul trou en geloof aan die Here bevestig. Hulle het in geloof geleef dat God saam met hulle sou veg. Hulle doen dit nie alleen nie.
Dis 'n versekerde wete van MET MY GOD
Wanneer hul soos met Ai in eie krag gaan veg, lei hulle ‘n neerlaag
DAAROM ervaar hul dan ook God se voorsiening in wat hul nodig het om te oorwin. Moes hul Sy wapenrusting aantrek, soos Hy vir ons deur Sy Gees voorsien soos ons gesien het.
Hierdie veldslae toon raakpunte in ons eie lewe.
Die oorwinnings was selde maklik, vinnig of uit eie krag.
So ook ons stryd. Dis nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose geeste in die lug. Ons stryd is ook nie maklik en uit eie krag in ons aanhoudende stryd in hierdie geestelike oorlog waarin elke kind van God hom bevind. Ook teen ons eie vleeslike begeertes.
In die boek Joshua lees ons van oorwinnings, wonderwerke, wonderbaarlike uiteindes na erge veldslae en van worstelstryd.
Ons sien in die boek God se mag, hoe getrou Hy is en hoe Hy namens die wat Hom ken en dien wil stry. Jy veg nie alleen nie Hy veg saam jou en namens jou.
Ons as Sy kinders ervaar ook Sy mag, voorsiening en beskerming in ons stryd teen die vyand.
Dus kan ons die boek Joshua letterlik en geestelik lees. Ons is ook in 'n oorlog, 'n geestelike oorlog en is ook van God afhanklik om te oorwin
Ander sien God in ons eie daaglikse stryd en oorwinnings, dit trek hulle na Hom soos met Ragab gebeur het.
God stuur Moses om die volk uit Egipte se slawehuis uit te lei, en vir Josua om hul in die Beloofde land in te lei. God gebruik alby om Sy volk te red
God stuur Jesus om ons uit die slawehuis van sonde uit te lei en die Heilige Gees om ons in die Ewige lewe in te lei.
Die Heilige Gees verander ons en help ons veg teen die vyand om oorwinning te kry.
Was dit genade of gehoorsaamheid wat Noag gered het?
Dit was alby.
Was dit Net genade was hulle nie gered...want geen ark is gebou
Net gehoorsaamheid was daar ook geen ark want hy sou nie genade gekry het om te weet vooraf van vloed en hoe om ark te bou.
Dis dus alby....maar dit was gehoorsaamheid wat gevolg het op genade, nie andersom.
Dieselfde met ons redding. Dis genade wat met gehoorsaamheid opgevolg word op die pad van heiligmaking .
"EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie."
I JOHANNES 1:5-8, 10 AFR53
En dan ontmoet Verlore Sondaar in die boek vir Uitleér en leer Hom beter ken, en leer by Hom ...
Hy sien hoe die vyand water op die vuur probeer gooi om dit te probeer afkoel en blus maar ook hoe Jesus olie (Heilige Gees) op die vuur bly gooi en die vyand dus die vuur nie geblus kry nie.
"Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is."
II KORINTHIËRS 3:14-18 AFR53
Dis 'n proses van heerlikheid tot heerlikheid wat ons hele lewe duur.
PROSES VAN HEILIGMAKING
"Blus die Gees nie uit nie. Verag die profesieë nie. Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad. En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen."
I THESSALONICENSE 5:19-24 AFR53
"And such were some of you [before you believed]. But you were washed [by the atoning sacrifice of Christ], you were SANCTIFIED [set apart for God, and made holy], you were JUSTIFIED [declared free of guilt] in the name of the Lord Jesus Christ and in the [Holy] Spirit of our God
[the source of the believer’s NEW life and CHANGED behavior]."
1 Corinthians 6:11 AMP
REGVERDIG(Justified) gemaak in die NAAM van Jesus Christus, vergewe en vrygespreek deur God van sonde skuld
HEILIGMAKING (Sanctified) eenkant geplaas om verander te word, meer en meer soos Jesus te word jou hele lewe lank, ons arriveer nie iewers nie, en kan maar ophou nie.
VERHEERLIKING kry ons by die wenpaal wanneer ons tot die volmaakte gebring word, wanneer ons die ewigheid ingaan en ons aardse liggaam vir 'n verheerlikte geruil word.
DANKIE, DANKIE JESUS!!!
Comments
Post a Comment