Mag hierdie skrif ons storie wees na die Covid 19 virus
Mag hierdie skrif ons storie wees na hierdie storm " Julle wat die Here dien, prys Hom! Vereer Hom, nageslag van Jakob! Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel! Die nood van die hulpelose het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor. My loflied in die volle vergadering kom van Hom af, my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien. By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys. Mag hulle lank en gelukkig lewe. MENSE OOR DIE HELE WÊRELD SAL DIE HERE ERKEN EN HULLE TOT HOM BEKEER. Alle volke sal Hom as koning erken, want die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke. Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem en Hom as koning erken, ja, alle mense , sterflik en verganklik, SAL VOOR HOM KNIE L....